Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Donderdag 25 Mei

In Gesprek Met God

Matteus 6:5-8

Help dit ooit om te bid? Mors ek nie dalk maar net my tyd nie? En mors ek nie miskien ook God se kosbare tyd nie? In Matteus 6:8 staan daar tog immers geskrywe dat God alreeds weet presies wat ons nodig het, selfs nog voordat ons daarvoor bid. Waarom dan nog bid?

Inderdaad is dit dalk nie eers nodig vir ons om te vra nie, maar gebed gaan oor soveel meer as net om iets van God te vra. Gebed is ‘n wonderlike gawe wat God ons gegee het. Dit is ‘n kommunikasiekanaal wat elke sekonde van die dag oop is, met direkte toegang tot God Almagtig. Hy wil h dat ons dit gereeld en intens moet gebruik, maar daar is ook ‘n gevaar by betrokke dat ons dit dalk kan MISBRUIK. In Jesus se groot preek op die berg staan die saak van gebed as die hart van die preek. Hy begin deur te wys hoe gebed NIE moet wees nie en hoe dit misbruik kan word.

Die Jode het hulle gereelde gebedstye gehad, en dit was nie snaaks om selfs mense op straat te sien bid nie. Vandag kry ons dit weer by die Moslems met hulle vasgestelde gebedstye. S ernstig is sommige van hulle daaroor, dat as dit nie anders kan nie, sal hy sy matjie op die bepaalde tyd oopgooi nt waar hy is om sy gebed te doen, al is dit in die middel van die straat.

Die probleem met die Jode was egter dat sommige van hulle, veral die vroom Farisers, dikwels op straat gestaan en bid het. Dit was nie omdat hulle so vroom was nie, maar eerder om ander mense te bendruk. Almal moes darem nou mos kon kennis neem hoe vroom hulle wrklik was! So ‘n gebed is nie meer ‘n gebed nie, want op daardie manier misbruik jy eintlik vir God om jou eie selfbeeld te adverteer. Gebed is ‘n innige gesprek met God, en daarvoor is die privaatheid van jou binnekamer die eintlike plek.

Maar beteken dit nou dat openbare gebed nie ‘n plek het in my lewe nie? Allermins! Jesus het dikwels in die openbaar gebid, en so ook Paulus. Openbare gebed in die Erediens en by bidure het ‘n besliste plek in die gelowige se lewe. Dit gaan in hierdie gedeelte oor die ware karakter van die gebed en dat dit nog steeds ‘n innige gesprek met God sal bly, selfs al is dit ook ‘n openbare gebed.

Ek het al by ‘n paar geleenthede gehoor dat ‘n predikant in sy slotgebed soort-van die preek opsom om finaal die boodskap by die gemeente in te hamer. Hierdie is dan k nie meer ‘n gebed nie, maar eerder ‘n mini-preek of ‘n katkisasieles! Dan word die gesprek met God misbruik om mense te leer. In dieselfde asem het ek al gehoor hoedat iemand tydens ‘n biduur eintlik vir een van sy mede-biduurgangers preek oor die een of ander sonde in sy lewe, in plaas van om met God te praat. Dit is soos om God se Naam te gebruik (eintlik te misbruik!) om ‘n dolksteek na jou mede-gelowige te gee.

Ons moet ook versigtig wees vir daardie lang uitgerekte openbare gebede wat jou mede-bidders naderhand aan die slaap laat raak. In jou binnekamer kan jy bid so lank as wat jy wil. In die openbaar moet dit kort en op die punt af wees en jy moet ander mense in ag neem.

Die tweede saak waaroor Jesus praat wat gevaarlik is in gebed, is om God se aandag te probeer trek met ‘n stortvloed van woorde. Hierdie tendens was algemeen by die heidene wanneer hulle tot hulle afgode bid. Hulle het dan selfs verder gegaan en hulleself gepynig sodat die afgod moet sien hoe ernstig hulle is. Hierdie praktyk word vandag nog steeds gevolg, veral onder die Hindoes. Ek het dit per geleentheid slf aanskou, en dit is absoluut grusaam!

Dit het egter ook onder die Jode voorgekom, waar ‘n gebed oor en oor herhaal is. Vandag word dit nog steeds gedoen, maar di slag deur gelowiges! Die self-pyniging ding is ‘n alledaagse ding onder Christene in die Latyns-Amerikaanse lande, waar mense tydens Paasfees hulleself kasty, en selfs laat kruisig. Nader aan ons eie lewe sien ons egter ook dikwels dat iemand in ‘n gebed dieselfde ding oor en oor s. Dit word ‘n paar keer herhaal of dalk op ‘n ander manier ges sodat die Here mooi moet verstaan. As ons dink dat die Here dit nie die eerste keer mooi gehoor of verstaan het nie, is dit ‘n klap in die gesig van God. Hy hoor en begryp selfs baie beter as ek en jy! Dan is daar ook die praktyk om die Here se Naam oor en oor te noem, sodat elke sinnetjie met “Here” of “Vader” begin, so asof God daaraan herinner moet word dat daar eintlik met Hm gepraat word. Dit is totaal oorbodig om dinge vir God te herhaal. Hy weet reeds wat jy wou bid nog voordat jy begin praat het!

Wat kan ons dan wys word uit wat hierbo ges is? Gebed is noodsaaklik, en God wil h dat ons moet bid, ook in die openbaar. Maar gebed is nie afhanklik van mooi, lang, verhewe, ernstige of kettinggebede nie. Moenie God probeer bendruk nie, want dan knip jy self die gebed kort. Gebed kan enige tyd en enige plek plaasvind, maar dit bly steeds ‘n privaat gesprek tussen jou en God. Die motief en gesindheid waarmee jy bid is van uiterste belang, want dt is die ding waarin God belang stel. En hierdie is sekerlik die kern van gebed: Dit is ‘n eerlike en opregte gesprek uit jou hart uit met God, sonder enige bybedoelings of ander motiewe.

Hoe moet ons dan bid? More meer hieroor.

Gebed:

Here, my gebedslewe skiet so ver tekort. Ek bid so dikwels selfsugtig en eerder om mense te bendruk. Leer my asseblief om reg te bid.