Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Vrydag 2 Junie

Moet Jou Nie Bekommer Nie

Matteus 6:19-34

Waar is jou hart vanoggend? Snaakse soort vraag, maar Jesus s baie pertinent in Sy groot preek dat jou hart is waar jy jou skatte bymekaar maak. Die teenvraag is dus: waar is jou skatte? Watter dinge in die lewe is vir jou baie belangrik?

Die grootste hofsake in ons land gaan nie oor liederlike misdade soos moord of verkragting nie, maar oor geld! Hofsake oor korrupsie en bedrog waar baie prominente mense betrokke is, is die afgelope paar jaar al voorbladnuus, en hierdie sake word dikwels baie jare uitgerek en die regskoste beloop baie miljoene. Geld het vir die mensdom ongelooflik belangrik geword.

Wanneer ons dus vanoggend se Skrifgedeelte deurlees, raak jy half gerriteerd met die onrealistiese, amper onverantwoordelike lewenstyl wat in die gedeelte vir ons gepropageer word. Ons moet maar net op die verhewe dinge in die lewe konsentreer, en die res sal alles self regkom. Die vraag is of ons dit werklik ernstig kan opneem? Jy spook jou boeglam om jou kinders te leer dat ‘n mens moet hard werk om bo in die lewe uit te kom. Nou lyk dit of die Bybel l jou harde werk ondergrawe!

Maar aan die ander kant is daar iets totaal onweerstaanbaar aan hierdie woorde, want is dit nie dalk presies hoe die lewe moet wees nie? Al die gejaag en geskarrel, die stres, verkeersknope en ‘n onverbiddelike baas! En dit alles net om ‘n dak oor jou kop te h en kos op die tafel! Is dit alles ooit die moeite werd? Kan ons nie liewer rens ‘n sorgvrye lewenstyl kry nie? Droom jy dalk van die dag waar jy jou irriterende klinte kan vaarwel roep en iewers op die strand gaan l en ontspan?

Jesus s in vers 24 dat jy net een baas kan h: f God, f geld! Terloops, Mammon is die Aramese woord vir geld. Ek het dit al keer op keer gesien dat die persoon wat vir hom besittings bymekaar maak en heilig is oor sy aardse goed, baie gou van God kan vergeet. Gewoonlik is daardie persoon oortuig daarvan dat dit deur sy eie toedoen, harde werk en slimmigheid is wat hy sy rykdom vergader het. Dan vergeet jy van die gebed wat ons so pas behandel het, waar ons bid dat God vir ons sal voorsien in ons daaglikse behoeftes. Jy vergeet met ander woorde van jou totale afhanklikheid van God.

In die eerste perikoop s Jesus dat jy eerder skatte in die hemel moet soek as op aarde. As ons dit prakties wil gaan uitleef, beteken dit dat jy nie l jou tyd moet spandeer aan jou werk, sodat jy ‘n blink nuwe BMW kan bekostig nie, maar eerder van jou tyd afstaan aan koninkrykswerk. Jy sal verbaas wees watter gemoedsrus dit jou gee, en hoe dit jou nader aan God bring.

Die tweede perikoop is vir ons totaal onverstaanbaar as ons dit nie sien in die lig wat die Jode van daardie tyd dit verstaan het nie. Die oog was vir hulle die simbool van opregtheid, en in besonder vrygewigheid. As jou oog dus reg ingestel is, sal jy nie suinig vaskleef aan jou besittings nie, maar dan sal jy ‘n oop hand h vir mense wat in die nood is. Dan sal jy beslis bereid wees om ruim te gee vir die uitbreiding van die Koninkryk van God.

In die laaste perikoop verduidelik Jesus waaroor dit alles gaan. Omdat jy volkome op God vertrou, kan jy nou bevry raak van angs en bekommernis oor jou daaglikse bestaan. Om te kommer beteken dat jy nie volkome op God vertrou nie. Dit is maar net ‘n simptoom van ‘n oppervlakkige siening van die lewe, dat alles vir jou gaan oor lewensmiddele en veral lewensstandaarde. Bekommernis is in elk geval net tydmors, want wat bring dit jou in die sak? Absoluut niks! Boonop is dit ‘n wantroue in God, want hierdeur wil jy s dat jy nie vertrou dat God vir jou kan of sal sorg nie.

Dikwels moet God baie hard ingryp wanneer hierdie gedagtes nie tot jou kan deurdring nie, soos wat Hy met my gedoen het. Hy het die mat onder my uitgepluk sodat ek hard afgekom het aarde toe om te kan leer om waarlik op Hom te vertrou vir absoluut alles in die lewe. Moenie huil wanneer dit met jou gebeur nie! Wees bly, want dit wys dat God waarlik vir jou omgee.

Wat s Jesus vandag vir jou en my deur hierdie preek? Moet ons letterlik van al ons besittings ontslae raak? Beslis nie! Jesus nooi vir my en jou om kreatief te begin lewe met ons tyd, ons geld en ons besittings. Vir sommige mense gaan dit dalk beteken dat alle sekuriteit prysgegee word vir ‘n totaal nuwe lewe. Vir ander gaan dit beteken dat ons gaan kyk na ons keuses in die lewe. Ek moet mooi dink hoe ek my geld asook my tyd aanwend. Gebruik ek my geld om uitspattige luukshede te koop? Of wend ek dit aan vir koninkrykswerk? Is my besittings my baas, of is ek bereid om my besittings tot beskikking van God se Koninkryk te stel?

Die groot geheim is dat daar ‘n gesonde balans in my lewe sal wees met hierdie dinge. As ek die geld het, is daar niks verkeerd met ‘n paar luukshede nie, maar dan mag ek terselfdertyd ook nie die Koninkryk vergeet nie, en moet ek ewe rojaal op daardie terrein spandeer.

Kom ons bid vandag oor hierdie baie belangrike saak in ons lewe, en soek God se wil daarin.

Gebed:

Here, maak asseblief my o vandag oop om te sien dat U Koninkryk die belangrikste saak in die lewe is.