Ander Dagstukkies

Vorige Dagstukkie

Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Vrydag 21 Julie

Tradisies

Matteus 15:1-20

 In ons gemeente was daar eenmaal, ‘n klompie jare gelede, ‘n hewige debat op ‘n kerkraadsvergadering oor watter soort klere die ouderlinge en diakens mag (můťt) dra in die kerk. Die hele aand se vergadering, tot laatnag toe, is aan hierdie onderwerp gewy, en die arme predikant moes net bontstaan om vure dood te slaan. Hier het dit gegaan oor manne wat tradisies van swart pakke klere en wit dasse wou handhaaf, teenoor die ander wat in die snikhete Stanger dit net eenvoudig nie meer in ‘n stoombad kon uithou, geklee in ‘n warm pak klere nie. Uiteindelik is daar ‘n ooreenkoms bereik: Safaripakke! Daardie goed was natuurlik daardie tyd hoogmode! Maar aan die einde van die gesprek moes die arme predikant hoor dat hy steeds gebuk moes gaan onder die las van die swart pak en toga. Hy is immers die leraar!

Dan vra ‘n mens jouself die vraag af: wat is die doel van ‘n kerkraadsvergadering? Is dit om ellelange debatte te voer oor die handhawing van tradisies, of is dit om maniere te besin waarop die Koninkryk van God beter uitgebrei kan word?

Onsinnige tradisies was al die oorsaak van baie pyn en marteling in die kerk. Vat byvoorbeeld nou maar die hoed wat vrouens moes dra, of hulle wou of nie. Dankie tog daardie dae is verby! Hoede het veroorsaak dat ‘n erediens dikwels in ‘n modeparade ontaard het. En dan was daar die absurde!

Ek lees eenmaal ‘n storietjie van Ferdinand Deist wat daar in die Sandveld afgespeel het: die koshuiskinders was gedwing om kerk toe te gaan, gevolglik het hulle doodverveeld Sondae op die galery gesit en kattekwaad uitdink. Daardie Sondag het een seun ‘n stuk vislyn met ‘n hoek saamgekarwei kerk toe, en soos sy geluk dit wou hÍ, kom sit ‘n gewigtige ou tante met ‘n reuse wawiel, versier met ‘n plastiek vrugterangskikking op haar kop hier reg onder hom. Toe die dominee sÍ: “Laat ons bid”, neem die kÍreltjie sy kans waar. Almal staan op vir die gebed, en terwyl almal se oŽ toe is, laat sak hy sy hoek na onder, en haak hom netjies in hierdie vrugterangskikking, en hy maak die lyn vas aan die galery se tralies. Wat hy egter nie geweet het nie, is dat die tante die hoed stewig in haar hare vasgesteek het met haarspelde sodat die wind dit nie skep nie. Gevolglik, toe dominee “Amen” sÍ, toe is daar konsternasie, want toe die tante begin sit, toe bly hang sy, soos ou Absalom van ouds, tussen hemel en aarde. Iemand het darem tot haar redding gekom en die lyn gesny met ‘n knipmes. Maar toe volg die tweede konsternasie, want skielik is die spanning van bo onverwags gebreek, en toe plof die ou tante na benede op die kerkbank dat dit weergalm deur die kerk! Die dominee het daardie Sondag puur verniet gepreek, want ek twyfel of enigeen iets van sy preek kon onthou!

Die handewassery wat ter sprake is in Matteus 15 het absoluut niks te doen met normale higiŽne nie, maar suiwer tradisies, wat hulle oorsprong in die tempeldiens het. Die FariseŽrs het hierdie tradisie op die gewone mense probeer afdwing. As hulle nou ook hulle tradisies op Jesus se dissipels probeer afdwing, kap Jesus hulle terug oor hulle skynheiligheid. Volgens tradisie (dis nou die FariseŽrs s’n) moes ‘n sekere deel van hulle besittings slegs aan die tempel gewy word, en hieraan mag hulle nie raak nie. Hierdie was dan ‘n baie maklike manier om hulle ander verpligtinge vry te spring, want daar was mos nou nie meer genoeg oor om byvoorbeeld vir hulle ouers te sorg nie. Basiese naasteliefde moes sneuwel ten koste van ‘n baie vroom tradisie. Jesus noem dit pure lippediens! Uiterlike vroomheid kan nie regmaak wat binne verkeerd is nie. So ‘n uiterlike vroomheid kan selfs veroorsaak dat iemand anders in die proses sondig. Kyk nou maar net hoe die arme koshuisbrak daardie Sondag gesneuwel het oor die ou tante se vrugterangskikking op haar kop! En dit alles net oor uiterlike vroomheid en tradisies.

Ons moet baie duidelik verstaan dat Jesus nie hier ‘n veldtog voer teen vroom uiterlike handelinge of tradisies nie, maar dat dit eerder gaan oor ‘n mens se gesindheid. Opregte godsdiens begin by die regte innerlike gesindheid, en die eerste hoekpilaar daarvan is liefde. Eerstens opregte liefde teenoor God, en dan natuurlik ook opregte, ongeveinste liefde teenoor jou medemens. Hierdie liefde moet weereens nie ‘n aangeplakte aksie wees net om ander te beÔndruk nie, maar moet diep uit jou hart kom. Die spreekwoord sÍ: “Wat die hart van vol is, loop die mond van oor.” As jou hart vol liefde is, sal nie alleen jou mond nie, maar jou hele lewe daarvan oorloop.

Hiermee wil ek natuurlik nie sÍ dat alle tradisies sleg is en uitgegooi moet word nie. Inderdaad is daar steeds mooi tradisies wat behoue moet bly. Maar die voorwaarde moet wees dat ons dit nie onderhou ter wille van die tradisie nie, maar dat ons die ware betekenis agter die tradisie moet uitleef, en dat dit uit die hart moet kom.

Gebed:

Here, maak asseblief my oŽ oop sodat ek kan sien waar die dinge wat ek doen slegs mooi tradisies is. Help my asseblief om waarlik uit die hart vir U te lewe.