Woensdag 1 Maart 2017

Epiloog

1 Samuel 28

Samuel se lewe was gekenmerk deur sy baie besonderse verhouding met God. Verder ook deur die reuse invloed wat hy uitgeoefen het op almal met wie hy in aanraking gekom het, Eli, Saul, Dawid en nog vele ander. Nou is Samuel dood, maar steeds oefen hy selfs van anderkant die graf ‘n invloed uit op mense!

Die verhaal vertel in 1 Samuel 28:3 vir die tweede keer van Samuel se dood. Daar was alreeds in 1 Sam. 25:1 vertel dat hy gesterf het en dat almal oor hom gerou het. Nou kom herhaal die skrywer hierdie inligting. Dit is egter baie belangrik, want die hele verhaal van vandag is op hierdie inligting gebaseer.

Alles het begin met die Filistyne wat vir die sveelste keer teen Israel opgetrek het om oorlog te maak teen hulle. En hier speel twee dramas hulle gelyktydig af. Aan die een kant was daar Dawid, wat steeds die voortvlugtige was, want Saul wou hom dood h. Uit desperaatheid sluit hy en sy seshonderd soldate aan by die Filistyne. Dit was alles goed en wel terwyl hulle teen ander volke geveg het. Maar skielik sit Dawid met ‘n dilemma, want die Filistyne wou nou h dat hy teen sy eie volk moes gaan veg! Hoe Dawid hom uit hierdie tameletjie uitgewurm het, is ‘n storie vir ‘n ander dag. Dit word vertel in my boek: “Dawid, God se Liedjieskrywer.”

Die tweede drama wat hom afspeel, is dat Saul baie benoud was oor hierdie geveg. Hy het die hele Israel opgeroep om te kom veg, maar steeds was hy bitter onseker. Samuel was maar altyd daar om met die Here te praat en Sy raad te vra oor wat Saul te doen staan in gevegte. Samuel is egter dood, en nou is die enigste kommunikasiekanaal tussen Saul en God afgesny. Saul probeer slf bid, maar God antwoord hom nie. Selfs wanneer hy uit desperaatheid die urim gebruik om deur loting God se wil te bepaal, werk dit nie. Die probleem was dat Saul l die bre agter hom verbrand het! Hy het s goed begin as koning, maar gaandeweg het hy al verder en verder van God af weggedryf.

Saul het swaar gesteun op Samuel vir kommunikasie met God, maar nou is Samuel, sy enigste hoop, nie meer daar nie. As ‘n laaste desperate poging om met God te kan praat, besluit Saul om ‘n ding te doen wat ‘n gruwel in God se o is, om Samuel uit die dood te laat oproep.

Net so terloops, meld die verhaal dat Saul persoonlik daarvoor verantwoordelik was om ontslae te raak van al die sogenaamde dodebesweerders, oftewel mense wat daarop aanspraak gemaak het dat hulle kon praat met die afgestorwenes. Hy het hulle voor die voet uitgeroei!

En nou versoek Saul sy amptenare om juis vir hom s ‘n dodebesweerder te loop soek, want hy wil haar raad h. Die manne trippel benoud rond. Hulle weet baie goed wat Saul met daardie mense gedoen het. Dan tree een krel na vore. Ja, hy het so verlangs gerugte gehoor dat daar so ‘n iemand is by En-Dor. “Neem my daarheen!” beveel Saul die manne. En so maak Saul die goeie werk wat hy gedoen het om van hierdie goddelose praktyke ontslae te raak, ongedaan!

Die groot koning Saul word gestroop van sy koningskap wanneer hy sy koninklike klere uittrek en homself vermom. Dan gaan klop hulle aan by die waarsegster. “Ek wil met die gees van iemand praat wat dood is,” deel Saul die vrou mee. Sy is eers baie skepties, want hierdie lyk altevol baie vir haar na ‘n lokval, alhoewel sy Saul gladnie herken het in sy mondering nie. Maar Saul stel haar gerus. Dit is s ironies dat hy selfs die Here se Naam aanhaal wanneer hy haar met ‘n eed verseker van haar veiligheid.

Die vrou stem in, en op versoek van Saul roep sy die gees van Samuel op. Skielik gebeur daar iets onverklaarbaar. Of dit wl Samuel was wat vanuit die doderyk met haar gepraat het, weet ons nie. Wat ons wl weet is dat iemand met die vrou gepraat het en dat sy dadelik vir Saul herken het. Sy het slf baie groot geskrik toe sy die stem uit die “anderkant” hoor, s groot het sy geskrik dat sy in angs geskree het! Die vraag is of sy nie maar net ng ‘n bedrier was wat stories opgemaak het, en nou skielik vir die eerste keer werklik ‘n stem van oorkant af gehoor het nie? Daarom haar groot skrik!

Sy beskryf selfs vir Saul die “wese” wat sy uit die doderyk sien, en Saul herken vir Samuel. Saul het diep gebuig voor hierdie wese. Dit vertel vir ons van Saul se groot eerbied vir hierdie formidabele ou profeet, maar ook van die laaste sprankie hoop van ‘n patetiese man.

In Samuel se boodskap aan Saul spreek hy die doodsvonnis oor Saul en sy seun Jonatan uit. Vir hom is dit ‘n verskriklike skok! Is daar nog nigsins sin oor in die lewe? Die volgende dag sterf Saul sowel as Jonatan op die slagveld. Nou is Samuel se taak finaal afgehandel want nou kan Dawid sy regmatige plek op die troon inneem, die plek wat God aan hom belowe het!

Die vraag is: was dit werklik Samuel wat hier opgeroep was uit die dood? Die antwoord is eenvoudig: ons weet nie! My persoonlike opinie is dat dit eerder God was wat met die vrou gepraat het in ‘n visioen.

Dit bring ons aan die einde van ng ‘n baie interessante karakter uit die Ou Testament.

Gebed:

Here, dankie vir alles wat ek kon leer uit die wonderlike lewe van Samuel.

Skriflesing
1 Sam 28
Saul raadpleeg 'n dodebesweerster

1In daardie tyd het die Filistyne hulle lers vir die stryd begin oproep om teen Israel oorlog te maak. Akis het vir Dawid ges: “Jy weet natuurlik dat jy en jou manne saam met my in die ler moet optrek.”

2En Dawid het vir Akis ges: “Maar u weet tog wat ek nog altyd doen.”

Toe s Akis vir Dawid: “Daarom stel ek jou vir goed aan as my lyfwag.”

3Samuel het te sterwe gekom, en die hele Israel het oor hom gerou en hulle het hom in sy stad Rama begrawe. Saul het ook die dodebesweersters en die waarsers uit die land verban.

4Die Filistyne het bymekaargekom en kamp gaan opslaan by Sunem. Saul het die hele Israel bymekaargemaak en kamp opgeslaan by Gilboa. 5Saul het die kamp van die Filistyne gesien; hy was bang en sy hart het benoud geklop. 6Hy het die Here geraadpleeg, maar die Here het hom nie geantwoord nie, ng deur drome, ng deur die urim, ng deur profete.

7Saul het toe vir sy amptenare ges: “Soek vir my 'n dodebesweerster sodat ek haar kan gaan raadpleeg.”

Sy amptenare het vir hom ges: “Daar is 'n dodebesweerster in En-Dor.”

8Saul het hom vermom en ander klere aangetrek, en hy en twee manne het gegaan en in die nag by die vrou aangekom en ges: “Tree vir my as waarsegster op deur die gees van 'n afgestorwene, en laat vir my die een opkom wat ek vir jou s.”

9Maar die vrou het vir hom ges: “Jy weet baie goed wat Saul gedoen het en dat hy die dodebesweersters en waarsers in die land uitgeroei het. Waarom stel jy vir my 'n lokval om my dood te maak?”

10Maar Saul het vir haar 'n eed afgel in die Naam van die Here: “So seker as die Here leef, jy sal nie oor hierdie saak gestraf word nie.”

11Toe vra die vrou: “Wie moet ek vir jou laat opkom?”

En hy antwoord: “Laat Samuel vir my opkom.”

12Toe die vrou vir Samuel sien, het sy hard geskreeu en vir Saul ges: “Waarom het u my bedrieg? U is dan self Saul.”

13Maar die koning het vir haar ges: “Moenie bang wees nie. Wat sien jy?” en die vrou s vir Saul: “Ek sien 'n wese uit 'n ander wreld opkom uit die aarde.”

14Hy s toe vir haar: “Hoe lyk hy?” en sy s: “'n Ou man kom op en hy het 'n mantel aan.”

Saul het toe geweet dat dit Samuel is en Saul het diep gebuig en eer aan hom betoon.

15Samuel het vir Saul gevra: “Waarom steur jy my deur my te laat opkom?”

En Saul antwoord: “Ek is baie bang, want die Filistyne veg teen my, en God het my verlaat. Hy antwoord my nie meer nie, nie deur profete nie en ook nie deur drome nie. Daarom het ek u opgeroep om my in te lig oor wat ek moet doen.”

16Maar Samuel s: “Waarom raadpleeg jy m dan as die Here jou verlaat en jou testander geword het? 17Die Here het gedoen soos Hy deur my ges het. Die Here het die koningskap van jou afgeskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee, 18want jy het nie die bevel van die Here gehoorsaam nie en sy gloeiende toorn nie op Amalek gewreek nie. Daarom het die Here jou nou hierdie ding aangedoen. 19Die Here sal Israel saam met jou in die mag van die Filistyne oorgee, en mre sal jy en jou seuns by my wees. Die Here sal ook die ler van Israel oorgee in die mag van die Filistyne.”

20Saul het meteens in sy volle lengte op die grond neergeslaan en hy het baie bang geword vanwe die woorde van Samuel. Hy het geen krag gehad nie, want hy het die hele dag en nag nie geet nie. 21Toe het die vrou na Saul toe gekom en gesien dat hy baie bewe en sy het vir hom ges: “Ek het aan u versoek toegegee en ek het my lewe op die spel geplaas toe ek na u geluister het. 22Gee dan tog nou toe aan my versoek, en laat ek vir u 'n stukkie kos voorsit. Eet dan, sodat daar weer krag in u kom en u verder kan gaan.”

23Maar hy het geweier en ges: “Ek wil nie eet nie.”

Sy manne en ook die vrou het by hom aangedring totdat hy hulle hulle sin gegee het. Hy het van die grond af opgestaan en op die bed gaan sit. 24Die vrou het 'n kalf by die huis op stal gehad, en sy het dit gou gaan slag. Sy het ook meel gevat, dit geknie en ongesuurde brood gebak. 25Sy het dit vir Saul en sy manne voorgesit en hulle het geet. Daarna het hulle opgestaan en dieselfde nag nog weggegaan.

Dinsdag 28 Februarie 2017

Samuel Sterf


1 Samuel 28:3

Die ouderdom het uiteindelik die gryse ou profeet Samuel ingehaal. Hy kon niks meer vir homself doen nie en hy het meeste van die tyd net gel. Dan het sy gedagtes hom meegevoer. Met groot nostalgie het hy l en dink aan al die dinge wat in sy lang, lang leeftyd oor sy pad gekom het. Daardie hl eerste keer toe hy die stem van die Almagtige gehoor het. Eintlik was dit vir hom as klein seuntjie skrikwekkend, want toe moes hy die aaklige nuus aan sy mentor, Eli gaan oordra. Dit was sekerlik die hl moeilikste boodskap wat hy it in sy lewe moes oordra. Gelukkig het die Here dit vir hom maklik gemaak toe Eli hom met die warmplek gedreig het as hy nie vir hom vertel press wat die Here daardie nag vir hom ges het nie. Daarna was dit sommer baie makliker om nige boodskap van God oor te dra aan iemand, selfs al was dit bitter slegte nuus.

Maar nou is daar dinge wat hom diep bekommer, waar hy op sy bed l en rus. Slaap ontwyk hom want dinge is gladnie lekker in sy geliefde vaderland nie. Daar is nie meer huis te houe met Saul nie, en die man raak net elke dag al erger en erger. Hy het al verskeie kere vir die Here gevra waarom Hy dit nog toelaat, en waarom Dawid dan nie maar as koning kon oorneem nie? Maar die Here se antwoord elke keer, was dat die tyd nog nie ryp was nie en dat Samuel maar geduldig moes wees.

Samuel begin lag as hy dink aan die komiese ding wat gebeur het toe hy die laaste keer saam met die jonge Dawid in Rama was. Saul het te hore gekom daarvan dat hy vir Dawid in die profetekwartiere laat wegkruip het, en toe stuur hy ‘n afdeling soldate om Dawid te kom arresteer. En toe gebeur die snaakse ding, toe die Here al hierdie soldate laat profeteer het. Die arme manne het nie geweet wt hulle getref het nie! Stel jou voor: ‘n klomp skurwe soldate wat loop en lofliedere sing en die Here loof en prys! Hulle vertel dat Saul briesend was hieroor, en toe besluit hy om slf vir Dawid te kom haal. En daar gebeur presies dieselfde ding met hom! “Is Saul dan alwr onder die profete?” het die hele volk met hom loop en spot. Saul het ‘n volle dag en nag poedelkaal op die grond gel in die profetekwartiere in Rama, en almal was te bang om hom op te help.

Dit het Saul egter nie tot sy sinne geruk toe die Here so helder en duidelik met hom gepraat het nie, want kort daarna moes Dawid weer vlug vir sy lewe. Saul het hom genadeloos begin jag soos wat jy ‘n dier jag. Hy het niks en niemand ontsien in sy pogings om Dawid by te kom nie. Samuel ril as hy dink aan die wreedheid van die man. Toe hy op ‘n keer hoor dat die priesters in Nob vir Dawid kos gegee het, het hy summier l die priesters laat doodmaak! Vyf en tagtig priesters van God het daardie aaklige dag met hulle lewens geboet, mans, vrouens en selfs die kinders en onskuldige babas!

Dawid moes in grotte skuil om uit Saul se wrede kloue te bly. Saul het nou net n vyand gehad: Dawid! Met alle mag het hy tevergeefs probeer om Dawid in die hande te kry. Gelukkig was Dawid darem nie alleen nie. Al die beswaardes en drosters en voortvlugtendes het hulle by hom aangesluit. Uit hierdie klomp het hy uiteindelik vir hom ‘n formidabele gevegseenheid van seshonderd parate soldate saamgestel waarmee hy selfs die magtige Filistyne aangedurf het.

Maar vir Koning Saul het Dawid nooit it aangevat nie. Hy het eerder elke keer maar gevlug om net konfrontasie met die “gesalfde van die Here” te vermy. Selfs al het Saul hom genadeloos gejag, het Dawid steeds lojaal gebly aan Saul. “Dis absoluut onverstaanbaar!” het Samuel gedink. Maar dan moes Samuel maar net besef dat Dawid se respek vir God so groot was, dat hy nooit God se saak wou skade aandoen nie. O, en hy het beslis l die kanse gehad om Saul sommer baie maklik te kon doodmaak. Maar hy het elke keer teruggestaan.

Samuel se bors swel sommer van trots op hierdie jong gesalfde van God. Nou weet hy dat sy taak op aarde voltooi is. Hy het sy plig gedoen: Hy het vir Saul gesalf as koning op bevel van God om die volk hulle sin te gee. Ja, hy het van die begin af geweet dat dit nie sou uitwerk nie, maar so het die Here dit ook vir hom ges! Hy het maar net gedoen wat hy moes doen.

En toe Saul sy rug op God draai, het hy weereens sy plig gedoen om vir Saul die boodskap van God te gaan oordra, dat die Here hom as koning verwerp het. Sy laaste groot taak was om Dawid te salf. Hy was bekommerd dat Saul vir Dawid sou doodmaak, maar nou wt hy dat dit nie sal gebeur nie. Dawid het bewys dat hy eendag ‘n goeie koning sal wees, ‘n man so reg na God se hart, en dat hy selfs vir Saul sal oorleef. Nou kan hy in vrede sterf en die ewige rus ingaan om saam met se geliefde Vader te wees.

Samuel sterf op ‘n ho ouderdom, met ‘n glimlag om sy mondhoeke. Die hele Israel was daar om hulle geliefde profeet, priester en rigter te kom groet.

Ons lees dat die Hele Israel oor Samuel gerou het. Maar vir Samuel was dit ‘n blye dag, want toe kon hy die Here van aangesig tot aangesig ontmoet. Sien jy ook uit na daardie wonderlike dag om by Jesus te wees?

Gebed:

Here, ek sien met grt verwagting uit om eendag by U te wees! Dankie dat U my die ewige lewe gegee het!

Skriflesing

3Samuel het te sterwe gekom, en die hele Israel het oor hom gerou en hulle het hom in sy stad Rama begrawe.

Maandag 27 Februarie 2017

Jong Dawid


1 Samuel 19:1-18

Toe Samuel die dag die salfolie oor die rooigesigseun Dawid se hoof uitgiet, het die Gees van God oor die seun gekom en kragtig in hom begin werk. Die tragiese is egter dat die Gees van God terselfdertyd van Saul gewyk het.

Dit is nou maar eenmaal so, dat die Heilige Gees Hom op niemand afdwing nie. Jy moet ontvanklik vir Hom wees en Hom nooi om jou lewe te beheer. Ja, inderdaad is die Heilige Gees deel van elke gelowige se lewe, maar die mate waarin die Gees manifesteer in ‘n persoon se lewe, hang af van tot hoe ‘n mate jy Hom toelaat om in en deur jou te werk. As sonde jou lewe oorheers, kan daar nie plek wees vir die Heilige Gees om in jou te werk nie. Saul se sonde het die deur vir die Gees toegemaak!

Samuel het met groot kommer in sy hart die gerugte gehoor van koning Saul wat baie vreemd begin optree het. Die mense het gefluister van ‘n “boosaardige gees” wat in hom gevaar het sodat hy die allerverskriklikste woedeuitbarstings begin kry het. Met groot skok moes hy later verneem dat die einste jong Dawid, die een wat hy in die geheim gesalf het tot koning, vir Saul op sy lier speel om hom te kalmeer. As Saul moes uitvind van sy salwing….. hy wil nie eers daaroor dink nie.

Almal het boonop gepraat van Dawid se wonderlike talent om musiek te maak en om selfs boonop die wonderlikste musiek te skryf! Iemand het eendag vir hom een van Dawid se liedjies kom sing: “Die Here is my Herder, Hy bring my na groen weivelde en waters waar daar rus is.” Net ‘n skaapwagtertjie kan sulke mooi goed uitdink!

Toe, op ‘n dag is daar ‘n groot beroering in Rama. Samuel wou weet wat aangaan. “Het u dan nie gehoor van die jong seun Dawid nie?” vra die mense hom verbaas. Dan hoor hy die verhaal van die afskuwelike reus wat Saul se soldate so geteister het, ‘n volle drie meter lank in sy sokkies! En hy het die Israeliete verkleineer. En toe kom daardie jong seun en hy gooi die reus dood met ‘n klein klippie uit sy slingervel! En so oorwin die kreltjie man-alleen die hele Filistynse weermag, want toe hulle reus dood neerval, skrik hulle so groot dat hulle almal die hasepad kies!

Samuel het eers langtand gekou aan hierdie storie, maar toe besef hy skielik dat hy mos vir Dawid as koning gesalf het. Hier begin die jong Dawid se koningskap, presies net soos die Here beloof het. “Dankie Here!” prewel Samuel. God is getrou!

‘n Hele ruk later het ng nuus oor Dawid Samuel se ore bereik. Almal het gepraat oor die wonderlike vriendskap wat daar ontstaan het tussen die koning se oudste seun, Jonatan en Dawid. Jy het die twee dikwels saam gesien. Boonop het Dawid in Saul se paleis ingetrek om naby te kon wees as Saul hom nodig kry.

Samuel het in sy mou gelag, want skielik sien hy presies hoe die Here besig was om te werk. Dawid woon in die paleis en soedoende leer die jong man alles oor wat in ‘n koning se paleis gebeur. Hy sien hoe die administrasie werk, die beplanning, die tesourie. En so gee Saul hom onwetend opleiding om die koningskap eendag oor te neem. “Maar wat dan van Jonatan?” wonder Samuel. “Maar die Here sal mos voorsien op die regte tyd en manier. Waaroor bekommer ek my dan?” skuif hy die gedagte uit sy kop uit.

Weereens sien ons hoe wonderlik die Here alles beplan. Ek en jy moet ook ons o oopmaak daarvoor om te sien hoe die Here gedurig besig is om in ons lewens in te gryp om Sy doel te bereik. Dikwels sien ons dit nie raak nie, en kla ons oor swaarkry ens. Ons moet egter selfs vir swaarkry dankbaar wees, want dalk nt is die Here besig om my daarmee voor te berei vir iets baie groter.

Later hoor hy van Dawid se welslae as soldaat. Saul en Jonatan het hom selfs opgelei in die fynere dinge van die gevegskuns. Dawid was s ‘n goeie leerling dat Saul hom as offisier aangestel het oor ‘n klomp soldate. Boonop het hierdie jong man uiters gewild geraak onder die meisies. Almal het van hom gesing. Saul was hieroor blykbaar nie baie gelukkig nie: “Op hierdie trant gaan hy nog eendag koning word in my plek!” het Saul glo eendag woedend teenoor sy amptenare uitgevaar. “Saul het nie eers ‘n idee hoe profeties sy woorde is nie!” het Samuel in stilligheid gelag.

Op ‘n dag kom Dawid by Samuel aan in Rama. Hy sien sommer dadelik dat die jong man doodsbenoud is. “Wat is fout Dawid?” wil Samuel weet.

Dan pak Dawid af. Hy vertel vir Samuel dat Saul moontlik snuf in die neus gekry het, want hy het hom al ‘n paar keer probeer doodmaak. Aan die begin het dit baie goed gegaan, en hy het selfs met Saul se dogter, Mikal getrou. Maar skielik het alles begin verander. Saul het hom selfs probeer doodgooi met sy spies, en dit nogal terwyl hy besig was om vir die koning op sy lier te speel. Eers het hy gedink dat dit maar net ‘n bevlieging was, maar algaande het dinge slegter en slegter gegaan, totdat hy uiteindelik vir sy lewe moes vlug.

“Moenie verder bekommerd wees nie,” het Samuel Dawid gerusgestel. “Kom saam met my, dan gaan kry ons vir jou ‘n plek om weg te kruip in die profetekwartiere.”

Gebed:

Dankie Here, ook vir die swaarkry in my lewe, want ek vertrou dat U my daardeur voorberei vir iets groot.

Skriflesing
1 Sam 19
Jonatan pleit by Saul vir Dawid

1Saul het naderhand selfs met sy seun Jonatan en met al sy offisiere gepraat om Dawid dood te maak. Maar Saul se seun Jonatan het baie van Dawid gehou. 2Toe het Jonatan vir Dawid vertel: “My pa wil jou doodmaak. Jy moet tog mreoggend versigtig wees. Gaan sit op 'n beskutte plek en kruip weg. 3Dan sal ek in die veld waar jy is, langs my pa gaan staan en met hom oor jou praat. As ek agterkom hoe dit gesteld is, sal ek jou dit vertel.”

4Jonatan het toe vir Dawid voorspraak gedoen by Saul en vir hom ges: “Die koning moet hom tog nie aan sy onderdaan Dawid besondig nie, want hy het u geen kwaad aangedoen nie, sy dade was baie voordelig vir u. 5Hy het sy lewe gewaag en die Filistyn verslaan di keer toe die Here die groot uitkoms vir die hele Israel bewerk het. U het dit gesien en u was self bly. Waarom sal u sonde doen oor 'n onskuldige man en vir Dawid sonder rede doodmaak?”

6Saul het na Jonatan geluister en 'n eed afgel: “So seker as die Here leef, hy sal nie doodgemaak word nie.” 7Hiern het Jonatan vir Dawid gaan roep, en Jonatan het hom die hele gesprek meegedeel. Jonatan het vir Dawid na Saul toe gebring, en Dawid het vir Saul gedien soos voorheen.

8Daar het weer 'n keer oorlog gekom, en Dawid het opgetrek om teen die Filistyne te veg. Hy het hulle in 'n bloedige veldslag verslaan, en hulle het voor hom gevlug.

Mikal bedrieg vir Saul en red Dawid se lewe

9Saul het in sy huis gesit met sy spies in sy hand, en Dawid het op die lier gespeel. Toe 'n boosaardige gees wat deur die Here gestuur is, oor Saul kom, 10het hy geprobeer om Dawid teen die muur vas te pen met die spies. Maar Dawid het weggekoes, en Saul het die spies teen die muur vasgegooi. Dawid het gevlug en daardie nag ontsnap. 11Toe stuur Saul mense na Dawid se huis toe om hom dop te hou en hom in die mre dood te maak.

Maar sy vrou Mikal het hom gewaarsku: “As jy nie vannag vlug nie, word jy mre doodgemaak.”

12Mikal het Dawid toe deur die venster laat afsak. Hy het weggegaan, gevlug en ontsnap. 13Maar Mikal het die afgodsbeeld gevat en op die bed neergesit. Sy het 'n bokhaarnet om die beeld se kop gedraai en dit met 'n kombers toegemaak.

14Toe Saul se mense daar kom om vir Dawid te vang, s sy: “Hy is siek.”

15Daarna het Saul sy manne gestuur om na Dawid te gaan kyk en beveel: “Bring hom na my toe met bed en al dat ek hom kan laat doodmaak.” 16Die manne het ingekom, en toe l die afgodsbeeld op die bed, met die bokhaarnet aan die koppenent.

17Saul s toe vir Mikal: “Waarom het jy my so bedrieg en my vyand vrygelaat om te ontsnap?”

Maar Mikal het vir Saul geantwoord: “Hy het vir my ges: Laat my gaan, anders maak ek jou dood.”

Saul weer tussen die profete

18Ondertussen het Dawid gevlug en ontsnap en by Samuel in Rama gekom en hom alles vertel wat Saul hom aangedoen het. Hy en Samuel het in die woonkwartiere van die profete gaan woon.

