Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Maandag 22 Mei

n Oog vir ‘n Oog!

Matteus 5:33-42

Het julle ouens gehoor: die derde wreldoorlog het so pas uitgebreek!” ‘n Baie opgewonde seun beduie daar na Amerika se rigting. “Die Amerikaners en Russe is al besig om op mekaar te skiet met atoombomme!”

Haai rrag? Sweer jy?” betwyfel ‘n stem uit die gehoor hom.

Ja, njannies!” Hy steek sy voorvinger in sy mond, klap met sy tong, en steek sy vinger in die lug op: “Sowaar as parramanel! Cross my heart and hope to die!” Nou is sy storie geloofwaardig!

n Paar manne verdwyn uit die gehoor om hierdie sappige storie verder te gaan vertel, natuurlik met hulle eie tjoklitsous daarby om die storie darem ‘n bietjie geur te gee.

Onthou jy nog? Toe ons kinders was durf ons nie ons stories bevestig het met ‘n “Ek sweer!” nie. Dit was groot sonde! En toe is daar allerhande ander foefies en sdinge gebruik om te bevestig dat wat ons praat die reine waarheid is. Maar wat s al hierdie dinge eintlik? Dit is alles maniere om met ‘n eed te bevestig dat ek die waarheid praat. Jesus noem hier aan Sy dissipels ‘n paar voorbeelde wat mense gebruik om die ware eed waar God se Naam ingesleep word te omseil, maar dit kom eintlik op presies dieselfde neer. Om ‘n eed te neem roep jy God as jou getuie in die gesprek. As daar nie 100% waarheid steek in wat jy s nie, dan maak jy God tot leuenaar.

Dit gaan egter veel dieper as dit. God is niemand se “Speelmaatjie” nie! Ons moet onthou dat Hy die hoogste Gesag in die heelal is. Hy is die Koning van alle konings; die Skepper van alle dinge. As sodanig moet ons dus alleen die hoogste respek vir Hom h. Daar is ‘n boek geskryf met die titel: “Hey, God!” waar die skrywer op ‘n baie ligtelike manier ‘n verhouding met God het. Ek het die boek nooit gelees nie, want die titel alleen was vir my half Godslasterlik. Hoe kan ek God so aanspreek? Inderdaad mag en MOET ek met God gesels, en dit is een van die wonderlikste genadegawes wat Hy ons gegee het, maar ons moet altyd onthou Wie dit is waarmee ons praat, en die grootste respek vir Hom h. Daarom sal ek ook beslis tweekeer dink voor ek ligtelik ‘n eed afl. Om die waarheid te s, is dit beter om nooit ‘n eed af te l nie. Jesus het immers slf so ges!

Ons het reeds in die afgelope paar dagstukkies gewys op ‘n paar teenstellings wat Jesus gemaak het. Vandag kyk ons na die vyfde teenstelling wat Jesus maak. Dit handel oor geweld. Ken ons nie vandag genoeg daarvan nie? Daagliks word ons land geteister deur gewelddadige opstande. Boonop is daar die angswekkende bendegeweld, veral in die Kaap. Nie eers gepraat van moord, verkragtings, gesinsgeweld, plaasaanvalle en nog baie meer nie. In Jesus se tyd was dit egter veel erger, maar op ‘n totaal ander vlak. Daar was dit nie blatante misdaad wat die Jode se lewe oorheers het soos vandag nie, maar die Romeine, en veral die arrogante Romeinse soldate wat net eenvoudig oral uitgekruip het om die lewe vir almal suur te maak.

Ons hoor dikwels die bitter uitspraak van iemand wat onder geweld deurgeloop het: “Ek hoop hy vrot in die tronk!” Ek dink nie dat daar een enkele persoon is wat hierdie dagstukkie lees wat nie siek is vir al die geweld wat ons mooi land teister nie. Nou kom Jesus en Hy s dat ‘n mens nie daardie geweld met geweld moet beveg nie, maar met liefde. “Maar hoe doen jy dit?” is jou onmiddellike vraag.

Wees kreatief!” s Jesus. Hy gee ‘n paar voorbeelde oor hoe ‘n mens kreatief met geweld kan omgaan. In daardie dae het ‘n Romeinse soldaat die reg gehad om enigeen langs die pad te gryp en hom te dwing om sy bagasie vir ‘n myl ver te dra. Jesus s vir Sy dissipels dat dit nie help dat jy met die man stry nie. Vat eerder die pak, en bied sommer aan om dit nog ‘n tweede myl ook te dra, want op daardie manier wys jy hom iets van God se liefde.

In vandag se taal: As iemand in jou blink nuwe motor vasry, kan jy een van twee dinge doen. Jy kan uitspring en in ‘n woedebui die arme vent slegs en vertel presies wat jy van sy bestuursvernuf dink. Die kanse is goed dat sy bloeddruk ook die hoogte gaan inskiet, en dat hy ook op jou gaan terugskree. Padwoede, waar mense selfs op mekaar skiet of mekaar toetakel, het ‘n groot probleem geword op ons paaie.

Maar daar is ’n ander alternatief: jy kan bid vir wysheid, krag en kalmte, en dan kalm en rustig uitklim en op ‘n vriendelike toon saam met die ander party besluit hoe julle die saak gaan beredder. Doen jy dit, dan is die saak klaar driekwart opgelos.

In kort: moenie gedurig vergelding najaag nie. Soek jy vergelding, dan ontdek jy met ’n skok hoe jou eie menslikheid stelselmatig afgebreek word. Daar is ‘n spreekwoord wat s: “Hy wat ‘n ander jaag, staan self nie stil nie.” Liefde, aan die ander kant, is ‘n kragtige wapen wat baie plofbare situasies kan ontlont, en terselfdertyd jou eie menslikheid opbou.

Gebed:

Here, plaas asseblief ‘n wag voor my mond, en gee my kalmte en wysheid om mense wat my te na kom met liefde te kan hanteer.