Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Woensdag 17 Mei

Lig in ‘n Donker Wreld

Matteus 5:13-16

Duisternis kan skrikwekkend wees, veral as dit pik-giet-swart-donker duisternis is. En wanneer daar boonop nog skrikwekkende geluide by is om dit mooi af te rond, raak dit angswekkend!

So kuier ek en Mosbolletjie eenslag in die Laeveld. Dit was een van daardie snikhete dae, met ‘n Salatiwind wat al van vroegoggend af die wreld uitgemergel het met ‘n temperatuur kort duskant vyftig grade. Jy sit letterlik en hyg na asem, en alles bak soos in ‘n bakoond. Genadiglik begin dit darem na sononder ‘n bietjie afkoel, en ons tweetjies sit totaal uitgeput van die hitte op die stoep en asem skep.

Dit was ‘n besonderse stil aand en jy hoor gn nag geluide. Dalk was dit die dag se hitte wat almal se g uitgepluk het. Of dalk eerder omdat dit donkermaan was. Daar was nie eers ‘n ou sweempie van maanlig nie.

Wanneer ek en Mosbolletjie besluit om te gaan inkruip, voel dit asof ons in ‘n bakoond instap. Die huis was onleefbaar warm van die dag se hitte, en dit het nie eers naastenby afgekoel nie. “Vanaand slaap ek buite!” kondig Mosbolletjie aan. Wie is ek dan nou om te stry? Ons sleep ons matras uit op die stoep en maak ons heerlik gemaklik in die koel aandlug.

Skielik is daar ‘n gedonder van hoewe hier langs die westekant van die huis verby. “Sebras”, besluit ons, alhoewel hulle verder nie ‘n geluidjie gemaak het nie. “Baie snaaks,” deel Mosbolletjie haar gedagtes met my. “Iets moes hulle baie groot laat skrik het. Wonder wat dit was?”

Dalk ‘n leeu?” spot ek, en daarmee blaas ek die kers dood. Skielik is dit pikswart rondom ons, en my hart gee ‘n benoude sprong.

Weldra is Mosbolletjie in droomland, maar ek l en dink. Onder die stoep se grasdakrand deur loer ‘n paar sterretjies vir my. Wat het daardie sebras tog so laat hardloop? Hulle sal mos nie onnodig so op loop gaan nie? Hier sal tog skerlik nie roofdiere in die omgewing wees nie! Of is hier……?

En dan hoor ek dit: ‘n rasper-agtige gromgeluid iewers links van die huis. Ek wil nog wonder wat dit kan wees, maar dan tref dit my soos ‘n bom. Ek wt sommer: Luiperd! Onmiskenbaar. Dan is dit die groot kat waarvoor hulle geskrik het! Weer kom die rasper-grom, amper soos iemand wat ‘n boom met ‘n handsaag afsaag. Nou is hy effens nader. My hart klop in my keel. Hoe weerloos en blootgestel l ons tweetjies hier op die oop stoep. Wat as..... Ek probeer die gedagte uit my kop skuif. Ek strem my o om iets te kan sien in die bosse hier rondom ons. Al wat ek egter sien is net die vae silhoette van sekelbosse teen die sterrehemel. Op die grond langs is dit gitswart.

Weer grom die kat, maar nou beweeg hy effens na die voorkant van die huis. As daar tog maar net ‘n bietjie lig was...... Ek bid: “Al gaan ek ook deur die dal van doodskaduwee…..”, maar die kommer maak ‘n klipharde knop op my maag. Kort-kort hoor ek die kat se rasperstem soos wat hy ‘n halfsirkel om ons loop, nou reg voor die huis, en dus regoor ons onbeskermde stoep! “Rasper-rasper-rasper” grom hy en sluip stadig regs verby ons en terug na die agterkant van die huis. Met ‘n skok besef ek dat hy nou al byna ‘n vol sirkel om ons gestap het. Is hy besig om ons uit te kyk? Dalk om te sien uit watter hoek hy ons die maklikste kan aanval en opvreet?

Ek oorweeg dit om vir Mosbolletjie wakker te maak sodat ons in die huis kan intrek, maar ek besluit daarteen. As ek net wakker bly, sal ek betyds kan opspring en die kat verwilder. Ek bid innig, smeek om beskerming. Ek durf nt nie slaap nie. As die maan tg net wou opkom....... As daar tg net ‘n bietjie lig was dat ek kon sien......

Ure later, met ooglede wat voel soos stukke rou lewer, sien ek hoe die dag begin breek. Ek draai my om en slaap die slaap van ‘n dooie!

Julle is die lig vir die wreld.” s Jesus vir die skare van mense wat oopmond na Hom sit en luister.

Ons beleef op die oomblik ‘n bitter donker wreld. ‘n Deurmekaar politiek, rommelstatus ekonomie, staatskaping, plaasmoorde, bedrog, verkragtings, gruwelike moorde! Ons beleef ‘n duisternis soos nog nooit tevore nie!

Te midde van daardie pikdonker kry ek en jy die opdrag om die lig vir die wreld te wees. Hoe verfrissend is dit nie as iemand ‘n vertrek binnestap waar mense sit met lang gesigte, en met ‘n stralende gesig borrelend vertel hoe mooi die lewe is, hoe wonderlik God is en hoe asemrowend hy die skepping ervaar! Skielik is dit asof die vertrek helder verlig word. “Julle is die sout van die aarde!” Ek en jy is sout wat die smaaklose lewe smaak gee en jou tong heerlik prikkel.

Op watter manier gaan jy vandag vir die wreld rondom jou die sout wees? Op watter wyse gaan jy vandag die duisternis in die mense rondom jou se lewe vrolik verlig en Jesus se lig so laat skyn? Wees kreatief en “Laat jou lig so voor die mense skyn, dat hulle jou goeie werke kan sien en jou Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Mat 5:16)

Gebed:

Here, ek wil vandag ‘n helder lig wees wat mense van U vertel.