Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Woensdag 5 Julie

Die Ou Spookhuis

Matteus 12:43-45

 Op die plaas waar ek grootgeword het, naby Waterval Boven, was daar die pragtige ou plaashuis wat vir my soveel mooi herinneringe inhou. Maar daar was ook ‘n tweede huis. Die huis is goed instand gehou solank daar iemand in gebly het. Maar uiteindelik het die laaste inwoner vertrek. Die huis is ontruim en skoongemaak, maar toe staan dit leeg. Weldra het die plaaswerkers dit begin gebruik as ‘n werkplek. Daar was baie in gewerskaf: ganse se dons verwerk, sampioene gekweek en wasgoed gestryk. Die ou koolstoof in die kombuisie se skoorsteen het uiteindelik een dag afgebreek, maar niemand het ooit die moeite gedoen om dit te herstel nie. Elke keer wanneer iemand dus die stoof brandmaak, word die hele huis gevul met verstikkende swart rook. Uiteindelik het die plafon en mure pikswart geword van al die rook.

Meeste van die vensters het gebreek, maar omdat die huis nie bewoon is nie, is dit nooit herstel nie. Dit was nie lank nie, of die huis was ‘n totale bouval. Ja, die mure en dak was nog stewig, maar die huis was in ‘n nare toestand. As jy daar instap was dit asof ‘n donkerte jou omklem, en jy voel sommer hoe die swart mure jou van alkante af gryp en vasdruk. Buiten vir ‘n lendelam tafel, was daar geen ander meubels in nie.

Daar was egter baie inwoners! Nou nie juis die vriendelikste van inwoners nie! Daar was altyd ‘n geskarrel van goggas en rotte, en die plek was besmet met vlooie en weeluise. Die plaaswerkers het selfs geglo dat daar ‘n spook bly. Ek het die situasie uitgebuit, en kinders wat daar kom kuier het, met groot vermaak bang gemaak met daardie grillerige plek. Natuurlik het ek met groot verbeelding my eie stories opgemaak oor die grillerige spoke wat daar snags vir jou l en loer!

Uiteindelik is die plaas verkoop. Baie jare later l ek weer daar besoek af. Die plaas is intussen omskep in ‘n gastehuis. Daar is toe ook ‘n mooi einde aan die verhaal, want die eienaar het die bouvallige ou “spookhuis” pragtig opgeknap en dit word bewoon. Waar daar eens swart gate vir vensters was, hang daar nou vrolike gordyntjies. Die eens-dooie huis het skielik lewe gekry. Dit moes seker baie harde werk en skrop en ontsmet gekos het om daardie ou plek weer leefbaar te kry, maar alles was deur en deur die moeite werd.

In Mat. 12:43-45 is Jesus steeds met die Farisers besig. Hulle het Hom vroer gekonfronteer met die uitdryf van bose geeste, en nou vat Hy hulle aan op hulle eie terrein. Hulle het ook die uitdryf van bose geeste bedryf, maar wanneer die persoon verlos was, is hy nt daar gelos om maar self verder op te snork. Gewoonlik kon die arme man nie alleen die mas opkom nie, en kort voor lank is hy maar weer terug waar hy was, en dalk nog baie erger! Jesus s vir hulle dat as jy so ‘n onrein gees uitdryf, dan soek daardie gees blyplek, en as hy terugkom en sy vorige blyplek leeg en skoon kry, dan trek hy weer daar in. Dan bring hy boonop nog sy maatjies k saam. Vandag sien ons dit dikwels met mense wat aan dwelms verslaaf is. Dikwels gaan so ‘n persoon vir rehabilitasie, maar ‘n paar maande later is hy terug, en sommer baie erger. Sonder Jesus is rehabilitasie gewoonlik ‘n totale mislukking.

Weet jy, mense is dikwels ook soos huise. Iemand se lewenshuis het ‘n baie prominente inwoner, die duiwel. Op ‘n dag kom ‘n Christen by hom aan, en verduidelik aan hom dat die duiwel sy lewe oorheers, en dat hy van hom moet ontslae raak. Die man skrik hom dood, en begin ‘n mooi, skoon lewe - gaan selfs kerk toe. Maar stadigaan begin hy weer terugsak in die ou lewe, en uiteindelik sit hy in ‘n baie groter gemors as wat hy was.

Waarom gebeur dit? Volle oorgawe aan Jesus is dikwels ‘n lang proses. Soos ‘n baba nie eensklaps grootword nie, so groei ‘n mens ook geestelik geleidelik. Soos ‘n baba eers melk kry en later vaste kos, so moet ‘n nuwe Christen gevoed word, eers met sagte kos en later die koubare goed. Om aan iemand die evangelieboodskap te verkondig en hom dan net so te los om self die mas op te kom, is wreed. Die persoon moet gehelp en gelei word tot geestelike volwassenheid, anders kan hy dalk uiteindelik in vertwyfeling verval en geestelik doodgaan van die honger. Die taak van die kerk is natuurlik dan ook om toe te sien dat sy lidmate geestelike kos kry en bly groei. Hoe doen hy dit? Sondae se eredienste is maar net die begin. Dit is die plig van lidmate om na mekaar om te sien. Diegene wat geestelik al sterk is moet die “swakker” lidmate aan die hand neem en lei na volle wasdom. Dit is daarom ook uiters noodsaaklik dat daar gedurig opleidingskursusse in ‘n gemeente moet wees, soos huwelikseminare, gebedsopleiding en kursusse in evangelisasie. Kleingroep-bediening is baie kosbaar! Dit is die plek waar jy geestelik groei tot volwassenheid.

Vir die lidmaat wat in totale verlorenheid verval het, is daar natuurlik hoop. Dit is egter ons as volwasse gelowiges se plig om daardie persoon te gaan opsoek en sy lewe op te hef sodat sy lewenshuis weereens mooi kan wees, en bewoon deur die Heilige Gees. Daar is natuurlik ‘n bonus by, want wanneer jy sulke “opheffingswerk” doen, word jy self geestelik versterk! Dit laat jou nog verder groei in jou geloof, en sodoende word jou eie lewenshuis verfraai.

Gebed:

Here, help my asseblief om my eie lewenshuis in stand te hou en uit te bou tot eer van U koninkryk.