Vrydag 24 Februarie 2017

Samuel Salf vir Dawid


1 Samuel 16:1-13

Samuel was bitter teleurgestel in Saul, daardie briljante koning wat hy vir die Here moes salf. Aanvanklik was hy baie skepties, maar na daardie episode toe Saul tussen die profete was, het hy s baie van hom verwag. Na die fiasko met die Amalekiete, was hy genoodsaak om vir Saul te beveel om Koning Agag vir hom te bring. Hy moes maar slf doen wat Saul versuim het om te doen. Dit was nie maklik nie, want Agag het hom opgeruimd tegemoet gestap, so asof hy gedink het dat hy die dood sou vryspring. Maar hy het voor sy siel geweet dat Agag ‘n gewetenlose soldaat was wat verantwoordelik was vir die dood van talle Israeliete. Hy het veroorsaak dat daar menige weduwees was wat swaarkry en kindertjies wat sonder ‘n pa moes grootword. Samuel het sy swaard gegryp en die verskrikte Agag in stukke gekap.

En toe het hy oor Saul getreur……

“Hoe lank gaan dit nog so aanhou, Samuel?” het die Here eendag vir hom gevra. “Ek het hom as koning verwerp, en dit is gedane sake.”

Samuel het geluister na wat die Here vir hom s. Natrlik is die Here reg. Hy, Samuel het reg van die begin af geweet dat dit ‘n fout was om Saul aan te stel. Maar die Here het dit ook mos gewaarsku!

Dan skrik Samuel hom yskoud wanneer die Here se volgende opdrag aan hom kom: “Maak 'n horing vol olie en gaan na Betlehem toe! Ek stuur jou na Isai toe, want onder sy seuns sien Ek vir My 'n koning.”

“Maar Here,” protesteer Samuel, “Ek kan mos nie! Saul sal my doodmaak as hy hiervan te hore moet kom!”

Maar die Here paai vir Samuel: niemand hoef mos te weet dat hy ‘n ander koning gaan salf nie. Al wat hy moet doen, is om na Betlehem te gaan onder die voorwendsel dat hy aan die Here wil gaan offer. Daar moet hy dan vir Isai nooi om te kom deel in die offer. Die res moet hy met ‘n geruste hart aan die Here oorlaat – Hy sal vir Samuel wys wie hy moet salf.

Ja, om ‘n profeet vir God te wees, kan dikwels baie gevaarlik wees. Kyk maar watter gevare die evangeliste wat in die oorloggeteisterde lande werk, moet trotseer. Dikwels sterf hulle vir hulle geloof en vir die evangelie.

Samuel is soos altyd gehoorsaam aan die Here, al het hy eers geprotesteer, en hy vat die pad na Betlehem. Natuurlik weet almal van sy laaste onderonsie met Saul, en wanneer die stadsleiers die gryse ou man sien, is hulle sommer dadelik verskrik en hoogs ontsteld: “Waaraan het ons hierdie besoek te danke? Gaan hy ons ook nou kom verdelg soos hy vir Saul verdelg het?”

“Kom u in vrede?” vra hulle met bewende broeke.

“Ja. Ek het gekom om vir die Here 'n offer te bring. Reinig julle en kom saam met my na die offer toe,” stel hy hulle gerus. Hy nooi vir Isai persoonlik en hy sien slf toe dat Isai en sy sewe seuns almal die voorgeskrewe reinigingsrituele nakom. Hy wil nie hier ‘n fout maak nie!

Eliab, Isai se oudste vang sommer dadelik Samuel se oog. Hierdie lenige jong man het iets koninklik aan hom!

“Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike,” s die Here vir Samuel. Samuel is amper teleurgesteld, hy het dan gedink dat hierdie een perfek sou pas op die konings-troon.

Wanneer die volgende seun van Isai verbygestap kom, hoor hy weer God se stem: “Nee Samuel, nie hy nie!” En so stap al sewe seuns verby, en nog steeds weet Samuel dat nie een van hulle die volgende koning gaan wees nie. Hy is skoon uit die veld geslaan. “Here, wat nou? Ek dog dan dat ek een van Isai se seuns moet salf? Ek verstaan nie!”

“Daar is nog een,” kom die Here se antwoord.

“Is dit al jou seuns die?” vra hy vir Isai. Nee, daar is nog enetjie, die jongste, maar hy pas skape op.

Op Samuel se bevel word die seun laat haal, en wanneer die rooigesig jong seun die vertrek binnestap, wt Samuel: hierdie is Israel se volgende koning!

Nt daar steek Samuel sy hand onder sy mantel in en bring ‘n horinkie te voorskyn. Voor die verbaasde o van Isai en sy sewe ander seuns, haal die ou profeet die proppie van die horing af en giet die inhoud oor die jong Dawid se hoof uit. Die heerlike geur van olyfolie en kruie vul die ganse vertrek terwyl die Gees van God kragtig oor die jong man vaardig word.

Samuel is tevrede. Hy het sy plig gedoen en diep in sy binneste wt hy dat hierdie die regte keuse was. Nou het hy uiteindelik vrede in sy hart en kan hy maar teruggaan na sy huis in Rama.

Ons wil dalk vra of God ‘n fout gemaak het om Saul te kies as koning? Nee, beslis nie. Ek dink dat die Here juis vir Saul gebruik het om die weg te baan vir die koning so na God se hart. Soos Johannes die pad vir Jesus moes voorberei, moes Saul die pad vir Dawid voorberei. Maar daar was nog ‘n baie lang en bitter pad wat hierdie jong man moes stap voordat hy die kroon sou dra.

Gebed:

Here, ek staan dikwels verstom wanneer ek sien hoedat U wonderlike raadsplan elke keer uitwerk!

Skriflesing
1 Sam 16
Samuel salf 'n ander koning

1Die Here het vir Samuel ges: “Hoe lank gaan jy nog oor Saul treur nadat Ek hom as koning oor Israel verwerp het? Maak 'n horing vol olie en gaan na Betlehem toe! Ek stuur jou na Isai toe, want onder sy seuns sien Ek vir My 'n koning.”

2Samuel vra toe: “Hoe kan ek gaan? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak.”

En die Here s vir hom: “Neem 'n vers saam en s: ‘Ek het gekom om vir die Here 'n offer te bring.’ 3Nooi dan vir Isai na die offer toe. Ek sal jou meedeel wat jy moet doen. Salf vir My di een wat Ek jou sal beveel.”

4Samuel het gedoen wat die Here ges het. By sy aankoms in Betlehem het die leiers van die stad hom ontsteld tegemoet gekom en ges: “Kom u in vrede?”

5En hy het ges: “Ja. Ek het gekom om vir die Here 'n offer te bring. Reinig julle en kom saam met my na die offer toe.”

Hyself het vir Isai en sy seuns gereinig en hulle na die offer toe genooi. 6Toe hulle inkom, het Samuel vir Eliab gesien en gedink: die gesalfde van die Here staan hier voor die Here.

7Maar Hy s vir Samuel: “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.”

8Toe roep Isai vir Abinadab en laat hom voor Samuel verbygaan en hy dink: die Here het ook hierdie een nie gekies nie. 9Daarna het Isai vir Samma laat verbygaan, maar Samuel het gedink: die Here het ook hierdie een nie gekies nie. 10Nadat Isai sewe van sy seuns voor Samuel laat verbygaan het, s Samuel vir Isai: “Die Here het nie een van hulle gekies nie.”

11Daarop het Samuel vir Isai gevra: “Is dit al jou seuns di?” En hy het geantwoord: “Die jongste is nog oor, maar hy pas nou skape op.”

Toe s Samuel vir Isai: “Laat haal hom, want ons eet nie voordat hy hier is nie.” 12Isai het hom laat haal. Hy het 'n rooi gelaatskleur gehad, mooi o en 'n goeie voorkoms.

Toe s die Here: “Staan op, salf hom, want dis h.”

13Samuel het die horing met olie gevat en hom voor sy broers gesalf. Die Gees van die Here het van daardie dag af kragtig in Dawid gewerk. Daarna het Samuel klaargemaak en na Rama toe teruggegaan.


Donderdag 23 Februarie 2017

Gehoorsaamheid


1 Samuel 14-15

Saul het baie gou geleer van oorlog maak, maar hy het ook sy dwase foute gemaak. Soos die slag toe hy sy manskappe belet het om hulle monde aan kos te sit voor die geveg verby was. Sy eie seun, Jonatan het hierdie verbod onwetend verbreek en daarvoor moes hy met sy lewe boet oor sy eie pa se sinnelose reling! Jonatan was egter die groot held van die veldslag, en dit was alleen sy manskappe se ingrype wat sy lewe gespaar het

Saul se bevel het ook ander implikasies gehad. Dit het sy manskappe s uitgehonger toe die geveg verby was, dat hulle van die beeste wat gebuit was, geslag en so met bloed en al verorber het. Dit was teen God se wet, en Saul was dus die oorsaak dat sy manskappe gesondig het.

Deur die eeue het dit talle male gebeur dat mense om die lewe gebring is op grond van godsdienstige bepalings wat deur mense en nie God nie gemaak is. Die kruistogte is ‘n goeie voorbeeld hiervan, asook die talle mense wat op die brandstapel moes sterf oor sogenaamde kettery. Vandag word mense dikwels veroordeel wanneer hulle hulle geloof op ‘n ander manier uitleef. Ons stel dikwels die lewensnorme vas of ons l sekere taboes neer asof dit van God kom. Dikwels doen ons dinge in die Naam van God en dan dink ons dat dit maar reg moet wees.

Uiteindelik is Saul, ten spyte van sy talle misstappe en foute, tg ‘n goeie soldaat wat Israel baie doeltreffend teen hulle vyande beskerm het. Saul se grootste probleem was egter sy ongehoorsaamheid aan God en die feit dat Hy die Here nie altyd vertrou het nie. Hy wou dikwels sy eie kop volg, al het die Here baie duidelik vir hom riglyne neergel.

Een so ‘n geval was toe Samuel vir Saul ‘n helder en duidelike bevel van God kom oordra het. Die opdrag was dat Saul teen die Amalekiete moes gaan veg. Hierdie nasie het God tegestaan toe Hy die Israeliete uit Egipte uitgelei het. Telkemale daarna het hulle net moeilikheid vir Israel beteken. Samuel het die opdrag van God vir Saul uitgespel: hy moes die Amalekiete totaal uitwis. Niemand mag oorleef nie en selfs hulle vee moes voor die voet doodgemaak word. Dit sou beteken dat sy manskappe absoluut niks durf buit nie. Amalek moet met die banvloek getref word!

Samuel was tevrede. Saul het goed verstaan wat die Here van hom verwag het. Maar Saul het sy eie agenda gehad. Hy het Samuel se opdrag noukeurig uitgevoer en al die Amalekiete uitgedelg, presies soos die gryse ou profeet beveel het.

Maar……

Saul het Koning Agag van Amalek laat gevange neem. Boonop het hy gereken dat dit darem ‘n verskriklike vermorsing sou wees om al die vee dood te maak. Dus word slegs die maer diere vernietig en die bestes word uitgehou. Hy moes darem aan sy manskappe ook dink!

Die Here het met Samuel gepraat: “Ek is bedroef daaroor dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My af weggedraai en nie my opdragte uitgevoer nie.”

Samuel het diep gesug. Hy was hewig ontsteld en hy het met die Here geworstel in gebed, die hele nag deur. Hy kon nie gl dat Saul alweer verbrou het nie. Sy opdrag was tog so helder en duidelik! Saul kon dit nit as te nimmer misverstaan het nie!

Vroeg die volgende oggend vertrek hy om met Saul te gaan praat. Op pad verneem hy boonop dat Saul s arrogant was om by Karmel vir homself ‘n gedenkteken te laat oprig oor hy kwansuis dan so ‘n goeie koning is!

Wanneer Samuel by Saul aankom waar hy in Gilgal ontspan na sy triomftog, groet die koning die ou profeet met ‘n groot glimlag: “Mag die Here u sen! Ek het die opdrag van die Here uitgevoer!”

Samuel kan sy ore nie glo nie: Dan lieg die man ook nog! “Wat vir 'n geblr van kleinvee is daar dan in my ore? En wat van die gebulk van beeste wat ek hoor?”

“O, ek het dit saamgebring om vir die Here te offer, ook nt die hl bestes! Die ander is almal doodgemaak.”

“Aaag, bly liewer stil!” snou Samuel hom toe. “Laat ek jou vertel wat die Here vannag vir my ges het.” En dan vertel Samuel vir Saul dat die Here hom ‘n baie duidelike opdrag gegee het. Maar nee, hy het alweer beter geweet as die Here en sy eie kop gevolg! Hy het gedoen nt soos sy eie begeertes hom gelei het.

Saul wil nog sy dade probeer regverdig met dat hy dit vir die Here wou doen. Maar Samuel maak hom stil: “Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.” Nooit weer, tot die dag van sy dood, het Samuel met Saul gepraat nie.

Gehoorsaamheid aan die Here is vandag steeds nt so belangrik. Ons wil so graag agter Sy genade skuil en gehoorsaamheid afmaak as minder belangrik. Dit is immers deur gehoorsaamheid aan Hom wat ons ons dankbaarheid uitleef. Sonde is om NIE te doen wat God van ons vra nie. Ongehoorsaamheid is sonde! Uit en gedaan! Kom ons luister na wat Hy van ons vra, en doen wat Sy wil is.

Gebed:

Here, help my asseblief om aan U gehoorsaam te wees.

Skriflesing
1 Sam 14

1Op 'n dag s Jonatan seun van Saul toe vir sy wapendraer: “Kom ons gaan oor na die patrollie van die Filistyne toe daar oorkant.”

Hy het dit egter nie vir sy pa vertel nie.

2Saul was toe onder 'n granaatboom by die dorsvloer net buite Gibea met omtrent ses honderd man by hom. 3Die priester Agija seun van Agitub, broer van Ikabod seun van Pinehas, seun van Eli wat priester van die Here in Silo was, het die skouerkleed gedra.

Maar die manskappe het nie geweet dat Jonatan weggegaan het nie.

4Weerskante van die pas waar Jonatan probeer deurgaan het na die patrollie van die Filistyne toe, was daar 'n spits rots. Die naam van die een rots was Boses en di van die ander Senne. 5Die een spits het soos 'n pilaar aan die noordekant teenoor Mikmas gestaan, en die ander aan die suidekant teenoor Gibea.

6Jonatan het vir sy wapendraer ges: “Kom ons gaan oor na die patrollie van hierdie heidene toe. Miskien sal die Here ons help. Hy kan red, deur baie of deur min.”

7En sy wapendraer s vir hom: “Net soos u wil. Ek is tot u diens.”

8Jonatan s toe vir hom: “Nou toe, kom ons gaan in hulle rigting sodat hulle ons kan sien. 9As hulle vir ons s: ‘Staan stil totdat ons by julle kom,’ bly ons hier onder staan. Ons gaan dan nie op na hulle toe nie. 10Maar as hulle vir ons s: ‘Kom op na ons toe,’ gaan ons na hulle toe, want dan sal dit vir ons die teken wees dat die Here hulle in ons mag gee.”

11Toe die Filistynse patrollie die twee sien, het die Filistyne ges: “Kyk daar! Party Hebrers het uitgekom uit die gate waarin hulle weggekruip het.” 12En die manne van die patrollie het vir Jonatan en sy wapendraer uitgedaag: “Kom op na ons toe dat ons julle 'n les kan leer.”

Jonatan het vir sy wapendraer ges: “Klim agter my aan! Die Here het hulle in die mag van Israel oorgegee.”

13Jonatan het hande-viervoet opgeklouter met sy wapendraer op sy hakke.

Die vyand het voor Jonatan geval, en agter hom het sy wapendraer hulle doodgemaak. 14In hierdie eerste slagting deur Jonatan en sy wapendraer het omtrent twintig man geval, en dit op 'n klein stukkie grond. 15Toe het die hele ler van die vyand paniekbevange geword, in die laer en in die veld; die patrollie en die roofbende het ook paniekbevange geword: daar was 'n aardbewing en God het hulle paniekbevange gemaak.

16Toe die wagte van Saul by Gibea in Benjamin sien dat die menigte in beroering is en in die rondte maal, 17het Saul vir die manskappe by hom ges: “Stel dadelik vas wie van ons is weg.”

Hulle het vasgestel Jonatan en sy wapendraer is nie daar nie. 18Saul s toe vir Agija: “Bring die ark van God nader.” Die ark van God was in di tyd by die Israeliete. 19Terwyl Saul nog met die priester aan die praat was, het die rumoer in die laer van die Filistyne steeds groter geword. Toe s Saul vir die priester: “Laat staan maar!”

20Saul en die manskappe by hom het bymekaargekom en toe hulle by die geveg kom, was die Filistyne besig om onder mekaar te veg. Daar was baie groot verwarring. 21Boonop het die Hebrers wat voorheen saam met die Filistyne se ler opgetrek het, oorgeloop na die Israeliete toe wat by Saul en Jonatan was. 22Al die Israeliete wat in die Efraimsberge weggekruip het, het gehoor dat die Filistyne vlug en het hulle agterna gesit. 23Die Here het Israel daardie dag gered. Hulle het veg-veg by Bet-Awen verbygegaan. 24Elke Israeliet het daardie dag kom veg.

Saul het die manskappe 'n eed opgel en ges: “'n Ramp tref di een wat voor vanaand iets eet. Ek wil my op my vyande wreek.”

Nie een van die manskappe het aan iets geproe nie. 25Die gebied was bosagtig en daar was veldheuning. 26Toe die manskappe in die bos kom, het dit sommerso gedrup van die heuning en tog het niemand sy mond aan iets gesit nie, want die manskappe was bang vir die eed wat hulle opgel is. 27Jonatan het egter nie gehoor toe sy pa die ler die eed opgel het nie. Hy het die punt van sy kierie in 'n heuningkoek gesteek en daarvan geet. Dit het hom nuwe krag gegee.

28Een van die manskappe s toe vir hom: “Jou pa het die manskappe 'n streng eed opgel en ges: ‘'n Ramp tref di een wat vandag iets eet.’ Daarom is die manskappe nou uitgeput.”

29Maar Jonatan s: “My pa het 'n ramp oor die land gebring. Kyk net, ek het nuwe krag gekry omdat ek hierdie bietjie heuning geproe het. 30As die manskappe vandag maar net ongehinderd kon geet het van die buit wat van die vyand afgevat is, sou die slagting onder die Filistyne nou sommer baie groot gewees het.”

31Daardie dag het hulle die Filistyne verslaan van Mikmas af tot by Ajalon, maar toe was die manskappe heeltemal gedaan. 32Hulle het op die buit toegesak en kleinvee, beeste en kalwers gevat en op die grond geslag en sommerso by die bloed geet.

33Daar is toe aan Saul ges: “Die manskappe sondig teen die Here deur by die bloed te eet.”

Toe s hy: “Julle doen verkeerd. Rol dadelik 'n groot klip na my toe!”

34Verder het Saul ges: “Loop tussen die manskappe deur en s vir hulle: Elkeen moet sy bees of stuk kleinvee na my toe bring en op die klip slag en dan gaan eet, sodat hulle nie teen die Here sondig deur by die bloed te eet nie.”

Daardie nag het al die manskappe elkeen self sy bees gebring en daar by Saul geslag. 35Saul het 'n altaar vir die Here gebou: hy het die klip gebruik om 'n altaar vir die Here te bou.

36Daarna het Saul ges: “Laat ons die Filistyne vannag agtervolg. Laat ons hulle plunder tot mre ligdag. Ons moenie een van hulle laat oorbly nie.”

Die manskappe s toe: “Maak soos u goedvind.”

Maar die priester antwoord: “Laat ons God hier raadpleeg!”

37Toe het Saul vir God gevra: “Moet ek die Filistyne agtervolg? Sal U hulle in Israel se mag oorgee?”

Maar God het hom nie toe geantwoord nie.

38Saul s toe vir al die offisiere: “Kom hiernatoe dat julle kan uitvind en self sien wie vandag gesondig het. 39Al is dit ook my seun Jonatan moet hy sekerlik sterwe, so seker as wat die Here leef, Hy wat vir Israel red.”

Maar geen enkele manskap het vir Saul geantwoord nie. 40Toe s hy vir die hele Israel: “Julle moet eenkant toe staan. Ek en my seun Jonatan sal anderkant toe staan.”

En die manskappe s vir Saul: “Maak soos u goedvind.”

41Saul het vir die Here gevra: “God van Israel, gee tog 'n beslissing.”

Jonatan en Saul is aangewys, en die manskappe is van blaam onthef.

42Toe s Saul: “Julle moet loot tussen my en my seun Jonatan.”

Jonatan is aangewys, 43en Saul het vir hom ges: “Vertel my tog wat jy gedoen het.”

Jonatan het vir hom vertel. Hy het ges: “Ek het net met die punt van my kierie 'n bietjie heuning geproe. Maar ek is bereid om te sterf.”

44Saul s toe: “Dit was 'n eed, Jonatan, jy moet beslis sterf!”

45Maar die manskappe s vir Saul: “Moet Jonatan wat hierdie groot uitkoms vir Israel bewerk het, sterf? Beslis nie! So seker as die Here leef, daar sal vandag geen haar van Jonatan se kop op die grond val nie, want met God se hulp het hy die Filistyne verslaan.”

So het die manskappe vir Jonatan los gekry, en hy het nie gesterf nie.

46Saul het die agtervolging van die Filistyne gestaak, en die Filistyne het na hulle gebied toe teruggegaan.

Opsomming van Saul se regering

47Nadat Saul seker was van die koningskap oor Israel, het hy oorlog gemaak teen al sy vyande in die omgewing: teen Moab en die Ammoniete; teen Edom en die konings van Soba; teen die Filistyne en teen almal wat teen hom gedraai het en gerebelleer het. 48Saul het dapper opgetree en die Amalekiete verslaan. Sodoende het hy Israel gered uit die mag van di wat hom geplunder het.

49Die seuns van Saul was Jonatan, Jiswi en Malkisua; die name van sy twee dogters was Merab, die oudste, en Mikal, die jongste. 50Die naam van Saul se vrou was Aginoam dogter van Agimas, en die hoof van Saul se ler was Abner seun van Ner, 'n oom van Saul. 51Kis, Saul se pa, en Ner, Abner se pa, was seuns van Abil. 52Gedurende die hele bewind van Saul was daar gedurig oorlog teen die Filistyne, en Saul het elke sterk of dapper man van wie hy gehoor het, by hom laat aansluit.


1 Sam 15
Saul as koning verwerp

1Samuel het vir Saul ges: “Dit is vir my wat die Here gestuur het om jou tot koning oor sy volk Israel te salf. Luister nou na die woorde van die Here. 2So het die Here die Almagtige ges: Ek het nie vergeet wat Amalek Israel aangedoen het nie, hoe hy Israel teengestaan het toe hulle uit Egipte getrek het. 3Gaan verslaan nou vir Amalek. Jy moet alles wat hy het, om die lewe bring. Jy mag jou oor hom nie ontferm nie. Jy moet man en vrou doodmaak, kind en suigling, bees en skaap, kameel en donkie.”

4Saul het die manskappe opgeroep. Hy het hulle by Telaim getel: twee honderd afdelings voetsoldate en tien afdelings uit Juda. 5Saul het by die woonplek van die Amalekiete aangekom en sy manskappe laat stelling inneem by 'n spruit.

6Toe het Saul die Keniete laat weet: “Gee gou pad tussen die Amalekiete uit sodat ek julle nie saam met hulle uit die weg ruim nie, want julle het die Israeliete goed behandel toe hulle uit Egipte getrek het.”

Die Keniete het toe tussen die Amalekiete uit padgegee. 7Saul het daarna die Amalekiete verslaan van Gawila af tot waar 'n mens kom by Sur teenoor Egipte. 8Hy het koning Agag van Amalek lewend gevang, maar die hele volk om die lewe gebring. 9Saul en die manskappe het Agag gespaar en ook die mooiste kleinvee en beeste, die vetstes, en die lammers en alles wat mooi was. Saul-hulle wou dit alles nie om die lewe bring nie. Al die vee wat swak en waardeloos was, het hulle wel van kant gemaak.

10Toe het die woord van die Here tot Samuel gekom: 11“Ek is bedroef daaroor dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My af weggedraai en nie my opdragte uitgevoer nie.”

Samuel was ontsteld en hy het die Here die hele nag om uitkoms gesmeek.

12Die oggend het Samuel hom vroeg klaargemaak om Saul te ontmoet. Iemand het vir Samuel vertel: “Saul het by Karmel gekom en nogal vir homself 'n gedenkteken opgerig. Daarna het hy omgedraai en is hy verby na Gilgal toe.”

13Samuel het toe by Saul gekom, en Saul het vir hom ges: “Mag die Here u sen! Ek het die opdrag van die Here uitgevoer.”

14Samuel vra toe: “Wat vir 'n geblr van kleinvee is daar dan in my ore? En wat van die gebulk van beeste wat ek hoor?”

15“Hulle het dit van die Amalekiete af gebring,” antwoord Saul. “Dit is die goed wat deur die manskappe gespaar is, die mooiste kleinvee en grootvee om aan die Here u God te offer. Die res het ons van kant gemaak.”

16En Samuel s vir Saul: “Bly stil! Laat ek jou vertel wat die Here vannag vir my ges het.”

Saul s toe vir hom: “Praat maar.”

17Toe s Samuel: “Al is jy klein in jou eie o, is jy tog die hoof van die stamme van Israel. Die Here het jou gesalf tot koning oor Israel. 18Die Here het jou met 'n doel uitgestuur en Hy het jou beveel: ‘Trek op, bring die sondaars, die Amalekiete, om die lewe. Jy moet teen hulle veg totdat jy hulle uitgeroei het.’ 19Waarom het jy nie na die bevel van die Here geluister nie? En waarom het jy jou aan die buit vergryp en hierdie ding gedoen wat verkeerd is in die o van die Here?”

20Saul antwoord toe vir Samuel: “Maar ek ht na die bevel van die Here geluister! Ek het gegaan om te doen waarvoor die Here my gestuur het, ek het vir koning Agag van Amalek hierheen gebring, maar die Amalekiete het ek om die lewe gebring. 21Die manskappe het egter uit die buit kleinvee en beeste gevat, die beste van di wat van kant gemaak moes word, om aan die Here u God in Gilgal te offer.”

