Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Donderdag 6 Julie

Jesus se Gesin

Matteus 12:46-50

 Wie is my familie? Ek hoor dikwels van mense wat hulle familie totaal afskryf, selfs broers en susters en ouers. Verskriklik! Wanneer Jesus dan vra: “Wie is My moeder, en wie is My broers?” is ons geskok deur Sy opmerking.

Gedurende die ViŽtnamese oorlog kry ’n vrou eendag ‘n oproep van haar seun, wat vir die afgelope jaar of twee vir sy land geveg het. Hy het vir haar die wonderlikste nuus: “Ma, ek is terug van ViŽtnam af, en ek is op pad huistoe!” Die ma is oorstelp van vreugde: “Ons kind kom huistoe!” word die nuus aan Pa oorgedra.

“Maar ek wil ‘n ou gunsie vra, Ma”, gaan hy voort, “ek het ‘n vriend wat saamkom. Hy is soos ‘n broer vir my. Hy is baie ernstig beseer in die oorlog, en hy het ‘n arm en ‘n been verloor.” Teen daardie tyd staan Pa ook al langs die telefoon en luister met een oor. “Die arme man het nÍrens om heen te gaan, en niemand om hom te versorg nie. Sal julle omgee as hy by ons kom bly?”

“G’n probleem nie,” sÍ Ma, “ons sal solank vir hom begin uitkyk vir ‘n ander blyplek en iemand om hom te kan versorg.”

“Nee Ma,” sÍ die seun, “ek bedoel dat hy permanent by ons kom bly. Vir altyd!”

Op daardie stadium vat Pa die telefoon oor: “My seun, jy weet nie waarvoor jy vra nie!” Pa is gladnie gelukkig nie. “Jy weet, iemand wat so gestremd is sal ‘n groot las op my en jou Ma se skouers plaas, en ons het ons eie lewe wat ons wil leef. Ons kan nie toelaat dat so ‘n ding met ons lewens inmeng nie. Kom jy nou maar huistoe, en vergeet van daardie man! Hy sal wel ‘n plek kry om te gaan bly.”

En daarmee is die gesprek afgehandel. Of so het hulle tenminste gedink.

‘n Paar dae later kry hulle ‘n oproep van die polisie. Dit is droewige nuus: daar was ‘n ongeluk, en hulle seun is dood. Geskok verneem Pa wat gebeur het. Hy word meegedeel dat hulle seun van ‘n gebou afgeval het, en dat hulle vermoed dat dit selfmoord was. Hulle moet sy liggaam kom uitken.

Die droewige ouers is na die lykshuis om die uitkenning te doen, maar dan tref die tweede groot skok hulle, iets wat hulle nooit geweet het nie: hulle seun het ’n arm en been in die oorlog verloor ……….

Wanneer Jesus se familielede Hom wil kom sien, is Jesus se skokkende vraag: “Wie is my moeder, en wie is my broers?” Mens wil dadelik die vraag vir jouself afvra: “Maar hoe kon Jesus so hardvogtig wees? Wat dan van die vyfde gebod: eer jou vader en moeder?” Maar as jy mooi gaan kyk na hierdie gedeelte, dan begin jy sien dat jy met so ‘n benadering eintlik die hele punt gemis het. Hy wou hulle nie uitgesluit het nie, maar met hierdie woorde het Hy eerder Sy gesinskring uitgebrei tot almal wat Hom navolg. “Daar is my moeder en broers!” sÍ Jesus, en Hy beduie na sy volgelinge. Daardie handgebaar wys egter baie verder as net die paartjies wat rondom Hom sit. Met hierdie handgebaar sÍ Hy dat almal wat Hom volg, Sy broers en susters - Sy bloedfamilie is. Later, tydens Sy hemelvaart (Mat. 28:20) bevestig Jesus dit verder met die wonderlike belofte dat Hy hierdie familie van Hom nooit in die steek sal laat nie. “Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wÍreld.”

‘n Wonderlike vertroosting wat Jesus ons hier bied. Ons is deel van Sy gesin! Boonop is Hy nie iewers daar ver nie, maar hier by ons! As ons na die gesinsopset van daardie tyd kyk, sien ons wat dit werklik beteken om deel van Jesus se gesin te wees. Daar was ‘n baie hegte band in die gesin. Gesinslede staan deur dik en dun bymekaar. Selfs gesinslede wat afdwaal van die gesin se norme en standaarde, word steeds beskerm en toegevou in die liefde van die gesin. Die “swartskaap” word nie uit die trop gesmyt nie.

Met dit in gedagte, plaas dit ons vandag in ‘n totaal ander perspektief. As dit dan so is dat ek deel van Jesus se gesin is, moet dit ook mos waar wees dat die ander lede van Sy gesin ook naby familie van my is! Nou begin dit half ongemaklik raak, want ‘n gesin is nie ‘n eenrigting affÍre waar Pa vir die gesin sorg, en die res niks doen nie. Inteendeel, in ‘n gesin sorg gesinslede vir mekaar en gee hulle vir mekaar om. Net so met die uitgebreide gesin van Jesus, waar ons vir mekaar moet omgee en lief wees.

Wanneer ons deur die Evangelies lees, kom ons agter dat Jesus van twee soorte liefde praat. Eerstens is daar die liefde vir jou medemens (jy moet jou naaste liefhÍ soos jouself). Dit beteken dat jy vir hulle omgee en dat jy hulle op geen manier sal kwaad aandoen nie, selfs al is hulle jou vyand. Die tweede soort liefde is diť vir jou mede-gelowige. Hierdie is opregte familieliefde wat baie meer intens is en wat van uiterste omgee moet getuig. Om terug te kom by ons verhaaltjie van die geskende seun: natuurlik sou die ouers daardie seun liefgehad het en versorg het, selfs met sy groot gebrek. Hulle het egter nie kans gesien vir so ‘n taak as die familiebande ‘n bietjie verder was nie. Hoe ver is ek en jy bereid om te gaan met ons omgee vir die ander lede van ons uitgebreide gesin in Jesus? Is daar werlik liefde, selfs vir daardie gesinslid wat vir my ‘n verleentheid is of my erg frustreer?

Gebed:

Here, my liefde vir my broers en susters in Jesus skiet so baie ver tekort. Leer my om elkeen waarlik lief te hÍ met ‘n warm Jesus-liefde.