21 July, 2026
Efesiërs 1-6 Daar is 'n klop aan Paulus se deur. “Waarom kom die man dan nie in nie?” wonder hy, “die deur staan mos altyd oop, en al die gelowiges in Rome weet mos dat hulle maar net kan instap.&rdquo…
20 July, 2026
Filemon Maande sleep verby, maande van wag om verhoor te word. Jy kan nie sommer vir die keiser laat weet dat hy nou moet plan maak met jou saak nie, dit wórd nie so gedoen nie! Jy wag geduldig dat…
17 July, 2026
Kolossense 1-4 Die dae gaan verby waar Paulus 'n gevangene is in sy eie gehuurde huis in Rome, en die dae word weke en maande. Paulus ontvang dikwels gaste en daar is kort-kort van die gelowiges wat met hom kom…
16 July, 2026
Handelinge 28:16-29 In die eerste hoofstuk van Handelinge (Hand 1:8) skryf Lukas dat Jesus vir Sy dissipels gesê het dat hulle krag sou ontvang wanneer die Heilige Gees oor hulle kom en dat hulle Sy getuies regoor die wêreld sou…
15 July, 2026
Handelinge 28:11-16 Vir drie maande bly Paulus-hulle op die eiland Malta. Dit is in die middel van die winter, en géén skip waag dit gedurende daardie ysige tyd op die see nie. In Februarie van die jaar 60nC vertrek die…
14 July, 2026
Handelinge 28:1-10 Dit is 'n bedremmelde klomp manne wat op die strand van die eiland Malta uitspoel. Maar gelukkig is die inwoners van die eiland vriendelike Fenisiërs wat hulle baie gou welkom laat voel. Maar dan begin dit reën en…
13 July, 2026
Handelinge 27:27-44 Veertien dae lank dobber Paulus-hulle se skip reddeloos iewers in die Adriatiese see tussen die Balkan en Italië. Waar hulle hulle bevind, weet niemand. Hulle kan steeds nie die son of sterre sien om énigsins 'n rigting te…
10 July, 2026
Handelinge 27:17-26 Die storm woed onverpoosd voort, en die matrose probeer desperaat om die skip se boeg in die wind te hou, maar dit is 'n hopelose situasie! Hulle kan al sien hoedat die skip hom te pletter loop op…
9 July, 2026
Handelinge 27:1-17 Paulus is baie opgewonde: nie alleen het Lukas na Sesarea toe gekom om by hom te wees nie, maar die tyd van sy vertrek na Rome het uiteindelik aangebreek. Hy gaan nou wel as 'n gevangene, maar daar…