Dinsdag 22 November 2016

Epiloog

Markus 16:9-20

Ons het gekom aan die einde van Markus se Evangelie - die hl eerste Evangelie wat geskryf is. Matteus, Lukas en Johannes het eers later gekom. Die laaste stukkie van Markus 16 (vers 9 tot 20) is eintlik nie deel van hierdie boek nie. Dit is iets wat eers later bygevoeg is deur iemand wat die oorskryfwerk gedoen het. In die heel oudste en beste manuskripte eindig Markus by vers 8.

Dit wat in die laaste gedeelte geskryf is, is egter nie noodwendig foutief nie. Dit stem volkome ooreen met die ander drie evangelies. In hierdie gedeelte word vertel van Maria se ontmoeting met Jesus en hoe Jesus ook aan ander mense verskyn het. Dit vertel ook dat Jesus die elftal berispe het omdat hulle aanvanklik nie wou glo oor Sy opstanding nie. Dit vertel verder van Jesus se sendingopdrag aan die dissipels: hulle moet die Evangelie gaan verkondig. En die gedeelte beskryf Sy hemelvaart. Hierdie “epiloog” sluit af met die boodskap dat die dissipels Jesus se opdrag uitgevoer het, en dat hulle met die krag wat die Here hulle gegee het kragtige getuies was. Daar het ook baie wondertekens deur hulle plaasgevind.

Vanoggend wil ek egter hierdie boek afsluit met die vraag: Wat is die boodskap van Jesus se lyding vir ons as gelowiges in 2016? Het die verhaal van Jesus se gevangeneming, kruisiging en dood 2000 jaar gelede werklik nog vandag vir my ‘n boodskap? Oor die afgelope paar weke het ons saam gehuil en saam met Petrus seer gekry. Maar was dit nie maar net ‘n mooi storie nie?

As ‘n mens werklik Markus se perspektief op al hierdie gebeure reg begryp, hou dit vir jou ‘n geweldige geestelike verdieping in.

As ek vanoggend vir jou die vraag sou vra: “Waarom moes Jesus sterf?” sal jy skerlik, sonder om tweekeer te dink, s dat dit mos is om versoening te bewerkstellig vir ons sondes. Dit is natuurlik waar! Maar ons moet dan ook besef dat dit nie die enigste perspektief is op Jesus se dood en lyding nie. Inderdaad wil Markus dit tuisbring dat Jesus gesterf het as versoening vir ons sondes, maar as jy mooi gaan dink, sal jy onthou dat hy dit slegs tweekeer in die Evangelie noem (Mar. 10:45 en 14:24).

Vir Markus is daar egter ‘n ander saak wat hom baie na aan die hart l, en dit is om Jesus se Goddelikheid te beklemtoon. Wat staan in die hl eerste vers van die boek? Dat Jesus Christus die Seun van God is. Hierdie lyn word regdeur die boek getrek.

Maar nou vra jy dalk: Hoe rym dit met Sy lyding en sterwe? Dit is dan juis hier waar Markus baie moeite doen om Jesus se lyding en kruisiging te koppel aan die feit dat Hy die Seun van God is. Eintlik is dit ‘n paradoks wat Markus gebruik om juis met die kruisgebeure Jesus se Goddelikheid te beklemtoon. Watter groter teenstelling kan daar nou wees, as dat die Koning van alle konings as vervloekte aan ‘n kruis sterf?

Maar dan sien ons hoe Markus telkemale teruggryp na die Ou Testament, en veral die Psalms om te wys dat Jesus die Groot Lydende Regverdige is. Daar is talle voorbeelde uit die Ou Testament van regverdige mense wat moes ly as gevolg van goddelose vyande wat hulle vervolg het. Markus wil wys dat Jesus moes ly ten spyte daarvan dat Hy totaal onskuldig was. Maar nie net dit nie - Hy het ook gewilliglik gely. Ons sien byvoorbeeld dat Jesus op die regte tyd na Jerusalem gegaan het, terwyl Hy deeglik bewus was daarvan dat Hy daar sou sterf. Hy het die nag in Getseman gaan bid terwyl Hy geweet het dat Judas Hom daar sou verraai. Tydens die verhoor het Jesus nie eers probeer om Homself te verdedig nie. Alles moes verloop volgens ‘n Goddelike plan. Wanneer Markus dan vertel van die Romeinse offisier wat daar by die kruis in verwondering erken dat Jesus waarlik die seun van God is, op grond van die wyse waarop Jesus gesterf het, is dit om die laaste spyker in te kap om dit te bevestig.

Markus wil h dat hierdie hele gedagte vir jou en my as gelowige moet aangryp. Maar nie alleen dat ons in verwondering sal staan en Jesus erken as God nie, maar dat ons ook die praktiese implikasies hiervan baie deeglik sal besef. In Markus 8:34 s Jesus vir Sy volgelinge, dat as jy Hom wil volg, moet jy bereid wees om ook jou kruis op te neem. As jy Hom wil volg, moet jy bereid wees om ook te ly vir die Evangelie. Hierdie gedagte druis natuurlik lynreg teen ons menslike wese in. Om te ly beteken vandag natuurlik nie meer om as martelaar te sterf nie, tensy jy in een van die Moslemlande bly waar Christene vandag nog steeds wreed vervolg word. Om te ly beteken ook dat ek as gelowige staan op wat reg is. Dit beteken om nie mee te doen aan skurwe of rassistiese grappe nie. Dit beteken ook om die Evangelie onbevange uit te dra en uit te leef, ten spyte daarvan dat ek dalk gespot gaan word daarvoor. Ten spyte daarvan dat ek verwerp kan word deur my vriendekring! Om te ly beteken dat ek dalk bereid moet wees om die nederigste take te verrig.

Ek wil jou uitnooi, liewe leser, om die pad wat Markus vir ons uitgestippel het, met blymoedigheid te stap ter wille van ons Here, Jesus Christus, die Seun van die lewende God.

Gebed:

Here, dankie vir die heerlike getuienis van Markus, en die wonderlike boodskap wat dit vir ons lewe inhou. Dankie dat ons vandag kan weet: U is die Lewende, Regerende en Liefdevolle God.


TERUG NA BO
Maandag 21 November 2016

Die Le Graf


Markus 16:1-8

Vir Petrus was dit die donkerste week wat hy nog it beleef het. Alles het so mooi begin met daardie wonderlike Sondagoggend toe Jesus triomfantlik Jerusalem binnegery het. Die mense se vreugdevolle dreunsang eggo nou nog deur sy kop en hy sien nog die swaaiende palmtakke. Maar toe begin alles skeefloop: eers die handelaars wat Jesus woedend uitgejaag het uit die tempel. En dan breek daardie verskriklike Donderdag aan. Almal kon die spanning aanvoel toe hulle daar saam om die tafel aangesit het vir die Paasmaaltyd. Toe het Jesus hulle die skokkende nuus meegedeel dat een van hulle, Sy intieme vriende, Hom sou verraai. Daardie nag in Getsemane - Jesus se angs, terwyl hulle gel en slaap het. En toe Judas se verraad. En Petrus se lafhartige verloning! Hy bars in trane uit as hy net daaraan dink. Hy huil bitterlik as hy dink aan die spot, die gseling, die doringkroon, die spykers, die kruis.

En toe breek die Sondagoggend aan. Dit was nog donker toe Maria Magdalena daardie oggend haastig na die graf toe draf-stap. Daar hang ‘n donker wolk oor haar gemoed as sy by die klipkoppie aankom waar Jesus begrawe is. Maar dan skrik sy haar yskoud, want asof dit nie genoeg was dat Jesus dood was nie, sien sy boonop dat die swaar klip voor die graf weggerol is! Iemand het haar Meester se liggaam gesteel!

Maria het nie eers verder gekyk nie - sy het sommer net daar omgedraai en teruggehardloop huistoe. Uitasem vertel sy vir Petrus en Johannes die verskriklike nuus: “Hulle het ons Meester weggevat, en ek weet nie waarheen nie! Iemand het Sy lyk gesteel! Wat gaan ons doen?”

Haasig is die twee manne die huis uit, en toe hardloop hulle so vinnig hulle kan om te gaan kyk wat daar by die graf aangaan. Die jeugdige Johannes het nie eers vir Petrus gewag nie - hy het sommer net gehardloop. Uitasem kom hy by die graf aan. Dit was presies net soos Maria Magdalena ges het! Die klip was voor die opening weggerol, en toe hy buk om by die graf in te kyk, sien hy tot sy groot ontsteltenis dat die graf leeg was. Wel, die graf was nie hltemal leeg nie, want op die klipbank waarop Jesus se lyk gel het sien hy die grafdoeke waarin sy Meester toegedraai was.

Kort op sy hakke kom Petrus uitasem daar aangehardloop. Versigtig klim hy deur die opening in die grafkamer in.

Jesus is nie daar nie.

Hy sien die doeke l, maar daar is iets wat vir hom gladnie sin maak nie: Eenkant, apart van die ander doeke, l die doek wat om sy Meester se kop gedraai was, netjies opgerol.

Johannes skraap sy moed bymekaar en klim ook in die graf in. Die twee manne kyk verslae, in ongeloof na die prentjie voor hulle. Wat kan dit tog beteken? Dit was twee baie verwarde manne wat daardie Sondagoggend stadig huistoe gestap het. Hulle het gladnie verstaan wat daar gebeur het nie.

En die doeke wat daar gel het? As iemand Jesus se lyk sou gesteel het, sou hulle in die eerste plek baie beslis nie eers die doeke afgerol het van Sy liggaam nie. As dit diewe was, sou hulle ook beslis nie die doeke daar laat l het nie - dit was iets kosbaar, en hulle kon dit verkoop het. Daarom het Johannes, alhoewel hy dit gladnie verstaan het nie, dadelik geglo dat Jesus opgestaan het.

Intussen het Maria Magdalena weer teruggegaan na die graf. Haar hart was stukkend oor haar geliefde Meester weg was. Sy het bitterlik staan en huil by die le graf. En dan, as sy weer in die grafkamer inkyk, sien sy deur haar trane twee manne sit. Hulle het spierwit klere aan. Sy het op daardie oomblik nie besef dat dit engele was nie. Toe vra hulle haar waarom sy so huil.

“Hulle het my Here weggevat, en ek weet nie waar hulle Hom begrawe het nie.” Met di, draai sy om. Agter haar staan Iemand: “Mevrou, waarom huil jy? Vir wie soek jy?”

Jesus was sekerlik die hl laaste persoon wat Maria daar verwag het. Deur haar trane het sy Hom nie eers herken nie. Haar eerste gedagte was dat hierdie Man die opsigter was. “Meneer, as U Hom weggevat het, s my asseblieftog waar julle Hom begrawe het. Ek sal Hom daar gaan haal.” Rou snikke skeur deur Maria. Sy was verlore sonder Jesus.

Dan s die Man vir haar: “Maria.” En onmiddellik herken sy Jesus se stem.

Johannes vertel vir ons dat Maria na hierdie blye ontmoeting reguit terug is na die ander dissipels toe. Sy het sekerlik al die pad gehardloop so vinnig sy kon, en sy het vir hulle vertel dat sy vir Jesus gesien het, en dat Hy leef en dat sy met Hom gepraat het. Sy het vir hulle vertel dat Jesus vir haar ges het om vir hulle te s dat Hy gaan opvaar na Sy Vader, en dat Sy Vader ook hlle God en Vader is.

Maria Magdalena was die heel eerste getuie vir Jesus.

In ‘n tyd toe vrouens absoluut gn s gehad het in die lewe nie - toe hulle slegs die man se eiendom was; in ‘n tyd toe die man l die s gehad het, en hulle die enigste was wat in die openbaar kon praat oor Godsdiens sake, word ‘n vrou die hl eerste een om te getuig van Jesus se opstanding.

Gebed:
Here, vanoggend jubel ons weereens oor die le graf - U het waarlik opgestaan! Jesus leef!


Vrydag 18 November 2016

Jesus se Begrafnis

Markus 15:42-47

Jesus se sterwe is skerlik een van die grootste hoogtepunte van die geskiedenis van die heelal. Daarom moet ons dalk nog ‘n slag daarna kyk - daar is sovl vrae rondom hierdie gebeurtenis. Gister het ons gesien hoedat die geharde Romeinse soldaat, ‘n volslae heiden wat Griekse gode aanbid, in verslaenheid aan die voet van die kruis staan en in ongeloof (?) sy kop skud. “Waarlik, hierdie Man ws die Seun van God!” was sy woorde. Met sy eie o het hy die dinge sien gebeur en het hy die dinge ervaar wat met Jesus se sterwe gepaard gaan. Hy besluit dat hierdie Man wat hy nog nooit vantevore ontmoet het nie, God is. En so word ‘n volslae heiden die hl eerste persoon wat besef dat, op grond van Jesus se lyding, Hy die lydende Seun van God is.

As ons die ander evangelies lees, sien ons dat daar ook ‘n paar ander dinge gebeur het wat Markus nie noem nie. Volgens Matteus was daar na die sonsverduistering ook ‘n hewige aardbewing. Rotse het uitmekaar gebars toe Jesus die laaste asem uitblaas. Grafte het oopgegaan en mense wat reeds lankal dood was het uit die dood opgestaan. Hierdie was waarskynlik gelowiges uit die Ou Testament. Baie mense het hulle gesien.

As ons Esegil 37 lees, word hierdie asemrowende visioen van Esegil skielik voor jou o ‘n werklikheid - die vlakte vol doodsbeendere wat vleis kry en herleef.

En dan was daar die voorhangsel was so bonatuurlik geskeur het - middeldeur geskeur deur die hand van God. God wou vir almal wys dat die ou bedeling finaal verby was. Die tempel is nie meer die sentrale plek van aanbidding nie. Alles staan nou oop na God toe. Daar is ‘n onbelemmerde uitsig reg tot in die Allerheiligste. Almal het nou deur Jesus se dood vrye toegang tot God, selfs daardie geharde heidense Romeinse soldaat.

Inderdaad bring Jesus se dood lewe!

Maar wanneer Jesus sterf is dit nie waar die wonderwerke ophou nie. Jesus sterf om 3-uur die Vrydagmiddag. Daar is slegs drie ure in die dag oor voordat die Sabbat begin. Dan mag daar niks gedoen word nie! Daar is dus drie ure om Jesus se begrafnis te rel. Die vraag is: wie gaan dit doen? Die elf manne skitter in hulle afwesigheid, dalk te bang dat hulle dieselfde lot as Jesus kon verwag, selfs al sou hulle maar net hulle gesigte wys. Hulle kon dus nie Jesus se liggaam gaan opeis nie. Die vroue wat daar naby staan en huil? Wel, hulle is maar net vroue - mense totaal sonder regte. Wie sou hom nou aan hulle steur? Alles lyk verlore en Jesus se liggaam sou maar daar moes bly hang tot die Sondag toe - dalk teen daardie tyd al opgevreet deur die aasvols.

Maar dan kom daar uitkoms uit ‘n totaal onverwagse oord, van iemand waarvan jy dit nooit sou verwag nie. Die uitkoms is van niemand anders nie as uit die Joodse Raad slf! Nogal een van die gerespekteerde lede van die Joodse Raad, Josef van Arimatea. Hierdie man waag sy lewe om na Pilatus te gaan en te vra vir Jesus se liggaam. As sy kollegas moet uitvind waarmee hy besig is, sal hulle hom kruisig! (Letterlik!)

Wanneer Josef by Pilatus kom, bevestig een van die offisiere dat Jesus al lankal dood is. Dit moes toe dus al laat-middag gewees het.

Die wonder is dat slegs ‘n gerespekteerde Raadslid soos Josef al die rompslomp sou kon omseil om Jesus se liggaam te kry. Eenvoudige manne soos Petrus en Johannes sou nooit toegang tot Pilatus kon kry nie. God het op ‘n wonderbaarlike manier selfs hier voorsien, en vir ons die wonder soveel groter gemaak.

Maar dit is nie al nie: Hierdie man was ook in die baie bevoorregte posisie om ‘n klipgraf te besit. En hy is bereid om sy graf, wat hom waarskynlik ‘n klomp geld uit die sak gejaag het, op te offer vir hierdie Man wat so pas ‘n vloekdood gesterf het. Die Jode het enigeen wat aan ‘n kruis gesterf het as ‘n vervloekte beskou, en daar was nooit it vir so ‘n persoon ‘n eerbare begrafnis gerel nie. Josef het selfs die moeite gedoen om linne te gaan koop spesiaal vir Jesus se begrafnis. Nadat hulle Hom van die kruis afgehaal het, het Josef Jesus se lyk in die duur linne toegedraai en Hom in die klipgraf neergel. Daarna is die klip voor die opening gerol.

Terloops, die klip was ‘n reuse “wiel” wat omtrent twee ton geweeg het. Dit het in ‘n voortjie afdraende beweeg om die opening te sel. Voor die tyd is dit in posisie gehou deur ‘n wig. Maar wanneer die wig verwyder word, rol die klip af, en is dit bykans onbeweegbaar. Dit sou ‘n hele span baie sterk manne kos om die klip weg te rol!

Maria Magdalena en Maria, die moeder van Joses het daar naby staan en kyk hoe Josef vir Jesus begrawe. Dit was ‘n hartsverskeurende droewige dag, maar terselfdertyd ‘n dag gevul met wonderwerke en tekens uit die hemel. Maar die grootste van al die wonders sou nog kom, daardie Sondagoggend baie vroeg.

Gebed:

Here, ek kan vanoggend net my hande saamslaan in verwondering. Elke klein detail is tot in die fynste besonderhede haarfyn beplan om die groot verlossingsdaad uit te voer. Dankie Here, dat U my geloof weereens versterk met die herlewing van hierdie gebeure.


Donderdag 17 November 2016

Jesus sterf

Markus 15:33-41

Die ure draal pynlik stadig verby. Drie bittere ure het reeds verbygegaan terwyl Jesus ontbloot aan al die elemente en ontbloot aan die spot van die Romeine en die koggel van Sy volk, die volk van God daar hang in die grootste pyn denkbaar. Hy is dors tot die dood toe van al die bloedverlies. Die wonde aan Sy rug skaaf gedurig teen die rowwe, besmette houtkruis. Inflammasie in die wonde brand soos vuur. Die ongenaakbare son brand my Here se naakte liggaam waar Hy uitgestal word vir die wreld om te aanskou. Hy sukkel om asem te kry. Nie een van Sy vriende is daar om Hom te ondersteun of Hom moed in te praat nie. Eensaam hang Hy daar tussen twee moordenaars - hulle, skuldig tot die dood toe - Hy onskuldig.

Stadig begin die mense rondom die kruis bewus word van iets wat gebeur. Daar hang ‘n doods-atmosfeer in die lug. Dan skree iemand: “Die son...... kyk, die son verdwyn!” Be-angs klou die mense aan mekaar vas, as hulle sien hoe dit stadig al donkerder word. “Wat is aan die gang?” vra die soldate vir mekaar. So ‘n verskynsel het hulle nog nooit beleef nie. “Die gode straf ons oor hierdie Man!” waag een dit, maar hy word gou stilgemaak. Om twaalfuur sak ‘n volslae duisternis toe oor die aarde. In Jerusalem heers daar chaos - wanorde.

‘n Entjie van die kruis af staan ‘n groepie vroue en huil. Hulle staan nou al ure daar, magteloos om iets te doen aan die situasie. As die donker om hulle toevou, wonder hulle of dit nie ‘n teken is van God se oordeel oor die mense wat Jesus gekruisig het nie. Die grootste van alle sondes is om God te verwerp. Is dit nie wat hierdie mense gedoen het nie? Hulle het God verwerp op die mees veragtelike wyse wat jy jou kan voorstel. Sou daar ooit vir enige van hulle redding moontlik wees? Maar dit is ‘n vraag vir ‘n ander dag!

Traag sleep die ure van duisternis verby, terwyl Jesus steeds aan die kruis worstel met die allerverskriklikste, onbeskryflike pyn en ongemak. Hy raak nou baie swak, en daar is gn manier waarop Hy Sy gefolterde liggaam kan ondersteun nie.

Uiteindelik, teen drie-uur die middag, maak die son weer sy verskyning. Die nag is verby - ten minste vir sommige. Deur al hierdie dinge het Jesus niks ges nie. Hy hang daar in totale eensaamheid terwyl Hy in stilte Sy smaad, angs en pyn dra. Maar dan, om drie-uur die middag word almal om die kruis tot stilstand geruk wanneer Jesus Sy laaste kragte inspan en hard uitroep: “Elo, Elo, lem sabagtani?”

Skielik is dit doodstil om die kruis. Daar hang ‘n skrikwekkende stilte in die lug. Dan breek een van die manne spottend die stilte: “Hy roep vir Elia.....” Dan bars daar weer ‘n vlaag van spot en koggel uit onder die mense, en hulle lag. Die vroue daar naby wil ineenkrimp van pyn vir hulle Meester.

“Gaan haal wyn!” beveel een van die priesterhoofde, “Ek wil hoor of Hy dalk nog iets gaan s.”

“Ja,” beaam een van sy kollegas, “dalk kom Elia Hom persoonlik hier afhaal!” Die manne bulder van die lag oor die grappie.

Wat hulle nie besef nie, is die ware betekenis van hierdie woorde, ‘n aanhaling uit Psalm 22, wat beteken: “My God, My God, waarom het U my verlaat?” In Sy oomblik van grootste angs wend Jesus Hom tot God - iets wat vir ons totaal onverstaanbaar is. Hy is dan slf God! Hoe kon Hy dan van God verlaat wees? Was Sy menslikheid en Goddelikheid op daardie oomblik so verskriklik geskei? Dit skreeu Jesus se situasie van absolute verlatenheid en diepste magteloosheid uit. Dit is ‘n situasie wat gn mens nog ooit ervaar het nie. Ons staan vandag maar net in stomme verbasing oor die diep misterie van hierdie verskriklike gebeurtenis.

Kort daarna roep Jesus hard uit, en dan blaas Hy die laaste asem uit.

Aan die voet van die kruis staan ‘n geharde Romeinse offisier. Koue rillings gaan deur sy liggaam as hy hierdie dinge aanskou: “Waarlik, hierdie Man ws die Seun van God!” kom hy tot die slotsom.

Op daardie oomblik gebeur daar elders in die stad ‘n ding wat die Jode koue rillings gee: in die tempel kyk die priesters toe hoedat die reuse gordyn wat die Allerheiligste plek afsper, die voorhangsel, voor hulle o op ‘n bonatuurlike manier middeldeur skeur, van bo na onder, asof twee reuse hande dit uitmekaar skeur. Agter hierdie gordyn - so is geglo - is God op ‘n besonderse manier teenwoordig. God se oordeelsteken hiermee is dat die Jode vir Jesus onregverdig ter dood veroordeel het. Nou verwerp Hy hulle tempeldiens en Godsdiens omdat hulle Sy Seun verwerp het. Hy sal van nou af nie meer in die Allerheiligste teenwoordig wees nie. Die tragiese is dat die ganse tempel later verwoes is, en dat daar vandag nie ‘n enkele klip daarvan oorgebly het nie.

Gebed:

Here, ek huil elke keer as ek hierdie gebeure herleef. Sal ons ooit verstaan deur watter verskriklike smarte U vir ons gegaan het?


Woensdag 16 November 2016

Gekruisig.

Markus 15:21-32

Het jy al ooit gewonder presies wat gebeur het tydens ‘n kruisiging in die Bybelse tyd? Dit was seker die wreedste van al die teregstellingsmetodes van daardie tyd. Dit kom al ‘n lang pad, en dit is bekend dat dit reeds in 700 vC gebruik was. Die Romeine het hierdie vorm van teregstelling baie algemeen gebruik, maar dit is gewoonlik slegs vir slawe of mense uit die laagste klas van die samelewing gereserveer.

Ook by die Jode was dit bekend: die goewerneur van Siri het byvoorbeeld in 4 vC nie minder nie as 2000 Jode laat kruisig.

Vir die Romeine was dit ‘n uitstekende afskrikmiddel, omdat dit mense met vrees en bewing gevul het. Dit was ‘n stadige en uiters pynlike dood, wat dikwels dae lank geduur het. Eers is die veroordeelde gegsel om hom te verswak en dan was hy gedwing om die swaar dwarsbalk van die kruis na die teregstellingsplek te dra. Dit het hom natuurlik verder uitgeput en het die straf soveel groter gemaak. Die regop paal was altyd by die teregstellingsplek gelos. Dus is die voorstelling dat Jesus ‘n kruis na Golgota gedra het, verkeerd. Hy moes slegs die dwarsbalk dra. Dikwels is die gekruisigdes se dood verhaas deur hulle met ‘n spies te steek of hulle bene te breek.

Jesus was egter alreeds so uitgeput van die wrede marteling dat Hy nie meer krag gehad het om die kruis se dwarsbalk te dra nie. Die Romeinse soldate het toe sommer iemand langs die pad voorgekeer om Hom te help. Markus noem baie noukeurig wie die man was, asook sy seuns se name. Dit laat ‘n mens vermoed dat hierdie Simon van Sirene of sy seuns dalk later ‘n groot rol gespeel het in die kerk.

Markus noem dat daar vir Jesus wyn met mirre gegee is. Dit was destyds gebruik as ‘n verdowingsmiddel teen pyn. Wanneer Jesus weier om dit te drink, kan dit dalk wys dat Hy end-uit by Sy bewussyn wou bly, asook dat Hy die volle straf wou dra, en nie gehelp word om dit ligter te maak nie.

As daar genoem word dat hulle Jesus se klere verdeel het, moet ons weet dat ‘n gekruisigde se klere alles uitgetrek was. Hy het dus kaal aan die kruis gehang as deel van sy vernedering. Die prente wat Jesus dus voorstel waar Hy ‘n lendedoek om het, is nie ‘n akkurate weerspieling van wat werklik gebeur het nie.

Hierdie is ‘n paar agtergrond feite om jou beter te laat verstaan waardeur Jesug werklik gegaan het.

Kort voor nege-uur daardie swart Vrydagoggend sien ons vir Jesus waar Hy die steiltes van die Golgota-koppie opklim, gevolg deur Simon met die kruis se dwarsbalk en ‘n afdeling spottende, vloekende soldate. Hy is reeds tot die dood toe uitgeput, van die verskriklike liggaamlike sowel as geestelike marteling. Hy verduur hierdie dinge alreeds van die Donderdagaand af, die aand toe Judas hom verraai het en Sy intieme vriende wat Hom verlon het. Die spot; die onmenslike gseling; die doringkroon - al hierdie dinge het alreeds hulle tol ge-eis.

Maar nou kom die ergste deel. Ruwe spykers word deur Jesus se gewrigte (of dalk Sy hande) gekap om Hom aan die dwarsbalk vas te spyker. Die pyn is ondraaglik, onbeskryflik, as die dik ysterspykers Sy gewrigbene vermorsel in die proses. En dan word Hy teen die paal opgehys en spykers word ook deur Sy voete of enkels gekap. Jesus krul van pyn, maar Hy is magteloos. Om die pyn en vernedering te vererger, word Hy gespot en gelaster deur verbygangers, die priesterhoofde en Skrifgeleerdes. Hulle verlekker hulle in Jesus se (skynbare) magteloosheid. “Red jouself en kom van die kruis af!” koggel hulle Hom. Selfs die twee wat saam met Hom gekruisig word, maak ‘n bespotting van Jesus. Die kerkleiers het Hom staan en uitlag: “Hy het ander mense gered, maar Homself kan Hy nie red nie!” Vulgr lag hulle: “Laat die Christus, die Koning van Israel, dan nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en in Hom kan glo!”

Magteloos. Verraai deur Sy eie vertroueling. Verlaat van Sy vriende. Verslae. ‘n Totale mislukking van Sy triomftog! So wil dit ten minste vir die Joodse leiers voorkom. En so wil dit ook vir Petrus en die ander lyk. Maar dit is allesbehalwe wat dit voorkom, want Jesus het vooraf elke detail geweet. S maklik kon Hy gevlug het, maar Hy het reguit na Jerusalem gegaan, waar Hy geweet het dat hulle Hom sou arresteer. Met Sy briljante redenasievermo, wat ons regdeur die Evangelie sien, kon Hy homself losgepraat het tydens beide verhore. Hy het nie. Hy was by magte om ‘n lerskaar van engele op te kommandeer en die Joodse Raad te verdelg. Maar Hy het nie. Hy het gekies om die volle pad te stap en die volle straf te dra. Ten volle bewus van wat met Hom sou gebeur, het Hy gewillig die kruisweg geloop; Hom laat gsel; Hom laat spot; Hom laat verneder; Hom laat vasspyker aan die kruis.

Waarom? Hy het bitter duur betaal vir die sondes, die oortredinge van elkeen wat in Hom glo, sodat ek en jy ten volle vrygespreek kan wees.

Gebed:

Here, Ek kan nooit ooit genoeg dankbaar wees vir wat U vir my gedoen het nie.



Dinsdag 15 November 2016

Geslaan en Gespot

Markus 15:15-20

Soldate kan verskriklike goed wees. Ek het al baie geluister na die stories van die manne, wat hulle alles aangevang het in hulle weermagjare. Ek was slf in die sestigs in die weermag vir nege maande. To was dit nog redelik mak. Maar toe kom die bosoorlog, en baie van die manne raak skoon “bossies”. Dikwels het hulle met moord weggekom! Vir ander mense se eiendom het hulle absoluut gn respek gehad nie. As die manne moet oorleef in die bos, is daar dikwels van boere se skape en hoenders “gevat”, en as sy bees dalk hulle pad sou kruis, dan het di ook stilletjies verdwyn, en die manne het braaivleis gehou met ‘n groot gejuig. Dikwels was dit waarlik die skuim van die aarde wat in die weermag was. Verkragtings en aanrandings was aan die orde van die dag. Gelukkig was meeste van die manne darem “normaal.”

Ongelukkig is dit maar so, dat die weermag mense hard en ongenaakbaar maak. En so was dit natuurlik ook met die Romeinse soldate in Jesus se tyd - rowwe manne wat die frustrasies van hulle harde weermaglewe uitgehaal het op hulle slagoffers.

Pilatus besluit om die Jode hulle sin te gee ter wille van stabiliteit in Jerusalem en Judea. Hierdie provinsie was juis berug vir voortdurende politieke onrus. Uiteraard is sy goeie naam op die spel, en hy wil nie deur hor gesag oor die kole gehaal word oor ‘n opstand nie. Daarom gee hy Jesus oor aan die soldate. Standaard prosedure was dat iemand wat gekruisig word, eers gegsel word. Die gsel was ‘n sweep met ‘n klomp punte wat stukkies yster vooraan gehad het. Die fliek: “Passion of the Christ” gee ‘n baie goeie voorstelling van die verwoesting wat hierdie martelinstrument aan ‘n mens se liggaam kon aanrig. Die idee was dat die persoon se liggaam so verswak word as gevolg van wonde en bloedverlies, dat dit sy dood sou verhaas met die kruisiging.

Jesus word dus weggelei na die binnehof en aan ‘n paal vasgemaak, nadat Sy boklere uitgetrek is. Met ‘n ontblote rug staan Hy daar, absoluut weerloos teen die Romeinse soldaat met sy gsel. Die eerste hou val op Jesus se rug, en ruk stukkies vleis uit Sy vel. Met al die krag in hom, haal die soldaat sy opgeboude frustrasies uit op Jesus. Hou op hou ren op Hom neer terwyl Hy krul en skreeu van pyn. Die pyn is ondraaglik, maar Hy staan daar, magteloos. Die manne lag as hulle sien dat hierdie sogenaamde Koning die pyn naderhand nie meer kan vat nie. Elke keer as die gsel op Hom neerkom, spat die bloed.

Uiteindelik is die nagmerrie verby, en word Jesus losgemaak. Hy is onherkenbaar stukkend geslaan. Maar steeds is dit nie die einde nie. Nou word die hele afdeling soldate bymekaar geroep. Hierdie is tog ‘n groot geleentheid as ‘n “Koning” onder hulle hande kan deurloop. Iemand bring ‘n pers mantel na vore, want ‘n koning moet mos purper dra. Dit bulder van die lag as hulle dit vir Jesus om Sy stukkende skouers hang. ‘n Riet moet dien as Sy septer.

Maar dan sit hulle met ‘n dilemma: wat van die kroon? Die Koning moet ‘n kroon h, en waar gaan hulle vir Hom een kry? Dan kry een soldaat ‘n blink gedagte: In die binnehof het hy ‘n rankplant gesien met die allerverskriklikste dorings. Versigtig sny hy ‘n rank af met sy swaard en vleg dit in ‘n kroon. Wanneer dit op Jesus se kop gesit word, bulder die manne weer van die lag. Die kroon word behrlik vasgedruk sodat die dorings diep in Jesus se kopvel indring. Hy het nie meer krag om te skree van pyn nie. Bloed stroom oor Sy gefolterde gesig. “Ons groet u, Koning van die Jode!” buig een van die manne gemaak-eerbiedig voor Jesus, en die ander kraai van die lag. Iemand slaan Hom van agter met ‘n stok oor die kop, en forseer die dorings nog dieper in Sy kop in. Die manne buig die knie voor Hom soos vir ‘n koning, asof hulle vir Hom groot eer betoon. Ander spoeg veragtelik op Hom.

Dan blaf die bevelvoerder dat dit nou genoeg is. Dit word laat, en Jesus moet nog gekruisig word. Hulle pluk die pers mantel af en gee Hom sy klere om aan te trek. Die swaar hout dwarsbalk van die kruis word op Jesus se skouers geplaas en met ‘n tou vasgebind sodat dit nie afval nie. Hy steier onder die gewig van die stuk rowwe hout. En dan word Hy weggelei na ‘n klipkoppie buite die stad, Skedelbeen-koppie, Golgota.

Ek wil my ore toedruk om nie te hoor hoe Jesus skreeu van pyn, daar waar Hy gegsel word nie. Ek wil my hande voor my o hou om nie te sien hoe die bloed van Hom afstroom nie. En ek wil weghardloop om nie te sien hoe Hy wreed gespot word nie. Besef ons werklik deur hoeveel helse pyn Jesus gegaan het, selfs nog vr die kruisiging plaasgevind het? Besef ons aldag hoe ondraaglik, hoe onmenslik die lyding was wat Hy moes deurmaak vir jou en my? Besef ons werklik? Sal ons it kan besef hoe duur ons gekoop is? En leef ons ooit genoeg ons dankbaarheid uit ?

Gebed:

Here, my hart huil as ek dink aan die lyding wat U vir my moes deurgaan. Gee my ‘n ware dankbare hart, asseblief Here.


Maandag 14 November 2016

Voor Pilatus

Markus 15:1-15

Dit is met gemengde gevoelens wat die hopriester vir Jesus na Pilatus stuur. Die magte van die Joodse Raad is ingekort deur die veragtelike Romeine. Hulle kan byvoorbeeld nie aan iemand die doodsvonnis opl nie, al het die beskuldigde ook h erg oortree. Slegs die goewerneur wat deur die Romeine aangestel was, was bevoeg om dit te doen. Nou moet hy, wat hopriester van Israel is, homself verneder om Jesus na hierdie gehate Romein, die onrein heiden Pontius Pilatus te neem.

Pilatus was allesbehalwe die Jode se liefling. Gierig, gevoelloos en hard soos klip! En vir God het hy natuurlik absoluut niks omgegee nie! By geleentheid wou hy ‘n waterleiding laat bou in Jerusalem. Joodse aristokrasie is gevra om dit te befonds, maar hulle het geweier. Pilatus het net eenvoudig uit die skatkis in die tempel die nodige geld laat haal! Natrlik het die skare in opstand gekom oor hierdie skending. Pilatus het eenvoudig sy soldate vermom soos Jode. Gewapen met knuppels het hy hulle onder die mense ingestuur. Hierdie wreedaards het gemaai onder die niksvermoedende Jode, en talle het gesterf.

Vir die hopriester en die ander lede van die Joodse Raad het Jesus egter so ‘n obsessie geword, dat hulle selfs bereid was om saam met die gehate Pontius Pilatus te werk om Hom uit die weg te ruim. Maar nou sit hulle met ‘n dilemma: Sou hulle na Pilatus gaan met die aanklag waarop hulle Jesus skuldig bevind het, dat Hy beweer dat Hy die Christus, die Seun van God is, sal Pilatus hulle uitlag en wegstuur. Hulle moet ‘n politieke aanklag fabriseer om nigsins sy aandag te trek. Jesus ms gesien word as ‘n bedreiging vir die Romeinse Ryk.

Is dit nie ironies nie, dat die siening wat die Jode gehad het van die Messias, waarlik iemand sou wees wat ‘n bedreiging sou wees vir die Romeinse Ryk? Hy sou, volgens hulle begeerte, die Jode bevry van die Romeinse juk. En nou kom hulle en formuleer juis die aanklag so, dat Jesus Homself sou voordoen as die Koning van die Jode. Hy is dus uiters gevaarlik (polities).

Dit was nog baie vroeg daardie oggend toe die belangrike manne met Jesus by Pilatus se asemrowende paleis opdaag. Pilatus was gewoond daaraan dat gn ordentlike Jood ooit sy voete in daardie paleis van hom sou sit nie, uit vrees dat hulle dalk die een of ander onreinheid sou optel. Hy was immers ‘n heiden! Hy verkies dit egter ook maar so, want wie wil nou jou drumpel deurgetrap h deur ‘n spul simpele Jode? Wanneer hy dus op sy balkon uitgaan om die klomp daar onder te woord te staan, skrik Pilatus half, want dit is nie net meer die Sanhedrin wat die beskuldigde na hom toe bring nie, maar die helfte van Jerusalem staan daar onder sy balkon en betoog. En hulle is moeilik!

“Ja,” lag Pilatus in sy mou, “die ou jakkals, Kajafas! Natuurlik weer die skare opgesweep om agter hom te staan!”

“Wat is die aanklag?” wil Pilatus weet van ‘n soldaat met ‘n nota van die woordvoerder van die Sanhedrin af. Voor Pilatus staan Jesus in boeie. Pilatus lees en dan kyk hy op na Jesus: “Is jy die Koning van die Jode?” As hy na die Man voor hom kyk, kan hy nie glo dat die Man s ‘n aanklag kan regverdig nie! Hy lyk nie aggressief nie en beslis nie iemand wat die regering sou wou omverwerp nie.

“Dit is soos u s.” antwoord Jesus. Hy ontken dit nie, maar Hy aanvaar ook nie die aanklag heeltemal nie. Ja, natrlik is Hy Koning, maar baie beslis nie in die sin wat die Jode bedoel nie!

Pilatus besef baie gou dat hierdie ‘n opgemaakte storie is van ou Kajafas, en dat Jesus eintlik onskuldig is. Dit is maar die priesterhoofde se afguns wat Jesus hier voor hom laat staan. Hy kan mos nie hierdie Man so onskuldig veroordeel nie? Hy kyk na die skare wat steeds al hoe groter aangroei. Dalk is hulle nie so ongenaakbaar soos hierdie klomp priesters nie. Dan dink hy aan ‘n briljante idee: As hy vir hulle die keuse sou gee tussen Jesus en daardie geharde moordenaar, Barabbas, sal hulle tog skerlik eerder vir Barabbas in die tronk wou sien as Jesus? “Wie moet ek vrylaat, Jesus of Barabbas?” vra hy vir die skare.

“Laat Barabbas vry!” skree hulle soos een man. Kajafas glimlag, dit het gewerk!

“En wat wil julle h moet ek met hierdie Man  maak, die een wat julle die Koning van die Jode noem?”

“Kruisig Hom! Kruisig Hom!” skree hulle.

Pilatus wil nog probeer vra wat Jesus dan so vreeslik verkeerd gedoen het, maar dit eggo deur die klowe van die Kidronvallei: “Kruisig Hom! Kruisig Hom!”

Is dit nie ironies nie, dat die eerste mens wat vrygemaak word deur Jesus se kruisdood, die moordenaar, Barabbas was? Jesus het gekom om Sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie. Selfs vr Sy kruisiging neem Hy alreeds die plek in van ‘n moordenaar. En terwyl Hy nog aan die kruis hang, word ‘n tweede moordenaar, Sy mede-gekruisigde k vrygespreek van God se straf. Jy kan ook vrygespreek word!

Gebed:

Jesus, dankie dat U ook in my plek die straf gedra het.

TERUG NA BO

Vrydag 11 November 2016

As die Haan Kraai......

Markus 14:66-72

Terwyl die tempelwagte en die manne met die stokke en kieries vir Jesus na die huis van die hopriester neem, volg Petrus hulle op ’n afstand. Hy kan nie bekostig dat hulle hom nou gaan sien nie. Buiten vir die raserige klomp daar voor by die Meester, is die strate stil en verlate – dit is immers in die vroe oggendure! By ’n groot huis in die bo-stad kom die stoet tot stilstand “Dit mt die hopriester se huis wees!” dink Petrus. Hulle is nou nie ver van die verfoeilike ou Herodus se paleis af nie. Petrus maak ’n besluit: Hy wil daar binne wees naby sy Meester. Dalk kan hy selfs sien wat hulle met Hom maak. Moontlik kan hy die Meester bystaan.

Die deur is half oop, en Petrus sluip in. Nou bevind hy hom in die groot binnehof van Kajafas se huis. Vir drdie tyd van die oggend is hierdie huis ’n baie besige plek. Oral staan mense rond. In die middel van die hof brand ’n vuur om die oggendkoue ’n bietjie te verdryf en ’n paar manne staan hulleself by die warm vlamme en warm maak. Die Man van Nasaret, Jesus, is die besprekingspunt by elke groepie. Petrus hou hom maar eenkant – hy ken tg niemand hier nie. Gelukkig sal niemand hier hom ook herken nie. Hy wonder wat gebeur daar binne met sy Meester? Hy is teleurgesteld dat hy nie kan sien wat aangaan nie. Iemand praat iets van ’n hofsaak teen die Nasarener. Maar waaraan kan hulle Hom dan skuldig vind?

Die ure draal stadig verby. Petrus merk dat een van die diensmeisies hom snaaks aankyk. Herken sy hom dalk? Hy probeer die doek laag oor sy o trek, maar dit maak die meisiekind net meer nuuskierig. Petrus se hart krimp ineen as sy reguit na hom toe stap: “Jy was mos ook saam met daardie Man van Nasaret, Jesus?” wil sy weet, “Ek is sker ek het jou saam met Hom gesien!”

Petrus se mond word kurkdroog: “Nee…. Nee, jy maak seker ’n fout. Ek ken Hom nie! Ek verstaan nie wat jy probeer s nie...”

As die meisie omdraai, word Petrus yskoud. So byna-byna het hy alles opgemors. Hy sal nou baie versigtiger moet wees dat hulle hom nie dalk herken nie.

Iewers agter die gebou kraai ’n haan dat die nag amper verby is. Vaagweg maak dit iets in Petrus wakker. Uit die hoek van sy oog hou hy die diensmeisie dop. Sy stap terug na haar maats. Hy kan sommer sien dat hulle hm bespreek, want kort-kort kyk die meisies om na hom. Hy trek die doek nog laer oor sy o. Hy probeer baie hard wegkruip agter sy stukkie lap.

’n Tweede keer kom die meisie na Petrus: “Jy is versker een van daardie Man se volgelinge! Die ander s ook so. Hulle het jou saam met Hom gesien!” Die meisie kyk Petrus reguit in die o: “Moenie ons om die bos probeer lei nie! So ’n rowwe gesig soos joune vergeet mens nie maklik nie!”

“Nee, julle maak ’n groot fout!” Petrus lag half senuweeagtig, “Julle verwar my met iemand anders. Ek weet nie wie daardie Man is waarvan julle praat nie.”

Die groepie diensmeisies verdwyn genadiglik na binne en Petrus begin meer gerus voel. Iemand stap verby hom op pad na die vuur. Skielik steek hy vas en draai om: “Haai manne! Kyk net wat het ons hier! Jy is mos een van daardie Galiler se maatjies?”

“Nee, nee.....” protesteer Petrus, “ek weet nie waarvan julle praat nie!”

“Ja waarlik!” antwoord iemand by die vuur, “Ek het jou Maandag daar by die tempel gesien! Jy was saam met Hom toe hy die handelaars so uitgesmyt het.” Die ander lag vulgr. “Nee, nee....” wil Petrus protesteer.

“Man, moenie ons probeer flous nie, ons is mos nie blind nie! Enige aap kan mos sien dat jy ’n Galiler is nes Hy! Al julle simpele Galilers lyk mos eenders!”

Nou is Petrus woedend: “Kan julle dit nie in julle simpele koppe kry dat ek daardie Man van wie julle praat van gn kant af ken nie!” ’n Paar lelike woorde verlaat Petrus se mond. Hy vloek die manne wat hom so “vals” beskuldig, en hy sweer dat hy wat Petrus is vir Jesus nog nit geken het nie.

Dan kraai die haan weer ....... oorverdowend hard. “Voordat die haan ’n tweede keer kraai, sal jy My drie keer verlon Petrus.” Jesus se woorde van die vorige aand weergalm deur Petrus. Hy draai om en hardloop by die deur uit, die nag in. Rou snikke skeur deur sy bors. “Petrus, hoe kn jy ..... hoe kn jy!” Trane stroom oor Petrus se gesig as hy bid en God om vergifnis smeek. Dat hy willens en wetens so ’n veragtelike ding kon doen!

Agter hom hoor hy die deur oopgaan en dan word Jesus, sy Rabbi en Meester deur ’n spottende skare uitgelei die straat op. Waarheen? Dit weet Petrus nie. Maar hy is sker hy kon sien dat Jesus reguit vir hom kyk, daar waar hy in die donker skuil. En hy is sker hy kon in Jesus se o lees: “Toemaar Petrus, Ek verstaan.......”

Gebed:

Here, hoeveel maal in my lewe het ek nie ook al soos Petrus U verlon nie. Nes Petrus bid ek ook om vergifnis. Dankie Here, dat U verstaan en dat U my alreeds vergewe het.


TERUG NA BO

Donderdag 10 November 2016

Voor die Joodse Raad

Markus 14:53-65

In die vroe oggendure, nog lank voordat die haan gekraai het, word Jesus voor die Sanhedrin, die Joodse Raad gebring. Vir ’n begin, was hierdie ’n onwettige verhoor, want volgens Joodse regpleging was dit nie wettig om regspraak te lewer in die nag nie, en veral nie om die doodsvonnis op te l nie.

Die Sanhedrin het bestaan uit 70 lede. Die hopriester was die voorsitter. Verder is die Raad saamgestel uit priesteradel, familiehoofde (verteenwoordigers van vername Joodse families) en Skrifgeleerdes. Die Skrifgeleerdes was meestal Farisers.

Nog lank voordat die verhoor begin het, het hierdie mense alreeds besluit dat Jesus skuldig is. Hulle het slegs n ding in gedagte gehad, en dit is dat Hy tereggestel moes word! Hy sou beslis nie ’n regverdige verhoor van hulle kry nie en hierdie hoogheilige manne sou selfs so ver gaan as om vals getuienis teen Hom in te bring om in hulle doel te slaag. Al wat hulle moes doen, was om ’n aanklag te kry wat Hom skuldig gaan bewys. Maar dit was ’n bietjie moeiliker as wat hulle gedink het. Die probleem was dat die getuies wat hulle geroep het nie met mekaar kon ooreenstem nie. Volgens Deuteronomium 17:6 was dit noodsaaklik dat getuies eenparig moes wees, anders kon ’n vonnis nie voltrek word nie.

Markus sonder een spesifieke getuienis uit wat gelewer is. Volgens hierdie man sou Jesus ges het dat Hy die tempel sou vernietig, en binne drie dae ’n ander een bou, een wat nogal nie deur mense gemaak is nie. Selfs oor hierdie getuienis was daar nie ooreenstemming nie. Na alle regte was die hopriester eintlik verplig om die saak uit te gooi op grond van onvoldoende getuienis. Maar hy doen dit nie. Hier is dus alreeds die tweede wetlike aspek wat die hof onwettig maak.

Die hopriester steur hom egter nie aan die wettigheid van die verhoor nie en gaan net eenvoudig onverstoord voort om Jesus verder te ondervra. Alle wetlikheid word oorboord gegooi om Jesus aan die pen te laat ry.

Dan vra die hopriester vir Jesus of Hy die Christus is? Is Hy die Seun van Hom aan wie die lof toekom? Uit vrees dat hy per ongeluk die Naam van God ydellik gebruik, verwys hy na God as “Hom aan wie die lof toekom.” Baie wetsgehoorsaam in een opsig, maar in die ander gooi hy die wet totaal by die venster uit!

Jesus antwoord hom reguit dat Hy wl die Een is. Ons het gesien dat Jesus regdeur die Markus Evangelie tot dusver baie versigtig was dat die feit dat Hy die Messias is, nie uitlek nie. Nou maak Hy dit egter openbaar, want nou het die tyd aangebreek om dit af te kondig. Sy lydingstyd het nou ’n hoogtepunt bereik, en nou is die tyd ryp daarvoor dat almal moes weet dat Hy die Messias is, ook die Joodse Raad. Daarom gaan Jesus voort en Hy vertel vir die hopriester baie meer as wat hy werklik wou weet: “Julle sal die Seun van die mens sien waar Hy sit aan die regterhand van Hom wat magtig is, en wanneer Hy kom op die wolke van die hemel."

Die hopriester is hewig ontsteld! So erg is sy ontsteltenis dat hy sy klere skeur, nes Jakob van ouds toe hy hoor dat Josef dood is. Jesus se woorde is vir hom suiwer Godslastering. Vir so ‘n afgryslikheid is slegs een straf goed genoeg: die doodstraf! Natuurlik moes dit eers deur die Romeinse owerheid bekragtig word, want die Joodse Raad was nie by magte om die doodsvonnis te voltrek nie.

Die volle Joodse Raad stem eenparig saam dat Jesus skuldig is en dat Hy die dood verdien. Skuldig? Waaraan? Dat Hy die waarheid gepraat het? Skuldig omdat Hy die Seun van God is?

Die tragiese is dat die sewentig manne wat Jesus verhoor, almal leiers is en mense wat die Skrifte deeglik ken. Hulle moes uit die Skrifte geweet het dat slegs die Messias in staat kon wees om die dinge te doen wat Jesus gedoen het. Vir oulaas kon hulle nog hoor as Hy persoonlik vir hulle in gn onduidelike taal bevestig dat Hy wl die Messias is. Wat maak hulle daarmee? Nee, hulle val nie in aanbidding neer voor die Seun van God nie, maar begin om Hom te spot. Hulle maak ’n bespotting van God, terwyl hulle terselfdertyd uit respek vir God nie eers Sy Naam hardop wil noem nie! Dit rym nie!

Jesus kon stilgebly het en vir hulle absoluut gn aanklag gegee het waarop hulle Hom kon skuldig vind nie. Hy doen dit egter nie. Hy stap gewillig Sy dood tegemoet. Waarom? Omdat dit die Goddelike plan is waarvolgens Sy eie Goddelikheid bekend gemaak moes word aan die mensdom.

Dit was egter nie die enigste rede nie: daar was ’n groot offer wat Jesus moes bring en dit kon slegs gebeur as Hy onskuldig ter dood veroordeel sou word. Daarom gee Jesus hulle genoeg rede om wl die vonnis op te l. Die offer sou behels dat Hy die straf – die vlle straf – moes dra om te betaal vir die sondes van elkeen wat in Hom glo. Dit sluit ook vir jou en my in. Ja, Hy het alles, lles betaal!

Gebed:

Here, dit wil skree hier binne my, elke keer wanneer ek lees hoe verskriklik onregverdig U Seun, Jesus veroordeel is. Maar dan besef ek dat dit vir my was. Maak my asseblief opreg dankbaar daarvoor.


TERUG NA BO

Woensdag 9 November 2016

Verraad in die Nag

Markus 14:41-51

Petrus word weereens wreed uit sy slaap geruk wanneer Jesus die derde keer na die drie manne toe kom: “Slaap en rus julle nog?” Petrus voel asof hy inmekaar kan krimp van skaamte. “Die tyd het gekom,” kondig Jesus aan, en skielik voel dit vir Petrus asof sy hart wil gaan staan. Daar is iets in Jesus se stem wat vir hom s dat al die dinge waarvan die Meester gepraat het, nou gaan gebeur. “Die Seun van die Mens word in die hande van die sondaars oorgegee.”

Nou is Jakobus en Johannes ook wawyd wakker. “Meester?” huiwer Johannes met ’n vraag wat hy dalk liewer nie wil vra nie.

“Staan op, kom ons loop,” s Jesus. “Kyk, die man wat My verraai is hier naby.”

Fakkelligte kom tussen die bome aangesweef. Voetstappe van baie mense, in doodse stilte, asof hulle iemand bekruip. Petrus se hart klop wild in sy borskas. “Nou is die tyd om die Meester ten alle koste te beskerm! Ek het mos ges dat ek by Hom sal staan deur dik en dun. Ek gaan Hom verkeerd bewys!”

As die optog tussen die olyfbome deur voor hulle verskyn, herken Petrus die man wat heel voor stap onmiddellik. “Jou lae uitvaagsel!” wil hy skree. “Jou addergebroedsel!” Maar hy kry nie ’n geluid uit nie. Magteloos kyk hy toe hoe Judas reguit na Jesus loop. Petrus voel dat hy wil ontplof. Skielik is die stilte ook weg en almal praat gelyk. Bevele word uitgeskree, en daar heers chaos. Van al die lawaai het die ander manne nou ook wakker geskrik, en hulle kom aangehardloop om te sien wat gebeur.

Jesus staan net daar, soos ’n Lam wat gedwe wag om geslag te word. Judas groet Jesus half stotterend: “Rabbi....” Hy het niks meer as dit om vir sy Leermeester van die afgelope drie jaar te s nie. Jesus kyk hom vol in die o – ’n kyk wat vir Judas s dat Hy so innig jammer voel vir hom. Hy het die ewige lewe verruil vir ’n paar muntstukke. Judas se hande bewe onbedaarlik as hy Jesus soen. Hy draai om. Niemand merk die trane in sy o nie. Oorhaastig verdwyn hy tussen die mense deur.

Die spul wat saam met Judas gekom het beur vorentoe om Jesus te gryp, ’n mengelmoes van manne, gewapen tot die tande. Die paar tempelwagte is die enigstes wat ’n bietjie georganiseerd lyk. Hulle tree nader met ontblote swaarde. Die res swaai stokke en kieries wild rond om hulle misno en hulle aggressie te vertoon.

Petrus het nou net mooi genoeg gehad. Hy pluk sy swaard uit en storm wild af op die klomp. Vandag is die dag wat hy sy Meester gaan red uit die hande van hierdie klomp skurke. Hy sal veg tot die bitter einde! Hy swaai sy swaard wild na die eerste man wat hy tekom en tref die man skrams teen die kop, sodat jy net bloed sien spat. Nou is Petrus goed opgewerk, en hy is gereed om die ganse ler aan te vat.

“Simon! Stop!” hoor Petrus sy Meester se stem en stadig begin hy kalmeer. Eenkant staan die hopriester se slaaf kermend. Hy hou sy oor vas, oftewel daar waar netnou nog ’n oor was voordat Petrus hom bygekom het. Jesus wink hom nader. Sy oor is ’n gemors en die bloed stroom teen sy nek af. Jesus sit Sy hand op die wond en oombliklik stop die bloed. As Jesus Sy hand terugtrek, is die slaaf se oor genees, asof Petrus se swaard nooit naby hom was nie. Die krel kan sy o nie glo nie!

Dreigend staan die manne nou nader om Jesus gevange te neem. Dan praat Hy, Sy stem spreek van kalmte en aanvaarding: “Het julle gekom met swaarde en stokke om My te vang asef Ek ’n rower is?” In die flikkerende fakkellig herken Hy etlike gesigte wat gereeld na Hom kom luister het in die tempel. “Dag vir dag was Ek by julle besig om die mense te leer in die tempel maar julle het My nie gevange geneem nie.” Dan glimlag Jesus, want Hy weet presies waarom hulle Hom nie gevange kon neem nie – die tyd was nog nie reg nie! Dit was nie hoe God beplan het dat Hy gevang moes word nie. God het bepaal dat dit in die nag moes wees, en dat een van Sy dissipels, Sy eie vriende Hom moes verraai. “Die Skrif moes in vervulling gaan.” Verduidelik Jesus.

