Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Vrydag 9 Junie

Hoe om Jesus te Volg

Matteus 8:18-22

 In my prille jeug werk ek vir ‘n konstruksie maatskappy. Hierdie was nou ‘n rowwe klomp manne! Nie alleen is die manne op grondvlak rof nie, maar tot heel bo in die direkteurstoele is daar ‘n paar bitter bedenklike karakters. Wanneer die klok lui vir huistoegaantyd, dan het die spul begin jol. Ian was die maatskappy-sekretaris en boonop ook ’n direkteur, ‘n baie onverskillige man. Sy huwelik was vir hom ‘n blote bysaak. Hy was elk geval maar selde tuis, want met huistoegaantyd het hy en maters al lankal die een of ander onheiligheid beplan vir die aand. Hulle het elke moontlike verskoning gesoek om die een of ander wilde partytjie te gooi of in die kroeg uit te hang. Soms was selfs die uitnodiging na hulle partytjies so vulgÍr dat dit my bloedrooi laat bloos het. Vrydagaande was veral die groot uithangaand, want dan het Ian en sy maters Durban ingevaar. Hulle het elke ontkleeklub en hool geken. Gewoonlik het hulle dan eers Saterdagoggend die huis ingeslinger gekom. Ian se vrou het egter nooit moed opgegee nie, sy en ‘n paar vriendinne het dikwels saam gebid vir haar onverskillige man wanneer hy iewers rinkink. Hulle gebed was dat hy Jesus sou vind.

Hulle gebede het nie onbeantwoord gebly nie, en op ‘n dag kom Jesus in Ian se lewe, en kom hy kragdadig tot bekering. Die Heilige Gees oortuig hom van sy sonde, en Ian pleit om vergifnis vir sy afgryslike lewe. Dan kom die oproep van Jesus: “Volg My!” Ian belÍ ‘n direkteursvergadering. Wat alles daardie dag gesÍ is, kan ek maar net raai, maar toe hy daar uitstap, toe weet elkeen van die direkteure dat iets baie groot in Ian se lewe gebeur het. Hy bedank as direkteur en word ‘n leerling predikant in ‘n klein gemeentetjie iewers in Zoeloeland waar daar geen finansiŽle sekuriteit is nie. Ian het sťkerlik nagte lank wakker gelÍ oor hierdie drastiese besluit. Dit kon baie beslis nie maklik kom nie, want hy moes ‘n groot salaris, sekuriteit en baie ander dinge prysgee. Wat wÍreldse standaarde betref het Ian alles opgeoffer om Jesus te volg, maar wat hy in hemelse geluk gewen het kan jy nie met geld koop nie.

Wat presies beteken dit om Jesus te volg?

Matteus vertel van twee persone wat Jesus wou volg. Jesus se reaksie is verrassend, en uit Sy antwoord aan hulle, kom jy baie gou agter dat jy tweekeer moet dink voordat jy blindelings sÍ dat jy Jesus wil volg. Om Hom voluit te volg kan ‘n drastiese en selfs dramatiese verandering in jou lewe beteken. Vir die Skrifgeleerde het Jesus mooi laat verstaan, dat as hy Hom wil volg, dan is daar geen sekuriteite nie en gťťn vaste adres nie. Hy en Sy dissipels moes dikwels iewers in die veld oornag. Dit impliseer dat dieselfde lot jou ook dalk mag tref. As jy die aangrypende roman van Jaco Thom: “Paulus, die dertiende Apostel” lees, sal jy agterkom dat die navolgers van Christus nŠ Sy opstanding dit bitter moeilik gehad het, en dat hulle totaal deur die samelewing en selfs hulle eie familie verwerp is. Hulle het dikwels absoluut alles in die lewe verloor. Selfs die beroemde Paulus is aanvanklik deur al sy vriende verwerp, en toe hy by die gelowiges aanklop, verwerp hulle hom ook. Wanneer Matteus hierdie woorde van Jesus neerskryf, besef hy ook uit dure ondervinding die ware betekenis daarvan.

In die praktyk beteken die navolging van Christus vandag vir ons dat jy dikwels groot opofferings moet maak. Jy sal soms vind dat mense jou vermy of selfs spot oor jou “heiligheid”. Om byvoorbeeld Jesus na te volg as jy ‘n onderwyser is, het deesdae bitter moeilik geword, want jy durf nie jou Christenskap in die skool uitleef nie. As jy in die klas oor Christenskap durf praat, staar jy vervolging in die gesig. Sommige onderwysers wat ek ken, offer hulle pouses op om die Evangelieboodskap uit te dra aan kinders wat vrywillig wil kom luister. Maar selfs dŪt veroorsaak dat mede-onderwysers warm onder die boordjie raak en moeilikheid maak.

‘n Mens kan egter ook verder gaan met jou navolging en saam met een van die organisasies soos die MasedoniŽ Projek die Evangelie gaan versprei in lande waar die boodskap van Jesus se verlossing nie welkom is nie. Miljoene mense is daar honger vir die Woord, maar dit word hulle ontneem deur die owerhede. Dit is moeilike en gevaarlike werk om daar die Evangelie uit te dra, maar nogtans is daar gelowiges wat alles opoffer hiervoor, en elke keer stralend terugkeer na nog ‘n suksesvolle uitreik.

In die tweede insident is ‘n voornemende volgeling se verskoning om Jesus onvoorwaardelik te volg, dat hy eers sy pa wil begrawe. Vir daardie man was dit belangrik om eers ‘n emosionele taak af te handel. As jy waarlik vir Jesus wil volg is daar nie plek vir die onbelangrike dinge nie. Vergeet van hulle! Dit beteken dat jy op Jesus alleen moet fokus en die emosionele dingetjies wat jou terughou moet agterlaat. ‘n Idilliese jaarlikse gesinsvakansie by die see moet dalk plek maak vir ‘n uitreik na Mosambiek, waar elke dag harde werk beteken en swaarkry, vlieŽ, muskiete, versengende hitte, stof en seer voete.

Is ons waarlik bereid om Jesus te volg? Voluit? Die prys is duur, maar die geestelike beloning is onberekenbaar groot.

Gebed:

Here, ek wil U volg met my hele lewe. Waar daar dinge is wat my terughou, help my asseblief om daarmee te breek.