Bestel Boeke     Tuis     Publiseer jou Eie Boek     Publish your Own Book    Lys van Boeke
E-boeke met die prentjie, het klank by.
Klik op die prentjie om 'n E-boek af te laai

Abraham, Isak en Jakob – Op Reis na die Beloofde Land
61 oordenkinge
Gedrukte boek: R75

Ons verhaal handel oor die drie aardsvaders, Abraham, Isak en Jakob, en natuurlik ook die man wat kon “nee” sÍ vir ‘n mooi vrou: Josef.
Abraham het as jong man alreeds van God die belofte gekry dat die beloofde land, Kanašn aan hom (sy nageslag) sou behoort. Meer as 700 jaar het verloop voordat daardie belofte sou waar word.

Amos – Die Prekende Plaasboer
22 oordenkinge
Gedrukte boek: R30

Amos was die “plaaslike koerant” van 760vC. Sy “lesers” kon nie wŠg om die volgende uitgawe te hoor oor die skandes van hulle bure nie!


Avontuur in die Bos
Kinderavontuur
Gedrukte boek: R50

'n Heerlike avontuur wag op Chris en Adri wanneer hulle die oggend baie vroeg uit Pretoria vertrek vir hulle wintervakansie in die Laeveld. Maar hulle kon nie eers in hulle stoutste drome dink hoe avontuurlik hierdie vakansie sou wees nie.
Avontuur in die Bos vertel van die twee kinders se kennismaking van die ware natuur, waar hulle te doen kry met vlakvarke, nagapies, olifante en ‘n swetterjoel soorte voŽls. Hulle leer van die gewoontes van die interessante, arrogante NeushoringvoŽls en van olifante se geite. En dan leer hulle ook nog van sterre.
n Můťt vir elke jong kind om te lees!

'n Boek gerig op kinders tussen 9 jaar en 15 jaar oud. Deur middel van 'n boeiende verhaal, leer hulle terselfdertyd ook van die natuur, diere, voŽls en selfs die sterre.


Avontuur op die Strand 
Kinderavontuur
Gedrukte boek: R55

Saam met Chris en Adri ontdek ons die asemrowende geheime van die rotspoeletjies. En ons verwonder ons aan die geheimsinnige inwoners van ‘n regte, egte skemer kus-oerwoud. 'n MOET vir elke kind wat 'n vakansie by die strand gaan deurbring - gerig op kinders tussen 9 jaar en 15 jaar oud. Deur middel van 'n boeiende storie  leer hulle van die strand, seediere, getye, plante en kuswoude

Bible Stories - Engels
50 verhale
Gedrukte boek: Donasie

Vyftig bekende Bybelverhale in Engels, elkeen met 'n toepassing op ons omstandighede vandag. Die boodskap spreek tot elkeen van ons vandag, groot en klein.


Bybelverhale - Zoeloe
50 verhale
Gedrukte boek: Donasie

Dieselfde boek hier bo, vertaal in Zoeloe. Die boek is ook in die proses om vertaal te word in Arabies, om versprei te word in lande soos JordaniŽ.


Daniel - Visie vir die Toekoms
37 oordenkinge
Gedrukte boek: 45

Die boek DaniŽl is seker nie die maklikste van boeke vir die leek om te verstaan nie, en groot gedeeltes daarvan word gewoonlik maar oorgeslaan. Met Visie vir die Toekoms word ’n uiters boeiende en interessante geskiedenis-agtergrond waarteen DaniŽl afspeel vir die leser geskilder sodat jy ’n beter begrip kan kry waaroor alles gaan. Sodoende kry hierdie boek weer nuwe lewe, en ontdek jy dat DaniŽl meer is as bloot ‘n paar stories oor leeus en vuuroonde.

Dawid - die Here se Liedjieskrywer
50 oordenkinge
Gedrukte boek: R45

Hy het liedjies geskryf vir die Here, daar in die veld waar hy skape opgepas het. En toe kom Goliat, die reus - hy maak kennis met Dawid se slingervel. Dawid word huursoldaat en uiteindelik koning. Dawid is ‘n gewone mens wat soms ook struikel, maar steeds bly vasklou aan die Here, selfs in die donkerste uur.

Efesiers - Ratwerk van die Kerk
18 oordenkinge    
Gedrukte boek: R30

Hoe moet 'n kerk lyk? Nee, eerder moet ons vra: wat is 'n kerk? Vir hierdie vraag is daar baie antwoorde. Die kerkgebou is beslis nie die kerk nie - dis 'n dooie gebou. Ons kan dit eerder 'n "werkswinkel" noem, waar die aktiwiteite van die kerk plaasvind. As die gebou dan nie die kerk is nie, wat is dan?