22Maar Samuel antwoord:

“Is brandoffers en ander diereoffers

net so aanneemlik vir die Here

as gehoorsaamheid aan sy bevel?

Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande,

om te luister is beter as die vet van ramme.

23Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsery;

eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery.

Omdat jy die woord van die Here verwerp het,

het Hy jou as koning verwerp.”

24Saul s toe vir Samuel: “Ek het gesondig, want ek het die bevel van die Here en u opdrag oortree omdat ek vir die manskappe bang was en na hulle versoek geluister het.

25“Vergewe tog nou my sonde en kom saam met my sodat ek tot die Here kan bid.”

26Maar Samuel s vir Saul: “Ek sal nie saam met jou gaan nie, want jy het die woord van die Here verwerp en die Here het jou verwerp as koning oor Israel.”

27Samuel het weggedraai om te loop, maar Saul het die punt van sy mantel gegryp, en dit het geskeur.

28Toe s Samuel vir hom: “Die Here het die koningskap van Israel nou van jou afgeskeur en dit gegee aan jou naaste wat beter is as jy. 29Die Ewige van Israel lieg nie en Hy verander nie van gedagte nie, want Hy is nie 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.”

30“Ek het gesondig,” s Saul toe. “Eer my tog net voor die leiers van die volk en voor Israel deur saam met my te kom sodat ek die Here u God kan aanbid.”

31Samuel het met Saul saamgegaan, en Saul het die Here aanbid.

32Toe beveel Samuel: “Bring vir koning Agag van Amalek na my toe.”

Agag het opgeruimd na hom toe geloop en ges: “Nou is ek nie meer bang dat hulle my sal doodmaak nie.”

33Samuel het vir hom ges: “Soos jou swaard vrouens kinderloos gemaak het, so sal jou ma onder die vrouens kinderloos wees.”

En Samuel het vir Agag in stukke gekap voor die Here in Gilgal. 34Samuel het na Rama toe gegaan, terwyl Saul na sy huis toe in Gibea gegaan het. 35Tot die dag van sy dood het Samuel nie weer vir Saul gesien nie. Samuel het oor Saul getreur, en die Here was bedroef daaroor dat Hy vir Saul koning oor Israel gemaak het.


Woensdag 22 Februarie 2017

Saul Verloor Vertroue

1 Samuel 13

Wat beteken dit om “af te tree op pensioen”? Meeste pensioenarisse sal jou kan vertel dat hulle na aftrede rs lekker begin werk! Dan doen hulle wat hulle nog altyd wou doen en nooit tyd voor gehad het nie.

Samuel het ook afgetree op “pensioen”, maar hy het steeds net so hard gewerk. Saul het nou wel die land regeer, maar Samuel het nog steeds die leiding geneem op baie terreine. So was daar byvoorbeeld ‘n ooreenkoms tussen hom en Saul, dat Saul die soldate sou lei in gevegte, maar dat Samuel al die geestelike dinge sou doen, soos byvoorbeeld die Godsdienstige rituele.

Saul se koningskap het op ‘n ho noot begin toe hy die Ammoniete suksesvol platgeloop het by Jabes. Nou was hy beslis ‘n waardige koning! Alhoewel sy koningskap tn die wil van God was, het die Here tg belowe om hom by te staan indien hy aan Hom gehoorsaam sou wees. Vir ‘n jaar of twee het dit baie goed gegaan. Saul was die model-koning wat gedoen het presies wat die Here hom deur Samuel beveel het. Tot op ‘n dag……..

Dalk wou die Here Saul toets om te sien of hy Hom waarlik vertrou. Ons kan maar net bespiegel. Maar dit was ‘n tragiese dag.

Die Filistyne was vir die Israeliete ‘n reuse probleem. Ons weet mos hoe die sterk man, Simson al met hulle gesukkel het, en dat hulle uiteindelik sy ondergang was. So het dit al die jare aangehou, en in Saul se tyd was hulle steeds ‘n verpesting. Eintlik het Israel en die Filistyne in redelike harmonie saam gewoon, maar die Filistyne het sekere sleutelpunte in die land beheer, en hiermee moes Israel maar tevrede wees. Sodra hulle beheer oor hierdie sleutelpunte bedreig was, was dit moeilikheid.

So gebeur dit dat Saul, wat teen hierdie tyd alreeds ‘n permanente weermag gehad het, weereens met die Filistyne slaags raak. Hy kommandeer drie afdelings soldate op om teen hulle te gaan veg. Hy voer twee afdelings aan en sy seun Jonatan voer die derde aan. Jonatan oorval die Filistynse wagpos by Gibea, en nou word dit as provokasie beskou en die Filistyne maak hulle rug styf.

Jy weet mos wat gebeur as jy ‘n perdebynes met ‘n stok bykom. Die perdebye word briesend kwaad, en dan is daar grt moeilikheid. Wel, die Filistyne het presies soos ‘n nes perdebye reageer wat geroer was, en toe moes4 Saul en sy manne net hrdloop! Dertig afdelings strydwaens en ses afdelings ruiters en voetsoldate word ontplooi, en teen so ‘n verskriklike oormag staan Israel nie ‘n kat se kans nie. Die manne het in gate, grotte en spelonke gaan wegkruip, en selfs in dro putte! Saul en sy manskappe was doodbang waar hulle in Gilgal op Samuel gewag het.

Soos ons reeds genoem het, was Samuel se plig om die geestelike sy te behartig. Hy het ‘n afspraak met Saul gehad dat hulle mekaar op ‘n spesifieke dag in Gilgal sou ontmoet. Daar sou Samuel ‘n offer aan die Here bring en die Here vra om Sy wil te openbaar oor hierdie stryd teen die Filistyne. Sewe senutergende dae het egter verbygegaan en Saul kon nie langer vir die ou profeet wag nie. Sy manskappe het begin dros uit vrees vir hulle lewens. Van die manskappe het boonop by Saul aangedring om slf die offerande te bring.

En Saul swig voor die druk! Hy neem die saak in eie hande en bring ‘n offer.

Skaars is hy klaar hiermee, of Samuel daag daar op: “Wat het jy nou aangevang?” vra Samuel geskok.

Saul skrik hom yskoud en probeer verduidelik. Maar Samuel wil gn rede verstaan nie: “Jy was dwaas! Jy het teen God se bevele in opgetree!”

Hierdie verhaal klink vir ons onverstaanbaar. Wat was dan nou so verskriklik verkeerd vir Saul om ‘n offer te bring? Boonop leer ons uit die geskiedenis dat konings aanvanklik wl toegelaat was om offers te bring. Lees maar in 2 Sam. 6:13 hoe Dawid geoffer het.

Dit het nie hier gegaan oor die offerande nie, maar oor gehoorsaamheid aan God. Gehoorsaamheid beteken baie meer as ‘n offer! Hier was ‘n verhouding tussen die koning en die profeet. Saul moes as koning hom onderwerp aan die wil van God. Dit was die taak van die profeet (Samuel) om die wil van God aan die koning bekend te maak. God het van Saul as koning verwag om selfs onder die moeilikste omstandighede steeds te buig voor Sy wil. Saul het dit egter nie gedoen nie en wou die stryd voer op sy eie manier. Hy het sy vertroue in God verloor.

Samuel het teleurgesteld omgedraai en na Gibea gegaan.

Ten spyte van Saul se groot misstap, is die Here hom genadig. Die Filistyne met hulle reuse weermag kon maklik Saul se skamele 600 manne van die gesig van die aarde afvee. Nogtans stuur hulle slegs ‘n paar roofbendes om Israel te plunder. Saul kry nog ‘n kans.

Ek en jy moet uit hierdie verhaal leer hoe belangrik dit is om te alle tye op die Here te vertrou en dat ons nie Sy werk vir Hom moet probeer doen nie. Hy sal op die regte oomblik ingryp!

Gebed:

Here, ek vertrou U in alle omstandighede. Maak my asseblief rustig wanneer dit wil lyk asof U nie betyds gaan ingryp nie.

Skriflesing
1 Sam 13
Saul se koningskap wankel

1Saul het al 'n jaar of twee as koning oor Israel geregeer, 2toe kies hy vir hom drie afdelings uit Israel uit. Twee afdelings was by hom in Mikmas en in die bergwreld van Bet-El. Een afdeling was by Jonatan in Gibea in Benjamin. Saul het die res van die manskappe huis toe gestuur.

3Toe Jonatan die Filistynse wagpos wat in Gibea was, oorrompel het, het die Filistyne daarvan gehoor. Saul het oor die hele land die ramshoring laat blaas om die Hebrers op te roep.

4Die hele Israel het gehoor dat Saul die wagpos van die Filistyne oorrompel het en dat Israel in onguns gebring was by die Filistyne. Die manskappe is bymekaargeroep by Saul in Gilgal.

5Die Filistyne het bymekaargekom om teen Israel te veg: dertig afdelings strydwaens en ses afdelings perderuiters en manskappe so baie soos die sand van die see. Hulle het opgetrek en kamp opgeslaan by Mikmas oos van Bet-Awen. 6Israel het gemerk dat hy in die moeilikheid is, want die volk was in 'n hoek vasgekeer. Die volk het in spelonke, grotte, hol kranse, gate en dro putte gaan wegkruip. 7En sommige Hebrers het deur die Jordaan gegaan na Gad en na Gilead toe. Saul was egter nog in Gilgal en al die manskappe by hom was doodbang. 8Hy het sewe dae gewag, die tyd soos afgespreek met Samuel, maar Samuel het nie by Gilgal opgedaag nie.

Toe die manskappe wat by Saul was, begin dros het, 9het hy ges: “Bring die brandoffer en die maaltydoffers na my toe.” Hy het toe self die brandoffer geoffer.

10En toe gebeur dit! Net toe hy die brandoffer klaar verbrand het, kom Samuel daar aan. Saul het na hom toe uitgegaan om hom te groet.

11Samuel vra hom toe: “Wat het jy aangevang?”

En Saul het ges: “Ek het gesien die manskappe loop van my af weg, en u het nie opgedaag op die tyd wat ons afgespreek het nie. Die Filistyne het bymekaargekom by Mikmas, 12en toe dink ek: die Filistyne sal nou-nou teen my afkom na Gilgal toe en ek het nog nie aan die Here 'n offer gebring nie. Toe het ek dit gewaag om self die brandoffer te bring.”

13Maar Samuel s vir Saul: “Jy het dwaas gehandel. As jy maar die bevel van die Here jou God wat Hy jou gegee het, nagekom het! Waarlik, dan sou die Here nou jou koningskap oor Israel vir altyd bevestig het. 14Maar nou sal jou koningskap nie bestendig word nie. Die Here sal vir Hom 'n man na sy hart soek. Die Here sal hm aanstel as regeerder oor sy volk, want jy het nie gedoen wat die Here jou beveel het nie.”

15Samuel het daarna opgestaan en van Gilgal af na Gibea in Benjamin toe vertrek. Saul het toe die manskappe wat nog by hom was, getel: omtrent ses honderd man.

16En terwyl Saul en sy seun Jonatan en die manskappe by hulle in Gibea in Benjamin was, was die Filistynse kamp nog steeds by Mikmas. 17Daar het toe 'n roofbende in drie afdelings uit die kamp van die Filistyne uitgegaan. Die een afdeling het in die rigting van Ofra na die Sualstreek toe gedraai. 18Die tweede het in die rigting van Bet-Goron gedraai, en nog 'n afdeling het gedraai in die rigting van die gebied wat afkyk op die Sebomdal na die woestyn se kant toe.

19Daar was geen smid in die hele Israel nie, want die Filistyne het ges die Hebrers sal swaarde of spiese maak. 20Daarom moes elke Israeliet na die Filistyne toe gaan om sy ploegskaar of skoffelpik of byl of ander gereedskap te laat slyp. 21Dit was die geval met die skerpmaak van ploegskare, skoffelpikke, drietandvurke en byle en ook met die regmaak van osprikkels. 22So het dit dan gebeur dat in die oorlogstyd nie een van die manskappe by Saul en Jonatan 'n swaard of 'n spies gehad het nie; net Saul en sy seun Jonatan het wapens gehad.

Dinsdag 21 Februarie 2017

Samuel se Afskeidsboodskap


1 Samuel 12

Samuel was ‘n waardige leier in Israel. Sy hele lewe het hy aan die Here gewy, en dit het nie alleen sy priesterlike en profetiese pligte behels nie maar ook om die volk van God, die Israeliete te lei op die politieke terrein. Hy voel egter dat sy rol as rigter vir die volk nou tot ‘n einde gekom het, want nou het hulle ‘n koning om die rol te vervul. Hy sal steeds sy pligte as priester en profeet met groot passie vervul.

Samuel is egter steeds gladnie gelukkig met die volk, dat hulle hom as leier as’t ware verwerp het deur te vra vir ‘n koning nie. Hulle het beslis verkeerd gehandel! Maar dis nou gedane sake en hy moet aangaan met sy lewe. Hy is in elkgeval alreeds ‘n gryse ou man, dus berus hy daarby. Hy troos homself ook met die gedagte dat hy ‘n goeie en regverdige leier vir die volk was, een wat altyd hulle heil voorop gestel het. Daar sou nit van hom ges kon word dat hy omkoopgeld ontvang het, enigiemand benadeel of verdruk het of om enige onreg oor te sien nie. Nooit het hy iemand afgepers of iets van enigeen gevat nie.

In sy afskeidsboodskap aan die volk, vryf Samuel dit deeglik vir die Israeliete in presies hoe hy voel oor die saak. Hulle moenie terugkom en s dat hy hulle nie gewaarsku het nie. Hulle het hulle koning gekry, maar dit gaan beslis nie altyd maanskyn en rose onder hom wees nie. Hulle moet ook nie dink dat hierdie koning hulle altyd net goed sal behandel nie!

Vir ‘n koning gaan dit gewoonlik baie eerder oor homself as oor sy volk. Mag kan lelike dinge aan ‘n mens doen. Hoe meer mag jy het, hoe meer wil jy h. En saam met mag, kom gewoonlik ook die begeerte om meer en meer rykdom te kry. Vandag sien ons dit maar al te duidelik in ons land se politiek. Elke dag moet ons magteloos toekyk hoedat die magtiges hulleself verryk ten koste van die armes. Skaamtelose korrupsie is deel van hulle lewe. Dit is egter nie beperk tot die politiek nie. In ons alledaagse lewe sien ons dieselfde patrone. As gelowiges moet ons baie versigtig wees dat ons nie slf opgeslurp word in hierdie magspeletjies nie. Ons het dit al dikwels gesien gebeur met kerkleiers wat deur die geldgod Mammon verlei is en vir hulleself koninkryke en glaspaleise gebou het met hulle gemeentes se swaarverdiende dankoffers!

Maar terug by Samuel: Soos ‘n pa wat sy kinders op hulle pad stuur en afskeid neem, wil hy vir oulaas vir hulle riglyne gee vir hulle pad vorentoe. Hy wil hulle help om die regte koers in te slaan en op die regte pad te bly. Daarom is dit ook s belangrik dat hulle sal onthou waarvandaan hulle eintlik kom.

Samuel herinner hulle daaraan dat die Here hulle voorgeslagte uit die slawerny gered het en hierdie pragtige land aan hulle gegee het om in te kom woon. Hy het vir hulle wonderlike leiers, soos byvoorbeeld Moses gegee om hulle op koers te hou.

En wat doen hulle? Hulle minag daardie God wat hulle gered het en so goed was vir hulle. Hulle vergeet van Hom en loop agter ander gode aan! Dit het die Here genoodsaak om allerhande ellendes op hulle pad te stuur om hulle te probeer terugruk na Hom. Hy moes die Filistyne en Moabiete gebruik om hulle voorgeslagte tot hulle sinne te ruk.

En telkens, wanneer die volk besef dat hulle verkeerd gedoen het en hulle sondes bely het, was die Here genadig en het Hy weer wonderlike leiers soos Barak en Jefta op hulle pad gestuur om hulle maar weereens te red uit die mag van hulle vyande. Selfs Samuel het hier ‘n groot rol gespeel in die hand van God om die volk te lei.

Maar steeds was die volk nie tevrede nie, want toe Nagas met sy magtige Ammonitiese ler hulle bedreig, het hulle nie meer op God se leiers vertrou nie. Toe moes hulle opsluit ‘n koning kry! En dt terwyl God eintlik die enigste ware koning is!

Ja, die Here het hulle gekerm gehoor en Hy het toegegee aan hulle versoek. Nou ht hulle hulle koning!

Nou het hulle egter ‘n groot verantwoordelikheid: hulle moet eerbied aan die Here betoon. Hulle moet na Sy stem luister en Hom dien. As die Here hulle iets beveel, moet hulle doen wat Hy van hulle vra. Hierdie dinge geld nie net vir die volk nie, maar nt soveel ook vir hulle nuwe koning. Doen hulle dit nie, sal hulle moeilikheid optel, nt soos hulle voorgeslagte.

Vandag moet ons baie mooi luister na wat Samuel daardie tyd ges het, want ons beweeg op baie dun ys. In baie opsigte is ons soos daardie Israeliete. Ons moet terugdraai na die Here toe en Hom weer waarlik eerbiedig, na Sy stem luister en doen wat Hy van ons vra, anders gaan ons presies dieselfde paadjie loop as Israel van ouds!

Samuel sluit sy toespraak af deur ‘n wonderteken van die Here te vra om te bevestig wat hy so pas vir hulle ges het. Dit was in die middel van die dro seisoen, en daardie tyd het ren nooit it geval nie. Wanneer Samuel egter bid en die Here vra om ‘n renbui oor hulle te stuur, steek daar skielik ‘n hewige donderstorm op met blitse, donderslae en ‘n stortren.

Almal is met groot ontsag vervul en hulle het Samuel se woorde ter harte geneem. Nou kan Samuel rustig aftree!

Gebed:

Here, ek wil bely dat my volk ver van U weggedwaal het. Bring ons asseblief weer op die regte pad om U te dien.

Skriflesing
1 Sam 12
Samuel lewer sy afskeidsboodskap

1Samuel het vir die hele Israel ges: “Kyk, ek het aan julle versoek toegegee; soos julle vir my gevra het, het ek 'n koning oor julle aangestel. 2Hier is die koning dan nou. Hy sal julle lei. Maar ek het oud en grys geword en my seuns is hier saam met julle. Ek het julle van my jeug af tot nou toe gelei. 3L dan nou getuienis teen my af in die teenwoordigheid van die Here en sy gesalfde. Van wie het ek 'n os gevat? Van wie het ek 'n donkie gevat? Wie het ek benadeel of wie het ek verdruk? Uit wie se hand het ek omkoopgeld aangeneem om 'n onreg oor te sien? Ek sal dit terugbetaal.”

4Toe antwoord hulle: “U het ons nie benadeel en ons ook nie verdruk nie. U het van niemand iets gevat nie.”

5Verder s Samuel vir hulle: “Die Here is hier by julle getuie, en sy gesalfde is vandag ook getuie dat julle niks teen my gevind het nie.”

En hulle s: “Hy is getuie.”

6Samuel s toe vir die volk: “Die Here deur wie Moses en Aron gemaak is wat hulle was, en deur wie julle voorgeslag uit Egipte gebring is, is getuie. 7Kom staan nou hier dat ek julle voor die Here kan onderrig op grond van al die reddingsdade van die Here wat Hy vir julle en julle voorgeslag gedoen het.

8“Nadat Jakob in Egipte gekom het, het julle voorvaders na die Here geroep om hulp. Die Here het toe vir Moses en Aron gestuur, en hulle het julle voorvaders uit Egipte uit gelei en in hierdie land laat woon. 9Maar julle voorvaders het die Here hulle God vergeet. Hy het hulle oorgegee in die mag van Sisera, die leraanvoerder van Hasor, en in die mag van die Filistyne en van die koning van Moab, wat almal teen julle voorvaders oorlog gemaak het. 10Hulle het na die Here geroep om hulp en het bely: ‘Ons het gesondig, want ons het die Here verlaat en ons het die Bals en die Astartes gedien. Red ons tog nou uit die mag van ons vyande, en ons sal U dien.’ 11Toe het die Here vir Jerubbal, Barak, Jefta en Samuel gestuur en julle bevry uit die mag van julle vyande rondom julle sodat julle rustig kon woon. 12Toe julle sien dat koning Nagas van die Ammoniete teen julle optrek, het julle vir my ges: ‘Nee, daar moet 'n koning oor ons heers,’ hoewel die Here julle God tog julle koning is.

13“Hier is dan nou die koning vir wie julle verkies het, op wie julle aangedring het. Kyk, die Here het 'n koning oor julle aangestel. 14As julle eerbied aan die Here betoon, Hom dien en na sy stem luister en julle ook nie verset teen die bevel van die Here nie, julle sowel as die koning wat oor julle regeer, sal die Here julle God by julle wees. 15As julle nie na die stem van die Here luister nie en ongehoorsaam is aan die bevel van die Here, sal die Here teen julle wees, soos teen julle voorvaders.

16“Staan nog net 'n rukkie en let op hierdie groot ding wat die Here voor julle o gaan doen. 17Hoewel dit nou nie rentyd is nie, gaan ek die Here aanroep sodat Hy donderslae en 'n stortren gee. Kyk daarna en besef dan dat julle in die o van die Here 'n baie verkeerde ding gedoen het deur vir julle 'n koning te vra.”

18Samuel het die Here aangeroep, en die Here het op dieselfde dag donderslae en 'n stortren gegee, en die hele volk het groot ontsag gekry vir die Here, en ook vir Samuel.

19Die hele volk het vir Samuel ges: “Bid tot die Here u God vir ons sodat ons nie sterwe nie, want by al ons sondes het ons nog boonop 'n verkeerde ding gedoen deur vir ons 'n koning te vra.”

20Samuel s toe vir die volk: “Moenie bang wees nie, julle het nou wel hierdie verkeerde dinge gedoen, maar moet nou net nie van die Here af wegdraai nie. Dien die Here met julle hele hart. 21Moenie agter afgode aan wegdraai nie. Hulle kan nie help of red nie, want hulle is niks. 22Ter wille van sy groot Naam sal die Here nie sy volk prysgee nie. Die Here het besluit om julle sy volk te maak. 23Ook ek sal nie teen die Here sondig deur op te hou om vir julle te bid nie. Ek sal julle aanhou onderrig in die goeie en reguit pad. 24Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het. 25Maar as julle opsetlik verkeerd doen, sal julle sowel as julle koning uitgewis word.”

Maandag 20 Februarie 2017
Saul se Vuurdoop
1 Samuel 11

Vanoggend se verhaal begin waar die Ammoniete, wat aan die oostekant van die Jordaan bly, onder aanvoering van Nagas, Gilead binneval en die stad Jabes beler. Natuurlik was die inwoners van Jabes doodsbenoud want hulle kon al sien hoe hulle almal uitgedelg word. Dan besluit die stadsvaders dat dit beter sou wees om deur hierdie gedugte vyand onderdruk te wees en selfs aan hulle belasting te betaal, as dat hulle almal hier omkom. “Ons is bereid om met julle ‘n verdrag te sluit,” lui ‘n boodskap wat aan Nagas gestuur word.

Nagas het hierdie beskou as die grap van die jaar: “Op hierdie voorwaarde sal ek dit doen: ek steek elkeen van julle se regteroog uit tot skande van die hele Israel.”

Daarvoor was die inwoners van Jabes egter nie te vinde nie. “Gee ons asseblief sewe dae kans,” pleit hulle. Hulle wou om hulp gaan aanklop by die ander stamme van Israel. Nagas was s selfversekerd, dat hy hulle laat begaan het. Watter soort hulp kon hulle in elkgeval mee vorendag kom? Niemand sou hulle kom help nie! Hierdie sogenaamde volk van hulle is so verdeel en deurmekaar!

Saul was op hierdie stadium alreeds tot koning gekroon, maar die volk het steeds as losstaande stamme gefunksioneer. Om die waarheid te s, was Saul nog baie meer plaasboer as koning. ‘n Groot deel van die Israelitiese stamme wou hom ook nie eers aanvaar as koning nie. Wat sou so ‘n skaam plaasboertjie kon doen?

Daar was ‘n goeie verhouding tussen die stamme van Gilead en Benjamin, dus gaan klop ‘n paar manne by die Benjaminiete aan vir hulp. In Gibea, die stad waar Saul gewoon het, vertel hulle van hulle verskriklike dilemma. Die mense van Gibea is verstom oor die verskriklike nuus. Hulle huil saam met die boodskappers, want dit beteken versker hulle broers in Gilead se einde.

Koning Saul is egter salig onbewus van die drama wat hom afspeel in sy splinternuwe koninkryk. Hy is druk besig met di dinge waarmee hy hom besig hou, sy pa se boerdery. En so kom hy laatmiddag van die lande af waar hy besig was om te ploeg, en tref die treurmare aan. “Wat is aan die gang? Waarom huil almal so?”

Dan vertel hulle hom die hele storie van die beleg van Jabes en van Nagas se wrede dreigemente. Onmiddellik wt Saul dat dit vir sulke dinge is waarom die Here die taak van die koningskap op sy skouers gel het. “Die Gees van God het kragtig in Saul gewerk,” lees ons in 1 Sam. 11:6. Saul is hewig ontsteld oor die arrogansie van Nagas. Maar anders as sy landgenote wat maar net uit meegevoel saam huil, is hy bereid om iets daadwerklik te doen aan die situasie. Onmiddellik word al die ander stamme van Israel opgekommandeer om saam met hom op te trek teen hierdie gedugte vyand. Hy stuur ‘n dreigement saam met die boodskappers, dat hulle die gevolge sou dra as hulle nie inval by hom nie.

Tydens Saul se kroning, het Samuel baie duidelik die voorwaardes uitgespel van die regte van ‘n koning, soos dat hy byvoorbeeld die reg het om hulle op te kommandeer vir oorlog. Min het hulle aan Samuel se woorde gesteur. Nou skrik hulle egter groot as hierdie regte in werking tree, en hulle dit aan hulle bas moet voel. Soos een man trek hulle dus in groot getalle op om hulle by Saul aan te sluit.

