Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Woensdag 21 Junie

Die Oes is Groot

Matteus 9:35-38

Goudgeel staan die koring op die lande, wuiwend in die ligte briesie. Wat ‘n pragtige gesig is dit nie! Ryp koringare, swaar gelaai, blink in die laatmiddagsonnetjie op die Vrystaatse vlaktes.

Dit is op die plaas Doringbult van Dawid Naudť. Die Vrystaat kan ‘n genadelose plek wees waar daar sommer op ‘n dag ‘n stofstorm opsteek, en dan sien jy hierdie bank van verskrikking aangerol kom, wat alles in sy pad verswelg. As die stofbank oor jou toemaak, raak dit donker en die verstikkende stof beroof jou van jou asem. In ons grasdakhuisie voel dit amper asof dit reŽn, soos die stofkorreltjies stadig deur die dekgras sif en alles toestrooi in ‘n lagie van rooi mynsand. Genadiglik gaan die stofstorm ook verby na ‘n paar dae. Dan volg die versengende, skroeiende hitte van die somer. Die kurkdroŽ lug brand jou longe en die reŽn bly weg.

In die winter is dit weer die snerpende koue wat deur murg en been sny en alles laat vries. Dit is dŠn wanneer die grond begin kraak, en die huis se mure bars daarmee saam, sodat krake in die mure vorm, so groot dat jy jou hand daardeur kan druk. En die ysige winterwind loei deur die krake!

Maar die grond is vrugbaar, en as die reŽn net betyds kom, gee die rooi grond in oorvloed en die lande lewer ‘n milde oes op. 1977 is ’n goeie jaar, die reŽn is op presies die regte tyd en boonop genoeg. Die lande staan hoogswanger met koringare wat uit hulle nate wil bars. Die verhoog is gereed, en die afwagting en spanning kan jy aanvoel in die lug.

En dan, een donkeroggend nog voor die dag begin breek, word ek wakker met ‘n onaardse dreuning wat al harder en harder word. Half deur die blare spring ek op om te kyk wat aangaan. ‘n Lang streep stof en ligte kom in die plaaspad opgedreun. Vooraan die stoet is ‘n reuse groen monster met ’n lang ry tande. In sy stofstreep volg nog ‘n vyftal stropers en vragmotors. My hart mis ‘n slag! Dis oestyd! Ek is oorstelp van opgewondenheid!

Vir die volgende paar dae dreun die stropers op en af deur die landerye. ‘n Dik stroom goue koringkorrels spuit in die vragmotors se wagtende bakke in, totdat hulle oorlaai en kreunend wegry met hulle kosbare vragte. Uiteindelik bly net die stoppels oor op die kaalgestroopte landerye. ‘n Doodse stilte sak toe oor die plaas. Die windjie suis ysig en weŽmoedig oor die geraamtes in die koringland. Maar in my hart is daar ‘n warmte want die oes is ingesamel!

En die oes was groot!

Jesus se preke het reuse skares mense gelok. Die mense het mekaar vertrap om net naby Hom te kom. Jesus het die mense bitter jammer gekry (Mat. 9:36) en Hy het gesien dat die oes baie groot gaan wees. Om egter ‘n oes in te samel, is die werk van baie mense. Daar is arbeiders nodig wat bereid is om die harde werk in die wind en weer en son te doen. Om te oes is nie maklike werk nie, maar die bevrediging wat dit gee is onmeetbaar groot. Met ‘n geestelike oes is dit nog veel groter, en baie gou is jou harde arbeid totaal vergete, wanneer jy die vreugde geniet van ‘n suksesvolle oes.

Vir ‘n tyd lank het Sy twaalf leerlinge nou al dag-vir-dag gesien wat Jesus doen, en gehoor wat Hy sÍ. Die tyd het egter nou aangebreek dat hulle prakties gaan toepas wat hulle geleer het. Maar Jesus stuur hulle nie met leŽ hande in die veld in nie. Hy rus hulle behoorlik toe. Hierdie is steeds net ‘n leerskool, maar later, nŠ Jesus se hemelvaart, sou hierdie selfde manne die bal aan die rol moes sit om die Evangelie deur die hele wÍreld te versprei.

Ek en jy is ook deel van Jesus se span van “landbouers”. Sommige van ons word nog opgelei, en ons moet tevrede wees om maar bossies uit te trek of water te gee. Ander weer bestuur daardie groot masjiene wat tonne en tonne siele oes. Aan sommige van ons word slegs ‘n ou klein landjie toevertrou wat ons moet vertroetel totdat dit gereed is vir die oes. Sommige het selfs net een enkele ou mielieplantjie om op te pas! Dan is daar diegene wat ‘n reuse land gekry het om te bestuur, waar die oes reusagtig groot is, en die verantwoordelikheid nog baie groter.

Die vraag is vanoggend: is jy al deel van daardie span? Doen jy jou deel om die oes vir Jesus in te samel? Net soos wat daar op ‘n plaas verskeie werkers is, en elkeen sy eie taak het, so is daar in Jesus se oesland ook ‘n verskeidenheid van werkers. Op ‘n plaas is daar maar net ‘n paar wat die reuse stropers bestuur. Die ander moet voertuie onderhou, onkruid uitkap, ploeg, bemesting gee, natlei, of selfs vir die boer koffie aandra! Net so is elkeen in Jesus se oesland nie predikante, pastore en sendelinge nie, maar elkeen het sy nis waar hy meewerk om die groot oes in te samel. As jy nie deel van daardie span is nie, en jy verkies om niks te doen nie, is daar ‘n leemte in die span. Dan kan dit nie behoorlik funksioneer nie. Vind uit waar jou plekkie in Jesus se span is, en gaan sit skouer aan die wiel. As dit moet beteken dat jy opleiding van die een of ander aard moet ontvang, dan beter jy dit doen. Jesus het gesÍ: “Die oes is groot maar die arbeiders min.” (Mat 9:37). Is die arbeiders dalk min omdat jůķ plekkie steeds leeg is?

Gebed:

Here, die oes op die lande is baie groot. Gee my asseblief die passie in my hart en die ywer om te werk om U groot oes te help insamel!