Terug Na Tuisblad
Abraham
Amos
Avontuur in die Bos
Avontuur op die Strand
DaniŽl
Dawid
EfesiŽrs
Ester
Filemon
Filippense
GalasiŽrs
Gedagtes uit die Bos
Habakuk
Handelinge
HebreŽrs
Hoe Vertel Ek?
Jakobus
Job
JoŽl
Johannes Briewe
Johannes Evangelie
Jona
Kolossense
KorintiŽrs
Laeveld Lekkerte
Lukas
Maleagi
Markus
Miga
Judas 
Kersverhaal
Moses
Nehemia
Noag
Onthou Jy Nog?
Paulus
Petrus Verhaal
Petrus se Briewe
Rigters
Romeine
Rut
Stories of an African Bush
Tessalonisense
Timoteus
Titus
Vrae wat Pla
Vry soos die Wind

Terug na Bo

Vry soos die Wind
Die verhaal van 'n seuntjie se grootword-dae.
171 Bladsye - R140
Van kleintyd tot Matrtiektyd het die skrywer die wonderlike voorreg om die plaaslewe te geniet op Oupa Johnny Parsons se plaas 'n paar kilometer buite die skilderagtige Spoorwegdorpie Waterval Boven. Die plasie is geleŽ in 'n kom omring deur fabelagtige klipkoppies. 'n Spruit met kristalhelder water vloei daardeur. Daar is 'n berg, talle kranse, klowe en watervalle en wat hierdie seuntjie talle uitdagings bied. Elke dingetjie fassineer hom, goggas, miere, spinnekoppe en veral die miskruier.


Wanneer die Ramp Tref - Die Boek Job

130 Bladsye - R65

Job was die “slagoffer van omstandighede.” So wil ons hom graag beskryf. Maar was hy werklik? Wou God nie dalk vir Job op 'n baie besonderse manier gebruik deur die rampe wat homso genadeloos getref het nie? 
Ongelukkig is dit so, dat almal wel die storie van Job baie goed ken, die skatryk man wat oornag al sy rykdom verloor het, maar vir wie God dit alles later dubbel teruggegee het. Maar hierdie is maar die eerste en laaste hoofstukke. En die ander veertig tussenin lees bitter min mense ooit, want dis “vervelig”. Maar dit is juis in hierdie veertig hoofstukke waar al die wysheid opgesluit is, asook aangrypende gedigte oor 'n mens se worsteling met God wanneer alles verlore lyk.


Abraham, Isak en Jakob – Op Reis na die Beloofde Land

186 Bladsye - R95
Die oer-geskiedenis eindig met die beroemde skeepsbouer, Noag - ’n man wat omtrent 3000vC sy eerste lewenslig gesien het. En dan begin die geskiedenis van die volk Israel met die grootvader van geloof, Abraham. Om egter die kronologie van hierdie tyd na te speur, is ‘n nagmerrie, en selfs die slimste geskiedkundiges stem nie saam oor datums nie. Wat egter redelik duidelik is, is dat ou Metusalag dalk gesterf het in die jaar toe Noag in sy skip weg gevaar het. Noag het weer geleef tot met die geboorte van Abraham, so ongeveer 2000 vC. 300 jaar later gaan vestig Jakob hom in Egipte, en 450 jaar later lei Moses al Jakob se nasate (meer as 3 miljoen van hulle) uiteindelik na die beloofde land.
Ons verhaal handel oor die drie aardsvaders, Abraham, Isak en Jakob, en natuurlik ook die man wat kon “nee” sÍ vir ‘n mooi vrou: Josef.
Abraham het as jong man alreeds van God die belofte gekry dat die beloofde land, Kanašn aan hom (sy nageslag) sou behoort. Meer as 700 jaar het verloop voordat daardie belofte sou waar word. Dit sou ‘n lang pad wees wat die Here met Abraham en sy nageslag sou stap om uiteindelik die beloofde land in besit te neem.



Amos – Die Prekende Plaasboer
66 Bladsye - R35

Amos was die “plaaslike koerant” van 760vC. Sy “lesers” kon nie wŠg om die volgende uitgawe te hoor oor die skandes van hulle bure nie!






