Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Vrydag 14 Julie

Die Krugermiljoene

Matteus 13:44-52

 Vertel vir enige jong seuntjie van ‘n skat wat iewers begrawe l, en jy sien sommer hoe borrel hy van pure opgewondenheid! Dit is egter nie net vir klein seuntjies wat ou President Paul Kruger se skatte opgewonde gemaak het nie. En Waterval Boven was vir baie jare die brandpunt van bespiegelinge oor daardie fabelagtige skat, want die ou President se laaste staning was in die klein dorpie, Waterval Onder. Talle fortuinsoekers was vas oortuig dat hy al sy goud juis in daardie omgewing laat begrawe het. Kort-kort het daar iemand opgedaag wat nuwe insig sou gekry het oor presies waar al die fabelagtige rykdom begrawe sou l, en dan wou hulle berge versit, letterlik en figuurlik!

Destyds, in my kinderjare het etlike mense by Oupa kom soebat om te soek vir die goud op ons plaas by Waterval Boven. Hulle was oortuig daarvan dat dit op ons plaas versteek was. Al goud wat ek ooit daar raakgeloop het, was Ma se goue ring en Oupa se goue medalje wat hy in sy jeug met atletiek verower het.

Maar stel jouself nou net voor: in ‘n ou kis op jou solder ontdek jy ‘n nota wat sommer geel is van ouderdom. Dit is geskryf deur jou Oupagrootjie, en hy was een van die ou President se vertrouelinge. In die briefie, gerig aan Oumagrootjie, beskryf hy presies waar hy en sy makkers ‘n groot hoop goud begrawe het om n die verwoesting van die Boereoorlog weer die land op sy voete te bring. Sou jy nie opgewonde wees nie? Uiteindelik is hierdie raaisel van meer as ‘n eeu opgelos! En jy is die enigste een wat daarvan weet. Jy pak jou tasse en vat die pad na die Laeveld toe. Alles het verander oor die afgelope honderd jaar, maar na ‘n lang soektog kry jy die plaas wat in Grootjie se brief beskryf is. Alles is presies net soos Grootjie s! Jy is so opgewonde dat jy eintlik bewe. Jy spoor die eienaar van die plaas op, en jy maak hom ‘n aanbod om die grond te koop, want jy is absoluut oortuig daarvan dat daardie ongelooflike skat juis daar begrawe is.

Hoe weet jy dit? Jou bron is een honderd persent betroubaar, want hy was persoonlik daar, en hy was deel van die geselskap wat die goud begrawe het. Natuurlik glo jy hom, en noudat jy so naby daaraan gekom het is daar ‘n opgewondenheid wat onkeerbaar deur jou are bruis. Jy is bereid om feitlik enige prys vir die grond te betaal. Jy gaan selfs jou huis en al jou eiendom verkoop om genoeg geld te kry om die plaas te koop, want die beloning sal dubbel en dwars opmaak vir wat jy betaal.

Jesus se derde groot preek word afgesluit met drie kort gelykenisse. Die eerste twee het te doene met dinge van groot waarde, presies soos in ons storie hier bo. Jesus s dat wanneer so ‘n geleentheid van die een of ander groot skat hom opdoen, sal jy enigiets doen om daardie skat in die hande te kry. Kyk maar watter moeite doen party mense nie om skatte uit ou skepe wat vir honderde jare onder die see l te kry nie. Geen geld of moeite word ontsien nie! So is dit met die Koninkryk van God: as ‘n mens dit die dag ontdek (of as dit j dalk ontdek!) dan raak jy s opgewonde daaroor dat jy letterlik enigiets sal doen om deel daarvan te word.

Vat nou maar vir Petrus en sy makkers: hulle was so ‘n voorbeeld. Hulle het alles net so gelos, hulle werk, vriende, ouers, familie, bote. En hulle het Jesus onvoorwaardelik gevolg. Nee, nie sommer net vir ‘n dag of wat nie, maar vir drie jaar lank was hulle bereid om totale ongemak te verduur om net maar by Jesus te kon wees. Vir hulle was hierdie Skat van onskatbare waarde! Wanneer ‘n Moslem vandag daardie Skat ontdek, dan moet hy bereid wees om absoluut alles prys te gee, want totale verwerping van sy familie en vriende is sy voorland. Hy word gestroop van alles wat hy besit en alles en almal wat vir hom dierbaar is. Boonop is hy dan ook gladnie eers meer seker van sy lewe nie. “Is dit die moeite werd?” sou jy dalk wou vra.

Fatima, ‘n dame wat as jong meisie die Moslem geloof verruil het vir die Christelike geloof, het my opgewonde vertel van wat dit vir haar beteken om Jesus te kan volg. Al die afgryslike ontberings wat sy moes deurgaan was oor en oor die moeite werd. Nou doen sy sendingwerk. en versprei die Evangelie. Die Blye Boodskap deel sy met duisende mense wat vasgevang is in Hindoesme en Islam se kloue.

My vraag aan jou vanoggend is, of jy al daardie Skat wat mense so opgewonde maak, ontdek het? Jy het? Is jy ook opgewonde daaroor? Is jy so opgewonde as wat jy sou gewees het as jy die Krugermiljoene ontdek het? Is jy so opgewonde dat jy net eenvoudig nie daaroor kan stilbly nie, en dat jy vir elkeen wat jou pad kruis moet vertel daarvan?

Mag hierdie naweek wat voor die deur l vir jou groot sen inhou, en jou borrelend opgewonde maak oor die fabelagtige Skat wat alleen Jesus jou kan bied, die Skat van God se Koninkryk en van die Ewige Lewe.

Gebed:

Here, dankie dat U vir my ook daardie skat van die Ewige Lewe en U Koninkryk gegee het. Gee my ‘n passie om dit ook vir ander te laat kry.