kjv
Webwerf  vir die KJV van Durban Noord uit die Sestiger Jare.
Inhoud

As jy op enige manier betrokke was by Durban Noord se KJV in die sestiger jare, dan is hierdie spasie net vir jou. Onthou jy dalk vir Martie of  Reinier of  Louis (daar was 'n hele paar) of  Piet of Rentia? Dalk Willie of  Karien of  Stinkie? Skryf dan gerus aan my!

Ons beplan om hier 'n webwerf te skep wat al die ou herinneringe gaan oproep. Stuur asseblief al jou ou fotos en staaltjies aan my by louis@dagstukkie.co.za sodat ek dit hier kan plaas, en ons almal daarin kan deel.

Groete,

Louis Nel
Louis.jpg
Lees Vandag:
Ons Dag se Brood
www.dagstukkie.co.za
.
Nuusbrokkies

Kommentaar:


Nuusbrokkies

Willie Daal ter Aarde Neer (letterlik!) - 6 Januarie 2012
Willie het verdwyn, en skielik, met 'n groot "BANG!" hoor ons weer van haar - nie baie goeie nuus nie, want sy het geval en haar enkel gebreek. Willie, ons almal dink aan jou en bid vir jou gedurende jou tyd van pyn.
Maar lees liewer self wat Willie skryf:

Dag se Almal Dit is so lekker om weer tuis te wees.

Ek het Saterdag aand 31 in die reen op die trappie by ons agterdeur gegly en op my linker voet te lande gekom.  Die enkel in 3 plekke gebreek tot die haksken is af.   Nou sit ek hier met been in die lug en totaal van ou George afhanklik.   Omdat my bene (osteoporetic) is het hulle met al die plate en skroewe gesukkel nou mag ek geen gewig op die voet sit vir 8 weke nie.   Dit klink vir my soos ‘n leeftyd.   Maar Karien ek gaan beslis op die bot wees op die 23ste die sindikaat wil nie hoor van by die huis bly nie hulle sê ons het nie ons oujaars party kon hê nie deur dat ek geval het, ja ons sal 2011 nooit vergeet nie. Dit was omtrent ‘n storie.

Ek sê dankie vir julle almal vir die goeie wense wat ek ontvang het en Mart dit was so lekker om van jou te hoor.   Karien het jou fotos vir my aangstuur  -  julle lyk almal pragtig.   Jy het 2 pragtige kinders en ek kan sommer sien hoe trots jy is.   Wonderlik.

Arthur en Esther moet nie stress nie - wanneer julle ‘n kansie kry dan hoor ons van julle.   Dit is wonderlik om so besig te wees.   Dit is ‘n groot seën om so baie tyd met die kleingoed deur te maak en dit hou ons jonk.

Liefde groete vir julle almal en julle families.

WillieJ

'n Briefie van Arthur - 2-1-2012

Hi Louis.
Skuus ek nou eers antw. Ek was bietjie bedag op jou brief maar Willie se bel laasmaand het my totaal ''geboul''. Dis goed om weer kontak te maak.

Ek en Esther woon nou al 22 jaar in Rustenburg. Ons oudste dogter, Susan, en haar fam woon ook hier en ons sien hulle en ons 4 kleinkinders amper elke dag - groot voorreg! Die ander dogter Alta, en haar man is in Centurion en hulle seuntjie sien ons heeltemaal te min! Ek werk nog en Esther gee nog wiskunde klasse so ons geniet die Des breek geweldig.  Groete en ons vertrou vir 'n mooi 2012 vir julle.

 Arthur


'n Briefie van Willie - 20-12-2011

Hello Andre,Karien en Louis

Het jy iets op Louis se webblad geplaas.   Ek kan net sy deel oop maak en my komper “Genius” is in die Drakensberge op ‘n week se vakansie wat hy brood nodig het want hy is so besig.  Dit is nou Georgey my seun.  Hy werk vir himself in die IT besigheid.   Ma weet nie al dag wat hy doen nie dit is genoeg vir my dat hy sy eie lewe het met sy eie woonplek en genoeg het om van te lewe.   My kinders is albei baie geseen.   Ek het hulle terug gegee aan die Here pas nadat hulle gebore was want ek glo hulle is Sy kinders eerste en dan myne.   Ons het ons ups and downs soos alle ander gesinne maar deur die Genade is ons altyd deur die drif getrek.  Stel dit so ons het soveel om voor dankbaar te wees dat ons dikwels skaam kry oor ons seeninge.

Ek het gister met Ester, dit is nou Arthur (Stinkie) se vrou gesels.  Sy klink na ‘n baie oulike mens.   Sy vertel dat Arthur nou 120 swart studente onder hom het wat hy help om predikante te word names die universiteit van Pretoria.  Hy geniet dit glo baie en sy se dit is ook beter vir hulle as gesin.   Hulle het 3 kinders en 5 kleinkinders.

Ethel woon in Nylstroom en is ongetroud.   Ester se Arthur is sleg as dit kom by brief skryf so sy sal met ons korrespondeer sodra sy die tydjie kry.  Die kleinkinders kom elke dag na hulle toe vir middagete en dan gee sy ook wiskunde klas tuis nou al vir 20 jaar.   Sy gaan Pieter Rabe se telefoon nommer vir my kry en as hulle Renier sin het dit ook so ek sal dit versprei.   Dit was so baie lekker om met ester te kon gesels en so veel te prober inhaal.  Hoeveel jare is nie al verby sonder eninge kontak tussen ons almal nie.   Nou bring ons gemeenskaplike belangsetlling en geloof ons weer by mekaar.   God het ‘n plan!

Ek gaan prober om die foto wat en van my kinders geneem het aan te heg.   Terloops ek en George het besluit ons bly liewer “technology challenged” want dit is net te veel moeite om al die dinge nou te moet onthou.   Ons gebruik dit nie heel dag nie en dit is ook nie so belangrik vir ons daaglikse lewe nie, so ek se vir jou Louis, baie dankie vir al die moeite ek sal wel elke dag probeer om in te gaan op die web maar die epos is vir my die maklikste en ek geniet jou dagstukkies baie en stuur hulle  dan aan na ander maats wat julle nie ken nie.  Louis jy is ook so goed met jou woorde wanneer jy skryf.  Het jou staaltjie van die berge aan George gelees dit was pragtig en ek was weer op die berg.  Weet jy dat albei my enkels verstuit was maar omdat hulle gevries was het ek dit nie geweet voor die oggend toe ek moes werk toe stap na Briardene tak van ENB waar dit my eerste dag in die tak sou wees.   Stel jou voor as ek siek in gebel het -  maar ons het nie sulke dinge in daardie dae gedoen nie.  

Ek beplan ook om my ou fotoalbum in die nuwe jaar uit te krap dan kan Christine my help om die fotos te scan kleiner te maak en vir julle aan te stuur, okay?

 Lekker dag vir julle almal.

Liefde groete

Willie