Avontuur in die Bos
100 Bladsye - R50

'n Heerlike avontuur wag op Chris en Adri wanneer hulle die oggend baie vroeg uit Pretoria vertrek vir hulle wintervakansie in die Laeveld. Maar hulle kon nie eers in hulle stoutste drome dink hoe avontuurlik hierdie vakansie sou wees nie.
Avontuur in die Bos vertel van die twee kinders se kennismaking van die ware natuur, waar hulle te doen kry met vlakvarke, nagapies, olifante en ‘n swetterjoel soorte voŽls. Hulle leer van die gewoontes van die interessante, arrogante NeushoringvoŽls en van olifante se geite. En dan leer hulle ook nog van sterre.
‘n Můťt vir elke jong kind om te lees!
'n Boek gerig op kinders tussen 9 jaar en 15 jaar oud. Deur middel van 'n boeiende verhaal, leer hulle terselfdertyd ook van die natuur, diere, voŽls en selfs die sterre.




Avontuur op die Strand 
116 Bladsye - R60

Saam met Chris en Adri ontdek ons die asemrowende geheime van die rotspoeletjies. En ons verwonder ons aan die geheimsinnige inwoners van ‘n regte, egte skemer kus-oerwoud. 'n MOET vir elke kind wat 'n vakansie by die strand gaan deurbring - gerig op kinders tussen 9 jaar en 15 jaar oud. Deur middel van 'n boeiende storie  leer hulle van die strand, seediere, getye, plante en kuswoude.



DaniŽl – Visie vir die Toekoms
108 Bladsye - R55

Die boek DaniŽl is seker nie die maklikste van boeke vir die leek om te verstaan nie, en groot gedeeltes daarvan word gewoonlik maar oorgeslaan. Met Visie vir die Toekoms word ’n uiters boeiende en interessante geskiedenis-agtergrond waarteen DaniŽl afspeel vir die leser geskilder sodat jy ’n beter begrip kan kry waaroor alles gaan. Sodoende kry hierdie boek weer nuwe lewe, en ontdek jy dat DaniŽl meer is as bloot ‘n paar stories oor leeus en vuuroonde.
Uit elke perikoop in DaniŽl word ‘n boodskap gehaal wat vandag op ons moderne lewe van toepassing is. Dit is geskryf in die vorm van oordenkinge, en hiermee word die vergete, en dikwels totaal onverstaanbare Ou Testamentiese boek ‘n tydlose, lewende werk wat aktueel is en vir elke gelowige troos bied en nuwe hoop vir die toekoms in ‘n donker, gewelddadige en onseker wÍreld.



Dawid - die Here se Liedjieskrywer
150 Bladsye - R75

Hy het liedjies geskryf vir die Here, daar in die veld waar hy skape opgepas het. En toe kom Goliat, die reus - hy maak kennis met Dawid se slingervel. Dawid word huursoldaat en uiteindelik koning. Dawid is ‘n gewone mens wat soms ook struikel, maar steeds bly vasklou aan die Here, selfs in die donkerste uur.



EfesiŽrs – Ratwerk van die Kerk
54 Bladsye - R25

Wie of wat is die kerk? En hoe is sy ratwerk saamgestel? Watter kerk is die regte een? Hoe lyk die ideale kerk?Waarom is daar soveel verskillende kerke? Hierdie is vrae wat dikwels gevra word. En die antwoord is eintlik heel eenvoudig. Die kerk is ’n versameling van Christen-gelowiges.




Ester - Koningin vir God
48 Bladsye -R25

Van uitgeworpe, veragte weeskind na koningin oor die magtige Persiese Ryk; van armoede na ongekende weelde - so het Ester se lewe verander. Maar God het ‘n doel gehad daarmee - hierdie mag, rykdom en weelde was nie maar net daar vir Ester se gemak nie - sy moes dit gebruik om God se plan ten uitvoer te bring.



