Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Dinsdag 4 Julie

Die Gans en die Slingervel

Matteus 12:38-42

  Daar het ’n paar jaar gelede ‘n kostelike storietjie die rondte gedoen op die internet. Wie die oorspronklike skrywer was, weet ek ongelukkig nie. Ek het die storietjie baie vry in Afrikaans vertaal.

Klein Jannie en Sannie het vir Oupa en Ouma op die plaas gaan kuier. Oupa besluit om vir Jannie iets nuut te leer, iets uit sy eie kinderdae. Toe maak hy vir hom ‘n slingervel. Jannie word veld toe gestuur sodat hy kan leer hoe om hierdie nuwe “gevaarlike” wapen te hanteer. Maar terselfdertyd sodat Oupa ‘n bietjie kan rus.

Jannie is opgewonde en hy droom al hoe hy ‘n Goliat daarmee gaan doodgooi, maar tot sy groot frustrasie kom hy agter dat hierdie ding baie moeiliker is om te gebruik as wat hy gedink het. Hy mik na ‘n miershoop, maar die klippe woer-woer sommer hier voor hom in die grond vas. Hoe Dawid dit ooit kon regkry om vir Goliat met hierdie ding raak te gooi, is ’n groot wonderwerk!

Moedeloos na ‘n uur se gesukkel, stap hy terug huistoe. Op die werf blaas Ouma se gans vir hom. Hierdie gans is Ouma se liefling, en sy vertroetel die ongepoetste dierasie. “Stjoepit gans!” snou Jannie die ongedierte toe, en hy woer-woer sy slingervel in die gans se rigting ……. en dan gaan staan Jannie se hart amper: Die klip tref die gans netjies tussen die oŽ, nes Dawid vir Goliat getref het. Morsdood!

Jannie skrik hom boeglam! Hy het nooit in sy wildste drome gedink dat hy die gans sou raakgooi nie! Wat gaan hy doen? Ouma gaan hom lewendig afslag! Daar naby staan ‘n hoop vuurmaakhout. Hy pak vinnig ‘n paar stompies op die dooie gans sodat niemand hom sal kry nie. As hy opkyk, sien hy sy snipperige sussie Sannie daar staan. Sy het alles aanskou! Sannie sÍ nie ‘n dooie woord nie, maar hy kan sommer sien: hier kom groot moeilikheid.

Daardie middag na middagete sÍ Ouma: “Kom ons gaan was skottelgoed. Wie kom help?” Jannie val amper van sy stoel af toe Sannie ewe vermakerig sÍ: “Ouma, Jannie het gesÍ dat hy graag in die kombuis wil help.” En toe brom sy saggies in Jannie se oor: “Onthou die gans!” Ewe gedwee was Jannie die skottelgoed.

Laatmiddag stel Oupa voor dat hulle ‘n bietjie gaan visvang in die plaasdam. Ouma is nie so geneŽ nie, want sy het vir Sannie nodig om te help met aandete. “Moenie wŰrrie nie Ouma”, sÍ Sannie, “Jannie het gesÍ dat hy wil help. Ek sal saam met Oupa gaan.” En weereens gee sy vir Jannie daardie onthou-die-gans-kyk. En Jannie dink: “Maar dis mos afpersing!”

En so hou die ding vir ‘n paar dae aan, en die arme Jannie moet hom vrek werk terwyl Sannie haar verlustig in die situasie. Uiteindelik kan Jannie dit nie meer vat nie, en hy gaan bieg by Ouma oor die gans. Ouma gee hom ‘n drukkie: “Liefling, ek weet van die gans - ek het by die kombuisvenster gestaan toe dit gebeur het, en ek het alles gesien. Maar ek het jou lief, en ek het jou lankal vergewe. Ek was net nuuskierig om te sien hoe lank jy gaan toelaat dat Sannie jou as ‘n slaaf gaan aanhou!”

Weet jy, daar is ‘n “Jannie” in elkeen van ons. Daar is niemand wat nie ‘n paar geraamtes in die kas het nie. Party se geraamtes is net baie meer grusaam as ander s’n! Die tragiese is, dat die duiwel dit uitbuit, en keer-op-keer bly hy daardie ou sondes teen jou voorkop gooi. Dalk is dit ‘n leuen of slegte gewoontes, dalk woede of bitterheid. En weet jy wat? God het elke ding gesien, en Hy weet van absoluut alles! Daar is niks wat jy vir Hom kan wegsteek nie. As jy Sy kind is, het Hy jou ook al lankal daarvoor vergewe, maar Hy wag dat jy daardie sondes voor Sy voete kom neerlÍ sodat Hy jou kan vrymaak van die duiwel se slawesweep wat jou so genadeloos piets.

Maar om daarvoor te kwalifiseer, moet jy deel van God se familie wees. Daar moet met ander woorde ‘n geloofsverhouding wees tussen jou en Jesus. Wat dan as dit nie so is nie? Vergewe God ooit die sondes van mense wat nie in Jesus glo nie?

In Mat. 12:38-42 vertel Matteus van hoe die FariseŽrs vir Jesus gevra het vir ‘n wonderteken, so asof hulle nie al oorgenoeg gesien het nie. Die wonderteken wat Jesus hulle aanbied is ‘n riller, want as ongelowiges sal daar baie “Sannies” wees wat eendag teen hulle sal getuig, en hierdie slag sal hulle nie meer kan bieg en vergifnis kry nie, want dit sal lankal te laat wees. God se genade is oneindig groot, en Hy gee soveel geleenthede vir mense om om te draai en Hom te volg. Die FariseŽrs byvoorbeeld, het talle geleenthede gehad: hoeveel keer het Jesus nie wonderwerke voor hulle oŽ laat gebeur nie? Hulle het die Skrif geken en hulle kon daaruit duidelik sien dat Jesus die Messias is, maar hulle het hardnekkig geweier om Hom te erken en te volg. Teen hulle is daar ‘n skare van gelowiges wat eendag ‘n verdoemende getuienis sal lewer. Vandag geld presies dieselfde vir die talle mense wat die Evangelie oor en oor hoor, maar nie die besluit VIR Jesus wil maak nie!

As jy egter ‘n kind van God is, sal die duiwel ook teen jou probeer getuig, maar dan sal Jesus tussenbeide tree en sÍ: “Hierdie kind van My behoort aan My! Ek het Šl daardie sondes al lankal vergewe!”

Gebed:

Here, ek besef vanoggend dat U alles, ALLES van my weet, en dat ek niks vir U kan wegsteek nie. Dankie dat U alreeds my sondes vergewe het. Maak my asseblief vry van die duiwel se aantygings.