Woedend storm die spul nou op Jesus af. Hulle ego is geknak! “Kom ons gryp Sy aanhangers ook!” Verskrik spat die elf manne uitmekaar. Selfs Petrus! Hy is verward. Hy weet nou gladnie meer wat om te doen nie, en dan laat spaander hy ook maar saam met die ander.

En so word Jesus gearresteer en hardhandig afgelei teen die steil paadjie van die Olyfberg af, deur die Kidronvallei tot in Jerusalem. ’n Entjie agter Jesus kom ’n jong man aangeloop, geklee slegs in ’n doek om die lyf. Hy wil sien wat hulle met Jesus gaan doen. Dan merk een van die tempelwagte hom op. “Gryp daai man!” Die jongman sien groot moeilikheid kom en hy vlieg om. ‘n Tempelwag kry hom aan die klere beet, en in ’n laaste desperate poging ruk hy homself los. Maar hy betaal duur, want in die proses word sy enigste kledingstuk, die doek van sy lyf afgeruk. Al laggende kyk die manne hom agterna as hy vreesbevange en poedelnaak die straat afhardloop en dan tussen die huise verdwyn.

Die optog kom naby die hopriester se huis. Vir Jesus is dit nou eers die begin van Sy smarte.

Gebed:

Here, saam met Petrus wil ons ook kwaad word, kwaad vir die verskriklike onreg wat U moes ly. Maar dan besef ons dat sonder daardie onreg, ons nie die verlossing sou kon smaak nie. Dankie dat U die volle prys vir ons betaal het.


TERUG NA BO

Dinsdag 8 November 2016

Jesus se Gebedsworsteling

Markus 14:32-40

Dit is die langste nag it in Petrus se lewe, waar hy saam met Johannes en Jakobus teen die skurwe stam van ’n knoetsige ou olyfboom gaan sit. Hy is moeg tot diep in sy siel. ’n Entjie van hulle af sien hy vir Jesus kniel op die grond in die flou maanlig. Die hele aand se gebeure maal weer deur sy kop. Die skok tydens hulle Paasmaal toe Jesus aankondig dat een van hulle twaalf Hom sou verraai. Hy sien weer Judas se gesig, asvaal en tot die dood toe skuldig. Dit kan maar nt Judas wees! Ja, hy moes dit geweet het! Hy het nog nooit rrag vir Judas mooi kon vertrou nie! Daar is net iets omtrent daardie man........

Saggies hoor Petrus sy Meester bid, en hy kan hoor dat Jesus deur ’n verskriklike sielewroeging gaan: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik.” Jesus se smeekwoorde kom na Petrus op die koel nagluggie aangesweef. “Neem asseblief hierdie lydensbeker van my af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar U wil.”

Vir Petrus voel dit asof ’n dolk deur sy hart steek, om sy Meester so te hoor pleit. Hy hoor die rou pyn in Jesus se stem, en dit maak baie seer. Trane loop oor Petrus se wange. Hoe bitter swaar het sy Meester nie al gekry die afgelope paar dae nie. Elke dag kon hy sien hoedat Jesus geestelik uitgemergel word. Die spanning was by tye ondraaglik. Maar steeds het Jesus voortgegaan om te preek en mense te leer. Daar was ’n soort dringendheid by Jesus om so veel as moontlik in ’n baie kort tydjie af te handel, so asof Hy nog net ’n paar dae oorgehad het om te leef.

En dan was daar die alewige priesterhoofde en Farisers en Herodiane! As dit nie die een is nie, dan is dit die ander! Hulle is soos klein brakkies wat net kef en hap, al om ’n mens se enkels langs. Wat probeer hulle uitrig? Petrus kon die vuur van haat en jaloesie in hulle o sien gloei. Hierdie manne het net n ding in gedagte: om Jesus vas te trek en Hom in die tronk te kry, nes dit gegaan het met Johannes. Arme Johannes!

Die vaak oorval Petrus, en hy begin droom, die allerverskriklikste nagmerries. “Simon! Simon, slaap jy?” Petrus word uit sy onstuimige slaap wakker geruk: “Kan jy nie eers vir een uur lank wakker bly nie?”

“Jammer Meester,” Petrus voel baie skuldig dat hy nie eers vir Jesus kon bystaan in Sy grootste uur van nood nie.

Nou is die ander twee ook wakker, en half deur die slaap hoor hulle hoe Jesus hulle bekommerd vermaan: “Julle moet waak en bid sodat julle nie in die versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.” En daarmee draai Hy om om verder te gaan worstel met God.

Petrus kyk beskuldigend na die ander twee: “Julle ouens het nou die dag nog gesweer dat julle saam met die Meester Sy lydensbeker sal drink. Toe julle netnou al geslaap het, het ek gehoor hoe Hy by God pleit om daardie lydensbeker weg te vat. Dit was hartverskeurend om Hom so te hoor.”

“Watter soort vriende is ons? Ons is almal besig om Hom in die steek te laat!” Johannes voel bitter skuldig. Dan sak ’n doodse stilte oor hulle neer terwyl hulle met pyn in die harte l en luister hoe Jesus worstel en wroeg in gebed. Maar vir hierdie drie is die vlees net eenmaal te swak, en weldra verval hulle weereens in slaap.

In absolute eensaamheid, verlaat selfs van Sy intiemste vriende, worstel Jesus, die Seun van God deur Sy grootste krisisuur. Sal ons ooit die ware omvang van Sy lyding kan begryp? Sal ek en jy ooit kan verstaan waardeur Jesus werklik daardie nag gegaan het? Lukas vertel dat Jesus fisies bloed gesweet het daardie nag. Bloeddruppels het op die grond geval terwyl hy worstel in gebed. Al was Hy die Seun van God, was hy terselfdertyd ook ten volle mens, met dieselfde angste en gevoelens as enige ander mens. Wat dit soveel erger gemaak het, is die feit dat Hy presies geweet het wat in daardie volgende ure op Hom sou wag, die verskriklike vernedering; die ondraaglike pyn wanneer die soldate Hom gsel. Ek was bitterlik ontsteld toe ek die fliek “Passion of Christ” gekyk het, hoe hulle dit so verskriklik grafies uitgebeeld het waar Hy stukkend geslaan is. Baie mense het kapsie gemaak teen daardie tonele. Maar is dit nie maar wat werklik gebeur het nie? En Jesus het presies geweet waarvoor Hy Hom inlaat. Nie eers gepraat van die kruisiging nie – daar waar Hy totaal verlaat van vriende; verlaat van familie; verlaat ...... van God sou moes hang in die mees uitmergelende pyn denkbaar, Sy gewrigte verbrysel deur dik ysterspykers.

Die sondes van die ganse mensdom sou op Hom neerkom; die straf vir die sondes van die ganse aarde moes Hy dra.

En Sy vriende l en slaap......

Markus wil elke leser van hierdie Evangelie, ook vir jou en my, probeer aanspoor om asseblieftog ’n beter dissipel te wees as wat hierdie manne was. Om te waak en te bid dat ons nie in die versoeking sal kom nie. Hierdie oproep van Jesus aan die manne, weergalm deur die tuin van Getsemane, oor die ganse wreld, deur die eeue, sodat ek en jy vandag ook moet kennis neem. Nee, nie alleen kennis neem nie, maar dat ons waarlik gaan doen wat Jesus vra. Die angs wat Hy daardie nag gely het, was ook vir jou en my. Is ons waarlik opreg dankbaar daarvoor?

Gebed:

Here, ek sal nooit kan begryp hoe groot U lyding waarlik was nie. Maar ek wil dankbaar leef voor U. Help my om my dankbaarheid prakties te kan uitleef.


TERUG NA BO


Maandag 7 November 2016

Op pad na Getsemane

Markus 14: 26-33

Wanneer jy hierdie dagstukkie lees, is ek op pad na die Sinodesitting. Bid asseblief vir my en al die ander betrokke, dat die regte besluite geneem sal word oor ‘n uiters sensitiewe saak.

Daardie aand het Petrus nie die lofsang uit sy hart gesing soos altyd nie. ’n Donker wolk het sy hart bedek. Is dit dalk Judas? Is hy dalk die een wat vir Jesus gaan verraai? Nou begin dinge vir hom sin maak. Ja, dit kan maar net Judas wees – so ’n addergebroedsel!

Maar dit word laat, en hulle moet oppak en slaapplek gaan soek vir die nag. Hulle het ’n lekker plekkie ontdek teen die hange van die Olyfberg in die tuin van Getsemane. Hier het hulle al ’n paar keer kom slaap. Die twaalf het al gewoond geraak om sommer iewers in die veld slaapplek te maak, sommer so op die harde grond. Terwyl hulle die voetpaadjie volg in die donker deur die Kidronvallei, is Jesus die eerste wat die ondraaglike stilte verbreek. Maar Sy woorde sny soos ’n mes deur Petrus: “Julle sal almal ophou om in My te glo.” In die donker probeer Petrus Jesus se gesig sien – hy kan nie glo wat hy hoor nie! “Daar staan geskrywe:” gaan Jesus ongestoord voort, “Ek sal die herder doodmaak, en die skape sal uitmekaar gejaag word.”

Petrus wil sy ore toedruk. “Nee! Dit kan nie!” wil hy skreeu. Hoe kan die Meester se getroue volgelinge ophou glo? Natuurlik sal hulle saamstaan!

In sy verbeelding sien hy ’n trop skape saam met hulle herder loop, en dan skielik spring ’n leeu uit die ruigtes en verskeur die herder. Petrus kyk verslae toe as die skape in alle rigtings uitmekaar spat, en die hele trop verspreid oor die vlakte wegraak. Is dit wat die Meester bedoel? Sal hulle twaalf so uitmekaar spat soos herderlose skape? Hy skud sy kop heftig om van die prentjie ontslae te probeer raak.

Wat Jesus verder s, gaan nie eers in Petrus se ore in nie. Eers baie later sou hy Jesus se trooswoorde onthou: “Maar nadat Ek uit die dood opgewek is, sal Ek julle vooruit gaan na Galilea toe.” T kon Petrus met 'n glimlag terugdink aan daardie aand. Hoe groot, hoe oneindig groot is God se genade nie! Al sou Sy dissipels Hom totaal in die steek laat, Hy sal hulle nooit it in die steek laat nie! Ja, as Petrus terugdink, besef hy dat Jesus daardie eensame paadjie sonder Sy vriende alleen ms stap. Na die opstanding sou Hy weereens met hulle 'n verhouding aanknoop en die ganse mooi verhouding herstel. Ja, eers t het Petrus besef dat Jesus waarlik die langverwagte Herder is en dat Hy Sy skape nooit in die steek sou laat nie, al het hulle ook almal weggehardloop toe Hy in die nood was.

Maar nou is Petrus eers besig om die grootste krisis it in sy lewe te probeer verwerk. Hoe kan die Meester hulle so verskriklik beskuldig? Hy wat Petrus is sal nie toelaat dat so ’n verskriklike ding gebeur nie! “Meester, al sou hulle almal afvallig word, ek, Petrus sal dit nooit in der ewigheid doen nie!” Petrus is bitter omgekrap. Wat dink die Meester dan van hom? Hy het nie ’n bang haar op sy kop nie! Hy sal deur dik en dun by die Meester staan, maak nie saak wt gebeur nie!

“Petrus,” sny Jesus se woorde deur sy siel, “dit verseker Ek jou: Jy sal vandag nog, in hierdie nag, voordat die haan kraai, My drie keer verlon.”

Petrus wil huil! Hoe kan die Meester so ’n verskriklike ding van hom s? “Nee! Nee! Nee!” skreeu dit deur sy verwarde gemoed. “Meester…..” Petrus se stem bewe van aandoening. “Al moet ek saam met U sterwe, ek sal U beslis nie verlon nie!”

“Ja, ja.” Be-aam al die ander. “Ons sal as n man saamstaan, en al moet ons ook sterwe, ons sal elke oomblik by U bly en U bystaan tot die end!”

Daar is nie baie gepraat op die steil paadjie teen die Olyfberg uit nie. Die manne was moeg van ’n bitter lang, harde en emosioneel-uitmergelende dag. Wanneer hulle by hulle slaapplekkie in Getsemane aankom, val die manne dankbaar op die grond neer. Maar steeds is Jesus nie klaar vir die dag nie. “Bly sit hier, en wag vir My.” beveel Hy hulle. Hulle brom. Hulle is moeg en vaak en nou wil die Meester eers weer gaan bid. En hulle moet wakker bly? Hoe kan Hy dit van hulle verwag?

“Petrus, kom jy, Jakobus en Johannes asseblief saam met My.” Die manne sug swaar, maar hulle stap saam. ’n Entjie van die ander af, vertel Jesus vir die drie van Sy verskriklike worsteling: “Ek voel doodsbenoud.” s Hy vir hulle. Die drie manne saam met Hom is nie alleen die leiers in die groep nie, maar al drie van hulle het al per geleentheid bevestig dat hulle absoluut getrou aan Jesus sou wees. Twee weke gelede het Jakobus en Johannes ges dat hulle bereid is om die lydensbeker van Jesus saam met Hom te drink. En vroer die aand nog het Petrus klem gel daarop dat hy nooit it vir Jesus sou verlon nie. Maar is hulle werklik in staat om hulle trou uit te leef? Nou is die tyd om dit te bewys! “Bly hier en waak.” Beveel Jesus die drie.

Sal hulle ooit wakker kan bly? Sal hulle kan vasstaan terwyl hulle Meester in gebed worstel? Ons sal moet wag en sien in die volgende oordenking.

Gebed:

Here, as ek sien hoe die Apostels opgetree het, dan besef ek dat hulle verkeerd was. Maar dan besef ek ook dat my eie lewe dikwels net soos di van die dissipels lyk. Vergewe asseblief Here.


GAAN NA INHOUD



Vrydag 4 November

Die Paasmaal

Markus 14:17-25

Die heerlike geur van gebraaide lam vul die bovertrek as die manne daardie Donderdagaand in die bovertrek instap. Die lam is daardie selfde oggend nog geslag en die bloed is geoffer as deel van die Paasfees. Die dertien manne gaan l behaaglik rondom die tafel. Dit was ’n harde dag daar by die tempel waar Jesus heeldag lank mense geleer het, en almal is moeg. Hoe heerlik is dit nie om vir ’n verandering weer die luukse te kan smaak om jou so te kan uitstrek en rustig ’n maaltyd geniet.

Al die Paasmaal seremonies is vir die manne tweede natuur, hulle doen dit elke jaar van kleins af. Die groot skottel gebraaide lam staan in die middel en die manne breek stukke brood af en doop dit in die geurige sous.

Skielik raak Jesus se gesig stroef: “Een van julle gaan my verraai,” kondig Hy aan, “een wat saam met My eet.” Daar hang ’n geskokte stilte oor die vertrek. Almal is te bang om ’n woord te s. Dit kan tog skerlik nie waar wees nie? Wie sou dan nou so ’n verraderlike daad wou pleeg? Dis tog net hulle twaalf Apostels wat hier in die vertrek is saam met Jesus…. Nee! Hy maak seker ’n fout!

Onthuts kyk die manne na mekaar: “Dis tog skerlik nie ek nie Meester?” breek Petrus die stilte. Jesus kyk hom mewarig aan. “Nie ek nie!” s Johannes, baie seker van homself – hy sal mos nie so ’n verraderlike ding doen nie! “Is dit dalk ek?” vra Thomas, met ongeloof wat uit sy gesig straal.

“Dit is een van julle twaalf,” s Jesus, en almal kan sien dat Sy gemoed baie swaar is, “die een wat saam met My sy brood in die skottel insteek.”

“Maar almal doen dit dan!” dink Petrus. “Ons almal steek ons brood saam met Hom in die skottel!”

Die manne brom onder mekaar, hulle verstaan nou gladnie. Wie van hulle kan die verraaier wees? Mens kan deesdae ook niemand meer vertrou nie!

Dan praat Jesus weer: “Die Seun van die Mens gaan beslis sterwe soos daar oor Hom geskrywe staan; maar wee die man deur wie die Seun van die mens verraai word. Dit sou vir daardie man beter gewees het dat hy nooit gebore was nie.”

Niemand merk op dat Judas spierwit word in die gesig nie. Hy voel siek, maar hy durf dit nie wys nie. Die manne sal hom doodmaak as hulle weet wat hy beplan. As hy opkyk, sien hy Petrus se gesig. Hy kyk vinnig weer af – hy is bang vir daardie man. Petrus kan soms so impulsief optree, jy weet nooit waar jy met hom staan nie. Judas vermy die ander se o. Daar sak ’n donker wolk toe oor die manne. Niemand s ’n woord nie. In stilte eet hulle verder, maar skielik het die kos nou onsmaaklik geword!

Dit is Jesus wat ’n lang, ondraaglike stilte verbreek: “Dit het tyd geword, kom ons vra die sen.” In Sy hande hou Hy ‘n brood. As Hy klaar gebid het, breek Hy die brood in stukke en gee vir elkeen van die manne ’n stuk: “Neem dit, dit is My liggaam.” Sy woorde eggo deur die vertrek en deur elkeen se gemoed. Petrus voel siek, dit klink vir hom soos doodswoorde. Dan neem Jesus die beker met wyn en terwyl Hy dit ophou bid Hy weer, spreek Hy die dankgebed uit. Nadat hulle in ’n koor “Amen” ges het, gee Jesus die beker om sodat almal daaruit kan drink. “Dit is My bloed,” kom Jesus se skokkende woorde. Judas verstik amper in die wyn: “Wat is ek besig om te doen?” skree dit deur sy liggaam. “Dis nou te laat!” dink hy verbitterd. “Daar is nie meer omdraaikans nie! Wat moet gebeur, moet gebeur!”

Vaagweg hoor Judas Jesus se woorde voortgaan, oor Sy bloed wat vergiet word en die verbond wat besel word en dat Sy bloed vir baie mense vergiet word, maar hy wil sy ore toedruk. Hy wil nie meer hoor nie. Hierdie is nie die Messias wat hy verwag het nie! Hy wil ’n Messias h wat sal opstaan teen die Romeine! Hy wil ’n Messias h wat sterk is en die volk na oorwinning sal lei. Hy het nou net mooi genoeg gehoor van sterwe en ly en nederigheid. “Verskoon my,” mompel Judas as hy opstaan en die vertrek uitstap. Alle o is op hom gerig, maar niemand durf ’n woord s nie.

Vir die manne het daardie Paasmaaltyd begin as maar net ng ’n Paasmaal. Maar dit het uitgedraai in een wat nie een van hulle it kon vergeet nie. Ja, selfs vandag nog is dit vir gelowiges regoor die wreld een van die mees dramatiese en heilige oomblikke om daardie maaltyd van Jesus saam met Sy dissipels te kan herdenk. Om die brood te kan proe en dit in jou mond rond te rol, sien jy in jou geestesoog hoe ons Verlosser stukkend geslaan is; hoe Hy wreed mishandel is; hoe Hy gespot is; daardie kroon gevleg van doringtakke wat in Sy kopvel ingedruk is sodat die bloed oor Sy gesig stroom. Dit voel vir my of die brood nooit klaar kan raak nie, en ek sluk swaar daaraan. Maar hoe swaar het Jesus gesluk! Die sweepslae, hoe het Hy gekrul van pyn! En die spykers, groot, aaklige spykers wat wreed deur Sy hande en voete gekap is en Sy vleis geskeur het.......

En wanneer ek die wyn drink, het dit ’n bitter-soet smaak, want dan sien ek in my gedagtes hoe my Heiland se bloed gestort is – vir my, ellendige mens! Hoe swaar moes Hy nie drink aan daardie beker nie.........

Gebed:

Here, laat my nooit vergeet van wat U alles moes deurmaak om te betaal vir my sondes nie.



GAAN NA INHOUD



Donderdag 3 November

Judas – God se Pion?

Markus 14:10-16

Daar is al baie vrae gevra oor Judas se verraad, vrae sonder eenvoudige antwoorde! Was dit iets wat Judas op die ingewing van die oomblik gedoen het? Nee, dit was inderdaad beplan! Hy het nog voor daardie aand van die laaste paasmaal alrds sy dienste aan die priesterhoofde gaan bied. Boonop is hy nooit gedwing of omgepraat nie, maar hy doen dit uit eie vrye wil. Natuurlik was hulle verheug, want skielik was hulle een groot probleem, oor hoe om Jesus finaal vas te trek, opgelos uit die mees verrassende en totaal onverwagse gebied.

Ek dink dit moes vir Jesus verskriklik gewees het om vir Judas as ’n Apostel te kies saam met die ander elf. Jesus moes skerlik voor daardie tyd al geweet het dat Judas Hom sou verraai. Vir die volgende drie jaar moes Hy saam met Judas werk en moes Hy hom liefderyk leer, wetende dat Judas daardie verfoeilike daad sou pleeg.

Maar waarom juis Judas? Waarom een van sy binnekring dissipels? Waarom kon dit nie maar ’n buitestaander wees nie? Dit moes js een van Sy vertrouelinge wees om Jesus se lyding soveel erger te maak. Onthou: Jesus moes die straf dra van die sondes van die ganse mensdom. As dit sommer net ’n ligte straf was, sou dit nie waarlik betekenis gehad het nie. Jesus se lyding het alreeds begin by Sy geboorte, toe Hy, die Koning van die heelal in ’n stinkende, vuil stal sonder enige weelde en glorie die eerste lewenslig moes sien. Jesus se lyding is nie net die klein rukkie aan die kruis nie. Al die vernedering wat Hy moes deurmaak; die verwerping; die vals beskuldigings; die angs in Getsemane; die vernedering dat een van Sy eie dissipels Hom verraai het. Daarom ms dit een van die Apostels wees vir wie Hy met soveel deernis en liefde vir drie jaar lank opgelei het.

Nog ’n vraag wat dikwels in ’n mens se gemoed krap, is of Judas dan maar net ’n pion was in God se hand? Hy is deur God aangewys as die een wat Jesus moes verraai, moes hy dan net eenvoudig maak soos God beveel? Nee, baie beslis nie. God het in Sy alwetenheid vooraf geweet dat Judas wl vir Jesus sou verraai en juis daarom is Judas gekies as ’n Apostel. Judas was waarskynlik aanvanklik vuur en vlam om Jesus te volg. Maar vermoedelik was hy, soos baie ander Jode, onder die indruk dat Jesus ’n Messias sou wees wat hulle van die Romeinse oorheersing sou bevry. Toe hy sien dat Jesus totaal anders optree en dat Hy nie met geweld nie, maar met liefde optree, het Judas waarskynlik mismoedig geraak. Hy was nie meer hart en siel in hierdie dissipel-ding nie. Ons weet ook dat Judas gn engeltjie was nie. Sy eie mede-Apostels het hom daarvan verdink dat hy lang vingers het. Daar was ’n vermoede dat hy die geld wat vir hulle lewensonderhoud moes sorg, laat voete kry het.

Die vraag wat ons onwillekeurig ook moet vra, is of God dan beheer verloor het? Uit wat ons hier bo gesien het, kan ons nie anders nie as om te erken dat God die hele tyd in volle beheer was, want Judas het opgetree presies soos wat God geweet het dat hy sou doen. Nou is die verhoog opgestel vir die finale gebeure in hierdie aangrypende ware lewensdrama.

Maar eers was daar nog iets wat afgehandel moes word voordat Jesus die groot offer sou bring. Daar was ’n uiters belangrike nalatenskap wat Hy vir nie alleen Sy dissipels van daardie tyd moes gee nie, maar ook vir al Sy volgelinge in die toekoms. Daarvoor het Hy ’n groot vertrek nodig gehad in Jerusalem. Wie sou nou vir Hom daar so ’n vertrek aanbied? Maar ook hier was God in volle beheer. Hy het die perfekte vertrek vooraf gerel. Jesus stuur ’n paar manne met ’n spesifieke opdrag, om uit te kyk vir ’n man wat ’n kruik water dra. Dit is ’n baie buitengewone opdrag wat Jesus gee, want mans het in daardie tyd nit kruike met water rondgedra nie, dit was immers vrouens se werk! As hulle dus die man met die kruik op sy skouer sien, wt hulle! Alles was haarfyn vooruit beplan.

Die manne volg Jesus se instruksies noukeurig, en volg die man met die kruik tot waar hy in ’n huis ingaan. Daar klop hulle aan en vra vir die eienaar waar die kamer is waar hulle saam met hulle Leermeester die paasmaaltyd kon eet. Dit was ’n wildvreemde man, maar onmiddellik weet hy waarvan hulle praat, en hy neem hulle na ’n bovertrek wat reeds klaar ingerig was vir hulle paasmaaltyd. Hoe het hy geweet? Die manne se monde hang oop van verbasing!

Dadelik spring hulle aan die werk met voorbereiding vir die belangrikste paasmaaltyd van hulle lewe. Dit sou ’n maaltyd wees wat volgepak was met drama. Dit sou ’n maaltyd wees wat vir hulle groot skok en pyn sou besorg. Maar dit sou ook een wees wat hulle nooit it sou kon vergeet nie. Vir die jare daarna sou hulle telkens met groot deernis terugdink aan hierdie maaltyd, die hl laaste een saam met hulle Meester.

Vandag kan ons weet dat niks gebeur buite God se beheer nie. Hy is te alle tye in volle beheer, al wil dit soms vir ons anders lyk. Maar ons kan ook weet dat ek en jy nie maar net pionne is in God se hand nie. Elke mens het sy eie vrye wil om te kies en te doen. Judas het verkeerd gekies. Maak seker dat jy reg kies!

Gebed:

Here, dankie dat ek vandag net weereens kan besef dat U in volle beheer is.


GAAN NA INHOUD



Woensdag 2 November 2016

Jesus Word Gesalf

Markus 14:1-9

Dit was twee dae voor Paasfees, Jesus se laaste Paasfees as Mens op aarde. Direk na die Paasfees het die fees van ongesuurde brode gevolg. Hierdie fees het sewe dae geduur, waar alle suurdeeg uit die Jode se huise verban was. Dit was simbolies van ’n tydperk van reinheid. Jesus sou egter nie deel kon h in hierdie fees nie, want dan sou Hy alreeds gekruisig gewees het. Op hierdie stadium was die priesterhoofde en Skrifgeleerdes desperaat om ’n plan te beraam om Jesus tereg te stel. Hulle besluit egter dat dit moes wag tot na die fees, want daar sou te veel mense in Jerusalem wees gedurende die feestyd, en hulle was baie deeglik bewus van Jesus se aanhang onder die mense. Min het hulle geweet dat hulle probleem baie spoediger opgelos sou wees as wat hulle verwag het, uit die geledere van Jesus se eie binnekring!

Petrus en sy elf kollegas kuier aan huis van Simon die Melaatse, in die dorpie Betani op die koppie net buite Jerusalem. Die gebruik was daardie tyd dat wanneer daar vir mense ’n maaltyd aangebied word, daar eers ’n voorgereg bedien word. Maar eers moes die slawe die gaste se voete was. Daarna word die gaste bederf met geurige parfuum wat oor hulle gesprinkel word. Slegs ’n enkele druppeltjie is gewoonlik genoeg om die vertrek te vul met ’n heerlike geur.

Petrus is sulke bederf nie meer gewoond nie. Drie jaar van bitter swaarkry saam met sy Meester het hom ontneem van hierdie soort luukshede. Dikwels moes hulle selfs in die veld slaap en dalk net ’n stuk dro brood eet.

Dan sien Petrus die vrou die vertrek binnekom. Sy belangstelling word dadelik geprikkel as hy die duur albastefles in haar hande sien. Wat sou sy daarmee wou doen? Wat ookal in daardie fles is, moet baie kosbaar wees! Dit moes ’n fortuin gekos het! Daar is ’n snaakse uitdrukking op die vrou se gesig, amper iets soos droefheid. Dit maak Petrus bang. Sy sien die manne in die vertrek amper nie eers raak nie. Haar fokus is op die Meester, as sy reguit op Hom afstap. “Wat beplan sy?” wonder Petrus nog. En dan gaan staan die vrou agter Jesus.

Alle o is op haar gerig. Dit is doodstil in die vertrek. Almal hou asem op. Wat wil hierdie vrou doen? Met ’n vinnige gewrigsaksie breek sy die dun nekkie van die fles af. Onmiddellik versprei die hemelse geur van nardusolie. Stadig lig sy die fles bokant Jesus se kop, en dan begin sy die inhoud daarvan oor Jesus se hare uitgooi. Petrus wil opspring: “Dis genoeg!” wil hy skree, maar dit is asof ’n hand hom terughou. Sy mond hang onbeskaamd oop as hy toekyk hoe die dun stroompie peperduur vloeistof uit die fles sypel en Jesus se hare deurdrenk met die kosbare olie uit Indi. Die oorweldigende geur van nardus vul elke hoekie van die vertrek van vloer tot plafon.

Eers nadat die hl laaste druppel uit die fles getap het, vlieg Judas op. Hy is briesend. “Hoe kon jy!” raas hy met die vrou, “Besef jy nie wat jy doen nie?” Judas is buite homself van verontwaardiging. “Daardie flessie olie kon vir driehonderd silwermunte verkoop gewees het! Ons kon daardie geld vir die armes gegee het, en nou kom vermors jy dit so!” Die ander manne stem heftig saam.

Dan maak Jesus hulle stil. Hy verduidelik dat Hy nie meer lank met hulle sal wees nie, en dat hierdie vrou Sy liggaam vooruit gesalf het vir Sy begrafnis. Petrus voel soos ’n wurm. Niemand het vir die Meester gevra hoe H hieroor voel nie! Almal het sommer maar net aangeneem......

“Julle sal die armes altyd by julle h,” kalmeer Jesus hulle. Hy sien hulle onkunde en die feit dat hulle nog steeds nie kan begryp dat Hy binne die volgende paar dae tereggestel gaan word nie. Met weemoed kyk Hy ook na Judas. Hoe hard het Hy nie probeer om vir Judas te laat verstaan van die Evangelie nie. Die man het sy hart verhard. Hy was ontnugter toe hy agtergekom het dat Jesus nie dieselfde Messias was wat hy graag sou wou gehad het nie.

“Oral waar die Evangelie verkondig word,” s Jesus vir die manne, terwyl Hy met deernis na die vrou kyk, “sal daar ook vertel word wat sy gedoen het tot ’n herinnering aan haar.”

Dit is tweeduisend jaar later, en steeds vul die vrou se onselfsugtige daad daardie dag elke gelowige met verwondering. Sy het haar lles gegee vir Jesus, sonder om te dink aan die gevolge. Vra ek en jy onsself ooit af wat Jesus sou wou gehad het? So baie keer doen ons dinge – dikwels baie edel dinge – maar ons soek nie eers die wil van die Here voordat ons dit doen nie. Dikwels vra die Here van ons om iets te doen wat gladnie vir ons sin maak nie, iets wat ons nie verstaan nie. Ek is baie seker dat hierdie vrou nie verstaan het waarom sy Jesus moes salf nie. Maar sy was gehoorsaam toe die Here dit op haar hart gel het. Die manne se verstand het vir hulle ges dat die geld prakties aangewend moes word, maar dit was nie wat die Here wou h nie.

Die Here vra van my en jou om fyn te luister na die influistering van die Heilige Gees. Ons kan slegs Sy stem hoor as ons waarlik stil word voor die Here en in navolging van Jesus lewe.

Gebed:

Here, help my asseblief om te kan onderskei tussen my eie wil en U wil.




Dinsdag 1 November 2016

Die Profetiese Rede 3

Markus 13:24-37

In die derde deel van die Profetiese rede verskuif die verskriklike verdrukking voor die wederkoms na Jesus se wederkoms slf. Dit is die dag waarna elke gelowige met groot verwagting uitsien!

Wat gaan op daardie dag gebeur? Die wederkoms word voorafgegaan deur ’n paar gebeure wat beslis nie as “natuurlike verskynsels” beskryf kan word nie: die son gaan verduister en so ook terselfdertyd die maan. Die ganse hemelruim sal ontwrig word, en die sterre sal uit die hemel val. En kort daarna sal Jesus saam met Sy engele in heerlikheid verskyn.

Al die klem verskuif nou van die swaarkry en verdrukking en vervolging – menslike ervarings – na Jesus. Daar is ook ’n ander baie groot klemverskuiwing. Nou is Hy nie meer die Lydende Kneg nie, maar Sy krag en majesteit word hier uitgebeeld. Tot op hierdie stadium was Jesus die lydende Messias wat gekom het om die mensdom te dien en om Homself as losprys te kom gee vir die verlossing van verlore sondaars. Maar by Sy wederkoms sien ons die waarlike heerlikheid van die Seun. Inderdaad is dit nog steeds tot voordeel van die mensdom, want Hy stuur Sy engele om al die gelowiges bymekaar te maak uit elke uithoek van die aarde.

Die vraag op elkeen se lippe, is natuurlik: wanneer gaan dit gebeur?

As ons na vers 31 kyk, dan sien ons dat die wederkoms ’n absolute werklikheid is. “Die hemel en aarde sal vergaan, maar My woorde nooit.” S Jesus. Sy woord is betroubaar. Die feit is egter dat die wederkoms 'n baie groot verrassing is en niemand weet wanneer dit gaan gebeur nie. “Net die Vader weet dit,” beklemtoon Jesus dit. Maar Hy l hulle dit op die harte dat hulle dit binnekort moet verwag. Die “tekens van die tye” sal vir hulle wys dat die wederkoms naby is, net soos wat 'n mens weet dat die somer naby is as 'n vyeboom se takke begin sag word en hy blare kry.

Jesus wil by Sy volgelinge ’n wederkomsverwagting kweek: “Wees op julle hoede; wees waaksaam!” Wat beteken dit? Sou dit meen dat hulle moet gaan sit en wag vir die wederkoms om plaas te vind? Nee, allermins! Hulle moet met alle ywer voortgaan met hulle taak. Hy verduidelik dit met behulp van die beeld van ’n man wat weggaan en sy slawe in beheer van die huishouding los. Hulle weet nie wanneer hy terugkom nie. Wat doen die slawe in die tussentyd? Sit hulle maar rond en niksdoen terwyl hulle vir die eienaar wag? Nee, beslis nie! Hulle gaan voort met hulle dagtaak en behartig die huishouding. Wanneer die eienaar die dag onverwags terugkom, sal hy natuurlik alles in orde vind soos wat hy dit graag wil sien. Daar sal mos nie nog ’n laasteminuut-geskarrel wees om vinnig die plek aan die kant te kry wanneer hy aan die deur klop nie?

Op dieselfde wyse moet Jesus se volgelinge te enige oomblik gereed wees vir Sy wederkoms, want dit kan enige tyd gebeur.

Maar dit was tweeduisend jaar gelede. En ons wag steeds! Baie mense het al moeg geword om te wag. Die probleem is dat baie gelowiges nie meer ’n wederkoms-verwagting het nie en dat jy eerder jou eie dood verwag as die wederkoms van Jesus. Dit maak ’n mens se geloofslewe arm, en dit maak jou verhouding met God arm. Ons moet weer begin om met opgewondenheid uit te sien na Sy wederkoms.

Ons moet egter baie versigtig wees om nie met allerhande soorte spekulasies te kom oor Jesus se terugkeer nie. Ek het al soveel keer gesien hoe mense sekere Bybelversies manipuleer om ’n sekere datum of tydperk aan die wederkoms te koppel, soos die geval byvoorbeeld is van Desember 2012. En dan is daar boonop nog die Antichris wat gedentifiseer word en alles wat daarmee saamgaan. Ek wil weer herhaal wat ek hier bo ges het: Niemand weet wanneer die tyd daar sal wees nie! Jesus maak dit baie, baie duidelik! Die feit is dat ons elke oomblik gereed moet wees en ons moet leef daarvolgens!

Die vraag is: hoe verwag die Here dat ons vandag moet leef vir ’n wederkoms-verwagting? In die eerste plek wil Hy natuurlik h dat ons volgens Sy wil moet leef. Ons moet die sonde afsterf en in liefde met God en ons medemens leef. Maar die belangrike is dat ons aktief sal wag op Sy terugkeer. Aktief, in die sin dat ons Sy Evangelie sal versprei aan elkeen wat wil luister. Juis omdat Jesus se wederkoms alreeds so naby is, moet daar by ons ’n dringendheid wees om die Evangelie uit te dra. Daar is soveel verlore siele daar buite – soveel mooi mense wat verlore sal gaan as Jesus vandag sou kom.

Wat is die evangelieboodskap wat ons moet verkondig? Natuurlik in die eerste plek van Jesus se verlossing, en dat daardie verlossing slegs in Jesus is en niemand anders nie. Maar ons mag dit ook nie ’n soetsappige boodskappie maak wat impliseer dat as jy in Jesus glo dan sal alles net goed gaan met jou nie. Daar is implikasies as jy Jesus wil volg. Die paadjie mag dalk besaai wees met vervolging en swaarkry. Maar die uiteinde is iets wat ek nooit sal verruil vir enigiets op aarde nie!

Gebed:

Here, hou my asseblief elke dag op my tone en gereed vir Jesus se wederkoms. En kweek by my ’n dringendheid om die Evangelie te verkondig te alle tye.

TERUG NA BO

Maandag 31 Oktober 2016

Die Profetiese Rede 2

Markus 13:14-23

Die profetiese rede is seker een van die moeilikste gedeeltes in Markus om te verstaan, en daar is baie verskillende menings oor presies wat Jesus bedoel het toe Hy hierdie dinge voorspel het, en hoe ons dit moet verstaan. Daar is egter ‘n basiese boodskap, dat daar baie groot swaarkry voorl voor Jesus se wederkoms.

In omtrent dieselfde tyd toe Markus hierdie Evangelie geskryf het, 67 tot 70 nC, het daar ‘n baie groot krisis geheers in Palestina. Dit was die tyd van die Joodse opstand, en die Romeine het dit net eenvoudig nie geduld nie. Hulle het oorlog gemaak teen die Jode, en ek kan myself voorstel dat daar gruwelike dinge gebeur het, en daar was baie bitter lyding vir die Joodse volk.

In vers 14 s Jesus dat almal berge toe moet vlug wanneer “die ding wat ‘n gruwel is voor God en wat verwoesting aanrig staan op die plek waar hy nie moet wees nie.” In Danil 9 lees ons van ‘n soortgelyke beskrywing. Danil se profesie het gehandel oor die Siriese koning Antiogus IV wat 250 jaar voor Markus se Evangelie die tempel in Jerusalem laat ontheilig het. Hy het daar offers laat bring aan die god Zeus en daar is selfs varkvleis in die tempel geoffer vir die afgode. Daardie tyd is dit genoem: die gruwel van verwoesting.

Jesus praat egter van iets anders. Dit sal die begin van die verdrukking wees. In vers 15-20 sien ons hoe erg hierdie verdrukking sal wees. Tydens die Romeins-Joodse oorlog was dit baie erg, soos wat Jesus beskryf het en die Christene moes inderhaas uit Jerusalem vlug na ‘n klein dorpie met die naam Pella.

Soos wat dit gebeur tydens sulke situasies, is daar gewoonlik maar die doemprofete wat aankondig dat dit nou die einde van die wreld is. Onder die Christene is daar diegene wat in sulke tye beweer dat die wederkoms nou hier is, en dan gee hulle dikwels selfs ‘n datum wanneer dit gaan gebeur. Iemand skryf een slag vir my dat sy ‘n verskriklike e-pos gekry het van die een of ander dominee wat bewerings maak van ‘n onbekende planeet met die naam Niburu wat in Desember 2012 so naby die aarde sou verby beweeg dat dit die aarde sou laat omslaan (of iets) en alles sou verwoes word. Volgens die dominee het NASA alles hiervan geweet, maar Obama het hulle verbied om iets uit te lap, want dit kon almal paniekerig maak. Volgens hom sou dit dan ook die einde van die aarde wees, en die Wederkoms. Dit is tog snaaks dat sy bewerings gekom het so pas nadat die fliek “2012” gemaak is!

Natuurlik, soos jy weet, het Desember 2012 gekom en gegaan, en daar het niks van sy voorspellings gekom nie.

Die ergste is egter wanneer iemand begin beweer dat hy eintlik die Christus is wat alreeds gekom het. Jesus waarsku daarteen: “Daar sal vals christusse en vals profete na vore kom” waarsku Jesus, en Hy vertel dat hulle allerhande tekens en wonderwerke gaan doen.

Ek kry nou onlangs ‘n e-pos wat so ‘n vals christus beskryf. Eers het ek gedink dat dit weer een van daardie gemorsposse is, maar toe gaan vergewis ek myself van die ware feite. Ek het selfs die man se webwerf opgespoor. Hy is iewers in Amerika, en hy het ‘n baie groot aanhang. Hy beweer dat hy die Christus is en dat Christene ‘n groot fout maak deur Jesus elders te soek. Ek het siek gevoel nadat ek dit gelees het!

Wat moet ons maak van al hierdie dinge? Hoe moet ons Jesus se profetiese rede verstaan? Ja, inderdaad het Jesus waarskynlik die Jode gewaarsku oor die Romeinse oorlog en dat hulle daar baie swaar sou kry. Maar die profetiese rede het ook ewigheidsbetekenis en dit is steeds net so relevant vandag as wat dit in daardie tyd was. Jesus se wederkoms is op hande, maar ons weet net eenvoudig nie wanneer dit gaan gebeur nie. Jesus se waarskuwing behels dat Sy wederkoms voorafgegaan sal word deur ‘n baie groot verdrukking van Christen-gelowiges. In Markus se tyd het dit alreeds begin, en ons weet dat dit later selfs baie erger gegaan het toe Nero die Christene in Rome op walglike en wreedaardige maniere uitgewis het. Hulle is vir leeus gevoer en hulle is selfs met teer besmeer en aan die brand gesteek om as straatfakkels te dien.

Vandag word Christene steeds wreed vervolg, veral in sommige Moslem-lande, waar Christene in die geheim moet aanbid, anders kan hulle tronk toe gaan. En as ‘n Moslem daar tot bekering kom, is dit feitlik ‘n uitgemaakte saak dat hy onthoof gaan word as iemand dit sou uitvind. Kan jy glo dat sulke dinge steeds gebeur in ons moderne tye? Ja, selfs hier in vrye Suid-Afrika is ‘n Moslem wat tot bekering kom nie seker van sy lewe nie. Nie alleen word hy totaal uit sy familie en die gemeenskap uitgesluit nie, maar hy word vervolg - selfs gejag!

Die wederkoms van Jesus is naby - alles dui daarop. Ons weet egter nie wanneer dit gaan gebeur nie. Dit kan selfs vandag of more wees. Die vraag is of jy gereed is daarvoor?

Gebed:

Here, dankie dat ek kan uitsien na U wederkoms. Kom gou, Here Jesus, kom gou!


Vrydag 28 Oktober 2016

Die Profetiese Rede 1

Markus 13:1-13

Vir die soveelste keer die afgelope week vergaap Petrus hom aan die tempelgeboue en veral daardie reuse klippe wat so perfek gekap is deur meester-vakmanne. Die tempelgebou toring bo Petrus se kop uit, en hy moet sy nek rek om die bopunt te kan sien. "Here, kyk net na daardie geweldige klippe," probeer hy Jesus se aandag trek, "en die manjifieke geboue!" Elke keer as hy daarna kyk, bring dit trane van pure verwondering in sy o. Hoe lief het hy nie geword vir hierdie argitektoniese wonderwerk nie. Dat dit die simpele ou Herodus se werk is, skuif hy maar liewer uit sy gedagtes. "Dis mos Salomo se tempel! Herodus het dit mos maar net herbou, het hy nie?"

Dan blaas Jesus Petrus se borrel met ‘n emmer yskoue water: “Sien jy hierdie groot geboue? Hier sal nie een klip op die ander bly nie. Alles sal afgebreek word!”

Petrus se verstand wil dit nie verwerk nie. Dis mos totaal onmoontlik! Niemand kan so ‘n gebou afbreek nie! Sy Meester is hierdie slag beslis verkeerd!

Hoe verkeerd was Petrus nie! ‘n Skamele dertig jaar later kom die Jode in opstand teen die Romeinse oorheersing. ‘n Bloedige oorlog breek uit, en drie jaar later neem die Romeinse generaal Titus die stad in. Ook die tempel is in sy visier, en in 70 nC. word die pragtige gebou totaal verwoes, sodat daar letterlik nie een klip op die ander bly staan nie. Vandag staan daar ‘n moskee op die plek waar die manjifieke tempel eens die berg Moria versier het.

Later daardie dag stap Jesus en die twaalf manne terug na Betani. Wanneer hulle die bopunt van die Olyfberg bereik, draai Jesus om en hulle gaan sit om ‘n bietjie te rus en die uitsig te geniet. Van waar hulle sit, kyk hulle oor die stad. Vir die eerste keer in ’n lang tyd het die manne ’n tydjie alleen saam met Jesus. Voor hulle, oorkant die Kidronvallei, staan die tempelgebou. Hulle kyk af op die reuse kompleks, en weereens vervul dit Petrus met die asemrowende majesteit van die pragtige geboue. Maar Jesus se woorde van ‘n rukkie gelede pla hom. Sou dit dalk die voleinding van die wreld wees waarvan Jesus gepraat het? “Rabbi, s asseblief vir ons wanneer hierdie dinge gaan gebeur? En hoe gaan ons weet as dit gaan gebeur? Watter tekens gaan ons sien?”

Dan verduidelik Jesus vir hulle dat daar baie groot krisistye gaan kom. Daar gaan oorlo, opstande en allerhande skrikwekkende dinge plaasvind. Mense gaan met allerhande soorte gerugte kom dat Jesus se wederkoms aangebreek het. Maar hulle moet hulle nie daardeur laat mislei nie. Al die rampe en aardbewings en hongersnode is nie die eindgebeure nie - dit is egter alles geboortepyne van die wederkoms.

Dinge gaan egter vir hulle baie moeilik raak in die toekoms. Hulle gaan deur ‘n tyd gaan van wrede vervolging omdat hulle dit waag om die Evangelie te verkondig. Hulle sal uitgelewer word aan die gereg en selfs die sinagoges gaan hulle vervolg. Hulle sal geslaan word en allerhande verskriklike dinge sal met hulle gebeur. Dit sal so erg gaan, dat hulle eie familie teen hulle sal draai en hulle aan die gereg uitlewer. Vir enige Jood was hierdie verskriklike nuus, want familiebande was baie sterk. Jy het net eenvoudig nie jou familie verraai nie - julle staan mekaar by deur dik en dun!

Die gelowiges moet egter al hierdie vervolging en swaarkry aangryp as ‘n geleentheid om die Evangelie uit te dra. Hoe wonderlik het baie van hulle dit dan ook nie later gedoen nie. Toe Petrus voor die Joodse Raad aangekla word, gebruik hy die geleentheid om vir hulle te preek. Toe Paulus in die tronk beland, skryf hy briewe by die dosyne - briewe wat tweeduisend jaar later nog steeds miljoene der miljoene gelowiges regoor die wreld bemoedig en leer en troos en na Jesus lei.

Daar wag egter ook nog ‘n baie groot bonus op die manne. Nie een van hulle was geleerde manne nie. Dit was net die rykes wat kon bekostig om opgelei te word in dinge soos welsprekendheid. Petrus was byvoorbeeld ‘n eenvoudige visserman wat net keer op keer sy mond verbygepraat het. Daar gaan egter iets wonderlik gebeur: Hulle gaan die Heilige Gees kry om hulle te help wanneer hulle in situasies sou beland waar hulle moet praat oor die Evangelie. Hy sal vir hulle die woorde in hulle mond gee. Hulle sal nie alleen hulleself so kan verdedig in ‘n regsbank voor al die wetsgeleerdes nie, maar hulle sal boonop daar nog die Evangelie kan uitdra, en dit sodoende verder versprei!

Hoe wonderlik dat die Heilige Gees nog steeds vandag tot beskikking is vir elke gelowige. Hierdie oordenking kom vandag na jou, nie omdat ek so ‘n goeie skrywer is of omdat ek die Bybel so vreeslik goed verstaan nie. Dit spreek tot jou omdat die Heilige Gees my gebruik as Sy skrywer. Ek probeer so goed ek kan luister na wat Hy vir my s, en ek skryf in die volle oortuiging dat hierdie boodskap van Hom kom. En nee, ek is geensins “spesiaal” nie! Elke gelowige kry die gawe om die inspraak van die Heilige Gees te kan ervaar. Elkeen beleef dit egter verskillend. Die belangrikste is egter: luister na wat Hy vir jou s en voer Sy opdragte met blydskap uit!

Gebed:

Here, dankie dat U vir ons die Heilige Gees gegee het om ons te lei en leer. Maak ons gewillig om te doen wat U vir ons s.

Donderdag 27 Oktober 2016

Geestelike Hoogmoed

Markus 12:35-44

Die slim manne het besluit dat om Jesus vas te trek, ‘n saak van onmoontlikheid is. Dus laat hulle Hom nou vir eers met rus - hulle sneuwel in elk geval elke keer as hulle Hom probeer vastrek! Jesus kry dus nou kans om Sy laaste paar dae te gebruik om die dissipels en ander aanhangers in die tempel te leer.

Jy sal nog onthou dat Jesus kort vantevore die blinde Bartimeus genees het? (Markus 10:46-52) Daardie blinde het langs die pad gesit en tot almal rondom hom se frustrasie aanhou skree: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!” Hierdie mense wat nou rondom Jesus sit by die tempel, onthou skerlik nog daardie insident, want hoe kan jy vergeet van so ‘n aangrypende genesing? Maar het hulle ooit werklik verstaan wat Bartimeus ges het? En wat van Palmsondag, toe die skares al palmswaaiend vir Jesus toegesing het: “Prys die Seun van Dawid!” Het hulle to verstaan? Boonop leer die Skrifgeleerdes die mense ook dat, volgens die Skrifte, die Christus (die Messias) die Seun van Dawid is. Jesus wil nie dat hulle die verkeerde indruk kry oor daardie uitdrukking, dat Hy die Seun van Dawid is nie, dus verduidelik Hy dit vir hulle.

n Mens sou maklik die uitdrukking verkeerd verstaan, dat die Messias as Seun van Dawid dalk ondergeskik sou wees aan Dawid. Jesus verduidelik dat dit beslis nie die geval is nie. Jesus haal aan uit Psalm 110:1 om vir hulle duidelik te maak waaroor dit gaan. Oorspronklik is die Psalm geskryf om te beskryf hoe die Here Dawid se Koninkryk op Sionsberg sou vestig. Maar later is dit ook verstaan, dat dit die finale oorwinning van die Messias sou beskryf. As dit die geval is, is daar iets wat nie mooi sin maak nie. Dawid noem dan sy eie Seun “Here.” Die belangrike punt wat Jesus wil maak, is dat die Messias nie bloot ‘n baie besonderse koning is, soos wat die meeste Jode geglo het nie, maar dat Hy in werklikheid die Seun van God is, en dat Hy baie groter as die groot koning Dawid is.

In die tweede gedeelte waarsku Jesus teen die skynheiligheid van die Skrifgeleerdes. ‘n Mens wil amper die indruk kry dat Jesus sy mes inhet vir hierdie skynheilige manne. Dit is egter nie die geval nie. Hierdie mense het ‘n Godsdiens beoefen wat geensins die eer aan God gee nie. Dit was ‘n selfgesentreerde Godsdiens, waar die klem geval het op hulle eie aansien. Almal moes hulle mooi klere raaksien. Hulle moes ereplekke kry by groot feeste en in die sinagoge. Hulle kon die mooiste, lang indrukwekkende gebede ops. En dt terwyl hulle die weduwees van hulle eiendom beroof het, ‘n gruwel is in God se o volgens Eksodus 22:22-24.

Wou Jesus hiermee slegs die mense waarsku om weg te bly van die Skrifgeleerdes af? Dit sou nie sin maak nie! Jesus wou ons ook waarsku om nie dieselfde paadjie as daardie “wyse” manne te loop nie. Vir ‘n gelowige is dit baie maklik om in dieselfde strik te trap as die Skrifgeleerdes, veral as jy al ‘n goeie ent gevorder het op die geloofspad. Jy ken die Bybel al redelik goed, en jy weet watter soort betekenis om te heg aan Skrifgedeeltes. Jou geloof staan sterk, en jy kry dit reg om die lastige sondes af te sweer. Jy het geleer om mooi te kan bid, veral in die openbaar. En nou begin jy ‘n geestelike hoogmoed kry.

Jy voel jammer vir die arme drommels wat nog sukkel met die basiese geloofsdinge, en jy begin neersien op hulle jy het immers gevorder! Jy maak seker dat wanneer jy die dag vas, dat almal wat saakmaak daarvan sal weet. Dit is immers lekker om die aandag te kry! Jy sorg dat mense kennis neem van hoeveel jy vir die kerk gee elke maand, natuurlik jou volle tiende gee, en nie ’n sent minder nie! En by elke geleentheid wat jy in die openbaar kan bid, bid jy sodat veral die arme klomp wat nog nie mooi leer bid het nie, kan kennis neem van hoe ‘n gebed nou intlik behoort te klink.

Intussen knyp jy die kat in die donker, daar waar niemand wat jou ken, dit sal sien nie.

Dit klink verskriklik kras, maar dit is ‘n gevaar vir elke gelowige. Ons moet waak en bid om te alle tye Jesus se voorbeeld te volg en nederig te bly. Onthou: as ons iets goed doen, dan doen ons dit nie vir mense of ons eie selfbeeld nie, maar alleen vir God!

Kort na hierdie waarskuwing, gebeur daar ‘n baie alledaagse, op die oog af niksseggende insidentjie. Mense gooi geld in die tempel skatkis. Talle skatryk mense gooi groot bedrae geld in. Maar dan kom ‘n weduwee daar aan en gooi slegs twee klein muntstukkies in. Jesus roep die manne nader: “Sy het meer ingegooi as al die ander mense,” merk Jesus op.

Hoe kan die Meester dan nou so ‘n ding s?” wonder Petrus. Maar dan verduidelik Jesus dat hierdie vrou uit haar hart uit alles wat sy gehad het vir die Here gegee het. Sy kon maklik een muntstukkie terug gehou het vir haarself, maar sy het nie. Sy is ‘n voorbeeld van ware toewyding aan God. Anders as die Skrifgeleerdes van wie Jesus so pas gepraat het, is haar toewyding waarlik opreg. Sy kon niemand bendruk met haar twee muntstukkies nie. Wat sy gedoen het, het sy gedoen omdat sy geglo het dat dit vir die Here alleen is. Dalk het sy selfs skaam gekry dat iemand dalk sou sien hoe min sy ingooi. Sy het egter haar plig gedoen vir die Koninkryk van God.

Dit is wat die Here van ons vra: om ons lles vir Hom te gee sonder om daarvan ‘n ophef te maak.

Gebed:

Here, ek staan baie skuldig voor U, sien myself as beter of verder op die geloofspad gevorder as ander. Dan vergeet ek dat alles slegs genade is!


Woensdag 26 Oktober 2016

Die Grootste Gebod

Markus 12:28-34

Petrus lag in sy mou as hy die groepie Saddusers druipstert sien wegstap. Hulle het tog skerlik nie gedink dat hulle die Meester sou vasvra nie? Sal hierdie spul addergebroedsels dan nooit leer nie? Sy Rabbi het vir elke vraag van hulle tien antwoorde. Maar dan raak Petrus sommer weer warm onder die boordjie as hy die Skrifgeleerde raaksien. Blykbaar het die man nie die boodskap gekry nie. Tot sy verbasing sien Petrus egter dat hierdie Skrifgeleerde nie bymotiewe het nie. Dit lyk asof hy eerlik ‘n antwoord soek as hy vir Jesus vra wat die grootste gebod is. Hierdie man het besef dat Jesus die Saddusers baie slim geantwoord het.

Eintlik is hierdie gladnie so ‘n dom vraag nie, want as ons ‘n bietjie gaan terugdink oor die talle en talle wette waaronder die Jode gebuk moes gaan, is dit ‘n vraag wat dalk op elke Jood se lippe kon hang. As daar tg maar net een enkele wet was wat al die ander wette kon vervang!