Filemon – Om Ou Mure Af te Breek
32 Bladsye - R15  

Voordat daar voortgegaan kan word met ‘n heropbou en ontwikkeling, moet die ou vrot mure eers afgebreek word tot op die grond.
Op die geestelike terrein was Suid-Afrika eens ‘n sterk gebou. Nie baie jare gelede nie, was die kerke letterlik tot oorlopens toe vol en het ons land geblom. Verder terug in die geskiedenis was daar reuse steunpilare in die geloof waarop ons land gebou is. Helaas het die mure begin verkrummel, en sien ons hoedat gemeentes doodloop en die kerkgemeenskap verval in totale onbetrokkenheid, kerklosheid en selfs kerkloosheid.
Hierdie mure moet baie dringend herstel of eintlik eerder herbou word, want die skade is reeds te groot vir herstel. Om die geesteilke mure egter te herbou, moet die ou krummelende mure afgebreek word om plek te maak vir nuwe stewige mure



Filippense – Brief van Blydskap
108 Bladsye - R55  

Ware blydskap is iets baie kosbaar. Anders as geluk, wat afhang van jou lewensomstandighede, jou besittings en vriende, kan jy steeds onmeetlike blydskap ervaar selfs wanneer alles van jou weggeneem word. Hy was vasgeketting in ‘n stinkende kerker, en het steeds lofsange uitgejubel. In die Filippense brief kom deel Paulus met ons sy geheim tot ware blydskap.



GalasiŽrs – Saligheid, Geskenk van God
60 Bladsye - R30

Hoe seker is jy dat jou saak met God reg is? As jy vandag voor die hemelpoorte sou staan - sal jy binnegelaat word? Kan ‘n mens ůůit seker wees dat jy in die hemel kan kom? Is dit nie alleen God se besluit of jy die hemel sal haal of nie? Dalk, as ek my deeltjie baie goed doen, sal die Here my daar toelaat - as ek sů lewe dat die Here tevrede is met my!



Gedagtes uit die Bos
173 Bladsye – R65 (Geen E-boek)  

‘n Vyftigtal oordenkinge wat handel oor die natuur, en veral oor stories en insidente wat kom uit Marloth Park - ‘n wildreservaat-dorp in die laeveld. Ontdek saam met my die wonder van die natuur en God se skepping in ‘n storie-reis wat jou dikwels hoendervleis gee.




Habakuk – Waaroms van die Lewe
36 Bladsye - R20

Elke gelowige worstel dikwels met gedagtes oor al die onreg wat rondom ons heers, of wat my tref. En dan lyk dit dikwels asof die goddelose mense oorvloedig leef - die lewe geniet in sy volheid - en dit terwyl die goeie mense besig is om te vergaan van die ellende! Stel die Here nie meer belang in die armes nie? Stel Hy nog ťnigsins belang in my? En die vraag wat ‘n mens yskoue rillings gee: Leef God ooit nog - Is Hy nie dalk dood nie?
Habakuk het eerlik antwoorde gaan soek op sy vrae, en in geloof gegaan na die enigste Een wat ‘n antwoord kan gee. Ja, hy was dalk platgeslaan - verbyster deur die dinge wat hy gesien het, maar hy het krampagtig vasgeklou aan sy geloof.
Aan die einde van die boek sien ons dat hy daarna verwys as ‘n “Nogtans-geloof” - “Al sou wŠt ookal met my gebeur - nogtans sal ek jubel in die Here!”
Die wonderlike is, dat ek en jy vandag kan leer uit Habakuk se vrae, en dat ons met groot vrug hierdie nogtans-geloof in ons lewe kan toepas.



Handelinge – Die Kerk in Wording
201 Bladsye - R100
Met die eerste oogopslag wil die boek Handelinge vir ons lyk na ‘n boek wat die geskiedenis van die vroeŽ kerk beskryf. Dit is egter allermins ‘n geskiedenisboek. Dit is ‘n ontdekkingsreis van die handelinge van die Heilige Gees met die eerste kerk.
Ons sien Jesus se volgelinge as ‘n groepie mense wat in angs wegkruip uit vrees vir vervolging - die eerste lidmate van die splinternuwe kerk. En dan, sommer in die begin van Lukas se boek, verneem ons van Pinksterdag, toe die Heilige Gees op die gelowiges uitgestort word. Daar vir ‘n asemrowende ommekeer plaas, en mense begin kragdadig deur die krag van die Heilige Gees die evangelie uitdra, eers in Jerusalem, maar later dwarsdeur die ganse wÍreld.
Ons sien hoe die Gees bang mense se lewens drasties verander om vreesloos die Woord te verkondig. ‘n Vervolger van die kerk, Paulus, word die grootste sendeling wat die geskiedenis ooit geken het.
Maar dit gaan in Handelinge beslis nie oor mense - indiwidue nie. Dit gaan oor die werk van die Heilige Gees. Dieselfde Heilige Gees werk vandag nog steeds, en Hy gebruik doodgewone mense soos ek en jy. Al wat Hy vra is jou gewilligheid om in Sy diens te staan. Hy sal die res doen!



