Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Dinsdag 13 Junie

Verskrikking in die Begraafplaas

Matteus 8:28-34

 Ek dr jou om ‘n handvol haasmis op ou Haas, die wiskunde onnie se stoel te sit!” Dis ‘n gevaarlike ding om te doen, want ou Haas is verskriklik sensitief oor sy bynaam, en hy gaan beslis ‘n ghskit blaas oor so ‘n verfoeilike daad! As die arme drommel wat dit waag, uitgevang word, is hy morsdood! Maar as jy gedr word, durf jy nie weier nie! Jy het dan ook nie eers verder gedink aan die gevolge van jou daad nie. Al wat jou gedagtes oorheers het was om gekroon te word as die held van die dag!

O, ek onthou nog baie goed hoe ou Haas inderdaad daardie dag ontplof het. En ek onthou ook hoe die arme krel wat die daad gepleeg het, se agterstewe gelyk het, rooi en opgehewe soos ‘n bobbejaan s’n. Maar hy was baie trots daarop!

Daar was egter een “dr” wat nooit ligtelik gemaak is nie, en baie beslis nooit ligtelik opgeneem is nie: om stoksiel-moedersalig-alleen in die nag deur Waterval Boven se spokerige begraafplaas te gaan loop. Ek meen, dit was erg genoeg om in die nag deur die ou historiese Oosterlijn Laerskool geboue te stap. Daar het dit glo gespook dat dit kraak. Vra maar vir die skoolhoof, Mnr. Raubenheimer (sy bynaam was Gol, omdat hy so bang was vir die skool se spoke)! Maar die begraafplaas? Aikna! Daar het selfs die grootste "dr" jou nie eers gekry nie, want die onheilighede wat 'n mens dalk daar kan tekom is gevaarliker as enigiets waarmee jy ooit te doene kan kry.

Jare later is ek deel van Durban Noord se kerkjeug. Die pragtige ou kerkhof is net 'n klein entjie van die kerk af, en vorm 'n kortpad na een van ons vriende se huis. Ons het dikwels saans daar deurgestap, en die rustigheid en kalmte was vir my opvallend. Ek het, om die waarheid te s, die wandeling deur die kerkhof altyd baie geniet.

Wat is die verskil dan tussen Durban Noord en Waterval Boven se begraafplaas? Niks! Die verskil is in die mense, want in Durban Noord was dit gelowiges wat God se teenwoordigheid ervaar het in die stilte. Die bang seuns in Waterval Boven het God totaal misgekyk, en slegs die verskriklike onheil gesien.

Ek dink die arme mense van Gadara het selfs gesidder om helder oordag in die begraafplaas te kom, want hier het twee manne gewoon wat totaal koekoes was. Elders lees ons dat een van hulle 'n verskrikking was, en dat selfs kettings hom nie in toom kon hou nie. Hy was besete van etlike demone wat sy lewe totaal beheer het. Om so 'n persoon raak te loop, was vir daardie mense klaar 'n ramp. Om hom boonop in 'n begraafplaas te kry was afgryslik, want hulle het gevoel dat hulle in sulke omstandighede totaal buite God se magsgebied was.

Wanneer Jesus en die dissipels daar verbykom, kom hierdie besetenes na Hom toe aangehardloop, soos wat jy 'n baie belangrike persoon sou tegemoetkom. Die demone, oftewel engele van die duiwel, herken onmiddellik vir Jesus as die Seun van God en hulle is beangs! Hulle ken Sy almag! Hulle weet ook by voorbaat wat op hulle wag, dus smeek hulle Hom om alternatiewe blyplek. Dit kos slegs 'n enkele magswoord van Jesus om die besetenes te verlos en die demone in 'n trop onrein varke te laat invaar, wat hulleself te pletter loop in die see.

Vir die dissipels moes hierdie 'n traumatiese ervaring gewees het. Hulle het nog nie eers herstel van die vorige nag se skok, toe hulle almal gedink het hulle gaan versuip nie. Jesus moes weer ingryp gedurende die verskriklike storm daardie nag, en met die spreek van 'n woord het alles bedaar. Skaars sit hulle wankelrige voet aan wal, of die volgende krisis tref hulle. Maar die boodskap is baie duidelik: met Jesus saam met hulle, word die ergste krisis slegs 'n geleentheid om Jesus se almag te demonstreer.

Jesus het die bose oorwin. In hierdie verhaal sien ons baie duidelik Jesus se mag oor die bose. Dit beteken egter nie dat die bose verdwyn het nie. Hy bly steeds bitter gevaarlik, maar as kind van God hoef ek die bose nie te vrees nie, want met Jesus aan my sy, is Hy die Een wat in beheer is. Dit beteken egter nie dat ek onverskillig teenoor die bose mag wees nie. As jy met duiwelse dinge, soos die okkulte, waarsery, sterre voorspellings, oproep van geeste en nog meer gaan speel, dan kan jy jou vingers lelik verbrand. Dan beweeg jy weg van Jesus af en loop jy as't ware in die duiwel se kloue in.

Matteus se verhaal eindig tragies: toe die inwoners van Gadara Jesus se mag oor die bose sien het hulle selfs vir Hom bang geword en Hom gesmeek om weg te gaan. Lees jy egter Markus se weergawe, sien jy dat daar tg 'n mooi einde is, want hierdie besetenes wat Jesus se verlossing ervaar het, het teruggegaan na hulle mense toe en vir hulle vertel wat daar werklik gebeur het. So is die boodskap van Jesus se verlossing onder die Gadareners versprei. Later het hierdie einste Gadareners die redding geword van baie gelowiges wat vir hulle lewe moes vlug gedurende die vervolging van Christene in Jerusalem.

Die boodskap is vanoggend duidelik: selfs in die mees skrikwekkendste omstandighede, kan jy weet dat jy steeds binne God se magsgebied is. Hy bly steeds in volle beheer! Solank jy by Jesus bly, is jy veilig.

Gebed:

Dankie Here, dat U my weereens net die versekering gee dat U in volle beheer is - maak nie saak wat gebeur nie.