Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Woensdag 28 Junie

Oordeel en Verlossing

Matteus 11:20-30

 Ons ken almal die riller-verhaal van Sodom en Gomorra, en van die verskriklike dinge wat daar gebeur het. Die verhaal van Lot en sy gesin wat deur engele gered is uit Sodom net voor die oordeel van swael en vuur die stad getref het, is ‘n klassieke een wat in elke kind se geheue vasgebrand is. As ons so tussen die lyne deur lees, kry ons ‘n prentjie van daardie stede van verskrikking en walging. Wetenskaplikes het allerhande teorie oor wat daar gebeur het. Was dit dalk ‘n vulkaniese uitbarsting? Meeste slim mense reken dat daar iets anders gebeur het. Een teorie is dat ‘n massiewe ren van meteoriete die aarde getref het. Hulle beweer dat ‘n “bondel” meteoriete die atmosfeer binnegedring het en die gebied rondom Sodom en Gomorra getref het. Witwarm vuurballe het die stede getref en alles en almal is binne minute tot as verbrand. Lot en sy gesin is betyds gered deur die engel, maar omdat sy vrou getalm het, is sy ook verswelg deur die oordeel uit die hemel.

Oor die dorpe Tirus en Sidon, wat net soos Sodom ook nie-Joodse stede was, lees ons in Eseg. 28 hoe hulle veroordeel word. Ook dr het gruwelike dinge aangegaan, en dit was veral die hoogmoed van die inwoners wat ‘n groot sonde was. Die heerser in Tirus het homself verhef tot goddelike status.

Ons het reeds gelees hoedat Jesus deur die hele Galilese streek gegaan en gepreek het en siekes gesond gemaak het en wonderwerke gedoen het. Mense het in reuse skares agter Hom aangeloop en in ongeloof toegekyk wat Hy doen. Dit is veral in die dorpe Gorasin, Betsaida en Kapernaum waar Jesus met soveel passie opgetree het. Hy het selfs ‘n tydlank in Kapernaum gewoon. Dit het egter net by verwondering gebly vir meeste van die inwoners van hierdie stede, en hulle het nooit die stap geneem om waarlik Jesus se volgelinge te word nie.

As ons teruggaan in die geskiedenis, sien ons hoe Jona ‘n eenvoudige tou-in-die-bek prekie gelewer het in die sondige stad Nineve, en hoe die mense daarna tot bekering gekom het. Tirus, Sidon en Sodom het nie profete gehad om vir hulle te preek nie, dus was hulle sonde amper uit onkunde. Wanneer dit egter by die Galilese stede kom, is dit absoluut onverskoonbaar, want elkeen in daardie stede het die Woord van God eerstehands gehoor en intensief beleef. En steeds het hulle hulle nie daaraan gesteur nie. Eintlik is hierdie drie dorpe wat Jesus uitsonder ‘n simbool van die hele Israel wat Jesus as Messias verwerp het. Tot vandag, tweeduisend jaar later, het Israel steeds nie vir Jesus aanvaar nie.

Ons leef vandag in ‘n tyd waar die Evangelieboodskap binne feitlik elke mens op aarde se bereik is. Elke Sondag word mense opgeroep om kerk toe te gaan. Sommige gehoorsaam die oproep, sommige omdat dit vir hulle ‘n passie is, maar ander omdat hulle deur omstandighede gedwing word. Sommige kerkgangers het die verlossing van Jesus aanvaar. Ander weer hoor Sondag na Sondag die boodskap van verlossing, maar kom nooit sover om die stap te neem nie.

Jesus se boodskap vir ons vandag is dat die oordeel van God verskriklik gaan wees oor mense wat die Woord hoor en dag vir dag God se goedheid beleef en nie Jesus se verlossing aanvaar nie. Dit geld selfs vir ‘n meelewende kerklidmaat! Vir die mense van Sodom en Gomorra en hulle walglike sondes sal dit makliker wees in die oordeelsdag!

Jesus het inderdaad gekom om te oordeel, maar Hy het k (veral!) gekom om te red. Sy boodskap van redding is eenvoudig: al wat jy moet doen is om Sy geskenk van verlossing te aanvaar. Ongelukkig is dit vir baie mense heeltemal te eenvoudig! Hulle wou nog baie rituele uitgevoer het en dinge gedoen het. Baie mense kan die boodskap nie begryp nie, juis omdat dit so eenvoudig is. Hulle soek na ingewikkelde redenasies. Baie mense sien verlossing as harde werk of self-pyniging en verskriklike opofferings. Jesus s dat dit nie nodig is nie, want Hy het juis gekom om rus te gee. Jy wil dalk ‘n swaar las dra om Jesus te volg, maar Hy s dat die las wat Hy jou gee om te dra baie lig en sag is.

Hy nooi dan vandag elkeen uit wat hierdie oordenking lees om na Hom te kom. Dalk is jy een van die mense wat onder die verskriklike oordeel staan waarvan hier bo gepraat word. Dalk is jy moeg gesoek na antwoorde. Dalk is jy oorlaai van laste om jou saligheid te probeer verdien. Vir jou nooi Jesus vanoggend uit met die woorde: “Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en ek sal julle rus gee.” (Mat. 11:28). Jesus wil jou nie veroordeel nie, want Hy is sagmoedig en nederig. (Mat. 11:29)

Talle mense het al vir my geskryf en gevra hoe hulle by Jesus kan uitkom. Dikwels is dit mense wat baie hard probeer het op allerhande maniere om die saligheid te verdien. Die antwoord is so eenvoudig dat sommige dit verwerp het, maar die engele in die hemel jubel vandag oor elkeen wat daardie antwoord aanvaar het. As jy wil weet hoe om daardie stap te neem, skryf gerus aan my by louis@dagstukkie.co.za of stuur ‘n WhatsApp na 0827714925

Gebed:

Here, my hart gaan uit vir soveel mense wat dag-vir-dag leef onder die geklank van U Woord, maar nog nooit waarlik die Jesus van die Woord ontmoet het nie.