Ester - Koningin vir God
16 oordenkinge
Gedrukte boek: R25

Van uitgeworpe, veragte weeskind na koningin oor die magtige Persiese Ryk; van armoede na ongekende weelde - so het Ester se lewe verander. Maar God het ‘n doel gehad daarmee - hierdie mag, rykdom en weelde was nie maar net daar vir Ester se gemak nie - sy moes dit gebruik om God se plan ten uitvoer te bring.

Filemon - Om Mure Af te Breek
7 oordenkinge
Gedrukte boek: R15
(Opgedateer April 2018)
Voordat daar voortgegaan kan word met ‘n heropbou en ontwikkeling, moet die ou vrot mure eers afgebreek word tot op die grond.
Op die geestelike terrein was Suid-Afrika eens ‘n sterk gebou. Nie baie jare gelede nie, was die kerke letterlik tot oorlopens toe vol en het ons land geblom. Verder terug in die geskiedenis was daar reuse steunpilare in die geloof waarop ons land gebou is. Helaas het die mure begin verkrummel, en sien ons hoedat gemeentes doodloop en die kerkgemeenskap verval in totale onbetrokkenheid, kerklosheid en selfs kerkloosheid.
Hierdie mure moet baie dringend herstel of eintlik eerder herbou word, want die skade is reeds te groot vir herstel. Om die geesteilke mure egter te herbou, moet die ou krummelende mure afgebreek word om plek te maak vir nuwe stewige mure

Filippense – Brief van Blydskap
25 oordenkinge      
Gedrukte boek: R45
Ware blydskap is iets baie kosbaar. Anders as geluk, wat afhang van jou lewensomstandighede, jou besittings en vriende, kan jy steeds onmeetlike blydskap ervaar selfs wanneer alles van jou weggeneem word. Hy was vasgeketting in ‘n stinkende kerker, en het steeds lofsange uitgejubel. In die Filippense brief kom deel Paulus met ons sy geheim tot ware blydskap.

GalasiŽrs – Saligheid, Geskenk van God
19 oordenkinge
Gedrukte boek: R30

Hoe seker is jy dat jou saak met God reg is? As jy vandag voor die hemelpoorte sou staan - sal jy binnegelaat word? Kan ons ůůit seker wees dat jy in die hemel kan kom? Is dit nie alleen God se besluit of jy die hemel sal haal of nie? Dalk, as ek my deeltjie baie goed doen, sal die Here my daar toelaat - as ek sů lewe dat die Here tevrede is met my!

Genesis - In die Begin
85 oordenkinge     
Gedrukte boek: R100
Die verhale van Genesis hoor ons kleintyd en vergeet dan daarvan. Die skeppingsverhaal en Noag ken ons, asook Abraham, Jakob en Josef. Maar wat van alles tussen in? Hierdie boek poog om die hele Genesis verhaal te vertel en toe te pas op ons huidige situasie.

Habakuk – Waaroms van die Lewe
12 oordenkinge
Gedrukte boek: R20
Elke gelowige worstel dikwels met die vraag van onregf. En dan lyk dit dikwels asof die goddelose mense oorvloedig leef terwyl die goeie mense besig is om te vergaan van die ellende! Stel die Here nie meer belang in die armes nie? Stel Hy nog ťnigsins belang in my? En die vraag wat ‘n mens yskoue rillings gee: Leef God ooit nog - Is Hy nie dalk dood nie?
Habakuk het eerlik antwoorde gaan soek op sy vrae, en in geloof gegaan na die enigste Een wat ‘n antwoord kan gee. Sy slotsom is ‘n “Nogtans-geloof” - “Al sou wŠt ookal met my gebeur - nogtans sal ek jubel in die Here!”


Handelinge – Die Kerk in Wording
60 oordenkinge
Gedrukte boek: R80
Na Pinksterdag, toe die Heilige Gees op die gelowiges uitgestort word, vind die asemrowende ommekeer plaas, en mense begin kragdadig deur die krag van die Heilige Gees die evangelie uitdra.
Bang mense se lewens word drasties verander om vreesloos die Woord te verkondig. Die vervolger van die kerk, Paulus, word die grootste sendeling ooit.

Dit gaan in Handelinge oor die werk van die Heilige Gees. Dieselfde Heilige Gees werk vandag nog steeds, en Hy gebruik doodgewone mense soos ek en jy.


HebreŽrs – Leer Jesus Nuut Ken
32 oordenkinge
Gedrukte boek: R45
Vernuwing is dikwels 'n pynlike proses – dit maak my onseker en ek moet afstand doen van dinge wat vir my kosbaar geword het. Vernuwing kan egter ook opwindend wees en vir my nuwe horisonne laat oopgaan. In my geloofslewe gee dit nuwe groei en versterk dit my verhouding met die Here.

