Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Dinsdag 30 Mei

So Bid Mens (3)

Matteus 6:9-15

Met die belangrikste deel van die gebed agter die rug, kom die tweede deel wat gaan oor myself en my medemens. Dit gaan oor my daaglikse behoeftes, die vergifnis van my sondes en die versoekings in my lewe. Met ander woorde, ek bid vir die dinge wat ek nodig het om te kan oorleef, fisies sowel as geestelik.

Wanneer ek hierdie dinge bid, dan wil ek vir die Here sÍ dat al my vertroue op Hom is, want ek is afhanklik van Hom vir alles in die lewe. Daar is niks wat ek op my eie suksesvol kan doen nie, want selfs die brood wat ek eet is ‘n gawe van God.

n Paar jaar gelede is ons met vakansie in Marloth Park in die Laeveld. Die eerste ding wat ons doen wanneer ons in die bos aanland, is om eers mieliepitte en voŽlsaad voor die voorstoep te gooi vir die voŽls. Ons is nog besig om die motor af te pak, toe is die eerste kliŽnt al daar, ‘n Rooibek NeushoringvoŽl. Hy lyk maar bra skrikkerig vir ons, want hy gryp net ‘n stukkie kos en daar vlieg hy weer. Ek is teleurgesteld, want ek sou sy teenwoordigheid ‘n bietjie langer wou geniet.

Maar enkele minute later is hy terug vir nog kos, en weereens bly sit hy nie om dit te geniet nie. Hy vlieg dadelik daarmee weg om elders sy happie te eet. Ek is sommer vies! Is ons teenwoordigheid nie meer goed genoeg nie? Na die vyfde keer wat hy terugkom vir nog, begin ek snuf in die neus kry, want hy vlieg dan elke keer in presies dieselfde rigting weg, en hy volg presies dieselfde roete tussen die bome deur. Dit is toť wat Mosbolletjie my daarop attent maak dat st die geluid van klein voŽltjies wat skreeu hoor, elke keer net nadat hy gevlieg het.

Ek besluit om die Neushoring te volg, en daar sien ek hoedat hy sy lang rooi snawel in ‘n nou spleet in die rowwe stam van ‘n Knoppiesdoring indruk. In die dieptes van die boom sien ek ‘n beweging agter die spleet, en toe weet ek: daar is ‘n nes! In ‘n gat in die boomstam het hy vir Ma-Neushoring toegemessel en slegs ‘n klein opening gelos waardeur hy haar en die kleintjies voer. Daar het sy haar eiers gelÍ en uitgebroei, en daar maak sy hulle kleintjies groot totdat hulle gereed is om die buitewÍreld in die oŽ te kan kyk. Wanneer sy so toegemessel en afgesonderd van die wÍreld sit, is sy en die kleintjies totaal afhanklik van Pa vir elke behoefte in die lewe. Die arme kÍrel werk homself vodde om kos aan te dra, sodat hy skaars tyd kry om self ‘n happie te eet.

Natuurlik doen Ma nie niks nie! Sy het ‘n baie belangrike taak om die kleintjies te versorg. Maar sy is steeds totaal afhanklik van Pa.

Wanneer ons bid vir ons daaglikse brood, bely ons hiermee ook ons totale afhanklikheid van God vir absoluut alles in die lewe. Ons is soos daardie Neushoringwyfie wat nie ‘n dag kan lewe sonder die liefdevolle versorging van Pa nie. Moenie dink dat as jy ‘n goeie sakeonderneming het, jy nie meer vir God nodig het vir jou materiŽle behoeftes nie. In ‘n oogwink kan die mat onder jou uitgepluk word! Inderdaad hťt dit met my gebeur, en toe moet ek agterkom dat ek totaal verlore is sonder God se sorgende hand. ‘n Mens begin eers waarlik jou afhanklikheid van God besef wanneer jy die dag in ‘n finansiŽle verknorsing beland.

Soms gebeur dit dat ‘n gelowige te selfversekerd begin raak in sy lewe, wanneer alles vir hom reg loop en hy hom nie oor enigiets hoef te bekommer nie. ‘n Goeie betrekking met ‘n inkomste wat in alles voorsien. Dit is dan so maklik om van God te vergeet. Wanneer die Here dan skielik hierdie sekuriteit van jou wegneem, dan is dit nie om jou te straf omdat jy van Hom vergeet het nie. Dit is eerder ‘n liefdes-aksie om jou terug te bring aarde toe sodat jy weer kan onthou van die dinge in die lewe wat werklik saakmaak.

Dit is opvallend dat Jesus se modelgebed nie vra vir ‘n toekomsbeplanning nie. Ek bid byvoorbeeld nie dat dit met my onderneming goed sal gaan sodat ek aan die einde van die jaar ‘n vet profyt sal kan wys nie. Nee, Hy leer ons om dag-vir-dag te lewe, en om elke dag in afhanklikheid voor Hom te staan vir vandag se behoeftes. Sou dit nou beteken dat ek my polisse moet opsÍ en al my toekomsbeplanning en voorsorg moet laat vaar? Nee, beslis nie! Dit sal mos suiwer dwaasheid wees! Hy wil egter hÍ dat ons moet besef dat ons van Hom afhanklik is vir vandag.

Oor die afgelope paar jaar moes ek dikwels aanskou hoedat die Here elke dag op ‘n asemrowende manier voorsien. Nťt wanneer daar nie meer geld oor is vir kos of brandstof nie, dan stop iemand my ‘n koevertjie in die hand met genoeg in om te voorsien, of daar word geld in my bankrekening inbetaal op ‘n kritieke oomblik. Dikwels kom dit van iemand wat nie weet wat my behoeftes werklik is nie. Die gebed om my dag se brood het vir my ‘n werklikheid geword om dag-vir-dag na God op te kyk vir slegs vandag se behoeftes. Ek dank Hom daarvoor.

Gebed:

Here, ek bid nie vir rykdom of oorvloed nie, maar slegs vir vandag se brood. Dankie dat U voorsien.