Saul laat weet vir die inwoners van Jabes dat sy weermag hulle die volgende oggend so teetyd se kant sou kom bevry. Op hulle beurt laat weet die Jabes-manne weer vir Nagas dat hulle die volgende dag sou oorgee. Nagas lag lekker want hy het mos geweet dat niemand die moed sou h om hulle te kom help nie.

Daardie nag loods Saul egter in die vroe oggendure ‘n verrassingsaanval op Nagas se kamp terwyl die Ammoniete nog rustig l en slaap. Die magtige ler van die Ammoniete word totaal uitgedelg, en die enkele oorlewendes spat uitmekaar.

Skielik word daar met nuwe o na hierdie plaasboer-koninkie, Saul gekyk. “Kom ons maak sommer n almal dood wat nie Saul se koningskap wou aanvaar nie!” dreig ‘n paar opgesweepte manne teenoor Samuel, wat die hele geveg met groot belangstelling dopgehou het. Vir Saul is dit egter van groot belang om eerder te vergewe en te vergeet en die volk n saam te snoer terwyl almal opgewonde is.

Samuel sien hierdie as ‘n gulde geleentheid om die stempel af te druk op Saul se koningskap: “Kom ons gaan almal na Gilgal en bevestig dat Saul waarlik die koning oor die hele volk is!” Nou weet almal: Saul is nie alleen deur God gekies as koning oor die volk nie, maar hy is ook militr ‘n uiterste strateeg. Boonop gee hy l die eer van die oorwinning aan die Here: “vandag het die Here uitkoms gegee in Israel.” (1 Sam. 11:13). En so word hy uiteindelik deur die hele volk aanvaar.

Weereens sien ons dat die Here soms dinge wat baie swaar is vir ons in ons lewe toelaat om Sy plan uit te voer. Jabes moes gebuk gaan onder die beleg sodat Saul se koningskap bevestig kon word. Ons sien dus God se hand raak wanneer die ongeluk of probleme ons tref. Daar mag dalk ‘n baie groot doel daaragter wees. Habakuk het immers ges, dat al tref al die rampe hom, sou hy nogtans jubel in die Here (Habakuk 3:17-18).

Gebed:

Here, ek jubel in U, selfs al tref die ongeluk my!

Skriflesing
1 Sam 11
Saul verslaan die Ammoniete

1Nagas die Ammoniet het opgetrek en Jabes in Gilead beler. Al die inwoners van Jabes het vir Nagas ges: “Sluit 'n verdrag met ons, dan sal ons u onderdane wees.”

2En Nagas die Ammoniet het vir hulle ges: “Op hierdie voorwaarde sal ek dit doen: ek steek elkeen van julle se regteroog uit tot skande van die hele Israel.”

3Toe s die leiers van Jabes vir hom: “Gee ons sewe dae kans sodat ons boodskappers deur die hele gebied van Israel kan stuur. Indien niemand tot ons redding kom nie, sal ons ons aan u oorgee.”

4Die boodskappers het by Saul se stad Gibea gekom en ten aanhore van die volk die hele saak uiteengesit. En die hele volk het hard gehuil.

5Toe kom Saul net agter die osse van die land af en hy vra: “Wat makeer die volk dat hulle so huil?”

Hulle het hom vertel wat die manne van Jabes ges het. 6Die Gees van God het kragtig in Saul gewerk toe hy dit hoor, en hy het woedend geword. 7Toe vat hy twee osse en kap hulle in stukke en stuur dit deur die hele gebied van Israel met boodskappers wat s: “Hy wat nie agter Saul en Samuel optrek nie – so sal met sy beeste gemaak word.”

'n Geweldige skrik het die volk oorval en hulle het soos een man opgetrek. 8Saul het hulle in Besek getel. Daar was drie honderd afdelings Israeliete, en die manne van Juda was dertig afdelings.

9Hulle het toe vir die boodskappers wat gekom het, ges: “So moet julle vir die manne van Jabes in Gilead s: Mre as die son warm word, sal daar vir julle uitkoms wees.”

Die boodskappers het gegaan en dit aan die manne van Jabes vertel, en hulle was bly. 10Die manne van Jabes het egter vir Nagas ges: “Mreoggend gee ons ons aan julle oor. Dan kan julle met ons maak net wat julle wil.”

11Na sononder het Saul die manskappe in drie afdelings opgestel. Lank voor dagbreek het hulle die kamp van die Ammoniete binnegeval en tot op die warmte van die dag het hulle die Ammoniete om die lewe gebring. Di wat oorgebly het, is so uitmekaargejaag dat daar nie twee van hulle bymekaar gebly het nie.

12Die manskappe het toe vir Samuel gevra: “Wie het ges: ‘Moet Saul dan oor ons koning wees?’ Lewer daardie mense uit en ons sal hulle doodmaak!”

13Maar Saul het ges: “Op 'n dag soos di mag niemand doodgemaak word nie, want vandag het die Here uitkoms gegee in Israel.”

14Toe s Samuel vir die manskappe: “Kom ons gaan na Gilgal toe en bevestig daar opnuut die koningskap.”

15Al die manskappe is toe na Gilgal toe, en daar in Gilgal het hulle voor die Here aangekondig dat Saul koning is. Hulle het daar maaltydoffers voor die Here gebring, en Saul en al die manskappe van Israel was baie bly.
Vrydag 17 Februarie 2017
Lank Leef die Koning!
1 Samuel 10:17-27

Samuel bel ‘n volksvergadering in Mispa. Almal weet waaroor dit gaan, want Samuel het mos belowe dat die Here vir hulle ‘n koning sou gee. Dus is hierdie vir die volk ‘n baie belangrike dag.

Wanneer die hele volk bymekaar is, gaan staan die gryse ou profeet om hulle toe te spreek. Hy voel nog steeds nie baie gelukkig daaroor dat hy ‘n koning vir hulle moet aanstel nie. Die Here het nou wl vir hom ges dat dit nie vir hom as rigter is vir wie die volk verwerp het nie maar vir God, die enigste ware Leier van die volk. Maar dit maak hom rs seer as hy dink dat hulle die God wat hulle gered het verwerp het.

“So het die Here die God van Israel ges:” begin Samuel baie plegtig, terwyl jy ‘n speld kan hoor val. “Ek het Israel uit Egipte laat optrek en julle gered uit die mag van Egipte en al die koninkryke wat vir julle verdruk het. Maar deurdat julle s: ‘Nee, U mt 'n koning oor ons aanstel,’ verwerp julle vandag julle God wat vir julle uit alle gevare en verdrukking verlos het.”

Tot dusver was Israel regeer deur ‘n Teokrasie, dit beteken dat God Koning was oor Israel. Hy het regeer deur gebruik te maak van verskeie rigters wat leiding moes neem. Die vraag is, of God dan nie goed regeer het nie, want dit het dikwels maar bitter droewig gegaan met hierdie volkie.

Die antwoord is eenvoudig: God het goed regeer, maar die volk het so dikwels afgedwaal dat hulle keer op keer slegte dinge oor hulleself gebring het. Talle male lees ons in die Rigtertydperk dat die volk alwr in afgodery verval het. Wanneer hulle die keer hulle volle vertroue op God geplaas het, het Hy die mees asemrowende wonderwerke laat gebeur om hulle te red, hulle geloof te versterk en die ongelowige vyand te wys dat Hy alleen God is en dat Hy almagtig is.

Die Israeliete het egter bitter gou weer vergeet, en die sensuele afgodediens van die ander volke het so aanloklik gelyk.

Die tyd het egter nou aangebreek om vir die volk ‘n wreldse koning te gee. Hierdie koning, Saul, is op hierdie stadium alreeds deur Samuel gesalf op God se bevel, maar die salwing is streng geheim gehou. Die enigste twee wat hiervan geweet het, was Samuel en Saul.

Die probleem is egter nou, dat Samuel nie sommer vir die volk kon s dat hy besluit het dat Saul die koning is nie. Selfs al s hy dat God vir Saul verkies het, sou dit steeds nie baie lekker afgaan nie. Hy sou dus iets anders moes doen, maar dit sou beteken dat hy God ten volle hierin moes vertrou. “Die koning gaan nou aangewys word deur die lot te werp,” verklaar Samuel. Hiermee is almal gelukkig want sodoende sou die persoon regverdig aangewys word. Boonop sou almal aanvaar dat dit alleen deur God se wil is wat hy aangewys word.

Die urim en timmum word te voorskyn gebring. Hoe presies hierdie steentjies gewerk of gelyk het, kan ons vandag maar net raai. Al wat ons weet is dat deur die gooi daarvan, dit ‘n positiewe of negatiewe beslissing op bepaalde vrae sou gee.

Die eerste vraag was, uit watter van die twaalf stamme die nuwe koning sou kom, en die lot het geval op die stam van Benjamin. Tweede moes die familie bepaal word, en hier het die lot, waarskynlik na ‘n lang, uitgerekte eliminasieproses geval op die familie van Matar. Nou het die sirkeltjie al nouer begin trek.

Kis se asem slaan skoon weg en sy hart gaan staan amper toe sy gesin aangewys word. Nou kom die laaste stap om te bepaal watter een van Kis se seuns die eer sou tebeurt val om koning te word. En nou weet ons mos al dat dit op Saul sou val, want so het God dit bepaal.

Toe Saul egter gesoek word, is hy skoonveld. Na ‘n lang soektog kry hulle die lenige, skaam jongman waar hy tussen ‘n klomp bondels goed wegkruip. Wanneer hy na vore gebring word, staan hy soos ‘n paal bo water bokant al die manne uit.

“Sien julle die een vir wie die Here uitgekies het? Daar is niemand soos hy onder die hele volk nie!” Samuel wys na Saul, en skaam-skaam tree hy na vore.

“Lank lewe die koning! Lank lewe die koning!” juig almal hom toe. Wel, eintlik het nie lmal so entoesiasties gejuig nie, want ‘n klomp manne was bitter ontevrede met die keuse: “Hoe sal h ons red?” het hulle snedig gevra. Saul het dit gehoor en hom nie eers daaraan gesteur nie.

Samuel is nog gladnie klaar nie. Hy stel die rels op vir die verhouding tussen die volk en die koning en teken dit op in ‘n boek. Dit moes die volk beskerm teen magsmisbruik maar dit gee die koning ook sekere regte.

Die vraag vandag is: wie is koning in jou lewe? Ons antwoord baie maklik: “Natuurlik God!” Maar dit is nie so eenvoudig nie want selfs in die ernstige gelowige se lewe is daar dikwels ander dinge wat koning speel. Dit kan geld wees of jou werk of stokperdjie. Dikwels is dit sport! Dit kan selfs die kerk wees, waar sekere rituele of belangrike dinge so groot raak dat dit jou verhouding met die Here kan skade aandoen. Dalk is jy so besig met die werk van die Here, dat jy nie by die Here van die werk uitkom nie!

Kom ons maak God weer waarlik Koning van ons lewe!

Gebed:

Here, ek wil U liefh en dien met alles in my!

Skriflesing
Saul word in Mispa as koning aangewys
17Daarna het Samuel die volk by Mispa na die Here toe geroep. 18Hy het vir die Israeliete ges: “So het die Here die God van Israel ges: Ek het Israel uit Egipte laat optrek en julle gered uit die mag van Egipte en al die koninkryke wat vir julle verdruk het. 19Maar deurdat julle s: ‘Nee, U mt 'n koning oor ons aanstel,’ verwerp julle vandag julle God wat vir julle uit alle gevare en verdrukking verlos het. Kom staan dan nou voor die Here volgens julle stamme en julle onderafdelings.”

20Samuel het al die stamme van Israel laat nader kom, en die stam Benjamin is aangewys. 21Samuel het die stam Benjamin volgens sy families laat nader kom, en die familie van Matar is aangewys. Vervolgens is Saul seun van Kis aangewys, maar toe hulle hom soek, was hy weg.

22Hulle het die Here gevra: “Moet hy nog kom?”

Die Here het geantwoord: “Nee, hy is al hier. Hy kruip weg tussen die bondels goed.”

23Hulle het gehardloop en hom daarvandaan gebring en hom tussen die volk laat staan. Hy was 'n kop langer as enige van sy volksgenote.

24Samuel s toe vir die hele volk: “Sien julle die een vir wie die Here uitgekies het? Daar is niemand soos hy onder die hele volk nie!”

Toe juig almal en s: “Lank lewe die koning!”

25Samuel het hierna die reg van die koning aan die volk bekend gemaak, dit in 'n boek opgeteken en voor die Here neergesit. Daarna het Samuel die hele volk weggestuur, elkeen na sy woonplek toe. 26Ook Saul het na sy huis toe gegaan in Gibea. Die dapperes wie se hart deur God geroer is, het saam met hom gegaan. 27Maar die kwaadwilliges het gevra: “Hoe sal h ons red?”

Hulle het hom met minagting behandel en geen geskenk vir hom gebring nie, maar daaraan het Saul hom nie gesteur nie.


Donderdag 16 Februarie 2017
Saul Onder Die Profete?
1 Samuel 10:9-16

Saul het op ‘n wolkie gesweef. Hy het homself geknyp om doodseker te maak dat hy nie dalk droom nie! Boonop het alles presies gebeur soos die ou profeet voorspel het: By Selsa het twee manne hom tegemoet geloop en hom vertel dat die donkies opgespoor is en dat sy pa baie bekommerd is oor hom. By Elon-Tabor het hy die drie manne tegekom waarvan die profeet vertel het, en hulle het hom die twee brode gegee nt soos Samuel ges het.

As Saul na dese nog nigsins getwyfel het, het l sy twyfel soos mis voor die son verdwyn toe hulle by Gibea aankom. Daar tref hulle die groep profete aan wat van die hoogte afkom onder begeleiding van harpe, tamboeryne, fluite en liere. Saul het hulle half ongelowig aangegaap. Hier is die laaste helder en duidelike bewys! Saul voel iets in hom opwel, ‘n onweerstaanbare drang om te gaan meedoen waarmee hierdie profete besig is. Saul raak so meegevoer dat hy nt daar en dan by die groep aansluit en saam met hulle as profeet begin optree. Die Gees van God het kragtig in hom gewerk, so lees ons in 1 Sam. 10:10.

Dit was ‘n totaal ander Saul wat hier saam met die profete was. S het niemand hom nog ooit gesien nie! “Wat het met Kis se seun gebeur?” het die mense van Gibea mekaar afgevra. “Is Saul ook onder die profete?” Vir sy vriende was dit totaal onverstaanbaar, want s het hulle vir Saul beslis nie geken nie! Hy was beslis nie die soort mens wat jy tussen ‘n klomp profete sou verwag nie. “Is Saul ook onder die profete?” het ‘n spreekwoord geword wat selfs vandag nog gebruik word.

Maar wat het met hom gebeur? Eenvoudig: Die Here het in sy lewe gekom! Die Heilige Gees het oor hom vaardig geword. Die Gees het hom toegerus vir sy nuwe roeping, want sonder die krag van die Heilige Gees sou hy nooit as te nimmer die mas opkom nie. Hy moes van hierdie klomp losstaande Israelitiese stamme ‘n volk maak wat sou kon opstaan teen die magtige Filistyne en die ander vyande wat hulle so geboelie het.

Is so ‘n verskynsel vandag nog moontlik? Versker! En dit gebeur dikwels! Wanneer ‘n persoon homself/haarself bereid verklaar om die Heilige Gees toe te laat om hulle lewens oor te neem, kan asemrowende dinge gebeur. Ek het al s dikwels gesien hoedat ‘n persoon se lewe handomkeer verander wanneer die heilige Gees oorneem. Ek praat nie hier van ‘n ongelowige wat gelowig word nie, maar eerder van ‘n gelowige wat die Heilige Gees volle beheer oor sy lewe toelaat. Die bekendste geval in ons geskiedenis is sekerlik Ds. Andrew Murray wat beskou word as die grootste geestelike werker van ons tyd. Vandag is daar mense soos Oom Angus Buchan, ‘n eenvoudige plaasboer wat uiteindelik die hele wreld in beroering gehad het met sy eenvoudige, op-die-man-af preke. Vandag is hy lankal ‘n instelling waar hy Bybel in die hand en hoed op die kop die boodskap kragtig verkondig.

Maar dit is nie net die groot name nie. Mense uit die alledaagse lewe word dikwels getransformeer om die hande, voete en mond van God te word en sodoende talle wonderwerke te verrig.

Die groot geheim is om minder te word en jou totale afhanklikheid van God te besef. En juis in jou swakheid l onmeetlike krag opgesluit.

In die Bybel is daar natuurlik ook talle sulke voorbeelde van mense wat deur die Gees gelei is. Nie eers gepraat van mense soos Moses nie. ‘n Eenvoudige voorbeeld is die Samaritaanse vrou by die put. Sy het ‘n liederlike reputasie gehad en sy wou nie eers met ander mense kontak maak nie. Toe Jesus haar egter van die “lewende water” gee, bring sy ‘n hele dorp in beroering en lei hulle na Jesus. Eers wou niemand met haar praat of na haar luister nie. Nou luister almal aandagtig na haar as sy hulle van Jesus vertel. Wat het die verskil gemaak? Die Gees van God in haar! Selfs sonder enige geleerdheid, status of reputasie word sy ‘n magtige instrument in God se hand.

Gideon was so bang, dat hy in ‘n parskuip weggekruip het. Toe die Gees egter oor hom kom, durf hy ‘n magtige ler aan met ‘n klein handjievol manskappe.

Die mal man wat in die begraafplaas by Gerasa weggekruip het, het weereens ‘n hele landstreek aan die brand gepreek deur vir die mense van Jesus te vertel. En so is daar Paulus, Petrus, Timoteus en nog talle ander wat van niks na aardskuddend gegaan het toe die Heilige Gees in hulle oorgeneem het.

En wat van my en jou? Is dit it vir ons moontlik? Is ons nie dalk te nietig, te klein, te ongeleerd, te bang, te watookal nie?

Ja! Duisendmaal JA! Natrlik is dit vir ons moontlik! Dit is binne die mag van elke gelowige om kragtig deur die Heilige Gees gebruik te kan word. Al wat dit van my vra, is om in volle oorgawe myself aan die Gees oor te gee. Om Hom ten volle te vertrou en die besluit te neem dat ek my eie wil en my eie belange opsy sal skuif sodat slegs die belange van God vooropgestel word in my lewe.

Is dit maklik? Ja en nee. Nee, want ons is so verknog aan ons eie belange, veral geld, dat ons dit nie wil laat los nie. Maar ook ja, want as ons opreg die stap wil neem, is die Heilige Gees daar om ons die krag daarvoor te gee.

Gebed:

Here, ek wil vandag my hele lewe aan U toewy. Heilige Gees, neem asseblief volle beheer oor.

Skriflesing

9Net toe hy omdraai om van Samuel af weg te gaan, het God Saul se gesindheid verander. Al hierdie tekens het op di dag uitgekom. 10Hulle het daar in Gibea gekom, en toe hy weer sien, kom 'n groep profete hom tegemoet. Die Gees van God het kragtig in hom gewerk, en hy het saam met hulle as profeet opgetree. 11Almal wat hom voorheen geken het en nou gesien het hoe hy saam met die profete as profeet optree, het vir mekaar gevra: “Wat het met Kis se seun gebeur? Is Saul ook onder die profete?”

12En iemand uit die omgewing het bygevoeg: “En waarvandaan kom hulle nogal?”

Daarom het dit 'n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete?

13Toe hy klaar as profeet opgetree het, het hy na die hoogte toe gegaan. 14Saul se oom het vir hom en sy slaaf gevra: “Waarheen was julle?”

Saul het geantwoord: “Ons het die donkies gaan soek, maar ons het niks gesien nie en het toe na Samuel toe gegaan.”

15Saul se oom s toe: “Vertel my tog wat Samuel vir julle ges het.”

16“Hy het ons verseker dat die donkies gekry is,” het Saul vir sy oom ges.

Maar oor die saak van die koningskap wat Samuel genoem het, het Saul niks ges nie.

Woensdag 15 Februarie 2017
Verstommende Onthullings
1 Samuel 9:20-10:9

Sommer dadelik raak Saul daarvan bewus dat hy in Samuel te doene het met ‘n baie spesiale persoon. Vir ‘n begin vertel hierdie profeet vir hom van sy eie lewe. Niemand hier rond weet van die donkies nie, maar dit wil voorkom asof Samuel presies weet wat aangaan.

“Die kosbaarste goed in die hele Israel behoort aan jou en jou familie,” kondig Samuel nou aan. Weereens is Saul skoon uit die veld geslaan. Ja, hulle is beslis nie ‘n arm familie nie, maar daar is ook nie juis iets spesiaal omtrent hulle nie. Nou praat die profeet beslis in raaisels! Samuel se aanmerking oor die kosbare dinge in sy familie, sou eers later na vore kom wanneer Saul koning word.

“Ek is maar net 'n Benjaminiet, uit die swakste stam van Israel. Boonop is my familie die kleinste in die stam Benjamin! Waarom praat u so met my?” Soos die gewoonte is, verkleineer Saul homself om darem te wys dat hy nog sy nederigheid behou het. Ja, inderdaad is Benjamin een van die kleiner stamme. Dit is belangrik, want wanneer hy eendag koning is, sou dit verhoed dat sy stam, Benjamin oor die res van Israel sou heers.

En so stap Saul en sy slaaf saam met die profeet Samuel teen die hoogte op waar die godsdienstige rituele uitgevoer word. En hier hang Saul se mond weereens oop van verbasing, want hier is ‘n feesmaal voorberei waar dertig mans alreeds aansit. Maar wat hom totaal verstom, is dat die ereplek alreeds vir hom uitgehou is. Hoe het hulle geweet dat hy sou kom? En wat maak hom dan nou so spesiaal dat hy die ereplek moet kry?

Wanneer die kos voorgesit word, is dit weereens sulke tyd, want voor Saul word ‘n hele skaapboud neergesit nt vir hom! “Hierdie is spesiaal vir jou gebre vir hierdie geleentheid,” verduidelik die gryse ou profeet.

Saul is nou totaal uit die veld geslaan. “Wat is hier aan die gang?” bly maal dit deur sy gedagtes.

Laatmiddag, na die heerlike feesmaal, stap Saul saam met Samuel af na die dorp. In die laaste strale van die laatmiddagsonnetjie sit die twee en ontspan op die platdak van die ou profeet se huis. “Jy is welkom om hier op die dak te slaap vannag,” bied Samuel aan, en Saul verwelkom dit. Hier is dit heerlik koel.

Vroeg die volgende oggend toe die rooidag breek, klim Samuel die trappe op na die dak. “Saul, staan op! Ons twee het vanoggend ‘n afspraak. Ek wil h dat jy ‘n ent met my gaan saamstap.”

Natuurlik moet Saul se slaaf saam, want hy gaan nrens sonder sy getroue hulp nie. En so stap die drie van hulle in die vars oggendlug terwyl die hemel rooi gekleur is met die dagbreek. Die slaaf stap natuurlik so ‘n paar tre agter die twee. Wanneer hulle die stadsgrense bereik, vra Samuel dat Saul sy slaaf so ‘n entjie vooruit stuur. Hier is ‘n uiters vertroulike ding wat hy met Saul moet bespreek, iets wat nie vir ander ore bedoel is nie. “Ek het vir jou ‘n boodskap van God af,” verduidelik Samuel.

Nou is Saul rs nuuskierig! Wat kan dan nou s belangrik wees? Hy is mos maar net ‘n baie doodgewone mens. Sy hart klop onstuimig in sy keel!

Wanneer die slaaf buite hoorafstand is, steek Samuel sy hand onder sy mantel in en bring ‘n kruikie olyfolie te voorskyn. Hy draai na Saul en giet die olie oor die verdwaasde man sy kop uit: “Die Here het jou tot regeerder oor Sy besitting gesalf,” hoor hy die profeet se stem half deur ‘n waas. Saul voel lam in sy knie. Dit wil nie mooi tot hom deurdring wat nou hier besig is om te gebeur nie. Ja, hy het lankal gehoor hoe die mense praat oor ‘n nuwe koning, maar dis tog gans onmoontlik dat hy, eenvoudige Saul as koning gesalf kan word. Het hy ooit reg gehoor?

Rustig gaan Samuel egter voort: “Wanneer jy vandag hier weggaan, sal jy by die graf van Ragel twee mans tekom. Hulle gaan jou vertel dat die donkies gevind is en dat jou pa baie bekommerd is oor jou en jou slaaf.”

“Hoe weet hy?” wil Saul uitskree. Maar Samuel is nie klaar nie: by El-Tabor gaan drie mans hom tegemoet kom en hom twee brode aanbied. En by die wagposte van die Filistyne gaan hy ‘n groep profete kry wat musiek maak en daar sal die Heilige Gees kragtig oor hom kom en sy totale lewe sal verander!

Nou duisel Saul se kop. Alles het net te veel geword vir hom om in te neem. Droom hy nie dalk nie?

“Nadat hierdie dinge met jou gebeur het, moet jy vir my by Gilgal gaan wag. Ek sal jou later daar ontmoet.” So sluit Samuel die gesprek af en hy draai om en stap terug na sy huis.

Saul draai verslae om. Op daardie oomblik gebeur iets binne-in hom, iets totaal onverklaarbaar. Hy is nie meer die jong Saul van ouds nie. Binne hom wel daar ‘n krag op wat hy alleen aan God kan toeskryf. So ‘n iets het nog nooit met hom gebeur nie!

Hy roep sy slaaf en dan begin hulle aanstap in die rigting van Selsag waar die graf van Ragel is. Saul sweef letterlik op ‘n wolk!

Wanneer die Here die dag in jou lewe kom, is dit asof jy in ‘n ander wreld is. Ek onthou soos gister toe dit met my gebeur het, 43 jaar gelede. Dit was beslis die hl grootste gebeurtenis it in my lewe!

Gebed:

Dankie Here, dat U ook in my lewe gekom het!

