Ander Dagstukkies
Vandag se Dagstukkie
Vorige Dagstukkie
Volgende Dagstukkie
Boeke deur Louis Nel
Luister na hierdie Dagstukkie


Vrydag 5 Mei

Om die Betlehemster te Volg

Matteus 2:1-12

As jy die woord “Betlehemster” hoor, gee jou hart sommer ook so ‘n ekstra sprongetjie, want dit roep by jou herinneringe op uit jou kleintyd. Dalk was dit ‘n Kersopvoering, waar jy as kleintjie deelgeneem het. Of dalk die finale versiering op die Kersboom, die ster wat Pa met sy lang arms op die tippie van die boom hang. Maar dit gryp ook jou verbeelding aan, want jy probeer vir jou ‘n prentjie vorm van die drie wyse manne wat agter ‘n ster aanloop. Hoe is dit moontlik? Terloops, dit is ‘n mite dat daar DRIE wyse manne was. NÍrens sÍ die Bybel dit vir ons nie. Ons het maar ons eie afleidings gemaak!

Matteus se verhaal gaan egter veel dieper as ‘n ster en wyse manne. Hy skilder vir ons ‘n geweldige kontras in die verhaal. Eers ontmoet hierdie manne ‘n vals koning (Herodus die Grote) in sy luukse paleis, omring deur sy raadgewers. ‘n Rukkie later ontmoet hulle dan die ware Koning (Jesus) waar Hy in die eenvoud van ‘n stal lÍ, en waar dit beslis nie so aangenaam ruik nie. Herodus bak onder valse voorwendsels mooi broodjies. Hy wil kwansuis gaan hulde bring aan daardie nuwe Koning, maar eintlik probeer hy uitvind waar Jesus is sodat hy Hom uit die weg kan ruim. Op die ander pool, God wat Sy Seun uit liefde stuur, nie om mense te kom verdoem nie maar te red van die dood.

Die kern van die verhaal is die wyse manne wat kom hulde bring aan Jesus, die Seun van God. Is dit nie ironies nie, dat God juis heidense magiŽrs gebruik om hulde te bring, terwyl die Joodse Skrifgeleerdes en volksleiers (en koning Herodus) Jesus wil doodmaak.

Maar wie was hierdie “wyse manne” en hoe het hulle ‘n ster gevolg gekry? Hulle was sterrekykers iewers uit die Ooste. Ons kan eintlik maar net raai, maar waarskynlik was hulle afkomstig van PersiŽ (vandag Iran). Daar was manne wat hulleself besig gehou het met baie diep dinge oor die lewe, die mens en die natuur, en dit het gepaard gegaan met die stand van sterre en towery ens. In die Jodendom het hulle dus eintlik ‘n slegte naam gehad, maar in die res van die wÍreld was hulle aansien baie hoog. Oor die ster wat hulle gevolg het, is daar ook baie teorieŽ. Dit het waarskynlik ‘n baie lang aanloop gehad met oplyning van planete en moontlik selfs die verduistering van ‘n planeet. Die uiteinde was waarskynlik ‘n komeet wat hulle na Betlehem gelei het. Natuurlike verskynsels? Miskien wel, maar reeds miljoene jare tevore haarfyn deur God beplan om presies reg uit te werk. (Lees gerus die artikel oor die nuutste navorsing oor die ster van Betlehem by www.dagstukkie.co.za)

Dit was die jaar 5 vC wanneer die finale teken vir hierdie sterrekykers verskyn, ‘n teken waarvoor hulle gewag het. Die BabiloniŽrs was die voorste wiskundiges en astroloŽ, en hulle het geweet van die Joodse geloof, dat ‘n ster die koms van die Messias sou aankondig. Die baan wat die komeet gevolg het sou hierdie manne reguit na Betlehem lei, waar die ster vroegoggend in die Suide sigbaar sou wees. Die komeet was waarskynlik vir 70 dae lank sigbaar, ook omtrent die tyd wat ‘n reis vanaf Babilon na Betlehem sou neem.

Ek kan myself voorstel hoe opgewonde daardie manne was toe hierdie komeet sy verskyning maak! Vir drie jaar lank hou hulle met opgehoue asems die veranderinge in die sterre en planete dop. Hulle bygeloof omtrent die beweging van planete en sterre het skielik in hulle binneste geruk, toe hulle iets bonatuurlik sien gebeur. Dalk het hulle nagte lank bespiegel en geredeneer oor wat aan die gebeure was. En die opgewondenheid toe daar uiteindelik drie jaar later ‘n komeet verskyn wat al hulle berekeninge bevestig het. Hoe teleurgesteld moes hulle nie gewees het toe hulle by Herodus kom en sy vyandiggesindheid sien nie. Hy het nou wel vir hulle gesÍ dat hy ook aan die nuwe Koningskind wou gaan hulde bring, maar hulle kon sommer dadelik dwarsdeur sy skynheiligheid sien, dat hy glad nie bedoel wat hy sÍ nie. En dan daardie hart-bonsende opwinding toe die komeet hulle na Betlehem lei, en hulle die Kindjie daar kry in die stal.

Matteus sien, interessant genoeg, hierdie magiŽrs nie in 'n negatiewe lig nie, maar hy probeer wys dat die elite van die destydse heidendom Jesus erken het as koning. En dit terwyl Herodus en die ganse Jerusalem hewig ontsteld is oor dieselfde gebeurtenis. God berei lof voor vir die Messias uit die optrede van eenvoudige skaapwagters wat iewers in die veld naby Betlehem geslaap het, asook heidene wat Sy ster oor lang afstande volg. En dit terwyl Sy eie volk - veral die kerkleiers - absoluut geen begrip openbaar nie. Dertig jaar later sÍ Jesus vir hierdie Joodse leiers: Tollenaars en prostitute gaan eerder as julle die Koninkryk van God in” (Matteus 21:31)

En ek en jy? Gee ons aan Jesus, die ware Koning, die Een wat heers aan die regterhand van God - gee ons aan Hom die eer wat Hom waarlik toekom?

Gebed:

Here Jesus, saam met die wyse manne wil ek ook vanoggend aan U hulde bring. Ek wil U loof en prys met alles wat binne in my is.