Moses het vir die eerste keer die wet van God, die tien gebooie ontvang op die berg. Elke Jood moes stiptelik volgens hierdie wet leef om enigsins in aanmerking te kon kom vir die ewige lewe. Later is daar nog ‘n lang ry wette bygevoeg, wette wat verduidelik het wat hulle mag eet en wat nie. Die reinheidswette wat dit duidelik uitgespel het waaraan jy mag en nie mag raak nie, en wat jy mag doen en wat nie. En dan het die Farisers boonop nog ‘n streepsak-vol ekstra wette bygevoeg, net vir ingeval. En dan het ons nog nie eers gepraat van al die offerandes en rituele nie. Daar was omtrent ‘n offer vir elke situasie. Vir die doodgewone Jood was hierdie dinge net eenvoudig te veel om te begryp. Selfs vir hierdie Skrifgeleerde het dit nou al een te veel geword. Is daar nie dalk nt miskien een enkele gebod wat almal kan vervang nie?

Jesus het dadelik gesien dat hierdie man geen bymotiewe het nie: “Die Here ons God is die enigste Here,” begin Jesus. Dit is baie belangrik om te begryp dat daar slegs EEN God is, Jahweh, die Here. Dit is dan ook wat die Joodse Godsdiens anders maak as al die ander godsdienste, waar daar talle gode betrokke is.

Jesus gaan voort, en Hy haal twee gebooie uit wat ewe belangrik is - die een kan nie sonder die ander gelees word nie. Die eerste gebod haal Hy aan uit Deuteronomium 6:4-5, wat s dat ‘n mens jou volledige toewyding aan God alleen moet gee. Jy moet God liefh met jou hele wese. Die tweede kom uit Levitikus 19:18, en dit lui dat mense mekaar moet liefh, net soos wat hulle hulleself liefhet.

Die vraag is: Hoe kan twee gebooie al die ander vervang? Is dit ooit moontlik? Wat dan van die tien gebooie? Word dit dan nou nietig verklaar? Nee, nie in die minste nie! As ons mooi kyk na die tien gebooie, sien ons dat die eerste vier handel oor hoe ons God moet aanbid. As jy werklik vir God liefhet, is dit net natuurlik dat jy Hom alleen sal aanbid en dat daar gn ander gode in jou lewe sal wees nie. Daar sal niks tussen jou en God kom nie, want jy het Hom mos lief. En natrlik sal jy Sy wonderlike en heilige Naam mos eer! Jy sal nie Sy Naam ligtelik of spottend gebruik nie, nie eers gepraat daarvan om dit as ‘n kragwoord te gebruik nie (Oh my God!). Alles kan saamgevat word as liefde vir God.

Die laaste ses gebooie s presies dieselfde in verband met ons medemens. As jy hom liefhet, sal jy sy eiendom respekteer en diefstal sal nie ‘n opsie wees nie. Jy sal hom op gn manier seermaak nie, nie eers gepraat van doodmaak nie. Egbreuk is iets wat bittere pyn veroorsaak. Ook dt sal nie ‘n opsie wees nie! En natuurlik sal jy nie iets sleg s van enige iemand anders nie en beslis nie skinder van hom nie, want dit kan groot skade en pyn veroorsaak. En jou ouers? Jy sal aan hulle (n al jou meerderes) die nodige eerbied en respek betoon. Alles kom neer op liefde vir jou naaste.

Jesus het nie maar net in teorie hierdie saak gestel nie. Hy het dit prakties uitgeleef. Om die waarheid te s het Hy uit Sy pad gegaan om daardie naasteliefde op alle terreine uit te leef en sodoende vir Sy volgelinge ‘n voorbeeld gestel van hoe ware naasteliefde lyk. Hy het die ekstra myl geloop en Homself afgesloof vir ander mense. Hy het siekes gesond gemaak, mense kos gegee, skares geleer. Hy was nederig, nie alleen teenoor Skrifgeleerdes en Farisers soos Nikodemus nie, maar ook teenoor doodgewone mense, selfs die uitgeworpenes van die samelewing! Hy het alles oorboord gegooi, selfs ’n goeie reputasie, deur Homself te meng met ‘n veragtelike Samaritaanse vrou met ‘n stink reputasie en gehate tollenaars en hulle twyfelagtige sondaar-vriende.

Hierdie Skrifgeleerde het baie goed begryp wat Jesus ges het. Hy het selfs verstaan dat dit belangriker is om jou naaste lief te h as al die offerandes aan God. “Jy is nie ver van die Koninkryk van God af nie.” s Jesus vir hom. Hierdie man het dalk beter verstaan waaroor dit gaan as Jesus se Apostels. Daar was nog net een ding wat in sy pad gestaan het om die ewige lewe te kon kry, een enkele eenvoudige treetjie: Hy moes in Jesus glo. Het hy ooit daardie tree geneem? Ons kan maar net raai.

Die vraag wat ek vanoggend in groot erns vir jou, liewe leser, wil vra, is of JY daardie finale tree gegee het? Baie wat vanoggend hierdie oordenking lees, het nog nie so ver gekom nie. Een enkele treetjie……...

Gebed:

Here, ek bid vir elkeen wat vanoggend hierdie oordenking lees, wat nog nie vir Jesus “Ja” ges het nie. Plaas asseblief ‘n dringendheid in elke hart om Jesus se aanbod van die Ewige Lewe te aanvaar.


Dinsdag 25 Oktober 2016

Opstanding ‘n Werklikheid?

Markus 12:18-27

Die groepie Saddusers kom na Jesus toe aangestap, en Petrus sien sommer dat hier alweer splinternuwe moeilikheid is. “Wat sou die manne wou h?” wonder Petrus, “hulle stel mos nie juis so belang in Godsdienstige sake nie?”

Petrus het darem nou al ‘n slag of wat met hierdie snaakse klomp te doene gehad. Saddusers mag jy nit met die giftige Farisers verwar nie! Hulle is so ver van mekaar verwyder as oorl’e ou Jona se Nineve van Tarsis af! Hulle en die Farisers sit beslis nie om dieselfde vuur nie! Anders as die Farisers, is hierdie klomp sommer baie wreldsgesind. Hulle is eintlik kultuurmense, wat die Griekse beskawing baie hoog ag. En dt is ‘n ding wat ‘n Fariser beslis nooit it sal doen nie. Welgestelde lede van die samelewing, en meeste van hulle is baie invloedryk. Om daardie rede is hulle dan ook die manne wat ho posisies beklee, soos om op die Joodse Raad sitting te h, en daar nogal langs hulle aardsvyande, die Farisers sit! In sy mou lag Petrus, want hy wonder dikwels hoe warm dinge verloop wanneer daardie manne in sitting is. Vir sker gaan die twee groepe mekaar in die hare vlieg!

Ten spyte van al hulle streke is die spul Saddusers tg ‘n Godsdienstige klomp. Maar hulle het nou nie juis veel erg aan die bestudering van die Skrifte nie. Om die waarheid te s, aanvaar hulle slegs die vyf Boeke van Moses as Woord van God! Die Profete en ander geskrifte is vir hulle gladnie belangrik nie. Hulle sien dit gladnie eers as deel van die Woord nie! En dan is daar die kwessie van engele en geeste en die opstanding: hierdie sake verwerp hulle totaal. Engele en alles wat buite die tasbare aardse lewe, bestaan net eenvoudig nie vir hulle nie. As jy die dag sterf, is dit die einde. Daar is nie lewe na die dood nie, klaar en gedaan! Juis omdat hulle so glo, is daar by hulle ‘n soort fatalisme. Jy is vry om te doen wat jy wil doen, solank jy net vir God aanbid!

Petrus onthou nog hoe die Saddusers se hare regop gestaan het die dag toe Jesus vir Lasarus uit die dood opgewek het. Die Saddusers moes sekerlik die gevaarligte sien flikker het, en toe besluit hulle saam met hulle aardsvyande dat Jesus moes dood. Hy het immers hulle hele argument omver gegooi!

Dit laat Petrus se hare regop staan as hy besef dat hierdie mense juis dikwels poste beklee in die kerk. Baie van hulle is priesters! Die grootste deel van die Sanhedrin is juis saamgestel uit Saddusers. Selfs Kajafas, die Hopriester en sy voorganger, Annas is albei Saddusers. Twee baie invloedryke manne daardie! Terloops, Kajafas is mos Annas se skoonseun. Hy moet skerlik maar doen wat Skoonpa s, al is hy die hopriester!

Dit is vir Petrus aan die een kant skrikwekkend, maar terselfdertyd tg ook interessant om te sien dat, alhoewel dit die Farisers is wat so giftig teen Jesus is, en dan nog die feit dat hulle nie met die Saddusers kan saamwerk nie, hulle tg uiteindelik saamspan teen Jesus. Petrus wonder heimlik watter een van hierdie twee groepe die hoof aanvoerder gaan wees om sy Meester tereg te stel. Maar hy voel iewers hier binne sker dat dit eintlik die Saddusers gaan wees!

Petrus word teruggeruk na die werklikheid. Hierdie groepie Saddusers kom met ‘n absurde situasie na Jesus, net om te wys dat die hele gedagte van die opstanding uit die dood belaglik is. Hulle argument is gegrond op die sogenaamde leviraatshuwelik wat beskryf word in Deuteronomium 25. Volgens hierdie wet van Moses is dit ‘n man se plig, as sy broer kinderloos sou sterf, om met sy broer se vrou te trou en kinders te verwek namens sy broer. Hierdie Saddusers beskryf ‘n belaglike situasie waar ‘n vrou al deur sewe broers was, en dat almal dood is, en steeds is sy kinderloos. By die opstanding - wie se vrou sou sy dan nou eintlik wees?

Jesus se antwoord gryp totaal die wind uit hulle seile. In die eerste plek kan God die onmoontlike doen. Dit is binne Sy mag om mense uit die dood te kan laat opstaan. Maar hulle moet duidelik verstaan dat die hemelse lewe nie maar net ‘n voortsetting is van die aardse lewe nie. Dit is iets totaal anders, ‘n totale nuwe vorm van lewe. Geen mens kan hom dus nou al voorstel presies hoe dit gaan lyk nie. Dit is vir ons ‘n reuse verrassing!

Maar dan s Jesus vir hulle verder dat hulle gladnie die Bybel ken nie, want as hulle die Skrif, dis nou die gedeelte wat hulle wl aanvaar, sou lees, dan sou hulle besef dat God die God van lewendes is en nie van dooies nie, en dat daar in Eksodus 3:6 staan dat Hy die God van Abraham en Isak en Jakob is, drie mense wat reeds gesterf het, en wat nou LEWE in die hemel.

Paasnaweek herdenk ons nie alleen die dood van Jesus nie, maar ook Sy opstanding. En as ons hiermee saam ook lees wat Paulus in Kolossense 3:1-4 skryf, dat ons saam met Jesus uit die dood opgewek is, en dat ons saam met Hom Sy heerlikheid sal deel by Sy wederkoms, dan kan ons nie anders nie as om te jubel en juig in die opstanding uit die dood. Ja, daar bestaan by my gn twyfel nie, dat daar wel ‘n opstanding is! En wat meer is: as ek lees wat die Here my belowe op talle plekke in die Bybel, dan is ek baie seker dat ek deel gaan h in hierdie opstanding. Hy s dat almal wat in Jesus glo die ewige lewe sal h - nie eers eendag nie, maar vandag alreeds! En ek glo, dus het ek daardie ewige lewe. En jy? Is jy seker daarvan?

Gebed:
Here, dankie dat ek vanoggend net weereens die versekering gekry het dat U vir my die ewige lewe gegee het, en dat ek eendag ook weer gaan opstaan uit die dood.


Maandag 24 Oktober 2016

Wat van Belasting?

Markus 12:13-17

Jerusalem, en veral die tempel begin nou een te veel raak vir Petrus. ‘n Paar dae gelede was dit nog baie lekker om die tempel te kon bewonder, en hy het hom verlustig in al die dinge wat daar aangaan, maar nou begin die verkeer te kwaai raak, en dit maak hom senuweeagtig. Kort-kort is daar iemand wat sy Meester probeer vastrek met strikvrae. Hy weet nie hoe die Rabbi dit regkry om elke keer uit die slagyster te kom nie. Netnou nog was dit die spul kerkleiers wat wou weet waar sy Meester Sy gesag vandaan kry. Petrus lag in sy mou as hy terugdink hoe hulle daar druipstert weg is. Sy meester het hulle slagyster meesterlik gefnuik! Petrus ril as hy dink wat hulle volgende kan beplan.

En Petrus se gedagtes was nog nie eers koud nie, toe sy hart ‘n slag botstil gaan staan. Doelgerig kom ‘n groepie manne op hulle afgestap. Petrus herken hulle al van ver af aan hulle klere: Farisers! Saam met hulle is ‘n paar van daardie halfgebakte Herodiane. O, hoe irriteer daardie manne hom nie! Hulle probeer hulle alewige wette en nogmaals wette op almal afvorseer. Waarmee gaan hulle die Meester vanoggend kom konfronteer?

Wanneer die slim manne met Jesus begin praat, kan Petrus sy lag nie hou nie: “Meneer, ons weet dat U iemand is wat U mening eerlik uitspreek,” begin hulle. Sulke mooi woorde het Petrus nog nooit uit ‘n Fariser se mond gehoor nie! Die heuningkwas word omtrnt mildelik geswaai! “U is getrou aan die waarheid en so maak U die wil van God bekend.” Petrus bars amper hardop uit van die lag. Wat het in die manne gevaar? Hulle kan tog skerlik nie ernstig wees nie? Hulle het nog nit ‘n goeie woordjie vir die Meester gehad nie! Waarom nou skielik al die komplimente?

Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal?”

Petrus verstar! Hier kom ‘n lelike strik! “Pasop Meester, hulle wil U in ‘n lokval lei!” wil Petrus nog waarsku, maar dan onthou hy hoe Jesus nog elke keer daardie soort van strikvrae baie slim omseil het.

Moet ons betaal, of moet ons nie betaal nie?”

Petrus se o dwaal na die groepie Herodiane wat saam met die Farisers gekom het. “Die verraaiers!” Petrus kook! “Hulle ondersteun die Romeinse oorheersing!” Nou weet hy waarom die walglike Herodiane hier saam met die Farisers is: as Jesus hierdie vraag verkeerd antwoord, gaan hulle Hom net daar en dan aankla by ou Herodus. Sulke addergebroedsels! Skelms! Petrus voel-voel so na sy swaard. Binne in hom stoom dit. Hulle probeer elke toertjie in die boek om sy Meester uit te vang!

Waarom stel julle vir my ‘n strik?” hoor Petrus die Meester se antwoord.

Dan het Hy sowaar die ding sien kom!” dink Petrus verlig.

Bring vir My ‘n muntstuk,” beveel Jesus die slim manne.

Wat sou Hy dan nou met ‘n muntstuk wou doen?”

Maar dan kom Jesus se volgende vraag as Hy ‘n muntstuk in die hand het: “Wie se kop is op die muntstuk gegraveer? En wie se naam staan daar?” Almal stem saam dat dit die keiser s’n is, ongetwyfeld. “Nou, gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en gee ook aan God wat aan God behoort!”

Nou waarom het ek nie daaraan gedink nie?” wonder Petrus. Hy moet hom inhou om nie weer hardop van die lag uit te bars as hy die slim manne se verslae gesigte sien nie. Hulle weet nie wat hulle getref het nie, die wind skoon uit hulle seile. “Dit sal hulle ‘n les leer!”

Vir die Joodse volk was die hele kwessie van belasting wat hulle elke jaar aan die Romeine moes betaal, ‘n groot pyn. En wat die sakie nog seerder laat maak het, is die munte wat hulle moes gebruik. Joodse muntstukke het nie ‘n afbeelding van ‘n persoon op gehad nie. Hulle kon egter nie hierdie munte gebruik vir belasting doeleindes nie. Hulle was verplig om die Romeinse Denarii te gebruik, ‘n silwer muntstuk met die keiser se kop op die een kant, met die inskripsie: “Tiberius Caesar Augustus, seun van die goddelike Augustus.” Op die agterkant van die munt was ‘n vrouefiguur met ‘n kroon, septer en palmtakke. Vir enige toegewyde Jood was hierdie munte iets afgryslik, want dit het die tweede gebod oortree! Die Selote, ‘n Joodse terroristebeweging, het botweg geweier om enige vorm van belasting te betaal. Die Farisers (en baie ander Jode) het wl die belasting betaal, maar nie sonder om baie duidelik hulle misno te kenne te gee nie.

Wanneer Jesus die Farisers antwoord, s Hy eintlik vir die manne dat daardie munte die keiser se eiendom is. Deur belasting daarmee te betaal, gee jy eintlik net dit wat aan die keiser behoort vir hom terug.

Maar dan voeg Jesus dadelik by, dat daar ‘n ander baie belangrike saak is: Gee ook aan God wat aan Hom behoort! Hier het Jesus op ‘n paar seer liddorings getrap, want hulle Godsdiens het oor die wet en oor hulleself gegaan, sonder om God se wil waarlik in ag te neem.

Vandag vra Hy ook van my en jou om aan Hom te gee wat aan Hom behoort. Nee, nie (net) jou geld nie! Hy vra dat ons waarlik deel moet word van Sy Koninkryk en dat ons ons dissipelskap sal uitleef vir Hom.

Gebed:

Here, Ek staan vandag skuldig voor U as ek moet bieg dat ek nie waarlik aan U gee wat U toekom nie. Help my om my dissipelskap waarlik uit te leef.

Vrydag 21 Oktober 2016

God se Wingerd

Markus 12:1-12

Die “wyse” manne het nog daar rondgestaan en redeneer oor hoe hulle nou eintlik hierdie Jesus kan vastrek, n hulle vorige nederlaag teen Hom. Toe wink Jesus hulle nader. Hy het ‘n storie wat Hy vir hulle en die groot skare mense wat alweer om Hom saamgedrom het, wil vertel. Sy verhaal gaan oor ‘n boer wat ‘n wingerd aangeplant het. Hy het baie moeite gedoen om die wingerd spesiaal te maak: Hy het ‘n klipmuur om dit gebou en groot moeite gedoen om ‘n parskuip uit te kap sodat die oes verwerk kon word. Hy het selfs vir die sekuriteit gesorg en ‘n wagtoring laat oprig sodat hulle kon uitkyk vir skelms wat hulle oes wou steel. In plaas daarvan om self sy belegging te benut, gee hy dit vir ‘n groepie minder-bevoorregte boere, met die verstandhouding dat hy elke jaar darem ‘n deeltjie van die oes kan kry.

Maar dit is toe nou nt hier waar die moeilikheid begin, want toe hy n die oes slawe stuur om sy afgespreekte deel te gaan haal, word sy slawe mishandel en ‘n paar word selfs doodgemaak. Die boer was moedeloos. Toe besluit hy om sy geliefde seun te stuur om die situasie te gaan beredder. Daardie boere het egter sy seun gegryp en hom vermoor en hom uit die wingerd uitgegooi. Hulle het gedink dat hulle die wingerd toe maar vir hulleself kon hou, want die erfgenaam was uit die weg geruim.

Maar hulle het nie met die boer rekening gehou nie. Hy het gekom en hulle tereggestel en die wingerd vir iemand anders gegee.

Die geleerde manne het stil staan en luister na Jesus se storie. Hulle het maar l te duidelik besef dat Jesus op hlle sinspeel met die verhaal. Hulle was bitter! Hierdie Jesus moet so gou moontlik uit die weg geruim word!

Hoe gaan ons Hom vastrek?” vra hulle vir mekaar. Min het hulle geweet dat hulle kans baie gouer sou kom as wat hulle besef het en dat daardie einste Jesus slegs drie dae later aan ‘n kruishout sou hang.

Daar was nou ‘n dringendheid onder die Farisers en hulle maats om Jesus agter tralies te kry. Aan die ander kant was daar by Jesus k ‘n dringendheid om alles betyds afgehandel te kry voor daardie veskriklike Vrydag. Daar was nog s baie wat Hy vir die dissipels en al die ander mense wou s, maar die tyd was s min.

Maar kom ons gaan kyk ‘n bietjie waarom hierdie storie die Skrifgeleerdes en hulle maats so omgekrap het. Wat presies wou Jesus vir hulle s?

Die boer in hierdie verhaal is natuurlik God. Hy het groot moeite gedoen met die aanplant van die wingerd en die muur en die parskuip n die wagtoring. Dit sinspeel op die volk Israel. Van die vroegste tye af het die Here gebou aan daardie volk. Dit het begin by die stoere ou pilaar van geloof, Abraham. Die Here het gesorg dat daar in Abraham iemand was na wie die volk met deernis en trots kon verwys as die vader van die volk. Jare later het die Here die volk, wat toe al in hulle miljoene getel het, gelei na die land wat Hy alreeds aan Abraham belowe het. Hy het die volk gevestig en hulle gepamperlang en sterk gemaak. Hy het vir hulle konings gegee soos Dawid, en profete om hulle te lei. Hy het vir hulle voorspoed gegee en hulle eksklusief gemaak. Hulle was immers die volk van God!

Maar wat maak hulle? Die profete wat God vir hulle gee om hulle op die regte pad te lei, word mishandel; hulle word verwerp; hulle word geslaan. Die arme Elia moes in die woestyn gaan wegkruip om uit die kloue te bly van die koningin, Isebel. Ander profete was minder gelukkig: die laaste profeet, Johannes, is sonder sy kop die ewigheid in. En dit nadat hy in die tronk vasgeketting was, bloot omdat hy die waarheid gepraat het.

Jesus vertel hierdie storie spesifiek vir die priesterhoofde, Skrifgeleerdes en familiehoofde. Uit die aard van die saak is hulle die mense wat die ganse volk van God geestelik lei. Hulle is dus die verteenwoordigers van Israel, en dit is binne hulle mag om nie alleen namens die volk besluite te neem nie, maar ook om die volk te benvloed in hulle denke en handelinge. As die volk ten gronde gaan, is dit hierdie leiers se skuld! Dit is dan presies ook hierdie mense wat direk vir Jesus se kruisiging verantwoordelik was.

Met hierdie storie wil Jesus dan ook beklemtoon hoe ondankbaar die mense (God se volk) was. Met die aanbou van die wingerd het Hy aan absoluut alles gedink, en vir hulle die hl beste gegee. Hoe het God nie deur die eeue ook vir Israel oorlaai met goedheid en genade nie. Maar keer op keer het hulle Hom verwerp. Maar God se geduld is nie onbeperk nie, en uiteindelik sal Hy diegene straf wat Sy genade bly vertrap. Dit geld vir Israel, en dit geld ook vir ons vandag.

Maar die gelykenis sluit af deur Jesus in ‘n besonderse posisie te plaas. Ja, hulle het Hom verwerp. En ja, hulle het Hom selfs doodgemaak. Maar juis in hierdie verwerping kom God op ‘n verrassende manier en gebruik dit om verlossing te bewerkstellig vir elkeen wat in Hom glo. Die Klip wat deur almal verwerp is, word juis die Hoeksteen waarop die ganse gebou van God se Kerk gevestig word.

Gebed:

Here, ek kan vanoggend net weereens in groot verwondering dink aan U genade wat geen einde ken nie - dat U selfs die verwerping van U geliefde Seun gebruik om mense te verlos uit die ellende.

TERUG NA BO

Donderdag 20 Oktober 2016

Jesus se Gesag

Markus 11:27-33

Die volgende dag is hulle weer by die tempel. Vir Petrus is dit heerlik en hy verlustig hom in alles wat daar gebeur. Maar dan is dit asof iemand hom met ‘n skottel yswater in die gesig gooi. Sy hart krimp ineen as hy die groepie ernstige Farisers reg op sy Meester afgestap sien kom. Saam met hulle is daar nog ‘n paar manne wat baie belangrik lyk, seker maar Skrifgeleerdes en familiehoofde. Wat gaan hulle doen? Gaan hulle nou sy Meester gevange neem soos wat Hy voorspel het? Maar dan bedaar Petrus as hy sien dat hulle nie sulke dinge gaan probeer nie. Petrus staan nader om mi te kan hoor wat hulle vir sy Meester s. Dan hoor hy dat hulle Hom eintlik ‘n vraag vra, en Petrus het nou al geleer dat as hierdie addergebroedsels vrae vra, is dit beslis nie omdat hulle iets wil leer nie.

Met watter gesag doen U hierdie dinge? Wie het U hierdie gesag gegee om dit te doen?” Hulle klink maar bra omgekrap!

Wat gaan die Meester antwoord?” wonder Petrus. “As Hy vir hulle die waarheid vertel, gaan hulle Hom versker arresteer, want as die Meester s dat Hy dit met God se gesag doen, dan gaan hulle s dat dit Godslasterlik is. Wat gaan Hy s?”

Meesterlik beantwoord Jesus hulle strikvraag met ‘n teenvraag: “Die doop van Johannes, was dit van God of van mense afkomstig? Antwoord My.”

Waarom het ek nie daaraan gedink nie?” wonder Petrus. Hy lag in sy mou: “Hoe gaan die slim manne uit hrdie een kom? Maak nie saak watter kant toe hulle antwoord nie - hulle gaan moeilikheid optel.”

Met ‘n stout glimlag kyk Petrus toe hoe die manne onder mekaar brom om ‘n antwoord te kry. Uiteindelik draai een om: “Nee, ons weet nie.”

En dan kry Petrus baie lekker as hy hoor hoe sy wonderlike Meester hulle antwoord: “Dan het Ek ook nie ‘n antwoord vir julle nie!”

Jesus het dwarsdeur die slim manne gesien: Hy het dadelik gesien dat hulle nie werklik belang gestel het om ‘n antwoord te soek nie, hulle wou Hom net probeer vastrek. Sou dit enigsins verskil gemaak het in hulle lewens as Hy vir hulle vertel het dat Hy nie alleen die langverwagte Messias is nie, maar ook die Seun van God? Sou dit werklik hulle lewens verander het as Hy aan hulle openbaar het dat Hy die Almagtige God is wat mens geword het? Ek wonder soms of Jesus nie dalk gebrand het om dit vir die wreld uit te basuin nie. Maar wie sou Hom glo? Baie beslis nie die Farisers nie! Dit sou hulle net rede gee om Hom onmiddellik te stenig vir Godslastering!

Jesus het egter geweet dat daar nog net ‘n paar dae oor was voordat alles op die lappe sou kom, soveel s dat selfs die Romeinse soldaat by die kruis sou uitroep in verwondering: “Waarlik, Hy was die Seun van God!” En Jesus het ook geweet dat Hy deur Sy stilswye nog ‘n rondte sou wen teen die duiwel en die manne wat gedink het dat hulle so verskriklik slim was!

Ek en jy weet natuurlik vandag presies met watter gesag Jesus al hierdie dinge gedoen het. En veral nadat ons Markus se Evangelie tot dusver deurgelees het, begin ‘n mens waarlik Jesus se gesag besef. Dink nou maar net terug aan die wonderdade wat ons Hom sien doen het, hoedat Hy derduisende mense kos gegee het met slegs vyf brode en twee ou vissies tot Sy beskikking. Dink maar aan die asemrowende genesingswonders wat Jesus gedoen het: ‘n blinde wat oombliklik kon sien sonder ‘n ingewikkelde operasie; ‘n man wat sy lewe lank verlam was, wat skielik huppel en rondspring soos ‘n jong seun; ‘n kind wat al dood was en dan skielik springlewendig en gesond is. Is dit nie al genoeg om Jesus se gesag te bewys nie? Maar dan sien ons boonop hoedat Hy nie net in mense se lewens kon ingryp en ‘n verandering maak nie, maar Hy oefen Sy gesag selfs uit oor die natuur: ‘n Verwoede storm bedaar oombliklik wanneer Jesus dit beveel om stil te word. Ons sien hoedat Hy alle natuurwette nietig maak wanneer Hy doodluiters op die see oor die branders aangestap kom.

Maar Jesus se gesag strek veel wyer as die dinge hier op die aarde: ons sien hoedat die hemel oopskeur wanneer Jesus gedoop word - hoe die Heilige Gees op Hom neerdaal uit die Hemel en God met ‘n hoorbare stem uit die Hemel praat sodat die mense daar teenwoordig dit kan hoor. Later sien ons hoedat selfs die ou grotes uit die geskiedenis, Moses en Elia, uit die hemel afklim om eer te betoon aan Jesus daar op die berg, en weereens hoe God uit die hemel met Jesus praat en Hom verheerlik.

Om die Farisers se vraag te beantwoord: Jesus tree waarlik op met God se gesag. Ek en jy kan slegs op een van twee maniere reageer op Jesus se gesag: Ons kan dit verwerp, soos wat die geleerde manne van daardie tyd gedoen het, of ons kan dit gelowig aanvaar. Verwerp jy dit, dan verbeur jy die wonderlike voorreg om deel van God se gesin te wees. As jy dit egter aanvaar en jou eie maak, dan deel jy in al die voorregte van Sy gesin.

Gebed:

Here, dankie dat U my o oopgemaak het sodat ek kan sien wie Jesus waarlik is. Dankie dat U my uit U groot genade deel gemaak het van U gesin.

Woensdag 19 Oktober 2016

Vye-Toebroodjie (2)

Markus 11:12-26

Om die gebeure rondom die vervloeking van die vyeboom te verstaan, moet ons ook die gebeure in die tempel waar Jesus die tempel gereinig het asook die verdroogde vyeboom as ‘n geheel lees. Inderdaad het Markus ‘n “toebroodjie” geskryf! Lees jy die eerste deel op sy eie, maak dit gladnie sin nie, is Jesus se optrede onverstaanbaar, dalk selfs onregverdig.

Dit is belangrik om te weet dat hierdie handeling van Jesus ‘n simboliese daad was. Wat wou Hy hiermee s? Jesus wou hiermee aantoon dat die Joodse volk en die stad Jerusalem vergelyk kon word met hierdie vyeboom wat nie vrugte gedra het nie. God het van hulle as Sy volk verwag dat hulle geestelike vrug sou dra, maar daar was niks. God het selfs so ver gegaan om Sy Seun, Jesus te stuur om vir drie jaar lank vir hulle te s dat Sy Koninkryk aangebreek het. Hy het daardie wonderlike nuus nie alleen met woorde uitgebasuin nie, maar Hy het met die dinge wat Hy gedoen het vir hulle op ’n praktiese manier gewys dat die Koninkryk daar was. Asemrowende wonderwerke was aan die orde van die dag, maar hulle het Hom verwerp.

Die ergste was dat die kerkleiers, die mense wat verantwoordelik was om die volk te lei op Godsdienstige vlak, Jesus gedurig teengestaan het. In plaas daarvan dat hulle die volk aangemoedig het om Jesus te volg, het hulle Hom probeer doodmaak. Deur die vyeboom te vervloek, wys Jesus dus simbolies dat Hy die deel van die volk wat weier om Hom te volg, verwerp.

Kort daarna sien ons vir Jesus by die tempel, waar Hy die geldwisselaars se tafels omgooi en die handelaars uitjaag. Om te verstaan wat hier gebeur het, is dit nodig om te besef dat die tempel die spil was waarom alles in die Joodse Godsdiens gedraai het. Dit was as’t ware die hartklop van die kerk en die volk. Anders as meeste kerkgeboue vandag, waar dit ses dae van die week toe staan en daar niks gebeur nie, was die tempel anders. Daar was altyd ‘n gewoel en gewerskaf. Daar is offers gebring en mense het hulle gawes na die tempel gebring. In die pilaargange is daar onderrig gegee en dit was ‘n bymekaarkomplek.

Maar daar was iets baie tragies besig om te gebeur: Waar die tempel die sentrum moes wees wat die koms van die Seun van God moes uitbasuin, het daar absoluut niks van gekom nie. Die lewe het bloot voortgegaan soos wat dit elke dag voortgegaan het vir die afgelope paar honderd jaar. Alhoewel Jesus slf in die tempel die Evangelie verkondig het, het niemand hulle daaraan gesteur nie. Niemand in die tempel - die huis van God - het ag geslaan op die koms van die Seun van God nie.

Eintlik was dit nog veel erger, want die Tempel het in ‘n sekere sin ontaard in ‘n rowersnes, waar die rowers baie vroom gesigte aangeplak het en mense laat glo het dat hulle eintlik vir hulle ‘n guns bewys het. Intussen is die arme mense uitgebuit met buitensporige pryse wat hulle moes betaal vir die voorreg om ‘n offer aan God te kon bring.

Met Jesus se skoonmaakveldtog wou Hy nie alleen die rowers aan die kaak stel nie, maar wou Hy ook wys hoe ver die “vroom” mense wat die tempel beman en besoek het werklik van God afgedwaal het.

In die derde gedeelte sien ons hoedat die dissipels ontdek dat die vyeboom oornag uitgedor het. Die vloek het ‘n werklikheid geword! Die boodskap is baie duidelik: As jy God se genade en liefde ondankbaar van die hand wys, is die gevaar daar dat jy uiteindelik ook deur God verwerp kan word.

Wat in die tempel aan die gang was, was op die oog af baie mooi en edel. Daar is offerandes aan God gebring en mense is gehelp op ‘n georganiseerde wyse om geld en diere te kon kry om te offer. Onder was dit egter vrot! Dis was leeg, want God was nie in hulle Godsdiens nie.

Dit is vandag ook ‘n waarskuwing aan ons, die kerk van Jesus, dat Jesus altyd die middelpunt van ons aanbidding moet wees.

Jesus roep dan ook die dissipels op tot die ware Godsdiens. Hy gee vir hulle drie baie belangrike sleutelwoordjies: Geloof, Gebed en Vergifnis. Wat beteken dit om in Jesus te glo? Daar is ‘n paar elemente in die woordjie “geloof” saamgevat. Die belangrikste is natuurlik om te glo dat Jesus vir my gesterf het en dat Hy my Verlosser is. Maar daar is meer: Geloof beteken onder meer ook dat ons Jesus ten volle vertrou vir wie en wat Hy waarlik is - God Almagtig. Hy wil h dat ons geloof moet h in Sy krag, en dat selfs die onmoontlike moontlik is met Jesus.

Die tweede sleutelwoordjie is natuurlik gebed, want dit is juis deur ‘n gelowige gebed wat Jesus ons toegang gee tot Sy krag. Ons moet egter onthou dat Hy ons nie hiermee vrye teuels gee om allerhande “sirkustoertjies” met gebed uit te oefen nie. Wat ons vra moet in ooreenstemming wees met die wil van God.

Die derde sleutelwoord, vergifnis, is seker die mooiste woord in ons taal, want God vergewe al ons sondes in Jesus. Maar dit plaas op ons as gelowiges ‘n baie groot verantwoordelikheid, want soos God ons vergewe, moet ons ook bereid wees om ander mense te vergewe. Kan ons verwag dat God ons vergewe as ons selfsugtig weier om ons medemens te vergewe?

Gebed:

Here, gee my asseblief ‘n vergewensgesinde hart.

 Dinsdag 18 Oktober 2016

Markus se Vye-Toebroodjie (1)

Markus 11:12-26

Met die gedagtes van die skoonheid en majesteit van die tempelgeboue nog vars in sy gedagtes, stap Petrus en sy maats vroeg die Maandagoggend uit Betani terug na Jerusalem. Sy Meester is op ‘n missie, dit kan Petrus baie duidelik sien. Petrus glimlag as hy sien hoe die palmbome langs die pad gestroop is van hulle takke. Daardie optog gister het ‘n warm gevoel in sy hart gemaak. Watter avonture wag daar nie vandag op hulle nie? Meester het ges dat hulle weer tempel toe gaan.

Langs die pad staan ‘n vyeboom - snaaks, gister het hy hom nie eers raakgesien nie. Tog so jammer dat dit nie nou vyetyd is nie. Hulle ontbyt was vanoggend maar baie eina-eina, en hy wat Petrus is sou nou kon doen met ‘n paar sappige vye! Blykbaar het sy Meester ook dieselfde idee, want Petrus sien hoedat Jesus reguit na die vyeboom loop en vroetel tussen die blare. “Dis nie vyetyd nie,” wil hy nog vir die Meester s, maar dan sien hy dat Jesus dit klaar uitgevind het. “Van jou sal niemand ooit in der ewigheid weer vye eet nie,” hoor hy die Meester vir die boom s. “Dis onregverdig,” dink Petrus. “Hoe kan die Meester dan nou vye verwag buite seisoen?”

Die res van die pad loop Petrus verdwaal in sy eie gedagtes. As hy weer sien, is hulle by die poorte van die tempel. Sy hart gee sommer so ‘n wilde bokspring. Op die tempelterrein is alles vanoggend in chaos. Net waar hy kyk sien hy stalletjies van handelaars: sommige verkoop skape, ander duiwe en ander ruil weer geld om. Petrus stap na een van die geldwisselaars, hy haal ‘n paar muntstukke uit sy sak. Op die een is die gesig van die keiser afgebeeld, en op die ander is daar afbeeldings van Griekse gode. Petrus ril as hy na die munte kyk: “Hierdie goed mag ek nie in die tempel se skatkis gooi nie,” dink hy. Ja, die wet s duidelik dat jy nie ‘n afbeelding van enige mens of afgod mag maak nie, en hier is dit nou mos duidelik op die munte. “Wat kos dit om my geld te ruil vir Tirus-munte?” Tirus-munte het nie daardie beelde op nie. As hy hoor wat die wisselkoers is, kry hy amper ‘n hartaanval. “Dis rowery!” snou hy die man toe. “Julle steel arm mense se geld!” Die wisselaar trek sy skouers op. Hy wt mos dat Petrus daardie geld mt h, en hy gaan dit nrens anders kry nie!

Dan hoor Petrus ‘n groot rumoer elders op die tempelterrein. Mense skree en vloek verontwaardig. Petrus se hart gaan amper wr ‘n slag staan as hy sien dat dit niemand anders as sy Meester is nie, besig om die geldwisselaars en smouse se tafels om te smyt! “Julle maak ‘n rowersnes van God se huis!” hoor hy sy Meester skree. Hy het Jesus nog nooit so kwaad gesien nie. Petrus se hart krimp ineen as hy ‘n groepie Priesterhoofde en Skrifgeleerdes eenkant sien staan. “Daar broei baie onheilige dinge uit!” s hy vir homself. “Daardie manne beplan beslis nie ‘n verjaardagpartytjie nie.....”

Daardie aand in Betani l Petrus en rondrol, hy kan nt nie slaap nie. Die dag se gebeure maal deur sy kop. “Daardie handelaars buit mense uit! Hulle wt dat mense dikwels baie ver trek met ‘n skapie om te offer oor Paastyd, en dan is die skaap nie meer in so ‘n goeie kondisie wanneer hy in Jerusalem aankom nie. Dan ruil hulle dit om vir ‘n vet skaap, maar hulle vra ‘n buitensporige prys vir die dier. En die duiwe wat hulle verkoop aan die arm mense - ‘n mens kan amper ‘n skaap koop vir die prys wat hulle vra vir ‘n simpele duif!” Petrus is sommer van vooraf omgekrap. Ja, sy Meester het beslis die regte ding gedoen!

Die volgende oggend is dit weer vroeg uit die vere om na Jerusalem te gaan. Meester het ges dat Hy vir die mense wil gaan preek op die tempelterrein. Dit gaan opwindend wees! Petrus wonder watter wonderlike stories Jesus vir die mense gaan vertel. Hy geniet Jesus se stories, al verstaan hy hulle nie altyd nie. As hulle by gister se vyeboom verby stap, moet Petrus tweekeer kyk. Hy glo nie wat hy sien nie: “Meester! Meester, kom kyk!” Gister nog was die boom lowergroen; vandag is hy kurkdroog uitgedroog tot in sy wortels in, sonder ‘n teken van lewe. “Rabbi, dis mos dieselfde boom wat U gister vervloek het?” Petrus het ‘n reuse vraagteken op sy gesig.

Jesus sien dat die manne gladnie verstaan nie, en dan begin Hy verduidelik: “Julle moet geloof in God h.” Hy verduidelik dat jy deur geloof berge kan versit, en dat God die gelowige se gebed verhoor. Hy verduidelik verder van vergifnis, en dat God die gelowige se sondes vergewe. Maar terselfdertyd beteken dit ook dat jy diegene wat iets aan jou gedoen het moet vergewe, want hoe kan jy verwag om God se vergifnis te kry as jy slf nie bereid is om iemand anders te vergewe nie?

“Maar Meester, wat het dit met die vyeboom te doen?” wil Petrus weet.

Miskien, liewe leser, s jy ook vanoggend dat hierdie dinge vir jou nou net mooi niks sin maak nie. Kan ek vra: Gebruik ‘n bietjie geduld. In ons volgende dagstukkie gaan ons DV weer ‘n slag in perspektief kyk na die gebeure van hierdie twee dae gedurende die laaste week in Jesus se lewe op aarde. Markus het ‘n “toebroodjie” geskryf: die vervloeking van die vyeboom en die verdroging daarvan is twee snye brood, en die tempelreiniging is die vulsel. Hierdie drie moet saam gelees word, maar drna kyk ons in die volgende oordenking.

Gebed:

Here, my geloof is dikwels so klein. Gee my asseblief ook daardie geloof wat berge kan versit.

Maandag 17 Oktober 2016

Die Intog

Markus 11:1-11

Petrus se hart klop in sy keel. Hier vanaf die dorpie Betani, ‘n klein entjie van Jerusalem, sien hy die indrukwekkende mure van die ou stad uittroon. Tussen hulle en Jerusalem is daar nog ‘n dorpie wat hulle eers moet deur, Betfage. Rondom hom raak die groot skare van mense opgewonde, so half asof hulle begin aanvoel dat hier vandag iets baie groot gaan gebeur. Is dit dalk sy Meester se dood wat Hy voorspel het.........? Petrus skuif die gedagte uit sy kop. Dit is binnekort Paasfees - dit is seker wat die mense nou al so opgewonde maak, die Paasfees. Maar Petrus kan maar net nie ontslae raak van hierdie verskriklike knop op sy maag nie. Hy voel aan dat iets verskriklik gaan gebeur.

Van Betani af is dit ’n skotige opdraende na Betfage. Jesus roep twee van die manne nader: “Gaan na die dorpie daar voor julle, en net soos julle inkom sal julle daar ‘n jong donkie kry wat vasgemaak is.” Jesus verduidelik vir hulle dat hulle die donkie vir Hom moet bring. En as iemand dalk wil weet waarom hulle die donkie vat, dan moet die manne bloot s dat die Here hom nodig het, en dat Hy die donkie weer sal terugbring wanneer Hy met hom klaar is.

Nou wat sou die Meester met ‘n donkie wil maak?” wonder Petrus. Hier klim hulle al vir ‘n volle dag lank berg, en nes hulle die hl laaste bultjie kry, dan wil Hy opsluit ‘n donkie h om op te ry. Dit maak nie sin nie! Maar as hy mooi dink, dan maak net mooi niks meer die laaste tyd vir hom sin nie. Waarom moet al hierdie dinge gebeur? Waarom wil die Meester so reg in die slagyster inry? En dit nogal op ‘n donkie?

Die twee het die donkie gekry nes Jesus voorspel het, en toe hulle hom losmaak, was dit ook presies soos Jesus ges het dat dit sou gebeur. Sy eienaar wou weet wat hulle met die donkie wil maak, en toe hulle s dat die Here hom nodig het, het hy ges dat hulle maar die donkie kan vat. “Hoe het Hy geweet?” wonder hulle.

Wanneer Jesus die donkie bestyg, raak die skare baie opgewonde. “Hier kom ‘n ding!” Petrus merk dat iemand sy klere oor die donkie se rug gooi sodat Jesus daarop kan sit. Petrus voel half verle as hy sien hoe ‘n groot ophef die mense van Jesus maak. Hulle trek selfs hulle boklere uit en gooi dit op die pad sodat Jesus daaroor kan ry. “Hulle wil Hom koning maak!” besef Petrus baie gou. Di wat jammer is vir hulle klere, breek groen takkies af en plavei die pad waarop Jesus moet ry met ‘n groen lower. Die skare raak al hoe meer opgewonde en hulle sweep mekaar op. “Hosanna!” sing hulle. “Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!”

Heimlik wonder Petrus of hierdie mense ooit besef wat hulle doen? Skielik dink hy terug aan daardie ongelooflike dag op die berg saam met Jakobus en Johannes, die dag toe Moses en Elia uit die hemel gekom het. Alles is nog so onwerklik! Was dit nie dalk net ‘n droom nie? Nee! Dit het werklik gebeur! Hy het nog God se stem uit die hemel gehoor, en hy onthou hoe verskriklik hy gebewe het van angs. Die Meester is daar op die berg verheerlik deur God Slf, Persoonlik! En nou is hy wat Petrus is die getuie van hoe die groot skare van mense k vir Jesus verheerlik, hier op die pad na Jerusalem.

Gesend is ons voorvader Dawid se Koninkryk wat aan die kom is!” jubel die skare. “Prys Hom in die hoogste hemel!” Die angsgevoel wat dreig om Petrus se maag te verbrysel maak plek vir ‘n wonderlike gevoel van trots. O hoe wonderlik is dit om deel te wees van die binnegroepie van die Meester! Deur die dorpie Betfage beweeg die optog al singende en dansende. En dan vat hulle die lang afdraende teen die hange van die Olyfberg af tot onder in die Kidronvallei. Voor hulle troon die statige mure van die stad Jerusalem, en natuurlik daardie manjifieke gebou wat Petrus trane in sy o gee, die tempel.

By die noordelike ingang van die tempelterrein klim Jesus van die donkie af. Hulle stap deur die groot binnehof met sy pilaargange wat die ganse terrein omring. Petrus se mond hang onbeskaamd oop van verwondering. Oral sien hy klein groepies jong manne sit in die skadu tussen die rye en rye pilare, elkeen met ‘n Rabbi wat besig is om hulle te leer. “Ja, daar het ek ook vir ’n tydjie gesit as jong seun,” dink Petrus vol heimwee aan sy jong dae. Dan verskuif sy blik na die hoofgebou. Hy snak na sy asem, en ‘n loflied begin spontaan oor sy lippe borrel.

Baie later, wanneer die tempelgebou al lang skadus begin gooi, ruk Jesus hulle terug na die werklikheid: “Kom, ons moet nog terug tot by Betani voor vanaand. Ons sal more weer terugkom.”

Wanneer Petrus en sy maats die steil Olyfberg uitklim, terug op pad na Betani, skiet sy gemoed vol. Wat ‘n wonderlike voorreg is dit nie om deel te mag wees van die volk van God, en om te mag deel in al hierdie dinge. Kan ek en jy nie ook vandag dieselfde s nie? Hoe groot is God se genade oor ons as gelowiges, dat ons mag deel in al die rykdom van God se Koninkryk. Soms, as ek daaraan dink, dan loop die trane oor my wange, trane van dankbaarheid. Hy is groot! Hy is goed! Hy is genadig!

Gebed:

Here, dankie dat U my ook ‘n plek gegee het in U wonderlike Koninkryk. Ek besef vandag dat dit alles slegs genade is, en dat ek niks hiervan verdien nie. Dankie, dankie Here!

Vrydag 14 Oktober 2016

Bartimeus, die Blinde

Markus 10:46-52

Agter Petrus l die stad Jerigo, volgens sommige mense die oudste stad op aarde. Die stad is gele in die Jordaanvallei, naby die bopunt van die Dooie See. Petrus se hart krimp ineen as hy die stad agterlaat, want voor hulle toring Jerusalem se berge uit. Dit is ‘n steil klim wat voorl, maar dit is nie wat hom pla nie - dit is dt wat vir hulle in Jerusalem, die stad van Dawid wag, wat hom koue rillings gee. Gaan hulle daar almal saam met die Meester doodgemaak word? Hulle groepie word gevolg deur ‘n groot skare mense, almal wat Jesus wil hoor, of wat hoop om dalk van die een of ander kwaal genees te word. Dalk hoop hulle om die een of ander asemrowende wonderwerk te sien.

Maar Petrus se gedagtes is lankal nie meer by die skare wat hier om hom raas nie: “Die stad van Dawid!” stroom dit deur sy gedagtes, “Hoe wonderlik moes dit nie wees om in daardie groot koning se tyd te kon lewe nie!” In sy geestesoog stap hy deur die stad. Hoe lief is hy nie vir daardie antieke ou stad met sy manjifieke mure nie. En dan is daar natuurlik die asemrowende tempelgebou. Elke keer as hy dit sien, snak hy na sy asem, en trane van aandoening stroom oor sy bebaarde wange. Dat Herodus hierdie tempel gebou het, sal hy maar liewer vergeet.

Petrus herinner homself daaraan dat hy eenmaal ‘n preek gehoor het waar die Skrifgeleerde gepraat het oor Esegil. Daardie profeet het ges dat die Here Sy Dienaar, Dawid sou stuur om as Herder te dien oor Sy kudde. En toe s die man dat Esegil eintlik bedoel het dat hierdie “Dawid” die Seun van Dawid, die Messias is! “Is ons Meester nie dalk hierdie einste Seun van Dawid nie?” wonder Petrus vir die sovlste maal.

Hulle bereik die buitewyke van Jerigo, en dan klink daar ‘n stem op iewers langs die pad: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!”

Petrus glimlag: “Is dit nou nie toevallig nie?” Ja, hy onthou nog dat daardie ou Skrifgeleerde die dag ges het dat die “Seun van Dawid” ‘n nuwe tydperk sou inlei vir Israel, en dat Hy nie net sou regeer nie, maar siekes sal gesond maak en blindes genees.

Jesus, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!” klink die stem al harder en dringender langs die pad op.

Petrus kan die man nie sien nie - daar is te veel mense, maar hy begin nou half irriterend raak! “Aag bly tog stil!” hoor Petrus iemand die man toesnou. Maar hy roep net al harder: “Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!”

Die Meester gaan staan, en dan draai Hy om. “Hier kom ‘n ding!” dink Petrus. “Roep hom nader.” beveel Jesus die mense.

Petrus hoor iemand fluister: “Dis ou Bartimeus. Hy sit al jare lank hier en bedel.”

Ken jy hom?” vra sy maat.

Ja, dis een van Timeus se seuns - stokblind, die arme drommel. Nog nooit ‘n oortjie in sy lewe kon verdien nie. Hy lewe net van bedelgeld.”

Ag foeitog!” fluister sy maat, “wat ‘n lewe!”

Hou moed ou Bartimeus,” hoor Petrus iemand skree, “Jesus roep jou!”

n Gangetjie maak tussen die skare oop as Bartimeus nader gelei word. Hy bewe van opgewondenheid. Sy dag het uiteindelik gekom! Hy het al so baie van hierdie Jesus gehoor, en nou kan hy uiteindelik die Man persoonlik sien. Sien? Wel.......

Wat wil jy h moet Ek vir jou doen?” hoor hy Jesus vra.

Met ‘n stem wat bewe van aandoening vra Bartimeus: “Rabboeni, dat ek kan sien.” Dit is al wat hy begeer in die lewe, om maar net te kan sien. Om ook normaal te kan wees soos ander mense en om vir ‘n gesin te kan sorg. O, hoe smag sy hart nie daarna nie!

Jesus se woorde slaan hom tussen die o - letterlik! “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.”

Die volgende oomblik gaan daar skielik ‘n lig op vir Bartimeus. Hy sien! Sy o is normaal soos enige ander man s’n! Petrus se mond hang oop van verwondering, hoeveel keer het hy nie al hierdie asemrowende wonderwerke aanskou nie, en steeds is elkeen vir hom nuut en vars en vul hom met verwondering.

En Bartimeus? Nadat hy vir baie jare op een ou kolletjie moes sit en bedel, los hy sy bedelbekertjie nt daar en loop agter Jesus aan. Hierdie Man mt hy net eenvoudig volg! Hy is immers die Seun van Dawid, die beloofde Een!

Markus wys ons op meesterlike wyse hoe ‘n mens werklik moet glo. In die eerste plek beteken dit dat jy daardie verwagting moet h dat Jesus daardie situasie waaraan jy slf niks kan doen nie, wl kan verander. Tweedens beskryf hy hoe geloof hindernisse oorkom. Die mense wou Bartimeus stilmaak, maar hy het aangehou. Hy kon Jesus nie eers sien nie, maar hy het geroep. En derdens wys Markus dat geloof daartoe lei dat jy Jesus volg. Bartimeus het letterlik agter Jesus aangeloop na Jerusalem. As gelowige moet ek en jy bereid wees om Jesus te volg op die geestelike pad na “Jerusalem”, waar swaarkry en vervolging dalk deel van ons lewe kan wees - lyding ter wille van die Evangelie. Is ons werklik bereid?

Gebed:

Here, maak my asseblief bereid om U te volg, al beteken dit ook swaarkry, lyding en vervolging.

Donderdag 13 Oktober 2016

Ereplek in die Koninkryk

Markus 10:32-45

Daar hang ‘n donker wolk oor die twaalf manne. Die pad is moeilik, en hulle moet draf om by Hom te bly. Dit voel vir hulle asof iets Hom dryf. Die Meester het ges dat hulle Jerusalem toe moet gaan, en toe begin Hy stap. Hy loop ver voor hulle uit, en die manne is baie bekommerd. Om van Kapernaum af tot by Jerusalem te kom, is ‘n baie swaar pad. Dit is omtrent 130km se stap, maar dit is nie die lang afstand wat dit moeilik maak nie, dit is die verskriklike klim. Kapernaum is ‘n kusdorpie aan die see van Galilea, wat dit een van die laagste dorpe op aarde maak - 170m onderkant seevlak. Jerusalem, aan die ander kant, is meer as 700m bo seevlak. Dit is dus byna, byna ‘n kilometer se vertikale klim oor ruwe en bitter gevaarlike terrein, ‘n bergwoestyn met moeilike paaie.

Maar steeds is dt nie die ding wat die manne so pla nie. Hulle nagmerrie is dat hulle weet dat daar baie groot moeilikheid wag in Jerusalem. Die wetsgeleerdes het hulle mes in vir hulle Meester. Wat met Hom gaan gebeur, wil hulle liewers nie oor dink nie. Dit is dus ‘n baie bekommerde twaalftal wat ‘n ent agter Jesus aanstoom, die berge op.

Wanneer hulle vir ‘n bitter nodige blaaskansie uitspan, verduidelik Jesus vir hulle die erns van die saak. Ja, hulle is op pad na Jerusalem. En ja, Hy weet dat die wetsgeleerdes daar vir Hom wag. Om hulle gemoed nog meer te vertroebel, vertel Hy vir hulle dat Hy daar oorgelewer gaan word aan die priesterhoofde. Nog erger: Hy gaan aan die heidene uitgelewer word, en hulle gaan Hom ter dood veroordeel. Die Meester berei hulle deeglik voor op alles wat met Hom gaan gebeur in Jerusalem, ook dat daar ‘n bespotting van Hom gemaak gaan word, en dat mense op Hom gaan spoeg uit afsku en dat hulle Hom gaan slaan en Hom doodmaak. Dit moes verskriklik gewees het vir Jesus om presies te weet wat op Hom wag - watter hel Hy sou moes deurmaak!

Die manne luister, maar dit wil nie insink nie. Alles is so verskriklik onwerklik. Hulle het sulke groot verwagtinge van Hom gehad. Hulle het selfs gedink dat Hy die groot Messias is wat hulle van die Romeine sou bevry. Maar nou vertel Hy hulle hierdie verskriklike dinge. Dit maak nie sin nie! Hulle hoor nie eers as Jesus hulle vertel dat Hy weer sal opstaan uit die dood nie. Drie dae nadat hulle Hom doodgemaak het, sal Hy weer lewe! Maar dit sink nie in nie. Die verskrikking van die dood is vir hulle ‘n ondeurdringbare muur sodat hulle gladnie die lewe n die dood kan raaksien nie!

Is dit nie dikwels ook maar vandag so met ons nie? Die dood is vir ons s ‘n verskriklike finaliteit, dat ons verstand nie kan begryp dat die dood maar slegs ‘n deur is na die ware lewe nie.

