Terug na
Hoofblad
Karien
Inhoud


So lyk ek nou



Karien, Chris, Jenelle,  Kelsey en Gustav










Na veertig jaar - 'n Terugblik

Hoe som 'n mens ongeveer 40 jaar op in 'n paar sinne, en laat reg geskied aan 'n leeftyd van wonder  en vooregte ?  Ek kan maar net probeer en hoop my vriende van die KJV herken die  Karien van daardie jare.

Dit is maar so dat die lewe sy eie draaie loop vir elkeen en dat daar hoogte punte, laagte punte en allerhande ander punte sal wees wat ons moet baasraak, mee saamleef  of geniet.

Die hoogete punte in my lewe sal natuurlik die jare saam met die Durban Noord the KJV wees en ook die groepie vriende van daardie jare, maar ons bly nie vir altyd jonk nie en deel van die grootword is om 'n maat te kry om jou lewe mee tedeel. Ek en my maat Chris is op 10 Maart 1973 in die NG Kerk Durban Noord getroud met Dr Attie Barnard  as die predikant.

Ons seun Gustav is op 27 Julie 1987  gebore en die volgende paar jaar was vir  my grootendeels werkende ma wees terwyl die  trots in my lewe groot word  karakter kry en uiteindelik kwalifiseer in rekenaar tegnologie . Ai trots is nie beskrywendgenoeg nie . Gustav is nou eienaar van sy eie IT besigheid en is ook in venootskap met 'n paar ander in 'n besigheid wat ook te doen het met rekenaars, ek is maar dom as dit kom by wat hy doen so ek kan nie altyd verduidelik wat dit presies behels nie, ek troos my daaraan dat menige ouer sit met dieselfde probleem.

Soos met ons almal word Gustav toe ook groot en trou, na 'n paar jaar van rondreis en besigheid opbou het hulle ook met 'n gesin begin en haar naam is Kelsey (oupa noem haar Strawberry..... moenie vra nie, ek weet nie). Kelsey is nou 3 jaar en 'n paar maande oud en is vir my die mooiste en slimste en soetste dogtertjie wat ek al ooit teen gekom het, klink dit miskien bekend? Soos julle miskien kan agterkom is Gustav met 'n Engels sprekende meisie (Jenelle is haar naam) getroud en hul huistaal is Engels en Kelsey praat ook net Engels.

Ander hoogtepunte in my lewe was die paar oorsese reise na die Griekse eilande, Turkye, Switzerland en ook Mauritius. Ons is baie lief vir die Griekse Eilande en het al omtrent 12 van hulle besoek en elkeen was wonderlik. Ek hou baie van rondry en het omtrent die hele Suid Afrika en ook 'n groot deel van Namibië  besoek, die Kruger Nasionale Park bly my geliefkoosde kuierplek.

Die laagtepunte in my lewe is die dood van 'n goeie vriend in 'n motorongeluk en natuurlik toe my ma tien jaar gelede aan keel kanker oorlede is........(sy het al die jare by ons gebly). Ek kan wraggies nie nou aan enige ander regtige laagtepunte dink nie.  Ek moet maar aanvaar dat ek baie gelukkig is!

Ek en Chirs het maar stil stil ons daaglikse brood verdien deur vir Portnet (ek) en Toyota (Chris) te werk totdat die geleentheid hom voorgedoen het met aantreklike pakkette. Ons is nou albei afgetree ek vir 5 jaar en Chris al vir 7 jaar.

Ons hou onself besig met 'n klein besigheitjie wat deur 'n prosses wat as "Spin Casting" bekend staan , gietsels van metaalmaak . Ons voorsien die visvang bedryf met gietsels wat hulle verder verwerk tot die veelkleurige, en vir die vis en visserman onweerstaanbare eind produk. Ons gebruik dieselfde prosses en 'n bietjie kreatiwiteit om mense by kunsmarkte en aandenkings winkels te "vang"  Ons doen ook medaljes en sleutel ringe  vir skole. Loer in by die Shark Tank en sien ons Sharkie Sleutelring .... Vra net en ek stuur een gratis en verniet..... net aan Sharks ondersteuners!

40 Jaar ... Min woorde maar lees tussen die lyne!
Kelsey is nou 3 jaar en 'n paar maande oud en is vir my die mooiste en slimste en soetste dogtertjie wat ek al ooit teen gekom het.
(Ouma Karien se woorde)

Kommentaar:
Ja, so sê hulle almal!