Skriflesing

Maar aan wie behoort die kosbaarste goed in die hele Israel? Is dit nie aan jou en jou hele familie nie?”

21En Saul antwoord: “Ek is maar net 'n Benjaminiet, uit die swakste stam van Israel. Boonop is my familie die kleinste in die stam Benjamin! Waarom praat u so met my?”

22Samuel het Saul en sy slaaf saamgevat en hulle na die eetplek toe gebring. Hy het hulle 'n ereplek onder die genooides gegee. Daar was omtrent dertig man.

23Samuel het vir die kok ges: “Bring die deel wat ek aan jou gegee het en waarvan ek ges het: Sit dit eenkant.”

24Die kok het die boud vleis gevat en voor Saul neergesit, en Samuel het vir hom ges: “Dit is wat uitgehou is. Eet wat voor jou neergesit is, want vir hierdie geleentheid is dit vir jou gebre toe ek die mense genooi het.”

So het Saul dan daardie dag saam met Samuel geet.

25Daarna het hulle van die hoogte af na die stad toe gegaan. En Samuel het met Saul op die huis se dak gepraat. 26Die volgende mre het hulle vroeg opgestaan. Toe die rooidag uitkom, het Samuel al na Saul op die dak geroep: “Staan op! Ek wil 'n ent met jou saam stap.”

Saul het toe opgestaan, en hy en Samuel het buitetoe gegaan.

27Hulle het gegaan tot by die stadsgrens en Samuel het vir Saul ges: “Beveel die slaaf om vooruit te loop; maar wag jy eers sodat ek vir jou kan vertel wat God ges het.”

1 Sam 10
1Nadat die slaaf vooruitgeloop het, het Samuel 'n kruik olie gevat en dit oor Saul se kop uitgegiet, hom gesoen en ges: “Die Here het jou tot regeerder oor sy besitting gesalf. 2Wanneer jy vandag van my af weggaan, sal jy by Selsag, by die graf van Ragel op die grens van Benjamin, twee mans tekom en hulle sal vir jou s: ‘Die donkies wat jy gaan soek het, is gekry. Maar kyk, jou pa het die saak van die donkies al laat vaar. Hy is bekommerd oor julle en vra: Wat kan ek omtrent my seun doen?’

3“En wanneer jy daarvandaan verder gaan, sal jy by Elon-Tabor kom. Daar sal jy drie mans tekom wat na God in Bet-El opgaan. Die een sal drie bokkies dra, die ander een drie ringbrode en die derde 'n kruik wyn. 4Hulle sal vra hoe dit met jou gaan. Dan sal hulle jou twee brode gee, en jy moet dit van hulle aanneem. 5Daarna sal jy uitkom by Gibea-van-God waar wagposte van die Filistyne is. Wanneer jy die stad binnekom, sal jy op 'n groep profete afkom. Hulle sal van die hoogte af gaan onder begeleiding van harpe, tamboeryne, fluite en liere, en hulle sal as profete optree.

6“Dan sal die Gees van die Here kragtig in jou werk. Jy sal saam met hulle as profeet optree en 'n ander mens word. 7Wanneer hierdie tekens oor jou kom, moet jy doen wat jou hand vind om te doen, want God is by jou. 8Daarna moet jy voor my na Gilgal toe gaan en ek sal later kom om brandoffers te offer en maaltydoffers te bring. Jy moet sewe dae wag tot ek by jou kom. Dan sal ek jou s wat jy moet doen.”

9Net toe hy omdraai om van Samuel af weg te gaan, het God Saul se gesindheid verander. Al hierdie tekens het op di dag uitgekom.


Dinsdag 14 Februarie 2017
Wegloopdonkies
1 Samuel 9:1-20

Wanneer hy deur die dorp stap, knak die meisies se knie onder hulle. Hy is ‘n bitter aantreklike man, en boonop ‘n lang man ook – staan kop en skouers uit bo die res. En dan is sy pa nog boonop skatryk! Saul is enige meisie se droom!

Op ‘n dag vat ‘n klompie van Pa Kis se donkies pad die berge in. Kis is nie gelukkig nie en Saul kry die taak om die belhamels te loop soek. “Maar Pa,” wil hy nog protesteer, “daardie esels kan nige plek wees! Hoe moet ek hulle nou opspoor?”

“Dis jou probleem!” En daarmee is die saak afgehandel. Dieselfde dag nog val Saul en een van sy pa se slawe in die pad om die wegloopgediertes te loop soek.

Die Efraimsberge word van hoek tot kant deursoek sonder ‘n spoor van die donkies. Omdat Saul sy streng pa ken, soek hulle al verder en verder weg en dae gaan verby sonder ‘n teken van die donkies.

Drie dae lank soek Saul en uiteindelik is hy moedeloos: “Kom ons draai om!” Maar die slaaf het ‘n ander plan: “Ek weet van ‘n man van God wat in die stad hier naby bly. Kan ons nie dalk by hom gaan aanklop vir raad nie?”

Saul wil nog protesteer. Hy het dan nie eers iets waarmee hy die profeet kan betaal vir sy dienste nie. Maar die slaaf krap in sy sakke rond en haal ‘n paar silwerstukkies uit. “Dis dalk nt genoeg om die profeet se raad te kry!”

Naby die stad kom hulle ‘n groepie meisies te: “Weet julle of die siener in die stad is?” Die meisies se knie word skoon lam oor hierdie mooi man. Al giggelende en bloedrooi gebloos vertel hulle vir Saul dat hy sal moet gou maak, want die profeet het nou net hier aangekom en hy is alweer op pad om te gaan offer.

Samuel het lank met die Here geworstel oor hierdie koning wat die volk wil h. “Wees rustig, Samuel,” het die Here vir hom ges, “Ek sal op die regte tyd vir hulle ‘n koning gee.”

Na een van Samuel se reise, pas nadat hy in sy tuisdorp Rama aangekom het, praat die Here een oggend met Samuel: “Samuel my kind, die tyd het aangebreek. Ek stuur moreoggend vir jou die man wat jy as koning moet salf vir die volk. Ek het geluister na die volk se versugtinge en Ek het besluit om hulle iemand te gee wat hulle kan red van die Filistyne.”

“Hoe sal ek weet dat dit die regte man is?” wil Samuel nog vra, maar die Here antwoord hom: “Hy is ‘n jong man uit Benjamin. Jy sal hom sommer dadelik herken!”

Saul en sy slaaf draf haastig na die stad om betyds by die profeet te kom voordat hy te besig raak met offerandes. Wanneer hulle die stadspoorte binnekom, sien hulle ‘n waardige ou man en Saul stap reguit na hom toe. Hierdie lyk na iemand wat beslis sal weet waar om die Profeet te kry.

“Dit is die man van wie Ek jou ges het hy sal oor my volk regeer,” hoor Samuel duidelik die stem van God. Die jong krel wat hier na hom aangestap kom is ‘n mooi jong man, fris gebou en langer as enige van die Israeliete wat hy ken. Daar is iets koninkliks in sy stap! “Dankie Here,” prewel Samuel.

“Meneer,” vra Saul eerbiedig toe hy by die ou grysaard kom, “s asseblief vir my waar ek die siener kan kry.”

“Ek is die siener,” kom Samuel se antwoord. “Kom, jy moet saam met my na die hoogte gaan om te offer. Jy eet vandag saam met my, en vanaand slaap jy by my oor.”

Saul is uit die veld geslaan. Hoe kan hierdie man hom sommer so uitnooi vir ete? Hy ken hom nie eers nie!

“Moet jou nie verder bekommer oor jou pa se donkies nie,” slaan die profeet Saul se voete verder onder hom uit, “hulle is nou al drie dae weg, maar wees gerus, hulle is reeds opgespoor.”

Saul is stomgeslaan: “Hoe weet die profeet al hierdie dinge? Hoe het hy geweet van die donkies?” Gelate stap hy en sy slaaf saam met Samuel. Maar Saul se gemoed is verward. Hy verstaan nou net mooi gladnie wat aan die gang is nie!

Op die oog af is dit ‘n groot toeval dat Saul nou juis die donkies moes gaan soek naby Rama, baie ver van die huis af. En dat Samuel nou juis op die regte oomblik daar moes opdaag.

Toeval? Nee, baie beslis nie! Die Here het elke klein detail haarfyn beplan. Hoe het die slaaf byvoorbeeld geweet dat daar ‘n “siener” in die dorp is? Ook deel van God se beplanning! Die Here gebruik gewone verskynsels, gewone dinge en gewone mense om Sy wonderwerke te openbaar. Lastige dinge (wegloopdonkies), eenvoudige mense (in hierdie geval ‘n slaaf!) en onbenullige dinge (‘n paar giggelende meisies) word God se instrumente. Dikwels kan ons maar net verstom staan wanneer ons sien hoedat dinge presies reg uitwerk en elke stukkie van die legkaart presies in plek val.

Iemand het eendag vir my ges dat die woord “toevallig” eintlik beteken: Toe laat Val God Sy Lig! Ons moet begin om God se beplanning en Sy voorsiening raak te sien in die dinge wat met ons gebeur.

Gebed:

Here, maak asseblief my o oop dat ek U voorsiening kan raaksien en U die eer kan gee daarvoor.

Skriflesing
1 Sam 8
Die Israeliete vra 'n koning
1Toe Samuel oud geword het, het hy sy seuns as leiers oor Israel aangestel. 2Die oudste se naam was Jol en di van die tweede Abia. Hulle was leiers in Berseba. 3Maar Samuel se seuns was nie soos hy nie: hulle het hulle verryk ten koste van ander, het omkoopgeskenke aangeneem en die regspraak verdraai.

4Al die leiers van Israel het bymekaargekom en na Samuel toe in Rama gegaan. 5Hulle het vir hom ges: “Kyk, u het oud geword. U kinders is nie soos u nie. Stel nou liewer 'n koning oor ons aan om oor ons te regeer, soos dit by al die nasies is.”

6Maar vir Samuel was dit verkeerd dat hulle ges het: “Gee ons tog 'n koning om oor ons te regeer.”

Samuel het tot die Here gebid, 7en die Here het vir hom ges: “Gee toe aan die versoek van die volk in alles wat hulle van jou vra. Hulle het j nie verwerp nie; hulle het M verwerp as koning oor hulle. 8Hulle het nou ook met jou gemaak wat hulle met My gedoen het sedert Ek hulle uit Egipte laat trek het tot nou toe: hulle het My verlaat en ander gode gedien. 9Gee nou maar toe aan hulle versoek. Stel die saak net baie duidelik aan hulle: s vir hulle wat die reg van die koning is wat oor hulle sal regeer.”

10Samuel het al die woorde van die Here oorgedra aan die volk wat van hom 'n koning gevra het.

11Hy het ges: “Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: julle seuns sal hy vat en party by sy wa en perderuiters aanstel, party om voor sy wa uit te hardloop, 12party sal hy aanstel as bevelvoerders oor afdelings en onderafdelings van die ler, party om sy lande te ploeg en sy oes in te samel, en party om sy krygstuig en uitrusting vir sy strydwaens te maak; 13julle dogters sal hy vat om vir hom salf te meng, om vir hom te kook en te bak; 14julle beste lande, wingerde en olyfboorde sal hy vat en aan sy amptenare gee; 15van julle saaigrond en wingerde se opbrengs sal hy 'n tiende vat en aan sy paleispersoneel en sy amptenare gee; 16julle beste slawe, slavinne en jong manne, en julle donkies sal hy vat en vir sy werk gebruik; 17van julle kleinvee sal hy 'n tiende vat, en julle self sal sy slawe wees.

18“Daardie dag sal julle om hulp roep vanwe julle koning vir wie julle verkies het, maar dan sal die Here julle nie antwoord nie.”

19Maar die volk het geweier om na Samuel te luister. Hulle het vir hom ges: “Nee, daar moet tog maar 'n koning oor ons wees. 20Ons wil ook soos al die nasies wees. Ons koning moet oor ons regeer; hy moet ons lei en ons oorlo voer.”

21Samuel het na die woorde van die volk geluister en dit vir die Here vertel.

22Toe s die Here vir Samuel: “Gee toe aan hulle versoek. Stel 'n koning oor hulle aan.”

Samuel het vir die manne van Israel ges: “Gaan julle nou almal huis toe.”

.Maandag 13 Februarie 2017
Gee Ons ‘n Koning!
1 Samuel 8

Vir baie jare was Samuel ‘n ware vader vir die volk. As priester het hy vir die volk diens gedoen en het hy hulle verteenwoordig by die Here. As profeet het hy die boodskap van God aan die volk oorgedra. As regter moes hy al hulle regsake hanteer en dan was hy boonop hulle rigter wat op politieke gebied moes leiding gee.

Maar Samuel het begin oud raak. Sy twee seuns, Jol en Abia het stadigaan by hom begin oorneem om die leiding te neem. Maar daar was ‘n probleempie: altwee sy seuns het die pad begin byster raak! Daar was allerhande sprake van korrupsie. Dit was omkoopgeskenke en regspraak wat verdraai is, en die mense het begin moedeloos raak met hierdie twee se streke. Omdat Samuel al ‘n stokou man was, kon hy nie meer by alles uitkom nie.

Waarom gebeur dit so dikwels dat die dominee se kinders so van die spoor afdwaal? Is dit dalk omdat hy so besig gehou word met ander mense se probleme, dat hy nie behoorlik by sy eie gesin kan uitkom nie? In Samuel se geval wil dit dalk wl so lyk, want kyk net hoeveel hooi het hy op sy vurk gehad! Hy was omtrent by elke ding betrokke!

Op ‘n dag besluit die volksleiers dat genoeg genoeg is, en dat hulle tot ‘n aksieplan moes oorgaan. So stuur hulle ‘n afvaardiging na Rama om die ou profeet te gaan spreek.

Dis half ‘n ongemaklike ding, en hulle begin deur vir die ou profeet te verduidelik dat hy nou baie oud geword het en dat sy twee seuns nie die volk lei soos wat hy dit al die jare gedoen het nie. En nou het hulle net gewonder: al die ander volke wat hulle ken, het konings wat oor hulle regeer. Israel is die enigste wat maar so op hulle eie aansukkel sonder ‘n koning. “Dis eintlik die hele volk wat die versoek rig dat Israel ook ‘n koning kry om oor ons te regeer,” pleit hulle by die ou man.

Samuel het hierdie ding sien kom! Hy het gehoor hoe fluister dit in die wandelgange, maar hy het dit uit sy gedagtes probeer skuif. Nou het dit amptelik geword. Hy is nie meer goed genoeg vir Israel nie! Na alles wat hy vir hierdie volk gedoen het, wil hulle hom nie meer h nie! Sy maag trek op ‘n knop en hy kan voel hoe die stres hom wil opvreet!

Met ‘n pikswart gemoed wat soos ‘n omgekrapte donderwolk oor hom hang, stuur Samuel die manne daar weg. “Hulle het my verwerp! Israel, die volk van God het my verwerp! Dit is nie regverdig nie!”

Nadat die manne daar weg is, doen Samuel die enigste ding wat vir hom nog sin maak in die lewe: hy bid! Sy twee seuns het die pad byster geraak; die volk het hom verwerp, nou is dit nog net die Here wat oorbly, met Wie hy kan praat. En dan stort hy sy hart voor die Here uit. “Samuel My kind, wees rustig! Dit is nie vir j wat hulle verwerp nie, dit is vir M, die Koning van alle konings! Dit gaan al so van die dag toe Ek hulle uit Egipte gered het. Laat hulle gerus maar begaan! Doen wat hulle van jou vra en gee vir hulle hulle koning. Maar verduidelik vir hulle baie mooi wat ‘n koning van hulle gaan eis!”

Nou voel Samuel beter. Hy besef nou dat hierdie hele ding eintlik ‘n opstand teen die Here is, en dat hy maar net die pion is. Dan laat roep hy weer die leiers bymekaar. “Besef julle wat julle vra?” Hy wys sy krom vinger vir hulle. “Julle dink natuurlik dat dit skielik maanskyn en rose sal wees? Maar ek s vandag vir julle dat ‘n koning sy pond vleis van julle gaan eis! Julle gaan sy bediendes wees en julle gaan dr belastings betaal! Is dit wat julle wil h? Moenie s ek het julle nie gewaarsku nie! En moenie dan by die Here gaan kerm nie, want Hy sal julle nie eers antwoord nie!”

“Ons weet wat ons doen!” Hierdie volk het ‘n ding in hulle koppe gekry, en soos ‘n steeks donkie beur hulle skoon dwars in hulle eie rigting in. “Ons wil ook soos die ander volke wees. Ons koning moet oor ons regeer en ons wil h dat hy ons lei om oorlog te gaan voer teen die ander nasies!”

Samuel het homself verskoon en in die stilte van sy kamer in gesprek getree met die Here, soos hy al sovl keer in sy lewe gedoen het. “Samuel, gee vir hulle hulle koning!” kom die Here se duidelike antwoord ‘n tweede keer aan die ou man.

Wanneer Samuel weer die vertrek binnestap, kyk almal hom met groot afwagting aan. “Toe, gaan julle nou maar huistoe. Die Here sal vir julle ‘n koning gee!” Skielik sak daar ‘n groot rustigheid oor Samuel toe. Hy het gedoen wat hy moes doen, verder los hy dit nou maar in die bekwame hande van die Here. Hy sal wl voorsien op die regte tyd en op die regte manier.

O hoe blitsig tref kommer ons nie dikwels nie. “Wat gaan ek maak?” het ek myself net ‘n paar dae gelede bekommerd afgevra. En toe bid ek. Slegs minute later kom die antwoord, en ek het my puur verniet bekommer! Die Here het uit ‘n totaal onverwagse oord uitkoms gegee. Samuel het k verniet so gestres! Die oomblik toe hy dit in die bekwame hande van die Here laat, kom die uitkoms. Waarom gaan ons nie in die eerste plek na die Here toe nie, voordat ons stres oor ‘n saak. Kom ons plaas vandag ons volle vertroue in Hom. Hy weet die beste!

Gebed:

Here, Ek wil vandag my volle vertroue slegs in U plaas. U is die enigste wat ‘n antwoord het!

Skriflesing
1 Sam 9
Saul word tot koning gesalf

1Daar was 'n man uit Benjamin. Sy naam was Kis, en hy was 'n seun van Abil seun van Seror, seun van Bekorat, seun van Afiag. Hy was 'n Benjaminiet en 'n ryk man. 2Hy het 'n seun gehad met die naam Saul en di was sterk en mooi; onder die Israeliete was daar niemand mooier as hy nie. Hy was 'n kop langer as enige van sy volksgenote.

3Toe daar op 'n keer donkies van Kis, Saul se pa, weggeraak het, het hy vir sy seun Saul ges: “Vat een van die slawe saam, maak klaar en gaan soek die donkies.”

4Hulle het die Efraimsberge deurkruis; hulle het die Salisastreek ook deurkruis, maar niks gekry nie. Hulle het die Salimgebied deurkruis, maar daar was niks. Hulle het toe die Jeministreek deurkruis en ook niks gekry nie. 5Toe hulle in die Sufgebied kom, het Saul vir die slaaf by hom ges: “Kom ons gaan terug, anders vergeet my pa van die donkies en raak bekommerd oor ons.”

6Die slaaf s toe vir Saul: “Nee, wag! In hierdie stad is 'n man van God. Di man geniet ho aansien. Alles wat hy s, gebeur net so. Kom ons gaan soontoe. Dalk kan hy vir ons s waar om te soek.”

7Saul s toe vir sy slaaf: “Nou goed, kom ons gaan, maar wat sal ons vir die man saamvat? Die brood in ons sakke is al op. Ons het ook nie 'n geskenk om vir die man van God te gee nie. Wat het ons?”

8Die slaaf het vir Saul geantwoord: “Wag! Ek het 'n drie gram silwer by my. Ek sal dit aan die man van God gee sodat hy vir ons kan s waar om te soek.”

9Vroer, wanneer iemand gegaan het om God te raadpleeg, is daar in Israel ges: “Kom ons gaan na die siener toe.” Die profeet van vandag is vroer siener genoem.

10Saul het vir sy slaaf ges: “Dis 'n goeie plan. Kom ons gaan.”

Hulle het na die stad toe gegaan waar die man van God was. 11Terwyl hulle die opdraand na die stad toe opgaan, het hulle meisies tegekom wat gaan water skep het, en vir hulle gevra: “Is die siener hier?”

12Hulle het geantwoord: “Hy is daar in die stad voor u. Maak gou! Hy het vandag na hierdie stad toe gekom, want die volk bring vandag 'n offer op die hoogte. 13Wanneer julle die stad binnegaan, sal julle hom kry net voor hy na die hoogte toe opgaan om te eet. Die mense eet nie voor hy gekom het nie, want hy moet die offer sen. Daarna eet die genooides. Gaan dadelik, want julle sal hom nou daar kry.”

14Hulle is na die stad toe en toe hulle die stad ingaan, kom Samuel juis in hulle rigting om na die hoogte toe op te gaan.

15'n Dag voor die koms van Saul het die Here vertroulik aan Samuel geopenbaar: 16“Mre teen hierdie tyd sal Ek 'n man uit die gebied van Benjamin na jou toe stuur. Jy moet hom tot regeerder oor my volk Israel salf. Hy sal my volk red uit die mag van die Filistyne, want Ek het op my volk ag geslaan. Ja, hulle hulpgeroep het My bereik.”

17Net toe Samuel vir Saul sien, het die Here vir hom ges: “Dit is die man van wie Ek jou ges het hy sal oor my volk regeer.”

18Saul het vir Samuel in die poort tegekom en vir hom ges: “S my asseblief waar is die huis van die siener.”

19Samuel s toe vir Saul: “Ek is die siener. Gaan saam met my na die hoogte toe. Julle moet vandag saam met my gaan eet. Mreoggend sal ek jou laat gaan. Oor alles wat jou kwel, sal ek jou inlig. 20Jou donkies is vandag al drie dae weg. Jy moet jou egter nie oor hulle bekommer nie, want hulle is gekry.

Vrydag 10 Februarie 2017
Om na God te Luister
1 Samuel 7:13-17

Die volksvergadering by Mispa was vir Samuel die waterskeiding in sy lewe. Vir die eerste keer kon hierdie briljante jong man die volk toespreek, en hulle het na hom geluister. Hy het hulle daardie dag beweeg om na die Here terug te keer. Terselfdertyd het hy hierdie onderdrukte volkie daar gewys dat hulle selfs oor die magtige Filistyne kan sevier as hulle net die Here toelaat om die geveg vir hulle te veg.

Samuel het in die harte van die volk ingekruip. Hy was hulle priester by uitstek. Terselfdertyd het hy ook bewys dat hy ‘n betroubare profeet is wat die Woord van God aan die volk kan oordra. Hulle het baie gou gesien dat as hy hulle meegedeel het dat hy ‘n boodskap van God ontvang het, gebeur dit presies soos hy ges het. Dit het al begin toe hy nog maar ‘n klein seuntjie was en hy die Here se boodskap aan Eli moes oordra. Hier by Mispa was dit weer helder en duidelik bevestig. Ons het alreeds in 1 Sam. 3:19 gesien: “Die Here was by hom en het nie een van Samuel se woorde onvervul gelaat nie. Die hele Israel van noord tot suid het gemerk dat Samuel betroubaar was as profeet van die Here.”

Hier het dit egter nie gendig nie. Baie gou het die volk agtergekom dat hulle Samuel met alles kon vertrou. Nie alleen op geestelike gebied moes hy raadgee nie, maar ook op die politieke terrein. Hulle weet nie mooi hoe om die land te regeer nie en omdat Samuel so wys is, moet hy help. Natuurlik sou Samuel hierdie geleentheid met albei hande aangryp, want as hy mense kon help om die land suksesvol te regeer, maak dit terselfdertyd vir hom deure oop om hulle op geestelike terrein te kon bereik. Die uiteinde van die saak was dat Samuel leiding moes neem in die totale regering van die land.

En dan was daar boonop nog die Filistyne ook. Hierdie nasie het die lewe nie alleen vir die Israeliete versuur nie, maar ook vir al die ander volke wat tussen die Israeliete gewoon het, soos byvoorbeeld die Amoriete.

Die Filistyne het ongeveer in dieselfde tyd as die Israeliete die landstreek beset. Hulle kom oorspronklik van die eiland Kreta af, dus is hulle eintlik van Griekse afkoms. Nou weet ons al hoe die Griek Alexander die Grote later die hele bekende wreld verower het. Hierdie Filistyne was dus alreeds in daardie vroe jare militr baie ver gevorder.

Hulle het al die inwoners van die land Palestina (vernoem na die Filistyne) rof geboelie. Hierdie eerste oorwinning wat die Here vir Samuel gegee het was slegs die begin, en dit het die magtige Filistyne baie seergemaak. Onder Samuel se bekwame leiding kon die Israeliete egter nou slaag om al hulle belerde stede van die Filistyne te bevry. En natuurlik het die inheemse volke soos die Amoriete ook hierby baatgevind. Daar ontstaan dus nou ‘n goeie vriendskap tussen die Amoriete en Israel.

Net wanneer ons dink dat Samuel nou die hoogste sport in die lewe bereik het, sien ons dat hy ook regsake moet behartig. Hy moet as regter optree by al hoe meer regsgedinge. Dikwels kos dit hom om van stad na stad te gaan om regsake te hanteer by al die hoofsentra soos Bet-El, Gilgal en Mispa.

Samuel het hom uiteindelik gaan vestig in Rama, waar sy ouerhuis was. Hiervandaan het hy sy werk behartig as priester, profeet en rigter.

Sy hele lewe lank was Samuel ‘n leier in Israel. Daar het natuurlik ‘n tyd gekom toe die volk vir ‘n koning gevra het want al die ander volke het dan konings. Samuel het verwerp gevoel oor hulle versoek, nogtans het hy toegegee en vir Saul as koning gaan salf. Maar selfs nadat Saul die koningskap opgeneem het, was Samuel steeds die een wat leiding gegee het in Israel.