Maar dan is dit weer tyd dat hulle moet aanstap en weereens is dit Jesus wat voor hulle uit loop en die manne wat moet sukkel om by te bly. Die twee broers, Jakobus en Johannes loop en konkel: daar is ‘n diep gesprek tussen hulle en die ander kan sien dat iets nie baie kosher is nie. Dan draf die twee vorentoe tot by Jesus. “Meester, ons het ‘n versoek,” hyg hulle na hulle asem. “Wanneer U as Koning heers, wil ons weerskante van U langs U troon sit!” Baie duidelik verstaan hierdie manne gldnie waaroor dit gaan nie. Het hulle dan nie gehoor wat Jesus hulle die hele tyd probeer leer het nie? Dit gaan vir hulle om ereposisies, hier op die mees kritieke tyd in Jesus se lewe.

Jesus s ook dan dadelik vir hulle dat hulle nie besef wat hulle vra nie. Hulle vra eintlik dat hulle saam met Hom sal ly en sterf. Sien hulle kans daarvoor? Sien hulle werklik kans vir die kruis en alles wat daarmee saamgaan? “Ja!” antwoord die twee. Baie duidelik het die twee nie die vaagste idee waarvan Jesus praat nie. “Die beker wat Ek drink, sl julle drink,” s Jesus dan vir hulle. Ja, Hy weet alreeds dat hulle wreed gemartel sou word jare later en dat hulle k baie sou ly vir die Evangelie. Maar oor die ereposisies - nee, di sou hulle nie toegestaan word nie. God alleen kan bepaal wie daar sal sit.

Ons weet vandag nie wat met Johannes gebeur het nie, maar ons kan maar net raai dat hy om die lewe gebring is. Jakobus is deur koning Agrippa laat doodmaak.

Dan roep Jesus die ander manne nader, en Hy praat baie ernstig met hulle. Hy verduidelik dat daar by gelowiges nie dieselfde soort leierskapstelsels werk as by die wreld, waar iemand baas is nie. Magsmisbruik gebeur net eenvoudig nie onder gelowiges nie! By gelowiges is daar eerder kompetisie oor wie mekaar kan dien! Die groot sleutelwoord is DIENS. Jesus was die voorbeeld vir alle gelowiges. Hy het Sy lewe daaraan gewy om te dien - dit sien ons regdeur Markus se verhaal. En dit is wat elke gelowige moet nastreef.

As ons deur die stowwerige blaaie van die kerkgeskiedenis blaai, sien ons dat daar maar baie min tot reg gekom het van Jesus se lering en dat daar baie stryd was om die hoogste leierskapsposisie. Vandag gebeur dit steeds dikwels. Die tyd het aangebreek dat ons nou meer as ooit Jesus se woorde ons eie sal maak en dat ons as gelowiges ons daarop toel om mekaar te dien eerder as om leiers in ereposisies te wil wees.

Gebed:

Here, leer my asseblief hoe om waarlik te dien.

TERUG NA BO


Woensdag 12 Oktober 2016

Die Ryk Jongman

Markus 10:17-31

In die vorige dagstukkie het ons gehoor dat dit vir kinders maklik is om die saligheid te kry, juis omdat hulle afhanklikheid so waardeer. Maar nou hoor ons die teendeel, dat dit vir iemand wat baie ryk is, weer baie moeilik is om in die hemel te kom. Let wel: nie onmoontlik nie, net MOEILIK!

Maar kom ons begin voor: Jesus en die manne is steeds in Petrus se huis in Kapernaum. Net wanneer hulle by die deur uitstap, kom daar ‘n jong man aangehardloop. Aan sy klere kan ons sien dat hy baie welaf is – duur ontwerpersklere. Hy kom val voor Jesus neer op sy knie, en dan vra hy ‘n vraag: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Ek het al ‘n kas vol briewe van mense wat my daardie selfde vraag gevra het! En wat ‘n wonderlike voorreg is dit nie, as iemand vir jou s kom vra! Wat ‘n heerlike voorreg om met so ‘n persoon die evangelieboodskap te kan deel.

Ons het nou al gewoond geraak dat wanneer iemand vir Jesus ‘n vraag kom vra, dan is daar bymotiewe. Hulle wil Hom probeer vasvra of uitlok om iets te s wat Hom in die moeilikheid sal laat beland. Hierdie man was egter anders as die Skrifgeleerdes en Farisers, want hierdie vraag het diep uit sy hart uit gekom sonder nige bymotiewe. “Waarom noem jy My goed?” wil Jesus weet. Dit wil amper lyk asof hierdie man besef wie Jesus werklik is, dat Hy die Seun van God is en nie soos die meeste mense gedink het dat Hy slegs ‘n profeet is nie.

Jy ken die gebooie,” antwoord Jesus hom, en die man reageer heftig. Ja, hy maak dit sy taak om al die gebooie stiptelik na te kom, sommer al van kleintyd af. Ons kry die gevoel dat hierdie man ‘n toegewyde gelowige is wat sy volle gewig ingooi in die kerk. Markus vertel vir ons dat Jesus hom baie liefgekry het oor sy toewyding.

Maar dan s Jesus iets wat die dam skoon onder die eend uitruk: “Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel h. Kom dan terug en volg my!

Jesus se voorwaarde was nou net eenmaal t groot vir die man. Hy het die ware begeerte gehad om die ewige lewe te kry, maar sy besittings het hltemal te swaar geweeg. Dit was te veel gevra!

Wanneer Jesus vir hom hierdie opoffering vra, sit Hy nie ‘n elfde gebod by die tien nie. Nee, Hy vra van die man ‘n totaal ander soort Godsdiens. Sou hy bereid wees om sy sekuriteit op te offer? Sou hy bereid wees om op te hou om staat te maak op sy eie prestasies, en alleen op God te vertrou? Sou hy bereid wees om die eiendom en luukshede waarvoor hy so hard gewerk het sy lewe deur, net eenvoudig weg te gee? Sou hy bereid wees om in totale afhanklikheid van God alleen te leef?

Dit was te veel gevra, en hy het omgedraai en bedroef weggestap. Sy besittings het die oorhand gekry oor sy lewe. Wanneer Jesus hom kop onderstebo sien wegstap, s Hy vir die manne: “Hoe moeilik sal mense wat ryk is, in die Koninkryk van God kom. Dit sal makliker wees vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te kom.”

Wie kan dan gered word?” wil hulle ontsteld weet.

Die Jode het rykdom gesien as die beloning vir ‘n goeie lewe. Kyk dan nou maar net hoe ou Job van ouds beloon was nadat die duiwel sy goed weggevat het en hy steeds bly glo het. Die Here het hom dubbel teruggegee wat hy verloor het! Ryk Jode het dan ook baie aalmoese gegee en betaal vir die instandhouding van die sinagoge, met die gevolg dat die gedagte ontstaan het dat sulke voorbeeldige ryk mense ‘n baie beter kans het vir die hemel as gewone arm mense. Daarom was die dissipels so ontsteld, want as die rykes dit nie kan regkry om in die hemel te kom nie, dan sal die gewone man mos nooit it ‘n kans h nie.

Maar dan gee Jesus vir hulle ‘n belofte: “Vir mense is dit onmoontlik, maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.” Hy verduidelik ook vir hulle dat as jy bereid is om alles te laat staan, sal jy uiteindelik baie meer terug kry. Jy word in die eerste plek deel van God se gesin, maar ook in die hiernamaals sal jy ryklik beloon word.

Kan ons vandag werklik ter harte neem wat Jesus ges het? Moet ons dit letterlik opneem? Wat is die boodskap vandag vir jou en my? Ons leef in ‘n gemeenskap wat absoluut ingestel is op sekuriteit. Ons spandeer groot geld aan polisse en pensioenfondse. Ons bel in duur eiendomme. Uiteindelik voel ons tevrede met onsself as ons kan terugsit en s dat ons alles het wat nodig is. Ongelukkig is dit gewoonlik juis daardie sekuriteit wat maak dat ek vergeet van my afhanklikheid van die Here. Die vraag is of ryk mense dan verlore is? Kan enigeen hoegenaamd gered word? Wat vir ons dikwels onmoontlik lyk, is by God moontlik. Hy kan enige mens se hart verander. Hy kan jou laat besef dat jou kosbare besittings slegs leen-geskenke is van Hom, geskenke wat jy nie jaloers aan vasklou nie, maar dit deel met ander wat nie daardie voorreg het nie. Wanneer jy die dag jou hand so begin oopmaak, sal jy geestelik baie meer terugkry as wat jy weggegee het.

Gebed:

Here, leer my asseblief hoe om waarlik met my besittings om te gaan.

 
Dinsdag 11 Oktober 2016

Jesus en die Kindertjies

Markus 10:13-16

Aan kinders gee g’n ordentlike Jood enige aandag nie - hulle is aan die hl onderpunt van die sosiale leer. So het die Jode se ordelys gewerk. En as jy nogal ‘n Rabbi is, dan slaan jy ng minder ag op hulle, want hulle is net eenvoudig nie in jou klas nie. Vrouens is basies in dieselfde lig as kinders gesien. Hulle was skaars meer as eiendom.

Met dit in gedagte gehou, skilder Markus vir ons die toneel waar Jesus besig is om met ‘n klomp mense te praat. En dan gebeur die onvermydelike, dat iemand dit in sy gedagte gekry het om Jesus vir haar kinders te wys. Hulle voel dadelik aangetrokke tot hierdie vriendelike Man, en die ouers laat hulle toe om na Jesus toe te gaan. Die manne sien dit, en hulle skrik hulle yskoud: “Nee, dit mag nie! Ons durf nie toelaat dat die Meester se kosbare tyd so gemors word deur nikswerd kinders nie!” dink hulle, en summier word die kinders verwyder. Die ouers word behrlik die hare gewas oor hulle onsinnige optrede – hulle wt mos dit mag nie! Kinders het mos nie plek hier tussen die manne nie!

Maar Jesus voel anders oor die saak - Hy is verontwaardig oor die manne se optrede en Hy roep die kinders terug. “Moenie hulle keer nie,” vermaan hy die manne, “die Koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.” Jesus laat Hom nie bind deur sosiale norme nie. Die manne is gladnie gelukkig nie: hoe kan hulle Meester so laag daal? Elke Jood weet tog dat kinders nog nie eers die eerste sport van die sosiale leer bereik het nie. Hy is besig om so reg in die hande van die Farisers te speel.

Jesus lees hulle soos ‘n boek: “Wie die Koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie,” verduidelik Hy vir die gebelgde manne, “sal daar nooit ingaan nie.”

En daarmee trek Hy die kindertjies nader en sit Sy arms om hulle en sen hulle. Vir die eerste keer in hulle lewe voel hulle dat hulle iewers behoort.

Nie alleen sen Jesus die kindertjies nie, maar Hy gebruik hulle as ‘n voorbeeld om te wys dat ALMAL vir God belangrik is. En dat dit van uiterste belang is dat gelowiges aandag moet gee, veral aan diegene wat gewoonlik geminag word. Hulle het dit soveel meer nodig as enige iemand anders.

Ek het dit al menigmaal ondervind hoe iemand wat ‘n klap van die lewe weg het, blom wanneer iemand aan daardie persoon aandag gee en haar laat voel dat sy ook iemand is, dat sy ‘n volwaardige mens is. Een persoon se Jesus-optrede kan vir onwaardige mense hulle menswaardigheid terug gee en hulle laat blom. Ja, natuurlik is daar baie kansvatters in die lewe wat op mense se gevoel speel, maar wie is ek om te oordeel? Die suksesverhale van mense wat selfs boemelaars en uitgeworpenes ‘n tweede kans in die lewe gee is legio, en een enkele geval maak dit deur en deur die moeite werd!

Dit is amper moeilik vir ons om die situasie van daardie tyd in te sien. Vandag is ons kinders nie alleen in ons as ouers se sorg nie, maar spandeer hulle ‘n groot deel van hulle tyd in die skool onder onderwysers se sorg, of op die sportveld waar die afrigter na hulle omsien. Sondae is dit die Sondagskoolonderwyser se taak om die kinders te leer. Ons as ouers sien hulle net saans. Daardie jare was dit anders: Kinders was totaal afhanklik ALLEEN van hulle ouers. Natuurlik het hulle wl binne die gesin ‘n status gehad. As dit nie vir die ouers se goedgesindheid was nie, was ‘n kind op sy eie totaal verlore!

Dalk is dit juis hierdie gedagte wat Jesus by die manne wil tuisbring, dat ons as gelowiges moet begin besef dat ons net so afhanklik is van God soos wat daardie kinders was van hulle ouers. Ek was ’n paar jaar gelede dglik aarde toe gebring toe al my aardse sekuriteite van my weggeneem is, en ek prakties moes ondervind hoe dit voel om gestroop van alles voor die Here te staan in volle afhanklikheid. Ek het nie geweet waar ek ‘n blyplek sou kry nie, want sonder ‘n inkomste kan ek nie daarvoor betaal nie. Die Here het voorsien. Toe daar nie geld vir kos of brandstof was nie, het Hy elke keer op die mees verrassende wyse voorsien. Maar ek moes leer om ten volle afhanklik van Hom te wees. Dit is veral moeilik om jou afhanklikheid van die Here te besef as dit finansieel met jou goed gaan.

Maar dit is nie net op stoflike gebied waar ‘n mens jou afhanklikheid van die Here moet besef nie. Ook op die geestelike terrein is dit ewe belangrik. Iemand s nou die dag vir my: “Ek sal kerk toe gaan wanneer ek die behoefte voel.” Die probleem is dat ‘n mens die behoefte al minder en minder voel. Soms moet jy jouself dwing om in die kerk te kom of Bybel te lees of te bid. As jy vir jouself die dag s: “Vandag het ek dit nie nodig nie,” dan beweeg jy op baie dun ys. Dan wil jy in werklikheid s: “Ek het die Here nie rrag nou nodig in my lewe nie.” Ons moet baie deeglik besef dat ons nie vir ‘n enkele oomblik kan bestaan sonder die Here nie.

Gebed:

Here, gee my ‘n hart en ‘n passie vir diegene wat laag is op die sosiale leer.

Maandag 10 Oktober 2016

Egskeiding?

Markus 10:1-12

Die twaalfjarige meisietjie se ma kom opgewonde ingehaas: “Ek het baie goeie nuus vir jou!” Dadelik is die kind die ene ore: wat is dit wat Ma so laat babbel? Dit moet iets baie groot wees! “My kind, jy gaan trou!”

Die arme meisie se hart gaan amper staan. Sy begin nou eers die lewe geniet! Sy is in die fleur van haar kind-wees, en nou moet sy trou! “Wie is hy, ma?”

Dan moet sy hoor dat dit die seun is van ‘n welgestelde veraf familielid wat in Jerusalem bly. Sy het hom nog nooit met ‘n oog gesien nie, nie eers van hom gehoor nie. “Hy is nog maar sestien jaar oud, maar sy pa sal goed voorsien,” babbel Ma voort. Die arme meisie het nie ‘n keuse nie! Pa het die onderhandelinge gedoen, en sy het gn s daarin nie. Sy moet noodgedwonge voortgaan met die huwelik, al is daar gn sprake van liefde of romanse nie.

So het die meeste huwelike afgeskop in ou Israel, en so word dit, terloops, nog steeds gedoen in sommige van die Oosterse lande. En dit was seker ook een van die groot redes waarom mense in daardie tyd wou skei. Onpas paartjies is teen hulle wil saamgegooi in ‘n huwelikskookpot. Om so ‘n huwelik te maak werk, het baie harde werk gekos.

Jesus en die twaalf manne is van Kapernaum af op reis na Jerusalem, die plek waar Jesus geweet het Sy grootste probleme sou wag. Hy skram egter nie weg van God se plan vir Hom nie, maar loop doelbewus na die plek van Sy veroordeling.

En dit is juis hier, op pad na Jerusalem, waar Jesus gekonfronteer word deur ‘n groepie Farisers. Hulle vra ‘n eenvoudige vraag, maar hulle het gnsins goeie bedoelings met hulle vraag nie: “Mag ‘n man van sy vrou skei?” Hierdie is ‘n baie slim strikvraag, want daar was daardie tyd baie verskillende menings hieroor. Hulle wil Jesus dwing om standpunt in te neem, en wt Hy ookal antwoord, gaan Hy op iemand se tone trap. Hulle het veral gehoop dat Hy Homself teen die tradisie van die Ou Testament sou uitspreek. En natuurlik was daar ook politieke motiewe, want die arme Johannes het kort tevore sy kop verloor omdat hy dit durf waag het om die onderwerp aan te roer in koning Herodus se teenwoordigheid.

Maar weereens het die Farisers nie met Jesus rekening gehou nie. Hy antwoord hulle met ‘n teenvraag: “Wat s Moses?” Die manne ken die Wet: In Deuteronomium 24 het Moses geskryf dat ‘n man sy vrou mag skei as hy iets “onbetaamlik” aan haar vind. Maar die vraag is: wat presies beteken hierdie “onbetaamlik”? Die wetsgeleerdes het gestry dat die vonke spat oor wat Moses hiermee bedoel het. Die interpretasie het gewissel van, dat owerspel die enigste rede kon wees om te skei, totdat feitlik enige rede goed genoeg kon wees. As die vrou die kos verbrand het, of selfs as sy nie vinnig genoeg kinders kon voortbring nie, was dit vir sommige genoeg rede om te mag skei. Wette, wette en nogmaals wette! Dit is waarop hierdie manne se ganse lewe geskoei was.

Jesus se antwoord aan hulle is dat Moses egskeiding toegelaat het as gevolg van die hardheid van menseharte. En dan vertel Hy vir hulle hoe ontsettend belangrik God die huwelik ag. As Jesus eenmaal in jou lewe gekom het en jy die bevryding van die Evangelie ervaar het, mag jy nie meer toelaat dat jou lewe oorheers word deur allerlei rels, regulasies en wette nie. Dan doen jy wat vir God aanneemlik is, om Hom te eer en te plesier. En omdat God die huwelik as so belangrik sien in ‘n gelowige se lewe, sou dit verkeerd wees om te skei, nie omdat Moses of die een of ander wet so s nie, maar bloot omdat dit vir God belangrik is.

Wat beteken dit in die praktyk vandag?

Vir ‘n begin moet ongetroudes baie versigtig wees oor die kies van ‘n lewensmaat. Dit mag nie sommer ligtelik gedoen word nie. As ons nie van ons huweliksmaat hou nie, skei ons mos maar net weer en kies iemand anders! Almal doen dit mos.......

Wanneer jy eenmaal getroud is, kos dit harde werk om die huwelik te maak werk. Ons moet ernstig en positief daaraan werk om God se bedoelinge vir ‘n huwelik na te streef en uit te leef.

Wat daarvan as daar probleme kom, en ‘n egskeiding dreig? ‘n Gelowige skei alleen as daar gn ander uitweg is nie. Gaan vir berading, en gaan woon ‘n huweliksverrykings geleentheid by. Doen alles moontlik in jou vermo om die huwelik te red. Hou altyd in gedagte wat God se gevoel is oor die huwelik.

En wat daarvan as jy reeds geskei is? Vergeet van die verlede. Ja, dit is verkeerd om te skei. Net so is dit verkeerd om ‘n leuen te vertel of te skinder. Dit is nie ‘n onvergeeflike sonde nie! Aanvaar God se vergifnis en gaan aan met jou lewe. Hiermee wil ek nie s dat ’n egskeiding sommer ligtelik opgeneem kan word nie! Inteendeel, enige beplande sonde is ernstig. Jy kn weer van voor af begin en ‘n nuttige Koninkryksburger word onder leiding van die Heilige Gees, al is jy geskei.

Gebed:

Here, gee my asseblief die krag en wysheid en wil om my huwelik lewendig te hou.

Vrydag 7 Oktober 2016

Verdraagsaamheid

Markus 9:38-50

Johannes kom uitasem aangehardloop: “Meester, hier is moeilikheid!” Die jong dissipel is hewig ontsteld! “Hier is ‘n ou wat bose geeste uitdryf in U Naam!” Jesus kyk Johannes aan met ‘n glimlag op Sy gesig, sonder om iets te s. “Meester, U verstaan nie! Hy is nie een van ons mense nie!” Steeds reageer Jesus nie. “Ons het hom probeer keer, Meester - hy mag mos nie? Hy is nie een van ons groep nie?”

Johannes se geheue is baie kort, want kort tevore het hy en sy maters hande in die hare gestaan toe hulle slf nie kon hond-haaraf maak met ‘n bose gees nie. En nou kom hierdie man wat nie eers deel van hulle eksklusiewe groep is nie, en hy dryf geeste uit. Hoe durf hy!?

Dan sit Jesus sy arm om Johannes se skouers: “Moenie hom keer nie,” maak Jesus hom rustig. “Wie nie teen ons is nie, is vir ons.” Al dink iemand dalk anders as jy, is hy steeds deel van die familie as hy kind van Jesus is.

Jesus leer die manne ‘n paar waardevolle lesse in die lewe. Die eerste een is verdraagsaamheid. Hierdie man wat bose geeste uitgedryf het, was wel nie een van hulle groep nie, maar die belangrike is dat hy dit in Jesus se Naam gedoen het, en nie uit sy eie krag nie. Hy was dus inderdaad ook ‘n volgeling van Jesus.

Ons is dikwels nes Johannes, dat ons ons eie kerk sien as die enigste een wat waarlik al die regte antwoorde het en as iemand anders ook iets regkry, raak ons jaloers en skiet hom summier af. Hier in Ballito kom die manne elke Vrydagoggend bymekaar rondom ‘n koppie koffie. Dit is manne van omtrent elke denominasie waaraan jy kan dink. Hulle bid en gesels saam oor dinge wat hulle as gelowiges raak. Hulle dra mekaar se laste en bemoedig mekaar, alles terwyl hulle respek het vir mekaar se uiteenlopende sieninge oor geloofsake. Almal om daardie tafel is groot vriende en hulle is een groot familie.

Die tweede waardevolle les wat Jesus die manne leer, is dat jy moet sorg vir die “kleintjies” - diegene wat swak is in die geloof. As sterk gelowige moet jy besonder versigtig wees hoe jy met so ‘n persoon omgaan, en dat jy nie dalk met jou optrede veroorsaak dat hy struikel nie. Iemand wat jonk is in die geloof, is besonder broos, en hy kan baie maklik op ‘n dwaalspoor kom. Jesus is s ernstig oor hierdie saak, dat Hy vir die manne s dat iemand wat so ‘n “kleintjie” laat struikel, liewer met ‘n meulsteen om die nek in die see gegooi moet word. ‘n Meulsteen is ‘n plat, ronde klip wat gebruik word om koring te maal. Met die ding om jou nek sink jy soos ‘n klip!

In die derde les, leer Jesus hulle dat daar nie dinge in jou lewe mag wees wat verhinder dat jy Hom behoorlik volg nie. As jy Jesus wil volg, is daar sekere opofferings wat jy noodwendig moet maak. Jesus gebruik natuurlik beeldspraak, en dit beteken nie letterlik dat jy jou hand moet afkap as dit jou laat struikel nie. Kom ons noem ‘n voorbeeld: Jy word ‘n baie goeie werk aangebied met ‘n salaris waarvan meeste mense maar net kan droom. Die voordele is asemrowend. Die probleem is dat die werk behels dat jy dinge moet doen wat teen Bybelse beginsels indruis. Wat sal jy doen? O toeknyp en daarmee voortgaan? Wat Jesus ons hier leer is dat dit beter is om so ‘n aanbod van die hand te wys en daarmee ‘n groot opoffering te maak. Eerder dit as om die kans te staan om jou saligheid daardeur te verloor! As bevordering van jou vereis om jou beginsels prys te gee, moet jy dit liewer weier. En as dit gaan maak dat jy dalk van die Here af kan wegdryf, dan moet jy dit eerder van die hand wys.

Daar is ‘n vierde les: Jy moet bereid wees om te ly. As ‘n jong seun, het ek grootoog staan en kyk hoe die plaasimplimente herstel word. Die yster is in ‘n warm vuur gloeiend rooi verhit. Dan word dit op ‘n aambeeld met ‘n hamer gekap dat die rooi vonke so spat. Stadigaan word dit gevorm totdat dit skerp is en presies die regte vorm het. Maar die hitte maak ongelukkig die yster sag, sodat dit dan baie maklik gaan slyt as dit gebruik word. Om dit weer hard te kry, word dit weer in die vuur gesit totdat dit rooiwarm is en daarna vinnig in yskoue water gedoop om dit te louter sodat dit bruikbaar kan wees.

Op presies dieselfde wyse moet ons as gelowiges bereid wees om die slae te vat. Dit is juis die pynlike dinge van die lewe, die vuur en hamerslae, wat jou geestelik vorm. Dan kom die “hardmaakproses” wat dinge soos Bybelstudie en kursusse kan behels, want dit is wat ons louter en geestelik sterk maak. Jy moet met ander woorde bereid wees om swaar te kry ter wille van Jesus en die Evangelie. Die bonus is dat dit jou geestelik laat groei.

Die vyfde les wat Jesus die manne (en ons) leer, is om vrede na te streef. Hy gebruik die beeld van sout. Sout gee smaak aan kos, maar sout maak ook wonde gesond en ontsmet dit. As gelowiges moet ons “smaak” gee aan ons verhouding met ander gelowiges, en op hierdie manier vrede bewaar tussen mekaar. Ons as gelowiges het mekaar so bitter nodig, want ons dra mekaar, bemoedig mekaar, leer mekaar en maak mekaar sterk. As die vredesband tussen ons verbreek word, kan dit rampspoedig wees, dus moet ons alles doen om ons verhouding met ander gelowiges “smaakvol” te hou.

Gebed:

Here, leer my ware liefde en verdraagsaamheid teenoor gelowiges wat anders as ek is.

Donderdag 6 Oktober 2016

Nederigheid

Markus 9:30-37

Jesus en die twaalf manne het na die berg-episode deur Galilea gegaan na Petrus se huis in Kapernaum. Dit was kosbare tye saam op die pad, tye waar hulle vir ‘n verandering ‘n bietjie alleen kon gesels. En Jesus het dan ook die geleentheid benut om die manne te leer. Hulle was gedurig so besig om die skares te beheer en te versorg, dat hulle nooit by hierdie noodsaaklike onderrig kon uitkom nie. “Die Seun van die Mens gaan oorgelewer en doodgemaak word,” vertel Jesus hulle ‘n tweede maal.

Petrus wil sy ore toedruk. “Hoe kan my Meester so ‘n ding wil s?” Hy verstaan dit nie, en hy wil dit nie hoor nie. Meester is dan so ‘n sagmoedige Mens, en Hy doen so baie goed vir ander. Maar dis daardie simpele Farisers, die skynheilige, witgepleisterde grafstene! Hy wat Petrus is gaan eendag nog ‘n onverantwoordelike ding doen as een van hulle weer sy Meester so probeer intimideer.

“Drie dae nadat die Seun doodgemaak is, sal Hy opstaan,” s Jesus.

Daar volg ‘n doodse stilte. Die manne is te bang om iets te s. Thomas fluister vir Petrus: “Wat bedoel Hy?”

“Nee, ek verstaan ook nie!”

“Vra Hom, Petrus!” dring Jakobus aan.

“Nee!” Die rowwe visserman weier botweg. “Ek maak nie weer ‘n gek van myself nie!” Jesus kyk die twaalftal met wemoed aan. Hoe wens Hy dat Hy vir hulle die volle waarheid kon uitl. Maar dan gaan dit alles bederf. Nee, hulle sal wl na Sy opstanding verstaan, dis genoeg!

Die laaste entjie pad na Kapernaum loop Jesus voor en die manne bondel agter Hom aan. Jesus sien dat hier onheilige dinge broei en kook tussen die manne, maar Hy los hulle om dit uit te praat. Wanneer hulle rustig by die huis ontspan, vra Jesus onverwags: “Waaroor het julle langs die pad loop en praat?”

Skielik voel Petrus baie skuldig: “Ag nee, sommer niks Rabbi.....” Hoe kan hy dan nou vir die Meester s dat hulle eintlik ‘n hewige stryery gehad het oor wie van hulle die leier is? Hy weet in sy siel dat hy wat Petrus is die belangrikste onder hulle is, want wie moet elke keer die praatwerk doen? En wie is dit wat namens die ander die vrae vra as hulle iets wil weet? Hy, Petrus! En dan kom Judas en wil maak asof hy die belangrikste is omdat hy die beursie dra en hulle finansies moet behartig. Daar is iets in Judas se skelm ogies...... nee, dalk verbeel hy hom! En dan is daar Johannes, verbeel hom mos hy is slimmer as die res, en belangriker. Maar hy is nog maar ‘n bogsnuiter! Skaars begin droog raak agter die ore!

Petrus se gedagtes word onderbreek: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” Petrus word spierwit in die gesig as hy sy Meester se beskuldigende woorde hoor. “Het Hy dan ons gedagtes gelees?” Hy is skoon lam geskrik.

Dan kom daar ‘n kindjie laggend by die deur ingehardloop, tussen die manne deur. “Loop speel buite!” raas een van die manne met hom. “Ons is hier besig met ernstige dinge!”

Petrus vererg hom bloediglik vir die kind. “Kinders hoort mos nie in grootmense se geselskap nie. Waarom beheer sy ma hom nie? Hy moet maniere geleer word!” Hy is sommer vies vir hierdie onderbreking. Maar as die ma die kindjie wil gryp, sit Jesus Sy arm om die outjie en druk hom liefdevol vas: “Elkeen wat so ‘n kindjie in My Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.”

Petrus is verslae. Dis ongehoord! Hoe kan sy Meester Hom ophou met kinders? Hulle is net eiendom! Hulle is nog nie mense nie!

Ons skud die kop mewarig oor die twaalf se onkunde, en veral oor hulle optrede. Markus se doel met hierdie vertelling is egter nie om die manne in ‘n slegte lig te stel nie, maar eerder om my en jou te laat nadink oor onsslf - hoe lyk ons eie gesindheid? Dalk het die manne meer rede gehad om dinge nie reg te hanteer nie, want hulle het nog gladnie verstaan waaroor dit gegaan het nie. Ek en jy het daardie kennis van kleintyd af geleer en lees dit steeds in die Woord. Ons hoor dit elke Sondag van die kansel af, maar steeds pas ons nie waarlik toe wat Jesus ons leer nie.

Vat nou maar die kwessie van leierskap. Hoe stry ons nie in elke situasie om die leier te wees nie - om belangriker te wees as iemand anders. Hoe kyk ons nie so dikwels neer op ander nie. Armes, bedelaars, boemelaars, straatkinders - hulle is in ‘n “laer klas” as ons en ons sien neer op hulle.

Jesus het prakties vir ons gewys hoe om, ten spyte van jou ho posisie in die lewe, steeds die minste te wees, en jouself nooit hor as ander te ag nie. Kyk byvoorbeeld maar hoedat Hy die ongehoorde gedoen het en ‘n geselsie aangeknoop het met die Samaritaanse vrou wat deur manne gedraf het soos jy Smarties eet. So ‘n persoon het jy ten alle koste vermy! En wat van Matteus die skelm tollenaar? Jesus het die onnoemlike gedoen en by hom gaan eet! Boonop was daar nog ‘n spul ander tollenaars en vuil sondaars ook by Matteus se partytjie!

Kom ons gaan leef daardie voorbeeld van Jesus vandag uit, en maak ‘n verskil in iemand anders se lewe.

Gebed:

Here, leer my asseblief wat ware nederigheid is. Help my om nederig te leef.


Woensdag 5 Oktober 2016

Jesus genees ‘n Seun

Markus 9:14-29

Petrus huppel die berg af. Hy kan steeds nie glo dat hy deel kon wees van hierdie wonderlike ondervinding op die berg nie. Hy het waarlik die hemel geopend gesien. En dan was daar Elia en Moses.... Hy brand om sy maats hiervan te vertel. Maar dan onthou hy: Jesus het hulle belet om ‘n woord hiervan uit te lap!

Maar skielik is Petrus weer terug in die werklikheid, want hy loop hom aan die voet van die berg vas in ‘n groot skare mense wat vir hulle staan en wag. En dan sien hy sommer: hier is groot moeilikheid! Die manne word gepeper deur ‘n groep Skrifgeleerdes, en Petrus hoor net hier en daar van “Julle totale onvermo” en “Waar is julle kamstige krag dan?” Wanneer die mense vir Jesus en die ander drie sien, hardloop hulle nader, hulle is baie opgewonde.

“Waaroor redeneer julle so met My dissipels?” Jesus is kalm.

‘n Man tree na vore en hy vertel vir Jesus van sy seun wat so verskriklik deur ‘n bose gees geteister word. Die arme kind kry epileptiese aanvalle, en dan vertrek sy lyf van stuiptrekkings. “Hy het selfs al in die vuur geval,” huil die pa.

Dan moet Jesus hoor dat Sy dissipels baie hard probeer het om hierdie bose gees uit te dryf, maar hulle was magteloos. “Ongelowige geslag!” berispe Jesus hulle, “Hoe lank moet ek julle nog verdra?” Jesus sug: hierdie manne kan net eenvoudig niks reg doen nie. En dit nadat Hy hulle so mooi geleer het, en hulle selfs baie suksesvol was toe hulle uitgestuur is. “Bring hom na My toe!”

“As U tog miskien iets daaraan kan doen,” soebat die man, “kry ons jammer en help ons.”

“As jy glo, is enigiets moontlik,” antwoord Jesus hom. Die man is desperaat: “Ek glo! Ek glo!” smeek hy. “Help my in my ongeloof!”

Jesus beveel die gees om die seun te verlaat, en na ‘n paar hewige stuiptrekkings l die kind doodstil.

“Hy is dood!” fluister die mense geskok. Nou hang daar ‘n doodse stilte oor die skare, en alle o is gerig op die seun wat daar leweloos l. Jesus buk en vat die seun aan die hand. ‘n Kreun van verwondering eggo deur die skare as die seun opstaan, blakend gesond en bevry van die bose gees.

Met hierdie beskrywing beklemtoon Markus net weereens wat Jesus bedoel het toe Hy ges het dat die Koninkryk van God nou baie naby gekom het. Dit kon vir die mensdom net iets baie goed beteken. Maar Markus wil ook twee ander sake uitlig wat van uiterste belang is: geloof en gebed.

Die dissipels se ongeloof is in die eerste plek verantwoordelik vir hulle onvermo om die bose gees uit die seun te dryf. Jesus is moedeloos met hulle, want na al die dinge wat Hy gedoen het en hulle geleer het, het hulle steeds nie die vertroue om die seun gesond te maak nie. Ons het alreeds ‘n paar oordenkinge terug genoem wat geloof beteken, dat dit nie alleen kennis is nie, maar dat dit hand aan hand gaan met ‘n onvoorwaardelike vertroue. Die dissipels was wel deeglik daarvan bewus dat hulle hierdie dinge alleen deur God se krag kon doen. Dit was nie hlle nie maar God Almagtig wat deur hulle werk om genesing, of in hierdie geval, die uitdryf van ‘n bose gees te bewerkstellig. Die dissipels het egter nie die nodige vertroue gehad dat God hulle kon gebruik nie.

Die tweede belangrike saak wat skoon by hulle verby gegaan het, is gebed. Toe die dissipels later vir Jesus uitvra waarom hulle nie die gees kon uitdryf nie, was Jesus se antwoord nie, soos ons sou verwag, dat hulle nie geloof gehad het nie, maar omdat hulle nie gebid het nie. Hulle het ‘n baie groot fout begaan: hulle het hierdie bose gees in hulle eie krag uit die seun probeer dryf. Die duiwel kan jy nie sonder handskoene aanpak nie, en allermins in jou eie krag! Jy gaan lelik tweedebeste daarvan afkom! Alleen, soos ons hier bo gesien het, in God se krag kan dit geskied. Om egter jouself as Sy werktuig te stel, vra kommunikasie van jou kant af met God. En jy kommunikeer deur gebed.

Ek dink nie ons besef aldag die waarde en die krag van ‘n gelowige se gebed nie. En nou praat ek nie van die wenslysies wat ons dikwels aframmel nie, dit is nie gebed nie. Gebed is ‘n innige, gelowige en intieme gesprek met God. In gebed kan jy dan ook jou totale afhanklikheid van God verklaar, en jouself in Sy hande plaas. Dit is blykbaar iets wat die dissipels gladnie gedoen het nie! Hulle het maar op hulle eie probeer voortploeter.

Gebed het vir ‘n gelowige verder ook waarde, in dat dit ‘n sterker band bind tussen jou en die Here. Hoe meer tyd jy in gebed spandeer, hoe meer raak jy bewus van die Here, en hoe meer plek gee jy vir Hom in jou lewe. En hoe meer dit gebeur, hoe meer besef jy jou totale afhanklikheid van Hom, en terselfdertyd ook dat Hy jou kan gebruik soos Hy wil, en dat Hy selfs deur jou te gebruik, wonderwerke kan laat geskied.

Gebed:

Here, leer my asseblief hoe om waarlik te bid, en my volle vertroue op U te plaas.


Dinsdag 4 Oktober 2016

Wat van Elia?

Markus 9:9-13

Van hoogtepunt na laagtepunt na hoogtepunt - so is Petrus se lewe. ‘n Paar dae gelede nog het Jesus hom saam met die duiwel in een kraal aangesien, en nou weer hierdie eksklusiewe belewenis, een wat niemand anders nog ooit beleef het nie. “Wat het ek gedoen om dit te verdien?” wonder Petrus. Hy kan nie wg om onder te kom om almal wat hy tekom te vertel van hierdie ongelooflike ondervinding nie. Om vir Elia en vir Moses te kon ontmoet! Petrus gee ‘n wilde bokspring oor ‘n groot klip van pure uitgelatenheid. En om sy Meester te sien toe God Hom verheerlik het - daardie glansende klere en Sy blink gelaat, dit is dinge wat hy nooit it kan vergeet nie. Hy mt net gaan vertel! Die ander manne sal s jaloers wees! En dan nog die stem van God. Maar daarvan wil Petrus liewer vergeet, hy was s bang!

Jesus lees Petrus se gedagtes. “Julle mag vir niemand vertel van wat julle vandag gesien het nie, onder gn omstandighede nie!” Daar is ‘n groot dringendheid in Jesus se stem.

“Maar waarom nie?” Petrus is bitter teleurgesteld.

“Julle kan dit vertel nadat die Seun van die Mens uit die dood opgestaan het, dn moet lmal hiervan weet!”

“Wat bedoel Hy daarmee dat die Seun van die Mens uit die dood sal opstaan?” fluister Johannes vir Petrus.

“Ja, ek wil ook weet!” brom Jakobus. Petrus trek sy skouers op, hy verstaan k nie. Hierdie Meester van hulle praat soms in baie groot raaisels.

Jesus loop ‘n entjie voor die drie manne. Hy mag nie toelaat dat hierdie geheim, dat Hy die Seun van God is, nou al uitlek nie. Die tyd is nog nie ryp nie. As die manne dit nou moet uitblaker, sal dit die verkeerde uitwerking h. Die kruisdood l voor - Jesus sidder as Hy daaraan dink. Maar Hy durf nie daarvan wegskram nie, want daarsonder kan die versoening net eenvoudig nie plaasvind nie. As die geheim nou uitlek oor Wie Hy waarlik is, sal dit die aandag aftrek van die kruisiging. Dit durf nie gebeur nie! Baie mense is alreeds besig om Hom te sien as die Messias, maar hulle het die verkeerde idee van wie die Messias werklik is. Dit is so jammer dat hulle bitter teleurgesteld gaan wees wanneer hulle moet sien dat hulle Messias nie is wat hulle dink nie. Ja, hulle sl die kruisiging moet sien, al die pyn en verskrikking daarvan beleef voordat hulle sal verstaan dat die Messias nie gekom het om in prag en praal te leef nie. Hy het immers ni gekom het om oor mense te kom heers en om die Romeine te verdryf nie. Die ware Messias het gekom om te ly!

Wanneer Hy eers uit die dood opgestaan het, dn kan (moet!) die geheim uitgebasuin word vir die ganse wreld om te hoor. Dan kan hierdie drie manne by Hom, die manne wat Hy so innig liefhet, ten spyte van hulle foute, maar vir almal vertel van wat hulle vandag hier beleef het. Moontlik sal hulle dn ook verstaan waaroor dit alles gegaan het.

“Meester,” klink Petrus se stem skielik hier reg agter Jesus. Hy het ‘n baie groot vraagteken op sy gesig. “Meester, waarom s die Skrifgeleerdes dat Elia eers moet kom?” Nou is die arme Petrus se verstand alweer deurmekaar gekrap. Hier het hy so pas vir Elia persoonlik gesien op die berg, maar waarom het Elia dan nie agtergebly nie? Moet Elia dan nie die pad voorberei vir die Messias nie? Hy is nou redelik seker dat sy Meester wl die Messias is, maar dan moes Elia mos saam met hulle afgekom het. En nou is hy terug hemel toe. Hy verstaan nie.......

Dan verduidelik Jesus dat die Skrifgeleerdes hltemal reg is oor die feit dat Elia eers moes kom. Maar dan beklemtoon Hy eers weer van die lyding wat die Messias moet deurmaak. Die manne bly so vashaak aan die “glorieryke Messias” dat hulle die ware feite nie raaksien nie. Dus hamer Hy eers nog ‘n paar spykers in om hulle te laat verstaan. “Ek s vir julle: Elia het reeds gekom, en die mense het met hom gemaak wat hulle wou, net soos daar oor hom geskrywe staan.”

Ja, die arme Johannes die Doper het dit nie maklik gehad as opvolger van Elia nie. En hy moes ‘n groot prys betaal vir sy taak. Afgryslik hoe hy aan sy einde gekom het, maar ten minste was sy lyding nie lank nie. ‘n Vinnige swaard en alles was verby. Die vernedering van sy bebloede kop wat in ’n skottel voor al Herodus se spottende, besope gaste tentoongestel is, is hom gelukkig gespaar, want toe was hy alreeds saam met sy voorganger, Elia in die hemel. In ‘n sekere sin het Johannes se lyding ook vooruitgewys na wat Jesus nog sou moes deurgaan voordat Sy aardse taak afgehandel sou wees.

Ons is vandag so bevoorreg om die ware feite te ken omtrent Jesus: Hy is die Seun van God en Hy is die Verlosser. Die vraag is egter of ons hierdie kennis waarlik in ons harte dra? Dit moet egter baie meer as net kennis wees! Dit moet ook vertroue wees en ‘n lewende verhouding. Omdat ons weet Wie Jesus waarlik is, en in Hom glo, kan dit nie anders nie as dat ons geloof ‘n volle, onvoorwaardelike vertroue in Jesus, die Messias, die Seun van God, Skepper van die heelal asook ‘n lewende liefdesverhouding met Hom sal behels.

Gebed:

Here, U is alles in my lewe. Dankie dat U my innig liefhet ten spyte van al my foute.

Maandag 3 Oktober 2016

Verheerliking op die Berg

Markus 9:2-8

Dit was nie ‘n baie goeie week vir Petrus nie. Jesus se woorde maal gedurig deur sy kop: “Moenie in my pad staan nie, Satan!” Waarom s hy wat Petrus is altyd die verkeerde dinge op die verkeerde plek? Sal sy Meester hom ooit vergewe? Maar hierdie is nie l wat hom pla nie. Hy het eintlik ‘n seer knop op die krop van sy maag oor die dinge wat Jesus ges het van die manier waarop Hy gaan ly, en dat Hy doodgemaak gaan word. Hy dink nog steeds dat hy reg was om die Meester hieroor te berispe.

Petrus kyk op en dan sien hy sy Meester se vriendelike gesig. Sy o soek di van Petrus. Hy wink vir Petrus om nader te kom: “Kom saam!”

Jakobus en Johannes staan by Jesus. “Waarheen gaan ons?” wil Petrus nog vra, maar Jesus antwoord hom nog voordat die woorde in sy mond vorm: “Ons moet die berg uitklim - net ons vier.”

Die ander manne kyk hulle vraend agterna: “Waarom gaan ons dan nie saam nie? Wat gaan hulle daar bo doen?”

Ek dink die Meester gaan alweer bid....”

Die klim was nie maklik nie. Los klippertjies gly gedurig onder jou sandale uit en dreig om jou te laat val. In stilte streep die vier die steil berg op, met Jesus vooraan. Wanneer hulle feitlik hl bo is, gaan staan Jesus. Petrus kyk terug oor die asemrowende uitsig. Die stilte is oorverdowend, weg van die gedurige skares mense wat sy ore laat tuit. Alleen, net hulle vier. “Hier is ons seker baie naby aan die hemel,” wil hy s, maar dan bedink hy hom - netnou s hy weer die verkeerde ding!

En dan raak Petrus bewus van iets wat besig is om te gebeur. Hy kry die gevoel dat God baie naby hulle is. Dit voel amper vir hom asof hy op heilige grond staan. “So moes Moses seker gevoel het daardie dag op die berg by die Here,” wonder hy.

Wanneer Petrus omdraai, skrik hy hom yskoud. Sy Meester se gelaat het totaal verander, Sy gesig blink skitterend, en Sy klere - dit is onbeskryflik skielik spierwit en glansend blink! Niemand het Hom nog ooit s gesien nie. Die drie manne staan daar sprakeloos en hulle monde hang onbeskaamd oop. “Wat is aan die gang?” wonder hulle hardop, bewend van angs, of is dit dalk onsekerheid, verwondering of verbasing? Hulle verstandjies is te klein om te kan begryp wat besig is om te gebeur.

Maar dit is nog lank nie die einde van hierdie ervaring nie, want as hulle hulle verdwaasde o uitvryf, staan daar twee manne weerskante van Jesus. Maar dit is nie gewone manne soos wat hulle elke dag sien nie. Hierdie twee is amper hemelwesens. Hulle het die voorkoms van wyse manne geklee in die drag van profete. Onmiddellik wt hulle net dat dit Moses en Elia is daar saam met Jesus. En die twee wyse manne staan en gesels met Jesus asof hulle Hom baie goed ken!

Petrus is die eerste een wat sy spraak terugkry: “Rabbi, dit is baie goed dat ons hier is,” babbel hy onbedaard met ‘n stem wat bewe van aandoening en verwarring. “Laat ons drie hutte hier bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.” Markus se kommentaar op Petrus se uitlating, is dat Petrus beslis nie geweet het wat hy s nie, want hy en sy twee maats was totaal verskrik.

Maar ng was dit het einde niet: terwyl hulle verdwaas daar staan en kyk na die hemelse toneel wat voor hulle afspeel, is daar skielik ‘n swaar wolk oor hulle, wat sy skaduwee oor hulle laat val. En dan hoor hulle hierdie gesagvolle stem uit die wolk: “Dit is My geliefde Seun.” Hulle krimp ineen van vrees, want onmiddellik besef hulle dat dit die stem van God is. “Sal ons dit ooit oorleef?” Hulle bewe van angs. Dan gaan die stem voort: “Luister na Hom!”

Meteens is alles verby. Die wolk is weg; die stem is weg; Moses en Elia is weg. Dit is net die oorverdowende stilte van die berg wat oorbly. En die herinneringe aan daardie dag se gebeure wat met vuur in die manne se geheue ingegrafeer is. Hoe kan hulle dit it vergeet!

Jesus wou die gordyne van die hemel net so ‘n skrefie ooptrek vir die binnekring van Sy dissipels. Hulle moes finaal besef dat Hy nie daardie Messias was wat die Jode verwag het - ‘n besondere Mens en ‘n sterk Leier nie. Hy was baie meer as dit. Met Elia en Moses, twee baie gerespekteerde mense uit die Ou Testament wat alreeds in die hemel is, wou Jesus vir hulle wys dat Hy tuis is in die hemelse atmosfeer. En dan, daardie stem van God uit die wolk! God het daar Persoonlik vir hulle kom s dat Jesus baie meer is as net ‘n aardse Messias. Hy is inderdaad die Seun van God! Nou is daar absoluut gn twyfel meer nie. En dan die opdrag: “Luister na Hom!”

Die boodskap van hierdie gebeurtenis, waar ’n deur oopgegaan het tussen hemel en aarde, is eintlik eenvoudig: Jesus is nie alleen die Lydende Messias, die Een wat moes sterf vir die sondes van die mensdom nie. Hy is tegelyk ook die Seun van God, die Een wat triomfantlik sit op die troon. Hy is in die hemel, waar Hy regeer oor die heelal, maar Hy is tegelyk ook op die aarde, en in Sy alomteenwoordigheid is Hy hier by jou en my. Vir Petrus se verstand was dit net te groot om te begryp. Ek verstaan dit ewe min en dit maak dat my verstandjie vasvries. Maar ek aanvaar dit in geloof.

Gebed:

Here, U Wese is gans te groot vir my verstand om te kan verstaan. Maar ek glo, Here!


TERUG NA BO

Vrydag 30 Septemberr 2016

Om Jesus te Volg

Markus 8:34-9:1

Skok is duidelik te lees op die gesigte van die twaalf manne. Jesus het so pas vir hulle vertel van hoe Hy moes ly, en dat Hy totaal verwerp sou word en dat Hy selfs doodgemaak sou word. “Wat gaan van ons word,” wonder hulle. Hulle het gesien hoedat Petrus vir Jesus eenkant neem om met Hom te praat. Hulle het gesien dat daar harde woorde geval het. Hulle het ook gesien dat die spraaksame Petrus doodsbleek en woordeloos weer by hulle aansluit. Wat daar ges is - Petrus wil nie praat nie. Maar dat hy hewig ontsteld is, is baie duidelik.

Jesus, aan die ander kant, lyk steeds so kalm soos altyd, asof niks ooit gebeur het nie. “Hoe kry Hy dit reg?” wonder hulle. Dan roep Jesus die skare, wat alreeds weer in groot getalle daar saamdrom, nader. Hy gaan sit op ‘n groot klip, en dan s Hy vir die mense: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verlon, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My Evangelie verloor, sal dit behou.

Die mense brom en kyk met vraende o na mekaar. “Wat bedoel hierdie Rabbi dan nou? Wie sal dan nou iemand se volgeling word, net om sy eie lewe in gevaar te stel?” Maar Jesus vra nie van Sy volgelinge meer as wat Hy Slf bereid is om te doen nie. Hier bo sien ons hoe Jesus Sy eie lyding beskryf, en wat Hy bereid is (van plan is) om deur te maak. Messiasskap vra van Jesus sy totale lewe. Dit laat absoluut gn ruimte vir eie belang of om eers aan Homself of Sy eie veiligheid of eie gemak te dink nie. Dit vra van Hom om lles te gee om die Groot Versoening te bewerkstellig.

Wanneer Jesus dan van Sy volgelinge vra om hulleself te verlon en hulle kruis op te neem, is dit nie ’n onbillike versoek nie. Om jouself te verlon beteken dat jy jou eie belange geheel en al opsy skuif ter wille van Jesus. Om jou kruis op te neem, gaan nog ‘n stappie verder. Dit beteken dat jy nie alleen jouself bereid verklaar om swaar te kry nie, maar selfs bereid sal wees om die hoogste prys te betaal - om vir Jesus te sterf. As jy met ander woorde waarlik vir Jesus wil volg, moet jy baie duidelik besef dat daar nie noodwendig ‘n gemaklike lewe op jou wag nie. Jou totale lewe moet gerig wees op die Evangelie en jy kan maar seker daarvan wees dat dit lyding tot gevolg sal h.

n Baie goeie voorbeeld van iemand wat hierdie woorde van Jesus tot op die laaste letter uitgeleef het, was Paulus. Daar het vir Paulus ‘n baie goeie toekoms voorgel. Hy was ‘n briljante jong man met ‘n redenasievermo wat onge-ewenaard was. Hy sou waarskynlik op die Joodse Raad gedien het, en ‘n ho posisie kon beklee, as dit nie was dat hy gekies het om eerder vir Jesus te volg nie. En nt daar begin sy kruistog: Hy is liederlik vervolg, gegsel, talle kere in die tronk opgesluit, gestenig, verwerp, uit die stad gejaag - en so kan ons aangaan. Uiteindelik het hy dan ook gesterf vir sy geloof. En Paulus was nie die enigste nie - talle van sy tydgenote moes dieselfde prys betaal.

Waarom verwag Jesus so baie van Sy volgelinge? Hy verduidelik in vers 35, 36: Mense wat alles gee om hulle aardse besittings en lewe te verseker, kan maklik hulle plek in die ewige lewe verloor. Wat is die belangrikste? Jou korstondige lewetjie op aarde of ‘n lewe van ‘n ewigheid in die hiernamaals? Dit sou dom wees om die ewige lewe prys te gee ten koste van ‘n plesierige aardse lewe!@

Die probleem is dat dit in die praktyk nie ‘n maklike keuse is nie. Daar is van Jesus se volgelinge wat sal terugdeins vir Hom en Sy woorde en hulle sal skaam daarvoor. Maar dan moet hulle baie goed besef dat Jesus, wanneer Hy terugkeer, Hom ook sal skaam vir hulle.

Terloops, hierdie selfde woorde van Jesus word so dikwels misbruik in e-posse om jou skuldig te laat voel as jy nie daardie e-pos aanstuur nie. Ek het ‘n kleintjie dood aan mense wat die Bybel so blatant, so skaamteloos misbruik!

Jesus sluit af met ‘n belofte wat vir baie mense al hoofbrekens gegee het: Dat sommige van die mense daar teenwoordig nie sou sterwe voordat hulle die Koninkryk van God sien kom het nie. Was dit ‘n fout? Jesus se wederkoms het dan nie plaasgevind nie? Daar is twee verklarings voor: Die eerste is dat daar ‘n wederkoms-verwagting by die gelowiges geskep is, iets wat ons vandag steeds het. As ons vandag die “tekens van die tye” lees, is ons nou nader as ooit aan die wederkoms. Die tweede verklaring is dat Jesus verwys het na een of meer van ‘n paar baie belangrike gebeure. Die eerste was Sy verheerliking op die berg (Markus 9:2-8). Die tweede belangrike gebeurtenis was Sy kruisiging. Een van die belangrikste dinge wat gebeur het tydens Jesus se kruisiging was die hoogtepunt toe die voorhangsel van die tempel geskeur het en die skeiding tussen God en die mens vir goed weggeskeur het. By daardie geleentheid het die Romeinse offisier bely dat Jesus die Seun van God is, ‘n groot waarheid wat selfs die dissipels nie kon snap nie!

Ek dink dat Jesus se woorde van elkeen van ons introspeksie vra. Hoe ver is ek werklik bereid om te gaan om Jesus te volg?

Gebed:

Here, maak my asseblief bereid om die volle pad vir U te loop.


TERUG NA BO

Donderdag 29 September 2016

U is die Messias!

Markus 8:27-33

In die vorige oordenking het ons gesien hoedat Jesus die dissipels vra wie hulle dink dat Hy werklik is. Dan hoor ons vir Petrus as hy s: “U is die Christus,” oftewel die Messias. Hierdie is ongetwyfeld die hoogtepunt van Markus se verhaal, dus durf ons nie sommer so vlugtig hier deur draf nie. In al die vorige hoofstukke het niemand nog na Jesus verwys as die Messias nie, buiten die bose geeste wat mense se lewens beset het. Hulle was wel baie deeglik daarvan bewus wie Jesus werklik is, en hulle het in vrees en bewing geleef daarvoor.

Maar wat presies het Petrus bedoel toe hy hierdie aardskuddende belydenis maak? Vandag weet ons dat wanneer ons van die Christus of Messias praat, dan bedoel ons daarmee dat Hy die Seun van God, die derde Persoon van die Goddelike Drie-Eenheid is. Die Jode het dit ‘n bietjie anders verstaan. Hulle het nooit in hulle wildste drome kon dink dat God Persoonlik na die aarde sou kom nie, dus het hulle vir hulleself ‘n prentjie geskilder van die beloofde Messias as ‘n baie besonderse Persoon, amper iemand soos die groot koning Dawid. Hierdie Messias sou ‘n nuwe tydperk vir die Joodse volk inlei, soos die profete dit voorspel het, ‘n tydperk van glorie en vrede. Dit is dalk wat Petrus ook in gedagte gehad het. Party Jode het ook ander verwagtngs gekoppel aan die Messias, soos dat Hy nes koning Dawid die volk destyds verlos het van die Filistyne en ander vyande, ook nou die volk met mag sou verlos van die Romeine.