HebreŽrs – Leer Jesus Nuut Ken
96 Bladsye - R50

Vernuwing is dikwels 'n pynlike proses – dit maak my onseker en ek moet afstand doen van dinge wat vir my kosbaar geword het. Vernuwing kan egter ook opwindend wees en vir my nuwe horisonne laat oopgaan. In my geloofslewe gee dit nuwe groei en versterk dit my verhouding met die Here.




Hoe Vertel Ek Iemand van Jesus?
10 Bladsye - Boek R50 vir 100 boekies - E-boek Gratis  

Die Evangelieboodskap in 'n Neutedop. Beskikbaar in Afrikaans sowel as Engels






Jakobus – Die Afgeskeepte Boek
33 Bladsye   -  R15

Watter kerk is die regte kerk? Binne die Christelike geloof is daar talle wyd-uiteenlopende strominge wat dikwels soos dag en nag van mekaar verskil. As ‘n totale heiden vandag tot bekering kom - hoe moet hy kies? Watter een verkondig die ware geloof?




JoŽl – Sprinkaanswerms en Genade
30 Bladsye   - R15

Hoe is God betrokke by die talle natuurrampe wat die mensdom tref? Is dit dalk straf vir ons sondes? Waar is God se genade? Staan Hy ongevoelig teenoor die mens?





Johannes Briewe – Wie Is Jesus Eintlik?
57 Bladsye - R30

Ons ganse geloof is geweef rondom die vraag: “Wie is Jesus nou ťintlik?”. Johannes gee die antwoord helder en duidelik. Dit is eers wanneer jy begin om liefde te leef op ‘n manier wat ander mense se lewens fisies positief raak, wat jou geloof ‘n werklikheid word. Jou liefdesoptrede maak in werklikheid vir God sigbaar op aarde.



Johannes Evangelie – Lig in die Duister
225 Bladsye – R110

“In die begin het God die hemel en die aarde geskep” - so begin die Woord van God in Genesis 1:1. Blaai ons na Johannes 1:1, dan lees ons wat Johannes skryf van Jesus: “In die begin was die Woord”, skryf hy, en dan gaan hy aan deur te vertel dat hierdie einste Woord alles geskep het. Jesus, Almagtige God, is die skepper van die heelal.
Hou nou maar jou Bybel oop by albei gedeeltes, want ons lees verder in Genesis 1 dat alles aan die begin pikdonker en onbewoonbaar was, maar dat die heel eerste ding wat God geskep het, lig was. Ja, nog voordat die hemelligte - die son, maan en sterre - geskep was, het Hy alreeds lig gemaak. Maar Hy het verder gegaan en die lig en donker van mekaar geskei.
Terug by Johannes 1, sien ons dat daar lewe was is Jesus, die Woord, maar ook dat hierdie lewe die lig vir die wÍreld was. Hoe geweldig belangrik is lig nie vir alle lewe!
Jesus is Skepper! Jesus is God! Jesus is lewe!
Jesus is Lig!
Dit is hierdie gedagtes wat Johannes wil beklemtoon - wil uitbasuin sodat almal kan hoor.



Jona – Die Onwillige Profeet
30 Bladsye - R15

Jona kry ‘n opdrag van God, maar hy besluit om van sy opdrag weg te vlug. God maak egter steeds bemoeienis met hom, en ons sien die groot geduld en genade wat God het vir hom en ook vir ons as nietige mensies het.





