Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Woensdag 12 Julie

Bossies en Blomme

Matteus 13:24-43

 Ek wil myself nou nie juis as ‘n tuinier van formaat beskou nie, want groen vingers het ek nou nie juis nie. Boonop laat my besige lewe nou ook nie juis toe dat ek veel tyd in die tuin spandeer nie. Maar in die goeie ou dae toe ek nog my eie huis gehad het, en tyd op hande gehad het, was dit vir my baie lekker om myself so af en toe in Ballito se rooi sandgrond in te begewe, en dan sien jy net stof spat. En ek kon spog met nogal ‘n mooi tuin, maar ek moet haastig bys dat dit nou nie alles net m slimmigheid was wat die tuin so mooi gemaak het nie. Die lof moet eintlik gaan aan ‘n kreatiewe jong Zoeloe krel genaamd Andrew, wat Saterdae kom arbei het in my tuin, en sy kreatiwiteit mildelik ingewerk het.

Een ding wat ek nog nooit met groot sukses kon regkry nie, is om blomme en veral groente van saad af te kweek. Moontlik het ek nie genoeg geduld daarvoor nie. Maar so af en toe dan sien ek ‘n pakkie blomsaad met ‘n prentjie voorop wat so verruklik en aantreklik lyk dat ek dit net eenvoudig mt koop. So koop ek toe eendag, pas nadat Andrew vir my begin werk het, ‘n pakkie met die allerfraaiste blommetjies op die voorblad. Ek het ‘n paar spaar minute, en ek kry oorhaastig ‘n lappie grond reg, werk kompos en kunsmis in en ek saai die saadjies. En ek wag. Ek is opgewonde oor my handewerk, en met groot verwagting sien ek uit na ‘n kleurvolle kol blomme tussen die vaal struike. Uiteindelik begin die eerste blommetjies hulle koppies uitsteek bo die grond. My stoutste verwagtinge word oortref, want vir een keer in my lewe kom l my saadjies op! Ek is oorstelp van vreugde.

Twee weke gaan verby, en my blommetjies groei al te pragtig, maar vir di van julle wat Natal ken, sal weet dat bossies hier beslis baie beter groei as blomme, en weldra is die bedding oorgroei van bossies. G’n probleem nie, want Saterdag is Andrew mos hier, en hy weet al dat bossies die eerste prioriteit in my tuin is.

En so daag Andrew daardie Saterdag op met ‘n lied in die hart en ‘n missie om van bossies kleingeld te maak. Ek raak elders baie besig, en dit is eers laatmiddag toe ek ‘n draai in die tuin gaan maak. Andrew se taak vir die dag was afgehandel en hy glimlag van oor tot oor as hy sy handewerk aanskou. En ek aanskou k. Wat ek sien vervul my met afgryse! Daardie oggend nog, het my blommetjies wat ek met soveel moeite en liefde gesaai het, nog vrolik vir my geglimlag. Hulle het nou wel tussen ‘n spul bossies gestaan, maar hulle was steeds daar! Nou pryk daar net ‘n pynlik-netjiese kaal bedding sonder ‘n enkele bossie. En k sonder ‘n enkele blomplantjie. Andrew het nooit besef dat daardie plantjies veronderstel was om blomme te wees nie!

Ek is bitter ongelukkig, en die arme Andrew is asvaal geskrik. Hoe moes hy dan ook nou weet? Die blomme en bossies lyk dan presies eenders wanneer hulle klein is!

Ons het by ‘n vorige geleentheid gesien dat ‘n mens jou nie totaal van die wreld kan afsonder nie. As gelowige skuur jy gedurig skouers met ongelowiges en heidene van enige soort. Hier in Natal is dit dalk meer so as enige ander plek, want Hindoes, Moslems en allerhande Oosterse gelowe is hier aan die orde van die dag. Wanneer jy egter in die kerk kom, bevind jy jou tussen gelowiges. Of doen jy werklik? Inderdaad is almal wat kerktoe gaan nie gelowiges nie! Sommige kerkgangers sit maar net daardie masker van geloof op vir ‘n verskeidenheid van redes. Ek het al dikwels gehoor dat iemand s dat ons die kerk moet suiwer van al hierdie skyngeloof. Ek weet selfs van gemeentes waar dit werklik gebeur het. Ek het slf al voorgestel dat al die onbetrokke lidmate van ons gemeente se lys verwyder word. Ek kon al my tong afbyt dat ek ooit so ’n ding kon voorstel!

Is die kerk dan net vir gelowiges? Inderdaad is die kerk, oftewel die gemeente, die plek waar gelowiges geestelik gevoed en gebrei en opgelei word om hulle plek in die Koninkryk te kan volstaan. Maar is dit nie juis ook die plek waar ongelowiges die Woord kan hoor en Jesus se pleidooi om na Hom te kom kan hoor nie? As al die ongelowiges in die kerk “uitgeroei” word, gaan daar beslis ‘n paar gelowiges ook sneuwel wat swak staan in die geloof. Maar terselfdertyd gaan ‘n paar ongelowiges dalk van hulle laaste kans om die ewige lewe te kan smaak, ontneem word.

Natuurlik mag ons nooit aanvaar dat dit maar reg is dat baie van ons mede-gemeentelede lou of ongelowig is nie, en dit moet ons juis aanspoor om daardie mense te motiveer om bruikbaar vir die Koninkryk te word.

Terloops, na daardie droewige dag het Andrew nog nooit weer ‘n “verkeerde bossie” uitgetrek nie. Hy het die boodskap helder en duidelik gekry, en met sy ywerige hulp het ons tuin later die “tuin-van-die-maand” toekenning in Ballito gekry. Sou ‘n “Gemeente-van-die-maand” toekenning onvanpas wees? Ek vra maar net……….

Gebed:

Here, ek wil myself so dikwels onttrek uit die sondige wreld, maar hoe gaan die mense dan U boodskap van verlossing hoor? Gee my asseblief die krag en wysheid en ywer om U Woord oral uit te dra.