Dagstukkies



23 May, 2025
Judas:3,4 VIDEO | OUDIO “Somer is hier,” sê ek vir Mosbolletjie. “Luister bietjie, die Piet-my-Vrou het begin sing!” “Piet-my-vrou, Piet-my-vrou,” weerklink sy vrolike liedjie, “Piet-my-vrou, Piet-my-vrou!” Na die vyf-honderd-ses-en-veertigste “Piet-my-vrou!” skree ek by die venster uit: “Sjarrap nou ‘n bietjie!&rdquo…

22 May, 2025
Judas:1,2 VIDEO | OUDIO Wat familie betref, is ek baie arm. Ek was die enigste kind, en ek het só gesmag daarna om 'n boetie of sussie te kon hê. Maar dit was my nie beskore nie. Ek moes maar…

21 May, 2025
Inleiding tot Judas VIDEO | OUDIO Die naam “Judas” bring sommer dadelik by jou ‘n gevoel van antagonisme op. Hy is mos daai verraaier?! Eintlik was dit ‘n algemene naam in die Bybelse tyd en ons lees van etlike mense…

20 May, 2025
2 Petrus 1:1,2 VIDEO | OUDIO Dit is die jaar 68nC. en Rome is in rep en roer. Bloeddorstige Romeine verlekker hulleself in die Kolosseum waar daar daagliks dosyne Christene wreedaardig aan hulle einde kom - sommige lewendig opgevreet deur…

19 May, 2025
2 Petrus 1:1-7 VIDEO | OUDIO Iewers in die bose stad Babilon (Rome) sit Petrus in 'n donker kamertjie met 'n pen in die hand. Dit is nou reeds drie jaar sedert hy sy eerste brief aan die gemeentes in…

16 May, 2025
1 Petrus 1:1-3 VIDEO | OUDIO Petrus sit diep ingedagte met 'n pen in sy hand: “Van Petrus,” skryf hy op die rol wat voor hom uitgesprei is, “'n apostel van Jesus Christus.” Hy sug swaar. Hierdie brief moes hy…

15 May, 2025
Handelinge 15:1-35 VIDEO | OUDIO Petrus is baie opgewonde. Paulus en Barnabas is op pad na Jerusalem, waar hy nou relatief veilig is na Herodus Agrippe se grusame dood. Berigte het hom die afgelope maande kort-kort bereik van die wonderlike…

14 May, 2025
Handelinge 12:6-19 VIDEO | OUDIO Petrus skrik wakker. Die swaar, koue kettings om sy gewrigte en enkels is bitter ongemaklik. Weerskante van hom lê die twee geharde soldate rustig en snork. Dan sien Petrus dit: 'n lig wat in die…

13 May, 2025
Handelinge 12:1-6 VIDEO | OUDIO Die manne in Jerusalem is ontsteld: “Het julle gehoor wat Petrus aangevang het?” 'n Berig het hulle bereik dat Petrus die onvergeeflike ding gedoen het - hy het onbesnede heidene besoek! Ja, hy het selfs…

Argiewe


Onlangse Dagstukkies

Voetewas
23 October, 2026
Salf vir Jesus se Voete
22 October, 2026
Jerusalem, Jerusalem!
21 October, 2026
Die Groot Gebod
20 October, 2026
Die Vyeboom
19 October, 2026