31 August, 2026
. 1 Samuel 9:20-10:9 Saul raak sommer dadelik daarvan bewus dat hierdie profeet Samuel ‘n baie spesiale persoon is! Dit wil voorkom asof Samuel alles van hom af weet, al het hulle nog nooit ontmoet nie! Niemand hier rond weet…
28 August, 2026
1 Samuel 9:1-20 Wanneer hy deur die dorp stap, raak die meisies se knieë lam! ‘n Bitter aantreklike man! Boonop nog baie lank ook – staan kop en skouers uit bo al die manne. En dan is sy pa nog…
27 August, 2026
1 Samuel 8 Vir baie jare was Samuel ‘n ware vader vir die volk. As priester het hy vir die volk diens gedoen en het hy hulle verteenwoordig by die Here. As profeet het hy die boodskap van God aan…
26 August, 2026
1 Samuel 7:13-17 Die volksvergadering by Mispa was vir Samuel die waterskeiding in sy lewe. Vir die eerste keer kon hierdie briljante jong man die volk toespreek, en hulle het na hom geluister. Hy het hulle daardie dag beweeg om…
25 August, 2026
1 Samuel 7:2-12 Die verbondsark was steeds in Kirjat-Jearim, waar dit toe al twintig jaar staan. Met die volk het dit nie goed gegaan nie. Hulle was van alle kante onderdruk, en dinge het vir hulle te veel begin word…
24 August, 2026
1 Samuel 6:1-7:1 Vir sewe maande het die Filistyne dit uitgehou met die Verbondsark. Dit is van bakboord na stuurboord gestuur, en oral waar dit kom, het dit net moeilikheid veroorsaak. Einde ten laaste besluit die ringkoppe van die Filistyne…
21 August, 2026
1 Samuel 5 Die tragiese verhaal van die verbondsark van God wat so liederlik misbruik is deur die Israeliete en toe boonop deur die Filistyne gebuit is, het ‘n nadraai wat in ‘n sekere sin eintlik baie komies is, eintlik…
20 August, 2026
1 Samuel 4 Samuel speel ‘n belangrike rol in vanoggend se verhaal, alhoewel sy naam nie eers vermeld word nie. Eintlik begin die verhaal reeds by gister se storie, waar die Here vir Samuel die opdrag gegee het om vir…
19 August, 2026
1 Samuel 3:10-21 Klein Samuel het, gehoorsaam aan Oom Eli, weer op sy bed gaan lê en met groot afwagting geluister vir die stem van God. En hy is beslis nie teleurgestel nie, want skaars het hy gelê, of hy…