Jesus was wel deeglik bewus van wat Petrus en die ander gedink het. Dit is seker daarom dat Hy pas na hierdie uitspraak van Petrus, met ‘n baie dramatiese aankondiging kom: Hy gaan ly! Petrus wou sy ore toedruk toe Jesus in groot detail vir die manne begin vertel van die verskriklike lyding wat op Hom wag. Met afkeur luister Petrus hoe die familiehoofde en die kerkleiers vir Jesus sou verwerp. Hier het hy nou so pas ontdek dat Jesus die Messias is, en nou hoor hy van totale verwerping! Dit kan mos nie! Al die volksleiers moet die Messias mos aanvaar as Leier!

Maar dit raak erger as hy moet hoor dat hierdie Messias van hom doodgemaak gaan word. Ja, Jesus s wel iets van dat Hy drie dae later sou opstaan, maar daardie gedeelte sink nie eers in by Petrus nie, want hy verstaan dit gladnie. Jesus wou die manne laat verstaan dat Hy wel doodgemaak sou word, maar dat die dood nie die finale s sal h nie. Hy sou opstaan uit die dood en so die dood finaal oorwin. Hierdie is nie soos Petrus hom voorgestel het dat die Messias moes lyk nie. Jesus mt besef dat die Messias ‘n Leier by uitstek is, en nie ‘n lydende figuur nie! As Petrus dalk die agtergrond gehad het van ‘n Skrifgeleerde, sou hy miskien geweet het dat daar dikwels in die Skrifte verwys is na regverdige mense wat swaar moes ly. Dan sou hy dalk besef het dat Jesus hierdie Groot Lydende Regverdige is. Maar Petrus was maar net ‘n eenvoudige visserman.

Petrus neem Jesus eenkant waar die ander manne nie kan hoor nie, en dan praat hy hard en dringend met sy Meester. Hy moet darem nou begin besef dat as Hy die Messias wil wees, dan moet Hy die regte geluide maak! Weet Hy dan nie wat die verwagtinge van die mense van die Messias is nie?

En dan draai Jesus om, en terwyl Hy na die ander manne kyk, s Hy vir Petrus hierdie skokkende woorde: “Moenie in my pad staan nie, Satan!” Petrus voel hoe die bloed sy gesig verlaat as hy luister na die kras woorde. “Jy dink nie aan wat God wil h nie maar aan wat die mense wil h.

Petrus het gewens dat die aarde hom nt daar sou insluk. Hy kon sy tong afbyt oor die dinge wat hy kwytgeraak het. Ja, en dit sou ook nie die laaste keer wees wat Petrus sulke soort dinge sou s sonder om eers behoorlik te dink nie. Hy sou later nog ‘n keer-of-wat sy tong wou afbyt......

Maar vandag is dit nie Petrus waaroor ons wil praat nie. Ons wil nie kyk na die prentjie wat hy van die Messias vir homself geskilder het nie. Hierdie verhaal vra van jou en my om introspeksie te doen. Hoe lyk die prentjie wat k van Jesus, die Messias vir myself skilder? Is Hy waarlik vir my God Almagtig. Herken ek Hom as die Skepper van die heelal? Die Een wat sit op die troon en regeer oor alles en almal? Die Een vir Wie niks, absoluut NIKS! onmoontlik is nie? Is Hy ook vir my die Alomteenwoordige - die Een wat tegelyk in die hemel regeer, en ook terselfdertyd hier by my teenwoordig is waar ek hierdie oordenking sit en lees? Skilder ek Hom ook as die Alsiende en Alwyse, die Een vir Wie ek nie kan wegkruip nie, en wat alles van my weet? Is Hy ook vir my die Een wat liefde ontwerp en vervolmaak het? Is Jesus waarlik die Een in my lewe wat my so onbeskryflik liefhet? Is Hy werklik vir my die Een wat luister na my, ten spyte van die patetiese wenslysies wat ek so dikwels vir Hom aframmel? Ja, Hy is nog baie meer as dit, want Hy gee intens om vir my en Hy hoor elke versugting van my hart.

Gebed:

Here Jesus, leer my asseblief Wie U waarlik is.


TERUG NA BO

 Woensdag 28 September 2016

Blindheid

Markus 8:14-30

Na Jesus se konfrontasie met die Farisers, is hulle terug in die skuit op pad na Betsaida-Julius. Dan kom die manne agter dat hulle ‘n probleempie het - hulle het vergeet om brood te koop. En nou sit hulle met een ou broodjie tussen die klomp van hulle. En die manne is honger! Daar volg ‘n redenasie oor hulle dilemma, en dan waarsku Jesus hulle: “Pasop vir die suurdeeg van die Farisers.” Dit kon die arme manne gladnie verstaan nie, en dan begin hulle mor. “Wat probeer die Meester vir ons s?”

Jesus is moedeloos met hulle: “Begryp julle nie? Verstaan julle dan gladnie?” berispe Hy hulle. Hoeveel keer moet Hy dan nou nog wonderwerke doen voordat hulle verstandjies sal begryp Wie Hy werklik is? ‘n Dag of wat gelede het Hy dan vierduisend mense kos gegee met sewe broodjies. En nie lank voor dit nie het hierdie einste manne nog slf die vyf brode en twee vissies uitgedeel aan vyftienduisend mense. En hoeveel mandjies vol brood het daar nog elke keer oorgebly ook? En nou bekommer hulle hulleself alweer oor daar net een brood vir hulle groepie is?

“Julle wat o het, sien julle dan nie?” wil Jesus weet. “En julle het ore! Hoor julle dan nie?” Die manne is sprakeloos. “Verstaan julle dan nog nie?” Jesus is moedeloos met hulle!

Ek dink daardie bootvaart oor na Betsaida-Julius het in ‘n baie ongemaklike stilte plaasgevind, met ‘n klompie manne wat baie hard nagedink het oor wat Jesus so pas vir hulle ges het. Is hulle dan geestelik blind vir alles wat hulle ondervind het?

En dan, by hulle aankoms in die dorp aan die oorkant van die meer, word daar nog sout in hulle wonde gevryf, want die eerste persoon waarmee hulle gekonfronteer word is juis ‘n blinde, so asof die geestelike blindheid waarvan Jesus so pas gepraat het, deeglik ingevryf word.

Jesus het die man aan die hand gevat en uitgelei uit die dorp uit, en toe word sy o “behandel” met spoeg. En skielik kan die man sien. Maar daar was ‘n probleempie, want al wat hy sien is vae beelde. Die mense lyk vir hom soos bome wat rondloop. Ek dink die arme man se moed het in sy skoene gesak, want as dit is hoe hy van sy blindheid genees gaan word, gaan dit nie vreeslik baie help nie. Maar Jesus is nog nie klaar met hom nie: Hy sit Sy hande oor die man se o, en wanneer Hy hulle weer afhaal, is die blinde se visie helder en normaal. Van stokblind na normaal. Wat ‘n asemrowende wonderwerk!

Dit laat my dink aan ‘n ou vriend van my, Dereck, se huiswerker. Hulle het agtergekom dat sy dinge omstamp en bloot baie onhandig is. Uiteindelik kom hulle tot die slotsom dat dit haar o moes wees. Hulle neem haar oogarts toe, en di gee vir haar ‘n bril. En vir die eerste keer in haar lewe sien die vrou normaal. Sy het gestraal! Sy kon nie glo wat met haar gebeur het nie. Maar sy loop met ‘n groot vraagteken op haar gesig. “Wat pla jou?” wil Dereck weet. Nee, sy wonder maar net: watter soort medisyne het hierdie man in die bril gesit dat sy nou skielik kan sien?

Die twaalf manne saam met Jesus het ook medisyne vir hulle o nodig gehad om behoorlik te kon sien. Nadat hulle ‘n ruk saam met Jesus was, het daar vir hulle ‘n flou liggie opgegaan. Hulle het besef dat hulle hier te doene het met ‘n baie spesiale Rabbi wat die wonderlikste goed doen en s. Maar hulle visie was soos daardie blinde s’n na die eerste sessie, nog bitter dof. Hulle kon die beweging sien, maar hulle kon Jesus nog gladnie herken nie. Daar sou eers iets baie spesiaal moes gebeur voordat hulle Jesus sou sien vir Wie Hy waarlik was.

O ja, daar was die oomblikkies van ‘n enkele flitsie, ‘n flikkerinkie hier en daar, waar hulle net vir ‘n vlugtige oomblik gedink het hulle sien die ware Jesus. So ‘n oomblik het een dag aangebreek terwyl hulle van die een dorpie na die ander stap. Jesus het hulle totaal onkant betrap toe Hy vra: “Wie s die mense is Ek?” Dit was ‘n maklike vraag, want hulle het mos gehoor hoe die mense Jesus beskryf as ‘n Profeet, of selfs as Elia. En Herodus het gedink dat Jesus Johannes die Doper is wat uit die dood verrys het. Absurd!

Maar dan kom die vraag wat die manne se voete totaal onder hulle uitslaan: “Maar julle,” konfronteer Hy hulle, “wie s jlle is Ek?” Dit was Petrus wat geantwoord het sonder om te dink - hy doen dit dikwels! “U is die Christus!” hoor hy homself s. Dit sou nog ‘n hele tydjie neem vir Petrus om eers te besef wat hy daardie dag kwytgeraak het, en wat dit werklik beteken.

Ek dink ons as gelowiges gaan ook maar dikwels soos die dissipels met baie swak sig deur die lewe. Sien ons werklik vir Jesus raak vir Wie Hy werklik is? En besef ons ooit altyd wat Jesus waarlik deurgegaan het om ons versoening te bewerkstellig? Ons s so maklik, so ligtelik: Jesus het vir ons gesterf aan die kruis. Dink ons ooit wat dit werklik beteken? Besef ons deur watter hel Hy moes gaan tydens en voor die aaklige dood? My gebed is dat elke gelowige daardie “bril met die medisyne” sal opsit en Jesus sal sien in Sy volle heerlikheid en dat ons so ‘n ietsie sal besef van daardie groot versoeningsdaad van Hom.

Gebed:

Here, maak asseblief hierdie dowwe geestes-o van my helder.

Dinsdag 27 September 2016

Suurdeeg

Markus 8:14-21

Suurdeeg is ‘n wonderlike ding. Kyk nou maar net hoe kan hy toor met ‘n sakkie meelblom! Een van die groot lekkertes van ‘n kuiertjie in die Bos, is natuurlik daardie siel-salige uitstrek by ‘n hardekoolvuurtjie, en om die klanke en geure van die veld in te drink. Om te sit en staar na die vlammetjies wat bokspring en dans en huppel en allerhande prentjies optower, maak alles volmaak. En dit natuurlik terwyl jou vleisie rustig op die kole l en lekker raak, en daardie vingerlek-lekker geur van die smeulende hout soos ‘n spons indrink. Maar sekerlik die belangrikste is jou potbroodjie wat daar eenkant op ‘n paar rustige kooltjies staan en stoom.

Maar om daardie potbroodjie so goudbruin en donsig-sag te kry, het jy ‘n paar dinge nodig. Natuurlik meel en sout, dalk ’n bietjie kruie vir die smaak, maar sonder die suurdeeg sal hy soos ‘n baksteen smaak. Dis harde werk om die suurdeeg behoorlik deur hom te knie. Maar dan begin die wonderwerk, as die wit deeg hier voor jou o begin rys en rys, totdat hy naderhand oor die skottel se rand probeer ontsnap. Wonderlik hoe ‘n ou klein bietjie suurdeeg ‘n hele skottel deeg in ‘n heerlike, geurige, stomende watertand broodjie kan verander. As jy na ‘n uur se bak die pot se deksel lig, dan s almal om die vuur: “Aaaaah!” van pure verwondering. Dit is dn dat jy skoon kan vergeet van die peperduur biefstuk op die kole......

Ek kon nog nooit mooi agter die kap van die byl kom, oor presies hoe suurdeeg werk nie. Al wat ek weet, is dat hy alles waarmee hy in aanraking kom, benvloed. Gooi jy ‘n teelepeltjie vol in ‘n sak meel, dan begin die hele klomp meel naderhand borrel en blaas, en dit raak ‘n lewende organisme. Gooi ‘n bietjie suurdeeg in ‘n emmer vol water en gooi suiker en gemmer by, raak daardie flou watertjie binnekort ‘n heksebrousel wat borrel en kook en stoom en gis. Die eind-produk is dikwels ‘n ding met ‘n skop soos ‘n donkie as jy hom te lank laat staan. Die suurdeeg maak van die rustige watertjie ‘n baie kwaai brousel. Tydens my dienspligdae het een van die kokke eendag skelmpies ‘n paar bottels gemmerbier gemaak en in die warm plafon weggesteek. ‘n Paar dae later het een bottel ontplof. Toe hy die res uithaal, het die goed ‘n skop gehad soos ‘n muil! Giftig!

Dalk is dit juis hierdie invloed wat die Jode suurdeeg in ‘n negatiewe lig laat sien het. Hulle het geglo dat suurdeeg eintlik agteruitgang veroorsaak in ‘n sekere sin. Gedurende Paasfees was alle suurdeeg dan ook by die huis uitgesmyt as ‘n simboliese aksie, en die brood wat gebak word, is sonder suurdeeg gebak. Ek kan my indink hoe onsmaaklik sulke ongesuurde brood moes smaak! In die Nuwe Testament word suurdeeg dan gewoonlik ook, met slegs een of twee uitsonderings, in ‘n negatiewe sin gebruik. In Markus 8 waarsku Jesus byvoorbeeld Sy dissipels teen “die suurdeeg van die Farisers en die suurdeeg van Herodus”.

Net soos wat ‘n klein bietjie suurdeeg ‘n groot invloed het, het een enkele persoon dikwels ‘n invloed op baie mense. Hitler was ‘n kragtige “suurdeeg”, wat miljoene mense benvloed het. Net so kan ‘n enkele negatiewe persoon ‘n hele gemeente versuur. Ek onthou die Sondag toe ‘n gemeentelid opgestaan het tydens die Erediens en aangekondig het dat hy nie langer na die dominee se “snert” sal luister nie. Alhoewel die leraar ‘n goeie boodskap gehad het, was dit, en die ganse erediens totaal geruneer daardie Sondag. Een persoon se negatiewe houding, kan ‘n hele gemeente saamsleep op sy donker pad.

Maar suurdeeg kan ook in ‘n positiewe lig gesien word, soos in Matt. 13:33 beskryf word. Dink maar aan die geurige potbrood. Een enkele persoon kan ‘n hele gemeente positief benvloed met byvoorbeeld liefde wat uitstraal of blydskap of entoesiasme. Toets dit maar: stap in ‘n vertrek in waar ‘n klomp teneergedrukte mense sit. Begin om vrolik en hartlik die mense te groet met blydskap wat uit jou hart uit kom, en binne minute verander die ganse stemming van daardie groep. Mense wat totaal afsydig is, sal selfs met mekaar begin gesels. Dit is hoe goeie suurdeeg werk.

Die wonderlike van suurdeeg is dat dit ‘n lewende organisme is. Dit is nie soos byvoorbeeld bakpoeier wat slegs vir een baksel die deeg kan laat rys nie. Suurdeeg kan aangaan en aangaan. As jy ‘n bietjie van die deeg wat ingesuur is bre, kan jy more en oormore en volgende maand nog steeds deeg daarmee laat rys. Net so is ‘n gelowige se positiewe suurdeeg ook nie maar ‘n eenmalige ding nie, maar dit moet ‘n lewenswyse wees van positiewe inspirasie en blydskap wat aangaan en aangaan sonder ophou, selfs deur swaar tye. Op hierdie wyse gee jy dan ook vir ander mense moed en veral belangrik: hoop!

Die belangrike om egter te onthou, is dat niemand dit kan doen uit eie krag nie. God die Heilige Gees alleen kan jou die krag gee om vol te hou daarmee om goeie suurdeeg te wees en geurige “potbrode” te bak. Maar ewe belangrik is, dat jy dit aan elkeen wat geraak word deur jou suurdeeg, dit sal duidelik maak waarvandaan jou krag kom.

Gebed:

Here, maak my asseblief ‘n goeie suurdeeg in U Koninkryk, en gee my die krag om dit uit te leef tot U eer.




Maandag 26 September 2016

Farisers Soek ‘n Teken

Markus 8:11-13

Die twaalf manne roei saam met Jesus die lang ent van die Dekapolis-gebied tot by Dalmanutha in Galilea. Vars vasgebrand in hulle geheue, is die groot skare van vierduisend nie-Jode wat hulle Meester so pas gevoed het met ‘n skamele sewe broodjies.

Wanneer hulle voet aan wal sit, word hulle ingewag deur ‘n groep omgesukkelde Farisers. In skrille teenstelling met die heidene aan die oorkant van die meer, wat so aan Jesus se lippe gehang het van verwondering, is al wat hierdie geleerde manne soek, konfrontasie. Jesus moet hir en n vir hulle ‘n wonderteken uit die hemel doen!

Het hulle nie reeds genoeg wonderwerke uit Sy hand gesien nie? Sal hulle ooit glo as hulle ng een sien? Maar eintlik stel hulle gladnie belang in hierdie “doodgewone” wonderwerke wat Jesus doen nie, hulle wil iets uit die hemel sien gebeur! Hulle wil iets sien wat oortuigend van God Slf kom om te bevestig dat Jesus die Messias is!

Ons weet dat daar wl reeds sulke wondertekens plaasgevind het, soos die dag toe Jesus gedoop is, en die hemel oopgeskeur het. Daar het God hoorbaar bevestig dat Jesus Sy Seun is, en almal het dit gehoor. Maar natuurlik was die Farisers nie daar nie. Hulle was te besig met belangriker dinge. Eintlik stel die Farisers nie werklik belang in die wonderteken self nie. Al wat hulle probeer doen is om Jesus te ontmasker en Hom te verneder. Hulle wil Hom op die proef stel om vir eens en altyd te bewys dat Hy nie is Wie die mense dink Hy is nie. Hoe bitterlik verkeerd was hulle nie!

Jesus weier hulle versoek, en dan noem Hy hulle “hierdie geslag.” In Genesis 7:1 en Psalm 95:10-11 word presies dieselfde woorde gebruik om mense te beskryf wat hulle rug op God gedraai het. En dit is presies wat hierdie Farisers besig is om te doen: Hulle verwerp God! Hulle draai hulle rug op Hom. Nt daar klim Jesus en die manne terug in die skuit en roei verder na Betsaida-Julius.

Die feit is dat wonderwerke of selfs wondertekens mense nie sal oortuig om te glo nie. Die storie werk eintlik totaal andersom, want jy het eers geloof nodig om waarlik wonderwerke te waardeer. Kom ons neem ‘n voorbeeld: Wanneer ek in die aand opkyk na die hemelruim, dan word ek vervul met die wonder daarvan, en die onmeetlike omvang van die skepping laat my steier. Die ondenkbare grootheid en almag van God die Skepper van dit alles, laat my snak na my asem. Die ongelowige kyk egter bloot daarna en verwys na die oerknal-teorie, waar alles volgens wetenskaplike berekeninge begin het by ‘n enkele puntjie in die heelal - ‘n “iets” wat in ‘n geweldige ontploffing oor 15 biljoen jaar die heelal gevorm het soos ons dit vandag ken. Waar daardie “iets” ontstaan het, weet die wetenskap nie, maar hulle probeer baie hard om ‘n antwoord te kry.

Die bekende skrywer, Gideon Joubert, het met totaal ander o na presies dieselfde teorie gekyk. Die oerknal-teorie het vir hom sin gemaak, maar hy sien dit as die begin van God se skepping. In sy boek, “Die Groot Gedagte” beskryf Gideon hoe dit totaal onmoontlik sou wees dat die heelal kon vorm sonder dat daar ‘n baie besliste plan was met die samestelling daarvan. Selfs die beroemde Einstein het hierdie feit raakgesien. Sou die oerknal ‘n werklikheid wees, dan kon dit alleen geskied uit die vormende hande van God! Maar die ongelowige sien dit nie so nie, en niks sal hom anders oortuig nie!

Die talle e-posse wat byvoorbeeld die wreld ingestuur word met sogenaamde bewyse dat die Bybel waar is, sal ook gn ongelowige oortuig nie. Dit laat slegs gelowiges met groter sekerheid. Die hartseer is egter dat meeste van hierdie “bewyse” vals is, soos byvoorbeeld die een met foto’s van reuse mensgeraamtes wat sou bewys dat die reuse wat in die Bybel beskryf word, ‘n werklikheid was. Hierdie foto’s was gemanipuleer deur ‘n groep studente as deel van ‘n taak. Sulke “bewyse” doen meer skade as goed, want dit s vir die ongelowige dat gelowiges tog s hard probeer om hulle geloof as eg te bewys, en dat hulle selfs vals materiaal gebruik om te probeer glo. Maak asseblief seker voordat jy sulke goed aanstuur!

Eintlik gaan hierdie hele ding nog verder: Niemand kan bewys dat Jesus werklik die Seun van God en die Messias is nie. Daar is selfs nie eers veel buite-Bybelse verwysings na Jesus as ’n historiese figuur nie. Slegs enkeles soos die Joodse geskiedskrywer, Josefus verwys kortliks na Jesus. Ons kan dit alleen in geloof aanvaar.

Nou wat is geloof dan? Hebrers 11:1 stel dit baie duidelik: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” Geloof kan met ander woorde nie op sigbare dinge gebou word nie. Dit word egter versterk deur sigbare dinge (soos die wonder van die heelal), wanneer jy alreeds die geloof het. Die Heidelbergse Kategismus stel dit so, dat geloof bestaan uit kennis en vertroue. Natuurlik kan jy nie glo as jy nie weet waarin jy glo nie. Daar moet kennis wees van die dinge. Maar dan kom die belangrike by, dat daar vertroue moet wees - ‘n vaste vertroue. Nie alleen in die feit dat Jesus waarlik die Seun van God is nie, maar jy moet jou volle vertroue in Hom stel, en in totale afhanklikheid jou aan Hom oorgee, anders kan dit nooit werk nie.

Gebed:

Here, dankie dat U my geloof gegee het. Leer my om U in alles totaal te vertrou.


TERUG NA BO

Vrydag 23 September 2016

Jesus Voed Weer ‘n Skare

Markus 8:1-10

Jesus kyk na die skare mense wat voor Hom sit, en dan kry Hy hulle innig jammer. Die toneel wat hier voor Hom afspeel is ‘n herhaling van wat ‘n rukkie gelede gebeur het, toe Hy en die manne ook by ‘n afgele plek was, en die mense naderhand honger was. Hierdie slag is Hy egter op nie-Joodse grondgebied, die Dekapolis. Vir die laaste drie dae sit die skare van “heidene” nou al bankvas hier voor Hom terwyl Hy hulle leer. Die bietjie kos wat daar nog was, is al lankal op, en Hy kan sien dat die honger nou sy tol begin eis. Dan roep Jesus die manne bymekaar: “Ek is baie bekommerd oor hierdie mense. Party van hulle het ‘n ver pad gekom. As ons hulle nou huistoe stuur sonder om eers vir hulle iets te ete te gee, kan ‘n paar van hulle dalk iewers langs die pad beswyk van die honger!”

Dan gebeur die onverstaanbare, die verstommende, dieselfde hande-opgooi ding van ‘n paar maande tevore toe hulle in presies dieselfde situasie was. Die manne vra radeloos vir Jesus waar hulle in hierdie verlatenheid kos in die hande moet kry vir so ‘n klomp mense? Hulle Meester moet darem onthou dat hier nie minder nie as vierduisend mense voor hulle sit. Hoe verwag Hy dan nou van hulle om skielik kos op te tower vir hierdie skare?

Hoe kort is hulle geheue nie! Het hulle tog nie al klaar vergeet van die vorige geleentheid, gladnie so lank gelede nie, toe Jesus ‘n skare van vyftien-duisend mense kos gegee het met slegs vyf broodjies en twee verskrompelde ou vissies? Het dit lankal by hulle koppe uitgewaai dat hulle agterna nog twaalf mandjies vol oorskiet bymekaar gemaak het? ‘n Mens voel dat jy daardie twaalf manne aan hulle skouers kan vat en skud dat hulle wakker word en sien Wie hulle mee te doen het. Kan hulle dan nie verstaan nie?

As ek Jesus was, sou ek skerlik nt daar uitgebars het en die manne se koppe gewas het oor hulle ongeloof en hulle geestelike blindheid en hulle onvermo om te kan verstaan.

Maar Jesus doen dit nie. Hy verstaan. Hy wt hoe moeilik dit vir hulle is om te begryp. Hy weet ook dat hulle tyd nog nie gekom het om waarlik insig te h in al hierdie dinge nie. Later sou hulle wl verstaan, en dan sou hulle die wreld aan die brand steek met hulle geloof. Sonder verwyt vra Jesus hulle geduldig: “Hoeveel brood is hier?” Hulle kon sewe brode bymekaar skraap, dis al! En hiermee moet hulle vir vierduisend mense kos gee?

Jesus neem die brood by die manne, en dan kyk Hy op na die hemel en s dankie vir God vir die kos, terwyl vierduisend paar honger o Hom aangaap en wonder wat nou aan die gang is? Wat sou hierdie Rabbi nou wil doen met die brood? Sy aksie maak hulle rasend van die honger! Vol belangstelling hou hulle Hom dop as Hy die brood in stukke breek. Dan gee Hy dit vir die twaalf manne om uit te deel, saam met ‘n paar vissies wat iemand “geskenk” het.

En weereens vind die vermeerderings-wonder plaas. Die manne hou aan uitdeel en die kos raak net eenvoudig nie minder nie! Hoe meer hulle uitdeel, hoe meer word die brood en vis, totdat vierduisend honger mense versadig was, en daar nog sewe mandjies propvol oorskiet oorgebly het.

Hoe moes die manne hierna gevoel het? Was hulle skaam oor hulle ongeloof? Het hulle t begin besef dat Jesus waarlik die Messias is? Dat Hy almagtig is? Hoeveel asemrowende, verstommende wonderwerke moes hulle nog sien voordat dit kon insink?

Jesus het die mense huistoe gestuur en toe klim Hy en die manne in ‘n skuit en vaar na die Dalmanuta gebied.

Opvallend wanneer ons hierdie verhaal lees, is Jesus se omgee. Hy kry die mense innig jammer, al is hulle nie eers Jode nie en al is hulle nie deel van God se verbondsvolk nie. Maar ewe opvallend is Jesus se geduld met die manne wat dag-vir-dag die talle en talle wonderwerke beleef, maar net nie kan verstaan nie. Hoeveel keer moet Hy dit nog vir hulle verduidelik? Is daar ‘n manier om dit vir hulle duideliker te kan stel? Maar Jesus raak nie ongeduldig met hulle nie: Hy verstaan.

En ek en jy? Moes Hy nie dalk al lankal met my ongeduldig geraak het nie? Hoeveel keer het ek Hom nie al teleurgestel in my lewe nie? Hoeveel keer het ek al gevra: “Here, vergewe my,” om maar net mre weer dieselfde sonde oor te gaan doen? Ek raak moedeloos met myself, maar Jesus bly maar net geduldig met my. Hy verstaan! En as ek die dinge wat Hy doen bevraagteken, so asof ek dalk beter weet as Hy? As ek Hy was, het ek hierdie kreatuur al lankal verdoem. Maar Hy doen dit nie! Sy genade en liefde is baie groter as wat enige menslike verstand ooit kan peil. En soos daardie twaalf manne, sien ek elke dag die wonderwerke, dikwels asemrowende wonderwerke rondom my gebeur. Maar dan staan ek steeds in ongeloof en kerm as daar die geringste probleempie oor my pad kom.

Hoe onbeskryflik groot is Jesus se omgee en geduld en liefde en verstaan en barmhartigheid nie!

Gebed:

Here, maak asseblief my o oop sodat ek U grootheid en almag en liefde en omgee kan raaksien.

Donderdag 22 September 2016

Jesus Genees die Doofstomme

Markus 7:31-37

In Jesaja 35 sing die beroemde profeet ‘n (profetiese) loflied wat handel oor die koms van die Messias, Jesus: “Die woestyn, die dor land, sal jubel, die dro wreld sal juig, oortrek met affodille ....... Bemoedig di wie se hande slap hang, help di wie se knie knik, s vir di wat moed verloor het: Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier ........ Blindes sal sien, dowes sal hoor, lammes sal rondspring soos takbokke, stommes sal kan sing.” (Jesaja 35:1-6)

Wat ‘n aangrypende lied! En hier vlakvoor die o van die dissipels word hierdie profesie bewaarheid. Hulle sien al hierdie dinge gebeur - so onwerklik. En tg gebeur die dinge waarvan Jesaja sing!

Jesus het teruggekeer uit die Tirus-Sidon gebied, en nou bevind Hy Hom weer in ‘n nie-Joodse gebied langs die See van Galilea: die Dekapolis. Die vorige keer toe Hy in hierdie streek was, het die mense Hom gevra om liewer maar te loop, want hulle was bang. Dit was nadat Jesus die besete man genees het en die varke in die see ingejaag is deur die demone. Jy sal onthou dat hierdie man dwarsdeur die Dekapolis gebied gaan verkondig het wat Jesus gedoen het. Dalk was die mense nou al meer ontvanklik vir Jesus omdat hulle van Hom gehoor het by daardie man.

Die mense bring hier ‘n dowe man met ‘n spraakgebrek na Jesus, en hulle vra Hom om asseblieftog Sy hande op die man te l. Jesus steek Sy vingers in die man se ore, smeer spoeg aan sy tong en s in Aramees (Sy moedertaal): “Effata!” wat beteken “Gaan oop!” Oombliklik is die man genees en kan hy normaal hoor en praat.

Hierdie gebeurtenis maak ‘n geweldige indruk op die mense: “Alles wat Hy doen is goed,” s hulle vir mekaar. “Die dowes laat Hy hoor en die stommes laat Hy praat.” Dit is baie meer as wat enige van die sogenaamde wonderwerkers van hulle land it kon regkry. Die woord versprei soos ‘n veldbrand, totdat almal in die streek weet van Jesus.

Markus wil dit beklemtoon met hierdie vertelling, dat Jesus nie maar net nog een van die wonderwerkers is nie, maar dat Hy baie, baie meer is. Vandag moet ons ook terde besef dat Jesus baie spesiaal is. Hy is groot genoeg dat ons Sy lof kan en mt besing, soos Jesaja dit gedoen het: “Die woestyn, die dor land, sal jubel, die dro wreld sal juig!”

Ons is so geneig om Jesus maar sommer as vanselfsprekend te aanvaar. Hy is nou maar eenmaal daar en Hy sal by ons wees deur alle omstandighede! Ja, ons weet dit inderdaad al lankal, maar besef ons ooit werklik die grootheid van Jesus? As ons Sy lof besing, doen ons dit waarlik met die wete dat ons dit vir Koning Jesus, die grootste van alle konings van alle tye doen? Besef ons aldag Wie Hy werklik is? En betoon ons Hom werklik al die eerbied wat Hom toekom?

Het jy al ooit op ‘n yskoue Karoo-nag buite gesit en die wonder aanskou van die skepping - Jesus se skepping? As jy bibberend van die ysige lug opkyk na die hemelgewelf, dan bewe jy nie meer van die koue nie, maar van verwondering oor die onmeetlike, asemrowende skoonheid van dit alles. Die kleurewonder van die miljoene-der-miljoene sterre, te veel vir die menslike verstand om te kan verwerk. Dit laat jou snak na jou asem en jy wil net aanhou kyk en kyk en die skoonheid daarvan indrink en diep hier binne bewaar vir altyd. Dan besef jy dat Jesus, Skepper-God dit alles gemaak het met die spreek van ‘n enkele woordjie. Net soos Hy een enkele woordjie gebruik het om die doofstom man te genees.

En het jy al ooit ’n nag in die Bosveld langs ‘n knetterende vuurtjie gesit en luister na die musiek van die bos? Na die magtige leeu se brul wat kilometers ver oor die veld aangesweef kom op die aandluggie? Die reuse olifant se trompetter en diep, diep rammelinge wanneer hulle snags in die Krokodilrivier baljaar? ‘n Rooijakkals se nostalgiese lied as hy sy maat roep? En die sagte “Koer-koer” van ‘n skopsuiltjie iewers in ‘n doringboom? Musiek wat trane in jou o bring - musiek wat die lof van Jesus besing soos gn simfonie-koor dit kan doen nie! Musiek wat vertel van die fyn handewerk van ‘n Skepper wat nie alleen die onmeetlike hemelruim gemaak het nie, maar ook die olifant, die leeu en die piepklein ou skopsuiltjie, elkeen absoluut volmaak, soos nt die Meester dit kon doen.

En as jy dan daar so broos en uitgelewer aan die magtige bos met al sy gevaarlike diere sit, besef jy dat hierdie selfde Jesus - die Almagtige Skepper-God - k die Alomteenwoordige is. Dan kom jy tot die besef dat Hy hier langs jou - b jou is. Dat Hy omgee vir jou en jou oneindig liefhet. Dat Hy ‘n plan - ‘n fyn uitgewerkte plan vir jou lewe het en dat Hy jou Sy kind gemaak het uit genade.

Dan wil jy dit uitjubel saam met Jesaja van ouds: “Die woestyn, die dor land, sal jubel, die dro wreld sal juig!”

Gebed:

Here Jesus, ek aanbid U, want U is groot en goed en Almagtig. Gn lied sal ooit U lof na waarde kan besing nie. Ek loof U met alles wat binne-in my is!


Woensdag 21 September 2016

Die Siro-Fenisiese Vrou

Markus 7:24-30

Jesus was totaal uitgeput van ‘n nimmereindigende werk. Ons mag nooit vergeet, dat alhoewel Hy God is, hy in daardie tydperk ook wat die fisiese aanbetref, ‘n doodgewone mens was wat al die terugslae van ‘n gewone mens moes hanteer. ‘n Mens kan dit maar vir jouself indink dat hierdie aaneenlopende stroom van duisende-der-duisende mense met al hulle skete en kwale wat by Hom kom aandring het om hulp, van vroeg soggens tot laat saans, ‘n geweldige druk op Hom moes plaas. En dan was daar nog die Farisers en Skrifgeleerdes wat Hom om elke hoek en draai probeer vastrek of van Hom probeer ontslae raak het.

Die probleem was boonop dat daar nrens ‘n plekkie was waar Hy kon gaan wegkruip om net ‘n blaaskansie te kry nie. Oral waar Jesus kom, ken die mense Hom al en word Hy oorval. Dus was Jesus verplig om na ‘n gebied te gaan waar Hy totaal onbekend was. Hy vertrek dus na Fenisi, en Hy gaan tuis in ‘n huis iewers in die omgewing van Tirus en Sidon, twee stede aan die kus van Fenisi.

Maar selfs hier in die buiteland is daar iemand wat Hom herken. Die probleem was dat sy gladnie ‘n Jood was nie, maar ‘n Griekse vrou wat in Siri gebore is. Toe sy Jesus herken, is dit soos manna uit die hemel vir haar, want sy was radeloos oor haar liefling-dogtertjie. Die kind was van ‘n onrein gees besete, en niemand kon iets daaromtrent doen nie. Ons weet nie of dit werklik demoon-besetenheid was nie, want in daardie jare was alle geestesafwykings geklassifiseer as besetenheid. Al wat ons met sekerheid weet, is dat hierdie kindjie die slagoffer was van ‘n ongeneeslike toestand.

Die vrou moes skerlik geweet het van die Joodse gebruike, dat Jode nie meng met heidene soos sy nie. Sy het dus ‘n groot kans gewaag om Jesus te gaan opsoek. Wanneer sy by Jesus kom, rig sy haar versoek: Jesus moet asseblief die onrein gees uit haar dogtertjie uitdryf. Die berigte het haar ore bereik dat Hy in Palestina al talle sulke dinge gedoen het. Waarom sou Hy dit nie ook hier in Siri vir haar kon doen nie?

Jesus se antwoord is verrassend: “Dit is nie mooi om die kinders se kos te vat en vir die hondjies te gooi nie.”

Wat wou Jesus hiermee s? Jesus is na die volk Israel gestuur, die volk waarmee God ‘n verbond gesluit het. In hierdie volk moes die groot versoeningsdaad plaasvind, want God het dit so bepaal nog lank voor die grondlegging van die wreld. Hy het hierdie volk voorberei om Jesus, Sy Seun te ontvang, en nou het die finale voorbereiding gekom tydens Jesus se drie jaar lange bediening. Hierdie volk moes deur Jesus se prediking en bediening mense oplewer wat die Evangelie die wreld kon indra. Natuurlik sou die ganse wreld daar buite (die heidendom) uiteindelik gekonfronteer word met die Evangelie, maar die tyd was nog nie ryp daarvoor nie. Alles moes eers in Israel gevestig word.

Jesus gebruik beeldspraak om in een kort sinnetjie vir hierdie vrou van Sy dilemma te verduidelik. Haar insig is verstommend, want dadelik begryp sy presies waaroor dit gaan. Maar sy is desperaat, en sy laat haar nie hierdeur afsit nie: “Here, die hondjies eet darem onder die tafel die kindertjies se oorskiet.” Sy sal selfs tevrede wees met die oorskiet. Inderdaad besef sy maar l te goed dat sy nie nou deel is van daardie uitverkore volk van God nie en sy erken dat die Jode op daardie stadium voorkeur het. Maar l wat sy vra is ‘n ou paar krummeltjies, dat haar dogtertjie gesond gemaak sal word. Wil Hy nie asseblief maar kom nie?

As ons terugdink aan die verhaal tot dusver, sien ons net keer op keer die absolute onvermo van die Jode om te verstaan. Hulle kan net eenvoudig nie eers die mees basiese begryp nie. Hulle kan nie insien wie Jesus werklik is nie en hulle verstand slaan toe elke keer as Hy ‘n wonderwerk doen. Hulle staar hulle blind teen die wonderwerke en sien nie die Persoon agter die wonders raak nie. Selfs die twaalf manne wat Jesus so deeglik opgelei het en wat elke dag saam met Hom al hierdie dinge deurgemaak het, is steeds totaal in die duister. Nou kom hierdie heidense vrou wat nog nooit eers vir Jesus ontmoet het nie en sy verstaan die dinge wat die Jode totaal dom het. Markus s dit nou nie in soveel woorde nie, maar ons kan aflei dat dt wat hierdie vrou het, suiwer geloof is.

Dan stuur Jesus haar huistoe. Hy het alreeds aan haar versoek voldoen - haar dogtertjie is gesond. Weereens sien ons Jesus se asemrowende almag, want die dogtertjie is gesond sonder dat Hy eers naby haar was!

Ek en jy sit vandag in die wonderlike bevoorregte posisie dat ons die Evangelie vir ons uitgespel het in die Bybel, nog baie duideliker as wat die Jode (of die Fenisiese vrou) ooit gehad het. Die vraag is: wat maak ons daarmee? Van kleins af word ons alles geleer, maar hoe sterk is ons geloof werklik? Het ons waarlik ter harte geneem wat ons deur die jare geleer het? Het ons dit ons eie gemaak soos daardie vrou? Ek werk elke dag met hierdie dinge, en ten spyte daarvan is my geloof dikwels maar klein.

Kom ons vertrou God met ons hele hart en wese!

Gebed:

Here, vergewe my dat my geloof soms wankel en dat ek die golwe rondom my raaksien en bang raak. Maak asseblief my geloof sterk, soos di van daardie Fenisiese vrou.


TERUG NA BO

Dinsdag 20 September 2016

Wat maak jou Onrein?

Markus 7:14-23

Die Farisers het Jesus se gesag probeer belaglik maak met hulle aanmerkings oor die reinheidswette wat Jesus en Sy dissipels so blatant verontagsaam het. Maar net in die volgende versie sien ons dat Jesus weer die skare bymekaar roep, en dan is hulle daar in hulle massas om te luister. Die slim Jode het dus bitterlik misluk in al hulle verbete pogings.

As almal luister, vertel Jesus vir hulle dat niks wat in ‘n mens ingaan hom onrein maak nie. Dit is die dinge wat uit jou binneste uitgaan wat jou onrein maak. Die mense kyk Jesus verdwaas aan, hulle verstaan nou gladnie. Hulle en hulle voorgeslagte en di se voorgeslagte het dan nog al die jare geleer dat daar sekere dinge is wat jy net eenvoudig nie durf eet nie, want dit is onrein. Wil Jesus nou kom en ‘n dik, vet streep trek dwarsdeur die leerstellings van die Farisers? Hulle is verward.

Maar die dag was verby, en Jesus en die twaalf manne is huistoe, iewers na ‘n privaat woning waar hulle oorgebly het. Die manne loop met reuse vrae in hulle rond: “Meester, ons het gepraat, en ons verstaan nou gladnie hierdie ding van rein en onrein kos nie. Wat presies het U bedoel?”

Dit moes vir Jesus baie swaar wees dat Sy binnekring, die manne wat later verantwoording sou moes neem vir die ganse kerk van die wreld, so traag was om te verstaan. So graag wil Hy dat hulle leer en begryp en geestelik groei, maar dit gebeur nie. Hulle verstand wil nog maar steeds terug gryp na die ou ingewortelde tradisies en leerstellings. Hulle wantrou alles wat nuut is. Hulle sou eers die Heilige Gees moes kry om hulle verstand waarlik oop te maak.

En dan verduidelik Jesus, dat sogenaamde “onrein” kos jou nie onrein kan maak nie. Dt wat jy eet kom nie eers nstenby by jou hart uit nie. Jou ete en drinke het absoluut niks te make met die wesenlike dinge in jou verhouding met God nie. En dit sou ‘n mens ook kon deurtrek na die uiterlike reinigingswette in gister se oordenking. Uiterlike reinheid het dus ook niks te doen met jou verhouding met God nie.

Die implikasies van hierdie uitspraak van Jesus is genoeg om enige opregte Jood se hare te laat regop staan. Markus noem hier so terloops dat Jesus hiermee alle kos rein verklaar het. Wat dan van al die rye en rye voorskrifte oor vleis wat jy nie mag eet nie? Onder andere is daar seker die ergste van almal: varkvleis! ‘n Jood sou nie eers aan ‘n vark raak nie, wat s nog om sy vleis te eet! Dit laat jou gril!

Ek dink dat die twaalf manne gehoor het wat Jesus hulle vertel het en toe maar gerieflikheidshalwe daarvan vergeet het, want dit was darem nou eenmaal nt te erg. Dit was eers hlwat later dat Petrus wr hiermee gekonfronteer is, toe hy die droom gehad het van God se bevel dat hy onrein diere moet slag en eet. Eers t het hy so langtand begin verstaan hiervan. Ons lees in Handelinge 10 van Petrus se droom, en hoe die Here daar vir hom s dat hy nie onrein mag verklaar wat God rein gemaak het nie.

Jesus verduidelik vir die twaalf dat dit nie gaan oor kos of reinheidswette of enige uiterlike ding nie. Dit gaan nie oor die voorskrifte en rels wat stiptelik nagekom moet word nie. Alles wentel rondom jou innerlike gesindheid wat rein moet wees. En dan noem Hy ‘n paar goed wat jou gesindheid kan vergiftig: onkuisheid, diefstal, moord, owerspel, hebsug, kwaadwilligheid, bedrog, losbandigheid, afguns, kwaadpratery, hoogmoed, ligsinnigheid....... Daar is seker nog baie ander goed wat ‘n mens aan hierdie skrikwekkende lysie kan heg.

Vir ons as gelowiges vandag is “onrein kos” nie eers meer ‘n kwessie nie, alhoewel daar steeds enkele gelowiges is wat ‘n probleem daarmee het (vir my persoonlik is ‘n pynappel ‘n baie onrein ding! Ek kan nou eenmaal nie sy smaak verdra nie!) Ons het egter die klem ‘n bietjie verskuif na ‘n rits moets en moenies. Die groot ding is dat jou hart aan God moet behoort. As dit gebeur, sal jou ganse lewe ingrypend verander. Ons as gelowiges mag dan ook nie aan ander mense probeer voorskryf oor wat hulle mag en nie mag doen nie, asof dit ‘n Goddelike opdrag is. Dit is ‘n persoonlike saak vir elke gelowige tussen hom en God.

Dit is interessant, en tegelyk ook baie belangrik om te sien hoe Jesus die manne onderrig, en met watter gesag Hy dit doen. Anders as die ander Rabbi’s wat die mense slegs kon leer oor dinge uit die Ou Testament en oorgelewerde gebruike, en nie werklik verstaan het waaroor dit gaan nie, het Jesus presies verstaan wat hulle beteken. Hy kon dus vir die manne ‘n uitleg gee daarvan, maar baie meer nog: Hy het die gesag om selfs die Ou Testamentiese voorskrifte te wysig of op te hef, soos Hy gedoen het met die reinheidswette.

Kom ons gaan dink dus weer ‘n slag baie mooi oor ons Godsdienstige gebruike en ons moets en moenies. Waaroor gaan dit werklik? Is dit eerlik tot eer van God? Maar nog belangriker: kom ons gaan kyk ‘n slag hoe ons binneste lyk. Leef ek waarlik tot God se eer? En die grootste van alles: leef ek liefde uit soos wat God dit van my vra?

Gebed:

Here, maak asseblief my o oop sodat ek kan sien hoe my binneste lyk. Help my om rein te wees van binne, tot U eer.

TERUG NA BO

Maandag 19 September 2016

Tradisies

Markus 6:53-7:13

Luister na hierdie dagstukkie

Markus vertel dat Jesus en Sy dissipels na die storm by Gennesaret aan wal gegaan het. Hier het die nuus baie vinnig versprei dat Jesus in hulle landstreek was en van heinde en verre het mense die siekes selfs op draagbare aangedra, sodat hulle maar net aan Jesus se klere kon raak, want dan sou hulle gesond word. Die mense was oop om Jesus te ontvang, en Hy het baie wonderwerke daar gedoen.

In skrille teenstelling hiermee, word Jesus gekonfronteer deur die hoogsgeleerde manne, die Farisers en Skrifgeleerdes. Hierdie Joodse Godsdienstige leiers het hulle mes in vir Jesus, en op elke terrein in die lewe vind hulle fout met Hom en probeer hulle Hom vastrek. Hulle het Jesus en die manne baie fyn dopgehou om te sien of hulle nie dalk iewers ‘n wet oortree nie, sodat hulle ‘n stok het om hulle mee te slaan.

En daar kry hulle toe so ‘n baie nuttige stok: Die manne eet met ongewaste hande! Verskriklik! “Maar dis mos ‘n onbenulligheid!” wil ons protesteer. Vir die Joodse Godsdienstige opset was dit egter ‘n baie belangrike saak. Hulle het ‘n magdom voorskrifte gehad wat hulle moes help om te onderskei tussen rein en onrein. Die meeste van hierdie goed kom nie uit die voorskrifte van Moses nie, maar is gebruike wat deur die jare bygekom het, sogenaamde “oorgelewerde gebruike van die voorgeslagte” (Mar. 7:3). Vir die Farisers was hierdie gebruike net so goed as die Bybel slf.

Dit is natuurlik goed om gereeld ‘n mens se hande te was om higiniese redes. Die voorskrifte wat hierdie mense gehad het, het egter baie dieper gegaan. Jy moes gereeld jou hande was, nie omdat hulle vuil was nie, maar dit was ‘n ritueel om te sorg dat jy geestelik rein bly. Op die markplein mag jy dalk net per ongeluk aan iets of iemand onrein geraak het, dus moes jy jou hande behoorlik was elke keer as jy van die markplein af kom. Selfs as ‘n Samaritaan se skaduwee daar op die markplein oor jou geval het, al het hy nie eers aan jou geraak nie, was jy onrein!

Die motief agter hierdie hele reinheids-ding, was om jou aanvaarbaar te maak vir God. En daarom het die Farisers so gehamer daarop, en probeer om almal so ver te kry om dit stiptelik na te kom.

As ons egter terugdink aan wat ons tot dusver in Markus se Evangelie gelees het, wil dit vir ons lyk asof Jesus doelbewus daarop uit was om hierdie reinheidsvoorskrifte te verontagsaam. Dink maar ‘n bietjie: Jesus raak aan ‘n melaatse (‘n doodsonde!) Hy raak aan ‘n lyk (nog vl erger!) Hy laat toe dat ‘n onrein vrou met bloedvloeiing aan Hom raak (angswekkend!) Hy eet saam met sondaars en onreines (absoluut absurd!) Hy verkondig Sy boodskap in ‘n heidense streek (dis om van flou te val!)

En nou kom konfronteer die kerkleiers Jesus oor Sy hantering van hierdie gebruike. Eintlik wil hulle probeer bewys dat Hy ‘n swak leermeester is. Hulle wil Hom in die openbaar probeer verneder om op hierdie wyse Sy werk te probeer ondermyn. Hulle het al met Hom probeer stry oor leerstellings, maar hulle het elke keer tweedebeste gekom - dalk sal ‘n vernedering werk.....

Maar hulle het baie duidelik nie met Jesus rekening gehou nie, want Hy antwoord hulle op ‘n skitterende wyse. Nie alleen antwoord hy hulle vraag nie, maar hy s ook reguit vir hulle presis waar hlle fout l: hulle skynheiligheid! En as Hy dit s, haal Hy dit direk aan uit die Skrif wat hulle so goed ken, uit Jesaja 29:13: “Hierdie volk eer my met hulle mond, maar hulle hart is ver van my af.”

Wat Jesus vir hulle s, is dat daar ‘n baie groot verskil is tussen ‘n opregte Godsdiens wat uit die hart kom, en ‘n oppervlakkige Godsdiens wat bloot lippetaal is. Jy moenie dinge wat deur mense uitgedink is probeer voorhou asof dit God se opdrag is nie. Die ergste is dat hulle God se intlike gebod verwaarloos en aan hierdie selfgemaakte gebooie groot lyf gee. Hulle maak selfs voorskrifte om God se voorskrifte te omseil, soos die geval is met die “korban” voorskrif.

Dit is die regte ding om jou ouers te versorg. Nie alleen is dit deel van die tien gebooie nie, maar dit val ook binne die raamwerk van die liefdesgebod. Blykbaar het die “korban” voorskrif gelui, dat jy iets (wat eintlik vir jou ouers bedoel is) aan God of die tempel kan beloof. Die voorskrif is misbruik, in die sin dat as jy iets van jou ouers wil weerhou, dan noem jy dit “korban”, en dan kan jou ouers dit nie gebruik nie. Later, as hulle dood is kan jy mos weer van plan verander......

Ek dink dat die tyd gekom het dat ek en jy moet gaan introspeksie hou oor ons Godsdienstige gebruike. Meer nog: die tyd het aangebreek dat die kerk moet gaan kyk na die wyse waarop dinge hanteer word. Is baie van die “oorgelewerde gebruike” nie dalk bloot mensgemaakte gebruike nie? Is dit nie dalk dinge wat ons doen bloot uit gewoonte nie? Soos die dogtertjie wat wou weet waarom Ma die hoender se vlerkies afbreek voordat sy dit in die kastrol sit. Nee, sy het dit so by Ouma geleer. Toe sy ouma vra, s di dat sy dit so by Ouma-grootjie geleer het. Uiteindelik hoor sy by Ouma-grootjie dat sy dit maar so gedoen het omdat haar kastrol te klein was.

Gebed:

Here, leer my asseblief om die dinge wat ek doen in U Koninkryk om die regte redes te doen, en nie net uit gewoonte of tradisie nie.

TERUG NA BO

Vrydag 16 September 2016

Jesus Loop op die See

Markus 6:45-52

Luister na hierdie dagstukkie

Dit het baie laat begin word, en die manne het ‘n bietjie rus bitter nodig gehad na hulle harde werk om vir vyftienduisend mense kos te gee. Jesus het gesien dat die manne gedaan is, dus stuur Hy hulle om solank na die oorkant van die meer te vaar. Eintlik is dit ‘n relatief kort entjie, want vanaf Betsaida-Julius moes hulle slegs na Betsaida roei - seker nie meer as 2 of 3 kilometer nie. Hy s vir hulle dat Hy die mense wat nog in hulle duisende daar bymekaar is, sal huistoe stuur. Hy sal dan sommer later te voet by hulle aansluit.

As hulle in die skuit klim, is dit al sterk skemer. Maar dan kom daar moeilikheid: ‘n Stormwind begin opsteek, en die arme manne roei reg teen die wind in. Van waar Jesus op die berg staan waar hy gaan bid het, sien hy hoe Petrus en die manne stoei teen die wind. En dan oorval die donker hulle. Hulle beur en sweet en roei en stoei, maar dit voel asof hulle net eenvoudig nie beweeg nie.

Ek ken daardie gevoel: Baie jare gelede - ek was nog maar ‘n jong seun - gaan ons visvang in die Limpoporivier se mond, in Mosambiek. Dit was daardie jare maar bitter primitief, en ons is rivier-af in ‘n roeibootjie tot by die monding, waar ons ‘n paar dae oorgeslaap het op die strand. Toe dit tyd word om terug te keer, klim ons almal in die skuitjie, en die roeier, ‘n seuntjie van sekerlik nie ouer as tien jaar nie, slaan sy roeispane in die water. Dit was ook al sterk skemer, en ek onthou hoe die water helder gegloei het elke keer as sy roeispane dit tref. As hy egter die middel van die stroom bereik, is daar ‘n probleempie: dit voel vir my al asof ons nie vorentoe kan kom nie, maak nie saak hoe hard die outjie roei nie.

En skielik tref die besef my dat die gety besig is om uit te gaan, en ons word diepsee toe gesuig deur die massa water van die magtige Limpopo. Die seuntjie roei verwoed en die fosfor verlig die water in ‘n onheilige blou skynsel. “Hier versuip ons vandag,” maal dit deur my kop. Boonop is die omgesukkelde rivier vervuil van krokodille en monster-haaie.

Uiteindelik besef die outjie dat hy op hierdie manier nooit by sy bestemming gaan uitkom nie. En dan slaan my hart ‘n slag bollemakiesie as hy sy roeispane neersit en uit die bootjie spring. “Wat maak hy nou! Gaan hy ons hier aan ons eie genade oorlaat? Gaan hy nou huistoe swem?” My hart klop asof ek in die Comrades hardloop. Die seuntjie gaan staan agter die skuit en begin stoot. Ek kan my o nie glo nie. Dan bars ons almal uit van die lag. Die rivier is hier skaars kniediep!

Jesus se dissipels het egter ‘n ietwat groter probleem gehad. Daardie meer is baie dieper as kniediep, en die wind was nou so sterk dat dit hulle totaal van koers af gedwing het. In plaas daarvan dat hulle na Betsaida roei, is hulle nou vinnig op pad na Gennesaret, ‘n volle tien kilometer verder. In gunstige toestande sou dit nie ‘n probleem wees nie, maar hierdie wind was reg van voor, en hulle kon maar net nie vorder nie. Die ure gaan verby en steeds baklei hulle teen die wind en golwe.

Dit was twaalf baie uitgeputte manne wat so kort voor dagbreek hulle laaste kragte inspan om die land te bereik. Maar dan gebeur iets wat hulle harte amper laat staan: In die mistigheid van die stormsee sien hulle ‘n gedaante aangeloop kom op die water. Die manne gryp mekaar vas: “Dis ‘n spook!” skree Johannes. “Ons is gedoem!” Hulle skree van pure angs as die gedaante al nader en nader kom, reguit op hulle skuit af. Dit is nog te donker om behoorlik te kan sien, maar hulle kan duidelik uitmaak dat Hy ‘n menslike gestalte het. Hulle klou aan mekaar vas as hulle sien hoedat Hy reg langs hulle skuit verby loop.

En dan praat die “Gedaante” met hulle: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”

Wanneer Jesus by hulle in die skuit klim, bedaar die storm onmiddellik, en hulle kan kant toe roei.

Markus wil met hierdie vertelling Jesus se Goddelikheid beklemtoon. Ten spyte van die woeste storm, loop Hy rustig oor die see. In Job 9:8 word God beskryf as die Een wat op die golwe loop. Jesus wys hier vir Sy dissipels dat Hy waarlik God is. En as Hy hulle gerusstel, dan s Hy: “Dit is Ek!” - dieselfde woorde waarmee God Homself aan Moses bekend gestel het. As hulle ooit getwyfel het in Jesus se Goddelikheid, moes hulle dit nou begryp het. Maar steeds het hulle dit nie verstaan nie.

