28 June, 2024
Joël 3:18-21 VIDEO | OUDIO Ek is opgewonde as ek vroeg-oggend, so pas na hanekraai my stapskoene aantrek. My hande bewe effens van pure opwinding. As ek deur die veld begin stap van die riviertjie af, is die geil gras…
26 June, 2024
Joël 3:1-17 VIDEO | OUDIO Dag-vir-dag krimp ons harte ineen wanneer ons hoor van die verskriklike dinge wat nasies doen teen die gelowiges. Ekstremiste in die Moslemlande kan die Christengelowiges nie onder hulle oë duld nie. Ons sien dit gebeur…
26 June, 2024
Joël 2:28-32 VIDEO | OUDIO Die nag langs die knetterende vuurtjie in die bos is hemels mooi en die naggeluide soos ‘n engelekoor. Iewers by ‘n watertjie dreun-sing ‘n paddakoor hulle minnelied vir die mooi meisie-paddas. ‘n Eensame skopsuiltjie koer-koer…
25 June, 2024
Joël 2:18-27 VIDEO | OUDIO Drie maande na die eerste droogte gebreek is in die Laeveld, kom ons weer ‘n slag daar. Wanneer ons Marloth Park binnery, herken ek skaars die plek. Waar daar drie maande gelede net rooi grond…
24 June, 2024
Joël 2:12-17 VIDEO | OUDIO Die verwoestende storm het my Laeveld waarvoor ek so lief is, vermink. Eers die aaklige droogte wat elke grassie en blaartjie verdor het en toe alles weg is, kom die skrikwekkende storm. Ek het op…
21 June, 2024
Joël 2:1-11 VIDEO | OUDIO In die vorige dagstukkie het ek die verskriklike droogte in die Laeveld beskryf. Na die snikhete dag waar die verskroeiende wind my asem uit my gewurg het, kom die onheilspellende windstilte. Die Laeveld wag met…
20 June, 2024
Joël 1:15-20 VIDEO | OUDIO Dit was iewers in die vroeë 90’s toe ons een Septembermaand besluit om te gaan vakansie hou in ons boshuisie in Marloth Park in die Laeveld. Donkeroggend is ons uit Ballito weg sodat ons teen…
19 June, 2024
Joël 1:6-14 VIDEO | OUDIO Die profeet Joël voorspel, in opdrag van die Here, die verwoestende sprinkaanplae wat die land sou tref. In vers 6 en 7 kom die Here nou persoonlik aan die woord. Nou is dit nie meer…
18 June, 2024
Joël 1:1-5 VIDEO | OUDIO Ek sien sommer die moedeloosheid op Ouma se gesig wanneer sy vertel van daardie groot verskrikking: “Pikswart wolke,” sug sy dramaties, “pikswart, sodat dit eintlik donker word - so het hulle oorgevlieg gekom in hulle…