Val van die Tempel

15 November, 2021
Luister Na Hierdie Dagstukkie Val van die Tempel

Lukas 21:5-6

VIDEO OUDIO

In verwondering staar besoekers die ongelooflike geboue aan - watter knap ingenieurswerk het dit nie geverg om hierdie tweeling geboue op te rig nie. Soos twee vingers toring die wêreld handelsentrum in die wolke in, amper tot in die hemel. Boukonstruksie het ‘n baie ver pad gekom om hierdie tegnologiese wonderwerk tot stand te bring. En dan gebeur 11 September. Twee passasiersvliegtuie vlieg hulleself te pletter in die geboue. Binne minute is die manjifieke toringblokke ‘n miserabele hopie puin, gevul met die vergruisde liggame van derduisende mense. Daar was nie eers tyd vir hulle om te probeer ontsnap nie. Binne ‘n oogwink was alles verby.

In verwondering staar Jesus se volgelinge na die asemrowende bouwerk van die tempel. Pynlik netjies is die klippe gekap deur meester-vakmanne. Salomo het die eerste tempel gebou op die berg Moria, ‘n manjefieke stukkie bouwerk, versier met goud en edelstene. Dit is egter later deur die Babiloniërs verwoes. Na die ballingskap is dit wél herbou, maar dit was slegsn ou asempie van die glorie van Salomo se tempel. Toe Herodus die Grote aan bewind kom, wou hy die Jode se guns wen, en toe herbou hy die tempel. Hy bou toe sommer nuwe voorhowe, pilaargange en ringmure óók by! Herodus het dóódseker gemaak dat sy naam verewig sou word in hierdie asemrowende bouwerk wat Salomo se pragtige tempel na ‘n vuurhoutjiedosie laat lyk!

G’n wonder dat Jesus se dissipels só in verwondering na die prag en praal van hierdie gebou gestaar het nie. En dan laat val Jesus die bom: Hier sal nie twee van hierdie klippe op mekaar bly lê nie! Al hierdie skoonheid wat hulle hier aanskou sal totaal verwoes word. Dit moes soos ‘n emmer yswater in hulle gesigte gevoel het. “Maar hoe is dit dan ooit moontlik?Dit kan tog sékerlik nie waar wees nie!”

n Skamele veertig jaar later, in 70 n.C. kom die Romeine en verwoes die tempel tot op die grond. Hulle het doodseker gemaak dat hierdie sogenaamde heilige gebou nooit ooit herbou sou word nie. Letterlik nie twee van die manjifieke klippe het opmekaar bly lê nie. Net ‘n hoop rommel, dis al!

Toe Jesus vir sy geskokte hoorders hierdie verdoemende nuus van die tempel oorgedra het, was die effek daarvan nog meer dramaties gemaak deur die feit dat hulle binne-in hierdie gebou gesit het. In vervoering het hulle opgekyk en hulle kon hulleself beswaarlik indink dat hierdie vorse mure ooit verwoes kon word!

Ek en jy word hierdeur tot die besef gebring van hoe verskriklik verganklik alle mensgemaakte goed werklik is. Toe die tsoenami ‘n paar jaar gelede die verre ooste en later ook Japan getref het, was totale dorpies binne oomblikke van die gesig van die aarde afgevee. Duisende mense is verswelg deur een enkele golf. Toe die vulkaan Vesuvius uitgebars het, het die ganse stad Pompeii binne ure verdwyn onder meters vulkaniese as en daar was géén ontsnapkans vir die inwoners nie. Toe die geweld van die Buffelsrivier Laingsburg getref het, was mense en huise binne minute deur die woedende rivier ingesluk. Net die afgelope paar maande het ons die verskriklike geweld van orkane, stortreëns en wegholbrande gesien wat wêreldwyd verwoesting gesaai het, óók in ons eie land!

Hoe verskriklik verganklik is alles nie! En daarom moet ons nie te verknog raak aan ons aardse besittings nie, want in ‘n oogwink kan hulle verdwyn. Die Kovid-pandemie en die gepaardgaande ekonomiese krisis waarin die wêreld hom tans bevind, het talle stinkryk mense se paleise soos mis voor die son laat verdwyn. En baie arm mense het die ou bietjie wat hulle besit het ook nog verloor. Almal is getref deur hierdie ramp. Hoe verskriklik verganklik is alles nie!

As ons dink aan die pragtige heiligdom van die Jode, hulle tempel waar God woon wat totale verwoesting in die gesig gestaar het, dan moet ‘n mens ook net weereens besef dat ons diens aan daardie God nie op uiterlike dinge gebaseer word nie, maar op die innerlike. O, natuurlik is die uiterlike dinge ook belangrik. Soos ons in die vorige dagstukkie gesien het, is dit nodig dat ek opofferings maak met my tyd, my kragte, my gawes, my geld. Maar hierdie handelinge moet spruit uit dit wat binne in my hart aangaan. As my verhouding met die Here reg is, sal die uiterlike dinge van nature kom.

Kom ons begin weer by die begin. Jesus is die Een waarom alles draai. Het ek ‘n lewende verhouding met Jesus? Spandeer ek kwaliteit tyd saam met Hom? Is daar liefde - Goddelike liefde - in my hart en lewe? Is ek ‘n spieël wat die heerlikheid van God weerkaats, sodat ongelowiges Hom deur my kan sien? Laat ek die Heilige Gees toe om my lewe te beheer? Hierdie is alles die dinge wat saakmaak.

Gebed:

Here, alles is so verganklik - ek wil die onverganklike in my lewe

Argiewe


Onlangse Dagstukkies

Samuel Salf Dawid
9 September, 2026
Gehoorsaamheid
8 September, 2026
Saul Verloor Vertroue
7 September, 2026
Samuel se Afskeidsboodskap
4 September, 2026
Saul se Vuurdoop
3 September, 2026