Hoe Vertel Ek iemand Van Jesus?
Evangelieboodskap
Gedrukte boek: Donasie
Die Evangelie in 'n neutedop. 'n Gids oor hoe om die evangelie aan iemand oor te dra. Beskikbaar in Afrikaans, Engels en Zoeloe.












Jakobus – Die Afgeskeepte Boek
16 oordenkinge
Gedrukte boek: R20
(Opgedateer April 2018)
Watter kerk is die regte kerk? Binne die Christelike geloof is daar talle wyd-uiteenlopende strominge wat dikwels soos dag en nag van mekaar verskil. As ‘n totale heiden vandag tot bekering kom - hoe moet hy kies? Watter een verkondig die ware geloof?

Job – Wanneer die Ramp Jou Tref
32 oordenkinge
Gedrukte boek: R55
Die boek Job het 'n tema wat regdeur die boek loop, die eeueoue vraagstuk waarmee mense al van die vroegste tye af worstel, en wat vandag in die eeu van rekenaars en ruimtereise nog steeds net so relevant is: die regverdigheid van God. Die vraag is waarom onskuldige mense ly as God dan werklik regverdig en goed is?

JoŽl – Sprinkaanswerms en Genade
10 oordenkinge
Gedrukte boek: R20
Hoe is God betrokke by die talle natuurrampe wat die mensdom tref? Is dit dalk straf vir ons sondes? Waar is God se genade? Staan Hy ongevoelig teenoor die mens?


Johannes Evangelie – Lig in die Duister
74 oordenkinge
Gedrukte boek: R90
“In die begin was die Woord” So begin Johannes. Dan hoor ons dat Hy die Skepper is en dat daar lewe  is in Jesus, die Woord, maar ook dat Hy die lig vir die wÍreld is. Hoe geweldig belangrik is lig nie vir alle lewe!
Jesus is Skepper! Jesus is God! Jesus is lewe!
Jesus is Lig!
Dit is hierdie gedagtes wat Johannes wil beklemtoon - wil uitbasuin sodat almal kan hoor.


Johannes Briewe – Wie Is Jesus Eintlik?
19 oordenkinge
Gedrukte boek: R30
Ons ganse geloof is geweef rondom die vraag: “Wie is Jesus nou ťintlik?”. Johannes gee die antwoord helder en duidelik. Dit is eers wanneer jy begin om liefde te leef op ‘n manier wat ander mense se lewens fisies positief raak, wat jou geloof ‘n werklikheid word. Jou liefdesoptrede maak in werklikheid vir God sigbaar op aarde.

Jona – Die Onwillige Profeet
10 oordenkinge
Gedrukte boek: R20
Jona kry ‘n opdrag van God, maar hy besluit om van sy opdrag weg te vlug. God maak egter steeds bemoeienis met hom, en ons sien die groot geduld en genade wat God het vir hom en ook vir ons as nietige mensies het.


Josua - Die Mure Val
19 oordenkinge
Gedrukte boek: R35


In Numeri 13 lees ons vir die eerste keer van hom, Josua die seun van Nun. Hy was een van die twaalf leiers uit die splinternuwe volk Israel wat die Beloofde Land Kanašn moes gaan verken. 

Veertig jaar later kry Josua die opdrag om die Volk van God in hierdie beloofde land binne te lei. Josua was gereed vir sy taak – hy het immers alreeds veertig jaar lank daarvoor gewag!

Judas – Wys jou Ware Kleure
9 oordenkinge
Gedrukte boek: R20
Die Boek Judas pleit vir ‘n duidelike onderskeid tussen ware gelowiges en ongelowiges. Hy pleit dat gelowiges hulle identiteit sal gestand doen, en dat skyn-gelowiges wat dikwels ‘n gemeente binnesypel, aan die lig blootgestel word sodat hulle ware kleure kan uitkom.

Kolossense - Praktiese Christenskap
13 oordenkinge     
Gedrukte boek: R20
Om bloot 'n Christen te wees, is baie maklik. As dit egter by die praktyk kom van die uitleef van jou geloof, dan begin dit ietwat moeiliker raak. Dit verg van jou waarlik inspanning en deursetting.

KorintiŽrs - Briewe aan 'n Gemeente
68 oordenkinge
Gedrukte boek: R80
Paulus het minstens vier briewe aan die gemeente in Korinte geskryf. Waarom sou hy so baie tyd spandeer aan briewe hulle? Bloot omdat daar soveel probleme was, en hulle gedurig sy aandag nodig gehad het. Vandag kan elke gemeente steeds leer uit hierdie briewe.