Jesus wou nie die manne bangmaak nie. Hy wou hulle verseker van Sy Goddelikheid en ook van Sy beskermende teenwoordigheid. Vandag is dit steeds ewe waar. Dikwels wil ons in vrees en bewing wegkruip vir God, want Hy gaan ons straf oor ons misstappe. Nee, dit is nie eers nstenby waar nie! Hy is ‘n liefdevolle Vader, en Hy wil ons verseker van Sy almag en van Sy oneindige Vaderlike liefde vir ons. Die dissipels het hierdie dinge eerstehands beleef, maar steeds kon hulle nie verstaan nie. Nogtans het Jesus hulle nie verwerp nie. So dikwels kan ons ook maar nie verstaan nie, kan ons nie die omvang van God se genade begryp nie. Maar wees verseker dat Hy vir my en jou ook nie sal verwerp nie. Al wat Hy vra is dat ons in Jesus glo.

Gebed:

Dankie Here, dat U groot en almagtig is. En dankie dat U my in liefde aangeneem het nt soos ek is.

TERUG NA BO

Donderdag 15 September 2016

Kos vir ‘n Skare

Markus 6:30-44

Luister na hierdie dagstukkie

Sarie en haar vriende vertrek ‘n rukkie gelede na Turkye vir ‘n uitreik van die Masedoni Projek. “’n Lekker vakansie in Turkye,” dink ‘n paar van die gemeentelede. Maar Sarie het geweet wat op hulle wag. Hulle doel was om Bybels en Christelike lektuur te versprei in ‘n land waar dit verbode is. Hulle word die hele tyd dopgehou met valko, en hulle durf nie kontak maak met enige van die inwoners nie, want ‘n Christen staan kans om wreed vervolg te word. Daar volg baie benoude oomblikke as ‘n man van die gereg hulle trompop loop en wil weet wat hulle in die groot sak het. Die sak is propvol Bybels. Na ‘n niksseggende antwoord besluit hy om nie eers in die sak kyk nie. Die spanning loop die hele tyd bitter hoog, en hulle moet ure in gebed spandeer vir krag om hulle gevaarlike taak af te handel. Wanneer hulle terugkeer van hulle spanningvolle reis, is hulle uitgeput. Maar die wete dat die Evangelie talle nuwe harte bereik het, is genoeg.

Jesus se dissipels het aan die einde gekom van hulle uitstappie, waar hulle die dinge wat Jesus hulle geleer het prakties moes gaan toepas. Soos Sarie se uitstappie, was hierdie een ook gn piekniek nie. Maar as hulle dink dat hulle nou ‘n bietjie kan uitrus, het hulle dit mis, want by Jesus is die ark oop. Mense stroom die hele tyd na Hom, en die manne moet net bontstaan om die skare te beheer. Daar is nie eers tyd om te eet nie!

Jesus besluit dat hulle nou genoeg gehad het, en dan klim hulle in ‘n skuit en vaar na ‘n stil plekkie om ‘n bietjie asem te skep. Maar die mense het gesien wat hulle plan is, en as hulle by die afgele plek kom, wag daar alreeds ‘n klomp mense vir hulle. Verder sien hulle ook die stroom nuuskieriges wat van ver af aangehardloop kom. Die nuus van Jesus het soos ‘n veldbrand versprei. Van hulle blaaskansie het daar dadels gekom!

Jesus het Sy oog laat gaan oor die see van honger gesigte, en Hy het hulle innig jammer gekry. Hulle het kompleet gelyk soos ‘n trop verdwaalde skape sonder ‘n herder. Sonder om eers behoorlik asem te skep, begin Hy hulle leer, terwyl die skare al groter en groter word.

Die twaalf manne praat saggies onder mekaar: “Manne, ek is half bekommerd: dit begin al baie laat word, en hier sit ons ver van enige dorp af. Hierdie mense raak honger, wat gaan ons doen?”

Kom ons stuur iemand dorp toe om brood te koop.”

Moenie laf wees nie! Hier is duisende mense! Waar dink jy miskien gaan ons geld kry om vir almal kos te koop?”

Dan word een afgevaardig om Jesus in Sy prediking te onderbreek: “Meester, die mense moet eet....”

Jesus kyk die man aan, en met ‘n glimlag s Hy: “Nou gee dan vir hulle iets om te eet.”

Hy keer terug na die manne: “Die Meester s ns moet vir hulle kos gee! Hoe verwag Hy dat ons so ‘n klomp mense moet voer? Hy het ges ons moet kyk wat hier is. Wie dink Hy miskien gaan hier sit met mandjiesvol kos?”

n Seuntjie hoor hulle gesprek: “Ek het vyf garsbroodjies en twee gedroogde visse wat Ma my gegee het vir padkos.” Half spottend vat hulle dit vir Jesus. Tot hulle groot verbasing is die Meester tevrede met hulle vonds. Hy neem dit by hulle, kyk op na die hemel en vra die sen. Dan begin Jesus die brode en vissies in stukke breek en gee dit vir die dissipels om onder die mense uit te deel. Hulle tel vinnig hoeveel mense daar is. Daar is 5000 mans alleen! Dan het hulle nog nie eers die vrouens en kinders getel nie. As ons gaan sommetjies maak, kan ons reken dat daar maklik vyftienduisend siele moes wees. Elkeen by wie die brood kom, breek vir hom ‘n stuk af, en dan gee hy die res vir sy buurman. En so versprei die brood en vis deur die hele massa, totdat almal genoeg gehad het.

En dan volg ‘n ou Joodse tradisie: om niks te vermors nie. Al die oorskiet word bymekaargemaak, twaalf mandjies vol!

Die dissipels het pas teruggekom van hulle baie suksesvolle praktiese uitreik waar hulle slf mense gesond kon maak en duiwels kon uitdryf. Maar dan lyk dit asof hulle hopeloos misluk wanneer Jesus hulle ‘n eenvoudige opdrag gee. Ten spyte van hulle onbeholpenheid, gebruik Jesus hulle egter steeds om hierdie wonderwerk te laat gebeur. Die boodskap hier is natuurlik dat Jesus, die Seun in die middelpunt van die wonderwerk staan. Ons mag dit nooit vergeet nie.

Vir my is daar egter ook ‘n ander boodskap wat hier uitkom: Soos wat elke persoon die brood geneem het, het hy vir homself ‘n stuk afgebreek en die res aangestuur. Op dieselfde wyse het ons as gelowiges elkeen ‘n stuk brood ontvang, die brood van die lewe. Dit het gebeur toe Jesus se liggaam gebreek is soos ’n stuk brood om te betaal vir ons versoening met God. Die vraag is: wat maak ons daarmee? Hou ons daardie lewensbrood wat Jesus ons gegee het vir onsself? Dan is ons baie selfsugtig! Nes daardie mense dit aangestuur het, is dit ons as gelowiges se taak (en plig) om ook die lewensbrood wat ons kry met ander te deel. Die groot wonder is dat daardie brood ook nooit opraak nie. Dus kan ons maar oorvloedig uitdeel, daar sal altyd nog genoeg oorbly.

Gebed:

Here, gee my asseblief die wil en krag en visie om die lewensbrood wat U my gegee het vryelik met ander te deel.

Woensdag 14 September 2016

‘n Grusame Einde


Markus 6:14-29

Luister na hierdie dagstukkie

Herodus Antipas, die koning (eintlik is hy nie rrag ‘n koning nie, maar ‘n tetrarch of viervors) is hoogs ontsteld: “Dis Johannes - ek s vir julle dis Johannes wat by my kom spook! Hy het uit die dood opgestaan!” Sy raadgewers probeer hom kalmeer, maar Herodus raak net al hoe meer opgewonde: “Daardie Jesus - Hy is niemand anders as Johannes nie!”

Alles het begin by ‘n skelm liefde, ‘n brandende begeerte. Dit was sy halfbroer Filippus se uitlokkende vrou wat hierdie dinge in hom wakker gemaak het. Sy was ook nie juis onwillig om saam te speel nie, sy en daardie wulpse Salome dogter van haar met haar wriemelende lyfie. Herodus het soos gewoonlik sy sin gekry. Herodias het Filippus soos ‘n vuil lap weggegooi en by Herodus ingetrek nadat hy van sy eerste vrou ontslae geraak het.

Toe kom daardie woestynbarbaar, Johannes! Wilde kreatuur met woeste baard en hare. Hulle s dat die man van sprinkane geleef het! Hoe afgryslik! En hy kom staan en preek vir Herodus! Hoe durf hy! Toe Herodias hiervan te hore kom, wou sy slange vang! Sy het geis dat Johannes net daar en dan tereggestel word. Natuurlik sou dit baie groot moeilikheid maak, want Johannes het nogal ‘n groot gevolg gehad. Herodus kon nie bekostig om met hulle slaags te raak nie. Boonop het hy ‘n heimlike vrees vir Johannes gehad, want hierdie was ‘n man van God, dit kon hy baie duidelik sien. Toe smyt hy hom maar in die tronk.

Herodus het baie met Johannes daar in die tronk gaan gesels. Elke keer het dit uitgeloop op ‘n vurige tweestryd, en dan het hy woedend uitgestorm. Maar keer op keer was hy maar weer terug, want hierdie man het dinge ges wat hom diep in die hart getref het, hom seergemaak het hier binne.

En toe gebeur daardie nag, die nag waarvan Herodus liewer wil vergeet. Maar hoe hard hy ookal probeer, die nagmerries kom keer op keer terug, en dan spring hy op, sopnat gesweet.

Dit was sy verjaarsdag, en sy verleidelike vrou het vir hom ‘n groot partytjie gerel. Almal was daar, al die Romeinse hooggeplaastes, selfs knorrige ou Pontius Pilatus. Hy verpes daardie Romein, maar hy moet hom maar verdra ter wille van vrede. Die tafels kreun onder die vragte en vragte eksotiese disse. En die wyn vloei soos die Jordaanrivier in vloed. Herodus en sy ho gaste verlustig hulle in die skamelgeklede danseressies wat hulle lyfies verleidelik krul. Dit lag en gesels en suip en eet. Dan leun Herodus oor na sy mooi vrou: “Liefie, hoe lyk dit, sal daardie wulpse dogter van jou nie vir ons dans nie?”

Herodias het haar kans gesien om weerwraak te neem. “Ek sal haar roep”. En dan verdwyn sy. Daar word onheilige dinge gefluister in haar dogter se oor, opdragte wat die meisiekind laat sidder, maar as Mamma so vra, wie is sy tog om te weier.

Salome is ‘n meester in die kuns van Oosterse dans, en sy bekoor die gaste met ‘n asemrowende vertoning. As die musiek ophou, eindig sy haar dans reg voor haar stiefpa. Sy gril as sy in sy dowwe o kyk. “Vra net wat jy wil,” sleur hy, “ek sal vir jou gee nt wat jy vra!” Sy weet al lankal wat sy gaan vra, maar sy gee hom nog ‘n bietjie tou. “Die helfte van my Koninkryk is joune!” bulder hy besope.

“Die kop van Johannes!” s sy. Daar sak ‘n geskokte stilte toe oor die hele saal. Skielik is Herodus nugter geskrik. “Bedoel jy dit rrag?” fluister hy vir haar, maar sy staan by haar versoek. Herodus voel hoe die bloed sy kop verlaat. En dan, met ‘n bewende stem gee hy opdrag dat Johannes onthoof moet word. Kort daarna word die profeet se bebloede kop op ‘n skinkbord ingedra en aan al die gaste vertoon.

Daardie verskriklike nag sal Herodus nooit it vergeet nie. En nou is hierdie Jesus hier! Is dit nie dalk Johannes wat teruggekeer het uit die dood nie?

‘n Gru-verhaal! ‘n Verhaal wat wys dat selfs groot mag en rykdom nie geluk kan koop nie.

Markus het hierdie verhaal ingevoeg reg in die middel van sy beskrywing van die uitstuur van die dissipels. Jesus het hulle gewaarsku dat hulle teenstand sou kry. Wou Markus beklemtoon hoe erg die teenstand kon word? Vandag kan enigeen wat die Woord eerlik verkondig ook teenstand verwag. Die duiwel wil die verspreiding van die Evangelie met alle mag keer. Hy het dit met Johannes gedoen, maar dit het nie gewerk nie, want die Evangelie was soos ‘n onstuitbare stroom. Johannes het selfs daar in die tronk steeds aangehou om te s wat hy op die hart gehad het, ten spyte van Herodus se tierade.

Die vraag is: gaan ek en jy ons laat onderkry deur ‘n bietjie teenstand? As iemand ons spot oor ons standpunt - gaan dit ons stilmaak? Jesus het vir Sy dissipels ges dat hulle bloot die stof van hulle voete moet afskud. Hulle moet vergeet daarvan. Die probleem is dat ons dikwels te fyngevoelig is. As jy die Evangelie wil uitdra, moet jy dikvellig wees. Ons kan gaan leer hieroor by die Jehovah’s Getuies! Maar ons kan ook gaan leer by die mense wat betrokke is by organisasies soos die Masedoni Projek, mense wat onverskrokke Bybels en die Evangelie versprei in lande waar dit totaal verbode is. Kom ons waag vir Jesus!

Gebed:

Here, ek is dikwels so bang om te waag om U Woord uit te dra. Vergewe my, en gee my asseblief waagmoed.

TERUG NA BO

Dinsdag 13 September 2016
Op die Sendingveld
Markus 6:7-13
Luister na hierdie dagstukkie

Vroeg een oggend roep Jesus die twaalf manne bymekaar: “Die tyd het aangebreek dat julle nou die dinge wat Ek julle geleer het prakties gaan toepas.” Die manne is opgewonde, maar terselfdertyd ook bang. “Ons het dan nog skaars begin met opleiding,” wil hulle nog protesteer, maar Jesus dink anders daaroor. As jy bloot net leer en nie prakties toepas wat jy leer nie, sal jy nooit die taak behoorlik bemeester nie. “Julle gaan aan die mense daar buite verkondig dat die Koninkryk van God naby gekom het.”

“Ons gaan visvang!” gaan daar skielik ‘n liggie op vir Petrus. “Daardie dag toe ek en boetie Andreas deur Jesus geroep is, het Hy ges dat Hy ons vissers van mense gaan maak. En nou het ons tyd aangebreek!”

“Ek gee aan julle manne die mag oor bose geeste,” deel Jesus hulle mee. Die gedagte is amper te groot om te begryp. “Maar dis mos slegs die Meester wat sulke dinge kan doen!” wonder Thomas. Hy is baie skepties oor hierdie ding. Hoe kan Jesus van hulle verwag om dieselfde as Hy te doen? Maar jy kan sommer sien hoe die bloedjong Johannes se bors swel van trots.

Jesus se verdere instruksies laat hom egter baie gou besef dat hierdie g’n piekniek is nie! Dit is nie ‘n oggend-uitstappie om sommer gou-gou ‘n bietjie te gaan oefen nie. Hulle gaan sommer vir ‘n volle week aaneen in die pad val. “En al wat julle mag saamvat is ‘n kierie,” verduidelik Jesus.

“Maar hoe gaan ons oorleef?” wil hulle weet, “Ons sal tog seker padkos vat, en skoon klere?”

“Nee!” Jesus wil nie bes gee nie. “Niks kos, geld of klere nie, niks! Net die klere aan julle lyf en die skoene aan julle voete!”

Nou verstaan die manne gladnie. Hier word hulle vir ‘n volle week die wildernis ingestuur, en hulle mag nie eers voorsorg tref nie? Maar hoe dan gemaak? Jesus verduidelik dat waar hulle iewers in ‘n dorp kom, iemand hulle wl daar huisvesting sal aanbied. Daar sal vir hulle gesorg word. Hulle moet net vertrou. Die eerste doel van hierdie oefening was dus dat die manne sal leer hoe om waarlik op God te vertrou vir alles. Hulle moes besef dat hulle ten volle afhanklik is van die Here vir hulle hele bestaan. Met gn geld en gn kos en gn blyplek nie, voel ‘n mens totaal hulpeloos. Maar as jy dan besef dat jou hulp nie van mense is nie, maar van God wat mense gebruik vir Sy Koninkryk, dan begin jy iets leer van afhanklikheid.

Maar daar was ‘n tweede les wat die manne moes leer, en dit is om tevrede te wees met dit wat hulle ontvang. Jesus se opdrag aan hulle is dat wanneer hulle in ‘n dorp kom, en iemand bied hulle verblyf aan, moet hulle daar bly vir die hele tydperk. Nou waarom sou Hy dan so ‘n snaakse opdrag gee? Sien, dit is dikwels die armoedige mense wat die gasvrye mense is. En as jy dan nou in so ‘n huisie ontvang word, en jou slaapplekkie is maar bitter ongemaklik, en iemand kom dan en bied jou ‘n baie gemakliker plek aan, kom jy baie maklik in die versoeking om eerder vir die gemak te gaan. In sendingwerk gaan dit nie om selfverryking of gemak nie, maar suiwer om die verkondiging van die Woord. Op hierdie wyse moes die manne leer om hulle eie gemak tweede te stel. Dit is iets wat hulle in hulle latere lewe bitter nodig sou kry, want daar het vir hulle ‘n harde pad voorgel.

Dan hoor die manne verder dat hulle nie oral waar hulle kom hartlik ontvang sou word nie. Sommige mense sou hulle verwerp. “Skud dan bloot die stof van julle voete af,” s Jesus. Nie alleen sou dit ‘n oordeelsaankondiging wees vir diegene wat nie Jesus se Evangelie wil aanvaar nie, maar hiermee s Jesus ook dat hulle daarvan moet vergeet en aangaan met hulle taak.

Kan ek en jy iets leer uit hierdie gedeelte? Versker is daar vir ons ‘n baie duidelike boodskap. In die eerste plek wil dit vir ons s dat sending nie maar net ‘n bysaak vir die kerk is nie. Dit is dalk die hl belangrikste rede waarom die kerk bestaan. Die kerk is daar sodat hy na die wreld uitgestuur kan word.

Die tweede belangrike les wat ons leer, is dat ons nie die sendingtaak op eie krag of alleen op ons eie kan aanpak nie. Dit moet in die eerste plek in volle afhanklikheid van God gebeur, en natrlik met God se volmag. En soos wat Jesus hierdie ’n georganiseerde oefening gemaak het, mag sendingwerk nie maar lukraak gedoen word nie, maar moet dit behoorlik georganiseer word.

Wanneer jy sendingwerk doen, gaan jy baie beslis verwerping kry. Maar jy moet daarvan vergeet. Moenie dat dit jou onderkry nie. Bly konsentreer op jou taak. En boonop moet jy bereid wees om soms ongemak te verduur. Daar mag by iemand wat sendingwerk doen nie motiewe wees van selfverryking of selfsug nie. Alles moet gaan oor die Koninkryk van God alleen.

Maar dan moet jy weet, dat as jy jou ten volle in God se hande plaas, en in afhanklikheid van Hom die taak verrig, Hy jou die krag en wysheid sal gee om jou sendingtaak uit te voer soos wat Hy dit graag wil h. Die twaalf manne het dit ervaar, en jy sal dit ook so ervaar.

Gebed:

Here, my gebed gaan vandag uit vir elkeen wat in die sendingveld is, mense wat baie prysgegee het om te werk in U Koninkryk. Ek bid dat U sen ryklik op elkeen sal rus, en dat hulle die nodige krag en wysheid sal kry vir hulle reuse taak.

TERUG NA BO

 Maandag 12 September 2016
Verwerp in Nasaret
Markus 6:1-6
Luister na hierdie dagstukkie

Ek is opgewonde: Mosbolletjie het my aangepor om ‘n slaggie te gaan kyk hoe die plek lyk waar ek grootgeword het, ‘n plaas naby Waterval Boven. Maar my eerste teleurstelling tref my as ons die dorp binnery. Ja, daar is nog enkele van die bekende landmerke. Oupa se bakkery van baie jare gelede staan nog, maar hy het nou ‘n meubelwinkel geword. Die dorp soos ek hom onthou, is nie meer nie. Het ek dalk iets anders verwag? Ons ry na die stasie toe. In my geestesoog sien ek weer die talle stoomtreine wat ek as kind in verwondering staan en dophou het. Hier het ek elke Saterdag kom staan en my vergaap aan die ou vuurkolosse wat hulle swaar vragte teen die steil berge opsleep na Johannesburg. En die besige rangeerwerf met sy rye en rye spore, waar trokke heen en weer gestoot word om die regte bestemming te bereik. Ook hir word ek bitter teleurgestel. Nie ‘n enkele stoom lokomotief nie en die rangeerwerf is verlate.

Ons ry oor die bult na die plaas waar ek grootgeword het. My hart mis ‘n slag as ek ons ou plaashuis nog steeds sien staan. Maar die res van die plaas herken ek gladnie - alles is anders. Die pragtige vrugteboorde met hulle sappige dragte perskes en pruime en appelkose en pere, alles is weg. As ons naby die ou plaashuis kom, sien ek ook dat hy totaal verander is. Ek soek my ou speelplekke, maar ek herken amper niks. Oupa se ou klipkraal staan darem nog, en daar het nie ‘n enkele klippie verander nie. Dit is darem ‘n troos!

Ek voel verwerp! Bitter teleurgesteld!

Daar moes seker by Jesus ‘n groot opgewondenheid gewees het toe Hy uiteindelik die geleentheid kry om te gaan optree in die dorp waar Hy grootgeword het: Nasaret. Hier het Josef Hom opgelei as timmerman. Al die fynere kunsies van die ambag, het Jesus as jong seun al bemeester en toe Josef dood is, was dit Jesus, die oudste seun se plig om die werkswinkel oor te neem. Die beroep van timmerman was ‘n edel beroep, en het Hom op die sosiale leer iewers in die middel geplaas. Aan die bopunt van hierdie leer was natuurlik die intellektueles: die Skrifgeleerdes en raadslede van die sinagoge. Omdat Jesus nie hierdie soort “geleerdheid” gehad het nie, het Hy en Sy familie nie op daardie vlak plek gehad nie.

Wanneer Jesus in Nasaret aankom, het Sy reputasie as “Wonderwerker” Hom alreeds vooruitgeloop. Almal het geweet van die dinge wat Hy gedoen het, die genesings, en die wonderlike “stories” wat Hy vertel. Dit was dus net natuurlik dat hulle Hom sou vra om daardie Sabbat in die Sinagoge voor te gaan. Enige volwasse man kon gevra word om dit te doen.

Markus wei uit oor hoe die mense deur Jesus se woorde aangegryp is, en hoe bendruk hulle was met die wonderwerke wat Jesus gedoen het. “Waar kom Hy aan al hierdie dinge?” het hulle vir mekaar gevra. “Watter besondere gawe van wysheid het Hy dat daar sulke kragtige dade deur Sy hande plaasvind?”

Almal was in ekstase oor Jesus. Maar daar was ‘n probleempie: Sy herkoms! Hy was maar net ‘n timmerman! Hy was maar net ‘n seun van een van die doodgewone middelklas gesinne van die dorp. In hulle samelewing was daar ‘n baie streng sosiale struktuur en elkeen moes sy plek ken in hierdie rangorde. Jesus se woorde en dinge wat Hy doen, het behoort tot die hoogste sosiale sport, maar Sy herkoms was elders. Hy was uit Sy plek uit, en daarmee kon die mense hulleself nie versoen nie.

Jy sal nog onthou dat Maria en Jesus se broers Hom by ‘n vorige geleentheid wou kom haal omdat Hy kwansuis “van Sy kop af geraak” het. Hy het skande oor Sy familie gebring omdat Hy homself verhef het tot ‘n hor sosiale vlak.

Terloops, in ‘n vorige dagstukkie het ons gewonder oor Jesus se broers en of Hy ooit susters gehad het? Hier lees ons nou in Markus 6:3 van vier broers, Jakobus, Joses, Judas en Simon asook Jesus se susters wat toe steeds in Nasaret woon.

Ten spyte van al die wonderwerke en ten spyte van die wyse dinge wat Jesus gepreek het, het sy eie mense Hom verwerp. Markus vertel dat Jesus uiteindelik daar nie ‘n enkele wonderwerk gedoen het nie. Dit sou hulle in elk geval nie oortuig het nie, want hulle het geweet van al die dinge. Hulle het hulle egter blindgestaar teen Sy herkoms.

Vandag word Jesus steeds verwerp om basies dieselfde redes. Die eenvoud van die Evangelie maak dat baie mense Jesus nie wil aanvaar nie. Hulle soek iets baie meer verhewe. Die eenvoudige “Glo in Jesus, en jy sal gered word,” kan onmoontlik nie genoeg wees om die hemelpoorte in te gaan nie. Daarom word Jesus verwerp. Dan is daar diegene wat alles weet van Jesus af, wat al talle preke gehoor het en as kind al die dinge van geloof geleer is. Maar om deel van daardie “Christenkultuur” te word, is ‘n vernedering, want wat sal my vriende daarvan dink? En daarom word Jesus verwerp, want Hy pas nie in daardie sosiale kultuur in nie.

Het jy al werklik by Jesus uitgekom? Het jy Hom aanvaar vir Wie Hy waarlik is? Al vir Hom “Ja” ges toe Hy jou Sy kind wou maak?

Gebed:

Here, my gebed gaan uit vir elkeen wat weet wie Jesus is, maar Hom nie wil aanvaar nie. Maak asseblief vandag harte oop vir die Verlosser.

TERUG NA BO

Vrydag 9 September 2016
Jarus se Dogtertjie
Markus 5:21-43
Luister na hierdie dagstukkie

Jarus staan en rondtrippel van ongeduld. Sy dogtertjie is besig om te sterf en Jesus maak bemoeienis met ‘n vrou wie se langdurige siekte maar nog ‘n rukkie kon wag. Weet Jesus dan nie wat die erns van die saak is nie?

En dan, terwyl Jesus nog rustig met die vrou staan en gesels, kom daar van Jarus se mense aangehardloop. Hy sien sommer dadelik aan hulle gesigte dat hier baie slegte nuus is. “Meneer, u dogtertjie het gesterf!” Jarus word doodsbleek. “Waarom het Jesus tog so getalm? Hy kon dalk nog betyds gewees het, as dit nie vir hierdie vrou was nie.....”

Maar Jesus het gehoor waaroor dit gaan en dan draai Hy rustig om en s vir Jarus: “Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo.” Hoe bly jy glo in sulke omstandighede? Dit is te laat om te glo! Dis klaar verby! Sy is dood en niks kan haar weer terugbring nie! Het hierdie gedagtes dalk deur Jarus se kop gegaan? Dalk sou dit die gedagtes wees wat deur my en jou verwarde verstand sou gaan as iemand vir ons sulke woorde van “vals hoop” sou gee, want ek dink dit is presies wat Jarus op daardie oomblik dalk sou kon dink.

us beduie vir die skare om Hom asseblief alleen te laat. Dan vat Hy vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom na Jarus se huis. Daar tref hy al die familie en vriende aan. Dit kerm en huil en rou, iets aller-verskriklik. Maar dit is nie net die familie wat kerm nie: daar is ook al die professionele roubeklaers. Twee manne speel hartseer musiek op fluite terwyl ‘n groepie vroue begraafplaas-liedere sing wat selfs die dooies koue rillings sal gee.

“Wat raas julle so?” vra Jesus vererg vir die klomp.

“Weet Hy dan nie dat Jarus se dogtertjie dood is nie? Hoe kan Hy so onsensitief wees? Ons doen in elkgeval maar net ons werk!”

Dan bars Jesus die bom: “Die kindjie het nie gesterf nie, sy slaap net.”

Die spul bars uit van die lag: “Wat weet Hy tog? Hy was nie by toe die kind dood is nie! Ons het mos met ons eie o gesien hoe die arme kind ly en hoe sy haar laaste asem uitblaas. En nou kom staan en spot hierdie Man met die dood! Dis verregaande!”

Jesus is egter nie klaar met hulle nie: “Gaan asseblief uit, almal!” Jesus neem vir Jarus, sy vrou en die drie dissipels saam met Hom die vertrek in waar die dogtertjie se lyk l.

Deur sy hartseer trane, sien Jarus hoedat Jesus sy pragtige dogtertjie se koue slap handjie vat. “Wat gaan Hy doen?” Jarus se hart wil skeur. “Hy kan haar tog nie weer lewendig maak nie? Dis verby! Sy is dood!”

“Talita, koem!” hoor Hy Jesus s. Dan sien Jarus hoe sy dogtertjie se ogies ‘n flikkering toon. Sy maak haar o oop, en onmiddellik kom die kleur terug in die spierwit doods-gesiggie. Dadelik is daar krag in die handjie wat Jesus vashou. Die twaalfjarige sit regop voor die verbaasde gesigte van haar ouers en dan staan sy uit die bed op - blakend gesond, asof sy nooit siek was nie.

Jarus is stom van verbasing. Hoe is dit it moontlik? Hy gryp sy vrou vas, en trane stroom oor hulle wange. “My dogtertjie leef!” is al wat hy kan uitkry. Hulle vreugde ken gn einde nie.

“Gee vir die kind iets om te eet,” beveel Jesus die ma. Buite vertrap die mense mekaar om te sien wat gebeur het. Hulle monde hang onbeskaamd oop van verbasing as hulle die dogtertjie springlewendig daar sien sit met ‘n bakkie kos voor haar. “Hoe is dit op aarde moontlik? Ons het dan slf gesien dat sy dood is!”

Wat leer ons uit hierdie verhaal? Watter boodskap wil Markus vir ons vandag gee met hierdie beskrywing? (eintlik is dit nie Markus nie, maar die Heilige Gees).

Eerstens dat Jesus bomenslike krag gehad het in daardie tyd, en vandag nog steeds het. Hierdie was menslik gesproke ‘n totaal onmoontlike situasie en so ook die een van die vrou in die vorige oordenking. Nogtans het Jesus dit verander na ‘n doodgewone situasie. Ons sien terselfdertyd dat die Koninkryk van God inderdaad gekom het, want daardie mense was stomgeslaan deur die gebeure. Hulle kon dit nie begryp nie. Vandag aanvaar ons dit as ‘n wonderwerk, want ons weet dat Jesus die Seun van God is en ons kan maar net in absolute (gelowige) verwondering voor Hom buig.

Die tweede boodskap wat Markus uitstuur is die rol van geloof. Ons verskraal dikwels ons geloof tot “glo in Jesus as ons Verlosser.” Geloof behels egter meer as dit. Daar is ander fasette waarvan ons moet kennis neem. Geloof beteken ook dat ‘n mens wat in ‘n situasie kom waar alles desperaat onmoontlik lyk, sy hand kan uitsteek na God in die verwagting dat Hy kan help. Daardie dominee wat verkondig het dat dit nie help om te bid nie, het nog nooit ontdek dat geloof (vertroue) in God ‘n mens nie teleurstel nie. Om bloot te s dat ons in Jesus glo, maar ons stel nie ons ganse vertroue op Hom nie - ook dat Hy die onmoontlike kan vermag, is om Jesus se mag in ons lewe te beperk tot slegs een enkele area. Ek nooi jou uit om Hom ten volle te vertrou!

Gebed:

Dankie Here, vir die asemrowende wonderwerke wat U daardie tyd gedoen het, en vandag steeds doen. Ek stel vandag my volle vertroue in U.

TERUG NA BO

Donderdag 8 September 2016

Jarus se Frustrasie

Markus 5:21-34

Luister na hierdie dagstukkie

Jarus is ‘n baie belangrike man - hy is verkies tot een van die hoogste statusposisies in die samelewing van die dorp. As raadslid van die sinagoge was sy taak om relings te tref vir dienste in die sinagoge. Hy was verantwoordelik daarvoor dat alles in stand gehou is en dat dit ordelik gaan.

Maar Jarus is nou ‘n baie bekommerde man, want sy lieflingdogtertjie het ernstig siek geword, en hulpeloos moet hy toekyk hoe haar toestand by die minuut versleg. Dag en nag waak hulle by haar bed. Baie mense het al met raad gekom, maar niks wil werk nie, en magteloos moet Jarus toekyk hoe die lewe uit sy dogtertjie vloei. Dit is ‘n totaal hopelose situasie.

En dan bereik die nuus Jarus se ore: Jesus is terug in die dorp! “Dit is ons laaste kans!” s hy vir sy vrou, en dan hardloop Jarus die straat af na waar hy verneem het Jesus besig is. “As daardie Jesus Simon se skoonma kon gesondmaak, en die verlamde man, kan Hy mos my lieflingkind ook gesond maak!” Die arme man is desperaat.

Wanneer Jarus egter by Jesus kom, sien hy tot sy groot ontsteltenis ‘n reuse skare wat om Jesus saamdrom. Hy druk sy pad tussen die mense deur: “Verskoon my, laat my deurkom asseblief. Dis dringend!” Stelselmatig wurm hy hom tussen die hordes deur, totdat Jesus uiteindelik hier reg voor hom staan. In wanhoop val die belangrike raadslid voor Jesus neer, smekend: “My dogtertjie, sy is besig om te sterf! Asseblief, kom l tog net U hande op haar. Sy sal gesond word en lewe...”

Die skare is opgewonde wanneer Jesus instem om saam met Jarus te gaan. Hier gaan hulle vandag weer ‘n grt wonderwerk sien! Maar dit gaan bitter moeilik, want almal wil naby Jesus wees om mooi te kan hoor wat Hy s. Mense verdruk mekaar en stamp aan Jesus, en dit is met ‘n slakkepas wat die stoet vorentoe beweeg, tot Jarus se groot frustrasie.

Maar intussen is daar ‘n ander baie groot drama wat besig is om af te speel rg agter Jesus se rug. Met vrees en bewing het die vrou die besluit geneem dat hierdie haar enigste en laaste kans is. As sy tog maar net by Jesus kan uitkom. Twaalf jaar lank sit sy nou al met hierdie verskriklike kruis, amper so erg soos melaatsheid. Sy ly aan bloedvloeiing, en dit maak dat sy permanent as onrein geklassifiseer word. Sy mag aan niemand raak nie. Dokters het al elke raad onder die son probeer, en finansiel is sy totaal uitgeroei. As sy tog maar net weer ‘n normale lewe kan lei......

Wat sy nou hier doen, is ‘n reuse waagstuk. Sy waag eintlik haar lewe om so tussen die mense deur te druk. Sy trek die tjalie laer oor haar gesig sodat iemand haar nie per ongeluk herken nie. As sy uitgevang word, stenig hulle haar! Haar hart klop wild in haar borskas, as sy skielik vir Jesus hier rg voor haar sien. “As ek tog maar net aan Sy klere kan raak!” dink sy bewend van angs. Mense stamp en druk van alle kante aan haar, terwyl sy ‘n bewende hand uitsteek.

Die oomblik as sy aan Jesus se klere raak, voel dit asof daar ‘n elektriese stroom deur haar liggaam vloei. Oombliklik is die pyn en ongemak van soveel jare weg, en sy wt: “Ek is genees!”

Oombliklik draai Jesus om en kyk haar reguit in die o: “Wie het aan my klere geraak?” Sy dissipels vind dit ‘n komiese situasie, want almal stamp en druk dan aan hulle Meester, en nou vra hy wie aan sy klere geraak het? Dis mos belaglik!

Bewend staan sy daar, spierwit geskrik omdat sy uitgevang is. Haar knie word lam. Dan val sy voor Jesus neer, en in ‘n stroom van woorde vertel sy haar droewige geskiedenis, van die dokters, die verwerping, die verskriklike stigma wat aan haar gekleef het. “Dogter,” kom Jesus se wonderlike trooswoorde, “jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.” Dan verseker Jesus haar dat haar kwaal vir goed genees is. Sy is weer na al die jare ‘n normale mens.

Intussen staan Jarus en rondtrippel van nood. Sy dogtertjie is besig om te sterf, en Jesus raak nou eers besig met ‘n vrou! Haar kwaal dra sy al twaalf jaar met haar rond, kon dit nie maar nog ‘n klein bietjie langer gewag het nie? Netnou is dit dan hltemal te laat!

Die vraag wat ek myself moet afvra is, of die vrou se geloof haar gered het? Jesus s dan so! Wat presies het Jesus daarmee bedoel? Natrlik was hierdie ‘n Goddelike genesing, want Jesus het haar mos gesond gemaak. Maar waar kom hr geloof dan in?

Deur haar geloof maak sy die deure oop sodat Jesus se krag deur haar kan vloei. So werk dit vandag nog steeds. God is die Een wat genesing, uitkoms, krag, wysheid ensovoorts gee, maar terselfdertyd vra Hy van my en jou om die geloofstap te neem en die deur vir Hom oop te maak om die wonderwerk deur ons te laat geskied. “As julle maar die geloof van ‘n mosterdsaadjie gehad het,” het Jesus eenmaal Sy dissipels verwyt. Natuurlik is Hy by magte om enigiets te doen sonder ons geloof, maar God wil h dat ons daardie volle vertroue in Hom sal h, en die volle wete dat absoluut niks vir Hom onmoontlik is nie.

En Jarus se dogtertjie? Ons sal maar moet wag tot mre om te sien wat verder gebeur het.

Gebed:

Here, ek is dikwels so ongelowig wanneer ek U iets vra. Leer my asseblief van ware geloof.

TERUG NA BO

Woensdag 7 September 2016

Besete in die Begraafplaas

Markus 5:1-20

Luister na hierdie dagstukkie

Steeds bewend van die verskriklike storm, kom die dissipels saam met Jesus aan die oorkant van die meer aan. Nou is hulle nie meer in Joodse gebied nie, maar in die land van die Geraseners. Hier is alles anders, en hier geld ander Godsdienstige wette. Skaars sit hulle voet aan wal, of hier kom groot moeilikheid aangehardloop, in die vorm van ‘n besete man. As die dissipels daardie wilde o sien, wens hulle dat hulle maar liewer in die storm agtergebly het. Die demoniese magte wat hierdie man se lewe oorgeneem het, het hom so sterk soos ‘n bees gemaak - kettings kon hom nie in toom hou nie. Hy het hulle soos garingdraadjies gebreek. Die mense van Gerasa wou hierdie wilde man nie naby hulle h nie, dus het hy homself tuisgemaak tussen die grafte. Vir die Jode was dit natuurlik ‘n onrein plek. S erg was sy besetenheid, dat hy homself met klippe gekap het.

Wanneer Jesus in Gerasa land, herken die besetene Hom onmiddellik (eintlik is dit nie hy nie, maar die demone in hom wat vir Jesus herken). Hy hardloop tot by Jesus en val dan voor Hom neer, terwyl die bose in hom skreeu om genade: “Moet my asseblief nie pynig nie!”

Wat is jou naam?” vra Jesus die man, en hy antwoord: “Legio, want ons is baie.” Die naam hou natuurlik verband met die woord legioen, wat in Romeinse terme ‘n groep van tussen 3000 en 6000 soldate was. Hierdie arme man het in die kloue van die duiwel verval. Die onrein geeste, of in vandag se terme, demone, was werktuie van die duiwel, en ‘n oormag van hulle het hierdie man se lewe oorheers. Wanneer hulle vir Jesus sien, besef hulle dadelik dat hulle gn kans teen Hom het nie, en daarom smeek hulle om genade. “Moet ons asseblief nie uit die landstreek wegstuur nie,” smeek hulle. Hier in Gerasa het hulle natuurlik gefloreer, want hier was God se Naam nie aangeroep nie. Hierdie inwoners was heidene.

Jesus se mag word in hierdie verhaal baie duidelik uitgebeeld, want hier sien ons hoe die demone, wat absoluut hulle mag misbruik het en volle beheer gehad het oor hierdie sterk man, skielik besef dat hulle absoluut magteloos staan voor die saggeaarde Jesus.

Jesus staan die demone se versoek toe, en hulle word in ‘n trop van 2000 varke wat daar naby staan en wei het, ingestuur. Die varke sit op loop teen ’n berghang af, stort in die see en versuip. Die veewagters skrik hulle in ‘n ander geloof in, en hardloop so vinnig as wat hulle beentjies hulle kan dra. “Die allerverskriklikste ding het met ons gebeur!” vertel hulle bewend van angs so ver hulle gaan, en dan vertel hulle wat met die besetene gebeur het en dat sy duiwels almal uitgedryf is en dat hulle trop varke daarmee heen is. Later kom daar ‘n paar manne uit die dorp na Jesus toe, en vra Hom vriendelik, dog dringend om asseblieftog terug te gaan na waar Hy vandaan gekom het. Hulle het Hom nie nodig in hulle lewe nie, want Hy kos hulle te veel. Weereens staan Jesus hulle versoek toe. Hy klim in Sy skuit en gaan terug na die oorkant van die meer.

En die besetene? Skielik is hy verlos van die verskriklike jarelange oorheersing van die Bose. Hy is vry! Maar hoe kan hy dan hier bly waar almal hom ken as die “mal man?” Hy wil saam met sy Verlosser gaan om Hom te dien en elke dag by Hom te wees. “Ek gaan saam met U, Here,” dring hy aan wanneer Jesus in die skuit klim. Maar dan kom die verrassende antwoord: “Nee!” Jesus het die versoeke van die duiwels en die heidene toegestaan, maar iemand wat Hom wil volg, ‘n baie edel versoek, di weier Hy! “Ek het werk vir jou hier in Gerasa,” deel Jesus die teleurgestelde man mee. Hy moet vir al die mense van sy landstreek gaan vertel wat met hom gebeur het en dat God hom jammer gekry het. In so ‘n heidense land was dit ‘n reuse taak. Die een oomblik is hy nog ‘n duiwelsbesetene en die volgende oomblik is hy ‘n evangelis! Die man het sy taak met volle oorgawe uitgevoer, en Markus vertel vir ons dat hy regdeur die hele Dekapolis (tien stede) gaan vertel het van Jesus. En almal was verbaas daaroor!

Hierdie taak van hom was nie om dowe neute nie. ‘n Paar jaar later, toe die Christene wreed vervolg is in Jerusalem, het baie van hulle juis na die Dekapolis streek gevlug en daar is hulle met ope arms ontvang, suiwer as gevolg van hierdie eks-besetene se getuienis.

Wat beteken hierdie verhaal vir ons as gelowiges vandag? Is dit ‘n resep vir die uitdryf van duiwels? Allermins! Die hoofsaak is die verwondering oor Jesus, die Seun van God. Jesus se almag word hier weereens gedemonstreer, as selfs die bose magteloos staan tenoor Hom. Jesus het steeds volle mag om mense te bevry van die oorheersing van die duiwel en sy bose magte. Wat ‘n wonderlike voorreg om vandag daardie selfde Jesus aan my sy te mag h!

Maar dan moet ons ook uit die verhaal leer, dat ons edele versoeke nie altyd toegestaan word nie. Die rede is dat God vir ons dalk ‘n baie groter doel voor o het, en soos die besetene die voorbereiding moes doen om die Christen-vlugtelinge beskerming te gee, so het Hy dalk ook vir ons ‘n groot taak. Wees gehoorsaam die dag wanneer Hy vir jou daardie taak gee. Derdens kan ons leer dat selfs ‘n baie nuwe gelowige kan getuig. As hierdie pasbekeerde heiden dit kon doen, kan ek en jy ook!

Gebed:

Here, maak my asseblief gehoorsaam om te doen wat U van my vra - maak my gewillig om die taak wat U my gee, uit te voer.

Dinsdag 6 September 2016

Die Storm

Markus 4:35-41

Luister na hierdie dagstukkie

Bewend van angs staan die Israeliete saamgedrom op die strand van die Rietsee. Voor hulle l die uitgestrekte water, en agter hulle kan hulle die lermag van die Egiptenare in ‘n reuse stofwolk sien aankom. Vandag is die dag dat die ganse volk hier uitgewis gaan word! Wanneer die son sak, sien die Israeliete die rye en rye strydwaens met hulle wrede ruiters op hulle afgestorm kom, en die volk kerm van angs. Maar dan gebeur die eerste natuurwonder: ‘n pikswart wolkbank sak voor die aanstormende Egiptenare in, sodat hulle niks voor hulle kan sien nie. Maar die wonder is nog nie verby nie, want aan die Israeliete se kant is hierdie selfde wolkbank helder verlig, sodat dit vir hulle amper soos daglig is. In Genesis 14:19 lees ons: “Die Engel van God wat altyd voor die Israeliete uit beweeg het terwyl hulle getrek het, het nou agter hulle plek ingeneem.” (Terloops, as daar van die Engel van God gepraat word, word verwys na Jesus, die Seun van God)

Maar steeds is dit het einde niet: Op God se bevel strek Moses sy hand uit oor die see, en dan steek daar ‘n sterk oostewind op wat die water van die see oopkloof, sodat daar ‘n wye pad drooggel word waardeur die Israeliete van die aanstormende gevaar kan ontsnap. Soos een man beweeg die volk, drie miljoen van hulle, reg deur die nag deur die see. Aan weerskante van hulle sien hulle die wal water staan soos ‘n muur van glas.

Wanneer die son die volgende oggend begin opkom, sit die laaste Israeliete voet aan wal aan die anderkant van die see. As hulle terugkyk, sien hulle aan die oorkant van die see-pad die Egiptenare met hulle strydwaens. Hierdie selfde pad wat God so pas vir hulle gemaak het om van die vyand te ontsnap, word nou die pad vir die vyand om hulle te agtervolg. Maar dan gebeur daar iets baie snaaks: die vreesaanjaende Egiptiese strydwaens se wiele begin skielik los kom en afval. ‘n Reuse verwarring heers onder die aanstormende mag. Die finale slag kom as die muur van water weerskante van hulle eweskielik verkrummel, en hulle ingesluk word deur die see.

Baie jare later is daar weer ‘n klompie Israeliete wat in groot nood was, en weereens sou dit net ‘n wonderwerk wees wat hulle kon red, ‘n baie groot wonderwerk!

Alles het begin toe Jesus vir Sy dissipels ges het dat hulle na die oorkant van die meer moes vaar. Die see van Galilea is eintlik maar net ‘n groot meer met kalm water. Maar dit is bitter bedrieglik, want aan die ander kant van die meer is daar baie strategies-gele klowe wat soos tregters winde kan kanaliseer oor die meer en skielike, hewige storms kan veroorsaak. Binne minute kan die meer verander van ‘n rustige poeletjie na ‘n kookpot. Terwyl hulle op die meer was, het Jesus op ‘n bank l en slaap. En dan tref so ‘n skielike storm hulle. Reuse golwe ruk hulle skuitjie heen en weer en slaan oor die kant van die skuit. Vinniger as wat hulle kan uitskep, stroom die water die skuit binne.

Angsbevange skud die manne vir Jesus wakker: “Meester, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?”

En dan gebeur die wonderwerk as Jesus die storm aanspreek: “Hou op! Bedaar!” En onmiddellik gaan l die wind, en ‘n groot stilte kom oor hulle.

In Die Beeld skryf ‘n sekere Ds. Cruywagen eenmaal dat dit nie help om te bid as jy in die nood is nie. Jy gaan verniet bid vir ren, want dit is slegs die natuurkragte wat ren kan maak!

Hierdie leraar het, soos dit vir my lyk, nog nooit die Bybel waarlik gelees nie. Hy het nie gelees van Moses nie, en van hoe Jesus die storm stil gemaak het toe Sy dissipels in die nood was nie. En hy het ook nie gelees van Elia wat gebid het dat dit moet ophou ren nie. En na die verskriklike droogte het hy weer gebid vir ren, en toe moes almal hardloop want die ren was daar! Weet hy dan nie dat ons ‘n Almagtige God dien vir Wie absoluut niks onmoontlik is nie?

Oor die afgelope paar jaar het ek talle kere die antwoord op gebed ervaar, dinge wat ek nie anders kan as om toe te skryf aan God wat luister na my stem, en my gebed verhoor het nie. Ja, verseker gee Hy nie altyd wat ek vra nie, maar ek sien die antwoord op my gebed dikwels verrassend anders, en dan wt ek dat God beter weet as ek, en dat my gebed op ‘n ander wyse beantwoord word.

Sou Moses ooit kon droom dat die Here sy gebed op so ‘n wonderbaarlike wyse sou beantwoord? En het die dissipels ooit kon droom dat Jesus die mag het om selfs die natuurkragte te verander?

Ek het “toevallig” die storie in Die Beeld gelees voor ek hierdie dagstukkie geskryf het. Toevallig? Nee! Duisend maal nee! Niks is “toevallig” nie! Hierdie storie het gekom as antwoord op my gebed om my die woorde vir hierdie dagstukkie te gee. As dit nie ‘n antwoord op my gebed was nie, wat was dit dan?

Die twee voorbeelde uit die Skrif vanoggend, is enkeles van duisende voorbeelde van Goddelike ingryping op mense se gebed. Jesus word hier deur Markus beskryf as God vir Wie niks onmoontlik is nie. Vandag is Hy nog presies dieselfde as in Moses se tyd en ook Markus se tyd. Hy is ewig! Hy is almagtig! En Hy luister wanneer ons bid!

Gebed:

Here, dankie dat ek met U kan praat en ook my behoeftes na U kan bring. Dankie dat ek versker kan weet dat U luister na my gebed. 

TERUG NA BO
Maandag 5 September 2016
Die Mosterdsaadjie
Markus 4:30-34
Luister na hierdie dagstukkie

Jesus vertel vir die mense van die piepklein mosterdsaadjie wat ontkiem en groei tot ‘n groot, nuttige plant waarin selfs die vols kom nesmaak. Markus vertel dat Jesus dikwels sulke gelykenisse gebruik het om waarhede by die mense tuis te bring. Meeste van hulle het dit egter nie verstaan nie. Waarom? Die meeste van Jesus se volgelinge was slegs daar vir n doel: sensasie!

Hierdie storietjie van die mosterdsaadjie is s sprekend van Jesus se eie bediening. Ja, daar was wel duisende mense om Hom elke dag, maar slegs ‘n klein handjievol was mense wat daar was om Jesus waarlik te volg. Sy bediening was waarlik soos ‘n piepklein mosterdsaadjie, as ons dit in die konteks van Israel alleen sien. As ons egter die hele wreld in ag neem, dan was dit nog veel kleiner. Onthou: Israel was maar ‘n niksbeduidende ou landjie iewers in die woestyn, in vergeleke met die magtige Romeinse ryk en Griekeland en die ander magtige lande van daardie tyd.

In die wreld-konteks was ‘n twaalftal onbeholpe leiers met gn teologiese opleiding nie, en nog ‘n paar arm bewonderaars, skaars ‘n druppel in die see. En dan gebeur die tragiese: hierdie groepie vissermanne se Leermeester word tereggestel, skaars drie jaar nadat hulle met hulle opleiding begin het. Daardie Mosterdsaadjie word as’t ware “geplant” in die klipgraf. Die manne is leierloos, moedeloos en totaal hulpeloos. ‘n Droewige, hopelose situasie.

Maar dan gebeur die wonderwerk wanneer Jesus uit die graf opstaan. Vir Jesus se klein handjievol volgelinge wat oorgebly het, is dit soos die mosterdsaadjie wat ontkiem - vars, splinternuwe blaartjies wat bo die grond uitkom. Hulle het nog steeds nie die vaagste benul van wat om daarvan te maak nie, en alles is verskriklik broos en onseker. Om alles te vererger, kom die hemelvaart, en skielik is selfs drdie bietjie troos, van Jesus se opstanding k weg.

Maar n ding het hulle aan bly vasklou: HOOP. Daardie wonderlike woordjie wat ‘n mens ‘n nuwe visie vir die toekoms kan gee. Hulle het ‘n onblusbare hoop in hulle harte omgedra, want Jesus het aan hulle grt beloftes gemaak, en hulle het met bonsende harte sit en wag vir die belofte om waar te word. Soos wat die dae nader gekom het vir die vervulling van Jesus se belofte, het die opgewondenheid al groter geword.

En toe breek daardie onvergeetlike Sondag aan, die Sondag toe die Heilige Gees op die mensdom uitgestort word. Skielik kry die bedremmelde Petrus en sy visserman-maats splinternuwe krag, soveel s dat daar n Petrus se toespraak daardie dag drieduisend mense tot bekering gekom het en ware volgelinge van Jesus geword het.

Maar dit het nie maar net gebly by daardie een dag nie. Skielik het hierdie jong “mosterdplantjie” begin groei en groei totdat sy takke die ganse Israel oordek het. Maar selfs dr het dit nie geindig nie, want die takke het aanhou uitdy om selfs Samarea en later ook Griekeland, Rome en die hele wreld te bereik.

Die vraag is: Hoe het hierdie “mosterdplant” gefunksioneer? Eenvoudig: Sy wortels was stewig geanker in die Een wat die saadjie geplant het: Jesus. Al die krag en voeding en stimulasie wat hierdie “plant” nodig gehad het, kon hy in oorvloedige maat uit hierdie onuitputlike Bron kry.

En dan was daar die stam: die apostels en manne soos Paulus wat hierdie bron van krag kon kanaliseer na al die takke. Hulle het ‘n reuse taak gehad, om rigting te kon gee aan die kerk. Hierdie manne het ‘n drie jaar lange intensiewe opleiding gekry by die grootste Leermeester van alle tye. Al die kennis en inspirasie wat hulle uit hierdie opleiding geput het, kon hulle aanwend om die kerk in die regte rigting te stuur.

Maar dan was daar seker die hl belangrikste deel van hierdie “mosterdplant,” waarsonder die plant nutteloos sou wees: die gewone mense, die gelowiges. Hulle het nie maar passief aan die boom gehang nie. Hierdie mense het aktief hulle taak uitgeleef en gedurigdeur nuwe lidmate “gewerf,” sodat die kerk binne ‘n baie kort tydjie kon groei van ‘n piepklein mosterdsaadjie tot ‘n reuse boom. Dikwels moes hulle groot waagstukke aangaan om die Evangelie uit te dra, want enigeen wat die Woord versprei het, was wreed vervolg. Nogtans het hulle ywerig en onverskrokke voortgegaan.

En vandag? Tot ‘n groot mate het die boom gestagneer. Ja, die wortels is steeds reg geanker. En ja, die stam is steeds daar, en hy funksioneer. Maar in die meeste gevalle het die takke en blare totaal passief geraak. Hulle ontvang voeding van die stam, maar die krag word nie gebruik nie.

Kom ons maak vandag ‘n besluit, om weereens te begin werk maak daarvan om die krag (die onuitputlike krag!) wat ons kry, te kanaliseer in die regte rigting, en dit te gebruik om God se Koninkryk uit te brei. Daar is baie maniere om dit te doen. Bid vir wysheid om jou talente wat God jou gegee het te gebruik om Sy Koninkryk te laat groei.

Stuur asseblief vir my adresse van mense watgraag diedagstukkies sou wou ontvang en dit nog nie kry nie.

Gebed:

Here, ek staan vanoggend skuldig, want ek het gestagneer. Gee my asseblief die wil en ywer om aktief in U Koninkryk te werk.


TERUG NA BO
 Vrydag 2 September 2016 
Die Sonneblomland

Markus 4:26-29

Luister na hierdie dagstukkie

Ek staan voor ons huisie op ‘n plaas naby Welkom. Op die horison is die grou-geel mynhope, maar hier voor my l ‘n stoppelland uitgestrek tot amper aan die voet van die mynhope. ‘n Vervelige prentjie van niks. Net stoppels van die vorige jaar se oes. Maar vanoggend is daar iets opwindend in die lug: die gedreun van trekkers wat dr ver in die plaaspaadjie aangewurm kom. ‘n Hele string groen, rookspuwende wurms wat neus-teen-stert aankruie, elkeen met ‘n reuse ploeg agter sy stert. Vandag is die dag!

In gelid slaan die trekkers hulle ploe in die rooigrond in. Dit kreun en brul en agter hulle breek die vrugbare rooi grond oop. Anderkant die land maak hulle ‘n draai, en dan kom hulle weer soos ‘n peleton soldate afgestorm, met ‘n rooi stofwolk wat oor hulle sterte hang. Op en af, op en af dreun hulle voort. As die nag kom, hou ek die ligte dop soos hulle al kleiner en kleiner word. En dan uiteindelik is hulle klaar, en ‘n doodse stilte sak toe oor die plaas.

Die volgende dag is dit ‘n gewoel en gewerskaf as al die regte doepa in die vore kom, en dan word die saad geplant en die vore toegegooi.