In Samuel het ons te doen met iemand wat baie naby aan die Here geleef het. Van sy kleintyd af was hy ‘n waardige instrument in die hand van die Here, bloot omdat daar so ‘n intieme verhouding was tussen hom en die Here. Hy was bereid om te luister wat die Here vir hom s, maar hy het ook gedoen wat die Here van hom vra, selfs al was dit dikwels bitter moeilik, soos toe hy bitter ongemaklike nuus aan Eli moes gaan oordra.

Die vraag wat ons vandag onsself moet afvra, is hoe ‘n waardige instrument ons in God se hand is. Hy vra nie van ons die onmoontlike nie. Hy vra bloot dat ons moet luister na Sy stem, en dan doen wat Hy van ons vra.

Hoe hoor ons God se stem?

Hy praat op verskillende maniere met ons. Vir ‘n begin praat Hy met ons deur Sy Woord, die Bybel. Vir die ongelowige is hierdie ‘n geskiedenisboek met mooi (en soms grusame) verhale en gedigte. Vir die gelowige wat sy hart vir die Heilige Gees oopmaak wanneer hy die Bybel lees, raak hierdie wonderlike boek egter lewendig en die Gees gebruik dit om met jou te praat.

Die Here praat ook op baie ander maniere met die gelowige. Dit kan wees deur die wonder van die natuur, God se skepping. Dit kan dalk wees deur ‘n ander geestelike boek of deur ‘n preek tydens ‘n erediens. Dit kan wees deur musiek of selfs deur ‘n gesprek met iemand anders. En dit kan wees tydens ‘n selbyeenkoms. Luister wanneer Hy praat en doen wat Hy vra!

Gebed:

Here, maak asseblief my geloofsore oop vir U stem. Gee my die wysheid om dit te kan herken en die wil om te doen wat U van my vra.

Skriflesing
Opsomming van Samuel se werk
13Die Filistyne is verslaan en het nie weer in die gebied van Israel gekom nie. Die Here was teen die Filistyne so lank as Samuel geleef het. 14Die stede wat die Filistyne van Israel afgevat het, is deur Israel herower, van Ekron af tot by Gat. Israel het sy gebied uit die mag van die Filistyne bevry.

Verder was daar vrede tussen Israel en die Amoriete.

15Samuel was sy lewe lank 'n leier in Israel. 16Hy het van tyd tot tyd rondgegaan, by Bet-El, Gilgal en Mispa. By al hierdie plekke het hy Israel se hofsake verhoor. 17Daarna het hy weer na Rama toe teruggegaan waar sy huis was, en ook dr het hy Israel se hofsake verhoor. Daar het hy ook 'n altaar vir die Here gebou.

Donderdag 9 Februarie 2017
‘n Volk Kom tot Inkeer
1 Samuel 7:2-12

Die verbondsark was steeds in Kirjat-Jearim, waar dit toe al twintig jaar staan. Met die volk het dit nie goed gegaan nie. Hulle was van alle kante onderdruk, en dinge het vir hulle te veel begin word. Die kleine Samuel het intussen ‘n volwasse man geword, ‘n man wat in toewyding aan die Here geleef het. Vir jare al moes hy met groot kommer sien hoe die volk agteruitgaan, maar hy kon niks daaraan doen nie omdat hy maar net ‘n kind was en gn s gehad het nie.

Uiteindelik kan hy egter nou sy stem laat hoor. “Hierdie verdrukking waaroor julle so kerm, is net julle eie skuld!” het Samuel die boodskap na die volk laat deurkom. “Dis oor die afgode wat julle aanbid!” Hierdie was ‘n ou probleem waarvan ons lees regdeur die Rigtertydperk, en hier slaan dit nou weer uit.

“As julle met julle hele hart na die Here terugkom, moet julle alle vreemde gode tussen julle uit verwyder, ook die Astartes. Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red uit die mag van die Filistyne.” So spel Samuel dit vir die volk uit in 1 Sam 7:3.

En so het talle profete dit alreeds vandag vir ons volk in Suid-Afrika uitgespel. Maar ons lag dit bloot af! Is dit nie dalk waarom dit so sleg gaan met ons nie? Ons volk het totaal weggedryf van die Here af!

In die eerste plek moet ek praat met die magdom van ongelowiges, mense wat, nes die Israeliete van daardie tyd ‘n swetterjoel afgode aanbid. Die Hindoes aanbid letterlik miljoene gode. Maar voorvaderaanbidding is ook aan die orde van die dag, en dikwels word dit beoefen saam met die aanbidding van Jesus!

Maar dit kom nader aan ons as gelowiges, want baie gelowiges het ook weggedryf van die Here af. Talle gemeentes gaan tot niet, bloot omdat daar nie meer genoeg lidmate oorgebly het om die gemeente in stand te hou nie. En dit is nie noodwendig omdat mense wegtrek nie. Dikwels is dit ook omdat mense uit die kerk wegraak.

As ek maar aan ons eie gemeente dink, dan weet ek dat daar heelparty lidmate is wat nog maar net in naam op die boeke is. Ek praat nie hier van diegene wat deur siekte of ouderdom of dalk werksomstandighede nie meer by ‘n erediens kan uitkom nie. Dit gaan hier oor gesonde mense wat die tyd en vermo het maar nie meer hulle voete in die kerk sit nie. Hulle eis steeds dat hulle al die voorregte in die gemeente geniet. Hulle kerm baie gou as die kerk te lank neem om hulle te gaan besoek. En gewoonlik is daar stringe kritiek oor die dominee, die kerkraad, die sang ensovoorts. Intussen weet hulle nie eers meer hoe hierdie situasies daar uitsien nie omdat hulle nie betrokke is nie!

En dan vra ons nog waarom dit sleg gaan met ons land?

Samuel het die hele volk byeengeroep by Mispa. Dan volg Samuel se vuurdoop wanneer hy as jong profeet/priester die volk vir die eerste keer moet toespreek.

Die hele Israel is in hulle duisende bymekaar by Mispa, wanneer Samuel voor die volk gaan staan. In groot afwagting spits hulle hulle aandag op hierdie jongman van wie hulle al so baie gehoor het. Is hy nie miskien die een wat vir hulle verlossing sal bewerkstellig nie? Samuel skep ‘n kruik water en baie dramaties giet hy dit uit voor almal. “Dit is vir die Here,” verduidelik hy. Die water simboliseer die feit dat die volk hulle harte in berou voor die Here uitgiet.

Die volk het swaargekry onder die Filistyne, en daarom kom hulle tot inkeer en begin weer die Here dien.

Dit is tog s jammer dat dit dikwels eers swaarkry kos om ons weer terug te kry by die Here! Dit moet eers moeilik gaan voordat ons weer begin om die Here met ‘n opregte hart te dien. Maar is dit nie maar so, dat ons uiterlike omstandighede en ons geestelike lewe dikwels hand-aan-hand loop nie? Wanneer dit die dag goed gaan, vergeet ons baie gou om steeds ‘n pad in volle afhanklikheid met die Here te stap.

Die volksvergadering by Mispa is vir Israel nie alleen ‘n Godsdienstige byeenkoms nie, maar ook die begin van hulle verlossing. Toe die Filistyne hoor van hierdie vergadering, besef hulle dat hierdie volkie nou hulle juk wil afskud. Hulle sal sommer gou-gou die sakie moet regstel voordat die Israeliete idees in hulle koppe kry. En dan trek hulle weermag op om die klomp ‘n les te leer. Samuel bring egter rustig ‘n offer aan die Here en dan bid hy dat die Here hulle uitkoms sal gee.

Dan gebeur die wonder: ‘n Hewige donderstorm bars los oor die Filistyne en dit veroorsaak grootskaalse verwarring onder die parate soldate. Die gevolg is dat die Israeliete die magtige Filistynse ler maklik verdryf en hulle totaal verslaan. Nou is die bordjies verhang!

Die Here het bewys dat dit nie die Israeliete se gevegskuns is wat die oorwinning gee nie, maar Sy voorsiening. Hulle moet egter ook besef dat die Here van hulle verwag om hulle deel te doen. Wanneer Hy die oorwinning gee, moet hulle dit finaliseer. So verwag die Here vandag van ons ook om nie maar net gelate uit Sy hand te ontvang nie, maar ons is Sy hande en voete hier op die aarde en ons moet ons deel doen!

Gebed:

Here, vanoggend wil ek ons volk aan U opdra, dat ons weer na U sal terugkeer.

Skriflesing
Die verlossing by Mispa
2Vandat die ark in Kirjat-Jearim 'n staanplek gekry het, het daar 'n lang tyd verloop, twintig jaar. Toe het al die Israeliete by die Here gekla oor hulle verdrukking, 3en Samuel het vir hulle ges: “As julle met julle hele hart na die Here terugkom, moet julle alle vreemde gode tussen julle uit verwyder, ook die Astartes. Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen. Dan sal Hy julle red uit die mag van die Filistyne.”

4Die Israeliete het toe die Bals en die Astartes verwyder en net die Here gedien.

5Toe s Samuel: “Die hele Israel moet by Mispa bymekaarkom, dan sal ek vir julle tot die Here bid.”

6Hulle het by Mispa bymekaargekom, water geskep en dit voor die Here uitgegiet. Op daardie dag het hulle gevas en daar het hulle bely: “Ons het teen die Here gesondig.”

Samuel het die Israeliete in Mispa onderrig oor wat reg en verkeerd is.

7Die Filistyne het verneem dat die Israeliete by Mispa bymekaargekom het, en die Filistynse regeerders het teen hulle opgetrek. Toe die Israeliete dit hoor, was hulle bang vir die Filistyne.

8Die Israeliete s toe vir Samuel: “Moenie ophou om die Here ons God vir ons om hulp te smeek nie, sodat Hy ons uit die mag van die Filistyne kan red.”

9Samuel het 'n suiplam gevat en dit in sy geheel aan die Here as brandoffer geoffer. Hy het ook die Here om hulp gesmeek vir Israel, en die Here het sy gebed verhoor. 10Samuel was nog besig om te offer, toe kom die Filistyne nader om teen Israel te veg. Op daardie dag het die Here 'n groot donderweer oor die Filistyne laat losbars. Die Here het hulle verwar, en hulle is deur die Israeliete verslaan. 11Die Israeliete het van Mispa af die Filistyne agtervolg en hulle verdryf tot onderkant Bet-Kar. 12Samuel het toe 'n klip gevat en dit regop gesit tussen Mispa en Sen. Hy het die plek Eben-Haeser genoem, “want,” het hy ges, “tot nou toe het die Here ons gehelp.”

Woensdag 8 Februarie 2017
Die Ark is Terug
1 Samuel 6:1-7:1

Vir sewe maande het die Filistyne dit uitgehou met die Verbondsark. Dit is van bakboord na stuurboord gestuur, en oral waar dit kom, het dit net moeilikheid veroorsaak.

Einde ten laaste besluit die regeerders van die Filistyne dat dit nie langer so kon aangaan nie. Die kundiges op die gebied van die okkulte (die waarsers en besweerders) se hulp word ingeroep om raad te gee. “Hierdie ark moet terug na Israel toe!” is hulle oorwo mening. En dit moet gepaardgaan met geskikte geskenke natuurlik!

So ges, so gedaan. Daar word geskenke in die vorm van goue beeldjies van muise en pesswere gemaak, die dinge wat hulle so laat swaarkry het. Nie alleen het die muisplaag die pes veroorsaak nie, maar dit het ook hulle landerye opgevreet! Hierdie goue beeldjies word in ‘n kissie geplaas. Die ark word op ‘n wa gelaai, getrek deur twee melkkoeie. En net om doodseker te maak dat dit wl die verbondsark is wat al hulle probleme veroorsaak het, moet hierdie twee koeie sonder ‘n touleier maar slf die pad vat waarheen hulle ookal wil loop.

Die wonder is, dat die koeie koers gekies het, al met die grootpad langs, reguit na Israel toe. Sonder om links of regs te wyk, het hulle al bulkend met hulle kosbare wa geloop tot by Bet-Semes, waar hulle vir die eerste keer gaan staan het.

Natuurlik was die Israeliete in die wolke oor hulle verbondsark wat nou weer terug was. Dadelik word die Leviete nadergeroep om die ark van die wa af te tel op die voorgeskrewe manier. Die twee koeie word geslag en die wa word as brandhout gebruik om die koeie aan die Here te offer. Die verbondsark en die kissie met goue geskenke word op ‘n groot klip staangemaak waar dit uitgestal word vir almal om te kan sien.

En so is die Filistyne uiteindelik ontslae van hierdie ongemaklike turksvy. Beteken dit dat hulle nou gelowig geword het? Allermins! Vir die Filistyne was dit slegs ‘n magiese handeling om uit hulle probleme te kom.

Van heinde en verre stroom die Israeliete nuuskierig om te kom kyk hoe hierdie verbondsark nou eintlik lyk. Dit is ‘n manjifieke goue kunswerk wat dateer uit Moses se tyd, en bitter min mense het ooit die voorreg gehad om dit te sien, omdat dit altyd in die heiligdom bewaar is, weg van nuuskierige o. As simbool van God se teenwoordigheid, moes dit met die uiterste respek behandel word.

En dan gebeur die ding wat almal se hare laat regop staan. Sewentig mans van Bet-Semes sterf skielik tragies. Dan moet almal besef dat dit gebeur het omdat mense sonder die nodige respek vir God na die ark kom kyk het, bloot uit nuuskierigheid. Die inwoners van Bet-Semes besluit daar en dan dat hulle nie langer die ark kon huisves nie, en dan word dit na Kirjat-Jearim geneem waar dit vir die volgende twintig jaar sou staan onder toesig van ‘n persoon wat gewy was om die ark op te pas.

‘n Vreemde verhaal wat baie vrae in ‘n mens se gemoed laat. Waarom, waarom, waarom? En waar was die wyse Samuel? Waarom het hy niks gedoen omtrent die saak nie?

Onthou, op daardie stadium was Samuel nog maar ‘n klein seuntjie wat takies verrig het in die heiligdom. Niemand het enige ag geslaan op hierdie koddige knapie met sy priestermanteltjie nie. Hy was tog immers net ‘n kind! Hy moes eers ‘n volwasse man word voordat enigiemand na hom sou luister. Samuel was egter in die regte plek, die heiligdom, waar hy skerlik al meer en meer van die Here geleer het. Daar kon dit nie anders as dat hy geestelik gegroei het nie want hy was heeldag lank besig met die dinge van die Here. Daar moes ‘n hegte verhouding ontstaan het tussen Hom en God.

Deur sy werk in die heiligdom waar hy met duisende mense te doen gekry het wat offerandes kom bring het, moes die jong Samuel skerlik ook ‘n baie goeie mensekennis opgebou het. Later in sy lewe sou hierdie vaardigheid vir hom goud werd wees.

Omdat die Bybel ‘n tydlose boek is, moet ek en jy vandag ook hierdie oeroue rillerverhaal baie ernstig opneem. So hard as wat die Here met die nuuskierige Israeliete van Bet-Semes gepraat het, so hard praat Hy vandag met ons deur die verhaal. Vir die ongelowiges wat die ark bloot tot hulle eie voordeel gebruik het, was God se oordeel baie duidelik. Vir die gelowiges (die volk van God) was die boodskap egter dat jy God met respek moet behandel.

En dit is juis hier waar so baie gelowiges vandag met vuur speel omdat hulle nie die nodige respek aan die Here betoon nie. Daar word so maklik gepraat van die Here as “die Ou Man daar bo”. Al het ek ‘n wonderlike intieme verhouding met die Here, respekteer ek Hom steeds as die Almagtige Skeppergod!

Om ligtelik grappies te maak oor die Here, al is hulle dan nou ook skoon grappies, is bloot disrespekvol. Ek raak sommer warm onder die boordjie as iemand vir my so ‘n grappie oor die Here WhatsApp of e-pos! Daar is genoeg ander dinge waaroor ons goeie grappies kan maak!

Kom ons gee Hom vandag l die respek wat Hom toekom.

Gebed:

Here my God, U is heilig en baie hoog bo my verhewe. Dankie vir U wonderlike liefde vir my. Ek eer U grote en heilige Naam!

Skriflesing
1 Sam 6
Die ark word teruggestuur
1Toe die ark van die Here sewe maande in Filistynse gebied was, 2het die Filistyne hulle priesters en waarsers ontbied en gevra: “Wat moet ons met die ark van die Here doen? S vir ons hoe ons dit na sy eie plek toe kan terugstuur.”

3En hulle het geantwoord: “As julle die ark van die God van Israel terugstuur, moet julle dit nie sommerso terugstuur nie. Julle moet dit teruggee met 'n behoorlike geskenk daarby. Dan sal julle gesond word en weet waarom sy hand so swaar op julle gebly het.”

4Die Filistyne vra hulle toe: “Watter geskenk moet ons daarmee saamstuur?” en hulle antwoord: “Goue afbeeldings van vyf pesswere en van vyf muise, volgens die getal Filistynse regeerders, want die plaag was een en dieselfde vir almal, ook vir die regeerders. 5Maak afbeeldings van julle swere en van die muise wat die land verniel het, en gee eer aan die God van Israel; miskien sal sy hand dan nie langer swaar op julle l nie, ook nie op julle gode en op julle land nie. 6Waarom sou julle hardkoppig bly soos die Egiptenaars en die farao hardkoppig was? Toe God hulle laat swaarkry het, het hulle uiteindelik die Israeliete laat gaan dat hulle kon wegtrek.

7“Maak dan nou 'n nuwe wa en vat twee koeie wat in die melk is en nog nie ingespan was nie. Span hulle in voor die wa en keer hulle kalwers af kraal toe. 8Vat dan die ark van die Here en sit dit op die wa. Die goue voorwerpe wat julle as geskenk aan die Here gee, moet julle langs die ark in 'n kissie neersit. Los dan die wa dat hy loop. 9En let op: as dit met die pad langs na sy gebied toe in Bet-Semes gaan, dan het die Here ons hierdie groot kwaad aangedoen. So nie, dan weet ons dat dit nie Hy was nie; dan was dit maar iets wat toevallig gebeur het.”

10Die Filistyne het dit toe gedoen. Hulle het die twee koeie gevat en voor die wa ingespan en hulle kalwers in die kraal gehou, 11en die ark van die Here op die wa gesit, ook die kissie met die goue muise en die afbeeldings van die swere. 12Die koeie het reguit met die pad langs na Bet-Semes toe geloop, bulk-bulk al met die grootpad langs. Hulle het nie links of regs weggedraai nie, terwyl die Filistynse regeerders agter hulle aan geloop het tot by die gebied van Bet-Semes.

13Die mense van Bet-Semes was besig om koring te oes in die laagte, en toe hulle opkyk, sien hulle die ark. Hulle was bly om dit te sien. 14Die wa het tot by die grond van Josua van Bet-Semes gekom en daar gaan staan. Dr was 'n groot klip. Hulle het die hout van die wa stukkend gekap en die koeie as brandoffer aan die Here geoffer. 15Die Leviete het die ark van die Here en die kissie daar langsaan waarin die goue voorwerpe was, afgelaai en op die groot klip neergesit. Op daardie dag het die mense van Bet-Semes aan die Here brandoffers en ander diereoffers geoffer. 16Toe die vyf Filistynse regeerders dit sien, het hulle dieselfde dag nog teruggegaan na Ekron toe.

17Die geskenk wat die Filistyne aan die Here gegee het, die goue afbeeldings van die swere, was een vir Asdod, een vir Gasa, een vir Askelon, een vir Gat en een vir Ekron. 18Die goue afbeeldings van die muise was vir die versterkte en onversterkte stede van die vyf Filistynse regeerders. Die groot klip waarop hulle die ark van die Here neergesit het, staan tot vandag toe as getuienis op die grond van Josua van Bet-Semes.

19Maar die Here het die inwoners van Bet-Semes getref omdat hulle die ark bekyk het. Hy het sewentig man onder hulle laat sterf. Toe het hulle gerou omdat die Here hulle so swaar getref het.

20Daarna het die mense van Bet-Semes gevra: “Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here, hierdie heilige God? Na wie toe kan Hy gaan van ons af?”

21Hulle het boodskappers gestuur na die inwoners van Kirjat-Jearim toe om te s: “Die Filistyne het die ark van die Here teruggebring. Kom vat dit na julle toe.”


1 Sam 7

1Die mense van Kirjat-Jearim het toe gekom. Hulle het die ark van die Here gaan haal en dit na die huis van Abinadab op die heuwel gebring. Hulle het sy seun Eleasar gewy om die ark van die Here op te pas.

Dinsdag 7 Februarie 2017
‘n Warm Patat!
1 Samuel 5

Die tragiese verhaal van die verbondsark van God wat so liederlik misbruik is deur die Israeliete en toe boonop deur die Filistyne gebuit is, het ‘n nadraai wat in ‘n sekere sin eintlik baie komies is, eintlik lagwekkend!

Daardie aand na die groot slag waarin hulle die arme Israeliete so vermorsel het, het die vreugdevure hoog gebrand in die kamp van die Filistyne. Hulle grt trofee, die verbondsark van die God van die Israeliete het daar eenkant gestaan terwyl hulle fees gevier het.

Die volgende dag is hulle terug weswaarts met hulle kosbare buit en die stad Asdod kry die eer om “gasheer” te wees vir die verbondsark. Met groot fanfare word die ark die tempel van die afgod Dagon binnegedra en dit word voor hulle afgod staangemaak om te toon dat hulle god baie magtiger is as die God van Israel.

En toe begin die “pret”, as jy dit so kan noem, want nt die volgende more skrik die priester hom skoon in ‘n ander geloof in toe hy die tempel binnestap. Om een of ander onverklaarbare rede het Dagon omgeval. Maar die ding wat hom koue rillings gee is die feit dat Dagon vooroor op sy gesig geval het reg voor die verbondsark, so asof hy in aanbidding voor hierdie God van Israel gaan l het.

Die arme priester is in doodsangs daar uit om die nuus aan sy mede-priesters te gaan breek. Met groot moeite kos dit hulle om vir Dagon weer op te tel en op sy plek terug te sit terwyl koue rillings agter die manne se ruggrate afhardloop. S nou maar net…….

Wanneer Dagon weer sy staan gekry het, weet hulle dat daar gn manier is dat nigeen weer daardie swaar afgodsbeeld kan omstamp nie. Maar die volgende oggend is dit wr sulke tyd: Wanneer die priester ewe niksvermoedend die halfskemer van die tempel betree, val hy hom amper disnis oor iets wat op die drumpel l. Tot sy afgryse moet hy sien dat dit die kop en twee hande is van die afgodsbeeld waar hulle morsaf gebreek gel het. Al skreeuende van angs hardloop hy daar weg. Sy maters kry die beeld van Dagon flenters op die vloer voor die verbondsark.

Maar toe begin dinge rs llik lol. Binne dae is die hele stad van Asdod vrot van pesswere. Hulle kan nie verstaan hoe dit moontlik is dat l die inwoners skielik so getref kan word met hierdie pestilensie nie.

‘n Paar wyse manne sit twee en twee bymekaar: Dis daardie ark van die God van Israel! Ons moet onmiddellik van dit ontslae raak! Die God van Israel is besig om ons te kasty! Maar hoe raak jy van so ‘n turksvy ontslae? Hoofkantoor word gekontak, en di is van mening dat die ark bloot na een van die ander stede gestuur moet word.

Die stad Gat is die gelukkige een wat nou die ark kry, en aanvanklik was die inwoners in hulle noppies met die groot eer wat hulle tebeurt val. Skaars is die ark egter daar, of dinge begin llik skeefloop vir die inwoners. Almal, klein en groot slaan uit in die aller-liederlikste pesswere.

Weereens lag Hoofkantoor dit af as blote toeval toe die inwoners van Gat by hulle kom kerm. “Stuur die ark na Ekron!” is hulle bevel, en inderhaas word die ark daarheen geneem. Die slegte nuus van die ark het hom egter vooruitgeloop en die Ekroniete was met angs vervul toe die ark daar aankom “Ons wil dit nie hier h nie!” het hulle gekerm, maar dit was reeds te laat want presies dieselfde lot het hulle getref. “Die geskreeu in die stad kon baie ver gehoor word.” lees ons in 1 Sam. 5:12.

Daar was net een uitweg oor: “Stuur die verbondsark van die God van Israel terug na waar hy vandaan kom, na Israel!”

Ons mt wonder wat in klein Samuel se gedagtes omgegaan het toe hy al hierdie gerugte hoor?

Hierdie was ‘n baie duur les vir die Filistyne. Nt soos die Israeliete moes hulle op die harde manier leer dat jy nie vir God kan manipuleer nie. Hulle moes ook voel hoe dit voel wanneer jy vir God probeer misbruik!

Daar steek egter baie meer in hierdie verhaal as net dit. In die eerste plek gee dit my koue rillings as ek moet hoor hoedat die Here “misbruik” word deur sekere sogenaamde “profete” wat in die heilige Naam van God allerhande dinge aanvang.

Maar dan sien ons ook in hierdie verhaal dat die Here nie “gebind” is om slegs deur Sy volk te werk nie. Hy kan op ander maniere ook werk! Wanneer Sy volk nie meer ‘n geskikte instrument is om Sy doel te bereik nie, gebruik Hy ander, selfs heidense volke, en in hierdie geval selfs ‘n afgodsbeeld! Die boodskap wat die Filistyne baie duidelik moes kry, was dat Hy die enigste ware God is. Israel moes dit vir hulle gewys het. Maar omdat Israel nie meer geskik was daarvoor nie, het Hy eers die beeld van Dagon gebruik om dit vir die Filistyne uit te spel Wie Hy is. En toe hulle nog steeds nie die boodskap kon kry nie, het Hy teenspoed gebruik om hulle uiteindelik tot die insig te ruk dat dit nie die ark is nie maar God Almagtig.

Natuurlik kan nie alle teenspoed wat ons tref aan God toegeskryf word nie, maar soms moet Hy selfs teenspoed in ons lewe gebruik om ons tot ons sinne te ruk!

Gebed:

Here, dankie ook vir teenspoed in my lewe om my op daardie manier nader aan U te trek.