Laeveld Lekkerte
37 oordenkinge     
Gedrukte boek: R55
Ek het van kleintyd af die veld leer liefkry toe ek as seuntjie die wonderlike voorreg gehad het om op ‘n plaas groot te word, en om een te wees met die geure en smake en wondere wat die veld jou bied. In die Laeveld ervaar ek die besonderse nabyheid van God baie intens, en put ek eindelose inspirasie vir dagstukkies.

Lukas - Verhaal van Hoop
134 oordenkinge
Gedrukte boek: R130
Ons wÍreld vandag is bitter deurmekaar. Mense is onseker oor die toekoms - in koerante sien jy net negatiewe opskrifte. Ons ken almal die verhaal van Jesus, maar het ons dit ons eie gemaak? Glo ons dat wat oor Hom geskryf is, betroubaar is? Met hierdie boek wil ek Jesus se verhaal ‘n persoonlike belewenis maak vir elkeen wat dit lees - ‘n verhaal wat ook hoop bied.

Malaria! - Dina Chambers se Reis
Historiese Roman - E-boek: R60  
Gedrukte boek: R120



Toe Dina Fourie die dag met John Chambers trou, sou sy nooit kon droom van die reuse avontuur wat vir hulle wag nie. Die avontuur het egter mettertyd begin ontaard in ‘n verskriklike nagmerrie, toe die gevreesde malaria sy tol begin eis op hulle geselskap.

Hierdie verhaal speel af in die 1850’s toe John Chambers en sy gesin besluit het om uit Schoemansdal in die Zoutpansberg weg te trek na Sofala in die noorde van Mosambiek. Hulle pak die tog aan met ossewaens deur die gevaarlike, ongerepte wildernis en trotseer krokodille, leeus en olifante. Die ergste was egter die gevreesde Malaria!

Malaria! is ‘n ware verhaal, propvol reuse ontberinge, avontuur, drama en deernis.


Maleagi - Wanneer die Ongeluk Tref
12 oordenkinge
Gedrukte boek: R20
Voel jy soms moedeloos of teneergedruk? Dalk het iemand of iets jou teleurgestel. Of is jy ontnugter deur die samelewing? Dan is Maleagi nťt vir jou!



Markus - Die Blye Boodskap
67 oordenkinge      
Gedrukte boek: R90
Markus wil vir sy lesers die blye boodskap gee van Jesus se koms. Hy wil jou moed inpraat in situasies waar dit dalk met jou sleg gaan. Hy benadruk dit ook egter dat jy bereid moet wees om swaar te kry as jy voluit vir Jesus wil volg.

Matteus - Genade, Onbeskryflik Groot
107 oordenkinge
Gedrukte boek: R120

Wat moet ek doen om in die hemel te kom? Die antwoord is eenvoudig: “Glo in Jesus!” So eenvoudig! Die feit is egter dat Hy selfs vir my die geloof gee! “Genade, onbeskryflik groot, het U aan my bewys.” Gťťn mens kan sy eie redding verdien nie.

Matteus se boodskap is dat drie dinge noodsaaklik is: Glo in Jesus, maar bely ook Sy Naam. En dan moet dit verder gepaard gaan met ‘n lewenswyse wat wys dat ek daardie genade van God ontvang het. My lewenswyse moet een wees van doen wat God van my verwag. Deur so te leef, bewys ek dat my geloof nie maar net lippetaal is nie, maar dat dit eg is.

Miga - Die Gewone Dinge Maak Saak
17 oordenkinge
Gedrukte boek: R25
Waaroor gaan dit in die Bybel? Dit gaan oor jou hele lewe. Miga is ‘n boek wat handel oor die doodgewone dinge in die lewe - dinge wat elke dag gebeur by jou werk  of by die huis. Maar gewone dinge word ook terselfdertyd geestelike dinge.

Moses - Visie van die Beloofde Land
41 oordenkinge
Gedrukte boek: R50
Ons leer Moses ken as die onwillige gesant wat uitstyg bo sy omstandighede en swakhede om een van die grootste leiers van alle tye te word. Iemand wat in ‘n intieme verhouding met God leef - wat nie skroom om die magtige Farao aan te vat nie. Maar ons leer hom ook ken as ‘n mens wat ook sy foute het, en soms ook maar sy geduld verloor wanneer die Israeliete se gekerm een te veel word vir hom.  Moses - leier, profeet, vriend van God.


