Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Vrydag 7 Julie

Saai Sonder Ophou

Matteus 13:1-9

 Ek kamp ‘n klompie jare gelede met ‘n spannetjie Voortrekkertjies in ‘n pragtige kloof op ‘n plaas naby Ballito. Ons neem slegs die noodsaaklikste benodigdhede saam. ‘n Tent was nie beskou as een van die noodsaaklikhede nie. Die kinders moes ondervind hoe dit voel om onder die sterre te slaap. Met ‘n nou suikerpaadjie ry ons tot ‘n entjie van die kloof af, en dan stap ons die laaste ent. Voor ons doem ‘n lowergroen woud op, byna ondeurdringbaar. ‘n Helder waterstroompie kabbel tussen die woudreuse deur. In die klam grond sien ons die spore van bosbokkies, duikertjies en bosvarke. Met groot opgewondenheid begin die kinders kamp maak. Ek asem die heerlike, klam woudlug diep in my longe in. Skemer begin toesak oor ons, en die kinders kry die opdrag om vuurmaakhout te gaan soek en ‘n vuur aanmekaar te slaan vir die nag.

En dis toe nou net hier waar die moeilikheid begin! Ek lag in my mou, want ek weet hoe ‘n byna onbegonne taak dit is om hier in die klam woud ‘n vuur te maak werk. Ek het boonop aspris nie vuuraanstekers saamgebring nie. Een van die dinge wat die groepie kinders hierdie naweek moet leer, is dat alles in die lewe nie maklik kom nie, en om vuur te maak is een van daardie dinge. Hier is ons in ‘n ongerepte woud, sonder ablusiegeriewe, en die dorpsjapies leer ook gou dat ‘n stort, wasbak en toilet luukshede is. Maar nou is hulle vol lewenslus, en ywerig word daar gesoek na dro hout, wat jy, terloops, nie sommer in so ‘n woud kry nie, want alles is klam. Uiteindelik kom hulle daar aan, elkeen met ‘n arm vol hout. Maar hier begin die moeilikheid rs, want om hout te kry is een ding, maar om dit brand te maak is ‘n hl ander saak. Met groot belangstelling sit ek en kyk hoe hulle vuurhoutjie-na-vuurhoutjie trek om die klam gras aan die brand te kry. Uiteindelik is daar ‘n vlammetjie, en dan blaas en hyg en proes dit om die vlammetjie lewendig te hou. Pikdonker het al oor ons toegesak voordat die eerste houtjies vlamvat.

Ure later, nadat kosgemaak is met groot moeite, sit ons en kyk na die sterretjies wat deur die blaredak vir ons loer. Die grillerige kerm-skreeu van ‘n Bos-nagapie weerklink rens deur die digte bome. Die kinders is doodmoeg, maar opgewonde oor hierdie avontuur wat hulle vir altyd sal onthou. Die vuurtjie is nou nie juis wat jy ‘n reuse sukses kan noem nie. Meeste van die houtjies is te klam en hulle maak net rook. Ander is so nat dat hulle gladnie eers aan die brand kom nie. Maar die enkeles wat tog vlam gevat het maak alles die moeite werd.

Die gelykenis wat Jesus vertel oor die saaier, laat my baie dink oor daardie spesiale tye wat ek in die veld saam met my Voortrekkertjies deurgebring het. Soos wat die saad nie alles wou groei nie, so wou alles in die veld ook nie werk nie. Maar net so het ek ook ondervind dat dit met koninkrykswerk ook nie altyd werk nie. In my jong dae het ons dikwels in Welkom gaan straatwerk doen. Dit was met groot entoesiasme en verwagtings van ‘n groot oes nuwe bekeerlinge, wat ons dikwels die strate ingevaar het. Maar dan moes ons baie keer teleurgesteld huistoe gaan, met slegs ‘n enkele nuwe siel wat vir die Koninkryk gewen is. Dikwels is die vuur-en-vlam straatwerkers aan die einde van die dag moedeloos oor die karige oes.

Jesus se gelykenis van die saaier vertel dan ook van baie “mislukkings”, want baie mense hoor die Woord, en dit is slegs enkele hoorders wat positief reageer. As dit met Jesus gebeur, dan hoef ons nie sleg of moedeloos te voel nie, want dan weet ons mos wat om te verwag as ons slf ook gaan saai in God se lande. Dit is vir ons ‘n wonderlike troos! Nou kan ons ook weet dat ek en jy nie die saadjie wat ons saai aan die lewe hoef te kry nie. God sal lewe gee. Hy is die enigste Een wat lewe kn gee! Ons moet maar net aanhou saai, wetende dat, alhoewel baie saad verlore sal gaan, daar die enkeles is wat sal groei. En dan sal die engele in die hemel juig!

Hierdie dagstukkies wat ek elke oggend skryf, word aan duisende mense gestuur regoor die wreld. Ek weet dat slegs ‘n sekere persentasie wat dit ontvang dit ooit lees. Verder weet ek ook dat slegs ‘n gedeelte van die mense wat dit lees positief daarop reageer. Nogtans is dit vir my ‘n lewenstaak. Ek stuur dit elke oggend met groot entoesiasme uit, want rens is daar iemand vir wie vandag se dagstukkie baie beteken. Dit maak ‘n verskil in daardie persoon se lewe. Ek kry dikwels briewe van persone wat vertel wat dit vir hulle beteken, en dan is alles die moeite werd. En dan, soms kry ek ‘n briefie van iemand wat deur hierdie dagstukkie geroer is om na Jesus te soek. As ek dan die geleentheid gebied word om daardie persoon na Jesus te lei, jubel en juig ek, want dan weet ek dat die saad wat ek gesaai het nie deur die wind verstrooi is nie, maar op vrugbare aarde geval het, en baie vrug sal dra.

Ek wil jou vandag aanspoor om te saai. Baie van jou saad sal verlore gaan, maar moenie daaroor bekommerd wees nie, want iewers langs die pad gaan jou saad vrugbare aarde tref, en dan gaan daar ‘n juigkreet uitstyg in die hemele.

Gebed:

Here, my gebed is vanoggend dat ook hierdie saad wat ek vandag saai, nie leeg sal terugkom nie, maar dat dit iewers op vrugbare grond sal val en groei en baie vrug sal dra.