Judas – Wys jou Ware Kleure
27 Bladsye - R15 

Die Boek Judas pleit vir ‘n duidelike onderskeid tussen ware gelowiges en ongelowiges. Hy pleit dat gelowiges hulle identiteit sal gestand doen, en dat skyn-gelowiges wat dikwels ‘n gemeente binnesypel, aan die lig blootgestel word sodat hulle ware kleure kan uitkom.




Kersverhaal
60 Bladsye - R30 

Twintig oordenkinge oor die aanloop na Kersfees. Dit begin by Genesis 1 en eindig by die geboorteverhaal.






Kolossense - Praktiese Christenskap
39 Bladsye - R20

Om bloot ‘n Christen te wees, is baie maklik. As dit egter by die praktyk kom van die uitlewe van jou geloof, dan begin dit ietwat moeiliker raak - verg dit van jou inspanning.






KorintiŽrs – Briewe aan ‘n Gemeente
202 Bladsye - R100

Paulus het minstens vier briewe aan die gemeente in Korinte geskryf. Waarom sou hy so baie tyd spandeer aan briewe hulle? Bloot omdat daar soveel probleme was, en hulle gedurig sy aandag nodig gehad het. Vandag kan elke gemeente steeds leer uit hierdie briewe.




 Laeveld Lekkerte
129 Bladsye - R65

Ek het van kleintyd af die veld leer liefkry toe ek as seuntjie die wonderlike voorreg gehad het om op ‘n plaas groot te word, en om een te wees met die geure en smake en wondere wat die veld jou bied. In die Laeveld ervaar ek die besonderse nabyheid van God baie intens, en put ek eindelose inspirasie vir dagstukkies.



Lukas – Verhaal van Hoop
345 Bladsye - R170

Ons wÍreld vandag is bitter deurmekaar. Mense is onseker oor die toekoms - in koerante sien jy net negatiewe opskrifte. Ons ken almal die verhaal van Jesus, maar het ons dit ons eie gemaak? Glo ons dat wat oor Hom geskryf is, betroubaar is? Met hierdie boek wil ek Jesus se verhaal ‘n persoonlike belewenis maak vir elkeen wat dit lees - ‘n verhaal wat ook hoop bied.



Maleagi - Wanneer die Ongeluk Tref
36 Bladsye - R20

Voel jy soms moedeloos of teneergedruk? Dalk het iemand of iets jou teleurgestel. Of is jy ontnugter deur die samelewing? Dan is Maleagi nťt vir jou!





Markus - Die Blye Boodskap
230 Bladsye - R115

Markus wil vir sy lesers die blye boodskap gee van Jesus se koms. Hy wil jou moed inpraat in situasies waar dit dalk met jou sleg gaan. Hy benadruk dit ook egter dat jy bereid moet wees om swaar te kry as jy voluit vir Jesus wil volg.



Miga – Die Gewone Dinge Maak Saak
51 Bladsye - R15  

Waaroor gaan dit in die Bybel? Dit gaan oor jou hele lewe. Miga is ‘n boek wat handel oor die doodgewone dinge in die lewe - dinge wat elke dag gebeur by jou werk  of by die huis. Maar gewone dinge word ook terselfdertyd geestelike dinge.




Moses -Visie van die Beloofde Land
123 Bladsye - R60 

Ons leer Moses ken as die onwillige gesant wat uitstyg bo sy omstandighede en swakhede om een van die grootste leiers van alle tye te word. Iemand wat in ‘n intieme verhouding met God leef - wat nie skroom om die magtige Farao aan te vat nie. Maar ons leer hom ook ken as ‘n mens wat ook sy foute het, en soms ook maar sy geduld verloor wanneer die Israeliete se gekerm een te veel word vir hom.  Moses - leier, profeet, vriend van God.




Nehemia - Om 'n Muur te Bou
 66 Bladsye - R35

Die wÍreld stel verskillende eise aan 'n mens op die verskillende terreine van die lewe. Hoe kan jy daardie twee wÍrelde bymekaar bring? Hoe kan ek my Godsdiens wat ek so mooi op 'n Sondag uitleef, ook uitleef in die ander situasies in my lewe? En veral waar ons in so 'n gebroke wÍreld leef, waar dit dikwels bitter moeilik is om liefde uit te leef! Nehemia wil juis die antwoord gee op hierdie soort lewensuitkyk.