Nehemia - Om 'n Muur te Bou
22 oordenkinge
Gedrukte boek: R30
Die wÍreld stel verskillende eise aan 'n mens op die verskillende terreine van die lewe. Hoe kan jy daardie twee wÍrelde bymekaar bring? Hoe kan ek my Godsdiens wat ek so mooi op 'n Sondag uitleef, ook uitleef in die ander situasies in my lewe? En veral waar ons in so 'n gebroke wÍreld leef, waar dit dikwels bitter moeilik is om liefde uit te leef! Nehemia wil juis die antwoord gee op hierdie soort lewensuitkyk.

Noag – Skip in die Woestyn
8 oordenkinge     
Gedrukte boek: R20
Duidelik hoor Noag die stem van God: “Noag, Ek wil hÍ dat jy ‘n skip bou.”
“’n Skip Here? Waarom? Ek verstaan nie.....”
“Ek het besluit om ‘n einde te maak aan alle mense, want die aarde het ontaard in ‘n kookpot van geweld.”


Onthou Jy Nog?
30 oordenkinge
Gedrukte boek: R50
Is dit nie ‘n heerlike lekkerte om terug te dink aan jou kinderdae nie? Die vryheid in die natuur op ons ou plaas naby Waterval Boven was vir my baie kosbare tye. Die berge, klowe, stroompies en klipkoppies het ek elkeen geken soos die palm van my hand. Ek het presies geweet waar elke Stamvrug- en Mispelboom staan, en van veldvrugte kon jy my niks vertel nie.
Maar dan was daar ook die oumense en hulle fassinerende stories - ek het aan hulle lippe gehang - en die verhale in my hart bewaar.
Vandag kan ek met deernis terugkyk na daardie onvergeetlike jare. Ek het met hierdie boekie gepoog om die onthou-tye te gebruik om diep waarhede in die Woord uit te lig in die vorm van oordenkinge.


Openbaring – 'n Boek van Hoop
42 oordenkinge      
Gedrukte boek: R60
Was Openbaring maar altyd vir jou ‘n boek wat jy liewer nie lees nie, want jy verstaan hom nie? Dalk maak hierdie omstrede Bybelboek jou bang, of hoor jy van soveel verskillende uitlegte dat jy bang is dat jy dalk die verkeerde een sal lees? Dan is hierdie reeks oordenkinge spesiaal vir jou geskryf, want Openbaring was nooit bedoel om ‘n verborge Boek te wees nie, en die wonderlike hoop wat daaruit straal is balsem vir enige gelowige.
Hierdie boek is nie bedoel om ‘n volledige Bybelstudie oor Openbaring te wees nie, maar bloot om jou gedagtes te prikkel en om jou te troos en vir jou hoop te gee.

Paulus - Sendeling na die Heidene
69 oordenkinge     
Gedrukte boek: R80
Van FariseŽr en vervolger van die kerk tot sendeling by uitstek – so kan ons dalk Paulus se lewe opsom. Sy talle briewe dien as inspirasie, vertroosting, lering en teregwysing vir elke Christengelowige. Maar wie was Paulus werklik? In Handelinge gee Lukas 'n goeie beskrywing van hierdie merkwaardige man. Maar om die ware Paulus te ontdek, vra dat ons baie dieper as slegs Handelinge lees.

Petrus – God se Visserman
51 oordenkinge     
Gedrukte boek: R60
Ons eerste kennismaking met Petrus in die Bybel kom juis op die dag toe hy vir die eerste keer vir Jesus sien. Daarna sou niks ůůit weer dieselfde wees vir hierdie rowwe visserman nie. 'n Opregte mens met verskeie swakhede. Ten spyte hiervan het Jesus hom lief en gee Hy nooit op nie om Petrus se lewe te vorm tot die rots op wie se belydenis die fondamente van die kerk gelÍ is.

1 en 2 Petrus - Briewe van Troos
30 oordenkinge     
Gedrukte boek: R40
Tye was bitter moeilik - Nero was keiser van die Romeinse Ryk, en die Christene is wreed vervolg. Te midde van dit alles is Petrus in Rome. Hy besef baie goed deur watter harde tye sy medegelowiges gaan, en dan skryf hy aan hulle twee briewe om hulle te versterk en te vertroos. Die laaste brief is geskryf kort voordat hy sťlf deur Nero om die lewe gebring is, en volgens oorlewering, op sy eie versoek onderstebo gekruisig is.


Rigters - Toe God nog Koning Was
27 oordenkinge
Gedrukte boek: R35
Maar is God dan nie meer Koning nie? Die boek handel oor die tydperk voor konings oor Israel regeer het - toe Israel nog ‘n Teokrasie was, waar God deur die Volk gesien is as die enigste ware Koning. In hierdie boek kyk ons na die lewe van ‘n paar van hierdie interessante leiers wat Israel uit die verknorsing moes red.