Skriflesing
1 Sam 5
Die Here tref die Filistyne
1Die Filistyne het die ark van God gevat en dit van Eben-Haeser af na Asdod toe gebring. 2Ja, die Filistyne het die ark van God gevat. Hulle het dit na die tempel van Dagon toe gebring en langs Dagon neergesit. 3Toe die Asdodiete die volgende mre opstaan, het Dagon vooroorgeval op die grond gel, voor die ark van die Here. Hulle het vir Dagon opgetel en op sy plek teruggesit. 4Die volgende dag het hulle vroeg opgestaan, en Dagon het weer vooroorgeval op die grond gel, voor die ark van die Here. Die kop van Dagon en sy twee hande het afgebreek op die drumpel gel, net sy lyf het oorgebly. 5Daarom trap die priesters van Dagon, en almal wat in Dagon se tempel ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van die Dagonstempel in Asdod nie.

6Die Here het die Asdodiete swaar gekasty: Hy het Asdod en sy gebied in beroering gebring en hulle met pesswere getref. 7Toe die mense van Asdod sien dat dit so gaan, s hulle: “Die ark van die God van Israel mag nie by ons bly nie, want sy hand l swaar op ons en ons god Dagon.”

8Hulle het boodskappers gestuur en al die regeerders van die Filistyne in Asdod laat bymekaarkom en gevra: “Wat moet ons maak met die ark van die God van Israel?”

Die regeerders het ges: “Die ark van die God van Israel moet na Gat toe gevat word.”

Hulle het toe die ark van die God van Israel daarheen gebring, 9en nadat hulle dit gedoen het, het die Here 'n baie groot beroering in die stad veroorsaak. Hy het die mense van die stad, klein en groot, met 'n plaag getref. Ook by hlle het daar pesswere uitgebreek.

10Daarna het hulle die ark van God weggestuur na Ekron toe. Toe die ark van God in Ekron kom, het die Ekronners geskreeu: “Hulle het die ark van die God van Israel na ons toe gebring om ons en ons mense dood te maak.”

11Hulle het boodskappers gestuur en al die regeerders van die Filistyne laat bymekaarkom en ges: “Stuur weg die ark van die God van Israel. Laat dit na sy eie plek toe teruggaan sodat dit ons en ons mense nie doodmaak nie.”

Daar was 'n dodelike siekte in die hele stad. Die hand van God het swaar gel op hulle: 12die mense wat nie gesterf het nie, is met pesswere getref. Die geskreeu in die stad kon baie ver gehoor word.

Maandag 6 Februarie 2017
Die Ark is Gebuit!
1 Samuel 4

In vanoggend se verhaal, word die naam van Samuel nie eers in die Bybel vermeld nie. Nogtans speel hy ‘n belangrike rol in die verhaal.

Eintlik begin die verhaal reeds by ons vorige perikoop, waar die Here vir klein Samuel ‘n opdrag gegee het om vir Eli die boodskap oor te dra dat sy twee seuns sou sterf en dat die Here ‘n oordeel uitspreek oor Eli en sy nageslag. En dan word klein Samuel se heel eerste profesie presies net so bewaarheid.

Alles begin met die aardsvyande van die Israeliete, die Filistyne wat in die kusgebied wes van Israel woon. Hulle raak vir die sveelste keer haaks met die Israeliete, en daar breek ‘n oorlog uit. Ongelukkig vir Israel, trek hulle aan die kortste end en die Filistyne met hulle gevorderde wapentuig knou hulle liederlik af, sodat daar vierduisend van hulle manskappe sneuwel. Vir Israel is dit ‘n gevoelige slag!

Die manne sit koppe bymekaar en vra vir mekaar waarom dit met hulle gebeur het. Die gevolgtrekking wat hulle maak is dat dit alles die Here se skuld is. Hy is nie by hulle nie, dus verloor hulle. “Nou kom ons gaan haal Hom dan!” is hulle reaksie. Die verbondsark was die simbool van God se teenwoordigheid by Israel. As hulle dus die verbondsark saam met hulle op die slagveld het, sal God mos ook daar wees, en dan sal hulle wen! S het hulle geredeneer. Dus laat kom hulle die priesters met die verbondsark. Hofni en Pinehas, Eli se twee seuns was ook saam met die priesters wat die ark op die slagveld moes besorg.

In Israel se laer gaan daar ‘n reuse kreet op wanneer die ark daar aankom, want nou het die Here daar aangekom. Terselfdertyd gaan daar ‘n gekerm op by die Filistyne, want hulle het al te doene gehad met hierdie God van Israel, en hulle besef dat hulle gedoem is. In plaas daarvan dat hulle die hasepad kies, soos enige regdenkende Filistyn sou doen, besluit hulle egter dat hulle maar hulle dood tegemoet sou gaan en teen die Israeliete en hulle God gaan veg.

En dan gebeur die verrassende: teen alle verwagtinge in, wen die Filistyne die geveg. Hulle loop skoon dwarsoor die Israeliete en verpletter hulle. Dertigduisend Hebrers sneuwel daardie droewige dag. Dis egter nie al nie: die ondenkbare het gebeur en die Filistyne het die verbondsark gebuit! Natuurlik is die priesters wat die ark moes versorg, doodgemaak. Omdat Eli se twee seuns, Hofni en Pinehas ook daar was, het hulle altwee omgekom.

En toe begin dinge interessant raak!

Die handjievol Israeliete wat na die bloedige geveg oorleef het, het uitmekaar gespat en huistoe gehardloop. Een van hulle het in Silo aangekom en daar die gryse ou Eli aangetref waar hy in spanning op sy stoel sit en wag het vir enige nuus uit die slagveld. Hy was bitter bekommerd oor die verbondsark, want hy het gevoel dat dit nie reg was dat die ark na die slagveld geneem moes word nie. Die ark het mos in die heiligdom behoort!

Wanneer hy die man sien aangehardloop kom, begin sy hart sommer wild klop, want aan die man se houding kon hy dadelik sien dat hy die draer van slegte nuus is. Die mense van Silo het die boodskapper tegemoet gehardloop, en dadelik begin kerm toe hulle hoor wat gebeur het. Die gekerm bereik Eli se ore, en dan wt hy dat daar ‘n tragedie afgespeel het.

Uiteindelik kry Eli die boodskapper onder o: “Jou twee seuns het op die slagveld gesneuwel!” deel die man hom mee. Natuurlik was dit ‘n skok vir Eli, maar hy het dit verwag. Klein Samuel het mos vir hom ges dat dit gaan gebeur. Maar dan laat bars die krel die bom: “En die Filistyne het die verbondsark gebuit!”

“Die verbondsark van God!” ruk dit deur Eli. “Nee! Nee, nie dit nie!” Die skok van die nuus oor die ark is vir Eli so groot, dat hy agteroor val van sy stoel af en sy nek breek. Eli se dood is die tweede deel van Samuel se profesie wat waar word.

Maar daar is meer: wanneer Pinehas se swanger weduwee die tragiese nuus van haar man se dood en van die ark hoor, is die skok so groot dat sy net daar inmekaar trek en in kraam gaan. Sy noem haar seuntjie Ikabod – “Waar is die eer?”

Die boodskap van hierdie droewige verhaal is baie duidelik: Moenie God probeer manipuleer nie! Die Israeliete het probeer om die Here te dwing om hulle ‘n oorwinning te gee deur die ark na die slagveld te neem.

Ons kan God nie dwing nie! Op gn manier nie!

Die vraag is: wat help dit dan nog dat ons bid en van God iets afsmeek? Die Here wil js h dat ons bid, want daardeur erken ons ons totale afhanklikheid van Hom. Maar dan moet ons terselfdertyd baie goed besef dat alles, lles slegs genade is. Ek kan nie die Here se “arm draai” deur mooi dinge te doen nie. Om byvoorbeeld hierdie dagstukkie te skryf, is harde werk. Maar ek kan nie daarmee God se guns wen nie. Ek doen dit slegs uit dankbaarheid vir wat Hy alrds vir my gedoen het.

Gebed:

Dankie Here, vir alles wat U vir my gedoen het. Ek wil U dien Here, maar ek verwag nie guns daarvoor nie. U genade is vir my genoeg!

Skriflesing
1 Sam 4

1Samuel se woorde was aan die hele Israel gerig.

Die ark word buitgemaak

Op 'n keer het Israel teen die Filistyne gaan oorlog maak. Die Israeliete het by Eben-Haeser kamp opgeslaan, en die Filistyne by Afek. 2Hulle het hulle ler teenoor Israel laat stelling inneem, en toe die geveg ontplooi, is Israel deur die Filistyne verslaan. Hulle het omtrent vier duisend man op die slagveld afgemaai.

3Toe die manskappe van Israel in die laer kom, het die leiers ges: “Waarom het die Here ons vandag voor die Filistyne laat vlug? Kom ons gaan haal die verbondsark van die Here uit Silo na ons toe dat dit by ons kan wees om ons te red uit die greep van ons vyande.”

4Die manskappe het na Silo toe gestuur, en die verbondsark van die Here die Almagtige wat oor die gerubs troon, van Silo af laat bring. Eli se seuns Hofni en Pinehas was ook by die verbondsark van God. 5Toe die verbondsark van die Here in die laer kom, het die hele Israel so hard geskreeu dat die aarde weergalm het.

6Die Filistyne het die geskreeu gehoor en gevra: “Wat vir 'n geskreeu is dit daar in die laer van die Hebrers?”

Die Filistyne het toe uitgevind dat die ark van die Here in die kamp aangekom het. 7Hulle het bang geword, want hulle het ges: “God het in die kamp gekom.”

Verder het hulle ges: “Dis klaar met ons, want so iets het nog nooit gebeur nie. 8Dis klaar met ons! Wie sal ons red uit die mag van hierdie geweldige God? Dit is di God deur wie die Egiptenaars in die woestyn getref is met allerhande plae. 9Nou sal julle moet dapper wees! Gedra julle soos manne, Filistyne, sodat julle nie miskien slawe word van die Hebrers soos hulle jlle slawe was nie. Gedra julle soos manne en veg!”

10Hierna het die Filistyne gaan veg, en die Israeliete is weer verslaan. Hulle het gevlug, elkeen na sy woonplek toe. Daar was 'n baie groot slagting, dertig duisend voetsoldate van Israel het geval. 11Die ark van God is ook gevat, en Eli se twee seuns Hofni en Pinehas het omgekom.

Die dood van Eli

12'n Benjaminiet het van die slagveld af gehardloop en dieselfde dag nog in Silo aangekom. Sy klere was geskeur, en daar was grond op sy kop. 13Terwyl hy aankom, het Eli juis langs die pad op sy stoel gesit en wag, want hy was bekommerd oor die ark van God. Die man het gekom en die tyding aan die dorp bekend gemaak. Die hele dorp het begin kerm en kla.

14Eli het die gekerm gehoor en ges: “Wat skreeu die mense so?”

Die man het gou vir Eli kom vertel. 15Eli was toe ag en negentig jaar. Sy o was star, en hy kon nie meer goed sien nie. 16Die man het vir Eli ges: “Ek kom van die slagveld af. Ja, ek het vandag van die slagveld af gevlug.”

En Eli vra: “My seun, wat het gebeur?”

17Die boodskapper antwoord toe: “Israel het gevlug voor die Filistyne, die volk het swaar verliese gely, selfs u twee seuns Hofni en Pinehas is dood; en die ark van God is ook gevat.”

18Toe hy praat van die ark van God, het Eli daar by die poort van sy stoel af agteroor geval. Hy het sy nek gebreek en gesterf, want hy was oud en swaar.

Hy was veertig jaar 'n leier in Israel.

19Sy skoondogter, die vrou van Pinehas, was swanger en sy was op haar laaste. Toe sy die tyding kry dat die ark gevat is en dat haar skoonpa en haar man dood is, het sy vooroor inmekaargetrek en 'n kind in die wreld gebring, want die geboortepyne het haar oorval. 20Toe sy wou sterf, het die vroue wat by haar gestaan het, ges: “Moet jou nie bekommer nie, want jy het 'n seuntjie.”

Sy het egter nie geantwoord of op hulle ag geslaan nie, 21maar die seuntjie Ikabod genoem en ges: “Die eer is weggevat uit Israel.”

Dit het geslaan op die wegvat van die ark van God en op haar skoonpa en haar man.

22“Ja,” het sy ges, “die eer is weggevat uit Israel, want die ark van God is gevat.”

Vrydag 3 Februarie 2017

Luister en Doen


1 Samuel 3:10-21

Klein Samuel het, gehoorsaam aan Oom Eli, weer op sy bed gaan l en met groot afwagting geluister vir die stem van God. En hy is beslis nie teleur gestel nie, want skaars het hy gel, of hy hoor weer die stem na hom roep: “Samuel, Samuel!”

“Praat, Here, u dienaar luister!” antwoord hy opgewonde.

“Ek gaan 'n ding in Israel doen wat elkeen wat daarvan hoor, se twee ore sal laat tuit,” antwoord die Here die jong seun. Met kloppende hart luister Samuel hoedat die Here vir hom ‘n opdrag gee om ‘n bitter onaangename boodskap aan die gryse Oom Eli te gaan oordra.

Die jong seun moet aanhoor dat die Here al by ‘n vorige geleentheid ‘n oordeel oor hom en sy familie aangekondig het. Eli het skerlik genoeg tyd gehad om dinge reg te stel, maar hy het dit nie gedoen nie. Nou gaan die Here daardie oordeel oor hom voltrek, want hy het l te goed geweet van die dinge wat sy twee seuns aangevang het, en hy het niks daaraan gedoen nie. Eintlik was dit daardie twee seuns wat ‘n vloek oor Eli se familie gebring het met hulle walglike optrede. “Daarom bevestig Ek met 'n eed aangaande die familie van Eli: die ongeregtigheid van Eli se familie sal sekerlik nooit deur diereoffer of graanoffer versoen word nie.” So sluit die Here die boodskap af wat Samuel vir Eli moet oordra.

Klein Samuel het op sy bed bly l met ‘n kloppende hart. “Hoe moet ek hierdie verskriklike nuus aan Oom Eli breek?” wonder hy. Dit is nog donker en hy speel vir tyd, dus l hy maar nog. Hy sal wel aan ‘n manier dink om die nuus ‘n bietjie sagter te maak. Samuel probeer verder slaap, maar die slaap ontwyk hom.

Wanneer dit begin lig word, staan Samuel op en begin met sy dagtaak. Die eerste ding is om die deure van die tempel oop te maak. Hy bly maar ver van Oom Eli se kamer af want hy is bang. Maar Eli hoor die gewerskaf en dan roep hy vir Samuel nader: “Samuel, my seun!”

Met kniekoppe wat onbedaarlik teenmekaar klap, loer hy skugter by die ou priester se kamer in. Hy sal maar die boodskap sag maak en al die ergste goed weglaat, besluit hy. Maar Eli neem die wind skoon uit sy seile uit. Die ou priester het seker maar verwag wat na sy kant toe sou kom, en hy wou dit makliker maak vir die outjie, dus is sy eerste woorde aan Samuel hard en op die man af: “Wat het die Here met jou gepraat? Moenie iets vir my wegsteek nie. God sal jou met die dood straf as jy iets van wat Hy aan jou bekend gemaak het, vir my wegsteek.”

Samuel het nie ‘n keuse nie, en dan kom hy uit met die hele sak patats. Woord-vir-woord herhaal hy alles presies soos wat die Here dit vir hom ges het. Hy bewe soos ‘n riet, want hy het verskriklike goed vir die ou man ges en hy verwag dat sy kop enige tyd afgebyt gaan word. Klein Samuel begin onbedaarlik huil. Hy is nog maar net ‘n klein seuntjie, en nou moet hy al sulke verskriklike boodskappe oordra! Oom Eli gaan hom beslis verskree!

Die reaksie wat Samuel kry, is verrassend, om die minste te s. Bedaard en sonder veel emosie antwoord Eli: “Hy is die Here, laat Hom doen soos Hy wil.”

Hierdie was die kleine Samuel se eerste groot vuurdoop. En hy het dit met vliende vaandels geslaag!

Die oomblik toe die seun leer om na die Here te luister en te doen wat Hy s, begin dinge gebeur. In die volgende vers lees ons dat Samuel grootgeword het. Die Here was by hom en Hy het nie een van Samuel se woorde onvervul gelaat nie. Wat ‘n ommekeer! In die begin van die hoofstuk het ons gelees dat die woord van die Here selde gehoor was. Nou gebeur presies die teenoorgestelde! Waarom? Het die Here nou weer besluit om te praat?

Nee, inderdaad was dit gladnie die geval nie. Omdat Eli en sy seuns so ver van die Here af weggedryf het, was hulle nie meer bruikbaar om die Woord uit te dra nie. Daar was niemand om vir die volk te kon s wat die Here s nie. Wanneer ‘n verkondiger van die Woord voor ‘n gemeente gaan staan, behoort sy eerste woorde te wees, “So s die Here:” Eli en sy seuns kon dit nie doen nie, want daar was gn verhouding tussen hulle en die Here nie.

Samuel het egter ‘n verhouding met die Here. Hy is bereid om te luister wat die Here vir hom s en terselfdertyd is hy bereid om te doen wat die Here van hom vra. Dit maak die kanaal oop vir kommunikasie. Nie alleen kan Samuel die boodskap van God aan Eli oordra nie, maar weldra leer hy om dit ook aan ander mense en uiteindelik die volk oor te dra. Die gevolg? “Die hele Israel van noord tot suid het gemerk dat Samuel betroubaar was as profeet van die Here. Die Here het toe weer in Silo verskyn, want Hy het Hom in Silo aan Samuel geopenbaar deur die woord van die Here.” (1 Sam. 3:20-21). Nee, die Here was nie weg nie, maar deur Samuel het Hy sigbaar geword.

Die vraag is of ek en jy die Here sigbaar maak aan ander mense deur ons gehoorsaamheid en gedrag?

Gebed:

Here, maak my gewillig om te luister en veral om te doen wat U vra sodat U deur my optrede sigbaar kan word.

Skriflesing

10Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel, Samuel!”

En Samuel s: “Praat, Here, u dienaar luister!”

11Die Here s toe vir Samuel: “Ek gaan 'n ding in Israel doen wat elkeen wat daarvan hoor, se twee ore sal laat tuit. 12Op daardie dag sal Ek vir Eli alles voltrek wat Ek oor sy familie aangekondig het, van begin tot end. 13Ek het aan hom bekend gemaak dat Ek sy familie vir altyd gaan straf oor die ongeregtigheid waarvan hy geweet het. Ja, toe sy seuns die vloek oor hulle gebring het, het hy hulle nie bestraf nie. 14Daarom bevestig Ek met 'n eed aangaande die familie van Eli: die ongeregtigheid van Eli se familie sal sekerlik nooit deur diereoffer of graanoffer versoen word nie.”

15Daarna het Samuel gaan l tot die oggend, en toe die deure van die huis van die Here oopgemaak. Hy was bang om die openbaring aan Eli te gaan vertel. 16Maar Eli het vir Samuel geroep en ges: “Samuel, my seun!”

Hy het ges: “Ek kom!”

17Eli s toe: “Wat het die Here met jou gepraat? Moenie iets vir my wegsteek nie. God sal jou met die dood straf as jy iets van wat Hy aan jou bekend gemaak het, vir my wegsteek.”

18Toe vertel Samuel hom alles; hy het niks weggesteek nie.

En Eli het ges: “Hy is die Here, laat Hom doen soos Hy wil.”

Samuel, 'n betroubare profeet

19Samuel het grootgeword. Die Here was by hom en het nie een van Samuel se woorde onvervul gelaat nie. 20Die hele Israel van noord tot suid het gemerk dat Samuel betroubaar was as profeet van die Here. 21Die Here het toe weer in Silo verskyn, want Hy het Hom in Silo aan Samuel geopenbaar deur die woord van die Here.

Donderdag 2 Februarie 2017

Wanneer die Here Praat


1 Samuel 3:1-9

In die heiligdom in Silo het dit nie goed gegaan nie. Die ou priester Eli het baie oud begin raak en sy twee seuns, Hofni en Pinehas het al hoe meer goddeloos geraak. Hierdie “kerkleiers” het hulle plig liederlik versuim. In 1 Sam 3:1 staan die aanklag: “Die woord van die Here is in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie.” In vandag se terme sou ons dalk kon s: “Die dominee het nie meer Sondae gepreek nie.” Hoe verskriklik!

Op ‘n dag kom ‘n Godsman by Eli aan: hy bring vir hom ‘n boodskap van God af. Hoe ironies dat iemand van buite vir Eli, die een wat veronderstel is om met God te kommunikeer, ‘n boodskap van die Here moet bring! Die ou priester het nie meer God se stem gehoor nie!

Die krel kom vertel vir Eli hoe geweldig bevoorreg hy eintlik is, want die Here het hom en sy gesin uitgekies om in Sy diens te staan! Vir geslagte al, van Aron se tyd af het sy familie die voorreg gehad om namens die volk offers te bring en in te staan vir die volk by die Here. Maar hy en sy twee seuns het alles opgemors! Hulle het op ‘n korrupte manier voordeel getrek uit die offergawes van die volk. Hulle het die Here geminag, en daarom spreek hy nou namens die Here ‘n oordeel uit oor Eli en sy nageslag. Sy twee seuns gaan albei op jeugdige ouderdom op dieselfde dag sterf. Die priesterskap sal boonop van sy familie weggeneem word. Hy s dat die Here slf ‘n betroubare priester in Eli se plek sal aanstel, een wat sal doen wat die Here van hom vra!

Dit vra van ‘n priester jare se ervaring en opleiding om diens te doen in die heiligdom. Dit is g’n kinderspeletjies om namens die hele volk by God in te tree vir hulle sondes nie. En boonop dik boeke vol kennis te h van al die moets en moenies wanneer dit by offerandes aan die Here kom. Alles moet een honderd persent volgens die boek gedoen word! Tg kies die Here nie iemand met jare en jare se ervaring om by Eli oor te neem nie, maar ‘n klein seuntjie met gn ervaring, gesag of geleerdheid nie.

Dit het s gebeur: Klein Samuel het in die tempel geslaap en Eli het in ‘n kamer langs die tempel geslaap. (Onthou, as ons hier van die tempel praat, is dit net ‘n gebou wat dien as ‘n plek van aanbidding. Die eintlike tempel is eers baie jare later gebou.)

In die tempel was daar ‘n lamp wat heelnag moes brand en eers geblus word wanneer dit lig word. Dit was reeds vroeg oggend, maar steeds so donker dat die lamp nog gebrand het. Dan hoor klein Samuel die stem van iemand wat hom roep. Gehoorsaam spring hy dadelik uit die bed uit en hardloop na Oom Eli. Maar dan moet hy hoor dat Eli hom nie geroep het nie. Samueltjie weet nie mooi wat om hiervan te maak nie, en dan gaan kruip hy maar weer in.

‘n Tweede keer gebeur dit, en weereens spring Samuel op. “Hier is ek Oom Eli, u het my geroep.” En weereens stuur Eli hom weer terug kooi toe met: “My seun, ek het nie geroep nie! Gaan l maar weer.”

Samuel verstaan nou gladnie! Hy het Eli tog hard en duidelik hoor roep, en hy het hom op sy naam genoem! Ewe gedwe gaan kruip hy weer in. Skaars het hy egter sy l gekry of die stem roep hom ‘n derde maal. Wanneer hy by Eli kom, gaan daar ‘n liggie vir die gryse ou man op: “Gaan l en as iemand jou weer roep, s jy: Praat, Here, u dienaar luister!” Dit kan maar net die Here wees wat met die seuntjie praat!

Die ironie van die saak is dat Eli, die dienaar van God wat elke dag in die huis van die Here werk, gladnie verwag het dat God it met hulle sou praat nie. Het hy so afgestomp geraak dat hy nie meer die Here kon hoor nie? G’n wonder dat die Woord van die Here so skaars was nie!

Voel dit nie soms vir jou asof die Here nie meer met jou praat nie? Dit kan dalk wel wees dat Hy tg met jou praat, maar dat jy nie Sy stem herken nie! Dalk is jy gladnie bewus daarvan dat die Here besig is om met jou te praat nie.

Eli het klein Samuel geleer hoe om die Here te dien. Dit het beteken dat hy moes leer hoe om al die rituele uit te voer. Wat hy hom egter nooit geleer het nie, was om in ‘n verhouding met die Here te staan, of om na die stem van God te kan luister nie. Hierdie dinge is baie belangriker as al daardie regte aksies en rituele.

Wanneer Eli na die derde probeerslag vir Samuel s dat hy vir die Here moet s: “U dienaar luister”, kom die regte houding uiteindelik uit. Daar is twee baie belangrike aspekte van ons verhouding met die Here wat hier ter sprake is: Om te luister en om te dien.

Vandag praat die Here nie met ons in ‘n hoorbare stem soos destyds met Samuel nie, want ons is in die wonderlike bevoorregte posisie om God se Woord, die Bybel te h, iets wat hulle nie gehad het nie. Die Heilige Gees praat met ons onder meer deur die Bybel. Maar ons moet ons geloofs-ore instel om te kan “hoor” wat Hy vir ons wil s. Ons moet, met ander woorde, met die regte gesindheid die Bybel lees met ‘n oop gemoed en in afwagting vir dit wat Hy vir ons wil s.

Gebed:

Here, maak my geloofs-ore oop sodat ek U stem helder en duidelik kan hoor en maak my gewillig om ook te doen wat U vra.

Skriflesing
1 Sam 3
Die eerste openbaring aan Samuel

1Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli. Die woord van die Here is in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie. 2Eli se o het al swak begin word, hy kon nie meer goed sien nie. Vroeg een mre het Eli nog op sy slaapplek gel, 3en die lamp van God het nog helder gebrand. Samuel het ook nog gel in die tempel van die Here waar die ark van God was, 4en toe roep die Here na Samuel.

Samuel het geantwoord: “Ek kom!”

5Hy het na Eli toe gehardloop en ges: “Hier is ek, want u het my geroep.”

Maar Eli s: “Ek het nie geroep nie! Gaan l maar weer.”

En Samuel het gaan l.