Noag – Skip in die Woestyn
33 Bladsye - R30

Duidelik hoor Noag die stem van God: “Noag, Ek wil hÍ dat jy ‘n skip bou.”
“’n Skip Here? Waarom? Ek verstaan nie.....”
“Ek het besluit om ‘n einde te maak aan alle mense, want die aarde het ontaard in ‘n kookpot van geweld.”





Onthou Jy Nog?
24 Bladsye - R55
Is dit nie ‘n heerlike lekkerte om terug te dink aan jou kinderdae nie? Die vryheid in die natuur op ons ou plaas naby Waterval Boven was vir my baie kosbare tye. Die berge, klowe, stroompies en klipkoppies het ek elkeen geken soos die palm van my hand. Ek het presies geweet waar elke Stamvrug- en Mispelboom staan, en van veldvrugte kon jy my niks vertel nie.
Maar dan was daar ook die oumense en hulle fassinerende stories - ek het aan hulle lippe gehang - en die verhale in my hart bewaar.
Vandag kan ek met deernis terugkyk na daardie onvergeetlike jare. Ek het met hierdie boekie gepoog om die onthou-tye te gebruik om diep waarhede in die Woord uit te lig in die vorm van oordenkinge.
Die voorblad? Almal my familie uit toentertyd - sommige historiese figure, soos byvoorbeeld Ds. Martins, wat die heel eerste predikant in Johannesburg was. Maar ek is sťlf ook in een of twee van die fototjies.



Openbaring – 'n Boek van Hoop
138 Bladsye - R70 

Was Openbaring maar altyd vir jou ‘n boek wat jy liewer nie lees nie, want jy verstaan hom nie? Dalk maak hierdie omstrede Bybelboek jou bang, of hoor jy van soveel verskillende uitlegte dat jy bang is dat jy dalk die verkeerde een sal lees? Dan is hierdie reeks oordenkinge spesiaal vir jou geskryf, want Openbaring was nooit bedoel om ‘n verborge Boek te wees nie, en die wonderlike hoop wat daaruit straal is balsem vir enige gelowige.
Hierdie boek is nie bedoel om ‘n volledige Bybelstudie oor Openbaring te wees nie, maar bloot om jou gedagtes te prikkel en om jou te troos en vir jou hoop te gee.



 Paulus -Sendeling na die Heidene
207 Bladsye - R105

Van FariseŽr en vervolger van die kerk tot sendeling by uitstek – so kan ons dalk Paulus se lewe opsom. Sy talle briewe dien as inspirasie, vertroosting, lering en teregwysing vir elke Christengelowige. Maar wie was Paulus werklik? In Handelinge gee Lukas 'n goeie beskrywing van hierdie merkwaardige man. Maar om die ware Paulus te ontdek, vra dat ons baie dieper as slegs Handelinge lees.



Petrus – God se Visserman
152 Bladsye - R75

Ons eerste kennismaking met Petrus in die Bybel kom juis op die dag toe hy vir die eerste keer vir Jesus sien. Daarna sou niks ůůit weer dieselfde wees vir hierdie rowwe visserman nie. 'n Opregte mens met verskeie swakhede. Ten spyte hiervan het Jesus hom lief en gee Hy nooit op nie om Petrus se lewe te vorm tot die rots op wie se belydenis die fondamente van die kerk gelÍ is.



Petrus se Briewe – Briewe van Vertroosting
87 Bladsye - R45

Tye was bitter moeilik - Nero was keiser van die Romeinse Ryk, en die Christene is wreed vervolg. Te midde van dit alles is Petrus in Rome. Hy besef baie goed deur watter harde tye sy medegelowiges gaan, en dan skryf hy aan hulle twee briewe om hulle te versterk en te vertroos. Die laaste brief is geskryf kort voordat hy sťlf deur Nero om die lewe gebring is.