Romeine - die Evangelie in Opmars
51 oordenkinge
Gedrukte boek: R80
Paulus het ‘n groot droom gehad - om eendag die evangelie van verlossing te kan verkondig in Rome. In hierdie brief kom daar iets na vore van sy smagting om in Rome te kan kom. Maar eers het die Here ‘n ander plan met Paulus se lewe gehad, en hy sou maar geduldig moes wag!
In Romeine weerklink die boodskap: Vryspraak deur geloof alleen! Maar hier openbaar God Homself ook deur die Heilige Gees aan ons op so ‘n wyse dat ‘n ewige verhouding met God, moontlik gemaak word.



Rut - Huwelik uit die Hemel
12 oordenkinge
Gedrukte boek: R25
Waar u gaan, sal ek gaan - die bekende woorde van Rut aan haar skoonmoeder, is dikwels die enigste deel van die boek wat ons onthou. Hierdie boek is egter ‘n verhaal van deursettingsvermoŽ, lojaliteit en geloof. Dit vertel van die belangrikheid van twee kante: Goddelike beskikking asook menslike verantwoordelikheid.


Samuel - Profeet, Priester, Rigter
23 oordenkinge     
Gedrukte boek: R30
Die verhaal van Samuel begin waar hy as klein seuntjie van waarskynlik nie ouer as ses jaar in die tempel begin werk. Daar hoor hy die stem van God, en hy moet 'n bitter moeilike boodskap aan sy mentor, Eli oordra. Samuel is egter gehoorsaam aan God en hy salf twee konings, Saul en die geliefde Dawid.


Stories of an African Bush
Bush Adventures   E-Book: R30.
Printed book: R60  


Ever since I was a little boy, I dreamed of the Lowveld, to be able to live there amongst all the wild animals and thorn trees and the wild jungle. Many years later, I became the proud owner of property in the Lowveld. This book tells of my adventures in this wild, harsh paradise with all it’s wonderful - sometimes very dangerous - wild animals.

Tessalonisense - Goeie Gewoontes
22 oordenkinge     
Gedrukte boek: R30
 Baie gelowiges sit vandag met presies dieselfde probleme as die gelowiges van Tessalonika, en hulle sukkel om die basiese dinge van die geloof reg te kry. Dikwels is eenvoudige dinge soos gebed en geloofsekerheid vir gelowiges ‘n reuse berg om te oor. Die “ou” gelowiges kan maar net glimlag daaroor, want die meeste is ook daar deur. Deur vas te byt en aan te hou het hulle, met die krag van die Heilige Gees, hierdie dinge oorwin


Timoteus
39 oordenkinge
Gedrukte boek: R50
(Opgedateer Mei 2018)
As jy op enige terrein in die kerk leiding neem, is hierdie boek spesiaal vir jou geskryf. Die reeks dagstukkies in hierdie boekie vervat, handel oor die twee briewe van Paulus aan Timoteus. Dit is nie bedoel om ‘n volledige Bybelstudie oor die boeke te wees nie, maar bloot om jou gedagtes te prikkel en om jou troos te bied wanneer dit moeilik gaan. Die praktiese wenke wat Paulus deurgaans aan Timoteus gee, word toegepas op vandag se omstandighede, en is van onskatbare waarde vir enigeen wat in ‘n leiersposisie staan. Dit is egter nie alleen bedoel vir leiers nie, maar vir enige gelowige wat erns maak met sy diens aan die Here.


Titus - Geestelik Oorgebou
9 oordenkinge
Gedrukte boek: R20
(Opgedateer Junie 2018)
Voordat daar voortgegaan kan word met ‘n heropbou en ontwikkeling, moet die ou vrot mure eers afgebreek word. geld dieselfde beginsels. Hierdie mure moet baie dringend herstel of herbou word, want die skade is reeds baie groot.


Vrae Wat Pla
27 oordenkinge
Gedrukte boek: R50Sa
Wie’s Baas in die Huwelik? Wat van Saambly en Poligamie? Hoor God ooit as ek bid? Wat Beteken die Uitverkiesing? Bestaan God Werklik? Is Jesus Waarlik God? Hierdie is almal aktuele vrae wat mense vra, en die skrywer probeer antwoorde gee deur middel van dagstukkies.

Vry soos die Wind
Avontuur - Biografie
E-boek: R35  Gedrukte boek: R70

Van kleintyd af het die skrywer die wonderlike voorreg om op Oupa Johnny Parsons se plaas naby die skilderagtige Spoorwegdorpie Waterval Boven op te groei. Op baie jeugdige ouderdom begin Louis 'n groot liefde vir die natuur aankweek. Elke dingetjie fasineer hom, goggas, miere, spinnekoppe en veral die miskruier. Omdat die plaas so waterryk is wemel dit ook van waterdiere en -insekte en Louis ken elkeen se spesiale gewoontes.
Hierdie is die verhaal van 'n seuntjie se grootwordjare in die natuur.

