Ballito Gesinskerk
Algemene Inligting

KREATIWITEITSBEDIENING
Die volgende kreatiwiteitsgroepe vergader:
Fotografie groep:
Kontak Willie Henegan 083 265 8180.
Brei/hekel/borduur groep:
Elke 1ste Dinsdag van elke maand om 10:00 (na Bybelstudie) by die kerk. Ons volgende byeenkoms vind plaas op 5 September. Kontak Lettie van Heerden 072 632 1100.
Stap groep:
Kom elke Maandag om 17:30 by die amfiteater by Clarke Bay bymekaar en stap dan op Ballito se promenade.

**************************************************
HOSPICE
Het jy kaste vol klere wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?
Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.
Kontak Helene by 083 656 0864

**************************************************
ZAPPER BETALINGS

Enige betalings aan die gemeente kan nou met Zapper gedoen word, soos byvoorbeeld:
* Maandelikse dankoffers
* Bank Kollektes
* Tiende dankoffers
* Donasies en nog baie meer.
Om dit te kan gebruik:
Laai die toep op jou selfoon deur na Play Store te gaan en dan bloot "Zapper" in te tik en die instruksies te volg.
Die alternatief is om dit van die internet af te laai by www.zapper.com
Wanneer die toep op jou foon geinstalleer is, en jy wil 'n betaling maak, klik jy bloot op die Zapper knoppie, klik op "SCAN & PAY", mik jou foon se kamera na die blokkie soos hier onder op die voorbeeld, en klik dan op een van die betalingsopsies wat gegee word.

**************************************************
NUWE INTREKKERS
Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk. Ons vertrou dat julle ’n baie geseŽnde verblyf in ons gemeente gaan hÍ.
‘n Verwelkomingskoevert is op die tafel by die deur beskikbaar. Neem asseblief een en vul die “nuwe intrekker” vorm volledig in en handig dit na die diens in of by die kerkkantoor gedurende die week.
Vir enige navrae, kontak:
Ds. Alwyn Small by 083 556 5837 of die
Kerkkantoor by 032 946 1198.

**************************************************
PREEKOPNAMES
‘n Besonderse preek gemis of wil graag weer daarna luister?
Preke kan op die kerk se webblad geluister word by www.noordkus.co.za of indien jy ‘n harde kopie verkies kan bestellings geplaas word by die kerkkantoor teen R20 ‘n cd.

**************************************************
MONDI HERWINNINGS PROJEK
Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinnings-projek te ondersteun.
Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.

**************************************************
HOSPITAAL BESOEK
Ons vra vriendelik dat indien u in die hospitaal opgeneem moet word dat u asseblief vir Ds. Alwyn of die kerkkantoor sal laat weet sodat Ds. Alwyn by u ‘n besoek kan kom aflÍ in die hospitaal.

**************************************************
SEKURITEIT TYDENS EREDIENSTE
As gevolg van veiligheidsredes, word die hek buite die kerk tydens eredienste toegehou.
Indien iemand egter dringend moet uitgaan of inkom, sal daar te alle tye ’n diaken aan diens wees by die deur met ’n kontrole om die hek oop te maak.