Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Dinsdag 16 Mei

Die Grootste Preek van Alle Tye

Matteus 4:23-5:12

Jesus het in Galilea rondgegaan en aanvanklik begin om in al die sinagoges die mense te leer. Terselfdertyd het Hy ook talle siekes gesond gemaak van elke kwaal denklik. Die nuus het soos ‘n veldbrand versprei, en mense het in groot getalle van heinde en verre gestroom om hierdie “Wonderwerker” te sien en te ervaar, en natuurlik om van hulle siektes en kwale genees te word.

Dit is interessant as ons kyk waarvandaan die mense gekom het. Dit was nie net die Joodse gebied van Jerusalem en Judea nie, maar ook van al die heidense provinsies soos SiriŽ en Dekapolis.

Hierdie was nie net ‘n barmhartigheidsaksie nie, maar Jesus het na ‘n veel groter doel gewerk. Hy wou die verhoog regkry vir die grootste preek van alle tye. Toe Jesus begin met hierdie asemrowende bediening, begin die nuus versprei na die uithoeke van die omgewing. Mense is baie opgewonde, want hulle het nog nooit so iets beleef nie. Dit word oorvertel en weer oorvertel totdat dit deur die hele provinsie van SiriŽ weerklink. In hulle hordes stroom die mense saam. Almal wil dit vir hulleself kom beleef, met die gevolg dat daar weldra reuse skares mense is wat om Jesus saamdrom, en die sinagoges natuurlik totaal te klein word. Dus moet Hy hom wend na die buitelug, en die beste plek is langs die see van Galilea.

Jesus het gewag vir die regte oomblik. Wanneer daar genoeg mense bymekaar is, loop Hy teen die berg op sodat almal Hom kan hoor. Dan begin Hy daardie wonderlike preek wat al oor en oor en oor uitgerafel, bespreek en ontleed is. Vir miljoene mense het dit al vertroosting gebied en geleer, maar dit is ook dikwels misverstaan.

Jesus se preek bestaan uit die aanhef (Matt 5:3 tot 16), die middeldeel (Matt 5:17 tot Matt 7:12), waarvan die “Ons Vader-gebed” die kern vorm en die woord “Vader” die gedeelte oorheers. Dit is inderdaad die sleutel tot die verstaan van die bergrede. Dan volg die gevolgtrekking (Matt 7:13-27). As ons die bergrede reg wil verstaan, moet ons reg van die begin af besef dat dit nie gaan oor ‘n klomp baie lofwaardige eise wat gestel word nie, maar eerder oor kinders se liefdevolle verhouding met die Vader wat tot uiting kom wanneer gelowiges God se wil doen.

Mense sien dikwels die Tien Gebooie as eise wat God stel, eise wat baie mense moedeloos maak omdat hulle nie hieraan kan voldoen nie. Dit was egter nooit God se bedoeling nie, en ons moet hulle eerder sien as riglyne waarvolgens ons ons liefde teenoor God en ons medemens kan uitleef. Net soos wat die Tien Gebooie die praktiese uitlewing van ons verbondsverhouding met God reŽl, so wys die bergrede hoe kinders van God hulle liefdesverhouding met die Vader prakties kan uitleef, en hoe dissipels van Jesus Hom moet navolg.

Die openingstoneel van die bergrede sorg vir ‘n dubbelsinnigheid: in vers 1, en 2 lees ons dat Jesus vir sy dissipels gepreek het, maar in Matt 7:28 lees ons dat die skare verbaas was oor Sy preek. Vir wie was die preek dan bedoel? Hierdie is ‘n doelbewuste dubbelsinnigheid van die skrywer om aan te toon dat hierdie preek wel as onderrig vir die dissipels bedoel was, maar dat dit nie ‘n eksklusiewe gesprek met hulle was nie, maar vir elkeen bedoel was wat wou luister.

Die preek begin met die “Saligsprekinge.” Die dissipels moet eers hoor hoe genadig God is voordat hulle kan hoor wat die eise is wat God aan hulle stel. Dit is presies soos met die Tien Gebooie, waar God eers vertel van Sy groot genade oor Israel, voordat Hy eise stel. Die eerste genade-aankondiging is dat die mens wat besef dat hy totaal afhanklik van God is, baie groot seŽn beleef, en dat hy deel het aan die Koninkryk van God. Die nuwe direkte vertaling stel dit so: “GeseŽnd is diť wat geestelik arm is.” As ons die parallel lees in Lukas, sien ons dat hy sÍ dat hierdie seŽn gaan aan diť wat arm is. Daar is nie werklik ‘n verskil tussen die twee nie, want as jy arm is, begin jy jou afhanklikheid van God besef. Die armes in Jesus se tyd is deur die geestelike leiers verag, want hulle het geglo dat armoede ‘n teken is dat God hulle verwerp het. Lukas sÍ dat hulle verkeerd is, en dat hierdie sogenaamde verworpenes juis deur God aanvaar word.

Die saligsprekinge gaan eintlik oor geregtigheid. Om eerstens die regte houding voor God te hÍ, maar terselfdertyd ook om reg te doen. As hierdie twee elemente teenwoordig is in jou lewe, ontvang jy seŽn en het jy deel aan God se Koninkryk. Om reg te doen behels onder meer om barmhartig te wees, vrede te maak, te treur oor dit wat verkeerd is, sagmoedig te wees, geregtigheid na te streef en om jou lewe skoon en rein te hou. Maar jy kan ook verwag om vervolg te word as jy ernstig is in jou navolging van Christus, maar dan is die troos daar dat daar vir jou ’n groot beloning in die hemel wag.

Om werklik jou geloof op hierdie manier uit te leef en deel te hÍ aan die Koninkryk van God, is nie vir sissies nie. Dit kos baie moed om hoed-in-die-hand voor God te staan en jou hoogmoed en eiegeregtigheid voor Hom te bely. En dan boonop die juk van die Koninkryk op jou skouers te neem en vir Jesus te volg. Maar die beloning is ongekende seŽn, vrede wat alle verstand te bowe gaan, en vreugdevolle gemeenskap met die Vader.

Gebed:

Here, ek besef vanoggend opnuut hoe afhanklik ek van U is, want sonder U is ek niks!