Rigters – Toe God nog Koning Was
76 Bladsye - R40

Maar is God dan nie meer Koning nie? Die boek handel oor die tydperk voor konings oor Israel regeer het - toe Israel nog ‘n Teokrasie was, waar God deur die Volk gesien is as die enigste ware Koning. In hierdie boek kyk ons na die lewe van ‘n paar van hierdie interessante leiers wat Israel uit die verknorsing moes red.



Romeine – Die Evangelie in Opmars
195 Bladsye - R95

Paulus het ‘n groot droom gehad - om eendag die evangelie van verlossing te kan verkondig in Rome. In hierdie brief kom daar iets na vore van sy smagting om in Rome te kan kom. Maar eers het die Here ‘n ander plan met Paulus se lewe gehad, en hy sou maar geduldig moes wag!
In Romeine weerklink die boodskap: Vryspraak deur geloof alleen! Maar hier openbaar God Homself ook deur die Heilige Gees aan ons op so ‘n wyse dat ‘n ewige verhouding met God, moontlik gemaak word.



Rut - Huwelik uit die Hemel
50 Bladsye - R25

Waar u gaan, sal ek gaan - die bekende woorde van Rut aan haar skoonmoeder, is dikwels die enigste deel van die boek wat ons onthou. Hierdie boek is egter ‘n verhaal van deursettingsvermoŽ, lojaliteit en geloof. Dit vertel van die belangrikheid van twee kante: Goddelike beskikking asook menslike verantwoordelikheid.




Stories of an African Bush
132  Bladsye - R120

Ever since I was a little boy, I dreamed of the Lowveld, to be able to live there amongst all the wild animals and thorn trees and the wild jungle.  I cannot write about nature without also writing about the Creator of it all. So you will find, woven into the stories of this book, the glory of God.





Tessalonisense – Goeie Gewoontes
66 Bladsye - R35

Dit gebeur nie oornag dat jy ‘n toegewyde gelowige word wat getrou is in elke opsig nie. Dit kos gewoonlik baie jare van harde werk en selfdissipline.







Timoteus – Geroep Tot Diens
123 Bladsye - R60

 As jy op enige terrein in die kerk leiding neem, is hierdie boek spesiaal vir jou geskryf. Die reeks dagstukkies in hierdie boekie vervat, handel oor die twee briewe van Paulus aan Timoteus. Dit is nie bedoel om ‘n volledige Bybelstudie oor die boeke te wees nie, maar bloot om jou gedagtes te prikkel en om jou troos te bied wanneer dit moeilik gaan. Die praktiese wenke wat Paulus deurgaans aan Timoteus gee, word toegepas op vandag se omstandighede, en is van onskatbare waarde vir enigeen wat in ‘n leiersposisie staan. Dit is egter nie alleen bedoel vir leiers nie, maar vir enige gelowige wat erns maak met sy diens aan die Here.



Titus – Geestelik Heropgebou
27 Bladsye - R15

Voordat daar voortgegaan kan word met ‘n heropbou en ontwikkeling, moet die ou vrot mure eers afgebreek word. geld dieselfde beginsels. Hierdie mure moet baie dringend herstel of herbou word, want die skade is reeds baie groot.





Vrae wat Pla
120 Bladsye - R60

Wie’s Baas in die Huwelik? Wat van Saambly en Poligamie? Hoor God ooit as ek bid? Wat Beteken die Uitverkiesing? Bestaan God Werklik? Is Jesus Waarlik God? Hierdie is almal aktuele vrae wat mense vra, en die skrywer probeer antwoorde gee deur middel van dagstukkies.




Vry soos die Wind
Die verhaal van 'n seuntjie se grootword-dae.
171 Bladsye - R140
Van kleintyd tot Matrtiektyd het die skrywer die wonderlike voorreg om die plaaslewe te geniet op Oupa Johnny Parsons se plaas 'n paar kilometer buite die skilderagtige Spoorwegdorpie Waterval Boven. Die plasie is geleŽ in 'n kom omring deur fabelagtige klipkoppies. 'n Spruit met kristalhelder water vloei daardeur. Daar is 'n berg, talle kranse, klowe en watervalle en wat hierdie seuntjie talle uitdagings bied. Elke dingetjie fassineer hom, goggas, miere, spinnekoppe en veral die miskruier.




Gratis Boeke
Laai hierdie  boeke  gratis af