6Die Here het weer na Samuel geroep, en hy het opgestaan, na Eli toe gegaan en ges: “Hier is ek, want u het my geroep.”

Toe s Eli: “My seun, ek het nie geroep nie! Gaan l maar weer.”

7Maar Samuel het nog nie die Here geken nie, want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie. 8Die Here het Samuel toe 'n derde keer geroep, en hy het opgestaan en na Eli toe gegaan en ges: “Hier is ek, want u het my geroep.”

Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het, 9en Eli s vir Samuel: “Gaan l en as iemand jou weer roep, s jy: Praat, Here, u dienaar luister!”

Samuel het toe gegaan en op sy slaapplek gaan l.

Woensdag 1 Februarie 2017

Om Kinders Groot te Maak

1 Samuel 2:1-21

“Toe het hulle die Here daar aanbid.” So lees ons, nadat Hanna vir Eli vertel het dat sy haar klein seuntjie vir Eli gebring het sodat die outjie in diens van die Here kon staan. As Eli dalk nog wou teenstribbel oor hy skielik nou ‘n vierjarige seuntjie moes oppas, dan was dit klaar te laat, want Hanna bars uit in ‘n oorweldigende gebed van lofprysing aan die Here: “Ek jubel in die Here, ek is sterk in die Here. Ek lag my vyande uit…..”

Inderdaad het Hanna alle rede gehad om haar “vyande” uit te lag, diegene wat haar al die jare so bespot en verneder het oor haar kinderloosheid. Want hier is nou die bewys van God se groot guns en genade in haar lewe. Nie alleen het Hy vir haar ‘n seun gegee nie, maar haar klein seuntjie staan alreeds in diens van God!

Hanna se gemoed is vol en dit borrel oor soos ‘n vars fontein. Sy stort haar blydskap uit voor die Here terwyl Eli verslae staan en luister. “Daar is geen heilige soos die Here nie, buiten U is daar nie een nie, daar is geen rots soos ons God nie.” Eli kan maar net saamstem in gebed. So ‘n mooi, eerlike, opregte gebed het hy nog nooit beleef nie. Vir hom voel dit kompleet asof hy God in die hemel kan sien waar Hy luister na die vrou se aangrypende lofprysing, terwyl die engele in die hemel met trane van aandoening hierdie vrou gadeslaan.

Hoe kon Eli nou nee s na Hanna se gebed? Hy het gn ander keuse gehad as om die klein seuntjie se hand te neem en hom te huisves nie. “Wat gaan ek met jou doen?” vra hy radeloos vir klein Samuel, nadat Hanna weg is.

Die seuntjie kyk die ou grysaard vol afwagting aan. Sy mamma het hom behrlik voorberei vir hierdie dag. “Jy gaan vir die Here werk, en Oom Eli gaan jou leer hoe om dit te doen,” het sy hom opgewonde vertel, en sy mamma se opgewondenheid het hom k opgewonde gemaak. Nou wag hy dat Oom Eli hom sy eerste taak gee. En Oom Eli weet nie mooi hoe om dit te doen nie, want hy kon nie eers sy eie twee seuns opvoed om die Here te dien nie. Met hartseer moet hy dink hoe hulle totaal die pad byster geraak het.

Omdat Eli ‘n priester was, het sy twee seuns, Hofni en Pinehas natuurlik in Pa se voetspore gevolg en ook priesters geword. Hulle het egter hierdie groot en verantwoordelike taak gladnie ernstig opgeneem nie.

As priester het jy gestaan in 'n lewe van diens. Jy het in die eerste plek in diens van God gestaan. Jy moes namens die volk by God intree vir hulle en jy moes die plek van aanbidding versorg en in stand hou. Maar terselfdertyd het jy ook in diens gestaan van die volk. Jy was die een wat hulle onder meer moes help met hulle offerandes aan die Here en alles wat daarmee gepaard gaan.

Natuurlik moes 'n priester ook lewe, en die hele volk was verantwoordelik vir die lewensonderhoud van hierdie manne en hulle gesinne. Daar was baie spesifieke voorskrifte van hoe daar vir hulle gesorg moes word. Een van die voorskrifte was dat die priester 'n sekere gedeelte van die offervleis moes kry.

Vir Eli se twee seuns was die voorgeskrewe “toelaag” wat hulle ontvang het gladnie genoeg nie. Daarom dwing hulle die mense wat kom offer om vir hulle eers die sappigste stukkies braaivleis van die offervleis af te sny voordat hulle gaan offer. Natuurlik was baie mense bitter ontevrede hiermee, maar wat kon hulle doen? Hulle was geboelie om dt wat aan God behoort het vir die priesters te gee.

Dit was egter nie al nie. Saans het hulle die vrouens wat in die heiligdom werk, gedwing om met hulle omgang te h! Hierdie walglike dinge het nie ongesiens verbygegaan nie, en die stories oor Eli se twee seuns het die hele volk volgel. Almal het gepraat oor die walglike dinge wat die twee aanvang. En dit terwyl hulle priesters van die Here is!

Natuurlik het die stories ook Eli se ore bereik. Sy reaksie? “Ag nee, my seuns, die gerugte wat ek verneem, is nie goed nie. Julle verlei die volk van die Here.”

Eli was, om die minste te s, ruggraatloos! Hy was nie die naam van pa werd nie! Tug was nie deel van sy woordeskat nie!

Ten spyte van al hierdie dinge, het die kleine Samuel die Here getrou gedien. Die klein takies wat hy elke dag gekry het om te doen, het hy met vreugde gedoen, soos wat Mamma hom geleer het. Met groot trots het hy 'n linne skouerkleed gedra, nt soos 'n regte priester s’n. En elke jaar wanneer Hanna vir haar seuntjie kom kuier het tydens die fees, het sy vir hom 'n nuwe manteltjie gebring, wat sy met groot sorg en liefde vir hom gemaak het.

“Mag die Here jou uit hierdie vrou 'n nageslag gee in die plek van die seun wat van die Here afgesmeek is,” het Eli eenmaal vir Elkana toegebid terwyl hy die gesin gesen het. En weereens was die Here Hanna genadig en het die “onvrugbare” Hanna nog vyf kinders in die lewe gebring, drie seuns en twee dogters.

En Samuel? Die Bybel berig dat hy “voor die Here grootgeword het.”

As ouers mag (durf) ons nie ons plig versuim om ons kinders te tug wanneer hulle op die verkeerde pad is nie. Dit is js 'n bewys van ons liefde vir hulle wanneer ons tug, want sonder dit kan ons die oorsaak wees dat hulle in die verderf beland. En wie wens dit vir sy kind toe?

Gebed:

Here, leer my om my kinders in U vrese groot te maak.


Skriflesing
1 Sam 2
1En Hanna het gebid:
“Ek jubel in die Here,
ek is sterk in die Here.
Ek lag my vyande uit,
ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het.
2Daar is geen heilige soos die Here nie,
buiten U is daar nie een nie,
daar is geen rots soos ons God nie.
3“Julle moenie in hoogmoed bly praat nie,
moenie aanmatigende dinge s nie,
want die Here is 'n God van diepe kennis,
dade word deur Hom getoets.
4“Die boog van die magtiges is verbreek,
di wat gestruikel het, het nuwe krag gekry.
5Wie versadig was, moet hulle nou vir brood verhuur,
wie honger was, het oorgenoeg om te eet.
Die onvrugbare bring sewe in die wreld,
die een met baie kinders kwyn weg.
6“Die Here maak dood en Hy maak lewend,
Hy laat afdaal na die doderyk toe
en Hy laat daaruit opkom.
7Die Here maak arm en Hy maak ryk,
Hy verneder, ook gee Hy aansien.
8Hy laat die geringes uit die stof opstaan,
Hy hef die armes op van die ashoop af
om hulle by vername mense te laat sit;
Hy skenk hulle 'n ereplek.
Aan die Here behoort die pilare van die aarde;
Hy het die aarde daarop gegrondves.
9“Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad,
maar die goddeloses word stil gemaak in die duisternis van die graf.
'n Mens oorwin nie deur eie krag nie!
10Di wat teen die Here in opstand kom, word vernietig,
van bo uit die hemel verbrysel Hy hulle.
Die Here spreek reg tot by die eindes van die aarde,
Hy verleen krag aan sy koning,
Hy gee sterkte aan sy gesalfde.”

11Daarna het Elkana na sy huis toe gegaan in Rama, terwyl die seun Samuel die Here bly dien het onder toesig van die priester Eli. 12Maar Eli se seuns was slegte mense; hulle het nie met die Here rekening gehou nie.

Die priesters se reg by die offer
13Die reg van die priesters teenoor die volk was so: elke keer wanneer iemand 'n offer bring, kom die priester se slaaf met 'n drietandvurk in sy hand, en wanneer die vleis kook, 14steek hy die vurk in die kastrol of die bak of die pot of die pan. Alles wat die vurk optrek, vat die priester vir hom. Dit het hulle gedoen met al die Israeliete wat in Silo kom offer het.

Die sonde van Eli se seuns
15Maar nog voordat die vet aan die brand gesteek is, het 'n slaaf van die priester al gekom en aan die man wat offer, ges: “Gee vleis om vir die priester te braai. Hy neem nie gekookte vleis van jou aan nie, net rou vleis.”

16As die man dan vir hom s: “Laat hulle tog net eers die vet aan die brand steek, dan kan jy vir jou vat wat jy wil,” s die slaaf vir hom: “Nee, jy moet dit nou gee, anders vat ek dit met geweld.”

17Hierdie sonde van Eli se seuns was baie groot in die o van die Here, want daardeur het die mense hulle agting vir die offer van die Here verloor.

Hanna se ander kinders
18Maar Samuel het die Here gedien. As 'n seun het Samuel al 'n linneskouerkleed gedra. 19Sy ma het elke jaar vir hom 'n manteltjie gemaak en dit vir hom gebring wanneer sy saam met haar man gegaan het om die jaarlikse offer te bring. 20Dan het Eli vir Elkana en sy vrou gesen en ges: “Mag die Here jou uit hierdie vrou 'n nageslag gee in die plek van die seun wat van die Here afgesmeek is.”

Daarna is hulle weer huis toe. 21Die Here het Hom oor Hanna ontferm, en sy het swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gehad. Ondertussen het die seun Samuel voor die Here grootgeword.

Dinsdag 31 Januarie 2017

Klein Samueltjie
1 Samuel 1:19-28
Nege lang, maar opgewonde maande het verbygegaan nadat Hanna agtergekom het dat sy swanger was. Almal in Rama het geweet dat die onmoontlike besig was om met haar te gebeur, en natuurlik het Hanna gestraal!

Toe die groot dag uiteindelik aanbreek, was al wat ‘n vrou is in die dorp om Hanna se huis saamgekoek. En toe die eerste skree van die baba uit die kamer weerklink, hoor almal saam daarmee Hanna se stem: “Sy naam is Samuel!” Van die oomblik toe sy swanger geword het, het sy gewt dat dit ‘n seuntjie sou wees. Die Here het dit mos vir haar belowe!

Dit was weer tyd vir die jaarlikse feesgeleentheid in Silo en Elkana het gereedgemaak om, soos sy gewoonte was, sy gesin daarheen te neem om te gaan aanbid. Maar vir die eerste keer in baie jare, besluit Hanna dat sy nie di slag sou saamgaan nie en ook nie die volgende twee jaar nie. “Klein Samuel moet eers gespeen word,” verduidelik sy.

Nou begin ons al wonder of sy ooit haar gelofte aan die Here sal nakom? Is sy nie dalk besig om haar hier uit te wurm nie? Die spanning in die verhaal loop op!

Dit was daardie jare gewoonte dat ‘n vrou haar kind geborsvoed het totdat hy drie of selfs vier jaar oud was. Ek dink Hanna het dit dalk so lank moontlik probeer uitrek, want sy het geweet wat op haar wag. Aan die een kant was sy opgewonde, want sy kon haar gelofte aan God gestand doen. Maar aan die ander kant het dit ‘n groot, ongemaklike knop op haar maag gesit, want dit sou beteken dat sy van haar enigste geliefde seuntjie sou moes afstand doen!

Uiteindelik was Samueltjie gespeen. En toe begin Hanna planne beraam. En die arme Elkana moet net gedwee spring! “Ek het ‘n bul nodig, Elkana!”

“Waarvoor nogal?”

“’n Offer vir die Here natuurlik!” Elkana durf nie stry nie.

“En ek het ‘n kruik wyn nodig en sestien kilogram meel!”

“Nou wat wil jy daarmee maak my vrou?”

“Om saam te vat Silo toe – dit vir die Here natuurlik!”

“O…...”

Die jaarlikse uittog na Silo was op hande, en in Hanna se huis was alles in rep en roer om duisende dinge gereed te kry en die arme Elkana moet dit ontgeld. Hanna het ‘n pragtige stuk materiaal in die hande gekry en vir ure aanmekaar sit sy, besig om dit te omskep in ‘n fyn kunswerk. Uiteindelik is sy klaar: “Elkana, wat dink jy?” Sy hou die fyn geborduurde stukkie materiaal op vir hom om te sien.

“Wat is dit?”

“Kan jy nie sien nie? Dis ‘n manteltjie vir Samueltjie!”

“O? En waarvoor nogal? ‘n Kind dra mos nie sulke grnd goeters nie? Dis net priesters wat sulke mantels dra!”

“En?” Hanna is skoon omgekrap dat Elkana nie kan insien nie. “Onthou, ek het belowe om hom vir die Here te gee, en die tyd het nou aangebreek!”

“Maar hy is dan nog skaars vier…..” wil Elkana nog protesteer, maar Hanna het klaar besluit. Sy vat die seuntjie saam na Silo, en basta met die res!

Dit was ‘n grt en moeilike trek daardie jaar na Silo! Elkana het hom so ver moontlik uit die voete probeer hou op pad, want met Hanna kon hy nie huishou nie. Haar emosies was so deurmekaar soos ‘n trapsuutjies op ‘n Smartieboksie. Die een oomblik was sy nog in trane en die volgende het sy gehardloop en huppel van pure uitgelatenheid. Die taak wat vir haar voorgel het was beide verskriklik swaar en hartseer. Sy sou haar enigste seuntjie daar agterlaat. Terselfdertyd was dit ook ‘n blye dag, want sy kon haar gelofte aan die Here gestand doen.

Die driejaaroue bul is opgepas soos goud op pad. Hy moes nie ‘n hoef skraap teen ‘n klip nie! En toe hulle in Silo aankom, kry Elkana die taak om die dier te slag vir die offer aan God.

Vir die eerste keer sedert daardie droewige dag, sien Hanna weer die stokou, gryse Eli. Met klein Samuel aan die hand, met natuurlik sy manteltjie aan, stap sy na Eli: “Ekskuus, Meneer, u sal my nie glo nie, maar Meneer, k is die vrou wat hier by u gestaan het om tot die Here te bid. Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het aan my gegee wat ek van Hom afgesmeek het. Ja, van die Here het ek hierdie kind afgesmeek, en nou sal hy sy lewe lank iemand wees wat van die Here afgesmeek is.”

Eli kan sy o nie glo nie! “En di fraai manteltjie?”

“Maar meneer, dis omdat hy van nou af hier by u kom werk in diens van die Here!”

Eli wil nog protesteer, want wat doen hy nou met ‘n vierjarige seuntjie? Maar Hanna het klaar besluit, en die moedelose Eli moet dit nou maar net eenmaal aanvaar. Met ‘n vasberade vrou stry jy nie!

En so begin die kleine Samuel op vierjarige ouderdom sy lang en vrugbare lewe in diens van die Here.

Gebed:

Here, dankie vir die kleine Samuel wat sy lewe aan U gewy het, en dankie vir die voorbeeld van Hanna om te doen wat sy U belowe het.


Skriflesing

Die geboorte van Samuel

Nadat hulle tuis gekom het in Rama, het Elkana gemeenskap gehad met sy vrou Hanna, en die Here het aan haar gedink. 20By die wisseling van die jaar was Hanna swanger. Sy het 'n seun in die wreld gebring en uitgeroep: “Sy naam is Samuel: van die Here het ek hom afgesmeek!”

21Toe Elkana en sy hele gesin gaan om die jaarlikse offer aan die Here te bring en sy gelofte te betaal, 22het Hanna nie saamgegaan nie, want sy het vir haar man ges: “Wanneer die seun gespeen is, sal ek hom wegbring dat hy voor die Here verskyn en altyd daar bly.”

23Haar man Elkana het vir haar ges: “Maak soos jy dit goedvind. Bly totdat jy hom gespeen het. Mag die Here sy woord bevestig!”

Hanna het toe gebly en haar kind gevoed totdat sy hom gespeen het.


Samuel word na die tempel toe geneem

24Toe sy hom gespeen het, het sy hom saamgeneem, en ook 'n driejaaroud bul, sestien kilogram meel en 'n kruik wyn. Sy het hom as klein seuntjie weggebring na die huis van die Here toe in Silo. 25Elkana-hulle het die bul geslag en die seun na Eli toe gebring, 26en Hanna het ges: “Ekskuus, Meneer, u sal my nie glo nie, maar, Meneer, k is die vrou wat hier by u gestaan het om tot die Here te bid. 27Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het aan my gegee wat ek van Hom afgesmeek het. 28Ja, van die Here het ek hierdie kind afgesmeek, en nou sal hy sy lewe lank iemand wees wat van die Here afgesmeek is.”

Toe het hulle die Here daar aanbid.

Maandag 30 Januarie 2017

Profeet, Priester, Rigter

1 Samuel 1
Ons almal ken die boeke 1 en 2 Samuel. Dit handel oor die eerste twee konings van Israel, Saul en Dawid, en al die intriges wat daar afgespeel het. Volgens Joodse tradisie sou die profeet Samuel beide hierdie boeke geskryf het. Dit is egter onmoontlik, want in die verhaal kom hy al voor die einde van die eerste boek te sterwe.
Die verhaal speel af ongeveer in die jaar 1000 vC. Dit is egter eers op skrif gestel in die omgewing van 600 vC deur die Deuteronomistiese geskiedskrywers, wat verskeie mondelinge vertellings uit verskillende bronne bymekaar gevoeg het om uiteindelik die boek daar te stel. 50 Jaar later, tydens die ballingskap is dit weer geredigeer.
In hierdie reeks dagstukkies wil ek egter poog om te fokus, nie op die boeke van Samuel nie en ook nie op die twee belangrike konings nie, maar op die profeet Samuel. Dus gaan ons slegs kyk na die gebeure wat beskryf word in 1 Samuel.
Die verhaal van Samuel speel af in die Rigtertydperk. Die eerste deel van die boek kon dus net sowel deel gewees het van die boek Rigters. Daar is egter tg ‘n groot verskil, want in die verhaal sien ons die oorgang van ‘n klompie losstaande stamme wat elkeen op sy eie probeer voortploeter en geboelie word deur ander baie sterker volkere soos byvoorbeeld die Filistyne, na ‘n koninkryk waar al die stamme uiteindelik verenig is onder die magtige Koning Dawid, die groot held van Israel.
En Samuel het dit alles beleef, wel, byna alles!
Die sosiale en politieke omstandighede in Samuel se tyd, was maar bitter wankelrig en die volk het gedurigdeur “gedoen wat verkeerd was in die o van God” (Rigters 3:12 en talle ander plekke). Hulle het kort-kort verval in afgodery, soos byvoorbeeld Rigters 6:27-30 waar die Israeliete vir Gideon wou doodmaak omdat hy hulle afgods-altaar afgebreek het.
En dan was daar die talle ander vyandige volke wat rondom hulle en selfs tussen hulle gewoon het, soos die Mideaniete. Aan die westekant op die kusvlakte het die Filistyne vir Israel ‘n harde tyd gegee! Aan die oostekant, oorkant die Jordaan was dit weer die Ammoniete en Moabiete wat die lewe vir hulle suur gemaak het.
Verskeie rigters het probeer om die volk op die regte spoor te bring. Party van hulle het groot welslae behaal, soos Gideon en Debora. Ander weer het jammerlik misluk, soos Simson wat ‘n groot probleem gehad het met mooi meisies. Dit het uiteindelik sy ondergang beteken!
En in sulke beroerde omstandighede moes klein Samuel die eerste lewenslig aanskou. Maar eintlik was dit nog baie moeiliker, want Samuel se pa, Elkana het ‘n groot probleem gehad. Hy het twee vrouens gehad, Hanna en Peninna. Peninna het kinders gehad, maar die arme Hanna was, tot haar groot skande kinderloos. En Peninna het met haar die spot gedryf daaroor en haar verneder. Eintlik is dit baie ironies, want Hanna se naam beteken “Genade” maar dit wil lyk asof sy absoluut gn genade van God ontvang het nie.
Dit was Elkana se gewoonte om elke jaar sy gesin te neem na Silo, waar hulle die Here aanbid het en offers aan Hom gebring het. Hierdie was ‘n vreugdevolle feesgeleentheid. Maar vir Hanna was dit ‘n hartseer tyd, want daar het sy haar kinderloosheid baie intens ervaar. Elke jaar het dit gendig in ‘n tranedal waar Hanna bitterlik gehuil het in plaas daarvan om vrolik te wees soos al die ander.
By een so ‘n geleentheid het dinge vir Hanna nt een te veel geword. Daar by die gebou waar die Verbondsark en die Tent van Aanbidding gehuisves word, ervaar sy God se teenwoordigheid baie intens. Terwyl trane oor haar wange stroom, stort sy haar hart uit voor die Here. Sy kan nie langer so bly voortleef sonder kinders nie, en sy smeek die Here om asseblief vir haar uitkoms te gee. Moontlik uit vrees dat iemand anders dalk van haar verleentheid sal hoor, bid sy nie hardop nie. Slegs haar lippe beweeg. Dan maak sy ‘n gelofte aan die Here: As Hy vir haar ‘n seun gee, sal sy hom vir die Here teruggee sodat hy die Here kan dien.
Die bejaarde ou priester Eli het daar naby gesit op sy stoel en die petalje bekyk. Natuurlik kon hy nie hoor wat sy s nie, dus maak hy die verkeerde gevolgtrekking: “Nee wat, so kan dit nie aangaan nie! Jy is mos dronk! Gaan huistoe en word eers nugter voor jy kom aanbid!”
Dan vertel Hanna hom van haar verskriklike dilemma, en hoe sy die Here gesmeek het vir ‘n kind. “Wees gerus en gaan nou maar. Die God van Israel sal aan jou gee wat jy van Hom afgesmeek het,” stel hy haar gerus. Nie lank daarna nie raak Hanna swanger. Borrelend van vreugde weet sy dat sy in haar buik die kleine Samuel dra.
Dikwels bid ons baie ernstig vir iets in ons lewe, maar dit lyk asof die Here nie op ons smeking ag slaan nie. God is egter almagtig en Hy hoor elke gebed. Hy het ‘n doel met elke ding wat in jou lewe gebeur, en Sy tydsberekening is perfek.
Gebed:
Here, dit is met groot opgewondenheid dat ons uitsien na wat alles vir klein Samuel voorl. Maak asseblief hierdie verhaal vir ons tot groot sen.

Skriflesing
Elkana en sy vrouens
1Daar was 'n man uit Ramatajim, 'n Suffiet uit die Efraimsberge. Hy was Elkana seun van Jerogam, seun van Elihu, seun van Togu, seun van Suf uit Efrata. 2Hy het twee vrouens gehad. Die een se naam was Hanna en die ander s'n Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna nie.
3Elkana het elke jaar uit sy stad uit na Silo toe gegaan om te aanbid en aan die Here die Almagtige offers te bring. Eli se twee seuns, Hofni en Pinehas, was in Silo priesters van die Here.
4Elkana het gewoonlik op die dag wanneer hy geoffer het, dele van die offermaaltyd aan sy vrou Peninna en al haar seuns en dogters gegee. 5Alhoewel hy vir Hanna liefgehad het, kon hy vir haar elke keer net een deel gee, want die Here het haar kinderloos laat bly. 6Dan het die ander vrou haar baie gespot en verneder omdat die Here haar kinderloos laat bly het. 7So het dit jaar vir jaar gegaan: elke keer as Hanna in die huis van die Here gaan offer het, het Peninna haar gespot, sodat sy gehuil het en nie wou eet nie. 8Dan s haar man Elkana vir haar: “Hanna, waarom huil jy? Waarom eet jy nie en waarom is jy hartseer? Is ek nie vir jou meer werd as tien seuns nie?”

Hanna l 'n gelofte af
9Op 'n keer n die offermaaltyd in Silo het Hanna opgestaan terwyl die priester Eli op sy stoel langs die deurkosyn van die tempel van die Here gesit het. 10Sy was bitter hartseer en terwyl sy tot die Here gebid het, het sy onbedaarlik gehuil.
11Sy het 'n gelofte afgel en ges: “Here, Almagtige, as U tog op my ellende wou let en aan my, u dienares, wou dink en my nie vergeet nie en aan my 'n seun gee, sal ek hom sy lewe lank aan U gee, en as teken daarvan sal sy hare nie afgesny word nie.”
12Sy het lank tot die Here gebid, en Eli het stip na haar mond bly kyk. 13Hanna het in haar gedagte gepraat, net haar lippe het geroer. Eli kon nie haar stem hoor nie, en daarom het hy gedink sy is dronk.
14Hy s toe vir haar: “Hoe lank wil jy dronk bly? Loop word eers nugter!”
15Maar Hanna het geantwoord: “Nee, Meneer, ek is maar net 'n vrou wat diep terneergedruk is. Ek het nie wyn of bier gedrink nie. Ek het my hart uitgestort voor die Here. 16Moet tog nie dink ek is 'n slegte vrou nie. Dis oor my groot smart en leed dat ek so lank bly praat het.”
17Toe s Eli: “Wees gerus en gaan nou maar. Die God van Israel sal aan jou gee wat jy van Hom afgesmeek het.” 18En sy het ges: “Mag dit vir my wees soos u s.”
Sy het toe geloop en gaan eet, en sy was nie meer bedruk nie. 19Die volgende mre het Elkana-hulle vroeg opgestaan, die Here aanbid en teruggegaan huis toe.
TERUG NA BO