Hoe kry ek my eie boek gepubliseer?

Jy het skryfwerk gedoen en jy is opgewonde daaroor? Nou wil jy jou gedagtes, jou storie, jou resepte deel met die wÍreld?

Maar wat nou verder?

Jou eerste reaksie is om tien afskrifte van jou manuskrip uit te druk en dit na die bekende uitgewers te stuur sodat iemand dit vir jou kan publiseer. Ses maande later wag jy steeds geduldig op 'n antwoord, en nie 'n enkele uitgewer het eers die moeite gedoen om erkenning van ontvangs te gee nie!

Ongelukkig is dit die realiteit. Die laaste boek wat ek op hierdie manier probeer publiseer het, het 'n volle jaar geneem voordat die eerste uitgewer daarop geantwoord het. En die antwoord was negatief! Die feit is dat elke uitgewer waarskynlik daagliks honderde manuskripte ontvang van hoopvolle skrywers. Jou enigste hoop is dus as jy 'n uitgewer persoonlik ken en hy jou 'n guns sou doen.

Is daar dan enigsins hoop? Is daar nie miskien ander opsies nie?

Inderdaad is daar!

Opsie 1

Stuur jou manuskrip aan 'n oorsese uitgewer wat spesialiseer in klein publikasies. Hy sal jou boek oor die internet bemark. Die koste is egter baie groot en jou inkomste minimaal.

Opsie 2

Jy kan jou boek vir 'n drukkery stuur. Hulle doen 'n behoorlike uitleg en doen 'n hoŽ kwaliteit drukwerk. Die nadeel is dat die drukkoste baie groot is. Drukkerye vereis gewoonlik dat jy 'n minimum oplaag van 1000 boeke moet laat druk aangesien die opstelkoste van die gesofistikeerde masjiene baie duur is en dit nie 'n klein oplaag regverdig nie. Dit kan enigiets tussen R30'000 en R60'000 kos vir 'n oplaag.

Opsie 3

Die self-publikasie opsie maak gebruik van 'n klein tuis-drukker wat bereid is om 'n oplaag van selfs 50 of 100 te oorweeg teen 'n drukkoste wat nie veel hoŽr is as 'n groot drukkery nie. Die enigste nadeel is dat 'n tuisdrukker nie bemarking doen nie, dus moet jy self bemarking doen.

Ons kan jou help!

Mosbolletjie Publikasies is so 'n klein drukker wat in klein oplaes spesialiseer teen 'n baie bekostigbare prys. Ons doen ook redigering, opstel van die boek, eenvoudige voorbladontwerp en natuurlik die druk en bind van boeke. Ons kontakbesonderhede is hier onder.

Hoe gaan jy te werk?

1. Skryf jou boek

Hierdie is die pretgedeelte! Gee jou kreatiewe denke vrye teuels en begin skryf. Hierdie is egter 'n onderwerp op sigself, en ons sal dit nie hier behandel nie.

2. Kry advies

Dit is belangrik om met iemand te gesels wat ondervinding het van skryfwerk, iemand wat jy kan vertrou. Die persoon moet jou manuskrip deurlees en seker maak dat dit geskik is om wel te publiseer.

3. Redigering

Vra iemand met goeie taalvaardighede om jou boek na te gaan. Dit moet 'n persoon wees wat die taal goed ken en ondervinding het van redigering. 'n Goeie boek moet die minimum taal- en spelfoute hÍ.

4. Opstel vir Druk

Nou is jou manuskrip gereed om gepubliseer te word. Dit is egter nog nie noodwendig drukgereed nie. Die boek moet eers op 'n rekenaar opgestel word met die korrekte kantlyne, spasiŽring, paragrawe, lettergroottes en -tipes ens. Daar moet ook aandag gegee word aan items soos 'n voorwoord, inhoudsopgawe, bibliografie, grafika hoofstukindeling en nog baie meer.

5. Voorbladontwerp

Dit is van uiterste belang om die korrekte voorbladontwerp vir jou boek te kry. Die voorblad is die eerste ding wat 'n leser sien, en dit moet alreeds vir hom 'n prentjie skets van wat hy in die boek kan verwag. Dit moet dadelik iemand se belangstelling prikkel sodat die persoon wat die boek optel dadelik sal luskry om dit te lees. Kry dus iemand wat vaardig is in voorbladontwerp om dit vir jou te doen.

