Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Dinsdag 6 Junie

Swaarkry en Paradys

Matteus 7:13-14

 Baie jare gelede, in die omgewing van 1959, pak die groot avontuurlus vir Pa en hy koop vir hom ‘n Landrover. Hierdie Meneer (met ‘n hoofletter M!) moes toe mos darem behoorlik ingewy en uitgetraai word, en so vertrek ons na Mosambiek vir ‘n vakansie. Ons ry Loureno Marques (nou Maputho) heeltemal verby, want dit is darem mos hltemal te beskaaf vir ons boendoekar. Ons ry na Xai-Xai, ‘n plek wat t al ‘n ou bekende bestemming vir ons Nelle was.

Sylvestra, ‘n hengel-gids, word vir die week gehuur. Hy ken daardie wreld soos die palm van sy hand en hy is al amper soos familie. Wanneer Sylvestra ons splinternuwe Landrover sien, kom daar sommer so ‘n ekstra vonkel in sy o, want hierdie ding kan mos nou plekke ry waar jy nie aldag kan kom nie, en sommer dadelik vertel hy van ‘n eksotiese hengelparadys waar die visse sommer so na die kaal hoek toe aangeswem kom en in toue staan om gevang te word. “Die pad daarheen is ‘n bietjie rof”, verduidelik hy, “maar ons het mos nou ‘n Landrover, en daai ding loop mos enige plek….”

En so vertrek ons pikdonker een oggend na ‘n onbekende bestemming. Ek en my maat, Fanie, is borrelend van opgewondenheid: AVONTUUR! Die eerste klompie kilometer is op ‘n teerpad deur die Limpopo moerasse, maar net verby die dorpie Chidinguela beduie Sylvestra na ‘n klein sandpaadjie waar ons moet afdraai. Skaars ‘n kilometer verder is daar weer ‘n afdraai, maar hierdie slag is dit net twee vae, feitlik onsigbare spore wat in digte bosse verdwyn. Dit is ‘n idilliese landskap, en ons ry plek-plek op die randjie mere wat strek so ver as die oog kan sien. Hulle is natuurlik vervuil van krokodille en digte wolke muskiete. Dan, skielik hou die tweespoorpaadjie op, en voor ons doem ‘n ondeurdringbare oerwoud op. “Hier moet ons deur,” beduie Sylvestra in sy Portugese Engels. Nou raak dit rs opwindend! ‘n Omgevalle boom versper ons pad, en di moet eers afgekap word. Tree vir tree sukkel ons deur die woud. Keer op keer val ons vas in die los sand. Dan is dit uitgrawe en stoot! Daardie jare was daar nog nie die luukse van ‘n wenas nie. Uiteindelik, na ‘n verskriklike gespook, bereik ons ‘n oopte, maar die berghang waarteen ons moet ry is so skuins dat dit voel asof ons enige oomblik gaan omkantel en die onbekende dieptes inrol. My maag trek op ’n knop en ek knyp my o styf toe. Dan doem daar weer ‘n digte woud tussen ons en die tropiese goue strand op. Dit is lankal nie meer ’n opwindende avontuur nie! Ek is moeg en ek wil nou op die einde kom. En so, terwyl ons al die seelug ruik en die branders kan hoor breek, worstel ons steeds om deur die woesteny te kom.

Skielik is daar ’n spierwit sandduin hier voor ons. En as die oorverhitte Landrover daar oor kreun - DIE PARADYS! Ongeskonde, ongerepte, idilliese, wonderskone paradys. Ons is die heel eerste Suid Afrikaners wat ooit hier ons voete op die strand sit. Alles was deur en deur die moeite werd! Al die swaarkry en senuwees, die muskiete en krokodille! Die eindbestemming is asemrowend mooi! En boonop is daar nog vis ook!

As kind, onthou ek, het daar in menige huis ‘n geraamde prent gehang van “De Smalle en De Breede Weg”. In hierdie prent word die wreldse pad van genot en vermaak voorgestel as ‘n pragtige hoofweg, en aan die ander kant ‘n gevaarlike, nou kronkelpaadjie wat na die hemel lei. Daar is maar net hier en daar iemand wat op hierdie paadjie loop, teenoor die massas op die hoofweg. Die prent is geteken na aanleiding van Jesus se uitspraak in die Bergpreek (Matt. 7:13-14).

Inderdaad is dit nie ‘n maklike pad om te loop as jy waarlik vir Jesus wil volg nie. Elke mens het ‘n keuse watter pad hy wil volg. Aanvanklik lyk die pad wat Jesus aandui nie te moeilik nie, maar soos wat jy op jou lewenspaadjie loop, raak dinge al hoe moeiliker. Daar is sekere dinge wat jy moet prysgee as jy ernstig is om die pad voluit te loop, moontlik ‘n vriendekring wat onverskillig deur die lewe gaan. Gaandeweg sien jy dat sekere dinge wat jy altyd geniet het om te doen, eintlik sonde is, en jy moet dit prysgee. Dalk vra die Here van jou om jou vakansie op te offer om deel te neem aan ‘n sending-uitreik van harde klippe kou. Dalk word jy uitgenooi na ‘n groot sportbyeenkoms op ‘n Sondagoggend in kerktyd, en jy moet ‘n baie moeilike keuse maak. Dan is daar die kwessie van liefde - dat jy liefde moet uitdeel aan mense wat dit nie waardeer nie. En om die ander wang te draai as daar klappe uitgedeel word……...

As jy voor sulke keuses in jou lewe kom, mag daar net een gedagte in jou kop wees: DIE EINDBESTEMMING! Terwyl ons deur die ondeurdringbare bosse van Mosambiek geworstel het, was daardie paradys wat aan die anderkant vir ons gewink het ons dryfveer. Ons kon egter nooit droom hoe mooi dit werklik was nie! Elkeen wat die moeilike pad van die geloof stap, gaan eendag in verwondering uitroep: “Ek het nooit kon droom hoe wonderlik dit werklik is nie!” Al vandag se swaarkry sal dan deur-en-deur die moeite werd wees.

Gebed:

Here, dit gaan soms baie moeilik om op die regte pad te bly. Herinner my asseblief dikwels aan die eindbestemming en die paradys wat daar op my wag.