Die Fontein

Johannes 7:36-38

My hart bons in my keel as ons om Suid Heuwel ry, verby die Elandskrans vakansie oord. Dit is 'n paadjie wat ek tog so goed ken! En tůg ken ek dit nie, want ek het hierdie paadjie veertig jaar laas bewandel. Agter ons lÍ die sluimerende dorpie, Waterval Boven, en hier voor ons die skilderagtige gasteplaas, Tegwaan. My oŽ soek vir bekende landmerke, en kort-kort gaan daar 'n flikkerinkie op as ek iets sien wat ek onthou. Die eerste sestien jaar van my lewe het ek hier op hierdie plaas deurgebring. Hier het ek leer loop, leer praat, leer swem, leer fietsry en 'n innerlike liefde vir die natuur aangeleer. In my kleintyd was die plaas se naam Doornhoek.

Die opgewondenheid borrel binne in my: wat gaan ek hier kry? Bestaan die ou gronddam nog, die een waarin ek en my maats in die middae na skool kaal geswem het? En die groot dam wat Oupa in die spruit gebou het, waar ek menige blinklyf-forel vir ure lank moes bekruip vir 'n watertand aandete? En die fontein? O, daardie wonderlike fontein!

Oorhaastig pak ons die motor af en dan begin ek stap, droomverlore. Ek soek met elke tree herinneringe uit my kleintyd. Veldblommetjies groet my vrolik. In my gedagtes klink die uitbundige gelag van seuns wat in die water rondplas in 'n tuisgemaakte sinkplaat bootjie wat sink as jy net roer in hom.

Die fontein”, maal dit in my kop, “die fontein! Ek moet by die fontein uitkom om net weer van daardie heerlike soet water te kan proe.” Maar die donker vang my, en ek moet huistoe.

As ek heelwat later in die kooi lÍ, dan sien ek in my geestesoog die fontein, so halfpad teen die klipkoppie op. Die kristalhelder, yskoue soet water borrel onophoudelik onder 'n reuse granietrots uit. Weereens lÍ ek plat op my maag en drink my trommeldik aan daardie heerlike water. Ek kon nooit genoeg daarvan kry nie - gedrink tot my maag eintlik pyn.

Skaars begin dit vroegoggend lig raak, of ek is op. Ek pak met dapper en stapper die klipkoppie agter die ou plaashuis aan. Daardie jare het ek dit sommer uitgehardloop! Nou stoom en blaas ek teen die steiltes uit. Uiteindelik is ek bo. Die uitsig is asemrowend. Skurwe sandsteen klippe wat deur eeue se wind en weer gevorm is tot meesterlike kunswerke, lÍ verstrooi oor die hele koppie. My oog soek die fontein. Daar is 'n onbegaanbare ruigte tussen my en daardie helder waterbron. Ek probeer daardeur worstel, maar met trane in my oŽ moet ek naderhand tou opgooi. My teleurstelling is baie groot as ek nie by die oorsprong van die fontein kan uitkom nie. Ek soek die stroompie onderkant die fontein, en volg dit. 'n WonderwÍreld van woude en mistige dammetjies waar forelle baljaar vou voor my oop. ’n Ou wilgerboom hang lui-lui sy lang sliert-arms oor die stroompie. 'n Vleiland van papkuilriete en aronskelke wat wemel van lewe, omsoom die spiŽelgladde watertjies. Naaldekokers swiep oor die mistigheid, en die enkele waterhondjie dans oor die water oppervlak. Onderkant die dammetjies strek 'n byna onbegaanbare vleiland, ver tot onder by die spruit, 'n vleiland deurspek met lewe.

My teleurstelling oor die fontein wat ek nie kan sien nie, gaan stadig oor in verwondering oor al die lewe wat hierdie enkele fonteintjie voed. Hoe wonderlik is dit dat 'n magdom van bome, plante en diere absoluut floreer, en letterlik jubel en juig in daardie enkele fonteintjie wat ongesiens onder die rots uitborrel.

Jesus het dit daardie dag by die tempel uitgebasuin: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sÍ: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Joh 5:37-38). As 'n klein fonteintjie in 'n klipkoppie by Waterval Boven soveel lewe kan gee, hoeveel te meer nie die Bron van alle lewe, Jesus nie. Was jy al by daardie bron? Het jy al geproe hoe soet die Lewende Water is wat Jesus gee? Doornhoek se bron was vir my versper, sodat ek nie daar kon bykom nie. Die ware Bron, Jesus, is altyd toeganklik! Hy nooi jou eintlik uit om daarheen te kom en te drink. As jy eenmaal geproe het aan die lewende water wat Jesus gee, dan borrel en bruis dit in jou op, en jy kan net eenvoudig nie stilbly daarvan nie.

Dit is daardie einste lewende water wat die Samaritaanse vrou met wie Jesus eenmaal gesels het, laat opspring het om die hele gemeenskap te gaan vertel van Jesus, die Man wat vir haar nuwe lewe gegee het. Ja, so opgewonde was sy oor die wonderlike water, dat almal in die dorp na Jesus gestroom het om ook van daardie water te kry.

Ou Doornhoek se fonteintjie se water maak my opgewonde, maar die Lewende Water wat Jesus gee laat my rondspring en jubel en sing van opgewondenheid, want Hy gee nie net lewe nie, Hy IS die lewe! In Hom en deur Hom het alle dinge tot stand gekom. Hy is die Bron van alle lewe. Is jy ook opgewonde oor Jesus? SÍ dit dan vir Hom! SÍ dit ook vir almal waarmee jy vandag in aanraking kom.

Gebed:

Here, ek dank U vir die heerlike soet water van die lewensfontein waaruit U my gegee het om te drink.