Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Dinsdag 23 Mei

Liefde vir jou Vyand

Matteus 5:43-48

Oorlog is ‘n verskriklike ding, en ek dink ons ou wreld het die afgelope klompie jare genoeg gehad daarvan. As jy vandag een van die oues van dae is, dan sal jy seker nog die verskrikking van die tweede wreld oorlog onthou. En baie van ons middeljarige manne het nog in die angswekkende grensoorlog geveg. Maar dit is juis in sulke grusame omstandighede waar jy mense die snaaksste dinge sien doen, dikwels in haglike omstandighede. Dit gebeur baiekeer dat ‘n man sy eie lewe waag om een van sy makkers wat gewond is, te red. Maar soms gebeur dit ook dat iemand sy lewe waag om een van die vyand te red wat gewond is. En dan wonder ons wat in daardie man se gedagtes omgegaan het.

Ek het ‘n paar jaar gelede verslae gestaan toe daar weereens ‘n sinnelose moord gepleeg is, hierdie slag op ‘n jong predikant. Die natuurlike reaksie van die jong man se pa moes wees om in woede die wrede aanvaller te vervloek. Hy het dit egter nie gedoen nie! Die onverstaanbare reaksie van die verslae pa was om te s dat hy bid vir sy seun se moordenaar! En dan was daar die egpaar, Louis en Hettie Brittz wat wreed aangeval is, en boonop is Hettie verkrag. Hettie en Louis se reaksie was dat hulle daardie verkragter vergewe. Hulle dra absoluut gn wrok teen hom nie.

Ons natuurlike reaksie is om dadelik te vra hoe dit dan moontlik is? ‘n Mens kan mos net eenvoudig nie anders as om so ‘n gewetenlose skurk te haat nie! En wat van jou vyand in die oorlog? Jy mt hom mos haat! Of hoe?

Dit laat my dink aan die storie wat Oorl’e Jan Spies vertel het van Dawid en Jonathan. Dawid was ‘n skaap, en Jonathan ‘n mak leeu, en die twee het saam op die plaas grootgeword en plaas daarvan dat Jonathan vir Dawid wou opvreet, soos natuurlik in enige leeu se aard, het die tweetjies die grootste van plle geword. Maar op ‘n dag kom die boer van die dorp af gery, en toe sien hy ‘n ding wat sy hare laat regop staan: in die lang gras is Jonathan besig om sy maatjie, Dawid te bekruip waar hy rustig staan en wei, en hy kon sommer die moordgedagtes op Jonathan se gesig lees. Die boer is briesend kwaad, en hy spring uit die motor uit met sy sambok, en hy gee die verbaasde Jonathan ‘n loesing wat hy nooit sou vergeet nie. Die leeu is toe boonop nog baie parmantig ook met hom, maar na ‘n paar sambokhale kies hy die hasepad. Die boer klim toe weer in sy motor en ry tot by die huis, en wat hy daar sien gee hom toe so byna-byna ‘n hartaanval: hier l Jonathan al die tyd rustig en slaap! Was dit ‘n wilde leeu wat hy so vreesloos met die sambok bygekom het?

Jesus se sesde teenstelling laat die hare op jou nek regop staan, wanneer Hy s dat jy jou vyand moet liefh. Jou eerste reaksie is om te s: “Here, nou maak U ‘n fout! ‘n Mens kan mos nie!” Dis nie in die mens se natuurlike aard nie en dit druis in teen alles wat mens is binne-in jou! Is dit hoegenaamd menslik moontlik om aan so ‘n opdrag van Jesus gehoor te gee? Maak jy nie nou ‘n moordkuil van jou hart as jy sulke dinge moet doen nie?

Kom ons wees nou maar eerlik met mekaar: dit is nie menslik moontlik om jou vyande lief te h nie. Maar dit is nie waaroor dit primr gaan nie! Dit gaan allereers oor God, en hoe Hy is. Vers 45 beskryf die onbeskryflike goedheid van God en hoe Hy l Sy gawes skenk aan goeies sowel as slegtes. Hy gee onbeperk aan vriend en vyand. Hy is bereid om die gawe van die ewige lewe te gee aan enige mens wat slegs bereid is om in Jesus te glo. En dikwels is dit mense wat in die grootste vyandskap met God geleef het. Hy is bereid om daardie vyandskap te vergewe en daardie rebel ‘n nuwe hart te gee, en boonop Sy Gees in daardie mens te gee.

God wil h dat daar iets van daardie soort liefde in ons sal deurskemer. Ons moet wees soos Hy is! Natuurlik is dit nie moontlik nie, maar Hy wil h dat ons ten minste moet probeer, rnstig probeer om s ‘n liefde na te streef. Dit is eers in die lig van God se liefde, en dan spesifiek Sy liefde vir Sy vyande, dat hierdie opdrag van Jesus begin sin maak. In teorie klink dit onmoontlik, maar in die praktyk is dit al oor en oor bewys dat hierdie soort liefde wl uitvoerbaar is. Wees kreatief! Dit sal net van j afhang, van hoe vindingryk jy hierdie liefde kan deurvoer, en hoe jy daarmee kan woeker. Nee, eintlik is dit nie heeltemal waar nie, want alleen uit die krag wat die Heilige Gees jou gee, raak hierdie opdrag uitvoerbaar. As ek bereid is om die Heilige Gees toe te laat om in my en deur my te werk, dan word dit moontlik.

As Jesus dus s dat ons so volmaak moet wees soos God, dan bedoel Hy dat daar by ons ‘n deurlopende strewe moet wees na hierdie volmaaktheid. Nee, natuurlik sal ons dit nooit kan bereik nie, maar ons durf nooit ophou om daardie pad te stap van “probeer” nie, en jy moet daardie pad met oorgawe loop. Sommige mense gaan baie verder op die pad vorder as ander. Dit moet egter vir elkeen van ons ‘n liefdesreis wees, een waar ons ons liefde uitleef teenoor God en ons naaste. Ja, en selfs ook vir ons vyande! Dit kan egter alleen geskied in die krag van die Heilige Gees.

Gebed:

Here, ek staan diep skuldig voor U wanneer dit gaan oor liefde vir my vyande. Gee my asseblief ‘n ware hart van liefde.