Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Maandag 17 Julie

Wonderwerke

Matteus 13:53-58

 Ek wil vanmre ’n klip in die bos gooi met ‘n vraag wat baie mense dalk sal laat regop sit: Is God se wonderwerke afhanklik van ons as mense?

Moontlik moet ek my vraag kwalifiseer met ‘n paar voorbeelde. In my jong dae het ek nogal dikwels opgetree in kerk konserte en dies meer, en lawwe liedjies gesing. Dikwels het ons ‘n meelewende gehoor gehad, en dan het dit my aangevuur om lles te gee. Hoe meer die mense hande geklap het, hoe beter kon ek op die verhoog presteer. Ek onthou byvoorbeeld een aand, enkele dae nadat ek ‘n neus operasie ondergaan het: ek was in pyn, en die blou sakke onder my o het gewys in watter ongemak ek verkeer het. Toe ek egter begin sing, en die entoesiastiese gehoor por my aan, kon ek nie anders nie as om ‘n suksesvolle, groot vertoning te lewer. My vertonings was egter nie altyd so entoesiasties aanvaar nie. Die mees frustrerende optrede wat ek ooit beleef het was in my eie gemeente, waar dit vir my gevoel het asof niemand eers na my luister nie. Mense het gesit en gesels terwyl ek sing dat die biesies bewe! Inderdaad is jou eie gemeenskap gewoonlik die een wat jou talente die minste waardeer.

Ek word gereeld uitgenooi deur verskeie gemeentes regdeur Zoeloeland om Sondae daar te preek, alhoewel ek nie ‘n dominee is nie. In my eie gemeente het ek egter vier jaar laas die voorreg gehad om ‘n erediens te lei.

Charlise Theron is ‘n uitstekende voorbeeld hiervan. Toe sy in Suid Afrika gebly het, het niemand van haar geweet nie. Sy moes maar tevrede wees met die krummeltjies. Dit het eers gekos dat sy moes wegtrek na Amerika waar sy die nodige aandag kon kry. Daar het mense haar werklik waardeer vir haar ongelooflike talent. En daar in die verre Amerika het sy vir die eerste keer begin blom. Binne enkele jare het sy voorbladnuus geword en die hoogste sport van Oscar toekennings bereik, aangevuur deur entoesiastiese aanhangers.

Ons lees in Matteus 13:53-58 dat Jesus na Sy tuisdorp, Nasaret toe gegaan het. Daar het Hy die eerste dertig jaar van sy lewe deurgebring, en in Josef se timmerwinkel gewerk. As Hy nou na ‘n afwesigheid van ‘n jaar of twee weer daar opdaag, is almal baie skepties. Hulle ken Hom mos! En hulle gaan aan met hulle lewens. Jesus moes baie moedeloos gewees het met hierdie klomp, want h hard Hy ookal probeer, wil hulle nie eers na Hom luister nie. Dalk het Hy vir hulle ges om hulle siekes te bring sodat Hy hulle kon genees. Hulle het egter net skouers opgetrek met: “Wat weet ‘n timmerman dan nou van mediese dinge af?” Jesus se hande was letterlik afgekap, want sonder mense se samewerking was Hy in ‘n sekere sin magteloos. Dit klink verskriklik om dit so te stel! Was Hy werklik magteloos? Natuurlik weet ons vandag dat dit nie die geval is nie! Alhoewel Matteus hier skryf dat Jesus daar maar bitter min wonderwerke kon doen vanwe die mense se ongeloof, weet ons tog dat Hy elders asemrowende wonderwerke gedoen het.

Vandag is dit nog steeds presies dieselfde. Jesus doen vandag steeds wonderwerke, en kort-kort is daar berigte wat daarvan getuig. Jy hoor van asemrowende genesings, waar almal hoop opgegee het. Waar die dokters die pasint klaar afgeskryf het! Iemand het egter in geloof bly vashou aan die een Strooihalm, Jesus. Vandag is daar talle mense wat kan getuig van Goddelike genesings, waar die mediese wetenskap net eenvoudig nie ‘n verklaring het vir wat gebeur het nie. Maar in feitlik al hierdie gevalle is daar iemand betrokke wat die geloof geopenbaar het wat God die geleentheid gegee het om die genesing te bewerkstellig. Genesings is maar een enkele voorbeeld van God se moderne wonderdade. Op talle terreine gebeur dit vandag. Ek kan persoonlik getuig van male sonder tal dat ek dinge alleen kon toeskryf aan die hand van God. ‘n Tyd gelede ry ek die straat af in Ballito. Ek ry onder ‘n reuse vyeboom deur, en dan s ‘n Stem iewers in my dat ek in my truspieltjie moet kyk. Ek stop geskok net daar in die middel van die straat, want reg agter my het daardie reuse boom platgeval, en l dit oor die hele straat. As ek een sekonde stadiger was, was ek waarskynlik papgeval deur die boom. ‘n Vrou wat van voor af kom, het alles sien gebeur: “Jy weet nie hoe gelukkig jy is nie!” s sy vir my. Nee, ek was nie gelukkig nie! God het my bewaar. Dit was nog een van talle wonderwerke wat Hy oor my pad gestuur het.

Die vraag is nou egter: is God dan afhanklik van ons geloof om wonders te doen? Is Hy met ander woorde magteloos as ons nie glo nie? Daar moet ek ‘n duisendmaal nee s! Natuurlik is Hy nie afhanklik van ons as mense nie. Hy is nie afhanklik van enigiets of enigiemand nie! Het Hy dan nie die ganse heelal geskep uit absoluut niks nog voordat daar enige lewe was nie? Wat egter wl waar is, is dat God wil h dat ons geloof in Hom moet h. Wanneer ons hierdie geloof begin openbaar, gebeur daar dinge in ons lewens wat andersins onverklaarbaar is. Nou moet ons ook natuurlik baie versigtig wees om nie ons geloof te probeer gebruik om God te manipuleer nie. Dit kan en mag net eenvoudig nie! Jou geloof moet in diepe kinderlike afhanklikheid van God gebruik en gesien word, nie as ‘n verdienste nie, maar as ‘n absolute genadegawe.

Gebed:

Here, ek kan nie ophou sing van al U wonderdade nie.