Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Maandag 15 Mei

Sendingtaak

Matteus 4:18-22

Stel jou voor: jy kom vanoggend by die werk aan, maak vir jou ‘n koppie koffie, en gaan sit by jou lessenaar om jou dagtaak te begin. Sagte musiek speel in die agtergrond, en ‘n gevoel van saligheid spoel oor jou gemoed. Jy geniet jou werk terdeŽ.

Skielik lui die telefoon. DŪt wat die stem aan die anderkant jou meedeel, skok jou tot in jou sokkies: “Kom gou haastig af na die straat toe: ‘n huurmotor staan reg om jou na die lughawe te neem. Jy vertrek onmiddellik na Noord Korea om daar sendingwerk te gaan doen. Los jou besittings, jou familie, jou werk alles net so. Kom dadelik! Jou vrou wag reeds op die lughawe om jou te groet.” Jy wil nog vra: “Vir hoe lank? ‘n Week?” Dan kom die skokkende antwoord: “Moontlik drie jaar, dalk selfs tien!” Jy moet aanhoor dat die werksomstandighede in Noord Korea dikwels haglik is, selfs lewensgevaarlik. Daar sal nie aldag geld wees vir kos nie, en die blyplek is bitter primitief. Sal jy gaan?

Jy sal seker sÍ: “Maar dis absurd! Sulke dinge kan tog nie gebeur nie!” Maar dit is presies wat met Petrus en sy maters gebeur het.

In die vorige perikoop het ons verneem dat Jesus na Galilea vertrek het om daar bekering te preek. Die See van Galilea is baie prominent in hierdie landstreek, en etlike vissermanne maak ‘n lewe uit hierdie ryk bron. En dit is op die strand van hierdie groot meer waar Jesus Hom bevind. Terwyl Hy langs die strand afstap, sien Hy in die verte ‘n paar manne druk besig. Wanneer Hy nader kom, kry Hy die broers Petrus en Andreas besig om ‘n werpnet met ‘n sierlike boog in die see te gooi en dan in te katrol. Oor en oor word dit herhaal, en soms word daar ‘n vis of twee in die net vasgevang. ‘n Rustige prentjie.

Visvang is hierdie twee broers se lewe en hulle werk, en dit is wat hulle geniet om te doen. Hier langs die viswater is hulle gelukkig, en hulle weet dat die see vir hulle genoeg oplewer om ‘n goeie bestaan te kan maak. Hulle het al gesien hoedat hierdie nuwe Prediker vir die mense staan en preek op die strand, maar hulle het hulle nie veel aan Hom gesteur nie.

Dan sien hulle Hom aangestap kom, reguit na hulle toe. Wil Hy dalk kom vis koop? Maar Jesus slaan hulle voete skoon onder hulle uit: “Kom hier!” roep Hy hulle, “Kom saam met my, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle los hulle nette sommer net daar en loop agter Hom aan. Net ‘n entjie daarvandaan is nog twee visserman-broers, Jakobus en Johannes in hulle skuit besig om vis te vang saam met hulle pa, soos hulle ook al hulle hele lewe lank doen. Ook hķlle word nader geroep, en hulle los Pa Sebedeus alleen om met die visvang voort te gaan, terwyl hulle agter Jesus aan loop. Hulle het seker gedink dat hierdie ’n ding is wat dalk ‘n uur of twee sou duur. Maar dan moet hulle met ’n skok verneem dat hulle ten minste vir die volgende paar jaar alles sal moet los - werk, familie, besittings - alles! En hulle gaan ook nie juis in ‘n vyfster hotel tuisgaan nie! Dit sal soms maar rof raak.

Die eerste Jode wat hierdie verhaal gelees het, het presies verstaan wat Matteus hier vertel het, want vir ‘n Jood om in daardie tyd ‘n Christen te word, het beteken dat hy dikwels absoluut alles sou moes prysgee. Die Joodse gemeenskap en selfs sy bloedfamilie het hom totaal verwerp as hy met die Joodse geloof sou breek. Hy was beskou as ’n verraaier, en niemand sou jou besigheid ondersteun nie. Jy verarm, want jou inkomste droog op.

Vandag het ons presies dieselfde situasie met die Moslem wat die Christelike geloof aanneem. Selfs in ‘n verligte land soos Suid Afrika, word daardie persoon van alles gestroop, en hy word verwerp deur sy eie familie. Hy word beskou as ‘n verraaier. Hy word selfs vervolg in so ‘n mate, dat hy enige oomblik vermoor kan word. In die Moslemlande is dit egter nog veel erger. ’n Tyd gelede het ons in die nuus gesien hoedat ‘n Moslem wat die Christelike geloof aangeneem het onthoof sou word vir sy besluit. Hy was gelukkig, want die wye mediadekking het hom gered, maar duisende ander betaal steeds bitter duur vir hulle geloof.

Vir hierdie vier vissermanne was dit ‘n reuse besluit om te neem, maar gelukkig was hulle toe nog nie deur hulle eie mense verwerp nie, want die owerhede het nog nie besef wat aan die gebeur was nie. Jare later sou hierdie selfde manne nog wreed vervolg word vir hulle geloof.

Ons is nie almal geroep om sendingwerk in vreemde lande te doen nie, maar ons kan bid vir die dapper mense wat dit doen in uiters moeilike omstandighede. Bid vir aksies soos Geopende Deure en die MasedoniŽ Projek wat onder andere gewone mense gebruik om Bybels en Christelike literatuur in lande in te smokkel en te versprei waar die Evangelie taboe is en waar Christene vervolg word. Bid ook vir instansies soos Kwasizabantu waar sendelinge opgelei word. Ek en jy kan ‘n verskil maak deur sendingwerk te ondersteun, en die taak van sendelinge makliker te maak. Of jy kan deelneem aan een van die talle uitreik-aksies wat deurentyd geloods word.

Word Sendingbewus!

Gebed:

Here, maak my asseblief sendingbewus, en as die opdrag kom dat ek dalk moet gaan, gee dan vir my die moed en wil om ja te sÍ.