6. Agterblad

Die aterblad is die lusmaker. Dit moet in enkele woorde vertel presies waaroor die boek handel, en dit moet die leser honger maak om die boek te wil lees.

7. Registrasie

Dit is noodsaaklik om jou boek by die Nasionale Biblioteek te registreer en 'n ISBN nommer te verkry.

8. E-boek

Jou boek kan ook opgestel word as 'n e-boek wat jy oor die internet kan verkoop of aan jou vriende oorsee kan stuur.

Kontak ons vandag nog vir 'n kwotasie!

E-pos: louis@dagstukkie.co.za

Tel: 082 771 4925

Webtuiste: dagstukkie.co.za



What do I do to get my own book published?

So, you have done some writing. You are excited, because you want to share your thoughts, ideas, story, recipes etc. with the world.

But what now?

Your first reaction is to have ten copies of the manuscript printed and to send them off to well known publishers. Six months later you are still waiting for an answer, and not a single one of the publishers had the decency to even acknowledge receipt of your manuscript.

This is reality – the last book I tried to get published took a full year before I got the first reaction, and it was negative. The fact is that there are probably hundreds or even thousands of books on the publisher's desk waiting to be scrutinised. Your only hope is if you know a publisher personally or if you are already a well known author.

So, is there hope? Are there any other options?

Indeed there are!

Option 1

The first option is to send your manuscript to an overseas publisher that specialises in small time publishing. Your book will be marketed on the internet, but the cost is high and you will get little income from the sales.

Option 2

You can send your book to a printing company. They will do the proper layout and do a high quality print. The problem with this is that the cost is very high. Printers will not do a batch of less than 1000 books, as the cost of setting up a book on sophisticated machinery, is simply too high to only print a small quantity. The cost could be anything from R30'000 to R60'000. And if there is colour printing to be done, it could even be much higher.

Option 3

The third option is to self-publish, making use of a small-time printer or home publisher.

These publishers will do small print batches of 50 or 100 books at a cost not much more than the large printing company will charge per book.

We can help you reach your dream

Mosbolletjie Publications is a small self-publisher. We are willing to print small editions, even 100 or 50 books at a time, and at an affordable price.

We do editing, translating, setting up, cover design and printing of your book. See our contact details below.

Steps to get your book published

Write your book

This is the fun part. Let your creative juices flow and write. This however, is a subject on it's own, and I will not deal with it in this pamflet.

Get advice

It is important to let a competent person that you can trust, read your manuscript to make sure that it is worth while publishing.

Editing

Ask someone with a good knowledge of the language to edit your book. A friend might do it for free, but if he/she does not have the proper editing skills, it might be disastrous.

Setting up

Your book is now ready to be published. The publisher will have to get it print-ready, and this will require setting up the book on a computer in such a way that you have all the right sections in the right places, such as a foreword, dedication, contents, book details etc. Pages must also have proper margins and spacing. Pages must be numbered and chapters must correspond with the index.

Cover design

A proper cover design is of utmost importance. Your book cover must in the first place be a picture of what the reader can expect to find in the book. Secondly it must also be striking and attractive, so that the person picking up the book will want to read it.

Back cover

On the back cover of the book, the reader must have something that will stimulate him to make the book his own.

Registration

Your book must be registered at the National Library, and get an ISBN Number.

E-book

You can have your book set up as an e-book, and sell it over the internet or send it to friends overseas.

Contact us today for a quote!

E-mail: louis@dagstukkie.co.za

Tel: 082 771 4925

Website: dagstukkie.co.za


E-boeke is gratis. 'n Donasie sal egter baie waardeer word, aangesien die skrywer baie tyd hieraan spandeer het.
Bankbesonderhede
vir donasies:
Nedbank Rekening Nr 1026638909
Takkode: 131026

Hierdie boeke is uniek, in die sin dat sommige van hulle nie slegs gelees kan word nie, maar terselfdertyd ook geluister kan word.
By elke hoofstuk is daar 'n skakeltjie wat aanlyn die spesifieke hoofstuk se oudio weergawe oproep. Dit is dus belangrik om aan die internet gekoppel te wees indien jy hierdie funksie wil gebruik.
Daar is egter iets anders wat hierdie webblad ook uniek maak. Al die boeke wat hier geadverteer word kan afgelaai word sonder dat enige betaling of registrasie gedoen hoef te word. Beteken dit dat daar iewers 'n kinkel is? Nee, beslis nie!

Kontak my gerus by louis@dagstukkie.co.za indien jy dit by kleingroepe wil gebruik of probleme ondervind.

Stories of an African Bush
Tessalonisense
Timoteus
Titus
Vrae wat Pla
Vry soos die Wind