Ren kom presies op die regte tyd, en dan begin daar ‘n bruisende opgewondenheid hier iewers diep in my maag blom. My afwagting is groot, want iets gaan aan onder die grond. Elke oggend stap ek af na die land om te sien of iets al gebeur het, maar dan moet ek net weer teleurgesteld omdraai: “Wat is fout? Waarom groei die saad dan nie?”

Maar een helder oggend sien ek dit: die grond het ‘n krakie in, net ‘n haar-krakie. Versigtig vroetel ek in die grond met my vinger. Dan slaan my asem weg: GROEN! Daar is twee piepklein groen blaartjies onder die doppie grond. Die volgende dag is die ganse land, so ver as wat die oog kan sien, bedek in ‘n sagte groen tapyt van splinternuwe blaartjies. Wat ‘n wonderwerk!

Met groot belangstelling hou ek die plantjies dop soos hulle dag-vir-dag groei en uitdy, totdat hulle later so groot is dat ek verdwaal as ek tussen die rye sonneblomplante deurloop in die aandskemer. Die groen oerwoud maak weldra plek vir ‘n see van goud, as die plante hulle reuse goue blomme oopmaak en hulle koppe draai na die son. Elke dan en wan is daar ‘n span werkers wat kom bossies uitkap of bemesting gee en die kosbare landery vertroetel.

Te gou is hulle leeftyd verby. Te gou verdor die welige groen plante om plek te maak vir stokou, verskrompelde grys stamme met swaar, swart koppe wat grondwaarts knak onder die gewig van hulle saad.

Maar dan is daar een mooi oggend weer daardie opgewondenheid in my as ek die eentonige gedreun hoor. Ek hardloop uit: In ‘n groot stofwolk sien ek onder in die plaaspad ‘n lang ry reuse groen stropers aangewurm kom. Dis oestyd! Wriemelende sekels verslind die bejaarde sonneblomland, en waar hulle verby is, bly net die stoppels agter. Die swaar, swart koppe verdwyn in die groen monsters se maag, om net weer later as ‘n dik stroom pitte uitgespoeg te word in die bak van ‘n vragmotor.

Dan is alles verby. Die stropers is weg. Die vragmotors met hulle swaar vragte sonneblompitte is weg na die graanskure. En weereens sak ‘n doodse stilte toe oor die kaalgestroopte stoppelland wat amper tot teen die grou-geel mynhope strek.

En ek kry kans om dit alles te oordink. Jesus het eenmaal ‘n gelykenis vertel, en Hy het so ‘n land vergelyk met die Koninkryk van God. “Iemand saai die saad op die land,” het Jesus ges, “en dan gaan slaap hy. En op ‘n dag ontkiem die saad en dit groei en bring graan voort.” Jesus het verduidelik dat die persoon wat saai, self nie weet hoe hierdie saad ontkiem of groei nie. Daar gebeur iets onverklaarbaar in die grond, iets waarmee hy self niks te doen het nie.

Ek en jy het die taak gekry om te saai, om die Woord van God te saai. Let wel: ons taak is nie om met groot redenasies ‘n persoon te probeer oortuig om Jesus in sy lewe toe te laat nie. Niemand sal in elkgeval ooit die kompleksiteit van Jesus se verlossingswerk verstaan nie. Dit is totaal onverklaarbaar, en om dit aan ‘n ongelowige te probeer verduidelik, is ‘n gans onmoontlike saak. Ons ken maar net die hl basiese buitelyne. Al wat Jesus dus van my vra is om te saai.

Intussen gebeur daar ‘n onverklaarbare ding in die persoon wat die “saad” ontvang het. Op ‘n bonatuurlike wyse werk die Heilige Gees in daardie persoon se lewe, en oortuig Hy hom van Jesus se verlossingswerk. En skielik, een dag, dan kom daardie groei. Ja, tragies is dit nie almal wat “ontkiem” nie, en nie almal wat volle wasdom bereik en vrug dra nie.

Maar net soos plante versorg moet word en kunsmis moet kry en onkruid uitgeroei moet word, so is dit ook met die menslike “plante.” ‘n Nuwe gelowige wat maar net laat staan word, gaan dit nooit maak nie. Dit is ons taak as saaiers om ook gedurig na die welstand van die vrug van ons arbeid om te sien. Hulle moet aangespoor word om te groei en vrug te dra. As ons nie nasorg gee nie, het ons nog nie ons taak voltooi nie. Kom ons besin vandag oor die manier waarop ons saai en nasorg gee. God gee die groei. Ons durf nie God se werk ongedaan maak deur laksheid nie!

Gebed:

Here, dankie dat ek ook kan saai. Dankie vir so baie mense wat U aan my toevertrou het. Help my asseblief om al die nasorg te gee wat hulle nodig het.

TERUG NA BO

Donderdag 1 September 2016

Die Lamp Onder die Emmer

Markus 4:21-25

Luister na hierdie dagstukkie

Duisternis sak stadig toe, waar ons rustig ontspan op die stoep. Langs die watervoor begin die eerste paddas opwarm vir vanaand se groot konsert. ‘n Kriek stem sy viool in, en Ouma-tarentaal kwetter oorverdowend al haar kinders en kleinkinders en agterkleinkinders bymekaar. Hulle moet baie wyd verspreid wees, want haar kras stemmetjie weergalm deur die klowe van Waterval Boven, sodat niemand kan s dat hulle nie gewaarsku is dat die nag hier is nie.

Nou toe,” por Oupa ons aan, en dan weet ons: dit het tyd geword vir die Du Plooys van Soetmelksvlei. Die huis is pikdonker as ons almal op ‘n streep die gang af kraak-kraak op die plankvloere. Die donker wil my aan die keel gryp, maar gelukkig is die grootmense hier. Ek sorg dat ek baie naby aan Oupa loop. Dit wil so al vir my klink of die vloer vanaand meer kraak as gewoonlik. As ons die eetkamerdeur oopstoot, maak dit ’n liederlike skreeugeluid. Ek gril tot in my murgbene in. Ouma trek ‘n vuurhoutjie. Die paraffienlamp se pit vat vlam. En skielik is die duisternis weg. Skoonveld! Een enkele simpele paraffienlampie laat die donker soos mis voor die son verdwyn. Verlig kyk ek om my rond: Inderdaad lyk alles nog steeds soos wat dit in die helder daglig gelyk het.

Wonderlike ding, ‘n lamp! So eenvoudig, en kyk net watter wonderwerke kan hy verrig met donkerte! Maar nou s Jesus vir Sy volgelinge dat ‘n mens dalk daaraan mag dink om ‘n lamp onder ‘n emmer te sit, of erger nog, onder die bed! Dit is ‘n lagwekkende situasie, want wat sal dan die doel van so ‘n lamp wees? Hy sal totaal nutteloos wees. In die eerste plek is hy ontwerp om lig te maak. Maar wat help dit as jy juis die lig wegsteek?

Die Koninkryk van God was aan die kom, so het Jesus by verskeie geleenthede aan Sy hoorders ges. En ons moet hierdie gelykenis van Jesus ook in hierdie lig sien. Die koms van die Koninkryk is natuurlik ‘n baie wye konsep. Maar in die hl eerste plek gaan dit oor Jesus se groot versoeningsdaad. Op die stadium toe Jesus hierdie gelykenis vertel het, was dit alles nog werklik soos ‘n lamp onder ‘n emmer, waar daar slegs ‘n klein skrefie lig onderdeur geskyn het. Selfs Jesus se intieme vriende het nie eers die vaagste benul gehad van waaroor dit gaan nie. Sommige het wl ‘n wilde raaiskoot gewaag deur te s dat Jesus dalk die Messias kon wees, maar selfs hirdie bewering was baie vaag, want hulle het ‘n totaal ander Messias verwag, ‘n Messias wat hulle van die Romeine sou bevry en dan sou heers as ewige Koning oor Israel.

Maar dit alles sou verander: “Daar word niks geheim gehou nie, of dit moet aan die lig kom,” s Jesus vir hulle. Die “groot geheim” oor die Messias sou weldra uitgebasuin word soos wat ‘n helder lamp op ‘n staander sy lig versprei en die duisternis verdryf.

As iemand ore het en kan hoor, moet hy luister!” vermaan Jesus Sy hoorders. Hulle verstaan nie mooi wat Jesus bedoel nie. Maar uiteindelik sou hulle tg verstaan. Dit sou drie jaar neem vir daardie manne voordat hulle werklik vir die eerste keer kon verstaan waaroor dit alles gegaan het. Maar hulle het ag geslaan op Jesus se woorde, en toe hulle alles uiteindelik verstaan, n Jesus se hemelvaart, het hulle Sy woorde onthou.

Wanneer die Heilige Gees op hulle uitgestort word, kom l daar ‘n nuwe taak op hulle skouers. Nou sit hulle nie meer aan Jesus se voete en luister nie. Nou is hlle daardie lampe waarvan Jesus gepraat het. Wat is die doel van ‘n lamp? Om lig te versprei! Hulle taak was nou om as lampe die lig van Jesus en die Koninkryk van God te versprei en uit te basuin.

Maar vir elf manne (onthou, een het gesneuwel) was dit ‘n haas onmoontlike taak om met bitter beperkte kommunikasiemiddele hierdie lig aan die ganse wreld uit te dra. Daarom het elkeen wat die lig van hulle ontvang het ook slf ‘n lampie geword wat die lig al wyer en wyer laat skyn het, totdat dit selfs tot in die hartjie van die bose Rome soos ‘n vuurtoring die lig laat skyn het.

Die Here het vir my en jou ore gegee om te kan hoor, en vandag moet ons aandagtig luister, want net soos wat die Here tweeduisend jaar gelede die nuwe gelowiges as lampe aangestel het om Sy wonderbare lig te versprei, so s Hy vandag ook vir ons dat elke gelowige (ek en jy ingesluit) ‘n lamp is. En soos enige lamp is ons doel om die lig van Jesus te versprei. Soos die dissipels van ouds toegerus is deur die Heilige Gees vir hulle taak, is ons ook deur dieselfde Heilige Gees toegerus. Ons het dus gn verskoning nie!

Dit beteken natuurlik nie dat elkeen van ons moet preek nie. Net soos wat daar baie verskillende soorte lampe is, so het elkeen van ons ook ons eie unieke talente gekry. Die groot opdrag is dat ons nie daardie talent onder ‘n emmer (of die bed) mag wegsteek nie, maar dat ons Jesus se lig sal laat skyn deur ons talente te gebruik tot eer van God.

Luister dus vandag biddend na wat die Here se opdrag aan jou is. Op watter wyse wil Hy h dat jy Sy lig sal laat skyn in die wreld?

Gebed:

Here, dankie vir die talente wat U my gegee het. Dankie ook dat ek hulle vryelik mag gebruik, en veral om die lig van Jesus te laat skyn. Help my om U stem duidelik te hoor, en gee my die wil om te doen wat U van my vra.

TERUG NA BO

Woensdag 31 Augustus 2016

Die Saaier

Markus 4:1-20

Luister na hierdie dagstukkie

Dis vroegoggend, en Jesus stap rustig saam met sy groepie dissipels op die strand van die see van Galilea, terwyl Hy hulle leer. Dis nie lank nie, of iemand gewaar hulle. Die nuus versprei soos ‘n veldbrand, en binne ‘n ommesientjie stroom mense van oral oor om die Groot Profeet te kom sien. Hltemal te gou word hulle rustige wandeling kortgeknip wanneer ‘n reuse skare om hulle saamdrom, en hulle totaal verdring. Jesus word gedwing om in ‘n skuit te klim. Simon Petrus en sy manne stoot die skuit in die rustige water van die meer in, sodat dit ‘n paar meter van die strand af dryf.

Wanneer Jesus oor die honger skare kyk, sien Hy in die verte ‘n plaasboer besig op sy landerye. ‘n Jong seun worstel agter ‘n ploeg aan, getrek deur ‘n os. Die grond is maar baie klipperig, en kort-kort moet die seun ‘n wye es gooi om die groot rotse in die land te vermy. ‘n Ent agter die seun kom Pa aangestap met ‘n leer saadsak wat oor sy skouer hang. Ritmies word die hand in die sak gesteek en met ‘n swierige swaaibeweging word die saad behendig gestrooi, soos jare se oefening hom geleer het. “Hoeveel van daardie saad val ooit werklik in die ploegvore?” vra Jesus so half in die lug.

Meester?” Petrus het nie die vaagste idee waarvan sy Meester nou praat nie. Wat het saad en ploegvore dan nou te doen met die skare hier op die strand?

Dan begin Jesus vir die mense op die strand ‘n storie vertel: “Luister hier!” roep Hy hulle tot stilte. “’n Saaier het eendag gaan saai.” ‘n Doodse stilte sak oor die mense toe. Oopmond sit hulle en luister as Jesus vertel van die saaier se saad wat nie altyd in die ploegvore val nie, maar dat baie saadjies op ander plekke val: op klippe; op die pad; tussen bossies. Niks van hierdie saad word ooit ‘n plant wat koring voortbring nie. Slegs die saad wat in die vore land, groei suksesvol en word uiteindelik vrugbare plante wat ‘n groot oes lewer. “Wie ore het om te hoor, moet luister!” sluit Jesus die storie af.

Op baie gesigte is daar ‘n groot vraagteken. Ja dit was ‘n mooi storie, en hulle kan hulleself daarmee vereenselwig. En ja, dit is baie waar dat die saad nie altyd val waar dit moet val nie. Een plaasboer hier in die voorste ry stem heftig saam met Jesus. Hy het al baie saad so verloor. Maar wat kan ‘n mens nou maak? Dis maar die lot van ‘n plaasboer!

Laatmiddag, wanneer die laaste mense wegstap terug huistoe, bly nog net ‘n handjievol manne oor by Jesus, die twaalftal wat Hy vroer gekies het en nog ‘n klompie getroue volgelinge. Dan waag een dit: “Meester, hierdie was ‘n mooi storie, maar wat wou U nou intlik hiermee s?”

Dan verduidelik Jesus vir hulle presies wat die betekenis is. Die vraag is nou: wat s hierdie gelykenis vir jou en my vandag in ons moderne samelewing?

Ons is van kleins af geleer dat hierdie mooi gelykenis beteken dat dit ‘n oproep is aan die mense wat die Woord hoor. Jy moet die regte reaksie toon wanneer die Here met jou praat deur Sy woord. Jy moet as’t ware daarna streef om die “goeie grond” te wees, sodat die saad van die Evangelie wat in jou lewe gesaai word, sal groei tot volwassenheid en sal vrug dra. En dit is heeltemal reg ook.

Maar daar is ‘n tweede betekenis wat nt so belangrik is. Dit gaan nie oor die ontvangers van die saad nie, maar oor die saaier, die persoon wat die goeie nuus verkondig. Hierdie gelykenis dien om diegene wat die saad van die woord saai te bemoedig in hulle arbeid. Persoonlik kan ek vanoggend bely dat ek al menigmaal bitter teleurgesteld was wanneer ek die Woord gesaai het, en dit is net eenvoudig verswelg deur die onkruid. Of dit lyk vir my asof my boodskap met blydskap aanvaar word, en daar is groot vreugde, maar ‘n maand of twee later het alles verdor, nes die saad wat op die klip geval het, en die pragtige jong plantjie deur die son verskroei is. Dit maak ‘n mens moedeloos!

n Leraar kan Sondag-na-Sondag op die kansel staan en die Woord verkondig, maar aan die einde van die dag voel dit vir hom asof daar net mooi niks gebeur nie. Die gemeentelede is nog steeds verdeeld; hulle skinder steeds van mekaar; sy woorde het tussen die distels geval.

Hierdie gelykenis wil die saaiers bemoedig, en aanmoedig om aan te hou met saai. Ja, daar sl saad op die pad en tussen die bossies en op klippe val. Maar dan moet jy wt dat daar ook saad sal val in die ploegvore, en daardie saad gaan groei tot volwassenheid en vrug dra. Moet nooit it ophou met jou saai-pogings nie, al voel jy soms moedeloos. En moet nooit it ophou om die Evangelie uit te dra nie, want iewers is daar iemand wat nt wag vir daardie boodskap van jou.

In Markus se tyd was hierdie gelykenis ‘n bemoediging aan die hele gemeente, want almal het deelgeneem aan die saaiproses. Dit was nie net die leraar wat gesaai het nie. Vandag wil hierdie gelykenis nie net die leraar bemoedig nie, maar ons as “gewone” gemeentelede aanmoedig om deel te word van die saaiproses. Kom, saai saam! God sl vrug gee op ons arbeid!

Gebed:

Here, dankie vir hierdie wonderlike bemoediging, dat my arbeid nie verniet is nie. Dankie dat U vrug gee op my arbeid, al sien ek dit dikwels nie eers raak nie. Gee my asseblief die deursettingsvermo om aan te hou om te saai.

TERUG NA BO

Dinsdag 30 Augustus 2016

Jesus se Familie

Markus 3:31-35

Luister na hierdie dagstukkie

Wat leer ons in die Bybel van Jesus se gesin? Van Pa Josef lees ons bitter min. Teen die tyd toe Jesus begin optree het, hoor ons niks van hom nie, dus kan ons aanneem dat hy reeds dood was. Hy was ‘n timmerman en sy oudste Seun, Jesus het sy ambag by hom geleer. En ja, daar was ander kinders ook: Jesus het broers gehad. Daar word egter nie melding gemaak van susters nie. Dit was dus ‘n doodnormale gesin.

In die Nuwe Testamentiese tyd was ‘n Gesin ‘n baie hegte eenheid, selfs nadat die kinders reeds uit die huis was en hulle eie gesinne gehad het. Alles het letterlik gedraai om jou uitgebreide gesin, en niks sou te veel wees vir jou om vir hulle te doen nie. Die gesinslede het deur dik en dun bymekaar gestaan.

In die vorige perikoop het ons egter gesien dat Jesus se gesin ongemaklik begin voel het met die dinge wat Hy besig was om te doen, en hulle het begin vermoed dat Hy “van Sy kop af gegaan” het. Hulle was baie bekommerd oor Hom. Wanneer so ‘n ramp ‘n gesin tref, word die gesinslid nie summier verwerp as die swartskaap van die familie nie. Die gesin sou steeds vir die “afgedwaalde” lid bly omgee. En presies so is dit met Jesus se familie. Markus vertel dat hulle besluit het om Hom te kom haal, want Hy het hulle nodig om Hom weer op die regte pad te kry. Hy moet huistoe kom, waar Hy hoort. Hy is immers die Skrynwerker van Nasaret en beslis nie ‘n “straatprediker” nie!

Markus vertel vir ons dat Jesus se familie buite bly staan het. Hulle wou nie in die huis inkom soos Jesus se volgelinge nie. Die mense wat werklik in Jesus belang gestel het, het rondom Hom gesit. Hulle wou naby Hom wees. Sy opponente het egter daar buite bly staan. Kon ‘n mens dalk nou Jesus se familie ook klassifiseer as Sy opponente? Nee, ek dink nie so nie. Hulle het nou wel die dinge waarmee Hy Hom besig gehou het verwerp, en daarom bly hulle buite staan. Hulle het Hom as familielid egter nie verwerp nie.

Dankie tg dat hierdie situasie ‘n paar jaar later totaal verander het. Jesus se broer, Jakobus, het n Jesus se hemelvaart tot nuwe insigte gekom en besef wie sy Broer werklik was. Daarna het hy ‘n baie groot rol gespeel as leier in die nuwe Christelike kerk en later selfs een van die Bybelboeke geskryf.

Wanneer Jesus se familie Hom kom haal, is Jesus se antwoord: “Wie is My moeder en my broers?” Dan verduidelik Hy vir die mense by Hom dat Sy moeder en broers diegene is wat hier rondom Hom sit. Hy het dus Sy bloedfamilie verruil vir ‘n nuwe gesin: diegene wat die wil van God doen. Hlle is nou Sy gesin. Hoe doen jy die wil van God? Eenvoudig: jy volg Jesus!

Ons kan nou ‘n paar gevolgtrekkings maak in die lig van wat ons so pas gelees het: As Jesus Sy volgelinge klassifiseer as Sy broers en susters, kan ons mos nou ook s dat ek en jy Sy broers en susters is, want ons volg Hom mos. Maar dan moet ons ook terselfdertyd s dat ons dan mos broers en susters van mekaar is. Ons is dus een groot gesin. En dit is presies wat die kerk is. Die kerk is nie ‘n gebou nie, en ook nie ‘n gemeente nie. Dit is nie eers ‘n spesifieke denominasie nie. Die kerk is l die volgelinge van Jesus gesamentlik. En dit is wat die kerk soveel anders maak as ‘n sportklub of ‘n politieke party. Die kerk is een groot hegte familie van broers en susters.

Ons kan gaan leer by die gesins-opset van Jesus se tyd. In hierdie perikoop sien ons dat Jesus se gesin bekommerd was oor Hom, want Hy het “van Sy kop af gegaan”. Hulle is gladnie gelukkig met Sy optrede nie. Volgens hulle bring Hy skande oor die goeie naam van die gesin. Wat doen hulle? Verwerp hulle Hom? Nee! Al staan hulle buite die kring (soos Sy opponente), gee hulle steeds om, en wil hulle Hom terugneem huistoe.

Wat maak ons as een van ons kerk-gesinslede ons in die skande steek? Wat maak ons as iemand wat deel is van die kerk, struikel? Gewoonlik word hy summier verwerp! Ons distansieer ons van die persoon. Dikwels word so ‘n persoon selfs ‘n uitgeworpene uit die samelewing.

Net soos wat gesinslede in ‘n familie dikwels hemelsbreed van mekaar verskil, so verskil gesinslede in die familie van Jesus ook van mekaar. Ons het nie almal dieselfde siening nie. Sommige van ons is charismaties, terwyl ander weer eng gereformeerd is. Ons verskil oor die doop en baie ander dinge. Selfs binne ons eie denominasie is daar dikwels groot meningsverskil oor sekere geloofsake en word daar heftig gestry. Ons beleef dit elke dag. Maar vandag wil ek ‘n beroep doen op jou, liewe leser, dat ons ons medegelowige sal respekteer vir sy siening, en hom nie daaroor sal afkraak nie. Hy is immers jou broer, en sy is immers jou suster. Kom ons bewys eerder ware liefde aan mekaar, soos wat Jesus vir ons die voorbeeld gestel het. Kom ons behandel mekaar soos ‘n ware gesin dit behoort te doen.

Gebed:

Dankie Here vir die reuse gesin wat U my gegee het. Dankie dat ek so baie broers en susters het, en al is die meeste van hulle soveel anders as ek, weet ek vandag dat ons n ding in gemeen het: Jesus ons Verlosser en Here!

TERUG NA BO

Maandag 29 Augustus 2016

Laster teen die Heilige Gees

Markus 3:20-30

Luister na hierdie dagstukkie

In die vorige perikoop het ons gesien hoedat reuse skares rondom Jesus saamdrom. Van oral oor het mense dikwels baie ver (soms dae lank) gereis net om Jesus te kon sien en beleef. Maar tegelykertyd was daar die ander mense wat ongemaklik was met Jesus se optrede. Daar was heftige kritiek, en dikwels selfs openlike vyandigheid teenoor Hom.

Markus vertel dat Jesus huis toe gegaan het, waarskynlik weer na Simon se huis in Kapernaum. Soos by die vorige geleenthede wat Hy daar was, het mense weereens in groot getalle om Jesus saamgedrom by die huis, en Hom nie eers die geleentheid gegee om ‘n ietsie te eet nie.

Jesus se familie was bekommerd oor Hom. Hy is besig om Homself totaal te verwaarloos, en boonop is Hy besig om hulle in ‘n groot verleentheid te bring. As jy jou familie daardie jare in die skande gesteek het, was dit baie groot sake. Versker was hulle Familielid se optrede baie vreemd. In die eerste plek het Hy nie Sy plek geken nie (volgens die sienswyse van daardie tyd). As jy ‘n Rabbi wou wees, moes jy eers jare lank opleiding kry by ‘n leermeester. Jesus het nooit sulke opleiding gehad nie, en nou skielik is Hy hierdie groot Rabbi wat mense links en regs wil leer. Hy weerspreek selfs die bekende Rabbi’s, en bewys hulle leerstellings verkeerd. Sy optrede was inderdaad baie vreemd!

Maar nog erger: Hy doen soms dinge wat hulle hulle koppe wil laat wegsteek van verleentheid, soos die slag toe Hy saam met die spul tollenaars en sondaars gaan partytjie hou het. Hy is rrag besig om hulle mooi familienaam deur die modder te sleep. “Hy het van sy kop af geraak!” Jesus se familie skud meewarig hulle koppe. “Ons moet Hom gaan haal voor dit hltemal te laat is!”

Maar Jesus se familie is nie die enigste wat dink dat Hy totaal die spoor byster geraak het nie. Die Skrifgeleerdes van Jerusalem het tot die slotsom gekom dat dit vl erger is: Jesus is duiwelsbesete! Die manne het Jesus se optrede deeglik dopgehou, en toe gaan sit hulle koppe bymekaar. Hulle s vir mekaar dat hier inderdaad iets bonatuurlik aan die gang is. Hulle kan nie die feit miskyk dat Hy talle genesings en wonderwerke doen nie. Nog minder kan hulle dit ontken dat Hy duiwels uitdryf. Sommige van hulle het dit met hulle eie o gesien hoedat die duiwels met ‘n groot geraas en manifestasie besete mense verlaat. “Hierdie is duiwelsdinge!” s hulle vir mekaar. “Dit is alles dinge van die Bose!”

En so kom die geleerde manne in Kapernaum aangemarsjeer en konfronteer Jesus. Hulle beskuldig Hom daarvan dat Hy van Belsebul (die duiwel) besete is, en dat Hy met die hulp van die aanvoerder van die bose geeste (k die duiwel) hierdie demone uitdryf.

Hulle aantygings is eintlik lagwekkend, want dit is totaal teenstrydig. En dan s Jesus presies ook dt vir hulle, want dit maak gladnie sin nie. Die duiwel sal mos nie iemand gebruik om sy eie bose geeste se werk in die wiele te ry nie? “Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?” wil Jesus weet. Dis belaglik! En dan verduidelik Hy met ‘n paar beelde hoe hierdie aantygings van hulle net eenvoudig nie sin maak nie. Eintlik is dit gruwelike lasterlike aantygings wat hulle maak.

En dan s Jesus ‘n ding wat die manne se hare laat regop staan: “Wie teen die Heilige Gees laster, word tot in ewigheid nie vergewe nie, maar bly skuldig aan die sonde.”

Wat presies het Jesus hiermee bedoel? Hierdie vraag het al baie mense (ook baie gelowiges) nagmerries besorg. “Het ek nie iewers dalk al onwetend teen die Heilige Gees gelaster nie?” So is ek al verskeie kere gevra, nie deur ongelowiges nie, maar gelowiges. “In my jong dae was ek bitter roekeloos, en ek het dinge teen God ges waaroor ek vandag bitter spyt is,” het menige mens al ges.

As ‘n mens mooi gaan lees wat Markus hier skryf, dan gaan dit nie oor iets wat onnadenkend ges is nie, of bloot toevallig gedoen is nie. Dit gaan oor iemand wat op hardnekkige wyse die verlossingswerk van Jesus aan die duiwel toeskryf. Dit gaan daaroor dat ‘n mens God se groot genade verwerp. Ons moet baie goed onthou dat die Here op niemand Sy verlossingswerk afvorseer nie. Niemand word ooit gedwing om die verlossing wat Jesus bied te aanvaar nie. Daar staan geskryf: “Ek staan by die deur en Ek klop.” (Openbaring 3:20). Jesus s nie dat Hy die deur gaan afbreek as ons nie wil oopmaak nie. Hy staan en klop, en wag (geduldig) dat ons moet oopmaak.

As iemand egter vir Jesus volhardend verwerp, laster jy teen die Heilige Gees. Dan is jy verlore! Bitter harde woorde!

Maar ons lees ongelukkig die ander sy van die saak dikwels mis: Al die ander sondes sal jou vergewe word! Die grootheid van God se genade is asemrowend. Sy vergifnis is groter as al die ander dinge. Hoe wonderlik is dit nie om so ‘n God te kan aanbid nie!

Gebed:

Dankie Here, dat U genade ook oor my so groot is, en dat U al my sondes vergewe het.

TERUG NA BO

Vrydag 26 Augustus 2016

Twaalf Aangewys

Markus 3:7-19

Luister na hierdie dagstukkie

Ek kry eenmaal die wonderlike voorreg om te kon preek in ‘n VGK gemeente in Shakaville, ‘n baie arm dorpsgebied buite Stanger aan die KZN Noordkus. As ek s dat dit ‘n voorreg was, dan is dit eintlik ‘n totale onderbeklemtoning van die ondervinding. ‘n Tipiese klein plattelandse kerkie, waar tyd nie ‘n faktor is nie. Die diens was al verby, toe kom daar steeds mense ingedrentel.

Dit is warm, bitter warm. En die klein venstertjies laat maar die minimum lug in. Sweet stroom my af, waar ek staan en wurg in my das (die prediker mt ‘n das dra!) Ek kyk oor die gemeente en sien ‘n see van klein gesiggies van kindertjies wat die voorste rye volpak. En ek wonder: gaan hulle ooit verstaan? Ek begin praat in Engels, en iemand tolk in Zoeloe. Dis steurend en moeilik om ritme te hou. ‘n Baba skreeu oorverdowend, en sy maatjie begin saam “sing” in die koor. Ek kan myself skaars hoor praat! Hoeveel van hierdie diens gaan ooit inslag vind?

By die voordeur verkondig ‘n rooi hoenderhaan sy heerskappy, en sy harem kekkel en kloek dat die biesies bewe. “Hier sal ek vanoggend al die groot kanonne moet uithaal,” besef ek, terwyl die sweet in riviertjies deur my o loop. “Hoe het Jesus dit reggekry om die skare se aandag te hou?” wonder ek. “Hy moes seker baie praktiese dinge doen....”

Ek preek oor die vermeerdering van brode, waar die reuse skare gevoed is met slegs 5 broodjies en twee vissies. Ek het vyf plat brode saamgebring, wat hulle staan gekry het op ’n tafeltjie voor die kansel. Ek klim van my ho troon af, en begin die brode in stukkies breek. Eers kry die kleintjies hier voor elkeen ’n stuk brood, en die gemeente rek hulle nekke om te sien wat gebeur. Hier is aksie! Dan loop ek deur die banke en deel stukke brood uit in die gemeente. Skielik is daar lewe, en die o skitter. So ‘n diens het hulle nog nooit belewe nie! Die boodskap is eenvoudig: jy vat ‘n stuk brood, breek vir jouself ‘n stukkie af en gee die res vir jou buurman. Hierdie handeling s dat ons as gelowiges ook die Brood van die Lewe wat ons gekry het (Jesus) met ander moet deel.

Hulle verstaan! Selfs die heel kleintjies hier voor verstaan.

En ek s: “Dankie, dankie Jesus!” terwyl hemelse koorklanke spontaan met die wonderlikste harmonie, sonder ‘n orrel of klavier of orkes die kerkgeboutjie vul en opstyg na die hemel.

Wanneer ek uitloop, wil elkeen in die kerkie met my hand-skud. En dan wonder ek: waarom moet ons eredienste dan so gekompliseerd en hoogdrawend wees?

Markus vertel vir ons dat Jesus en Sy volgelinge afgegaan het na die See van Galilea. Mense het in groot getalle na Hom toe gestroom. Hulle ms Hom net eenvoudig sien. Mense het selfs so ver as Tirus en Sidon gekom, en Jerusalem, Idumea en van oorkant die Jordaan af. Van heinde en verre het hulle gestroom om hierdie Jesus te sien. So groot het die skares naderhand aangegroei, dat Jesus in ’n skuit moes klim, en daarvandaan preek. Die mense het Hom totaal verdring.

Waarom het Jesus sulke reuse skares getrek? Die een groot rede was dat Sy preke nie maar net ’n klomp teologiese redenasies was, soos di van die Skrifgeleerdes wat dwarsoor die gewone mense se koppe gepraat het nie. Wanneer ons deur die evangelies blaai, sien ons dat Jesus se preke eenvoudige stories was om baie diep waarhede te illustreer. Ons sien gelykenisse waarmee elkeen van hierdie mense kon assosieer, dinge uit hulle elke dag se lewe. Maar Jesus se preke het ook behels dat Hy dinge prakties gedoen het. Dit het nie maar net by woorde gebly nie, maar Hy het dit prakties toegepas. Hy het talle mense genees van allerhande soorte kwale. En dan was daar ook die uitdryf van onrein geeste (demone).

Wanneer ’n ding so grafies vertel word, en boonop prakties gellustreer word, onthou die gehoor die preek. Hulle maak daardie preek deel van hulle lewe. Maar nie alleen dit nie: mense geniet dit, en dit maak dat daar nie maar net ’n handjievol opdaag nie, maar dat die nuus versprei, en mense daarheen stroom in groot getalle om Sy preke te beleef.

Op ‘n dag gaan sit Jesus tussen ‘n klompie van Sy gereelde volgelinge. Hy kyk vir Simon reguit in die o en dan wink Hy die rowwe visserman nader. Boetie Andreas moet ook maar naderstaan. Dan kom die twee broers met die hoogs-vlambare humeure, Johannes en Jakobus aan die beurt. Wanneer Hy vir Judas Iskariot nader wink, is daar ‘n droewige trek in Jesus se o. Die manne kyk vraend na mekaar: Wat wil Jesus met hulle doen? Nog manne word nader geroep totdat daar uiteindelik ‘n groep van twaalf manne staan. Dan verduidelik Jesus: hulle is Sy kerngroepie “apostels,” Sy uitgestuurdes. Op hulle skouers sou daar eendag ’n reuse verantwoordelikheid rus. Maar nou wag daar eers drie jaar se intense opleiding op hulle.

Hierdie manne sou nie alleen die twaalf stamme van Israel verteenwoordig nie, maar met die kragtige vernuwing waarmee Jesus besig was, sou die manne terselfdertyd ook die “nuwe Israel” verteenwoordig en verkondig, en die wonderlike Evangelie aan die hele wreld uitdra.

Gebed:

Here, dankie vir die voorbeeld wat U vir ons gestel het. Dankie dat U ons ook geleer het om die Evangelie eenvoudig uit te dra.

TERUG NA BO

Donderdag 25 Augustus 2016

Die Gebreklike se Genesing

Markus 3:1-6

Luister na hierdie dagstukkie

Die Farisers begin nou besef dat hulle ‘n baie groot probleem het. Hierdie Jesus begin vir hulle ‘n nagmerrie raak, want die mense stroom in groot getalle na Hom toe, en Hy verlei hulle om verkeerde dinge te glo. “En kyk net hoe minag Hy die wet!” s die manne vir mekaar. Waar die styweboordjie-manne bymekaar kom, is daar net n onderwerp in hulle gesprek: die probleem van drdie Timmerman van Nasaret. Die afgelope tyd was daar ‘n paar baie ontstellende insidente. Alles het begin toe daardie visserman, Simon, se skoonma so onverklaarbaar gesond geword het. Die mense het daarna in hulle duisende na Jesus toe gestroom, want hulle het geglo dat dit Hy was wat haar wonderbaarlik genees het. En toe was daar natuurlik die melaatse man wat beweer het dat Jesus hom van sy melaatsheid genees het, natuurlik iets wat alleen God kan doen!

Die kersie op die koek was natuurlik die verlamde man, die een wat sy vriende deur ‘n gat in die dak met toue laat afsak het. Die probleem is dat daar van hierdie Farisers se kollegas was wat met hulle eie o gesien het hoe die man oombliklik net daar genees is. “Hoe verklaar ‘n mens dit?” vra die manne vir mekaar. “Alleen God kan so ‘n genesing bewerkstellig!”

Ja, dis alles goed en wel,” merk ‘n stroewe Fariser op, “maar toe gaan staan en vergewe Hy die krel se sondes. Dis mos Godslasterlik!”

Ja,” beaam die ander, “wie kan sondes vergewe buiten God alleen?”

Die groepie Farisers is duidelik bitterlik omgekrap. “’n Mens sou dalk nog kon dink dat daar ‘n vae moontlikheid was dat Hy dalk die Messias kon wees, soos die mense fluister,” merk iemand op, “maar na daardie insident toe Hy Homself so bemors het deur saam met die haatlike spul onrein Tollenaars te gaan partytjie hou, het ons almal besef dat Hy baie beslis nie die Messias kon wees nie.”

Ja,” knik die manne hulle koppe in eenstemmigheid, “skerlik sou die Messias darem ‘n Fariser gewees het!”

Die ergste nog vir my,” teem ‘n “wyse” ou Fariser voort, “is die feit dat Hy ons kosbare wet so gruwelik minag. Kyk net wat maak Hy en Sy dissipels van die vastye! Hulle steur hulle net eenvoudig nie daaraan nie!”

Enige behrlike Jood sou dit streng onderhou het, nes ons doen!” stem hulle saam.

Maar dan besluit die manne dat die toppunt van arrogansie Jesus en Sy dissipels se flagrante verbreking is van die allerheiligste Sabbatswette, toe hulle in die koringland geloop en “oes” het, en dit nogal gedurende ‘n Sabbat! “Ons moet Hom net eenvoudig vastrek!” besluit hulle.

En hulle kans kom nogal gouer en baie makliker as wat hulle kon droom, want nt die volgende Sabbat kry hulle vir Jesus waar Hy besig is om te preek in ‘n sinagoge. As hulle instap, sien hulle die man met die gebreklike hand daar sit, vol verwagting, want sy kans het gekom om Jesus te sien. Dalk kan Jesus vir hom ook ‘n wonderwerk doen. Hy sou so graag ook normaal wou wees soos enige ander man. Die Farisers stamp aan mekaar, en beduie na die man: “Vandag is die dag!”

Jesus kyk reguit na die Farisers as Hy vir die gebreklike s om op te staan. Hy lees die slim manne se gedagtes soos ‘n boek, en Hy weet dat hulle Hom wil vastrek. “Mag ‘n mens op ‘n sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?” vra Hy vir die hoogsgeleerdes.

Watter soort van vraag is dit?” wonder hulle vererg, “Hy is arrogant! Besef Hy nie met wie Hy praat nie? Ons het immers almal ‘n ordentlike geleerdheid in die Skrifte, baie meer as wat Hy kan s!” Hulle besluit egter om liewer stil te bly, hulle sal Hom wl uitvang.

Jesus is kwaad vir die Farisers omdat hulle in die hand van die duiwel speel en die Evangelie probeer dwarsboom. Maar tegelykertyd is Hy diep bedroef omdat hulle hulle harte so verhard. Die grootste gebeurtenis in die geskiedenis van die heelal, die dag toe God uit die hemel neergedaal het om die mensdom te verlos van sonde, is besig om totaal by hulle verby te gaan. “As hulle maar net kon besef.....”

Steek jou hand uit,” s Hy vir die man. En dan gebeur die wonder: oombliklik is die man genees, sy verdorde hand so normaal soos di van ‘n skrynwerker.

Bedroef kyk Jesus die Farisers aan terwyl hulle opstaan en uitstap. “Ons ht Hom!” s hulle tevrede vir mekaar. En daarmee stap hulle na hulle “vriende in ho plekke” om ‘n komplot te smee teen Jesus. Binnekort sal Hy die hoogste tol betaal vir sulke arrogansie!

Jesus het gekom om mense te red - so lui die boodskap wat Hy vir ons wil gee uit hierdie insident. Die Koninkryk van God is hier, en Jesus is die Heerser, selfs ook oor die Sabbat! Die Farisers moes die boodskap duidelik kry: sien vir Jesus raak! Hy is immers die Een wat die Koninkryk van God gebring het. Die boodskap is nog presies dieselfde vir ons vandag: Ons moet kennis neem van die Koning van die Koninkryk. Meer nog: Word deel van die Koninkryk deur Sy uitnodiging te aanvaar, en as jy eers deel is, gooi dan jou volle gewig in om ‘n aktiewe Koninkryksburger te wees.

Gebed:

Here, dankie dat ek deel mag wees van U Koninkryk, en dat ek mag dien onder die grootste van alle Konings.

TERUG NA BO

Woensdag 24 Augustus 2016

Jesus, Here van die Sabbat

Markus 2:23-28

Luister na hierdie dagstukkie

Daardie Sondag het verloop soos enige ander Sondag - stil en stemmig opstaan, terwyl daar ‘n gees van gewydheid oor die ou plaashuis gehang het. Van die gewoel en werskaf van die week, was daar gn sprake nie. Die roomafskeier het nie gesing soos elke oggend deur die week nie. Die werf was verlate, soos dit elke Sondagoggend maar was. Uitgevat in ons Sondagklere het ons almal in die motor geklim, en in doodse stilte kerk toe gery, waar ‘n gewyde stemming van stilte op ons gewag het. Na kerk is ons huistoe. As ons deur die dorp ry, terug plaas toe, is alles morsdood. Daar is skaars ’n motor in die strate, en al die winkels is bot-toe. Sondag middagete was ook, soos elke Sondag, spesiaal, en heelwat vroer as weeksdae, sodat daar na ete genoeg tyd is om te kan gaan skuins l.

En dit is net hir waar die moeilikheid begin. Vir ‘n lewendige tienjarige seun is dit die grootste straf op aarde om in die middel van die dag te moet l en slaap as die berge en al die avontuur daar buite vir jou staan en roep. Maar die rels was duidelik neergel: Op ‘n Sondag gedra jy jou stemmig: jy swem nie en jy vang nie vis nie, nie eers paddavissies of platannas nie! Hierdie was bedoel om bre riglyne te wees, dat jy jou stemmig moet gedra.

Skaars l ek op my ysterkateltjie, of iemand klop aan my venster. Buite roep ‘n seunsstem: “Louis! Kom ons gaan swem!” My maters uit die dorp het l die pad met fietse gery om by ons te kom baljaar, want op ons plaas was daar ‘n heerlike gronddam waar jy kon swem tot jou g uit is. En dan was daar die vrugtebome waar jy jou trommeldik kon eet aan geelperskes en appels, appelkose en pruime.

Nee, ek mag nie,” is my eerste reaksie. “Aag toe man,” word ek gesmeek, en ek gee toe onder die druk. Nog so in die hardloop af na die dam toe, word die klere al van ons basse afgestroop, en kaalstert duik ons in die dam in. Ons gooi mekaar met modder, en ons lag en skree uitbundig. Dis lkker om kind te wees. Dis lkker om vry te kan baljaar.

Maar dan tref die onheilspellende klank my paar bakore: “Louis! Kom hier!” En toe weet ek: hier kom GRT moeilikheid. “Jy weet mos dat jy nie op Sondae mag swem nie!” preek Pa vir my. Hy was nie ‘n man wat sommer straf uitgedeel het nie, maar as dit die dag gebeur, het ek gesidder. “Gaan pluk vir jou ‘n behoorlike lat om mee pak te kry,” kry ek die opdrag.

My mond val oop. “Pa....?”

Daardie pak slae het ek al baie jare terug vergeet, maar die verskriklike straf om slf die lat te gaan uitsoek waarmee ek moes pak kry ….. dit is ingebrand in my geheue, asof dit gister gebeur het.

Dinge het verander: Sondag is baljaar-dag, die dag vir sport en ontspanning, fliek en inkopies doen. Sondag is die dag vir swem en visvang en op die strand gaan speel. Die winkel wat op ‘n Sondag nie oop is nie, gaan baie gou ten gronde.

Dit is dus vir ons bitter moeilik om werklik ‘n prentjie te kan vorm en te begryp hoe ontsettend belangrik die Sabbat was vir die Jode in Jesus se tyd. Vir hulle was daar die “gewone” wette soos dat jy nie mag doodslaan en steel nie. En dan was daar die twee “hoof” wette wat Jode onderskei het van alle ander mense: die besnydenis en die Sabbat. Daar was lang lyste van moets en moenies van wat jy mag en nie mag doen op ‘n Sabbat nie. Sabbat het natuurlik geduur van Vrydagaand met sononder af tot Saterdagaand met sononder, soos wat sommige Christene dit terloops vandag steeds onderhou.

En toe pleeg Jesus se dissipels die verskriklike “sonde” deur te loop en koringare afpluk terwyl hulle deur ‘n land stap. Dit was ‘n natuurlike aksie van manne wat iets vir die hongerpyne gepluk het in die verbygaan. Ongelukkig vir hulle was die afpluk van koringare op die Farisers se lysie van “moenies”, want dit was “oes”, en oes was werk. En werk was verbode!

Die Sabbatdag is gemaak vir die mens, en nie die mens vir die Sabbatdag nie,” verduidelik Jesus vir die Farisers. Wat beteken dit? Die Farisers het die Sabbat gesien as iets wat God op die mens afgedwing het, en as jy dit nie onderhou nie sal jy gestraf word. Jesus stel God as die Goeie Gewer wat Sy kinders liefhet en gebooie gee om mense te ondersteun en te help, en nie om hulle te onderdruk nie. Die dissipels kan dus gerus maar koring pluk as hulle honger het. Christelike vryheid maak ons los van wettisisme. Dit beteken dat ons met hl ander o na die Sondag kan kyk.

Beteken dit dan dat jy maar mag maak soos jy wil? In vers 28 s Jesus dat Hy k Here van die Sabbat is. Dit beteken dat die gesag nie in onsself l nie, maar dat Jesus die Een is wat die finale s het. Ons moet aan Hom al die eer gee, ook in die uitlewing van ons Sondag/Sabbat. Christelike vryheid beteken dat ons in persoonlike verbondenheid en gehoorsaamheid aan Jesus alleen ons vryheid kan uitleef, nie alleen in die wyse waarop ons die Sondag gaan spandeer nie, maar ook hoe ons ons ganse lewe gaan uitleef.

Gebed:

Here, help my asseblief om my ganse lewe in te rig om te leef in U liefde, en om my vryheid uit te leef om U te eer.

TERUG NA BO

Dinsdag 23 Augustus 2016

Om te Vas

Markus 2:18-22

Luister na hierdie dagstukkie

As sy by die deur instap, sien ek sommer: hierdie vrou gaan deur baie diep waters. Haar gesig wys dit; haar skouertjies hang; haar hele liggaamshouding wys dit. Sy sug swaar, en dan kyk sy my aan met o wat s: “Dis bitter, bitter swaar! Ek is diep beswaard…..” - sulke regte Genis-o as iemand alweer op sy liddoring getrap het. Ek kon net eenvoudig nie help om te vra: “Wat makeer?” nie. Maar dit was ‘n fout, want toe pak sy af: “Ek vas,” sug sy, “in sak en as!”

En toe begin sy vertel dat sy rou oor haar sondes en veral haar man se sondes (hy is ‘n myner). Maar om maar net te vas was ook darem nou nie genoeg nie, want haar man se sondes is hltemal te groot vir net ‘n eenvoudige vas. Toe gaan koop sy vir haar ‘n goiingsak by die Koperasie en sy sny gate in vir haar kop en arms en sy trek hierdie growwe affre aan en gaan sit plat op die grond in haar agterplaas. Sy strooi as oor haar pragtige hare, sodat die grys slierte oor haar gesiggie loop waar die as met haar trane meng.

Op daardie stadium bars die vrou in ’n stortvloed trane uit. Sy voel bitter jammer vir haarself en ek voel bitter ongemaklik.

Hierdie insident het baie jare gelede met my gebeur, toe ek ‘n Christelike boekwinkel beman het in Welkom. Die vrou was een van my baie gereelde besoekers wat net ingekom het om te gesels en hulle sorge af te pak.

Nou sal jy seker dink dat ek die vraag gaan vra: of dit dan verkeerd is om te vas? En nee, ek gaan nie hierdie vraag vra f beantwoord nie. Maar elkeen wat wil vas, moet baie deeglik besin oor hoe en wanneer hulle dit wil doen, en wat die ware doel van jou vas is.

Markus vertel vir ons dat dit weer een van die gereelde Joodse vastye was, en baie Jode het hulle streng daarby gehou. Om te vas was ‘n baie belangrike gebruik deur die Jode en verskillende groepe het dit op verskillende tye en maniere gedoen. Die Farisers was natuurlik die voorbokke op hierdie gebied. Hulle het gereeld twee keer per week gevas: elke Maandag en elke Donderdag.

Wat was die doel van so ‘n Joodse vas? Die doel was tweeledig: in die eerste plek was dit ‘n teken van rou wanneer jy ‘n groot verlies gely het. ‘n Geliefde is dood, en deur te vas wys jy aan die wreld hoe baie jy daardie persoon mis. Maar vas was ook gebruik as ‘n teken van selfverloning. Jy vas om te wys dat jy waarlik berou het oor jou sondes. En as jy die rou werklik wil beklemtoon, dan het jy boonop nog die sak-en-as storie daar bygevoeg. Dan het almal geweet: jy gaan deur diep, diep waters.

Maar nou vertel Markus dat Jesus se dissipels nie gevas het toe al die ander hulle lang gesigte opgesit het nie. Selfs Johannes die Doper se dissipels was aan die vas, maar Jesus se volgelinge het hulle nie daaraan gesteur nie. En dit het die manne warm onder die boordjie gemaak: “Dis nie regverdig nie!” was hulle betoog. “Waarom moet ons rou en swaarkry terwyl daardie klomp aangaan asof niks verkeerd is nie? Hulle behoort k te vas!”

Dan antwoord Jesus hulle, dat die gaste by ‘n bruilof mos nie gaan vas nie. Dit sou verregaande wees! By ‘n bruilof is alles mos vrolik, want almal is bly en opgewonde oor die huwelikspaar se geluk. Die persoon wat by ‘n bruilof vas, het ‘n baie groot probleem.

Wat bedoel Jesus met hierdie opmerking? Jesus wil die feit beklemtoon dat daar ‘n ingrypende verskil is tussen die tyd voor Sy koms en die tyd na Sy koms. ‘n Mens kan nie meer voortploeter soos voorheen nie! Jesus se koms het die begin van die eindtyd ingelui, die tyd wanneer die Bruidegom (Jesus) vir altyd by die mens sal wees. Later sou die Heilige Gees boonop binne elke gelowige wees, en nie net in ‘n paar uitgesoekte leiers nie. Watter soort van verskil behoort dit te maak? Seker een van die belangrikste kenmerke van die eindtyd is die uitbundige vreugde wat in elke gelowige behoort te wees. Dit sou dus onvanpas wees om aan die ou praktyke te probeer vasklou, praktyke wat nie hierdie vreugde toelaat nie.

Ja, daar sou ‘n kort tydperk van rou en droefheid (en vas) wees, die dag toe Jesus gekruisig is. Maar vandag kan ons jubel in die feit dat Jesus nie aan die kruis bly hang het of in die graf gebly het nie. Hy het waarlik opgestaan en nou is Hy saam met ons soos Hy belowe het in Matteus 28 by Sy hemelvaart.

Nou vra jy dalk wr vir my: “Maar is dit dan verkeerd om te vas?” Nee, sekerlik nie! Maar dan moet jy egter baie versigtig wees om nie te vas sodat ander kan sien hoe swaar jy ly nie. Vas in jou binnekamer sonder dat iemand anders daarvan weet. Dit is ‘n saak tussen jou en God alleen. En wanneer jy daar uitkom, dan behoort die vreugde wat alleen Jesus kan gee, jou hele gemoed en wese (n gesig) te vul. En dan moet jy ook versigtig wees vir ‘n ander baie gevaarlike praktyk: om te vas om God in ‘n sekere rigting te probeer dwing. Ek kan en mag nie vir God voorskryf hoe Hy moet handel nie! Ja, ek kan Hom in gebed vra om iets te doen, maar dan moet ek my berus by Sy besluit.

Maar steeds die beste: sing die liedjie met jou hele wese: “Dit borrel in my, want ek is so bly - Jesus het my lief!”

Gebed:

Dankie Jesus, dat dit borrel in my lewe: U, die Bruidegom is hier, en daarom kan ek nie stilbly nie - ek moet net eenvoudig my vreugde uitjubel.

TERUG NA BO

Maandag 22 Augustus 2016

Levi se Partytjie

Markus 2:13-17

Luister na hierdie dagstukkie

Hy het alles wat ‘n man wil h: genoeg geld, genoeg vriende en boonop het hy ook genoeg gesag, sodat mense spring as hy iets s. Dat die bre samelewing hom minag en vermy, daarmee het hy lankal vrede gemaak. Om as belasting gaarder te werk, maak vir jou baie meer vyande as vriende. Dit is basies net die skuim van die samelewing wat sy vriende geword het - ‘n rowwe klomp wat hulle gladnie steur aan die kerk se eng wette nie. Hy kry eintlik groot lag as die Farisers met hulle stywe nekke sulke wye draaie om hom stap, te bang dat daar iets van sy “onreinheid” op hulle sal afspring. Spul huigelaars! Dink mos hulle is so hoog-heilig, maar hy wat Levi is, het ook al gesien hoe hulle die kat in die donker knyp as hulle dink niemand sien hulle raak nie.

Kyk, Levi sou homself nou nie juis as “heilig” beskryf nie. Eintlik is hy baie ver daarvandaan! Maar wie wil in elkgeval dan nou so heilig wees? Kyk maar net hoe verskriklik eng moet hierdie arme Farisers leef. Mag nie dt doen nie; mag nie dt doen nie. Hulle mag nie eers saam met enigeen gaan eet nie. Daardie gasheer moet slf ook ‘n Fariser wees en boonop die wet onberispelik uitleef. Die arme mense mag nie eers deur ‘n “gewone” mens aangeraak word nie, want dan kan hy slf onrein raak! Nee wat, hy wat Levi is, is doodgelukkig as Tollenaar, al word hy dan ook so geminag deur sy eie mense. Hulle dink mos hy verneuk hulle om elke hoek en draai. Hy doen maar net sy werk!

In die nou straatjie hoor Levi ‘n gedruis van baie stemme. Wanneer die optog om die draai kom, sien Levi ‘n groot skare baie opgewonde mense. Hulle fokus op Iemand daar in die middel van die groep. Hy kan nie uitmaak wie dit is nie. Levi se nuuskierigheid word geprikkel. “Wie is dit daardie?” vra hy ‘n verbyganger wat haastig op pad is om by die groep aan te sluit.

Aag Levi, jy sal tog nie belangstel nie, dis geestelike dinge!” Die krel verduidelik haastig vir Levi van die Man wat sulke ongelooflike wonderwerke doen.

O, dit is seker Jesus? Ek het al gehoor van Hom!”

Levi raak weer verdiep in sy werk, maar kort-kort kyk hy op, want die massa kom al nader aan sy tolhuis. As Levi weer opkyk, kyk hy reg in die o van daardie Man. Sulke o het hy nog nooit gesien nie! Dit voel asof hulle dwarsdeur jou kyk en al jou sondes en skelmstreke raaksien. Levi sien hoedat die man tussen al die mense deur, reguit na hom toe aangestap kom. “Volg My”, s die Man vir hom, en Levi skrik hom byna in ‘n ander geloof in. Dan s die Man vir hom iets wat sy verstand totaal laat bollemakiesie slaan: “Ek wil vanaand by jou kom eet.”

Levi is totaal uit die veld geslaan. Waarvoor sou daardie heilige Man dan nou by hom, ‘n vuil sondaar wil kom eet? Hy sal mos “onrein” word! En dan is die Man weer weg - geabsorbeer deur die skare, wat l Sy aandag vra.

Levi sit behoorlik en bewe van opwinding en senuwees. Wat moet hy vir die Man voorsit? Moet hy streng volgens die voorskrifte gaan wat die Farisers neerl? Levi stap na een van sy kollegas vir raad oor die netelige saak. “Kan ek kom saam eet, Levi?” Sy tollenaar-vriend is sommer dadelik baie opgewonde. “Ek sou bitter graag ook daardie Profeet wil ontmoet. Asseblief ou maat?”

Die nuus versprei soos ‘n veldbrand onder die tollenaars en uitgeworpenes. lmal wil kom saam eet! Levi staan hande in die hare - hoe kan hy hulle tog wegwys? “Aag, toe dan maar,” gee hy uiteindelik in. “Hoe meer siele, hoe meer vreugde”. En saam met die siele kom die hande om te help dat hierdie een reuse partytjie sou wees. Almal wil Jesus ontmoet, maar omdat hulle nie sulke “rein” mense is nie, is dit niemand beskore nie. Hier is nou die kans van ‘n leeftyd!

