Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Dinsdag 18 Julie

Kop op die Skinkbord

Matteus 14:1-12

  Dronkmanspraatjies kan ‘n man soms diep in die sop laat beland! Vat nou maar vir ou Herodus……

Die Herodus wat ons hier van praat is Herodus Antipas. Sy pa was die berugte Herodus die Grote, wat onder andere verantwoordelik was vir die moord op al die Israelse babaseuntjies kort na Jesus se geboorte. Herodus die Grote se drie seuns, Argelaus, Filippus en Antipas het hulle opleiding in Rome gehad, en n hulle wrede pa se dood het hulle elkeen ‘n landstreek gekry wat hulle moes regeer. Antipas se magsgebied was Galilea en Perea. Hy is getroud met die dogter van Aretas van Nabatea, maar hy kon net eenvoudig nie sy o van sy broer Filippus se vrou, Herodias afhou nie. Uiteindelik het sy wellus die oorhand gekry, en hy smyt sy vrou weg en rokkel sy broer se vrou af. Hieroor is Skoonpa Aretas natuurlik bitter kwaad, en die gevolg is ‘n oorlog, een wat Antipas verloor. Maar nou-ja, hy ht toe mos klaar vir Herodias. Of was dit dalk nou s wat hm het? ‘n Regte gifappeltjie, daardie vrou! S lees ons so tussen die lyne deur.

Johannes die Doper kon net eenvoudig nie stilbly oor die land se heerser wat hom soos ‘n vark gedra nie, en hy vertel vir Herodus en Herodias kaalkop die waarheid. En Herodias braak gal! Hoe durf ‘n ongepoetste straatprediker haar man, die Tetrarg van Galilea so beledig! En hulle stop Johannes in die tronk. Dis die soort van dinge wat gebeur as daar nie persvryheid is nie!

En toe kom drdie partytjie: Herodus Antipas verjaar, en hy gooi groot makiti. Ek kan my indink: almal met ‘n titel is daar. Die tafels kreun onder die vragte eksotiese kos, en die drankies vloei mildelik. Narre en skamelgeklede danseressies vermaak die gaste op die maat van die Oosterse musiek. En dan kom die hoogtepunt van die aand: die verruklike stiefdogter van die Tetrarg Herodias se dogter verskyn in ‘n verleidelike, wasige nommertjie wat nie veel aan die verbeelding oorlaat nie. Sy het by haar slinkse ma geleer hoe om mans te betower, en as sy oor die dansvloer gly en wriemel, laat sy menige man in die vertrek kwyl. Herodus kan sy o nie van haar afhou nie. As sy uiteindelik haar laaste draai maak, is die applous oorverdowend. Antipas wink haar nader: “S maar net wat jy wil h!” Hy is merkbaar betower deur haar vertoning. “Enigiets! Ek sweer, enigiets wat jy vra gee ek vir jou!”

Antipas se tong is goed los, want as jy jou vergryp aan die voggies van Bachus, het jy mos die manier om dinge te s wat jy normaalweg nie sou s nie. Jou verstand dink net eenvoudig nie meer logies nie. Sy kyk vraend na Mammie, en Mammie fluister iets in haar oor. Vir ‘n oomblik wil dit amper voorkom asof die meisiekind geskok is, maar dan sprei ‘n slinkse glimlag oor haar beeldskone gesiggie: “Johannes se kop!”

Daar sak ‘n geskokte stilte neer oor die vertrek. Het hulle reg gehoor? Antipas word wasbleek, maar sy vrou sit met ‘n tevrede glimlag op die gesig. “Ek wil Johannes die Doper se kop hier op ‘n skinkbord h!” en sy wys met haar vinger hoe die man keelafgesny moet word. Teen hierdie tyd is Herodus skoon nugter geskrik. Hy probeer nog wal gooi, want uiteraard is hy darem ‘n verantwoordelike heerser! Maar dan onthou hy sy belofte aan haar. As hy nou sou omdraai, is sy reputasie totaal daarmee heen.

“Nou goed dan!” Hy is moedeloos.

En Herodias s in haar mou: “Yes! Yes!”

‘n Rukkie later dra twee slawe die grusame, bebloede gesig in ’n skottel die vertrek binne en gee dit vir die meisie. Sy wil dit nie h nie, en sy gee die afgryslike geskenk vir Mammie Herodias. Herodus voel siek……

‘n Grusame verhaal wat baie vrae in jou gemoed laat. Herodus het die wonderlike voorreg gehad om ‘n besoek te kry van die grootste profeet van alle tye, Johannes die Doper. Wat doen hy? Hy laat hom opsluit en vermoor. Hy kry ‘n tweede kans toe Jesus, die Seun van God, die Messias in sy omgewing kom preek. Hy skrik hom asvaal, want hy dink dat dit Johannes se spook is! Weereens laat hy die kans om die ewige lewe te verkry deur sy vingers glip. Daar was nooit weer daarna ‘n kans vir Herodus nie. Hy het sy laaste kans verspeel!

Iemand skryf ‘n tyd gelede vir my en vra wat sy moet doen om ‘n kind van God te word. Ek het vir haar die duidelike, eenvoudige Evangelieboodskap gestuur. Haar antwoord was dat sy nog nie gereed was daarvoor nie. Sy moes nog eers dinge in haar lewe gaan regmaak. Sy het nooit weer van haar laat hoor nie. Is dit dalk nou ook al te laat vir haar, net soos Herodus? Was haar sondes dalk so groot dat sy gedink het dat daar nie vir haar vergifnis kon wees nie? Jesus het aan ‘n moordenaar die ewige lewe gegee terwyl Hy sterwend aan die kruis gehang het. Selfs sy verskriklike sonde was nie te groot vir God se vergifnis nie. As Herodus dit tog maar net kon besef, was hy dalk ook gered! Hy het egter sy ore toegedruk vir die Evangelie. Hy wou dit nie hoor nie!

Moenie dat dit met jou gebeur nie………..

Gebed:

Here, ek bid vanoggend innig vir die talle mense wat deur hierdie dagstukkies reeds die duidelike Evangelieboodskap ontvang het, en nog nie daarop reageer het nie.