Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Vrydag 30 Junie

Die Rokende Lamppit

Matteus 12:15-21

 ‘n Helder lig vul die vertrek, en in groot verwondering beleef ek hierdie oorvloed van lig. Die enigste probleem is dat die ding raas! Dit sis en blaas sodat jy mekaar skaars kan hoor praat. Die Coleman lamp is net vir spesiale geleenthede gebruik, en dan is dit ‘n hele ritueel om hom aan die brand te kry. Met sy tenk vol paraffien, word hy opgepomp totdat sy pompie “tssst, tssst” maak. Dan gooi Pa versigtig met ‘n kromnek kannetjie brandspiritus in ‘n gleufie rondom die sakkie. Dit word brandgemaak met ‘n vuurhoutjie sodat die lamp se derms eers behoorlik warm kan raak. En net voordat die blou vlammetjie koebaai sÍ, draai Pa die kraantjie oop. En siedaar! ‘n Verblindende helder lig wat elke hoekie en gaatjie van die vertrek vul.

Ons het ook die baie grÍnd, maar hoogs temperamentele, Aladden lampe op die plaas gehad. Die vlammetjie het ‘n delikate asbessakkie witwarm verhit, en dit het ‘n goeie, helder lig gegee, maar as die vlammetjie net so ‘n aksie te hoog brand, dan brand die sakkie pikswart. Dan is dit omtrťnt ‘n gepamperlang om die swart roet bitter stadig, stukkie-vir-stukkie af te brand om ťnigsins weer lig uit hom te kry.

Maar dan was daar natuurlik die doodgewone ou paraffienlampe wat in elke vertrek gestaan het. Nie veel van ‘n lig nie, maar hy het gewerk. Hy was maar altyd daar, en as jy hom aansteek gee hy sy liggie. Partymaal is die ou liggie maar flou, en die meeste van die tyd rook die pit, sodat daar naderhand ‘n groot swart kol teen die plafon begin vorm waar die lamp gewoonlik op jou bedkassie staan. Jy moet maar kort-kort knip en skaaf en verstel aan die pit om darem ‘n skaflike lig uit hom te kry. Soms is hierdie lamp soos ‘n steeks donkie, en wŠt jy ookal probeer, hy wil net eenvoudig nie behoorlik brand nie! Sulke tye stuur hy ‘n verstikkende swart rookstreep die lug in. Ja, dit is in sulke tye wat daardie lamp ‘n pyn is, en jy voel dat jy sy pit wil uitpluk en die lamp by die venster wil uitgooi! Maar solank daardie lamp paraffien in het en ‘n pit, gee hy darem gewoonlik sy lig.

Dit is juis oor hierdie soort van lamp wat Jesus hier praat. Dit is die soort wat maar net aanhou en aanhou probeer, en nie altyd so verskriklik suksesvol is nie. Ek dink dikwels ek is een van daardie lampe. Hoť hard ek ookal probeer om mooi en reg en sonder sonde te leef, bly ek maar gedurigdeur iewers in die modder trap. En die meeste van die tyd rook my ou pitjie dat die biesies bewe.

En so gepraat van biesies: Jesus sÍ in dieselfde asem ook dat Hy nie ‘n geknakte riet sal afbreek nie. ‘n Frustrerende ding, riete in jou visdammetjie. Ek het vir jare ‘n bos riete in my dammetjie gehad. Lyk pragtig wanneer hulle mooi en gesond is en pronk met hulle wollerige bruin pluime. Maar as die kuswind die dag waai, dan is hulle die eerste wat getref word, en dan knak hulle. LÍ dan sommer so skeef dwarsoor die visdammetjie. En dan klim ek met die snoeiskÍr in om met die deurmekaar gemors af te reken. Alles wat skeef is word summier uitgesnoei en op die ashoop gegooi.

Inderdaad is ek ook maar ’n riet wat soms baie mooi regop staan en met my mooiste glimlag probeer om die Here te dien na die beste van my vermoŽ. Maar o wee! As daardie sterk winde van beproewing kom, dan knak ek ook maar bitter gou. My moed breek, en ek sukkel met my geloof en my vertroue. Is dit nie maar almal van ons as gelowiges wat so is nie? Ja, daar is seker die “Coleman’s” wat hulle helder lig uitstraal, selfs wanneer die stormwinde op hulle sterkste is. Maar ek kan jou verseker, hulle is maar bitter yl gesaai. Ek is beslis nie een van hulle nie.

Die goeie nuus is dat Jesus ons vandag verseker dat Hy nie die rokende lamppitte sal uitdoof nie (Mat 12:20). Hy weet waardeur ek en jy gaan, en Hy besef dat ons nie volmaak is nie. Die ingewortelde sonde in ons, maak dat ons beste pogings nie eers naastenby goed genoeg is nie. Hy sal ook nie twis en skree nie (v. 19). Hy het empatie met ons, al is ons dikwels swak en rokerig. Boonop sal Hy ook nie die geknakte riete onder ons afbreek nie. Al wankel en knak ons so dikwels wanneer die stormwinde waai, sal Hy nie doen wat ‘n mens sou verwag nie. Hy vergewe en vergewe en vergewe oor en oor.

In hierdie gedeelte is daar ‘n baie groot troos vir my en jou opgesluit: dit is nie die sondelose mense wat Jesus gekom het om te red nie, maar juis die sondaars. Hy het immers vir die FariseŽrs en hoogsgeleerde, hoogheilige Skrifgeleerdes gesÍ dat hy nie gekom het om die gesondes gesond te maak nie, maar juis die siekes! Wanneer Jesaja skryf dat Jesus die riet wat geknak is nie sal breek, en die lamppit wat rook nie sal uitdoof nie, dan verwys hy na my en jou onvolmaakte lewens. Ons hoef nie eers perfek te wees voordat Hy ons aanvaar nie, maar Hy aanvaar ons net soos ons is, met al ons sondes en gebreke. Onthou die moordenaar aan die kruis langs Jesus. Hy het daardie sondige man belowe dat hy daardie dag nog saam met Hom in die paradys sou wees!

Dit beteken egter nie dat ons nou maar rustig kan terugsit en ons verlustig in die sonde nie. Allermins! Dit beteken dat ek jķis my dankbaarheid soveel meer sal probeer uitleef en op hierdie manier vir die Here dankie sÍ vir die groot genade wat Hy aan my bewys het.

Gebed:

Here, dankie vir U groot liefde en genade en geduld met my. Ek bely dat my lamppit dikwels baie rook - dankie dat U my elke keer in liefde daar uithelp.