Daar heers groot vreugde aan die huis van Levi wanneer Jesus en Sy twaalf volgelinge daar opdaag. As die manne die spul tollenaars sien, voel hulle bitter ongemaklik. Maar hulle Meester val onmiddellik in by die spul, en dit lyk vir hulle asof dit tweede natuur is vir Hom om met hulle te gesels en te meng. Petrus en sy broer, Andreas huiwer nog buite. Pa het hulle immers geleer dat ‘n mens nooit jou voete in ‘n tollenaar se huis sit nie. ‘n Skrifgeleerde kom staan hier in Petrus se nekhare en blaas: “Wat mk julle Rabbi? Waarom eet Hy saam met die spul slegte mense?” En dan antwoord sy Meester daar van binne af, bo die lawaai uit: “Gesonde mense het nie ‘n dokter nodig nie!”

Kom, Simon”, por Andreas hom aan, “Ons Meester wag!”

Wat sou gebeur as ‘n vuil boemelaar die kerk instap op ‘n Sondagoggend? Sou almal hom onvoorwaardelik aanvaar? Sou ek…..? Is ek beter as die tollenaars en uitgeworpenes? Ons is almal sondaars, en die een sonde is nie groter as ‘n ander nie. Jesus het nie onderskeid getref nie. Wat gee my die reg om dan onderskeid te tref? Dit is nie net goeie en voorbeeldige mense wat deel vorm van God se Koninkryk nie. Die enigste “toegangskaartjie” is geloof in Jesus.

Gebed:

Here, U stuur dikwels uitgeworpenes en “sondaars” op my pad. Vergewe my asseblief waar ek al so dikwels onsensitief en hard teenoor hulle opgetree het. Gee vir my ‘n hart van liefde vir alle mense, maak nie saak wie en wat hulle is nie.

TERUG NA BO

Vrydag 19 Augustus 2016

Die Verlamde Man (deel 2)

Markus 2:1-12

Luister na hierdie dagstukkie

Jesus se boodskap word onderbreek as daar ‘n lawaai op die huis se dak is. Stukkies dakmateriaal val op die gehoor se koppe, en hulle kyk vies op na bo. En dan skielik breek die helder daglig deur. Stukkie-vir-stukkie word die dak bokant hulle koppe oopgebreek. “Wat gaan aan?” fluister dit deur die vertrek.

Wat maak julle daar bo?” vra een van die Skrifgeleerdes vererg. Maar die manne is so besig met hulle taak, dat hulle gladnie eers agterkom watter konsternasie hulle veroorsaak nie.

Staak julle streke onmiddellik!” wil Petrus vir die “belhamels” skree. Dis immers s huis wat hulle besig is om bo sy kop af te breek! Maar dan val sy blik op Jesus se gesig, ‘n vreemde glimlag wat liefde uitstraal as Jesus kyk hoe die manne werskaf. En dan bedink Petrus hom. “Hier is iets baie snaaks aan die gang.....”

Uiteindelik is die gat groot genoeg dat ‘n man wat l net daardeur kan pas. Teen hierdie tyd heers daar chaos in die klein vertrekkie. Mense probeer uitkom, maar die druk van buite is so groot, dat nie ‘n muis daar sal uit nie. Met oop monde kyk die mense toe terwyl ‘n draagbaar aan toue deur die dakopening verskyn en stadig afsak vloer toe. As hy onder kom, snak die mense na hulle asems. Almal herken die arme man wat op die draagbaar l: “Is dit nie Joram nie? Arme man is al vir jare verlam.”

Joram is duidelik bitter ongemaklik. Vir ‘n verlamde om deur hierdie toertjie gestuur te word, is gn grap nie. Uitasem l hy daar. Deur die dakopening loer vier baie tevrede gesigte, elkeen met ‘n reuse, selfvoldane glimlag op die bakkies. Dankbaar kyk Jesus op na hulle: sulke geloof is bitter skaars.

Jy kan ‘n speld hoor val, as Jesus afbuk na die man op die draagbaar. “Vriend, jou sondes word vergewe!” s Jesus vir hom. ‘n Geruis gaan deur die vertrek: “Hoe kan Hy dit s? Dis mos Godslasterlik! Niemand kan sondes vergewe nie, buiten God alleen! Dink Hy miskien dat Hy God is?”

Jesus luister na die gonsinge. Hy voel die antagonisme aan: “Wat redeneer julle by julleself hieroor? Wat is makliker? Om vir die verlamde man te s: Jou sondes word vergewe, of om te s: Staan op, vat jou draagbaar en loop?” Hy kyk reguit vir die Skrifgeleerdes. Op hulle rooi gesigte is die woede duidelik te lees. “Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op die aarde sondes te vergewe.” En toe buk Jesus af na die man toe, met ’n gesig wat straal van liefde en deernis: “Ek s vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.”

Jy kan letterlik hoor hoe die mense snak na hulle asems. Almal is skielik doodstil, en alle o is gevestig op die verlamde: Gaan hy opstaan? Gaan ons vandag hier ‘n wonderwerk sien soos niemand nog ooit gesien het nie? Pynlik stadig kom die man orent op sy draagbaar. Vir die eerste keer in baie jare kry hy dit reg om sy bene slf van die bed af te tel. Die stilte is so dik dat jy dit met ‘n mes kan sny, en die kollig val (deur die dak natuurlik) op die verlamde. Skielik voel hy lewe in sy twee uitgeteerde, dooie bene. Hy toets die grond, en dan, wankelrig staan hy op. Skielik bars hy in trane uit, trane van blydskap wat stroom oor sy wange.

Die oomblik is gelaai met emosie, en daar is nie ‘n dro oog in die vertrek nie. Die man gee ‘n huppel, en dan moet almal net keer vir hulle tone, want in die klein spasietjie dans hy ‘n riel dat die stof so staan. Oral uit die vertrek klink dit op: “Loof die Here! Loof die Here!” Niemand het nog it so ‘n ding sien gebeur nie! Hierdie wonderwerk sal in die geskiedenis van Kapernaum nooit it vergeet word nie!

Wanneer Markus vir ons hierdie gebeurtenis beskryf, laat val hy die klem daarop dat Jesus nie in die eerste plek in Petrus se huis was om wonderwerke te doen nie, maar om met die mense te praat oor Sy boodskap. Die inhoud van hierdie boodskap was natuurlik dat die Koninkryk van God gekom het. Mense moes voorberei word om deel te wees van hierdie Koninkryk. Vandag moet ons nog steeds wel baie deeglik begryp waarom dit alles gaan. Alles draai om God se Koninkryk. Die tyd van wonderwerke is natuurlik ook nog baie lank nie verby nie. As jy maar net jou o oopmaak, sien jy daagliks asemrowende wonderwerke om jou gebeur, dinge wat net eenvoudig nie anders beskryf kan word as dat God alleen hiervoor verantwoordelik kan wees nie.

Wat ons egter k moet besef, is dat as ons die wonderwerke wil losmaak van die koms van die Koninkryk van God, dan raak wonderwerke vir ons hol en betekenisloos. Wonderwerke was 2000 jaar gelede bedoel om Jesus se boodskap prakties te illustreer. In die geval van die verlamde was dit om te s dat die Seun van God in staat is om sondes te vergewe. Die Skrifgeleerdes moes kennis neem! As dit die geval was, dan was Jesus werklik God! Vandag gebeur wonderwerke nog steeds om Jesus se boodskap prakties te illustreer. En ons mag dit nooit losmaak van die boodskap nie.

n Verdere boodskap, is die feit dat die verlamde se vriende hom na Jesus gebring het. Bring ons ooit ons vriende na Jesus? Dit behoort deel van ons lewe te wees om s om te gee vir ons vriende, dat ons hulle na Hom bring.

Gebed:

Here, dankie vir hierdie mooi verhaal. Dankie vir die lesse wat ons hieruit kan leer. Help ons om hierdie lesse prakties uit te leef.

TERUG NA BO

Donderdag 18 Augustus 2016

Die Verlamde Man (deel 1)

Markus 2:1-12

Luister na hierdie dagstukkie

Dit druis deur Kapernaum: “Daardie Wonderwerker, Jesus is terug! Blykbaar is Hy by Simon die visserman se huis.” So word die nuus l op die druiwerankie langs gedra, totdat die ganse stad in ‘n ommesientjie die boodskap kry, en die mense in groot getalle na Petrus se huisie stroom. Die Skrifgeleerdes het al hoeka hulle koppe bymekaargesit, en tot die slotsom gekom dat hulle hierdie Man nie kan vertrou nie. Hy s dinge wat hulle ongemaklik laat voel. Hoe kan ‘n doodgewone timmerman, ‘n ongeleerde leek nou wil kom staan en preek? Dis mos ongehoord! Hulle het jare en jare se intense studie van die Skrifte agter die rug, en dit maak hulle gekwalifiseerd om te mag preek. Maar hierdie Man........

As die Skrifgeleerdes hoor dat Jesus tuis is, versprei hulle baie vinnig die woord en maak hulle dat hulle voorste gestoeltes kry in Petrus se huisie sodat hulle hierdie Man behrlik kan uitluister, en Hom dalk ‘n paar strikvrae kan vra om te sien of Hy rrag so goed is as wat die mense beweer. Skaars het hulle dan ook hulle (baie belangrike) sit gekry, of die huisie oorstroom van mense, sodat hulle naderhand by die vensters en deure uitpeul. Almal wil hierdie Wonderwerker sien. Dalk gaan Hy vandag weer die een of ander asemrowende ding doen.

Wanneer Jesus na die skare mense kyk wat steeds aanstroom deur die nou straatjies, brand dit in Hom om dit uit te basuin aan hulle Wie en Wat Hy werklik is, dat Hy die Seun van God is wat gekom het om die sondes van die wreld te kom wegneem. Maar Hy durf dit nie uitlap nie, want dan kan dit dalk die hele aksie bederf. As hulle maar net geweet het....... Maar nou verkeer hulle onder die wanindruk dat Hy maar net ‘n doodgewone (?) Wonderwerker is. Die belangrike is nou dat hulle die boodskap kry van die Koninkryk van God. As hulle dit eers begryp, is die weg gebaan na die finale boodskap toe.

Elders in Kapernaum is ‘n ander drama besig om homself af te speel. Op ‘n bed l ‘n uitgeteerde man, kom ons noem hom maar Joram. Hierdie verskriklike siekte het Joram al jare gelede getref, toe hy begin mank loop het. Dit het vinnig vererger, en uiteindelik is hy totaal verlam deur die siekte. “Dis jou sondes,” het die mense vir hom ges, “God straf jou oor al jou sondes!” Toe Joram hoor van hierdie nuwe Wonderwerker-profeet wat mense links en regs gesond maak, het daar vir hom ‘n sprankie hoop opgegaan. Miskien, net miskien...... Maar toe is die Man weg voordat hy Hom nog kon sien.

Maar nou hoor hy dat daardie Jesus weer terug is. “Ek moet net eenvoudig daar kom!” dring hy aan by sy vrou. “Ek sal jou vriende laat roep, die paartjies wat jy nog oor het. Dalk kan hulle jou help.” En so daag daar vier manne op met ‘n draagbaar wat hulle iewers te lene gekry het: “Toemaar ou Joram, moenie bekommerd wees nie, ons sal jou by die Profeet kry!”

En so draf die vier manne met hulle kosbare, protesterende vrag deur die kronkelstraatjies van Kapernaum na die huisie van Petrus. Joram voel bitter ongemaklik, maar daar is ‘n lied in sy hart. Maar o wee! As hulle naby Petrus se huis kom, sien hulle die moeder van alle verkeersknope. Petrus se straatjie is s gepak van mense dat jy nie eers naby die deur kan kom nie, nog nie eers gepraat van binne nie. Joram bars in trane uit. Hy het sy hart daarop gesit om Jesus te sien, en nou dit! “Ek het ‘n plan,” s Josafat. Die manne sit koppe bymekaar. Joram kan nie mooi hoor wat hulle konkel nie, maar hulle kyk kort-kort in sy rigting, en hy sien sommer hier kom grt moeilikheid vir hom. “Kom,” s Josafat, “Ons gaan in!”

Maar hoe?” wil Joram nog vra, maar dan word hy al klaar deur die agterplaas van een van die bure gedra, oor ‘n heining gelig en tussen rommel deur. Intussen het een van die krels ‘n paar toue iewers gaan leen. Joram protesteer as hy sien hoe toue aan sy draagbaar vasgebind word. “Waarheen vat julle my?” Hy gee ‘n gil van angs as sy plle hom ophys na die plat dak van Petrus se huis. “Julle gaan my laat val!”

Liefde is...... vriende wat bereid is om selfs op dakke rond te klouter vir (met?) jou! Hoe ver is jy bereid om te gaan vir jou vriende? Of vir ander mense? Dalk selfs wildvreemdes? Jesus het vir ons gewys wat ware liefde is, dat Hy bereid was om selfs vir ongewensde mense uit Sy pad te gaan. Daar was ‘n Samaritaanse vrou wat in sonde geleef het, ‘n gehate tollenaar, ‘n melaatse - noem maar op.

In die volgepakte vertrek is die belangrike Skrifgeleerdes bitter omgekrap. Hulle probeer luister na wat Jesus s, maar nou is hier ‘n lawaai op die dak. “S tog vir die mense daar bo om stil te bly!” gee een ‘n bevel na buite. Maar dan kyk almal verskrik op as daar skielik ‘n gat in die dak verskyn en die helder sonlig na binne stroom. “Wat probeer hulle maak?” wil een van die hoogsgeleerde manne vererg weet. Jesus hou op praat. Tot hulle ontsteltenis sien hulle hoe die dak stukkie-vir-stukkie bokant hulle koppe oopgebreek word.

Word vervolg........

Gebed:

Here, gee asseblief vir my ‘n ware omgee-liefde.

TERUG NA BO

Woensdag 17 Augustus 2016

Die Melaatse Word Genees

Markus 1:40-45

Luister na hierdie dagstukkie

Het jy al ooit iemand tegekom wat melaatsheid het? In my ganse lewe het ek dit nog nooit gesien nie. Tg voel dit vir jou wanneer jy die Bybel lees, asof elke dorp in daardie tyd sy groep melaatses gehad het. Het die dokters dan nou so slim geword dat alle melaatsheid uitgeroei is? Ja, die wetenskap het seker iets daarmee te doen, maar die groot ding is eintlik dat die dokters in die jare van die Bybel nie so ‘n goeie diagnose kon maak nie. Gevolglik was feitlik alle velsiektes bestempel as melaatsheid.

Om in daardie jare “melaatsheid” op te doen, was sekerlik die mees tragiese ramp wat ‘n mens kon tref. ‘n Melaatse het net eenvoudig nie meer ‘n plek gehad in die samelewing nie. Hulle is totaal uitgedryf uit die stad, en hulle mag nie eers naby ‘n gesonde persoon kom nie. Aanraking was absoluut taboe! Nie alleen was dit bitter ongemaklik vir so ‘n persoon nie, maar ook uiters vernederend. As ‘n gesonde persoon per ongeluk naby hom kom, moes hy skree: “Onrein! Onrein!” Die arme melaatses is soos die pes vermy.

Melaatsheid het darem ook nie altyd die einde van die wreld beteken nie: sommige melaatses het wl gesond geword. Maar dan is dit beskou as niks minder nie as ‘n Goddelike ingryping. Wanneer dit gebeur, kon so ‘n persoon nie sommer net terugstap huistoe nie. Hy moes eers deur die priesters ondersoek word en rein verklaar word.

In die melaatse kolonie buite die stad sit ‘n paar baie bedremmelde manne. Hulle vriende het hulle verwerp; hulle familie het hulle verwerp. Hulle leef van aalmoese wat mense daar eenkant vir hulle neersit. “Ek hoor daar is ‘n nuwe Wonderwerker in die omgewing,” vertel een krel, “die mense s dat Hy glo siekes gesond maak. Dink jy ‘n melaatse het ook ‘n kans?”

Nee, vergeet dit! Hoe gaan jy in die eerste plek naby Hom kom? Aag nee, dis onmoontlik, dis alleen God wat ‘n melaatse kan gesond maak! Droom maar voort!”

Nahum (‘n skuilnaam om sy identiteit te beskerm) sit in stilte en luister na hierdie gesprek. “Wat as.....?” dink hy. “Nee wat!” bedink hy homself. En dan hoor hy dit: ‘n klomp mense wat nader kom - stemme wat opgewonde gons. “Seker maar ’n bruilof,” dink hy en hy begin klaar regmaak om uit hulle pad te kom. Wanneer hulle egter binne sig kom, sien hy dat hierdie gn bruilof is nie. ‘n Groot klomp mense drom saam om ‘n Man. Sy hart begin woes klop: “Is dit nie dalk daardie Wonderwerker nie?” Op die ingewing van die oomblik besluit hy: “Vandag is die dag!” Hy spring skielik op en loop vinnig in die rigting van die skare.

Wat byt jou nou alweer Nahum?” wil sy skurwe maats weet. Maar Nahum hoor hulle nie eers nie. Die waagstuk wat hy beplan kan hom sy lewe kos as dit nie uitwerk nie, maar hy is desperaat. Hy kan nie langer so lewe nie!

Hoe gaan ek naby daardie Man kom?” wonder hy. Versigtig bedek hy sy liggaam met sy klere sodat niemand dalk sal agterkom dat hy melaats is nie. En vir ingeval iemand hom dalk herken, trek hy ‘n kopdoek laag oor sy o. Met bewende knie en ‘n woes-kloppende hart wurm hy homself deur die skare. “As hulle my nou moet uitvang is ek maalvleis!” sidder hy.

En dan skielik is die “Wonderwerker” hier reg voor hom. Nahum se mond droog op. Die woorde wil maar nie uitkom nie. Hy kry ‘n blik van die Man se vriendelike gesig. En dan val Nahum soos ‘n dooie voor Jesus se voete neer. “As U wil, kan U my gesond maak!” Rou snikke ruk deur sy liggaam. “Asseblieftog, asseblieftog!”

Dan gebeur die wonder: Jesus steek Sy hand uit en vat aan die man: “Ek wil,” hoor Nahum die sagte stem, “Word gesond!”

Oombliklik trek die vreemdste gevoel deur Nahum se liggaam. Hy voel hoe die aaklige swere skielik opdroog en net eenvoudig verdwyn. “Is dit moontlik?” skreeu sy deurmekaar verstand vir hom. Hy trek sy mou op. Waar daar minute gelede nog ‘n pynlike septiese seerplek gesit het, is dit nou skoon vel.

Moenie vir enigeen s nie,” hoor hy vaagweg die stem van die Wonderwerker, “En gaan wys jou vir die priesters.”

Maar hoe kan Nahum dan nou hieroor stilbly? Hy hardloop en dans en huppel en sing: “Ek is gesond! Ek is gesond! Kyk hier: daardie Wonderwerker, Jesus het my gesond gemaak!”

Rabbi,” s Simon later vir Jesus, “U moet tog versigtig wees: daardie man was melaats, en U het sommer so aan hom gevat. U kan mos in die moeilikheid kom!” Maar Jesus beduie hom om net doodstil te bly hieroor.

Ek en jy as gelowiges is deur Jesus genees van iets baie erger as maar net melaatsheid. Ons was verdoem tot die ewige verderf. Jesus het ons daaruit gered, en in die proses nie net Sy hande vuil gemaak nie, maar aan die kruis gesterf. Die vraag is of ons ook so opgewonde is oor ons redding as daardie melaatse? Kan ons ook net eenvoudig nie stilbly daaroor nie? Kom ons verkondig dit wyd en syd dat Jesus ons genees het!

Gebed:

Dankie vir wat U vir my gedoen het, Here. Gee my die opgewondenheid en waagmoed om dit wreldwyd uit te basuin.

TERUG NA BO

Dinsdag 16 Augustus 2016

Petrus se Skoonma

Markus 1:29-39

Luister na hierdie dagstukkie

Die dag het begin as ‘n doodgewone Sabbat vir Petrus, buiten vir die feit dat hy ‘n bekommernis in hom rondgedra het: sy skoonma. Nee, hy het nie skoonma-probleme gehad nie, maar sy was siek. Sy het die hele nag ‘n ho koors gehad. Maar hy het nie rrag tyd gehad om aan haar aandag te skenk nie, want hierdie nuwe Rabbi wag vir hom en boetie Andreas, dus moes hulle haastig maak om by die sinagoge te kom.

Daardie preek van sy Rabbi - dit het sy bors met trots laat swel dat hy vir die mense kon s dat hy ‘n leerling is van daardie Rabbi. En toe gebeur daardie skrikwekkende ding met die besetene. Petrus het hom asvaal geskrik toe die man skielik tussen al die mense opspring en begin gil en tekere gaan. Hy wou opspring en die man nt daar uitsmyt, maar Rabbi Jesus het vir hom beduie om te sit. Hy was so vererg vir die man wat so ‘n hartroerende preek so kom bederf.

Wel, die manier wat Rabbi Jesus die saak hanteer het was absoluut ongelooflik. Het jy al it so ‘n ding beleef!? Waar kry Hy die krag? Die mense was in ekstase! Nou besef hulle seker waarom hy hierdie Rabbi volg.

Maar nou is alles verby, en die groepie stap huistoe. Skielik sit die bekommernis weer hier soos ‘n vrot kol op Petrus se maag. Hy hoop dat sy skoonma dit darem oorleef het, en dat die koors haar gelos het. Petrus sit ‘n bietjie meer veerkrag in sy stap, sodat hy voor die ander uitloop. Rabbi Jesus het gevra dat hulle na sy huis gaan. Wat ‘n eer! Maar Skoonma sal mos nooit vir hulle kan regstaan in haar toestand nie!

Wanneer Petrus die huis binnestap, kry hy vir Skoonma waar sy steeds in die kooi l en worstel met die koors. ‘n Vrees pak vir Petrus, want hy sien sommer dat dinge baie lelik lyk. “Rabbi Jesus”, flits dit skielik deur sy kop, “as Rabbi Jesus daardie besete man kon genees, kan Hy dalk mos ‘n gewone sieke ook gesond bid?”

Rabbi”, vra Petrus, “bid asseblief vir my skoonma”. Jesus vat die vrou se hand. Haar koors is hemelhoog, en die sweet tap haar bleek gesig af. Sy is dodelik siek! Sou dit haar einde wees? Maar wanneer Jesus haar hand vat, gebeur die wonderwerk. Die kleur kom terug na haar gesig, en sy sit regop, asof sy nooit iets makeer het nie. Petrus wil nog keer dat sy opstaan, hierdie vrou was mos baie siek! “Ma, l maar nog ‘n rukkie.....” Maar hy is te laat want sy het klaar uit die kooi gespring, blakend gesond. Die manne kan hulle o nie glo nie. So vinnig is haar herstel, dat sy dadelik aan die werk spring en vir hulle aandete voorberei.

Het jy gehoor van Simon se skoonma?” gons dit oor die bostelegraaf, “Dis ‘n wonderwerk soos niemand al ooit gesien het nie!”

Kom ons gaan kyk wat gebeur het.”

My seuntjie is siek - dalk kan die Rabbi hom ook gesond maak.”

Binne ‘n uur weet die ganse Kapernaum van Petrus se skoonma. Vanuit elke hoek van die stad stroom die mense om vir hulleself te kom sien wat gebeur het. “Hoe is dit moontlik?” Elke minuut groei die skare aan voor Petrus se eenvoudige huisie, totdat daar meer as ‘n duisend mense in die nou straatjie saamgedrom staan. “Rabbi, help my asseblief”, klink dit hier en daar op. Jesus is maar net te gewillig om die siekes te help, en elke keer as daar ‘n genesing plaasvind, dan dreun dit deur die skare soos ‘n swerm bye. Tot laatnag toe duur dit voort, totdat Petrus uiteindelik vir die mense moet s dat dit darem nou tyd is dat hulle huiswaarts moet keer. Die Rabbi is mos maar net ‘n mens! Hy het mos ook rus nodig!

Vroeg die volgende oggend - dit is nog pikdonker - hoor Petrus dat iemand in die huis beweeg. Hy sien die silhoet van die Rabbi as Hy saggies uitloop na buite. Later moet hy verneem dat Jesus ‘n stil plekkie gaan opsoek het om te gaan bid. As dit begin lig word, wil almal weet waar Jesus dan is? Petrus beduie net dat Hy uit is, iewers daar buite. “Kom ons gaan soek Hom”, besluit hulle. As hulle Hom uiteindelik kry wil hulle weet: “Waar was U? Almal soek U!”

Maar Jesus ontwyk hulle vraag: “Kom, ons het werk om te doen. Ons gaan die naburige dorpies bearbei. Ek wil daar gaan preek, want dit is waarvoor Ek immers gekom het.”

Gedwe pak die manne op. Watter opwinding wag daar op hulle? Gisteraand se dinge het hulle laat bruis van opgewondenheid. Hier kan dalk nog groot dinge gebeur! Galilea, hier kom ons!

Vandag is dit vir ons moeilik om te begryp hoe nuut en vars Jesus se prediking en optrede vir daardie mense was. Ons ken die dinge al van kleintyd af, en dis ou nuus. Maar Jesus het gekom om alles te verander en alles nuut te maak, vir daardie tyd, maar net so ook vandag. Dalk was die nuwe dissipels opgewonde oor die verkeerde rede. Ons weet egter vandag wat die ware agtergrond is, en dit behoort vir ons nog baie meer rede te gee om opgewonde te raak oor Jesus. Is Jesus vir jou “ou nuus”? Dan het dit tyd geword dat ons met nuwe o begin kyk na Hom en ons verhouding met Hom, en dat ons weer borrellend opgewonde raak oor Jesus.

Gebed:

Here, laat dit asseblief vandag bruis in my gemoed van opgewondenheid oor U. U is steeds so wonderlik soos daardie tyd saam met die dissipels.

TERUG NA BO

Maandag 15 Augustus 2016

Besetene in Kapernaum

Markus 1:21-28

Luister na hierdie dagstukkie

Jesus se bediening neem ‘n aanvang, en sommer dadelik kom ons agter dat mense luister na wat Hy s. Hy praat met gesag. Sy boodskap is vir eers kort en kragtig: “Bekeer julle en glo die Evangelie” (Markus 1:15). Maar is dit werklik nodig dat ‘n boodskap lank en ingewikkeld moet wees? Onthou jy nog wat Jona se boodskap was in Nineve? “Nog net veertig dae en Nineve word verwoes!” Dit was al wat Jona ges het. Maar God het daardie eenvoudige boodskap in mense se harte laat werk sodat die hele stad tot bekering gekom het!

Jesus se boodskap het soveel gesag gedra, dat mense gelos het nt waarmee hulle besig was, en Hom gevolg het om Sy dissipels te word. Elkeen wat Hom gehoor het, het notisie geneem van wat Hy s.

Jesus begin Sy openbare bediening ‘n skamele dertig kilometer van Sy tuisdorp, Nasaret af. Langs die see van Galilea kry Hy Sy eerste dissipels, en dan gaan Hy na ‘n baie dekadente stad aan die noordoewer van die see van Galilea, Kapernaum. Dit was ‘n baie ryk en welvarende stad met 1500 inwoners. Daar het die Romeine ook ‘n hoofkwartier gevestig vir verskeie lerafdelings, en dus was die nie-Joodse invloed nogal groot.

Nou begin Jesus Sy bediening uitbrei: Hy is nie meer net die “Straatprediker” wat preek: “Bekeer julle!” nie, maar die eerste Sabbatdag wat Hy daar is, gaan Hy reguit na die sinagoge en preek vir die mense. Dit was egter veel meer as maar net nog ‘n preek deur een van die hooggeleerde Skrifgeleerdes. Jesus se preek was totaal anders. Die mense was gewoond daaraan dat die slim manne dikwels meer hulle eie beuel blaas as wat hulle die Woord verkondig het. Wanneer Jesus egter begin praat, sak daar ‘n doodse stilte toe oor die hoorders. Hulle monde hang oop, want hier is Iemand wat met groot gesag en terselfdertyd kinderlike eenvoud met hulle praat. Hulle kan verstaan wat Hy s, en Hy spreek reguit tot hulle hart, nie dwarsoor hulle koppe soos die ander nie. Ek wil amper dink dat die groot jaloesie en vyandigheid van die Skrifgeleerdes en Farisers alreeds daar begin het, want hierdie “ongeleerde” Jesus kry baie meer aandag as hulle.

Maar op hierdie eerste Sabbatdag in Kapernaum sou daar iets gebeur wat die ganse gemeenskap tot in hulle fondamente sou ruk. As hulle gedink het dat Jesus slegs mooi kon praat, dan het hulle dit ver mis.

Al die aandag is op Jesus wanneer Hy praat. Maar skielik is daar iemand wat die ganse sinagoge versteurd laat omkyk, ‘n man wat waansinnig begin skreeu. Almal probeer om hom te kalmeer, maar hy hou net aan en aan. “Dis ‘n bose gees wat in hom is!” ruis dit deur die gemeente. “Die arme man is nou totaal van sy trollie af!”

En dan wend die man hom tot Jesus. Met wilde o gluur hy Jesus aan: “Wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret?” gil hy. Die mense snak hoorbaar na hulle asems: hoe gaan hierdie nuwe Rabbi hierdie situasie hanteer? “Het U gekom om ons te verdelg?” skreeu die man voort, en sy wilde o rol in hulle kaste. Almal kan sien dat hierdie man vasgevang is in die mag van die verskriklikste demone wat sy lewe beheer. “Ek weet wie U is”, gil hy, en met ‘n bewende vinger wys hy reguit na Jesus, “U is die Heilige van God!”

Wat sou hy daarmee bedoel?” wonder almal hardop, terwyl die man bewend daar staan en kwyl.

Deur al hierdie dinge staan Jesus rustig en wag Sy kans af om iets te kan s. Wanneer Hy praat, draai alle o na Hom, en dit is met groot gesag wat Hy s: “Bly stil en gaan uit hom uit!” Net dit! Skielik kry die man die allerverskriklikste stuiptrekkings. Hy gee een oorverdowende gil, en dan slaan hy neer tussen die mense en bly doodstil l (Luk 4:35). Sy gesig is rustig, en daar is geen teken van die besetenheid wat hom so pas geteister het nie.

Wat het hier gebeur?” gons dit deur die sinagoge. Mense kan nie glo wat hulle so pas beleef het nie. “Selfs die onrein geeste gehoorsaam Hom”, dreun dit deur die vertrek. Die nuus versprei soos ‘n veldbrand, en binne enkele dae weet die hele Galilea van hierdie insident. Dit is al waaroor die mense praat. Daardie nuwe Rabbi het selfs mag oor bose geeste!

Dit is nog ‘n groot nederlaag vir die duiwel. Hy het ‘n lermag van demone in hierdie man ingestuur, maar Jesus het hulle verslaan. Nou is die oorlog aan! Nou sal hy die groot kanonne moet uithaal.

Een ding wat almal daar baie duidelik moes besef, is dat die persoon wat Jesus volg, hom verbind aan die mees gesagvolle Leermeester wat hulle nog ooit tegekom het. Vandag is dit steeds net so waar, en as ek en jy ons aan Hom verbind, het ons deel aan die mees gesagvolle Persoon wat die geskiedenis ooit geken het. Jesus is nie alleen “Liefde” nie, maar Jesus is ook Mag, Almag! Saam met Jesus is absoluut niks onmoontlik nie. En dit is nie maar net wensdenkery nie! Talle en talle mense kan daagliks daarvan getuig.

Gebed:

Here Jesus, dankie dat U my uitgekies het om deel te wees van U gesin, en dat ek kan weet dat niks te groot of moeilik is vir U nie.

TERUG NA BO

Vrydag 12 Augustus 2016

Jesus se Taak Begin

Markus 1:12-20

Luister na hierdie dagstukkie

Moses het dit gedoen; Elia het dit gedoen; Johannes die Doper het dit gedoen! Almal het ‘n woestyntydperk beleef. Moses was vir veertig dae op die berg gewees en Elia het vir veertig dae lank deur die woestyn geloop sonder kos. Johannes die Doper het sommer in die woestyn gaan bly! Vir hierdie mense was die stilte en eensaamheid van die woestyn of berg ‘n kosbare tyd om God waarlik te leer ken en te leer om alleen op Hom te vertrou. Deur die swaarkry het hulle geestelik gegroei en sterk geword vir die taak wat hulle moes uitvoer.

Maar Jesus? Hy is mos God? Waarom sou Hy dit nodig h? Ons mag nooit vergeet dat Jesus ook tegelykertyd ‘n ware mens was wat dieselfde dinge ervaar het wat ‘n gewone mens ervaar. Om waarlik Sy taak met welslae te kon deurvoer, moes Hy Homself ten volle met die mens vereenselwig, en dus moes Hy hierdie woestyntydperk deurloop. Markus noem net so kortliks dat Jesus daar deur die duiwel versoek is. Die ander evangelies beskryf hierdie versoeking baie meer volledig. Die een groot boodskap wat egter hier na vore kom, is dat die duiwel hier ‘n vernederende nederlaag gely het. Dit was egter maar net ‘n voorsmakie, want in die finale slag, die “slag van Golgota”, is die duiwel totaal verslaan.

Met Jesus se veertig dae in die woestyn agter die rug, begin Sy openbare bediening nou in alle erns. Hy begin preek - ‘n kort en kragtige preek, net soos Johannes: “Die tyd het aangebreek, en die Koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die Evangelie.” Markus laat val dit ook net so terloops dat Johannes in die tronk opgesluit is. Sy enigste oortreding was dat hy vir koning Herodus betig het omdat hy met sy broer se vrou, Herodias getrou het. Johannes moes uiteindelik die hoogste prys betaal hiervoor: hy is onthoof. Jesus kon dieselfde soort teenstand verwag in Sy optrede.

Die vraag is: wat beteken Jesus se boodskap? Het dit betrekking op ons vandag? In die eerste deel s Jesus dat God se Koninkryk naby gekom het. Dit was die beste nuus wat die mensdom nog ooit gekry het. Die Koninkryk van God het in vervulling gegaan met Golgota, toe Jesus die finale losprys betaal het. En vandag kan ons al die vrugte daarvan pluk. In die tweede deel van Jesus se preek, s Hy ‘n baie belangrike ding: “Bekeer julle”. Dit beteken dat ‘n mens moet breek met die sonde. Nou sal jy dadelik vir my s dat dit mos onmoontlik is. Geen mens kan waarlik met alle sonde breek nie. Bekering is egter ‘n aaneenlopende proses, waar jy elke dag jou lewe in heroorweging neem, en minder en minder sonde doen. Sodoende gee jy meer en meer plek vir die Heilige Gees om jou lewe te vul, en om sodoende nader aan God te kan leef. As daardie proses nie voortgaan nie, stagneer jy en jy begin stadigaan geestelik doodgaan.

Die derde deel van Jesus se boodskap is seker die belangrikste deel vir ons: “glo die Evangelie”. Met ander woorde: Neem vir God op Sy woord en aanvaar met ‘n jubelende hart dat die goeie nuus van Jesus waar is. Maar dit help nie net dat ons glo dat dit waar is nie. Die duiwel glo dit ook en hy sidder! Ons moet daardie goeie nuus ons eie maak deur ‘n lewende verhouding met Jesus, die Boodskapper van hierdie Evangelie.

Maar Jesus wou nie die taak alleen deurvoer nie. Hy het mense nodig gehad wat die taak kon voortsit wanneer sy taak afgehandel is. Hy sou vir Hom ‘n kerngroepie van manne uitkies wat later leierskap moes aanvaar en op hulle beurt weer mense oplei om ‘n reuse sneeubal-effek te vorm. Wanneer Jesus egter dissipels om Hom bymekaarmaak, is daar ‘n paar dinge waarvan ons baie deeglik moet kennis neem, dinge wat ook vandag vir my en jou geld:

In die eerste plek sien ons dat dit nie die manne was wat Jesus wou volg nie, maar dat dit Jesus was wat die inisiatief geneem het om hulle te roep. Ander Rabbi’s van daardie tyd het ook leerlinge gehad, maar die leerlinge het kom vra om by die Rabbi te leer. In Jesus se geval werk dit andersom. Dit is nie die dissipel (dit is nou ek en jy) wat vir Jesus kies nie, maar Jesus wat die dissipel (my en jou) kies.

Jesus kies die manne met ‘n spesifieke doel, in hierdie geval om “vissers van mense” te word. Die ander Rabbi’s het hulle leerlinge opgelei om meesters te word in die uitleg van die Woord ens. Jesus wou slegs h dat hulle moes kon “visvang”. Hulle (k ek en jy) moes leer hoe om ander mense na Jesus te lei.

Ons sien dat die manne onmiddellik alles net so gelos het en Hom gevolg het. Eers Simon en Andreas, en daarna ook Sebedeus se twee seuns, Johannes en Jakobus. Vandag verg dit van ons nog steeds groot opoffering om Jesus te volg. Dit is beslis nie maklik nie!

Het jy al die roepstem van Jesus gehoor, die roepstem om Hom te volg? Ja, as gelowiges glo ons almal. Maar dit is juis daardie geloof wat maak dat ons wil doen wat Jesus van ons vra, nie om ‘n beloning te kan kry nie, maar bloot uit dankbaarheid vir wat Hy alreeds vir ons gedoen het. Kan jy die ou hallelujaliedjie “Waar Hy lei, daar sal ek meegaan” met oorgawe sing en dit bedoel?

Gebed:

Here, maak my asseblief gehoorsaam aan U roepstem.

TERUG NA BO

Donderdag 11 Augustus 2016

Die Stem van God

Markus 1:9-13

Luister na hierdie dagstukkie

Op die wal van die Jordaanrivier staan die profeet: “Bekeer julle”, roep hy dat dit weergalm deur die heuwels en klowe, “Bekeer julle en laat julle doop, en God sal julle sondes vergewe!” Skielik verstar Johannes. Vanuit die noorde kom ‘n Man aangestap. Johannes staar Hom oopmond aan. Almal draai hulle nekke om te sien wie Johannes se aandag skielik so vasvang. ‘n Vriendelike Man, maar eenvoudig aangetrek.

Wie is Hy?” druis dit deur die skare.

Dr is die Lam van God wat die sonde van die wreld wegneem!” stotter Johannes dit uit.

O, ek ken Hom”, s iemand,

Hy is maar net ‘n skrynwerker uit Nasaret. Ek weet nie waarom Johannes so opgewonde raak oor Hom nie!”

Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek ges het: N my kom daar ‘n Man wat my vr is, want Hy was reeds voor my daar.”

Waarvan prt Johannes tg?” brom dit deur die skare. Nou verstaan hulle Johannes gladnie. Die mense maak plek dat Jesus kan deurkom. Hier kom vandag ‘n ding! Wat is dit dan met Johannes? En dan beduie Jesus dat Hy gedoop wil word, maar Johannes weier.

Is die Man se sondes dan so groot dat Johannes hom nie eers wil doop nie?” fluister een.

Maar dan kreun Johannes dit uit: “Ek is nie waardig om U te doop nie! Ek moet eintlik deur U gedoop word, en U kom na my toe?”

Wat bedoel Johannes?” wil iemand weet, “Is hier dan meer as een profeet?”

Waarom wou Jesus Hom laat doop? Hy het tog nie sonde gehad nie? Daar was veral twee redes waarom Jesus gedoop moes word: Eerstens om Homself te vereenselwig met die mense wat na Johannes toe gestroom het. Hy het homself nie bo die doodgewone mense verhef nie, al het Hy ook alle rede daartoe gehad. Later in die verhaal sien ons hoe laag Hy sou daal om maar net die verworpenes te bereik. Maar daar was ook ‘n ander rede: Deur Sy doop sou God Hom salf met die Heilige Gees.....

Baie tesinnig voer Johannes hierdie doop uit op Jesus, sy verlangse familielid. En dan gebeur dit: Wanneer Jesus uit die water kom, is dit asof die hemel bokant hulle oopskeur. Johannes staan verslae as hierdie onbeskryflike gesig hier reg bokant hom afspeel. Vanuit die geopende hemel daal daar iets absoluut onbeskryflik neer, reg op Jesus af. Dit lyk amper soos ‘n duif. En dan skielik besef Johannes: Dit is die Heilige Gees wat uit die hemel neerdaal op Jesus om Hom te salf vir Sy amp.

Johannes val in aanbidding neer op die grond, want vanuit die hemel weerklink daar ‘n Stem wat spreek van gesag en majesteit: “Jy is My geliefde Seun!” Johannes weet onmiddellik dat hierdie Stem met Jesus praat, en dat dit die Stem van God is. “Oor Jou verheug Ek My.” weerklink die stem van God.

Die skare mense is verstom: “Wat het gebeur?” Hulle kon dit nie verstaan nie.

Ek het die Stem van God gehoor”, prewel Johannes aanmekaar, “en ek het bly lewe! Ek is die gesendste van alle mense. Loof die Here!”

Het jy al die Stem van God gehoor? Iemand skryf eenmaal vir my dat sy asseblief die Stem van God hoorbaar wil hoor. Ek het daaroor nagedink en met ‘n groot skok agtergekom dat ek nog nooit geleer het om waarlik stil te word sodat ek God se stem kon hoor nie. Elke keer as ek in gebed voor God gaan, rammel ek ‘n gesprek af met Hom. Ja, ek bid dalk al die regte dinge, maar ek het nog nooit in absolute stilte aan Sy voete gaan sit nie.

Dit was eers een aand tydens ‘n “week van gebed” in ons gemeente, toe dit gebeur het. Dit was een van daardie snikhete, bedompige Natal someraande. Ek het buite die kerk op ‘n boomstomp gaan sit terwyl die sweet my aftap. Ek maak my o toe. En toe gebeur dit: ‘n Sagte, koel luggie verfris my hele gemoed. En in die stilte van die aandwindjie word ek net totaal stil as die Stem van God onhoorbaar saggies in my oor fluister. Wat het Hy ges? Nee, ek weet nie, maar my ganse gemoed het gelig en ek het ’n lofprysing voor Hom uitgejubel. Het ek al ooit God se Stem hoorbaar gehoor? Nee! Maar Hy praat elke dag met my deur Sy heilige Gees. Hy is die Een wat elke dag die boodskap van hierdie dagstukkies in my oor fluister. En elke dag staan ek verstom oor wat ek geskryf het, want dit is nie ek nie, maar die Heilige Gees wat my laat skryf. Ek is maar net die sekretaris.

Markus skryf ‘n notatjie waarin hy kortliks s dat Jesus n die doop die woestyn ingevaar het, weggevoer deur die Heilige Gees, en vir veertig dae lank daar oorleef het tussen die wilde diere, en dat die engele Hom daar versorg het. Soos Johannes en baie profete voor hom, het Jesus ook ‘n woestyntydperk gehad as voorbereiding vir die groot taak wat op Sy skouers gerus het. Maar daar is Hy ook deur die duiwel versoek. Nou was alles gereed vir Jesus se werk om te begin.

Gebed:

Here, dankie dat ek dag-vir-dag U stem kan hoor. Maak asseblief my geloofs-ore oop om U stem duidelik te herken, en te gehoorsaam.

TERUG NA BO

Woensdag 10 Augustus 2016

Die Stem uit die Woestyn

Markus 1:1-8

Luister na hierdie dagstukkie

Iewers vanuit die woestyn het hierdie eienaardige man te voorskyn gekom: “Het julle hom gesien?!” fluister die mense onder mekaar, “Sy klere - ek gril my dood as ek sulke rowwe klere moet dra!”

Hulle s dat hy glo ‘n regte, egte profeet is”, waag een dit.

Aag bog man - Israel het in honderde jare nog nooit ‘n profeet gehad nie. Hulle is almal lankal dood!”

Nee rrag jong, hierdie ou lyk nie net soos ‘n profeet nie, maar hy klink ook so.”

Hulle s dat hy elke aand weer in die woestyn in verdwyn - niemand weet waar hy bly nie. Dalk is hy ‘n kluisenaar.”

Iemand vertel my dat hy met sy eie twee o gesien het dat die krel sprinkane eet, en dan doop hy dit nogal in wilde heuning! Jig! Hoe kan ‘n man so leef?”

Van wie praat julle?” wil Andreas weet - hy het so pas die kringetjie betree.

Daardie wilde krel met die woeste hare en die lang baard daar onder by die Jordaanrivier - Johannes is sy naam blykbaar.”

Ja”, voeg ‘n ander by, “Hy is glo nes ‘n krokodil - sleep almal water toe!”

Om wat te maak?”

Hy dp hulle!”

Drdie spektakel wil ek vir myself sien. Kom, kom ons gaan kyk!”

Al skertsende stap die groepie af na die Jordaan. Van ver af sien hulle al hoe die mense saamdrom - daar is letterlik honderde mense wat saamkoek om iemand. “Bekeer julle!”, klink ‘n groot stem iewers uit die skare uit, “Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe!” Andreas besluit dat as hulle hierdie Johannes-krel te siene wil kry, dan sal hulle gou moet maak, want van oral af stroom daar nog mense daarheen, en die skare groei aan teen ‘n ontstellende tempo.

Kom krels, ons moet gou maak!”

Andreas wurm hom tussen die mense deur - hy mt net eenvoudig hierdie man te siene kry. “Wag vir jou beurt!”, snou iemand hom toe, maar Andreas hou hom doof, en hy druk deur. Op die wal van die Jordaan staan die wilde man skielik voor hom, en Andreas skrik hom yskoud as die “profeet” hom reguit in die o kyk. ‘n Profeet is hy beslis! Hierdie man is presies soos wat Pa altyd vertel het van profete: rof en verwilderd. En dan drdie leergordel om sy heupe wat so pertinent uitstaan. “Is hierdie nie dalk die Messias waarvan almal so praat nie?”, wonder Andreas.

Dit is asof Johannes sy gedagtes lees: “Die Een wat na my kom, is my meerdere”, vertel Johannes opgewonde vir die skare, “Ek is nie eers werd om te buk en Sy skoene los te maak nie”, gaan hy voort.

Van wie praat die man?”, wonder Andreas. “Gaan daar dan nog ‘n groter profeet as hierdie ou kom?”

Johannes se blik verskuif nou weer na Andreas: “My seun, wil jy jou laat doop?” Andreas voel bitter ongemaklik. Hy stotter iets onhoorbaar. “Kom my seun, bekeer jou. Laat los al jou sondes. Die profeet Jesaja het ges: Al was julle sondes soos skarlaken, dit sal word soos sneeu. En al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.” Andreas wil omdraai en weghardloop, maar hierdie man se blik hou hom gevange. “Laat los jou sonde, en laat jou doop.” eggo die man se woorde deur sy kop.

Dan neem hy die besluit: “Ja goed dan…...”

Andreas sweef op ‘n wolk. Hy kan nie glo dat hierdie ding met hom gebeur het nie. Hy, ‘n geharde visserman, het hom laat ompraat om gedoop te word. “Wat gaan ouboet Simon hiervan s? Hy gaan ontplof as hy hoor wat ek aangevang het!”

Ek het wel met water gedoop, maar Hy wat n my kom sal julle met die Heilige Gees doop”, hoor Andreas Johannes se woorde draal.

Wie is hierdie Persoon tog waarvan Johannes praat?” wonder Andreas terwyl hy aanstap huistoe.

Vir die Jode was die woestyn nie alleen ‘n onherbergsame woesteny nie, maar ook ‘n plek van voorbereiding, waar God mense toerus vir ‘n groot taak. En ‘n reuse taak was dit inderdaad vir Johannes. Ook sy kleredrag moes herinner aan die profeet Elia. Die Jode het verwag dat die Messias se koms voorafgegaan sou word deur ‘n profeet soos Elia. Nou was alles gereed: Die langverwagte Messias kon maar na vore tree......

Vandag s Markus vir my en jou dat Jesus se koms die hl grootste gebeurtenis in die geskiedenis was. Die verbond met Adam, Noag en Abraham was groot hoogtepunte. Hulle was almal egter klein in vergelyking met die koms van die Messias, wat alreeds voorspel en beplan was tydens die sondeval in die paradys. Vandag is daardie gebeurtenis 2000 jaar gelede ook die hoogtepunt in my en jou lewe, en met God se plan met jou en my lewe. Kan jy ook so opgewonde raak daaroor soos wat Johannes daardie tyd was?

Gebed: Here, dankie dat U ook vir my ingesluit het in U groot raadsplan - dat daardie gebeurtenis 2000 jaar gelede ook vandag vir my vars en nuut en aktueel is, en die grootste gebeurtenis in my lewe.

TERUG NA BO

Maandag 8 Augustus 2016

Die Evangelie

Inleiding tot die Evangelie volgens Markus

Luister na hierdie dagstukkie

Die Evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin s:” - met hierdie kort sinnetjie kondig Markus aan waaroor sy boek handel. Dit is nie alleen die inleiding tot die eerste vyftien verse van die boek nie, maar dit dui die ganse wese van sy boek aan. Markus noem sy boek bloot: Die Evangelie, Goeie Nuus! En waaroor gaan hierdie goeie nuus? Natuurlik oor Jesus en oor die verlossing wat Hy kom bied. Markus se hele boek draai slegs om een enkele Persoon: Jesus.

n Kritikus oor literre werke sou vir Markus ‘n nul gegee het vir sy boek se openingswoorde. In ‘n goeie speurverhaal sal jy moet wag tot die hl laaste bladsy om uit te vind wie die skuldige is. In Markus se verhaal blaker hy sommer in die hl eerste sinnetjie uit wie die belangrike Persoon is. Maar dan is dit so dat jy reg van die begin af moet verstaan: Jesus is die Christus, die Seun van God. Sonder hierdie feit is die boek van gn waarde nie.

Maar is dit werklik die moeite werd vir my om hierdie boek te lees? Is dit vandag nog enigsins van waarde vir ons moderne gelowiges? Het die boek werklik vir ons vandag ‘n aktuele boodskap?

Markus se boodskap is in ‘n sekere sin baie kontroversieel. Ek het al baie mense hoor s, dat as jy ‘n Christen is en ernstig is oor jou geloof, sal alles net goed gaan met jou. Tespoed sal jou pad nit kruis nie, en jy sal blakend gesond wees. Jou sake sal suksesvol wees en voorspoed sal jou metgesel wees. Markus s: Nee, dit is nie waar nie! Volgens Markus is die teenoorgestelde eintlik waar, want as jy werklik vir Jesus wil volg, moet jy bereid wees om swaarkry te beleef.

Waarom doen jy nog dan al die moeite om Jesus te volg, as dit vir jou net swaarkry in die sak bring? Die eenvoudige rede: as jy die dag begin besef wie Jesus waarlik is, die Seun van God, kan jy net eenvoudig nie anders as om Hom te volg soos Hy gevolg wil word nie. En dit is nie ‘n maklike paadjie nie! Die Jode van daardie tyd wou Jesus eintlik heeltemal anders volg. Hulle wou dit h dat Jesus hulle van die Romeinse juk sou verlos, en dat hulle dan natuurlik triomfantlik sou leef in vrede. Selfs vir die dissipels was dit moeilik om te begryp dat dit nie is wat Jesus kom doen het nie. Hy het gekom om te ly en te sterf.

Eers wanneer ons as gelowiges dit werklik begryp, begin ons besef dat as die Seun van God moes ly, hoe kan ons dan aanspraak maak op ‘n lekker lewe? Ek moet k bereid wees, nes Jesus, om my kruis op te neem, myself te verlon en Hom te volg.

Wie was die man wat hierdie Evangelie geskryf het? Baie eenvoudig: Sy naam was Markus. Ongelukkig is dit al wat ons van hom weet. Daar is baie teorie oor wie presies hy was, maar hulle bly almal maar net gissings. Een teorie is dat hy die Johannes Markus is waarvan geskryf word is Handelinge 12. Ons weet absoluut niks van hierdie onbekende skrywer nie, buiten dat hy ‘n Joodse Christen was, en dat Grieks nie sy moedertaal was nie. Ons weet egter dat dit die heel eerste Evangelie is wat geskryf is en dat dit ongeveer 65 of 70 nC geskryf is, sowat 35 jaar na Jesus se kruisiging en opstanding. Voor Markus sy verhaal geskryf het, is die gebeure mondelings oorgedra, en Markus maak gebruik van hierdie vertellings om die boek saam te stel.

Ons mag dit egter nooit uit die oog verloor, dat Markus nie sommer maar net gaan sit het en die verhaal van Jesus begin skryf het nie. Dit was ‘n Goddelike inspirasie wat gelei het daartoe dat hy dit begin skryf het deur die inspirasie van die Heilige Gees. Markus is die wonderlike, meesleurende verhaal van Jesus, die Seun van God wat gekom het om te ly en te sterf vir ons verlossing.

Nadat Markus sy verhaal geskryf het, het Matteus en Lukas dit onder o gekry, en hulle het gebruik gemaak van baie van die materiaal in Markus se boek om hulle eie weergawes van die Evangelie neer te pen. Elkeen van hulle het egter sy eie unieke stempel afgedruk, want hulle het elkeen die verhaal geskryf uit ‘n totaal ander oogpunt.

Vir wie het Markus oorspronklik geskryf? Ons kan aflei dat dit vir gelowiges was wat in ‘n baie moeilike tyd van konflik geleef het. Die Romeine het oorlog gemaak teen die opstandige Jode, en dit kon dalk vir hulle bedoel wees. ‘n Ander moontlikheid is ook dat dit geskryf is vir die gelowiges wat so wreed deur Nero vervolg is. Vir hulle was die boodskap dat Jesus nie maar net iemand was wat in Palestina geleef het nie, maar dat Hy ook hulle soort lyding moes verduur.

Vandag wil Markus met ons praat en moed gee in die situasie waarin ons onsself bevind, waar geweld, oorlog, konflik en swaarkry aan die orde van die dag is. Jy sal dan ook duidelik sien dat Markus nie eers meld van die geboorte en kindertyd van Jesus nie, maar dat hy sommer wegval in die hl eerste hoofstuk met Jesus in die genadelose woestyn en die duiwel wat Hom versoek.

Ek nooi jou uit om saam met my deur die bladsye van hierdie aangrypende boek te stap op soek na God se wil vir ons lewe.

Gebed: Here, ek wil U graag dien met my hele hart, al kos dit dan ook vir my swaarkry.

TERUG NA BO


Terug na vandag se ordenking
Epiloog
Die Lee Graf
Jesus se Begrafnis
Jesus Sterf
Gekruisig
Geslaan en Gespot
Voor Pilatus
As die Haan Kraai
Voor die Joodse Raad
Verraad in die Nag
Jesus se Gebedsworsteling
Op Pad na Getsemane
Die Paasmaal
Judas - God se Pion?
Jesus Word Gesalf
Die Profetiese Rede 3
Die Profetiese Rede 2
Die Profetiese Rede 1
Geestelike Hoogmoed
Die Grootste Gebod
Opstanding, 'n Werklikheid?

Wat van Belasting?
God se Wingerd
Jesus se Gesag
Vye-toebroodjie 2
Markus se Vye-toebroodjie
Die Intog
Bartimeus die Blinde
Ereplek in die Koninkryk
Die Ryk Jongman
Jesus en die Kindertjies

Egskeiding?
Verdraagsaamheid
Nederigheid
Jesus Genees 'n Seun
Wat van Elia?
Verheerliking op die Berg
Om Jesus te Volg
U is die Messias!
Blindheid
Suurdeeg

Fariseers soek 'n teken
Jesus voed weer 'n Skare

Jesus Genees die Doofstomme
Die Siro-Fenisiese Vrou
Wat maak jou Onrein?
Tradisies
Jesus Loop op die See
Kos vir ‘n Skare
n Grusame Einde
Op die Sendingveld
Verwerp in Nasaret
Jarus se Dogtertjie
Jarus se Frustrasie
Besete in die Begraafplaas
Die Storm
Die Mosterdsaadjie
Die Sonneblomland

Die Lamp Onder die Emmer
Die Saaier
Jesus se Familie
Laster teen die Heilige Gees
Twaalf Aangewys
Die Gebreklike se Genesing
Jesus, Here van die Sabbat
Om te Vas
Levi se Partytjie
Die Verlamde Man (deel 2)
Die Verlamde Man (deel 1)
Die Melaatse Word Genees
Petrus se Skoonma
Besetene in Kapernaum
Jesus se Taak Begin
Die Stem van God
Die Stem uit die Woestyn
Die Evangelie